Graad 8 Fasiliteerdersgids Afrikaans Huistaal

Page 12

Eenheid

1

Fasiliteerdersgids G08 ~ Afrikaans Huistaal

15. Die verteller gee ’n baie goeie beskrywing van hoe Eugene se monster lyk. Volg hierdie instruksies en teken die “monster” in die onderstaande spasie. Die leerder se eie tekening volgens die instruksies wat in die teks gegee is. 16. Watter belangrike les het Eugene se pa hom geleer oor monsters? Dat hy nie vir monsters hoef bang te wees nie; ’n mens moet net ’n manier kry om vir hulle te lag. 17. Wat noem Eugene die gedrog wat hy geteken het? Hansviswors 18. Watter twee belonings het Eugene gekry vir sy prentjie? Hy het ’n goue sterretjie gekry en sy kunswerk is ingeskryf vir die kunswedstryd. 19. Wat beteken dit as jy nie daarvan hou om in ’n boksie gedruk te word nie? Iemand hou nie daarvan om voorgesê te word nie. Die persoon is uniek. 20. Watter positiewe verskille het Eugene se karakter al in die klaskamer teweeg gebring? Chester wil nie meer soos Jimmy wees nie. Marelca het meer selfvertroue. 21. Wie is die verteller in die kortverhaal? Motiveer jou antwoord. Die verteller is Eugene wat nou ’n grootmens is. Die verhaal eindig waar sy monster in sy eie seun se kamer hang. 22. Noem twee ruimtes waar die verhaal afspeel. By die skool in die klaskamer en in Eugene se seun se kamer. 23. Waarom is die slotsin van die kortverhaal ironies? Dit is ironies omdat Eugene se seun seker ook op mure teken en daarom Crayola Washables nodig het.

AFDELING 3

SKRYF EN AANBIED

Nota aan fasiliteerder: Help die leerder om deur die skryfmetode te werk. Dit is van kardinale belang dat elke stap gevolg moet word om skryfwerk te kan verbeter. Skryfproses Voordat ’n mens enige skryfstuk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agtermekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ’n mens aan ’n onderwerp dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop, en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het. Wanneer jy ’n verhalende opstel skryf, is daar ’n spesifieke beplanningsmodel wat jy kan gebruik om jou te help om jou gedagtes beter te orden. Die spinnekopdiagram of breinstorm is maar een van baie metodes. Die FAIL-skryfmetode is baie meer suksesvol omdat dit ook die beplanning vir ’n vyf-paragraaf-opstel is. F.A.I.L. staan vir jou “First Attempt In Learning”. Sien jou beplanning en jou eerste poging as jou eerste probeerslag, en daarom mag jy maar foute maak. Onthou ook dat jou beplanning die geraamte is en dat jou eerste poging is waar jy meer vleis aan die geraamte sit.

© Impaq

16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.