1 minute read

Les 1: Halfronde op ’n aardbol

Next Article
Aktiwiteit 3

Aktiwiteit 3

Wenke

Maak seker jy ken al die nuwe woorde by elke les en dat jy die inhoudelike aspek van die les kan toepas. Ná elke les is daar ’n aktiwiteit wat vrae oor die belangrikste aspekte van daardie les vra. Die aktiwiteite is goeie voorbereiding vir kwartaaltoetse en eksamens.

Les 1 Halfronde op ’n aardbol

Definieer

Ewenaar: ’n denkbeeldige lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel (noord en suid) Greenwich-meridiaan: ’n denkbeeldige lyn op ’n kaart of aardbol wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aardbol in twee gelyke dele verdeel (oos en wes)

Kerninhoud

Die aarde kan beskryf word as ’n sfeer, daarom praat ons van die aardbol. Die ewenaar is ’n denkbeeldige lyn wat die aardbol in twee gelyke dele verdeel.

Ons praat van die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond. In die Noordelike Halfrond kry ons die Noordpool en in die Suidelike Halfrond kry ons die Suidpool.

Die Greenwich-meridiaan is ’n lyn wat vanaf die Noordpool tot by die Suidpool strek en die aarde weer in twee gelyke dele verdeel. Die twee halfronde noem ons die Oostelike Halfrond en die Westelike Halfrond.

Figuur 1.1: Die Aarde is in vier halfronde verdeel.

Vir die nuuskieriges

Kyk die YouTube-video oor hoe om jou eie papier-mâché-aardbol te maak. Sodra jou aardbol klaar is, moet jy lyne daarop trek om die ewenaar en Greenwich-meridiaan aan te dui. Dui ook die vier kwarte aan waarin die halfronde aangetref word. Jy kan ook ’n ballon gebruik as jy nie die benodigde materiale het om ’n papier-mâché-aardbol te maak nie. Hou jou aardbol vir die volgende les. bit.ly/2G5SdvA

This article is from: