1 minute read

EENHEID 3: Visuele kunste

LEERDOELWITTE

Nadat die leerders die eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: • ’n Basiese kennis hê van die kunselemente. • ’n Verskeidenheid media en tegnieke kan gebruik in kunswerke. • Kunselemente kan toepas in die omskepping van pottebakkersklei in ’n driedimensionele kunswerk.

INLEIDING

Visuele Kunste leer die leerder om al die kunselemente te gebruik om kunswerke te skep. Ons gaan in dié eenheid eers hersiening doen van al die kunselemente. Dit sal die leerder help om sy/haar geheue te verfris. Die leerder gaan ook leer wat die verskil tussen 2D- en 3D-kuns is.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Die kunselemente: • Lyn: ’n Lyn het altyd ’n beginpunt en beweeg in ’n bepaalde rigting waar dit eindig. • Vorm: Vorm word geskep wanneer een lyn ’n ander lyn ontmoet. • Toonkleur: Helderheid of dofheid van ’n kleur. • Tekstuur: Hoe ’n voorwerp voel as jy daaraan vat. Ons kry tasbare en visuele tekstuur. • Kleur: Bestaan uit primêre, sekondêre en tersiêre kleure.

This article is from: