
1 minute read
EENHEID 4: Liggaamlike opvoeding
LEERDOELWITTE
Nadat die leerders die eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: • Deelneem aan aktiwiteite wat verskillende maniere van beweging bevat, soos draai, spring en klim. • Bewegings uitvoer in aktiwiteite wat verskillende maniere bevorder om te beweeg, soos draai, spring en klim.
INLEIDING
Liggaamlike Opvoeding gaan daaroor om die liggaam te beweeg en aktief te wees. Oefening is baie belangrik en hou die liggaam fiks en gesond. Dit is belangrik om te alle tye seker te maak dat aktiwiteite in ’n veilige omgewing beoefen word. Die eenheid leer ons van verskillende maniere van beweging. Ons noem die verskillende maniere van beweging lokomotoriese-, rotasie-, elevasie- en balansbewegings.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
• Lokomotories: Beweging van jou hele liggaam bv. spring, stap, galop en hardloop. • Rotasie: Wanneer jy jou lyf draai of swaai, bv. om in die rondte te draai of om jou arms of bene in groot sirkels te swaai. • Elevasie: Wanneer jy dele van jou liggaam gebruik om jou hele liggaam op te lig, bv. opstote of optrekke. • Balans: Wanneer jy jou liggaam in ’n stabiele posisie probeer hou terwyl jy bv. op een been staan.