Fasiliteerdersgids G04 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Eenheid
5
Hersieningsoefening
1.
Voltooi die tabel deur die verskille tussen vlotte, kano’s en rietbote duidelik te maak. (6) Materiale
Hoe kon die boot vorentoe beweeg?
Vlotte
Boomstompe, riete of plastiese Deur met die arms te roei, of met spane houers soos stompe, takke of boombas
Kano’s
Boomstompe wat uitgehol word
Deur met die arms te roei, of met spane soos stompe, takke of boombas
Rietbote
Riete of enige soort gras
Deur met die arms te roei, of met spane soos stompe, takke of boombas
2.
Maak ’n lys van die verskillende soorte seilskepe en gee kort beskrywing van elk. • Chinese jonk: Groot skip met vierkantige seile wat kon skuif om die wind uit alle rigtings te benut. • Arabiese dau: Driehoekige seile wat ook kon beweeg. • Klippers: Lang en smal bootjie met hoë maste en seile wat vinnig kon beweeg. • Portugese karvele: Klein en kon vinnig draai, met driehoekige seile. • Britse seilskepe: Hoë maste met baie groot seile. Die maste was so hoog sodat dit die seile kon stut. (10)
3.
Noem die mees bekende stoomskip en hoekom het dit gesink?. Die Titanic het ’n ysberg getref wat veroorsaak het dat die skip gesink het.
4.
Noem enige twee moderne watervervoermiddels. (2) ENIGE TWEE VAN DIE VOLGENDE: Vragskepe, houerskepe, passasierskepe, oliebote, skis, waterponies (jetski), motorbote, duikbote [20]
© Optimi
26
(2)