01 aalwurms

Page 1

Aalwurms Algemene inligting oor aalwurms Sheila Storey www.nemlab.co.za Foto: AP Malan

INLEIDING Aalwurms is mikroskopiese klein, ongesegmenteerde organismes wat varieer in lengte van 0,1 tot 1mm. Die vorm van die aalwurm varieer van draadagtig, in meeste gevalle, tot rond in die geval waar die wyfies opswel (bv. knopwortelaalwurm). Die naam van die aalwurm word dikwels herlei vanaf hulle vorm bv. ringaalwurm, spiraalaalwurm, ens. of die skade wat hulle veroorsaak, bv. stompwortelaalwurm of letselaalwurm (Fig. 1). Elke handvol grond bevat tientalle aalwurms. Meeste aalwurms is vrylewend (die mikrobe voeders), asook ‘n paar plant-parasitiese soorte. Al is hulle mikroskopies in grootte, kan hierdie patogene ‘n negatiewe invloed hê op die gesondheid van ‘n groot verskeidenheid landbougewasse. Die aalwurms voed op die plant wortels en laer dele van die plantstam en hierdie beskadigde wortels is nie in staat om noodsaaklike water en voedingstowwe te absorbeer nie.

AALWURMS EN LANDBOU Met ‘n konserwatief geskatte jaarlikse landbouverlies in Suid Afrika van sowat R1.9 biljoen wat aan aalwurms toegeskryf word, hou aalwurminfestasie ongetwyfeld ‘n groot bedreiging vir die produsent in. Die mees suksesvolle metode om aalwurm probleme te bestuur, is om die relevante data te versamel, te analiseer en ‘n gepaste oplossing te vind om sodoende ‘n optimale oes en maksimum wins vir die produsent te verseker. Aalwurms kom voor in onbewerkte grond en die intensiewe verbouing van verwante gasheerplante het ‘n meganisme daargestel waardeur aalwurms vinnig kon vermeerder om plaagstatus te bereik. Lewensiklus Die lewensiklus (Fig. 2) van ‘n aalwurm bestaan uit vier larwale stadiums vanaf die eierstadium tot by die volwassene. Die tweede larwale stadium broei alreeds in die eier uit. Die duur van die lewensiklus varieer vanaf 21 dae tot 9 maande afhangende van die omstandighede en die tipe aalwurm.

Figuur 2: Aalwurm lewensiklus Figuur 1: Verskillende aalwurm vorms (a. dolkaalwurm, b. letselaalwurm, c. ringaalwurm, d. speldaalwurm, e. sitrusaalwurm wyfie, f. spiraalaalwurm, g. verdwergaalwurm, h. knopwortelaalwurm wyfie).

Omgewingsfaktore Verskeie omgewingsfaktore speel ‘n belangrike rol in die biologie van aalwurms. Meeste aalwurms vrek bo 50°C.

Bladsy 1 van 2


Onder 12°C is aalwurms fisiologies minder aktief, d.w.s. in minder gunstige omstandighede sal die lewensiklus langer duur. Grondvog is noodsaaklik vir beweging maar daar is gevalle waar aalwurms droë toestande vir jare kan oorleef in ‘n kriptobiotiese fase. Die mees algemene aalwurmskade kom in ligter gronde, d.w.s. sand en sandleem voor. Skade is egter nie beperk tot hierdie gronde nie. Biologie Die plant-parasitiese aalwurms word voorsien van ‘n hol, spiesagtige mondstekel waarmee hulle wortelselle deurboor. Aalwurms voed óf buite op die wortels (ektoparasiete) óf binne in die wortels (endoparasiete). Die normale vervoer van water en voedingstowwe van en na die bogrondse dele van die plant word belemmer en verdere groei van die wortels word gestaak wanneer wortelselle beskadig word. Sommige aalwurms het ‘n wye gasheerreeks, bv. knopwortelaalwurm, terwyl ander slegs een plantsoort sal aanval, bv. sistaalwurm. Verspreiding Aalwurms is relatief onbeweeglik en word hoofsaaklik deur die mens van besmette na onbesmette grond versprei. Weens bogenoemde redes is aalwurms egter nie eweredig oor ‘n land versprei nie maar kom hulle kolkol voor.

Die ondergrondse simptome (wortelsimptome) is meer spesifiek en dikwels kenmerkend van die aalwurm teenwoordig. Die simptome sluit in galle of knoppe op die wortels; dik, stomp wortels; dooie letsels; die afwesigheid van fyn syhaarwortels; ‘n algemene afname in wortelmassa en ‘n vlak wortelstelsel. Dit is derhalwe baie belangrik om klein verskille, beide bogronds en ondergronds, tussen gesonde en besmette plante te kan waarneem ten einde aalwurmskade te kan identifiseer. Aalwurms is strespatogene. Gesonde wortelstelsels is dus van die uiterste belang om optimale produksie te verseker. Hier speel grondgesondheid ‘n groot rol. Beheer Verskillende beheermaatreëls kan toegepas word om aalwurms te bekamp. Dit sluit in sanitasie; die gebruik van gesertifiseerde plantmateriaal; die aanwending van hitte en koue om aalwurms in plantmateriaal te vernietig bv koelopberging vir lang periodes, warmwaterbehandeling, vuur op saadbeddings en stoom; wisselbou met gashere wat nie vatbaar is vir die aalwurms teenwoordig in die grond nie; die gebruik van weerstandbiedende kultivars en die toediening van chemiese en biologiese beheermiddels.

In die meeste gevalle word aalwurmskade eers waargeneem wanneer daar kolle verdwergde plante of swak groei binne ‘n land voorkom. Hierdie kolle mag varieer in grootte van ‘n paar vierkante meter tot etlike hektaar en gee aan die land ‘n onreëlmatige voorkoms. Die kol sal ook mettertyd al groter word soos wat dit uitkring. Simptome Aalwurms het tot onlangs betreklik min aandag as plae geniet. Die aandag was beperk tot groente gewasse waar die teenwoordigheid van aalwurms redelik maklik waarneembaar was. Die rede vir aalwurms se onbekendheid kan toegeskryf word aan die feit dat hulle mikroskopies klein is en dat die bogrondse skadesimptome nie baie kenmerkend is nie. Die simptome word dikwels verwar met toksiese grondtoestande, grondkompaksie en swak dreinering. Gronduitputting word ook genoem. Die teenwoordigheid van aalwurms word dus gewoonlik geïgnoreer. Daar word nie verniet verwys na aalwurms as die “onsigbare oesdief” nie.

Bladsy 2 van 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.