16 Augustus 2019
Uitgawe 17
Zonika se Racheltjie – Oktober op die Silwerdoek Van Zyl Schultz Op 28 Junie 2005 word ʼn babadogtertjie vir Jacki en Philip de Vries gebore. Reeds met haar eerste skooljaar was dit duidelik dat Zonika de Vries van drama en die verhoog hou. Alhoewel haar eerste optrede in Graad 1 ʼn skamele 4 sinnetjies was, was dit met oorgawe en passie op die verhoog van Laerskool A.G. Visser aangebied. Haar ouers het die talent raakgesien en sy het dramaklasse by die welbekende Cielie Cillié begin neem. Haar eerste produksie kom nie lank dáárna nie want op die ouderdom van 8 vertolk sy ʼn rol van ʼn spookdogtertjie op KYKNET se “Pandjieswinkelstories”. Dié ondervinding was oorweldigend met skarrelende mense en toerusting en Zonika wat nie kan stilsit vir die “make-up” tannie nie. Sy neem deel aan verskeie nasionale dramakompetisies en stof die wêreld uit by die Internasionale Kampioenskappe vir Uitvoerende Kuns in Los Angeles in 2014, waar sy 7 kategorieë in haar ouderdomsgroep wen. Haar eerste groot rolprentproduksie was die rol van Ellie In die fliek: “ ‘n Man soos my Pa”, en daarna volg bekende flieks soos “Sewentig Maal Sewe” saam met haar eie broer Zander, asook die baie populêre “dis koue kos, skat” saam met Anna-Mart van der Merwe.
Hier is sy by die Internasionale Kampioenskappe vir Uitvoerende Kuns in Los Angeles in 2014 Antoinette Louw was haar mentor en het baie gehelp om haar emosies na vore te bring. Die produksie is in die mooie Oos-Vrystaat naby Fouriesburg geskiet. Die hele span het vir 5 weke saamgebly en saamgewerk. Dit word later soos ʼn groot familie. Vir Zonika was dit ʼn ongelooflike ervaring.
Alhoewel sy saam met die wie-is-wie in die filmbedryf skouerskuur, bly sy lief vir haar skool en word sy hoofdogter van Laerskool A.G. Visser in 2018. Sy doen goed op die sportveld en in die klaskamer. Zonika onthou as ʼn klein dogtertjie, het haar ma een aand met slapenstyd vir haar die storie van ʼn baie dapper meisie gelees Racheltjie de Beer. Sy was aangeraak deur die onbaatsugtige liefde en deernis wat op die uiteinde haar eie lewe sou kos om haar boetie se lewe te red. Daarom was die opwinding groot toe sy genooi is om aan oudisies deel te neem vir die rol van Racheltjie de Beer in ʼn beplande rolprent. Daar was meer as 40 jong akteurs genooi om deel te neem. Haar oudisie het volgens Zonika nie te goed gegaan nie. Dit was egter toe die “call-back” oproep kom vir ʼn tweede oudisie dat haar adrenalien begin vloei het, “miskien, net miskien kan sy háár heldin se
Omdat die produksie baie tegnies was, was dit werklik harde werk en kon sy gou sien hoekom die voorbereiding so belangrik was. Met die laaste rol film geneem en almal wat oppak, was daar heimwee in haar hart om die mooi stel in die Maluti-berge te moes agterlaat.
Zonika de Vries soos geskilder tydens die produksie storie vertel”, het sy gedink. En toe, op ʼn weeksmiddag net voor 14h00 kry ma Jackie ‘n oproep, “jou kind het die rol!” Sy bel vir Zonika waar sy op die bank lê en ontspan, dié gil so hard dat die huishulp byna flou val! Sy het in die sitkamer spontaan gedans en gespring – sy het die hoofrol!
Om in so ʼn groot produksie te speel, is harde werk. Vir 3 maande was dit lang ure van woorde leer, tegnieke bemeester en fiks bly. Dit is intense navorsing oor die karakter, wie sy was en wat háár ondervinding was sodat jy haar gestand kan doen in jou vertolking.
Die rolprent word aan die einde van Oktober 2019 vrygestel en Die SuikerbosRant kan nie wag om Heidelberg se eie ster in die baie mooi verhaal van Racheltjie de Beer te sien nie. Zonika se boodskap aan jong akteurs: “ Moenie opgee nie, as jy dit kan droom, kan jy dit doen!”