Gratis JUIG! Mei 2020 Digitale uitgawe

Page 1

JUIG! TYDSKRIF

JUIG!

LÉÉF JOU CHRISTENSKAP FLAGS

Ware Lewe Ware Mense Ware Christenskap

Volume 12 Uitgawe 4

AS KORONA PANIEK SAAI MAAK ONS GELOOF DIE VERSKIL Pandemiese siektes

Wat sê die Bybel?

Kontantlose samelewing

weens virusvrees NG Kerk

DIE SPESIALE BERAAD BY MORELETAPARK GEMEENTE

Wat is die pad vorentoe? WERKSGELEENTHEDE

CV’s en LinkedIn

Nie elkeen wat sê:

'HERE , HERE', sal die Koninkryk binnegaan nie

JESUS aan die stuur

Mei 2020

R35,90 RSA (BTW ingesluit) Ander Lande R31,22 (BTW uitgesluit)

Johan Stemmet

JUIG! TYDSKRIF XX

“Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie." – Psalm 91:10


FLAGS INSPIRASIE

Jesus

aan die stuur —deur Johan Stemmet

Jesus take the wheel Take it from my hands ‘Cause I can’t do this all on my own …

D

is deesdae regtig bitter moeilik om positief te bly. Ons lewens word erg deur beurtkrag ontwrig en dit lyk ook nie asof die spreekwoordelike lig al naastenby in die tonnel is nie. COVID-19 saai wêreldwyd paniek. Byeenkomste word afgestel, vlugte opgeskort, winkels en skole word gesluit, sakeondernemings staar likwidasies in die gesig. Die wiele van die ekonomie draai al stadiger in ’n omgewing wat wêreldwyd reeds op ’n resessie afstuur. Wêreldmarkte steier. Onrus, plaasmoorde, xenofobie, rassisme, diensverskaffing en openbare ondernemings wat ineenstort bly voorbladnuus.

Geluk kom van binne Hoe is dit menslik moontlik om enigsins nog opgewonde te kan raak oor dinge óm jou, of dan veral ook – ín jou? Helen Keller het gesê: “Geluk kan nie van buite kom nie. Slegs van binne.” Geluk gaan gepaard met dankbaarheid.

Dankbaarheid troef bekommernisse Suid-Afrikaanse sanger Lance James se dood vanjaar het ’n mens weer herinner aan die liedjie wat so eie aan hom was: Dankie vir hierdie skone môre Dankie vir hierdie nuwe dag XX JUIG! TYDSKRIF

Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag Dankie vir al die goeie vriende Dankie vir elke boom en blom Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom Dankie vir elke kinderlaggie Dankie vir elke sonnestraal … Dankbaarheid vir die klein en vanselfsprekende dingetjies in die lewe kan soms die

Woorde het die krag om lig in plaas van donkerte en negatiwiteit te saai. vrees vir die groot bekommernisse in die lewe troef. Soos geluk met dankbaarheid gepaardgaan, gaan dankbaarheid weer op sy beurt met positiwiteit gepaard.

Wees bewus van jou gesindheid

For each life is linked to all life and your words carry with them chain reactions like a stone that is thrown into a pond.

Laat jou woorde positiwiteit saai Woorde ontketen kettingreaksies. Ek probeer myself gedurig herinner dat die woorde wat uit my mond kom, woorde is wat uit my hart kom. Daarom moet die hart getrou wees. Spreuke 4:23 lui: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Spreek dit dan ook nie vanself dat wat in jou hart omgaan, ’n spieëlbeeld van jou lewensuitkyk is nie? Woorde het die krag om positiwiteit en lig in plaas van donkerte en negatiwiteit te saai. Ek kan nie dít wat deesdae om my gebeur verander nie, maar ek kan my ingesteldheid daarteenoor verander. Ons beperk ons lewensuitkyk geweldig as ons al die negatiwiteit soveel mag gee om ons te beheer.

Gee alles oor aan Jesus

As jy van nature neig om toe te laat dat die negatiewe dinge in die wêreld jou lewensvreugde kaap, dan lê die uitdaging hierin: Jy moet jou gesindheid en jou uitkyk op die lewe om jou probeer verander. Sir Laurence Olivier dra die volgende liriek uit die 1986 musiekblyspel Time voor:

Ek bly egter brose mens, vatbaar vir al die gebeure om my wat dreig om die hart negatief en afbrekend te beïnvloed. Daarom vang Carrie Underwood se liedjie (2005) weer my oor, toe dit die anderdag oor die radio speel: Jesus take the wheel Take it from my hands … 

Realize that the one thing you have absolute control over is your attitude. See the effect that it has on those around you.

JOHAN STEMMET is ’n gewilde televisie-aanbieder en ’n regisseur, programvervaardiger, sanger en liedjieskrywer.


Die Bybel in ’n Neutedop

FLAGS

Nuwe Testament Bestel nou direk van ons en betaal

R100

*

Pragtig geïllustreerde kommentaar en verduidelikings oor die laaste 27 boeke van die Bybel

’n Samestelling van kommentaar oor boeke uit die Nuwe Testament – opgesom, uiteengesit en pragtig geïllustreer. Rus jouself toe met kennis en insig oor die grondslag van ons geloof, die Woord van God. *R30 posgeld uitgesluit

subs@joymag.co.za

SMS ‘subs’ to 43366

*Terwyl voorraad hou

JUIG! TYDSKRIF XX joydigitalmag.com/subscribe


Visie

FLAGS

JUIG! Tydskrif wil God verheerlik deur te onderrig, in te lig, ’n Bybelse wêreldbeskouing te bevorder en op elke terrein van die lewe aan die heerskappy van Jesus Christus gestalte te gee.

Hou vas aan die Woord van God

“Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” – Hebreërs 4:12

D

aar is geweldige krag tot ons beskikking in God se Woord – en ons moet daagliks van hierdie krag gebruik maak. Die Bybel is vol wonderlike beloftes vir elke situasie. Hoewel geen Bybelvers uitdruklik vir ons sê watter werk om voor aansoek te doen of watter loopbaan om te volg, waar om te woon, met wie om te trou of presies wat om te doen nie, is dit vol vermaning, riglyne, gebooie en bemoediging. Dit gee ons konkrete en onfeilbare insig in God se wil. Sy Woord is die bron van die lewe! Dit is vol ewige hulp en wysheid.

Hier is ’n paar praktiese wenke wat ek in my lewe toepas en wat vir jou van nut kan wees: 1. Maak ’n afskrif van jou gunsteling-geloofversies en -beloftes wat jy van God ontvang het. 2. Plak dit êrens vas waar jy dit elke dag sal kan lees. 3. Peins oor hulle, memoriseer hulle en deel hulle met ander mense. 4. Bid elke dag en vra die Heilige Gees vir moed. 5. Spreek die waarheid van die Woord vol vertroue uit wanneer jy met ander mense gesels. 6. Verwag om vervolg, bespot en geminag te word – dit moet kom. 7. Wanneer dit gebeur, bid en dank die Here dat Hy jou denke deur Sy Woord vernuwe en vra Hom om jou te help om die verwerping en negatiewe gevoelens te bowe te kom. 8. Moedig ander aan wat ook op God se Woord vertrou, soos Spreuke 27:17 sê: “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.” 9. Plak Psalm 91 êrens vas – Dit is GOD SE VERSEKERINGSPOLIS (knip die bladsy hier langsaan uit en plak dit teen jou muur vas).

Moenie bang wees nie! Ons sal hierdie tyd van vrees en siekte, wat die wêreld in sy greep het, deur ons vertroue in die Here en Sy beloftes te bowe kom. Wees sterk en manmoedig. Seënwense

Eienaar en hoofredakteur

Waardes Streef na uitnemendheid en integriteit in alles • Verskaf altyd interessante, akkurate en eerlike artikels • Respekteer alle Christen-denominasies • Streef daarna om die Liggaam van Christus te verenig • Evalueer alles in die lig van die Skrif • Moedig lesers aan om die Bybel-mandaat van sout en lig wees in die gemeenskap te vervul • Moedig lesersdeelname aan • Motiveer lesers tot aksie XX JUIG! TYDSKRIF • Fokus op oplossings • Aanvaar persoonlike verantwoordelikheid


FLAGS

God se Belofte van Beskerming

Psalm 91 Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skaduvan die Almagtige. Ek sal vir die Here sê: “U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou.” Verseker sal Hy jou red uit die strik van die voëlvanger, en van die plaag wat vernietig. Hy sal jou oordek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou sal jou beskerm soos ’n skild. Jy sal nie bang wees vir die skrik van die nag, of die pyle van die dag; vir die plaag wat in die donker kom, of die ramp wat teen die middag verwoes nie.

Al sou duisend langs jou val, of tienduisend om jou sterf, naby jou sal dit nie kom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou, en die straf van die goddelose sien. As die Here jou toevlug is, as die Allerhoogste jou skuilplek is, sal geen kwaad jou tref, en geen ramp naby jou tent kom nie. Want Hy sal sy engele bevel om jou te beskerm oral waar jy gaan. Hulle sal jou op die hande dra sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom verlos; omdat hy my Naam ken, sal Ek hom beskerm. Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees. Ek sal hom red en in eer herstel. Ek sal hom ’n lang lewe gee, en hy sal my verlossing sien.”

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

riewe aan die Redaktrise Kom ’n tyd

WoefWyshede

H

allo! Dis weer ek, Midgey! Wanneer tannie Trish met my gaan stap, sê sy dikwels: “Midgey, kom ons gaan pootle.” Ek het daardie snaakse woord gaan Google om te sien wat dit beteken. Dit beteken “om rustig en tydsaam te beweeg of te reis”. Daarom is dit presies wat ek doen – so al snuffelend! Op pad ontmoet ons baie mense: bejaardes wat in die tehuise in ons omgewing woon (die dames dink ek is te oulik), die mense wat hier werk of woon, die pendelaars, die straatveërs, die haweloses, en nog baie ander. Die meeste van hulle glimlag en wissel ’n woordjie of twee met ons. Tannie Trish sê ’n glimlag is dieselfde in enige taal en as jy iemand sonder ’n glimlag sien, moet jy vir hulle een van joune gee! Vriendelikheid kos mos niks nie. Leen vandag jou glimlag uit en maak iemand anders ook bly. Dankie Jesus dat ek my stert met blydskap kan swaai!

Blaffies en lekkies

Midgey

XX JUIG! TYDSKRIF XX JOY! MAGAZINE

Die Prediker was reg … daar kom ’n tyd. ’n Tyd vir alles. ’n Tyd om af te tree en ’n nuwe ritme vir jou treë te vind ’n Tyd om jou kasteel teen die berg te ruil vir ’n herberg in ’n veilige vallei ’n Tyd om te besef familie is nie alles nie, maar het alles te doen met wie jy is ’n Tyd om ma vir jou ma te word ’n Tyd om jou laaste hond te groet ’n Tyd om te weet verhoudings verbrokkel ’n Tyd om brokkies breek op te tel en heel te maak ’n Tyd van struikel en val en opstaan en weer probeer ’n Tyd om vrede te maak dat jou kinders nie gaan terugkom na jou land wat brand nie ’n Tyd om te weet jy sal ’n Skype-prentjie in jou kleinkinders se e-boeke wees ’n Tyd om te wonder waarheen nou? ’n Tyd om te weet tyd is al wat jy nié het nie ’n Tyd om te weet tyd is ál wat jy het ’n Tyd om te weet die TYD is alles E Botha

Opstandingsondag Ons het onlangs tydens Paasfees in die Wes-Kaap ons eerste winterreëns van 2020 gekry. Die volgende oggend, toe ons die opstanding van ons Here Jesus herdenk, is alles skoongewas en vars. Dit is vir my so simbolies van die kruisiging en alles wat daarop gevolg het. Reën bring groei en nuwe lewe. Die Seun se opstanding bring nuwe lewe, en dit in oorvloed! In hierdie tydperk van ’n dodelike virus, wat al meer as 112 000 mense se lewens wêreldwyd geëis het en met meer as 1,7 miljoen mense wat siek is, het ons as Christene hoop om aan vas te hou. ’n Nuwe ewige lewe wag op ons, al sou ons ook sterf. Ons in Suid-Afrika is ook gegrendel, in ons huise vasgekeer, soos die dissipels wat ná Sy kruisiging agter geslote deure weggekruip het. En toe verskyn Hy tussen hulle en sê

vir hulle: “Vrede vir julle.” Ek kan my goed voorstel hoe verbaas hulle was, maar ook hoe verheug! Hy sê ook vir ons: “Vrede vir julle,” en “Moenie bang wees nie,” soos Hy aan die vroue in Matteus 28 gesê het. Hy is saam met ons in ons alleenhuise, in ons onsekerheid oor die onsigbare vyand wat derduisende mense laat sterf. Hy het ook belowe dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie, Hy bly getrou. Ronelle van Loggerenberg

Gee God nog om? Ek lees vanoggend Maleagi en daar gaan ’n lig vir my op. Hoekom is ons almal so vreesbevange? Mense is siek en gaan dood, ons ekonomie is afgegradeer na Rommelstatus. As ons vanuit die wêreldling se oogpunt na die wêreld kyk, is dit vreesaanjaend. Is dit nie miskien die probleem nie? Soos Maleagi se mense vra ons ook: “Waar is God? Gee God nie meer om nie? Staan God by die onregverdige uitbuiter met wie dit so goed gaan?” God gee ontsettend baie om. Juis omdat Hy ons so oneindig liefhet, het Hy het dit aan die Kruis bewys. Hy het alles opgeoffer ter wille van ons, wat die offer nie waardig is nie – sondaars wat die ewige dood verdien. Miskien verstaan ons nie die offer mooi nie. Miskien kyk ons na God uit die oog van ’n wêreldling? Dalk dien ons God om die verkeerde rede. Ons moet Hom dien omdat Hy ons eerste liefgehad het. Ons diens aan Hom is maar ’n spikkel in vergelyking met Sy offer aan ons – Hy het vir ons die Ewige Lewe gegee! As ons besef wat God vir ons gedoen het, sal ons nie meer vra waar is God nie, maar vra: “Here wat kan ons nog vir U doen en gee om dankie te sê vir dit wat ons reeds ontvang het?” Dan sal dit nie meer saak maak dat misdadigers in mooi huise woon en ongestraf bly nie, dat dit met hul goed gaan nie, want ons weet die oordeel kom God toe en God sal oordeel eendag as hy terug kom aarde toe met die


FLAGS

Stuur jou briewe aan info@juig.co.za oordeelsdag. Dis daarvoor wat ons lewe: Om daardie dag die kroon te dra en deel van die oorwinnaarspan te wees. Dis die wete wat ons die krag gee om in alle omstandighede gelukkig te wees, en dis dan wat ons die vrede wat alle verstand te bowe gaan sal kry. Dit het alles ewigheidswaarde. Dit is die moeite werd om daarvoor te volhard. Omdat God vir ons so wonderlik goed is en omdat Hy ons so liefgehad het dat Hy Sy eniggebore Seun gestuur het om in ons plek te sterf. Al ons tyd, toewyding en geld moet aan God gaan om Hom te eer. Ware geluk lê daarin om toegewyd aan God te lewe. Dan sal geen vrees ons oorweldig nie. Het ek en jy die regte soort geloof? Sandra Kruger Fairland JHB

Die Bybel in ’n neutedop is puik Ek wil julle net gelukwens met jul wonderlike Bybel in ’n Neutedop Nuwe Testament. Dit is so mooi uiteengesit, en die illustrasies is pragtig! Dit is duidelik dat daar met groot sorg aan elke bladsy gewerk is. Die inhoud is puik! Ek het vanoggend my daaglikse Bybelgedeelte gelees. Dit was uit 1 Petrus. Daarna het ek die Bybel in ’n Neutedop se weergawe gelees. Dit is ’n fantastiese konsep en ek bid regtig dat hierdie boek goed sal verkoop en dat »

Afwykende seksvoorligting in Suid-Afrika Die implementering van CSE (Comprehensive Sexuality Education) in laerskole se lewensoriënteringsklasse, sal ons kinders van hulle onskuld ontneem en hulle met dinge belas wat te moeilik is vir hulle om te begryp. Net soos laerskoolkinders nog nie Pythagoras se stelling of die wette van termodinamika kan snap nie, sal hulle nog minder die eksplisiete besonderhede van seksuele omgang, hetsy biseksueel of homoseksueel, kan verwerk. Die kinders ontvang inligting wat onverstaanbaar vir hulle is en moeilik is om te hanteer. Ons kinders is die toekomstige geslag. Hoe gaan daardie verwarde kinders oor tien jaar optree en hoe sal ons samelewing lyk as sulke afwykende seksvoorligting in laerskole toegelaat word? Dit sal lei tot ’n immorele geslag wie se grense deur hierdie “gif” afgebreek is. Vernietigende gevolge is duidelik in lande waar CSE die afgelope paar jaar geïmplementeer is. Verkragting en tienerswangerskap neem eksponensieel toe. Die huwelik sal nie meer as iets wenslik beskou word nie. Kinders sal nie meer in ’n huisgesin grootword waar die vaders en moeders toegewyd aan mekaar is nie. Afwykende seksuele praktyke sal die norm wees. Daar sal onomkeerbare, katastrofiese gevolge wees. Suid-Afrikaanse ouers kan nie bloot toekyk en hulle kinders oorhandig om vernietig te word nie. Ons staan dus hierdie opvoedkundige beleid heftig teen en maak ons stem dik namens ons kinders. Kom ons staan liewer onderwys voor wat onthouding verkondig. Ek doen ’n beroep op alle opvoedkundiges en skoolhoofde in Suid-Afrika om te doen wat die beste vir ons kinders sal wees en “NEE” te sê vir die implementering van CSE in ons skole. “Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid? Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in? Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.” – Psalm 94; 16, 20 en 21 Cecille Schneider Brief verkort

ISRAEL TOERE

Drug Addiction?

Maandelikse Toere

We can help!

072 736 6364

www.lionofjudah.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

riewe aan die Redaktrise elke gelowige een in die hande kan kry – selfs ongelowiges! Mag die Here hierdie briljante idee seën en die boeke kragtig vir Sy doeleindes gebruik! Baie geluk! Julle het iets van groot waarde geskep! Mag die Here julle seën en julle groot geloof en ’n hart vol vreugde gee! LMC Jy kan ons Bybel in ‘n Neutedop Nuwe Testament nou direk by ons bestel teen R100 (R30 posgeld uitgesluit.) Stuur jou bestelling na subs@joymag.co.za Hierdie boek is geskryf om jou te help om jou Bybelstudie te verdiep en om die boeke van die Bybel beter te verstaan. Dit is ’n wonderlike bron vir leraars, onderwysers, gelowiges van alle ouderdomme en selfs vir kinders!

God praat deur drome Beste Erin, ek is diep geraak en geïnspireer deur jou redakteursbrief in die Februarie / Maart-uitgawe van JUIG!, waar jy vertel het van jou droom en hoe God jou duidelike leiding gegee het. Ek het ook al ’n droom gehad wat ’n dreigende en ernstige

ongeluk verhoed het. Ek het ná Sy duidelike boodskap aan my, in verwondering en nederigheid voor God se onbeskryflike wysheid en liefdevolle sorg gestaan. Job 33:14-15: “God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in ’n droom, in ’n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed.” Baie dankie baie vir jou vriendelike glimlag, bemoedigende boodskappe en oulike hondjie, Midgey, met sy groot hart. Die Here seën en bewaar julle almal. Marie Braam

’n Kragtige droom! Hallo Erin, baie geluk met ’n wonderlike getuienis oor jou profetiese droom in jou redakteursbrief. Dit was baie insiggewend en ek het dit geniet om dit te lees. Neil Lowrey

Getuienisse is geloof in aksie Beste Erin, dit was baie goed om oor jou getuienis / droom te lees, asook die raad wat daarop gevolg het. Ek stem saam met jou dat dit wysheid van God was om jou te beskerm. Deel asseblief baie getuienisse uit die daaglikse lewe. Dit laat ons geloof ook groei wanneer ons dit lees. Die Christelike lewe gaan oor geloof en ’n getuienis is geloof in aksie. D. Campell

Deel altyd God se waarhede Die redakteursbrief van die Februarie / Maart-uitgawe het my geboei. God praat op die wonderlikste manier met elkeen

’n Ode aan ’n baie spesiale skrywer, Nina Smit Nina Smit was ’n ervare skrywer en het vir vroue, tieners, kinders en oumas geskryf! Haar boeke is treffers in ons land. Sedert Dagboek vir die vrou en Asemskep-oomblikke met God in Nederlands vertaal is, is haar boeke ook in ander lande beskikbaar. Sy was sekerlik een van die gewildste sprekers. Ek gaan haar geweldig mis. Sy was en sal altyd, in my oë, die beste skrywer wees. Haar stem het stil geword, maar sy sal in die harte van baie lesers bly voortleef. Ek het ’n biblioteek vol van al haar boeke, haar dagstukkies en selfs kortverhale. Sy het baie oor liefde, genade en hoop geskryf en het my menigmale met haar sprankelende boodskappe opgekikker wanneer ek somber dae beleef het. Sy was ’n nederige mense-mens. Sy het geglo aan die mooi dinge in die lewe en nie een van haar boodskappies het op die negatiewe dinge van die lewe gefokus nie. Sy is ’n Jesus-dogter wat lief was vir haar medemens. Sy het geglo dat jy jou lewenspad saam met God moet stap en omdat Hy by jou is, jy vir niks hoef bang te wees nie. Sy het my geleer dat dit die klein dingetjies in die lewe is wat saak maak. Geld en wêreldsgoed het weinig waarde in vergelyking met die liefde wat mense vir ander het. Mag Nina nog lank in ons harte voortleef. Antoinette Schoeman (Riebeeckstad) XX JUIG! TYDSKRIF 6 JUIG! TYDSKRIF

van ons. Hy het in die droom met Erin oor haar omstandighede gepraat en toe met my, nadat julle dit gepubliseer het. (En ek is seker dat dit ook met baie ander lesers gepraat het). Dit is die wet van vermenigvuldiging. Ek het die raad waardeer en sal dit beslis met my vrou en tienerdogters deel. Hulle trotseer soortgelyke situasies in ons omgewing. Cyril Bazel

As jy ’n kopie van Erin se profetiese droom wil hê, e-pos ons gerus by info@juig.co.za sodat ons dit vir jou kan stuur.


JUIG! PITKOS

FLAGS

Familie is kosbaar

E

k is so bly en verlig. Onlangs het ek en ’n nabye familielid ’n meningsverskil gehad wat ons verhouding versuur het. Hoewel ons nog kontak gehad het, was die verhouding styf en ongemaklik. Ná ’n ruk het dit my bly pla; ek my selfoon opgetel en die persoon gebel om sake uit te klaar. Ek is so dankbaar dat ons verhouding nou selfs hegter en beter is as voorheen.

Laat vrede in jou hart heers Bloed is dikker as water, lui die gesegde. Elke familie het maar sy struwelinge en onderonsies. Die meeste van die tyd word dinge spoedig opgeklaar, maar soms lei ’n verhouding skade. Dit is nie goed om dinge so te laat nie. Hoe langer dit so bly, hoe moeiliker raak dit om weer uit te reik na mekaar. Daarbenewens versteur dit ook die vrede in jou hart. Die Bybel sê juis: “En Laat die vrede van God … in julle harte heers” – Kolossense 3:15. Dit is ’n leuen dat tyd “genesing” bring; dit is Jesus wat genesing bring. Tyd wat in onvergewensgesindheid of ’n koue verhouding verlore gegaan het, is tyd wat gesteel is. Dit is tyd waar julle jul verhouding met mekaar kon geniet.

God het jou in jou familie geplaas Ek moedig elkeen aan wat ook so ’n versteurde verhouding met ’n familielid het. Maak jou saak met hulle reg – veral in die konteks waarin die wêreld hom tans bevind – die lewe is broos. Dikwels verg dit net dat een van julle die eerste tree moet neem. Maak seker dat jy jouself nie eendag gaan verwyt oor gebroke familieverhoudinge nie. Elkeen van ons is met ’n rede in die spesifieke familie geplaas waarin ons is. Dit is daar waar onvoorwaardelike liefde geld en ’n mens met al jou skete en geite liefgehê kan word en kan liefhê.  LOURIEKE HALLER is die redaksionele bestuurder van JUIG! Tydskrif. Om van diens te wees vir Jesus en Sy liefde uit te leef, is haar motto.

Voed jou geloof, nie jou vrees nie

A

s ’n voormalige gym junkie, onthou ek nog die “101” van liggaamsbou. Die eerste reël is om meer kalorieë te verbrand as wat jy inneem. Die tweede reël is om seker te maak dat jy jou liggaam met gesonde voedselbrandstof voed, sodat jy goeie resultate kan sien. Die laaste reël is om genoeg te rus.

Wees bewus van wat jy inneem Die afgelope paar weke het die Heilige Gees hierdie konsep gebruik om my daaraan te herinner hoe belangrik dit is om jou gees te versterk. Ons is geneig om hierdie deel van ons Christelike lewe te verwaarloos. Hoekom is ons dan verbaas as ons nie “sterk” genoeg is om in moeilike tye staande te bly nie? Filippense 4:8 herinner ons daaraan om bedag te wees op wat ons inneem, sodat ons vrede kan ervaar wanneer die storms om ons woed. Om geestelik te groei en gesonde Christene te wees, is dit noodsaaklik dat ons meer van die Woord inneem as sosiale media, sekulêre nuus of enige ander bron van negatiwiteit.

Net soos oefening ’n sterker liggaam bou, moet ons oefen om ons gees te versterk: • Ruim tyd in om die Woord te lees. “Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God.” – Romeine 10:17 • Bid so gereeld as moontlik. “Bid gedurig.” – 1 Tessalonisense 5:17 • Loof en aanbid gereeld om Sy teenwoordigheid te ervaar en rus te vind. Daarsonder sal ons nie kan groei nie. “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!” – 1 Korintiërs 16:13 Laat ons die sterk Christene wees, volgens God se bedoeling, sodat ons in hierdie moeilike tye die lig kan wees. 

8 JUIG! TYDSKRIF

GAWIE DE LANGE is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

JOHAN STEMMET

So eie aan Afrikaans soos BILTONG EN BESKUIT

—deur Lourieke Haller

J

ohan Stemmet en Noot vir Noot is so eie aan Afrikaans soos biltong en beskuit. Hy het al elf verskillende toekennings (drie vir Noot vir Noot as Beste Speletjieprogram) ontvang. Onder meer is hy ook bekroon met die SABC Golden Plume-toekenning (2006) vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse televisiebedryf oor 30 jaar heen. Hy het ook die 2018 SAFTAtoekenning vir lewenslange bydrae tot die televisiebedryf ontvang. Tog beskou dié gewilde sanger en televisie-persoonlikheid homself glad nie as ’n “ster” nie; hy is werklik nederig en plat op die aarde.

V

Johan, jy ís een van die “groot name” in Suid-Afrika se vermaaklikheidsbedryf, tog bly jou voete vas op die aarde. Wat anker jou?

Waar moet jou voete dan nou anders wees? (Terg hy.) God het ons as gewone mense op hierdie aarde geplaas. Die enigste verskil tussen ander mense en ouens soos ek, wat op televisie werk, is dat meer mense my sién werk. Dit maak my niks besonders nie. Mense wat entstowwe ontwikkel – dít is nou belangrike mense!

XX JUIG! TYDSKRIF 32 JUIG! TYDSKRIF

V

Het jy as kind daar op Kleinsee, ’n myndorpie aan die Weskus, gedroom daarvan om beroemd te wees, of is jou lewe voor die kameras bloot die pad wat die lewe jou geneem het?

Ek glo dat jou paadjie vir jou uitgelê is. Die Here het ’n pad vir ons elkeen, ons taak is net om te sorg dat ons nie van daardie pad afdwaal nie. Ons het gelukkig darem Sy hulp. Ek het van kleins af musiek gemaak

“GOD SÊ MOS: ‘MY GENADE IS GENOEG VIR JOU,’ EN DIT IS!” en natuurlik het ’n mens as musikant maar daardie droom om voor groot skares op te tree. Ek het ook so gedroom daar op Kleinsee.

V

Is dié liefde vir musiek in jou bloed?

Jong, my ma het ’n bietjie gesing, maar ek

sou haar nie as ’n groot musikant beskryf nie. Ek het altyd die begeerte gehad om musiek te maak. Toe ek klein was, het ek na die ou 78-spoed-plate gelê en luister en lustig saamgesing. Ek het die kans aangegryp om klavier te leer speel. Toe ek as elfjarige genooi is om in die dansorkes te speel, was dit vir my ’n groot oomblik om by ’n dans op Kleinsee voor al 60 mense te kon speel! Ek het aan kunswedstryde deelgeneem, in kore gesing en later op universiteit met my eie eenmanorkes by Devon Valley en privaatfunksies in Stellenbosch opgetree om vir my studies te betaal. Musiek was maar oral ingeweef en my pad het op die ou end geloop soos wat hy moes loop.

V

Daar moet ’n avontuurlustige streek ook in jou wees, want jy vlieg girokopters en het jou seiljagskipperlisensie in 2010 verwerf.

Dit is eintlik meer belangstelling. As ek in iets belangstel – en dit is seker maar ’n swakheid in my persoonlikheid – vat ek hom al die pad tot by sy uiteinde. As ek ’n ding begin, los ek hom nie. Ek het nou onlangs ’n passie vir die bou van kitare ontwikkel. Ek is »


FLAGS VOORBLADARTIKEL

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” – Filippense 4:13

REGS: Johan het verlede jaar ná 700 episodes as aanbieder van Noot vir Noot uitgetree, maar hy is steeds agter die skerms bedrywig as programvervaardiger en regisseur. LINKS: Johan is ’n vliegentoesias. Hy vlieg enkel- asook dubbelmotorige vliegtuie, asook girokopters.

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 33


REGS:Johan se laaste groet FLAGS as aanbieder van Noot vir

Noot. By hom is Dowwe Dolla, Hildegardt Whites, Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys. ONDER: Johan en Colleen is 40 jaar getroud. Hulle het as jong onderwysers by die Hoër Seunskool Rondebosch ontmoet.

JOHAN STEMMET besig met my vierde kitaar en dit is verskriklik lekker. Ek sal so aangaan tot ek ’n kitaar gebou het wat net soos een in die winkel lyk.

V

Was daar al ooit iets in jou lewe wat jy gevoel het te groot is vir jou om aan te pak?

Ek is verskriklik lief vir motors, veral ou motors. Ek het ’n motortjie, ’n 1980 MercedesBenz met ’n afslaankap, wat nou 40 jaar oud is. Een van my groot drome is om ’n ou motor te restoureer, maar dít sal ek liewer nooit eers aanpak nie, want ek sal dit nie kan klaar maak nie. Daar bly ek dus liewer weg.

V

Jy en Colleen is nou ook 40 jaar getroud. Hoe het julle ontmoet?

Sy was een van die eerste dames wat by die Hoër Seunskool Rondebosch in Kaapstad aangestel is. Sy was die wiskundeonderwyseres. Al die onderwysers het natuurlik by haar aangelê toe sy daar aankom, maar ek het gelukkig haar oog gevang. Ek en sy het seker vir ’n maand uitgegaan voordat ek uit die onderwys bedank het en in Johannesburg by die SAUK as die ligtemusiekregisseur aangestel is. Ons het mekaar baie gebel – soms nog met ’n tiekieboks, want daar was mos nie selfone nie. En daarna het ek haar twee keer gesien voor ons getroud is: Eenkeer XX JUIG! TYDSKRIF 34 JUIG! TYDSKRIF

vir ’n naweek, toe ons verloof geraak het en toe weer ’n paar dae net voor ons getrou het. Altesaam het ek ons mekaar seker vyf weke gesien voordat ons getroud is!

V

Wat is julle twee se geheim vir so ’n gelukkige, lang huwelik?

Ons het seker gemaak ons elkeen het plek in die huwelik. Colleen is ’n beroepsvrou. Sy was jare lank die skoolhoof by Roosevelt Hoërskool in Johannesburg. Sy het haar eie loopbaan en beroep gehad en ek myne. Ek kon verstaan wat

“WANT MET U LOOP EK ’N BENDE STORM, MET MY GOD SPRING EK OOR ’N MUUR” sy doen, want ek was mos ook ’n onderwyser gewees. Sy het op haar beurt ook begrip vir my wêreld. Ons het mekaar ruimte gegee om te ontwikkel sodat ons paadjies parallel, maar tog saam loop. Dit het vir ons gewerk.

V

Jy is die pa van twee volwasse seuns, Carl en Etienne. Wat is die beste ding wat jy as ouer vir jou seuns kon doen?

Daar is nie ’n patroon wat ’n mens kan sê almal moet volg nie. Almal het verskillende

persoonlikhede. Selfs jou eie kinders kan jy nie oor dieselfde kam skeer nie. Die sleutel is om baie liefde aan jou kinders te bewys. En natuurlik, as die Here daar is, sal jy weet wat die regte ding is vir jóú kinders, want daar is nie een resep nie. Daar moet ook ruimte wees vir jou kinders, net soos in jou huwelik, om elkeen volgens sy eie paadjie te ontwikkel. Jy kan so maklik die wêreld vir jou kinders laat krimp omdat jy alles vir hulle wil doen. Die verkeerdste ding wat ’n ouer kan doen, is om sy kinders te dwing om iets of iemand te wees wat die ouer wil hê. Jy kan leiding gee, maar jy kan nie jou kinders se lewens vir hulle leef nie.

V

Jy voel baie sterk hieroor, want jy het in hierdie trant vir jou seun(s) ’n liedjie geskryf?

Ja, ek het “Pa se grootman” geskryf. Een van die verse lui:” Grootman, Pa se Grootman hierdie pad is gekerf net vir jou, om jou spoor te pas. Jy moet hom alleen loop, want as ek saam deur jou lewe wil gaan, word my hulp net ’n las. As my pa, byvoorbeeld, vir my gesê het ek moet die musiek los en liewer doen wat hy


FLAGS VOORBLADARTIKEL

“Dink net wat die Bybel sê jy met geloof kan vermag – jy kan berge versit.”

Foto’s: SABC2 Publisiteit

ingedagte het vir my, sou ek nooit ontwikkel het om die mens te word, wat ek vandag is nie. My oudste seun is 11 jaar lank al saam met my in die bedryf, maar ek het nooit druk op hom uitgeoefen om by die televisiebedryf betrokke te raak nie. Dit was iets waarin hy self belanggestel het. Hy het sy eie pad geloop.

V

Hoe het jy die Here leer ken?

Ek het grootgeword met God as deel van ons huisgesin se lewe, met huisgodsdiens en Sondagskool. Hy was van kindsbeen af deel

van my lewe. Ek sou eerder sê ek het die Here wéér of beter leer ken. Jy weet, ’n mens het mos daardie ervaring by die ACSV (Afrikaanse Christen Studentevereniging). Ek het as student op Stellenbosch ook so ’n verdieping in my verhouding met die Here ervaar. Ons het as deel van die Christen Studente Sendingbeweging vir plaaswerkers op die plase gaan dienste hou en evangelisasiewerk gedoen.

V

Was daar ’n oomblik waarvan jy ons kan vertel waar God jou deur ’n baie moeilike tyd gedra het?

Sjoe, daar was baie sulke tye! In ’n loopbaan beleef ’n mens mos maar moeilike tye. Daar was een in 1984. Dit was net na Carl, ons eersteling, se geboorte. Die SAUK moes weens ’n rasionaliseringbeleid sy personeel “uitdun”. Hulle het my ingeroep en ingelig dat hulle my sal moet laat gaan. Dit was baie swaar vir my – dit was dieselfde jaar toe ek vir ’n Artestoekenning genomineer is. Ek kon nie verstaan hoekom ek dan moet gaan as ander ouens, wat korter as ek by die SAUK gewerk het, kon aanbly nie! Ek moes my krag by die Here kry en net glo dat Hy alles in die lewe gebruik en dit

ten goede te laat uitwerk. Twee dae later is ek toe heraangestel in ’n beter pos! Daar was baie, baie sulke geleenthede in my lewe. God sê mos: “My genade is genoeg vir jou,” en dit is.

V

Ons staar swaar ekonomiese tye in die gesig. As ’n suksesvolle sakeman, watter raad het jy vir entrepreneurs en sakemanne wat harde klippe kou?

Weet jy, daar is so baie gesegdes oor entrepreneurskap, byvoorbeeld: “Jy moet net in jouself glo.” Maar dis waar! Want as jy nie glo in dít wat jy aanpak nie, as jy begin met ’n twyfel in jouself, sál jy nie sukses behaal nie. Tweedens moet jy weet – op jou eie is jy nie tot baie in staat nie, maar met God aan jou sy, is jy tot álles in staat. Glo in jouself, en plaas jou geloof in God, wat jou sal help en bystaan. Dit gaan alles maar eintlik om geloof. Dink net wat sê die Bybel kan jy met geloof vermag – jy kan berge versit. 

BO: Johan met sy 2018 Safta-toekenning vir lewenslange bydrae tot die televisiebedryf. LINKS: Johan het ook ‘n liefde vir die see en seil en het sy seiljagskipperslisensie in 2010 verwerf.

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 35


FLAGS

Hoe die APOSTELS GESTERF het

Moontlik herinner die artikel ons daaraan dat ons eie swaarkry en opofferings niks is in vergelyking met die vervolging en wreedheid wat die apostels en evangeliste ná Christus se Hemelvaart moes deurmaak nie. Laat ons aan ons broers en susters in Christus dink wat steeds hieronder gebuk gaan en die dood daagliks weens hul geloof in die gesig moet staar.

Matteus: Hy was ’n belastinggaarder wat ’n evangelis geword het. In Ethiopië het hy ’n martelaarsdood gesterf toe hy met ’n strydbyl doodgekap is.

Simon die Seloot: Sy dood is in on-

Filippus: Hy het as ’n martelaar in die

Johannes: Hy is in olie gekook, maar het

antieke Griekse stad, Hiërapolis, gesterf. Hy is onderstebo aan yster hake opgehang. Sy graf is amptelik in 2011 gevind.

wonderbaarlik aan die dood ontkom. Hy het in vrede gesterf op die eiland Patmos, waar hy die boek Openbaring geskryf het.

XX JUIG! TYDSKRIF 20 JUIG! TYDSKRIF

duidelikheid gehul. Volgens vroeë vertellings is hy óf in die koninkryk van Iberië (Georgië), óf Samaria, óf Persië gekruisig.

Petrus: Hy is onderstebo gekruisig. Volgens oorlewering het hy dit só versoek aangesien hy homself onwaardig beskou het om op dieselfde manier as sy Meester te sterf.

Jakobus die Regverdige: Jesus se broer. Hy het geweier om sy geloof te ontken en is toe by die tempelmuur afgegooi, het oorleef en is met ’n knuppel doodgeslaan.


FLAGS Hoewel Paulus, Lukas en Markus nie amptelik deel van die oorspronklike 12 apostels was nie (Lees Matteus 10:1-4 en Lukas 6:12-16), is hulle invloed in die Bybel van groot belang. Hulle het ook as martelaars gesterf: Paulus: Paulus het gedurende sy leeftyd gevangenisskap, aanrandings en skipbreuk deurgemaak. Hy is gemartel en toe deur keiser Nero van Rome in 67 n.C. onthoof.

Lukas: Hy was ’n Griekssprekende mediese dokter en is in Griekeland gehang juis omdat hy onophoudelik die Evangelie verkondig het.

Markus: Hy was die stigter van die kerk in Alexandrië in Egipte. Hy het toe ook daar gesterf nadat hy met perde deur die strate gesleep is.

Judas (Taddeus): Hy het op sy

Andreas: Hy is in Griekeland gekruisig.

Jakobus seun van Sebedeus: Hy

sendingreis as martelaar in Persië gesterf. Godsdienstige Oosterse leiers het hom met ’n byl doogekap.

Nadat hy gegesel is, is sy liggaam aan ’n kruis vasgemaak. Hy het vir sy martelaars bly preek totdat hy ná twee dae gesterf het.

was bekend as een van die “Seuns van die Donder.” Hy het Spanje geëvangeliseer. Hy is deur Herodus Agrippa onthoof.

Bartolomeus: Hy het ook as Nataniël

Tomas: Ook bekend as “Ongelowige

Mattias: Hy is in die plek van Judas Iskariot

bekend gestaan en was ’n sendeling in Asië (waar Turkye vandag is). Hy is in Armenië gemartel en tot die dood toe gegesel.

Tomas”. Tydens een van sy sendingreise na Indië, waar hy ’n kerk gestig het, is hy met spiese doodgesteek.

gekies. Hy het onder die kannibale gewerk. Die verslae oor sy dood wissel, hy is óf gestenig, óf gekruisig, óf onthoof.

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 21


FLAGS

rs van die bybel karakte

—deur dr. Victor Kuligin

I

n die vier Evangelies se verslag oor die kruisiging, speel Romeinse soldate ’n prominente rol. Hulle is grotendeels ruwe mans wat maar net hulle werk doen. In hierdie geval is dit om iemand se doodsvonnis te voltrek. Ons sien hoe hulle Jesus bespot en mishandel (Luk 23:36), ’n doringkroon op Sy kop plaas (Joh 19:2-3) en lootjies trek vir Sy klere (Joh 19:24). Hulle

het nie juis die beste karaktereienskappe openbaar nie. Vir sy kommentaar oor Jesus tydens die kruisiging, staan een Romeinse soldaat egter bo die ander uit. Ons kyk in hierdie uitgawe na hierdie soldaat en na wat hy gesê het.

Jesus gekruisig Die meeste van ons weet wat die besonderhede van die kruisiging is: Jesus word verraai, in hegtenis geneem, vals beskuldig, verhoor en skuldig bevind. Nadat Hy gegesel is – ’n proses waartydens sweephoue vleis uit die slagoffer se rug skeur – is Jesus oorhandig om gekruisig te word. Van die bloeddorstige Joodse leierskap, tot Pontius Pilatus se onbevoegde hantering van die verhoor, is die hele episode verdag. Jesus se vriende het op die vlug geslaan; slegs ’n paar vroue en een dissipel het agtergebly. Jesus het alleen gely: ’n man wat verlate die gewig van die wêreld se sondes op Sy skouers geneem het.

Net nog ’n dag Die soldaat aan die voet van die Kruis het soos elke dag kom werk. Vir hom was Jesus maar net nog ’n misdadiger. Die soldate het nie emosioneel by hierdie moeilikheidmakers betrokke geraak nie. Die soldaat se werkgewer, in hierdie geval die Romeinse Ryk, het hierdie man ter dood veroordeel. Gebreekte bene en bloedvergieting was daagliks deel van hierdie beroep. En tog het hierdie hoofman oor honderd iets buitengewoon by Jesus waargeneem. Elkeen van die Evangelies fokus op verskillende aspekte van die kruisiging, sodat ons, met die hulp van al vier Evangelies, ’n omvattende beeld het. Ons het twee Evangelies wat die woorde van die hoofman oor honderd aanteken. Ons sal Matteus se weergawe van die offisier se woorde ondersoek: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” – Matteus 27:54

’n Unieke dood Waarom sou hy so iets verklaar? Want hierdie soldaat het met XX JUIG! TYDSKRIF 22 JUIG! TYDSKRIF


REEKS FLAGS In ’n nis onder die koepel van die Sint Petrus-basiliek in die Vatikaanstad, staan ’n standbeeld van ’n Romeinse soldaat, bekend as Longinus. Volgens oorlewering was hy die soldaat wat Jesus se sy tydens die kruisiging deurboor het. Soos tipies die geval is met baie van die Bybelse karakters waaroor daar weinig of geen inligting is nie, is daar oor die jare heen oor die verhaal van hierdie Romeinse soldaat bygeborduur. Tot so laat as in die millennium ná die kruisiging, is daar nog besonderhede oor dié soldaat opgemaak. Byvoorbeeld dat hy ook die soldaat was wat Jesus as die Seun van God verklaar het en een van die soldate was wat by Jesus se graf waggehou het. Ook, dat die Bloed van Jesus se deurboorde liggaam hom genees het nadat hy by die graf verblind is. Dit het daartoe gelei dat Longinus tot bekering gekom en uiteindelik as martelaar gesterf het. Sulke legendes moet natuurlik met ’n knypie sout geneem word omdat dit nie op Bybelse feite of getuienis van ooggetuies gegrond is nie.

hierdie kruisiging dinge beleef wat hy nog nooit tevore tydens ’n tipiese kruisiging gesien het nie. Matteus vertel toe Jesus Sy laaste asem uitblaas, “het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. Grafte het oopgegaan, en baie gelowiges wat dood was, is opgewek” – Matteus 27:51-53. Lukas voeg by dat die son in die middel van die middag verduister het (Luk 23:44).

’n Geloofsverklaring

Jesus is soewerein Hoekom gebeur dit? Omdat Jesus die soewereine “Here van heerlikheid” is (1 Kor 2:8). Hy is die “wysheid van God” (1 Kor 1:24). Enige sondaar wat dink dat hy God verstaan en weet hoe Hy dink, is uiters dwaas! Wanneer jy verklaar dat jy weet wat God dink en wat Sy bedoelings is, maak jy in verwaandheid daarop aanspraak dat jy, as ’n sondaar, so wys soos God is. Jy moet jou maar voorberei op ’n groot verrassing as jy so ’n opgeblase ego het. Daarom verklaar God: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” – Jesaja 55: 8-9

Die hoofman oor honderd sou ’n politeïs gewees het wat in talle gode geglo het. Dit sou niks ongewoon gewees het as hy gesê het Jesus was “ ’n” seun van God nie. Daar sou baie in sy panteon van gode gewees het. Selfs die keiser, Augustinus, het homself ’n seun Jesus, wat volkome van God genoem. Maar om te Jesus maak altyd ’n indruk God is, het volledige sê dat Jesus “die” Seun van God Ek is seker dat die manier waarop beheer oor alles. was, is werklik verbasend. Dit is ’n Jesus Sy dood tegemoet gegaan het, geloofsverklaring, soortgelyk aan ’n indruk op hierdie soldaat gemaak die belydenis van die misdadiger aan die kruis. En gebeur het soos geen ander kruisiging nie. Jesus het nie gekla nie; Hy dit nie dikwels in die Evangelies nie? Dat mense van wie jy het nie vir Sy lewe gepleit soos so baie ander nie. Hy het trouens dit nooit sou verwag nie, ontvanklik vir die Messias is? Dat vir ander gebid terwyl Hy aan die Kruis gehang het! hulle hul opregte geloof in Hom verklaar, terwyl dié wat Hom eintlik erkenning moes gee – Sy eie Joodse volk – dit Die Kruis het die krag om te red (1 Kor 1:18) nie gedoen het nie? Laat elke Paasfees ons daaraan herinner dat Jesus, wat volkome God is, volkome beheer oor alles het. Selfs terwyl Hy aan die Kruis gehang het, het Hy Sy Goddelike wil steeds uitgeoefen. En Wat kan ons by die soldaat leer? Hy doen dit vandag nog. Prys Sy heilige Naam!  Ons kom op verrassende maniere by Jesus uit. Anders gestel: Jesus werk op onverwagte maniere in ons lewens. DR. VICTOR KULIGIN is ’n internasionale outeur en spreker wat 24 jaar Wanneer ons vooropgestelde verwagtinge het van wat lank as sendeling in Afrika gewerk het. Sy nuutste boek, Ontmoetings Jesus moet of gaan doen, draai dinge byna altyd anders uit met Jesus, word in Suid-Afrika deur Christian Art uitgegee en is by as wat ons verwag. CUM Books beskikbaar. Kontak hom by v_kuligin@yahoo.com JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 23


FLAGS

AdoptA-Sheep

Steun ’n boer in nood

—deur Lourieke Haller

D

it is dikwels in die swaarkrytye dat die beste van die mensdom na vore kom. Te midde van die afgelope paar jaar se voortslepende droogte en beelde van verhongerde diere en boere met die droogte in hulle oë, het ons ook gesien hoe die nasie hand en hart oopmaak en skenk. Rye en rye kospakkies en vragte vol voer is aangery om die nood te help verlig. Ja, selfs spesiale geskenkpakkies met ’n paar “luukshede” vir boervroue om te geniet.

Ses jaar lank reeds droogte

“Vir ons gaan dit oor ondersteuning: geestelik en moreel, oor voorbidding en vriendskap en dán ook finansies – as die aannemer dit kan bekostig. Dit is ’n simbiotiese ondersteuningstelsel tussen die boer en mense wat ver is, maar graag ’n bydra wil maak,” verduidelik Pieter in sy Noordkaapse aksent wat wil-wil neig na Jan Spies toe. “Ons het die boere wat deel van die projek wou wees, genooi om net ’n duimpie op WhatsApp te stuur; dit kos hulle niks nie. Hulle moet net via WhatsAppvideo’tjies hulle aannemers dan en wan in die interessante doen en late van die boerdery laat deel.”

Fraserburg, in die Noordkaap, is een van die dele wat baie swaar getref is. Hier duur die droogte reeds langer Welkome kuiertjies as ses jaar. Maar uit die swaarkry blom ’n Die benadering het só goed gewerk dat die ElkEEn van ons is gEroEp eerste aannemers twee weke nadat hulle met pragtige verhaal, soos ’n helderpers vygie in om ’n vErskil tE maak! die barre veld. Die Adopt-a-Sheep-projek is hul boere verbind is, kom kuier het. “Hulle verlede jaar hier van stapel gestuur. “Dit het saam kan ons dit doEn. het in hulle bakkies opgedaag, volgepak met eintlik begin by die NG Kerk Franschhoek, goed wat hulle vir ons bymekaar gemaak het. wat ons ‘aanneemgemeente’ by die Wes-Kaap Oor Desember was hier sommer baie van sinode is,” vertel Pieter le Roux, ’n boer net buite Fraserburg. hulle wat kom kuier en ons kom seën het. My arbeiders het pakkies en Kersfeesgoedjies by hulle gekry,” vertel Pieter.

Ondersteuning en wedersydse vriendskap

Dié oulike konsep verbind ’n boer met een of meer persone wat hom en sy plaas “aanneem”. Michele Fourie, wat die proses administreer en die boer en die aannemer via WhatsApp verbind, maak seker dat hulle darem iets in gemeen het, soos byvoorbeeld hulle kinders se ouderdomme of ’n belangstelling, sodat hulle reeds ’n aanknopingspunt het. Want sien, dit gaan nie hoofsaaklik om finansiële steun nie. XX JUIG! TYDSKRIF 24 JUIG! TYDSKRIF

Neem ’n skaap aan teen R50 per maand Die aanneming behels dat daar ook skape aangeneem word. Vir R50 word ’n skaap vir een maand aangeneem. Elkeen kan besluit wat sy begroting toelaat. So is daar ’n vierjarige dogtertjie in Bloemfontein wat een skapie by haar boer aangeneem het, maar ook ’n ander aannemer wat sy skape teen R100 geborg het. Hy skenk dus sowat R60 000 per jaar. Daar is tans 145 aannemers en 106 boere op


FLAGS DROOGTEHULP

LINKS: Baie van die boere moet steeds hulle skape voer. Die foto is op Pieter le Roux se plaas, Eselfontein geneem. ONDER: Van die vele vragte voer wat van heinde en verre deur aan die boere in die Fraserburg-distrik geskenk is.

Dankbare boere het een ton turksvye gepluk en in Franschhoek en Caledon gaan uitdeel om dankie te sê.

Adopt-a-Sheep se droogtelys en hulle is van oral in die land, selfs die buiteland. “Die Munga-fietswedren, van Bloemfontein na Wellington, se roete neem die fietsryers deur ons geweste. Dié Munga-fietsryers het soos een man besluit om die projek te ondersteun toe hulle sien hoe sleg die wêreld hier lyk. Daar is onder andere, byvoorbeeld, drie swart fietsryers wat ook boere aangeneem het,” sê hy.

Foto’s: www.jonkeradventures.com

Wonderbaarlike voorsiening Een van die aannemers het vir sy (aangenome) boer ’n vakansie in sy strandhuis aangebied. Die boer het voor sy siel geweet dat daar nie genoeg geld was vir die reis terug nie en géén ekstra geld vir uiteet of iets dergelik nie, maar het besluit om tog in die geloof te gaan. Op pad het hulle by nog ’n aannemer aangedoen en daar oornag. Die boer het niks van sy geloofsaak genoem nie, maar toe hulle die volgende oggend vertrek, stop die aannemer die boer se seun ’n koevert in die hand. Op die koevert het gestaan: “Gaan eet ten minste twee keer uit saam met jou vrou en kinders. Daar is ook genoeg geld vir die diesel.” Volgens Pieter is daar gedurig sulke getuienisse. Hy sê: “Daar is ’n gesegde: ‘Om te ontvang is lekker, maar gee is wonderlik.’ Dis soms moeilik om so te ontvang, maar ons kan nie nee sê nie, want dan ontneem ons dié wat gee, van hulle seën.”

Dankbare harte Die dankbare groep boere het niks gehad wat hulle kon teruggee om dankie te sê nie, maar ’n boer maak ’n plan. “Ons het gewag vir hierdie tyd van die jaar wanneer ons turksvye ryp word,” sê Pieter. JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 25


FLAGS DROOGTEHULP

ADOPT-A-SHEEP

Steun ’n boer in nood Die boere het ’n ton turksvye gepluk en as teken van hul dankbaarheid teenoor die gemeentes in Franschhoek en Caledon – wat oor die 40 vragte vol voer in Fraserburg kom aflewer het – die turksvye daar gaan uitdeel en die Sondagoggend die eredienste bygewoon.

Dit gaan steeds swaar Die droogte is nog nie gebreek nie. “Dis die probleem, mense sien video’s van boere wat in die reën dans en kry die idee die droogte is gebreek, maar dit gaan baie swaar met die meeste boere in Fraserburg-distrik,” verduidelik hy. Ek het laas jaar 86 mm reën gehad. Vanjaar is ek geseën met 91 mm oor die eerste sewe weke van 2020. Daar is dele wat begin groen raak. So 20-25% van die Fraserburg-distrik het in die eerste paar maande van 2020 goed reën gekry – maar daar is 46% van die boere wat nie millimeters gekry het nie. Die nood is nog maar hoog.”

Grootste behoefte “Eerstens is ons grootste behoefte nie finansiële hulp nie – ons soek steun en kameraadskap ,” herhaal Pieter ter afsluiting. 

VLNR AGTER: PJ, Mareza, Jeanli en Pieter le Roux, met LeMari heel voor

NEEM ’N BOER AAN Adopt-a-Sheep Fraserburg

Fraserburg Drought Aid Project

XX 26 JUIG! JUIG! TYDSKRIF TYDSKRIF

Assist a farmer:

Prayer

Jy kan ’n boer bystaan deur vir hom te bid, emosionele bystand te gee en / of R50 per skaap, per maand te skenk. As jy die boere van die Fraserburg-distrik wil bystaan, of deel van die Adopt-a-Sheep-projek wil word, kontak Michele by 073 268 7713 of epos haar by ngkfraserburg@gmail.com


FLAGS

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS RUBRIEK

Wanneer die

S U R I V A N O R O K amok maak, maak ons GELOOF die verskil

—deur Stephan Joubert

D

ie koronavirus saai wêreldwyd amok. Almal is beangs, bang en onseker. Hierdie virus het geen respek vir landsgrense of enigiemand nie. Selfs al sluit talle lande hulle grense, marsjeer die virus onstuitbaar voort. Dit steek oseane ewe maklik oor.

Die virus ontsien niemand nie

gekanselleer. Vliegtuie word verbied om tussen sekere lande te reis. Angela Merkel, die kanselier van Duitsland, meen dat hierdie virus die potensiaal het om twee derdes van alle Duitsers aan te steek. Dit is dus geen wonder dat regerings wêreldwyd hulle uiterste bes doen om die verspreiding hiervan te stuit nie.

Harte vol medelye en hande wawyd oop

Terwyl die hele wêreld onder die impak van die koronavirus steier, het dit tussendeur die nuutste speelgrond geword vir dié wat wêreldkrisisse aan Bybelse profesieë, of die een of ander hemelse oordeel, probeer verbind.

Daarom moet ons, as gelowiges, goed nadink oor hoe om in ’n tyd soos hierdie op te tree. Om mee te begin, moet ons al daardie doemprofete vermy wat COVID-19 in verband probeer bring met die een of ander hemelse vergeldingsaksie. Sulke roetes help niks nie – behalwe om almal se gemoedere net nog verder op te klits. In die woorde van Kolossense 4:5-6 moet ons juis nou met wysheid optree, veral teenoor buitestanders. Ons woorde moet met sout besprinkel wees. Ons harte moet vol medelye wees en ons hande moet wawyd oop wees.

Dit raak ons ook persoonlik

Pandemies in die Romeinse Ryk

Hier in Suid-Afrika word ons almal direk en indirek deur die koronavirus geraak. Ons rand wankel hulpeloos rond. Ons aandelebeurs steier. Terwyl ek hier sit en skryf, is ons ekerk-toer na Israel sopas ook tien dae voor die vertrekdatum gekanselleer. Die rede:

As navolgers van Christus moet ons onsself in hierdie tyd ook opnuut aan ons voorouers in die geloof se optrede herinner, toe húlle sulke epidemies beleef het. Dink byvoorbeeld aan daardie skrikwekkende pandemie wat van 165 tot 180 n.C.

ONS WOORDE MOET MET SOUT BESPRINKEL WEES EN ONS HANDE MOET WAWYD OOP WEES.

COVID-19, soos dit bekendstaan, teiken ryk en arm, oud en jonk, onbekend en bekend. Die eerste minister van Engeland, Boris Johnson, is ook met die virus gediagnoseer, asook Hollywood-sterre soos Tom Hanks en sy vrou. Kort nadat 100 lande oor 6 kontinente hierdeur getref is, het die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) dit op 11 Maart 2020 as ’n internasionale pandemie verklaar. Skaars 24 uur later het nog 14 lande op die COVID-19-radarskerm verskyn. Wêreldwyd sluit skole en universiteitskampusse. Sportbyeenkomste, motorskoue en musiekuitvoerings word XX JUIG! TYDSKRIF 28 JUIG! TYDSKRIF

Israel is sedert 12 Maart amptelik onder kwarantyn. Die koronavirus is ’n internasionale ramp van ongekende omvang.

Wêreldkrisisse en doemprofete


Teken vandag in op FLAGS

“TREE MET WYSHEID OP TEENOOR DIE MENSE WAT NOG BUITE DIE GEMEENTE IS. MAAK DIE BESTE GEBRUIK VAN ELKE GELEENTHEID. WAT JULLE SÊ, MOET ALTYD VRIENDELIK WEES EN VAN GOEIE SMAAK GETUIG; EN JULLE MOET WEET HOE JULLE ELKEEN BEHOORT TE ANTWOORD.” – KOLOSSENSE 4:5-6

JUIG!

vir Moedersdag het. Dink byvoorbeeld aan daardie siekes in hulle huise ingeneem en versorg skrikwekkende pandemie wat van het. Baie Christene het self ook gesterf as 165 tot 180 n.C. oral in die Romeinse Ryk gevolg van hulle ontferming oor mense in gewoed het. Dit was vermoedelik masels nood. Al het sommige gelowiges hulle eie of waterpokkies. Dit was so ernstig dat die lewens ter wille van ander verloor, het hulle Romeinse geskiedkundige, Dio Cassius nogtans met hulle gebede, kos, klere en (155-235 n.C.) vertel het dat tot liefdevolle versorging derduisende ander 2 000 mense per dag in Rome mense se lewens gered. gesterf het. Altesaam meer as CHRISTUS 5 miljoen mense het hulle Ons volg Sy voorbeeld ROEP ONS OP lewens verloor as gevolg Christus roep ons hier, van hierdie epidemie. In in 2020, op tot ’n hoër TOT ’N HOËR die jare 251 tot 266 n.C. standaard as ons eie – na STANDAARD het ’n soortgelyke epiSyne! Hy het Sy lewe ter AS ONS EIE – demie die Romeinse Ryk wille van ons afgelê. Hy is NA SYNE! getref. Party navorsers reken ons voorbeeld. Ons volg Hom dat tot 50% mense wat dit tot die einde toe. Ons doen dit onder lede gehad het, gesterf het. ook wanneer die koronavirus orals amok maak. 

Selfopofferende liefde

Siprianus, die biskop van Carthago van 249 tot 258 n.C, vertel hoe Christene ten tye van hierdie epidemie hulle harte en lewens vir die siekes en die sterwendes oopgestel het. Hulle het ook gesorg dat die dooies eerbaar begrawe is. Ander kerkleiers in daardie tyd vertel op hulle beurt hoe gelowiges die

PROF. STEPHAN JOUBERT is die stigter van ekerk en hoogleraar in teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, die Noordwes-Universiteit en die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland. Vir meer inligting: ekerk.org of info@ekerk.org

TEKEN NAMENS JOU MOEDER OP JUIG! TYDSKRIF IN EN LAAT HAAR ELKE MAAND SPESIAAL VOEL.

R320 VIR EEN JAAR

Gratis

BYB I N 'N E L NEUTE DOP

met elke 2-jaarintekening

*Terwyl voorraad hou

subs@joymag.co.za SMS ‘subs’ to 43366 JUIG! TYDSKRIF XX

joydigitalmag.com/subscribe


FLAGS RUBRIEK

NOU IS DIE AANGEWESE TYD

“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” – Ester 4:14

D

ie afgelope twintig jaar het God se kinders in Suid-Afrika ’n tyd van buitengewone geestelike toerusting beleef. Dink aan die Ester-, Daniël- en Mighty Men-konferensies. Voorbiddingspanne het die land deurkruis en by belangrike plekke sondebelydenis gaan doen, oor kerkgrense heen hande gevat en God saam aangeroep. Gelowiges het vir die Here opgestaan en hul geloof openlik begin bely. Suid-Afrikaners het met hart, verstand en hand na God toe gedraai. En toe begin die uittog. Duisende Suid-Afrikaners woon tans in die buiteland en hul God, hul geloof, hul voorbidding en hul belydenis het saam met hulle gegaan om nóg klein dorpies en groot stede met die wonder van die Evangelie te verander.

geword het?” Toe Mordegai Ester met dié woorde vermaan het, was die Joodse volk in ’n baie moeilike posisie (Ester 4:14). Daar was geen uitkoms nie – tensy God toetree. Al is hierdie virus nie so dodelik nie, is dit hoogs aansteeklik. En al word jou omgewing, familie of gesin nie deur die virus getref nie, is die uitwerking van die teenwoordigheid daarvan tog oraloor ’n werklikheid. Ons is weer eens in ’n posisie waar daar nie uitkoms is nie, tensy God toetree. En dit is die wonder van hierdie gebeure.

God kroon ons met die waarheid van Sy Woord

Terwyl die koronavirus mense wêreldwyd aansteek, is dit maklik om toe te gee aan vrees. Dis so maklik om sulke onsigbare gevare mag te gee oor jou emosies. Korona beteken “kroon”. Dis dan ook Kwarantyn in Riyadh WIE WEET OF DIT NIE JUIS MET DIE OOG OP ’N TYD wat die “kroonvirus” (so geEk en my man is weens sy werksnoem weens sy vorm) probeer verpligtinge in ’n soortgelyke SOOS HIERDIE IS, DAT GOD JOU AS KONINKLIKE doen, om mense se denke met situasie. Hier in Riyadh het die VERTEENWOORDIGER UITSTUUR NIE? gedagtes te probeer kroon wat gebeure rakende COVID-19, nie getuig van wie ons in God is oftewel die koronavirus, ons kom nie. Ons moet opnuut vashou aan die waarheid van God se Woord. en gaan ook beperk. Omdat een van die inwoners in ons compound die virus onder lede het, is almal wat hier woon, versoek om vir die volgende Sy Woord is waar en sal altyd tot stand bring wat Hy beloof het. Dit keer nooit leeg na Hom toe terug nie, maar bereik altyd die doel twee weke tuis te bly. Landswyd is alle winkelsentrums gesluit – slegs waarvoor dit gestuur is (Jes 55:11). Daarom kan ons met vreugde kruidenierswinkels en apteke is nog oop. Die skole en universiteite is ’n paar weke gelede reeds gesluit. Omdat ons nie meer gaste mag ontvang vashou aan Jesaja 62:3 (NLV), wat ons vertel van die krone wat God aan Sy kinders gee: “Die Here sal jou soos ’n kroon in Sy Hand hou, ’n nie, sal ons geloofgemeenskap nou ook via die internet aanbid. Ons koning se kroon in die hand van jou God.” beplande kuier saam met ons kinders moes afgestel word omdat alle internasionale vlugte gekanselleer is. Suid-Afrikaners wêreldwyd het dieselfde belewenis. Ons weet, al het alles verander, het niks verander nie! Veilig en beskut in God se hand God is nog steeds die Koning van die heelal en Hy is steeds in beheer. Vir beide “kroon” en “hand” gebruik Jesaja twee verskillende Hebreeuse woorde. In die eerste gedeelte van vers drie, word God se toegevoude hand beskryf. Terwyl die Here Sy magtige hand om Verteenwoordigers van die Koning jou vou, omvorm Hy jou in ’n oorwinnaar. Ja, die woordjie wat hier “Wie weet of dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie is dat jy koningin XX JUIG! TYDSKRIF 30 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

DROME IS SOOS LEGKAARTE —deur Barbara Claassen

—deur Elza Meyer

vir kroon gebruik word, is die kroon wat op die oorwinnaar se kop geplaas is. Dit herinner ’n mens aan ’n lourierkrans. Veilig en beskut in God se magtige hand, word die oorwinning wat aan God behoort, ook jou oorwinning.

Die kroon van ’n koning En sodra jy begryp dat jy nie alleen is nie; dat God jou meer as ‘n oorwinnaar maak en dat jy in en deur Sy genade in alle omstandighede in oorwinning kan leef, vou God Sy magtige hand oop, want die tweede woord vir “hand” in die vers beteken presies dít. Noudat jy deur jou vertroue in Hom in jou diepste wese ’n oorwinnaar geword het, kroon jou God jou met ’n koningskroon. Die Hebreeuse woord wat hier vir kroon gebruik word, dui op ’n tipe tulband vir koninklikes. Dit het nie slegs hul koninklike status aangedui nie, maar ook vir hulle beskerming gebied – aangesien dit daarop gedui het dat hulle die beskerming van die troon geniet.

VEILIG EN BESKUT IN GOD SE MAGTIGE HAND WORD DIE OORWINNING WAT AAN GOD BEHOORT, OOK JOU OORWINNING. Verkondig nou Sy heerskappy Jy word gekroon met die oorwinning wat aan God behoort. Nou kan jy uitstap op God se oopgestrekte hand en Sy Koningsheerskappy in ’n wêreld aankondig wat desperaat is vir Sy aanraking! Jou God genees! Jou God bring vrede! Jou God regeer! En elkeen wat Sy Naam aanroep, sal gered word! Selfs dié wat deur die koronavirus getref is, is veilig by God. Hy verseker ons van die ewige lewe! Wie weet of dit nie juis met die oog op ’n tyd soos hierdie is, dat God jou as Koninklike verteenwoordiger uitstuur nie? 

W

anneer die Here jou ’n simboliese droom gee, is dit soos ’n legkaart met ’n hele klomp legkaartstukkies. Die Here gee in elke droom ’n sleutel, wat deur die Heilige Gees geopenbaar word en die boodskap ontsluit. Hier is ’n voorbeeld van so ’n droom: Weens ’n werksituasie moes ’n vrou vir ’n konferensie na Zimbabwe vlieg. Haar kollegas was opgewonde, maar sy wou eerder tuisbly om na haar gesin om te sien. Op pad na die lughawe het sy verdwaal, maar onthou toe dat sy die GPS kan gebruik om haar pad te vind. By die lughawe het sy almal se tasse in rye gepak en toe besef dat sy nie die vliegfooie van R12 500 sal kan betaal nie – daar was ’n koste ter sprake. Baie verlig, het sy teruggekeer na haar gesin. Sy besef toe egter dat haar kollegas nie werklik omgee of sy saamgaan, al dan nie. • Die sleutel is die bedrag van R12 500. Twaalf is die getal van volle gesag en volmaaktheid. • Daar is reeds ’n roeping op haar lewe – om die doel waarvoor die Here haar op die aarde geplaas het, te vervul. Dis haar keuse of sy die roeping gaan vervul en bereid is om die prys te betaal. Daar is selfs besonderhede dat die roeping haar net buite die grense van Suid-Afrika gaan neem. • Die waarskuwing in die droom is dat die prys om haar gesin agter te laat, vir haar te groot was. Haar begeerte om ’n tuisteskepper te wees, is egter nie haar volle roeping nie. Dit is verder ook om geleenthede vir ander te skep om na konferensies te kan gaan. Dit is ’n duidelike droom met leiding, roeping en ’n waarskuwings. Hierdie droom is ’n groot waarskuwing vir haar om haar roeping te vervul sodat sy haar beloning in die Hemel kan kry, waar Jesus op haar wag met die volgende woorde: “Welgedaan, goeie en getroue dienskneg.” 

BARBARA CLAASSEN is die outeur van Sleutels vir drome en The dream book. Sy is werksaam by The Well Dream Centre. Kontak haar gerus by cumi@mweb.co.za

DR. ELZA MEYER is stigter van Turn2God-bedieninge wat landwyd en internasionaal geloofsgemeenskappe oproep en toerus om hulle na God te wend. Kontak haar by elza@turn2god.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


VA STO N RI HO ES O P

FLAGS

’n Lewende voorbeeld van

Jesus se liefde aan die jeug

Rafeeq Hamsa

—Onderhoud met Living Hope

D

bendes betrokke geraak. Dit was regtig baie moeilike tye. My welms, bendes en rowery – dit is maar net ’n paar van die ouer broer het die Living Hope-namiddagklubs saam met my uitdagings waarmee die 20-jarige Rafeeq Hamsa in die susters bygewoon. Hulle het altyd by die gemeenskap van Capricorn, naby huis aangekom met dinge wat hulle daar Muizenberg in die Wes-Kaap, te doen gekry gemaak het – soos bekers met teksversies het. Die meeste van sy vriende het nooit daarop. Hulle het my ook altyd van die hulle skoolopleiding voltooi nie. Hy het in ’n Bybelverhaal vertel waarvan hulle daardie verdeelde gesin grootgeword – sy ma is ’n dag geleer het. My broer het my eendag toegewyde Christen en sy pa ’n toegewyde saamgenooi: “Dit is lekker by die klub en jy Moslem. Rafeeq het altyd verskeur gevoel kan uit die moeilikheid bly. Mamma sal dan en nie geweet watter kant toe nie. Sy ouer weet waar jy is.” broer het hom altyd oor hom ontferm en Rafeeq aangespoor om ’n goeie lewe te lei. Hy het Rafeeq genooi om saam met hom Waarvan het jy as kind en sy susters by een van die Living Hopeby die klub gehou? “Ek het nie geweet watter namiddagklubs aan te sluit. Dit het die koers My ma het altyd met ons oor Jesus gepraat pad om te volg, of waarvoor van Rafeeq se lewe verander. Hy het die en tot God gebid. By die klub het hulle ek moet lewe nie.” Living Hope Life Skills-programme gevolg ons dieselfde dinge as my ma geleer. en sy lewe aan Jesus oorgegee. Rafeeq werk Omdat my ouers elkeen hulle eie geloof nou as ’n lewensvaardigheidsopvoeder vir gehad het, was ek verward. Ek het ek nie Living Hope en help ander om ook ’n ontmoeting met Jesus te hê geweet watter pad ek moet volg nie. Tydens die Bybelsessies en hulle lewens aan Hom oor te gee. by Living Hope het die personeel die Bybel aan ons verduidelik en altyd video’s oor Jesus Christus gewys. By Living Hope het ek baie dinge waargeneem en geleer wat ek nie in die Islamitiese Vertel ons so ’n bietjie van jou kinderjare? godsdiens gesien het nie. Die mense by Living Hope het my Ek moes baie uitdagings in die Capricorn-gemeenskap liefgehad. Die vrywilligers wat daar gewerk het, het my soos te bowe kom. Baie van my vriende het dwelms gebruik en by XX JUIG! TYDSKRIF 42 JUIG! TYDSKRIF

V

V


FLAGS

Hierdie ‘Verhaal van hoop’ is in vennootskap met

MERGON FOUNDATION

As ek honger was, het hulle my altyd iets te ete gegee. Hulle was nooit onbeskof nie. Wanneer ander mense jou afbreek, bou hulle jou op. Ek het gevoel dat dit my huis is – deur dik en dun, goeie tye en slegte tye – hulle is my familie. hulle eie boetie behandel. Hulle het in my belanggestel en wou altyd weet: “Rafeeq, hoe was dit by die skool?” of “Hoe was orkesoefenning? Hoe was atletiek?” Hulle het my welkom en op my gemak laat voel. Hulle was altyd daar vir my, gewillig om te luister en met my te praat.

V

Party tieners raak verveeld met Christenskap en val terug – wat het jou by die klub laat bly?

Dit was lekker om daar te wees. Niemand het gevloek of baklei nie. Alles was ordelik. Die paar kere toe ek begin wegdryf het, het hulle my aangemoedig: “Kom terug klub toe; hou op om jou tyd te mors. Jy het ’n talent wat jy liewer hier kan ontwikkel.” Living Hope was die plek waar ek my hart kon uitpraat. Wanneer ek ’n probleem gehad het, het hulle met my gesels om uit te vind wat die oorsaak regtig is. Hulle het my gehelp om ’n antwoord uit die Bybel te kry wat my daarmee kon help. Ek het besef dat daar ’n Skrif vir elke probleem is! Daarom het ek aangehou om die klub by te woon. As daar soms niks kos by die huis was nie, het ek klub toe gegaan en hulle het my altyd iets te ete gegee. Hulle was nooit onbeskof teenoor enigiemand nie. Wanneer ander mense daar buite jou afbreek, bou hulle jou op. Ek het gevoel dat dit my huis is – deur dik en dun, goeie tye en slegte tye – hulle is my familie. 

LIVING HOPE bereik mense vir Christus deur hoop te bied en die wanhoop van armoede en siekte te verbreek. Besoek livinghope.co.za

Mergon is ’n private beleggingsgroep wat bestaan om ’n impak op lewens te maak en ander toe te rus om dit ook te doen.

mergon.co.za JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS REEKS

VRYHEID

Wie se definisie hang ons aan? Deel lll

—deur prof. Gerrie Bester

I

n die vorige artikel het ons gesien dat die Bybelse definisie van vryheid (de’ror in Hebreeus), niks te doen het daarmee om volgens jou eie wil te leef nie. Dit verwys eerder daarna om bevry te word van dít wat jou verhinder om in ware gehoorsaamheid aan die Koning van konings te lewe, Hom te aanbid en te dien. Miskien kan ons vir ’n oomblik terugstaan en na die Bybelse definisie kyk van wat dit beteken om níé vry te wees nie. Dit sal ons ’n beter begrip gee van wat ware, Bybelse vryheid behels.

Verstommende beeld

dui daarop dat ons geen genade van die mens moet verwag nie. Om jou hoop in ander mense se genade vir jou te stel, sal jou in die beperkende ruimte van hulle selfsugtige verwagtinge indwing. Dit sal jou bind. Die beeld brei egter ook verder uit. “La’chatz” is nie net beperk tot ander mense se verwagtinge van jou nie. Dit sluit ook jou eie hoë verwagtinge en standaarde in, wat jy vir jouself stel. Dit is daardie standaarde, buite die Woord van Abba Vader, wat jy vir jouself stel om aan te voldoen. Dit vernietig en bind jou. “La’chatz” skilder ’n prentjie waar ons die genade van God vertrap deur aan verwagtinge te probeer voldoen wat deur die mens – hetsy dié van ander mense, of ons eie – opgelê word.

Die prentjie wat die Hebreeuse taal skets, om te beskryf wat dit beteken om nie vry te wees nie, is verstommend. In Psalm 56:2 lees ons die volgende: “Wees my Ervaar ware vryheid Ons vertrap die genade genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat Volgens die definisie van ware Bybelse vryheid, van God deur te fokus op my beveg, verdruk my die hele dag.” word ons vrygemaak van slawerny aan die mens se verwagtinge. Die Hebreeuse woord wat as “verdruk” menslike verwagtinge, insluitend ons eie, om vertaal is, beskryf wat dit beteken “om nie vry God in vryheid in die wye, oop ruimte van Sy te wees nie”. Dit is die woord “la’chatz”, wat ’n genade te dien. Om die Woord van Abba Vader werkwoord is. Dit beskryf die daad om iets met mag en geweld in ’n – die waarheid wat ons vrymaak (Joh 8:32) – te verwerp, sal ons in die spasie in te dwing wat te klein is daarvoor, en dat die voorwerp dan in gevangenis van die mens se mening en sy definisie van sukses dompel. die proses beskadig word. ’n Voorbeeld hiervan word in Numeri 22:25 Dit veroorsaak verdeeldheid, wat ons van ware God-gedefinieerde aangetref. Daar lees ons van Bileam se donkie wat die Engel van die vryheid in Hom beroof. Here sien en haarself teen die muur vasdruk. In die proses word Bileam Ons moet weer toelaat dat die Woord van Abba Vader oor se voet ook teen die muur vasgedruk. Die Hebreeuse woord wat hier ons politieke menings, ekonomie, verwronge menseregtebeleid, as “druk” vertaal is, is die woord “la’chatz” – wat beteken om by ’n klein onderwysstelsel en elke ander arena in ons land was. Sodoende kan spasie ingedwing te word. ons ware vryheid smaak en Hom dien en aanbid soos waarvoor Hy ons geskape het.

Beelde uit die Woord In Hebreeus is die woord “chen” die teenoorgestelde van “la’chatz”. Eersgenoemde verwys na wye oop ruimtes , waar daar vryheid van beweging is. Is jy, dierbare skepping van Abba Vader, gereed om te hoor wat die vertaling van “chen”, is? Dit is die woord vir … genade! Kan jy sien dat ons Vader iets baie diep met hierdie beeld aan ons wil oordra? Die Hebreeuse konteks en betekenis van die woorde “la’chatz” en “chen” XX JUIG! TYDSKRIF 44 JUIG! TYDSKRIF

’n Valse definisie van vryheid Die vyand het ’n valse definisie van vryheid op ons afgedwing, naamlik dat vryheid die afwesigheid van reëls, wette en norme beteken. Hy het daarin geslaag om ’n valse prentjie te skets van God, wat ons fyn dophou sodat Hy ons dadelik kan straf – sodra ons net ’n voet verkeerd sit. Die leuen wat die vyand op ons probeer afdwing, is dat die blote


Volgens die definisie van ware Bybelse vryheid, word ons vrygemaak van slawerny aan menslike verwagtinge, insluitend ons eie, om God in vryheid in die wye, oop ruimte van Sy genade te dien.

FLAGS

PasGa 2020

Join us for a night that will change your life FOR THE GLORY OF GOD!

Ons nooi jou om vir hierdie fees by ons aan te sluit saam met ander wat vanoor die hele land in eenheid byeenkom. bestaan van Abba Vader ons vryheid beperk. Dit is egter nie die prentjie wat koning Dawid gesien het nie. Ons sien iets heeltemal anders in Psalm 119:45:

“Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd, en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.” (OV) “Ek sal in vryheid kan lewe, want ek soek u bevele.” (NLV) Dawid sê dat die rede waarom hy vry (“piq’ood”) is, is omdat hy die bevele van Abba Vader gehoorsaam. Die Hebreeuse woord vir bevele, “piq’ood”, beteken om ’n mandaat van God te ontvang. Dit beteken ook om deur die Vader se wette en bevele te regeer en beheer te word.

Die vyand het daarin geslaag om ’n valse prentjie van God te skets; die leuen is dat die blote bestaan van Abba Vader ons vryheid beperk. Die mandaat wat ons van Abba Vader ontvang, is in Sy instruksies opgesluit. Wanneer Hy jou ’n mandaat gee, belowe Hy om jou daarmee by te staan. Hy het vir Josua gesê dat dié wat hom in sy Godgegewe mandaat teenstaan, vir Josua soos brood sal wees, aangesien Hy die oorwinning oor die vyand sal verseker. Die voorvereiste is egter gehoorsaamheid aan die Vader se instruksies in Sy Woord. Dit is heeltemal die teenoorgestelde van die wêreld se definisie van vryheid, nie waar nie? Koning Dawid sê: “Ek het U bevele en wette gesoek Here, daarom wandel ek in vryheid.”

Hy sorg vir ons en verlos ons Hoewel Abba Vader beslis Sy oog oor ons hou, is dit om geheel en al ’n ander rede as wat die duiwel ons wil wysmaak. Abba is noulettend op ons, omdat Hy orde wil bring. Hy het Homself aangestel as die Een wat vir ons sorg, en ons verlos en bevry, sodat ons vir ewig by Hom kan wees. Dankie, Abba Vader. 

KOM GENIET ’N MAALTYD SAAM MET ONS AAN DIE VOETE VAN JESUS Wanneer:

8 Mei 2020 om 19h00 Besoek ons webtuiste vir nog besonderhede en om jou plek te bespreek!

TOEGANG IS GRATis roaringtruthministries.co.za info@roaringtruth.co.za

PROF. GERRIE BESTER PHD CA (SA) lei Roaring Truth Ministries. E-pos info@roaringtruth.co.za Hy is ook die dekaan van Emet Adacemy of Learning. Besoek emetgroup.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS LERING

Nie elkeen wat sê:

‘Here, Here,’ sal die Koninkryk binnegaan nie —deur Tyron Otto

D

it was ’n vreeslike ontstellende begin van my dag toe ek onlangs ontdek het dat my voertuigregistrasielisensie verval het. Wat nog meer kommerwekkend was, is dat ek die grasietydperk om dit te hernu, ook reeds ver oorskry het. Op daardie oomblik kon ek kies om dit te ignoreer, in die hoop dat daar geen gevolge sou wees nie, óf ek kon die regte ding doen om ernstige gevolge te vermy. Wanneer Jesus die laaste gedeelte van Sy Bergrede afsluit, wag daar ’n soortgelyke ontdekking op ons. Jesus gee ons in hierdie preek riglyne vir die tipe lewe wat ons toegang tot Sy Koninkryk sal verleen. Dit impliseer ook dat nie almal die Koninkryk sal binnegaan nie. Dit kan nogal kommerwekkend wees. Hoe kan ons seker wees dat ons toegang tot Sy Koninkryk gewaarborg is? Jesus sluit Sy Bergpredikasie af met vier scenario’s wat ons kan help om te onderskei of ons lewens toegang tot Sy Koninkryk sal regverdig.

XX JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF

1. DIE SMAL WEG: BESIN OOR DIE PAD WAAROP JY JOU BEVIND “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” – Matteus 7:13-14 Jesus sê dat ons nou op ’n pad is. Ons lewens is in een van twee rigtings op pad. Die metafoor is eenvoudig: Daar is ’n smal pad wat tot die lewe lei en min mense kry dit. Daar is ook ’n breë pad, wat lei tot die verderf en baie mense is op daardie pad.

Die vier lesse van die smal pad-metafoor Die metafoor het vier lesse. Die eerste een is dat die smal pad nie maklik is nie. Al is daar baie vreugde, vryheid en seën om Jesus te volg, behels dit steeds ’n toewyding wat beperkinge meebring. Daar is dinge wat ons onsself sal moet ontsê, dinge waarvoor ons “nee” sal moet sê. Dit sal soms baie moeilik wees om Jesus te volg. Tweedens is die smal pad nie gewild nie. Jesus het gewaarsku dat ons eensaamheid kan verwag wanneer ons Hom volg. Om Hom te volg, druis teen die kultuur om

ons in. Dit is waarna Petrus in 1 Petrus 4:4 verwys: “Nou vind die heidene dit vreemd dat julle nie langer met hierdie stroom van losbandigheid saamgaan nie, en hulle beswadder julle.” Die derde les is dat die nou pad die moeite werd is. Maar as ons op die pad wil bly, is dit noodsaaklik om die bestemming voor oë te hou. Daarom sê Paulus in Romeine 8:18: “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” Die vierde les is dat die smal pad die enigste manier is om ware lewe te vind en die pad van die verderf te vermy. Is dit nie tragies dat min mense besin oor die pad en die bestemming waarheen hulle op pad is nie? Jesus sê ons moet besin oor die pad waarop ons ons bevind. Is jy op die smal pad?

2. ‘JY SAL HULLE AAN HULLE VRUGTE KEN’: BESIN OOR DIE STEMME WAARNA JY LUISTER: “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ’n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan


FLAGS

Besin of jy Sy Koninkryk sal binnegaan. Dink oor die pad waarop jy jou bevind, die stemme waarna jy luister, die beweegredes agter jou gehoorsaamheid en die grondslag waarop jy jou lewe bou.

maniere waarvolgens ons vals profete kan identifiseer. Die eerste manier is dat hulle nie die smal pad verkondig nie. “Daar is niks in hulle prediking wat jou aanmoedig om arm van gees (afhanklik van God) te wees nie. Niks wat die gewete prikkel Hoe kan ons onderskei en mense tot God laat uitroep vir Sy wat is betroubaar? genade nie. Niks wat alle vorme van Toe ek in die bediening begin het, was godsdienstige skynheiligheid kritiseer preekvoorbereiding baie moeilik vir my. nie. Niks wat aanleiding gee tot ’n lewe Dit was voor die dae van YouTube, Google en ingeslteldheid van sulke en sosiale media. Ek was beperk tot geregtigheid dat die een slegs ’n paar Bybelkommentare. MAAR DIE of ander van vorm van Die seën van tegnologiese vervolging onvermydelik is vooruitgang is die rykdom POORT WAT NA nie. In sommige gevalle aan stemme waartoe ek, DIE LEWE LEI, IS NOU is dit selfs moontlik dat as pastoor, nou toegang EN DIE PAD DAARHEEN alles wat hierdie vals het. Tegnologie bied ’n SMAL, EN DIÉ WAT profete sê, waar is, maar rykdom van stemme. omdat hulle die lastige Almal van ons luister DIT KRY, IS MIN.” dele uitlaat, verkondig graag na dié wat ons glo – MATT 7:13-14 hulle nie die volle waarheid ons kennis oor God kan nie. En gevolglik is hul uitbrei. Die vraag is: Hoe kan boodskap vals.” ons onderskei of dít wat hulle sê, Tweedens stel Carson voor dat hulle nie betroubaar is? self die smal pad volg nie. Let op dat Jesus in hierdie gedeelte twee keer sê: dat ons Praat hulle oor die smal pad? hulle aan hulle vrugte sal ken. Die een of Jesus sê dit is veral moeilik omdat die ander tyd sal hulle lewenstyl hulle verraai en valse profete in skaapsklere na ons toe diskwalifiseer. kom. Dit wat die vals profete sê en doen, lyk so betroubaar. Met die bogenoemde teksgedeelte in gedagte, het die Kanadese Ons eindbestemming is in gevaar teoloog, D.A. Carson, gesê daar is twee Dink oor die implikasie van die vals profete tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.” – Matteus 7:15-20

se eindbestemming. Hulle sal “afgekap en in die vuur gegooi word”. Waarom is dit belangrik? Omdat dit nie net hulle eindbestemming wat op die spel is nie. Dit is ook ons eindbestemming wat in gedrang kom. As ons nie onderskeiding aan die dag lê nie, sal hulle ons weglei van die smal pad af wat na die lewe lei. Daarom moet ons baie oordeelkundig wees oor die stemme waarna ons luister. Praat die stemme waarna jy luister oor die smal pad en volg hulle die nou weg?

3. ‘EK HET JOU NOOIT GEKEN NIE’: BESIN OOR DIE MOTIEWE VAN JOU GEHOORSAAMHEID “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” – Matteus 7:21-23 Hierdie teksgedeelte is sekerlik een van die mees ontstellende tekste in die hele Skrif. Daar is verskeie belangrike waarnemings ten opsigte van dié wat deur die Here weggewys sal word. » JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 51


LERING FLAGS

Nie elkeen wat sê:

‘Here, Here,’ sal die Koninkryk binnegaan nie Gevaarlike misleiding Hy bedoel eerstens dat daar baie mense is wat verkeerdelik dink dat hulle Christene is.

Hulle lyk soos Christene Tweedens kan vals Christene presies soos ware Christene lyk. Nie net omdat hulle Jesus as God erken nie. Die herhaling “Here, Here” beteken dat hulle selfs lief vir Hom is. Hulle het ook ’n indrukwekkende bediening en dit lyk asof Jesus dit ook nie ontken nie.

Verbaas deur die verwerping

nie Jesus het hiermee bedoel dat ons ons saligheid deur gehoorsaamheid moet verdien nie. Ek glo eerder dat Jesus sê ons moet besin waarom ons aan die Vader gehoorsaam is. Lewe jy in gehoorsaamheid vir die lof van mense of uit liefde vir die Here?

4. DIE HUIS OP DIE ROTS: BESIN OOR DIE GRONDSLAG WAAROP JY BOU

“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met Derdens het die verwerping deur die Here ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou hulle heeltemal onkant sal vang. Die vraag: het. Die stortreën het geval, vloedwaters het “Het ons dan nie …?” weerspieël dat hulle afgekom, winde het teen daardie huis gewaai onder die wanindruk verkeer het dat hulle en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort gered was en nie Sy antwoord verwag het nie. nie, want die fondament was op rots. En elkeen wat hierdie woorde van My Geen eerstehandse kennis hoor en nie daarvolgens handel van Jesus nie “MAAR AS nie, kan vergelyk word met ‘n Hulle het vierdens nooit ONS OP DIE dwaas wat sy huis op sand eerstehandse kennis van PAD WIL BLY, IS DIT gebou het. Die stortreën Jesus gehad nie. Jesus sê het geval, vloedwaters het nie dat Hy hulle voorheen NOODSAAKLIK OM afgekom, winde het teen geken het, maar dat hulle DIE BESTEMMING daardie huis gewaai en toe weggedryf of terugVOOR OË daaraan geruk, en die huis geval het nie. Hy sê: “Ek het TE HOU. het ingestort en is heeltemal julle nooit geken nie.” verwoes.” – Matteus 7:24-27 In hierdie laaste scenario Jesus was nooit ten volle in verteenwoordig die twee huise twee beheer van hulle lewens nie verskillende lewens. Al twee het die woorde Die vyfde punt wat Jesus maak is dat Hy van Jesus gehoor, verstaan en aanvaar. Maar nooit ten volle in beheer van hulle lewens slegs een het gereageer deur dit toe te pas was nie, want Hy verwys na hulle as dié wat en sy lewe op die fondament van Jesus se wet oortree. Hy was in sommige aspekte die Woord gebou. Here in hulle lewens, maar Hy was nie die Here op elke terrein van hul lewe nie.

Wat is die beweegredes vir jou gehoorsaamheid? Net “hy wat die wil doen van my Vader”, sal toegang tot die Koninkryk kry. Ek glo XX JUIG! TYDSKRIF 52 JUIG! TYDSKRIF

Wat verteenwoordig die storm?

Die storm verteenwoordig aan die een kant omstandighede van die lewe wat alles wat ons oor die leringe van Jesus glo, sal toets. Aan die ander kant verteenwoordig die

storm ook God se finale oordeel. Dit sal die grondslag van ons lewens toets en blootlê. Elkeen van die scenario’s lig die sluier oor die oordeelsdag: • ’n Pad wat tot die verderf lei (v.13). • ’n Boom wat afgekap en in die vuur gegooi word (v.19). • ’n Dag waarop die Here baie mense persoonlik sal wegwys (v.23). • ’n Huis wat inmekaarstort (v.27).

Hoe weet ons dan of ons die Koninkryk sal binnegaan? Jesus het hiermee Sy prediking afgesluit. Dit beteken dat Hy Sy Bergpredikasie met ’n waarskuwing afsluit – die dreigende Oordeelsdag. Jesus sê ons moet besin oor die fondament waarop ons bou. Is jou geloof in Jesus voorwaardelik; hang dit van die omstandighede af?

Evalueer jou lewe voor Hom Matteus sluit die gedeelte af deur te sê: “Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig, want Hy het hulle geleer soos ’n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.” – Matteus 7:28-29 Ons moet Jesus se woorde so ter harte neem dat dit ons dwing om ons lewens in oënskou te neem. Ons moet elkeen besin daaroor of ons Sy Koninkryk sal binnegaan. Ons moet besin oor die pad waarop ons is, oor die stemme waarna ons luister, die motiewe van ons gehoorsaamheid en die grondslag waarop ons ons lewens bou. Wanneer ons dit doen, vertrou ek dat ons sal ontdek, soos Paulus sê: “dat ons wel die toets deurstaan het” (2 Kor 13:5-6). 

TYRON OTTO is verbonde aan die Somerset-Wes Baptiste Kerk. Besoek gerus swbc.co.za Kontak hom by office@swbc.co.za


FLAGS

1 Vir die koorleier. Van Dawid. ‘n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4 Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5 U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 6 Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. 7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 12 maar vir U is selfs die

duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. 13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. 14 Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: 15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. 16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. 17 Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! 18 As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê. 19 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars!

Waarom hoegenaamd bid as God dan, volgens Psalm 139, reeds alles vooruit beplan het? A.

Die psalmdigter het inderdaad gesê dat God ’n plan vir ons lewens het. Dawid verstaan egter ook dat ons dinge in die wiele kan ry. Hy bid opreg dat die Here sy hart moet deursoek en dít wat boos is, sal verwyder (v.23-24). Ons bid omdat die Here vir ons gesê het dat dít is hoe Hy kies om ín en deur ons te werk. Hy dwing ons nie. Ons kan kies om met Hom saam te werk omdat Hy Sy wil deur die Heilige Gees aan ons bekend maak. Ons sal nie ontvang as ons nie bid nie. “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie” – Jakobus 4:2. Soms vra ons, maar met verkeerde bybedoelings wat in stryd is met Sy wil – dus ontvang ons nie (lees vers 3). Daar is ’n goeie voorbeeld van hierdie waarheid in Esegiël 22:30-31. Israel was in die moeilikheid by die Here en Hy het gesoek na iemand om vir hulle te bid. “Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ’n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie” – Esegiël 22:29-31. As iemand vir hulle ingetree het, sou dinge anders verloop het. Dít is hoe noodsaaklik gebed is.

Bybelse antwoorde op moeilike vrae

VRA JOU VRAE E-pos jou vrae aan joyquestions@valwaldeck.com Help die intergeloofbenadering enigiemand enigsins? A. Die beste manier om met mense om te gaan wat Christus verwerp, is om Jesus se voorbeeld te volg. Hy het hulle nie oor die kole gehaal, beledig of Sy mening in hulle keel afgedruk nie. Hy het altyd dié wat opreg soekend is, nederig met respek en waardigheid behandel. Tog het Hy steeds die waarheid verkondig, sonder om kompromie aan te gaan. Die ryk, jong heerser was nie bereid om hom aan die Verlosser te onderwerp nie. Markus 10:17-31 noem dat die Here die jongman liefgehad het, maar Hy het hom toegelaat om sy eie besluit te neem. Dit sou tot sy ewige verlies lei, maar hy het duidelik verstaan dat Jesus die Here van alles moet wees, anders is Hy glad nie die Here in jou lewe nie. Geen intergeloofpraatjies het oor Jesus se lippe gekom nie. Hy het gehuil oor die Jode se besluit om Hom te verwerp. “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!” – Matteus 23:37. Hy het slegs harde woorde gehad vir dié wie se lewe nie

met hul praatjies ooreenstem nie (Matt 23).

As God in beheer is, waarom is daar dan soveel ellende en hartseer? A. God is nie die probleem nie; dit is die mensdom. Ons is na die beeld van God geskape, maar het afgedwaal (Gen 1:27, Jes 53:6). Adam se sonde het daartoe gelei dat die mens se hart “bedriegliker as enigiets anders” en verdorwe geword het (Jer 17: 9). Dit laat ons met ’n paar gewigtige keuses. Die Here het ons ’n vrye wil gegee om self ons pad te kies. Daarom is Josua se woorde so van toepassing: “Kies dan vandag wie julle wil dien …” – Josua 24:15. Slegte keuses het altyd nagevolge, nie net vir ons nie, maar ook vir dié op wie ons ’n invloed uitoefen. Die gevolge is ellende en hartseer. God, wat ons geskape het, het Sy handleiding (die Bybel) aan ons gegee. Wanneer Sy heilige beginsels verontagsaam word, lei dit altyd tot rampspoed en mislukking. “Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie” – Psalm 119:11. As ons kies om die Verlosser te volg, sal die kenmerke van Sy lewe (die vrug van die Gees) toenemend ook in ons lewe weerspieël word. Om God en ons naaste lief te hê, is die teenmiddel vir ellende en hartseer. 

Val Waldeck is ’n outeur, Kindle-uitgewerskonsultant en ’n Bybelleraar. Vir hulp met die skryf en bemarking van jou boek, besoek www.valwaldeck.com

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 53


FLAGS SAKE-ADVIES

CHRISTENSKAP IN DIE WERKPLEK

Werkgeleenthede, CV’s en LinkedIn —deur David Malherbe

O

ns leef in ’n tyd waar die herstrukturering van maatskappye aan die orde van die dag is. Dit beteken die aflegging van baie werkers. Mense wat dalk twintig of dertig jaar gelede laas werk gesoek het, moet nou skielik weer aansoek doen vir werk in ’n arbeidsmark wat baie anders lyk as tóé.

Pas aan by die tye Tegnologiese veranderinge oor die afgelope 25 jaar het tot groot veranderinge gelei in die wyse waarop ons ons werk doen. Die werksoekproses het ook by die nuwe tegnologies-gedrewe manier van doen aangepas. Daarom is dit nodig dat ons ook met die werksoekproses aanpas en die hedendaagse tegnologie tot ons voordeel benut. In Lukas 16:8 sê Jesus: “Die mense van hierdie wêreld tree onder mekaar slimmer op as die mense van die lig.” Ek glo dit is nodig dat daar eerder van ons as gelowiges gepraat sal word soos van “die Issaskarstam, die mense wat die tekens van die tye verstaan het en geweet het wat Israel te doen staan” (1 Kron 12:31).

Onderskei jou van die res Aangesien so baie mense hul werk verloor, bring dit mee dat besighede deesdae soveel meer werkaansoeke ontvang. Verder versoek die meeste werkgewers XX JUIG! TYDSKRIF 58 JUIG! TYDSKRIF

deesdae dat aansoeke per e-pos gestuur word. Dit veroorsaak dat al die aansoeke die werkgewer basies in dieselfde formaat bereik. Tog moet jy poog “to not only stand out, but to stand ‘way’ out” – soos Amerikaanse besigheidskrywer, Tom Peters skryf. Hoe doen ’n mens dit?

Prikkel die werkgewer se belangstelling Veronderstel ’n werkgewer kry 200 aansoeke vir ’n sekere pos, hoe moet jou aansoek en

Ons moet die tegnologie van die dag tot ons voordeel benut. CV lyk om tussen al daardie aansoeke uit te staan en die oog te vang? Onthou: Jy moet jouself as ’n produk bemark. Jy het net sowat 20 sekondes om jouself te verkoop. Dit is hoe lank dit ’n werkgewer neem om jou aansoek vinnig deur te kyk en dan te besluit of daar iets is wat uitstaan en hulle belangstelling prikkel om verder te lees.

Antwoord die belangrikste vraag Daarom moet jou CV die belangrikste feite só uiteensit dat die werkgewer ’n vinnige besluit daaroor kan neem. Dit is baie

belangrik om deeglik te besin oor dit wat jy nodig ag om by jou CV in te sluit. Wanneer ’n voornemende werkgewer na jou CV kyk, wil jy hê dat hy / sy aan jou moet dink as iemand wat die onderneming tyd en geld kan bespaar. Beantwoord jou CV die onderneming se belangrikste vraag: “Wat kan jy vir ons doen?”

Die nuwe werksoekproses Die beste praktyk t.o.v. die werksoekproses moes ook met die verloop van tyd aanpas. Die voor die hand liggende werkwyse was nog altyd om koerante of ander publikasies te raadpleeg vir poste wat geadverteer word. Tog is dit deesdae die laaste plek waar werkgewers na geskikte kandidate soek. Daar word baie meer poste gevul as dié wat geadverteer word. Daarom sal dit voordelig wees om jou aansoekproses aan te pas by die manier waarop werkgewers te werk gaan om potensiële werknemers te werf. * ’n Ander platform wat deesdae ’n groot rol in die arbeidsmark speel, is LinkedIn. Dit is tans een van die sosiale media platforms wat die vinnigste groei, met sowat 650 miljoen lede. LinkedIn is nie net voordelig vir persone wat werk soek nie. Dit is ook ’n uitstekende platform vir werkgewers wat werknemers met spesifieke vaardighede soek, besighede


FLAGS

wat diensverskaffers vir bepaalde projekte benodig of vryskutwerkers wat hul vaardighede wil bemark.

Is jou LinkedIn-profiel doeltreffend? LinkedIn is ’n baie doeltreffende platform in die arbeidsmark indien jou profiel reg opgestel word. Tog is minder as 5% van alle LinkedIn-profiele enigsins doeltreffend. Onthou dat sleutelwoorde (tag words), wat algemeen deur soekenjins gebruik word, ook kan bepaal of iemand jou op LinkedIn kan opspoor. Dit is dus van kardinale belang dat jou LinkedIn-profiel só opgestel word dat jy een van die 5% met ’n doeltreffende LinkedInprofiel sal wees. Sekere afdelings van ’n LinkedIn-profiel laat slegs ’n sekere aantal karakters toe en soekenjins soek slegs op spesifieke areas van jou profiel vir sleutelwoorde. Indien jou LinkedIn-profiel werklik effektief is, sal LinkedIn ’n All Stargradering op jou profiel aandui.

Die fyner besonderhede is nou uiters belangrik Wanneer die voorafgaande in ag geneem word, maak dit sin dat al hoe meer mense deesdae kundige advies inwin om hulle met die opstel van hul CV’s en LinkedInprofiele te help. Dit gaan beslis nie meer net oor jou kwalifikasies en wat jy kan doen nie. Die fyner besonderhede van hoe dit aangebied word, is nou belangriker as ooit. ’n Soekenjin gaan jou net “raaksien” as jy die regte woorde op die regte plekke ingetik

Hoe jou kwalifikasies aangebied word, is nou belangriker as ooit. het. Byvoorbeeld: ’n Werkgewer soek nie noodwendig ’n hoof uitvoerende bestuurder (CEO) nie, maar iemand wat ’n sekere werk kan doen.

Bied jouself die beste kans op sukses Salomo het gesê: “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen …” (Pred 9:10) en “… iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie” (Spr 22:29). Hy het egter ook gesê: “Verder het ek in hierdie wêreld gesien: dit is nie die vinnigstes wat die reisies wen nie, nie die sterkstes wat die oorlog wen nie, nie dié met wysheid wat kos het nie …” (Pred 9:11). Laat ons dus onsself die beste kans op sukses bied deur selfs in ons werksoekproses soos Daniël met “buitengewone bekwaamheid uit te blink bo ander…” (Dan 6:3). * Sou jy graag ’n uiteensetting van die beste werksoekproses wil bekom, stuur jou versoek na info@jedidiah.org.za  DAVID MALHERBE is ’n sake- en loopbaankonsultant, spreker en skrywer. Hy is ’n kenner ten opsigte van CV’s en LinkedIn. Hy bied ook die lewensveranderende kursus “Business by the Book / Besigheid volgens Bybelse Beginsels” vir Christen-sakelui aan en tree graag as spreker op. Besoek jedidiah.org.za

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

Woorde van

WYSHEID

Pastoor Gordon Claasen DISSIPELSKAP: 'N PERSOONLIKE VERANTWOORDELIKHEID �VERVOLG� “As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” – Matteus 16:24

O

m te beklemtoon dat dissipelskap ’n persoonlike verantwoordelikheid is, behels nie dat jy individualisties of onafhanklik is nie. Dit maak jou ook nie ’n alleenloper nie. Dit is nie net jy en God alleen nie. Só ’n ingesteldheid kan veroorsaak dat jy sê jy luister nét na God en geen ander prediker of leier nie. ’n Individualistiese ingesteldheid sal die konsep van dissipelskap verdraai. Persoonlike verantwoordelikheid maak ons eerder meer soos Christus. Sonder die begeerte en strewe om meer soos Christus te wees, bestaan Christenskap nie. Ons Christenskap sal vals en ongeldig wees en ’n korrupte vorm aanneem as ons nie die “self” neerlê nie. As ons nie al hoe meer soos Hy word nie, mislei ons onsself. Dan is ons verhouding met Christus bloot ’n illusie, ’n fantasie. Almal moet ons progressiewe groei en verandering kan waarneem. As ons byvoorbeeld ’n erediens bywoon waar ons tydens die aanbidding uitdrukking gee aan ons emosies, maar die byeenkoms onveranderd verlaat, is die kanse goed dat ons in valsheid vasgevang is. As jou lewensmaat, byvoorbeeld, kla dat jy ná ’n jarelange verhouding met Christus nog steeds ’n onplesierige, selfgesentreerde mens is, mislei jy jouself deur te glo dat jy Hom ten volle volg. Dit maak nie saak of jy elke oggend vyfuur opstaan vir gebed en jou Bybel daagliks lees nie – sulke dade kan bloot godsdienstig van aard wees. Die doel van dissipelskap is om ons meer soos Christus te maak.  PASTOOR GORDON CLAASEN is senior pastoor en stigter van Kingdom Reign Ministries. Hy bied byeenkomste aan om leiers met die Woord toe te rus. Kontak hom by info@kingdomreign.co.za of besoek kingdomreignministries.co.za

Pastoor Ron Kinnear STAAN OP!

S

“Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.” – Filippense 4:13

taan nog ’n keer op en word weer neergevel. Dit is die lot van ’n pasgebore kameelperdjie! By geboorte tref die kalfie die aarde ná ’n val van ongeveer een en ’n halwe tot twee meter. Die koei wag geduldig vir die nuweling om op te staan. Wanneer die pasgebore kameelperdjie uiteindelik orent kom en op al vier pote staan, word die kalfie telkens met ’n hou van die koei neergevel. Dit duur voort totdat die nuweling vyf of ses keer omgestamp is. Daar is aanvanklik geen vertroeteling nie. Dit is ook hoe baie mense hul lewe ervaar. Ek lees eendag dié woorde teen die muur van ’n motorhawe toe ek juis met ’n paar groot probleme worstel: “Cheer up! Things could be worse. So I cheered up and sure enough things got worse!" Daar is tye wanneer dit lyk asof daar geen oorwinning is nie. Die houe reën van oral neer. Mense wonder dan waar God is. Is Hy ’n God van liefde? Gee Hy om? Psalm 23 beskryf Hom as die goeie Herder, maar wat met hulle gebeur weerspreek dit oënskynlik! God het die instink in die kameelperdkoei geplaas om haar kalfie vir die lewe voor te berei. Elke keer wanneer hy moet spartel om weer op te staan, versterk die nuweling se spiere. Ná die vyfde of sesde keer is die kalfie gereed om saam met die koei te hardloop en enige gevare te trotseer – en dít sonder een druppel melk. Die Here stel belang in gelowiges wat in die oorwinning lewe. Derhalwe berei Hy ons vir die uitdagings voor wat ons sal teëkom. Elke keer wanneer ons opstaan, word ons vir die volgende oorwinning voorberei! Mag selfbejammering die hase pad kies! Staan op! Trotseer die uitdagings en lewe in die oorwinning! 

PASTOOR RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling en stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za XX JUIG! TYDSKRIF 60 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

Teken vandag in JY SAL

jou ma

DALK NIE VANJAAR

’n drukkie

KAN GEE NIE, MAAR JY KAN HAAR STEEDS

bederf!

Pastoor Rudi Briel MOET JOU NIE ONTSTEL NIE � GLO NET!

I

n tye van groot krisis, sê mense maklik: “Moet jou nie ontstel nie.” Markus 5 vertel van ’n man, Jaïrus, wat tyding ontvang het dat sy dogter gesterf het. In daardie groot krisisoomblik, sê Jesus dieselfde vir Jaïrus: “Moet jou nie ontstel nie. Glo net.”

Hoe kry ’n mens dit reg om jou nie te ontstel nie, en net te glo? 1. Bid: Die resultaat van gebed is innerlike vrede en kalmte. “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.” – Filippense 4:6-7 2. Beheer jou emosies: Spreek jou onrus of enige ander negatiewe emosies aan. “Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God!” – Psalm 43:5 3. Vestig jou gedagtes op dít wat positief is: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” – Filippense 4:8 4. Lees jou Bybel: In krisistye bewerk die Bybel geloof in harte. “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.” – Romeine 10:17

R320 VIR EEN JAAR

Gratis

BYBEL IN 'N NEUTEDOP met elke 2-jaar-intekening *Terwyl voorraad hou

Skandeer hierdie QR-kode met jou slimfoon om in te teken op JUIG! Tydskrif

subs@joymag.co.za

Nou moet jy net glo!  PASTOOR RUDI BRIEL is senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy program op Kruiskyk, Dinsdae om 9.30 vm. en Saterdae om 10 vm. Kontak hom gerus by admin@agscenturion.co.za

SMS ‘subs’ to 43366 joydigitalmag.com/subscribe

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

KANJA

roep uit na Jesus (Yesu)

FEBA wil ’n netwerk radiostasies oor die hele Sahara-Afrika vestig, wat die skeidslyn sal wees tussen Christelike Afrika in die Suide, en Moslem-Afrika in die Noorde. —deur Eva Pretorius

S

tel jouself voor: Jou kind word ontvoer en vir ’n terroristegroep

Sal jy help om die Goeie Nuus te versprei?

gewerf. Of, jy is ’n vrou wat pasgetroud is en jou man vertel jou

As daar ’n manier is om dié Goeie Nuus aan mense in afgesonderde

dat hy by die weermag aangesluit om teen ’n rebellegroep te

gebiede te verkondig sou jý, die leser, die roeping opneem en die Woord

gaan veg en dat jy vir maande daarna nie van hom sal hoor nie. Dit klink soos ’n toneel uit ’n Hollywood-fliek, maar vir talle mense is dit ’n werklikheid.

van God help versprei? Terwyl jy daaroor nadink … Daar is ’n vrou in so ’n gebied, Mali, wat na Jesus uitgeroep het. Sy sou Hom nooit leer ken het, as sy nie oor die

Terwyl die wêreldleiers in ’n massiewe magstryd gewikkel is, smag

radio van Hom gehoor het nie.

miljoene mans, vroue en kinders na niks anders as vrede nie. Ver in die noorde van Afrika, diep in die Arabiese gebied, lê Mali – ’n land waar

Kanja se verhaal

mense in vrees lewe en verdruk word. Al wat hulle begeer, is om in ’n

Kanja, ’n inwoner van Manantali in Mali, het uit desperaatheid na Jesus

veilige omgewing te woon waar hulle vir hul gesinne kan sorg en mekaar kan liefhê.

Jesus het gesag om te bevry, te genees en te versoen Jesus het gekom om die Koninkryk van God aan die rykes, sowel as die armes, aan misdadigers – asook aan godsdiensleiers te verkondig. Die gesag waarmee Hy die skares toegespreek het, het mense se denkwyses verander. Dit is ’n gesag wat die mag het om gevangenes vry te laat en siekes gesond te maak.

uitgeroep nadat haar seun die huis verlaat en hy na jare steeds vermis was.

Jesus het gekom om die Koninkryk van God aan die rykes, sowel as die armes, misdadigers – en aan godsdiensleiers te verkondig.

Kanja was bang dat haar seun se lewe in gevaar is nadat sy gehoor het dat mense uit die westelike dele van Afrika in Algerië vervolg, vermoor of gemartel word en daarna na hul tuislande gedeporteer word. Talle busse, vol jongmense wat deur die Algerynse owerhede gedeporteer is, het in Mali opgedaag. Kanja was so bekommerd dat sy nie meer kon slaap of eet nie. Uiteindelik het sy verneem dat haar seun,

Hy het gekom om vaders met hulle kinders, en

Mahan, soos duisende ander immigrante wat

kinders met hulle vaders te versoen.

op pad na Europa was, in Libië beland het. In dié oorloggeteisterde land word mense dikwels gedwing om by militante groepe aan te sluit. Met die nuus van haar seun se lot, het sy gevoel dat sy nie meer wil lewe nie. Dit is deel van die Mali-kultuur om ’n marabout (’n heilige Moslem-man) of fortuinverteller vir leiding te besoek. Tog het Kanja onthou wat sy oor die radio gehoor het – van iemand wat “Jesus” genoem word. “As Yesu (Jesus) regtig die ware God is, moet Hy my seun terugbring, waar ook al hy in die wêreld is sodat ek hom weer kan sien voordat ek sterf,” het sy gesê. Drie dae daarna het haar seun by hulle huis opgedaag. Kanja en haar hele gesin het hulle daarom sedertdien bekeer en Christene geword.

XX JUIG! TYDSKRIF 62 JUIG! TYDSKRIF


Jou poort om hoop FLAGS aan die onbereiktes te bring ALGERIË

LIBIË EGIPTE

SAHARAWOESTYN MALI

NIGER

TSJAD

Meer as die helfte van die wêreld, benodig steeds n radio om die Evangelie te hoor Koop ’n Degen DE-opwenradio wat met sonkrag werk teen R650 en ons sal die tweede radio of die geld aan iemand in een van ons FEBC-velde skenk waar mense min of geen blootstelling aan Christus het nie.

FEBA vorder goed in Mali

Help ons as FEBA-vennoot sodat hulle die Evangelie in hulle eie taal kan hoor!

Ons radiostasie in Mali, KanuYah FM, vorder goed. Ons span het reeds ’n paar luisteraarsklubs in die omgewing gestig en sal ’n opvolgbedieningspan toerus om die luisteraars met hul geestelike ontwikkeling te help.

Strategiese land Ons beskou Mali as ’n strategiese land vir die uitsaai van die Evangelie. Die land word as ’n teelaarde erken weens radikale en gewelddadige Islamitiese bewegings. KanuYah FM is die heel eerste stasie wat ons in

Stuur ’n e-pos of skakel ons om in te teken op ons maandelikse E-Nuusbrief en Gebedsfokus via e-pos.

R650

Noord-Afrika geplant het, gevolg deur ons nuwe stasie in Tsjad wat ons in Desember 2019 gestig het. Die stigting van hierdie stasies is deel van ons visie om ’n netwerk evangeliese radiostasies oor die hele Sahara-Afrika te vestig. Dit sal die skeidslyn tussen Christelike Afrika in die Suide, en Moslem-Afrika in die

Koop Een Radio = Skenk Een Radio

Noorde wees.

Help om die Evangelie in meer as 50 lande te verkondig Die Here gebruik FEBC / FEBA se radio- en mediabediening al meer as 75 jaar lank om die Evangelie aan die wêreld te verkondig. Deur plaaslike, etniese omroepers in meer as 50 lande en 135 tale te bemagtig, kan elkeen die uitsendings verstaan. Dit is moeilik om ’n radio-uitsending na ’n afgeleë, arm dorpie in ’n verre land te bring, maar deur ons organisasie is dit moontlik. As één radio ’n hele dorpie na Jesus kan bring, dink net wat jou bydrae kan verrig, as meer radio’s versprei kan word. Vir meer inligting oor ons bediening, besoek gerus ons webwerf www.febaradio.co.za of kontak ons by 012 335 5708. 

Bankbesonderhede: Standard Bank Gezina Takkode: 014 845 Rekeningnr: 20 10 84 77 5

ABSA Bank Ben Swartstraat Takkode: 632 005 Rekeningnr: 40 55 31 35 41

Kontak ons by info@febaradio.co.za of +27 12 335 5708 of skandeer die kode

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

XX JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

Vir Christene wat Jesus in die geheim volg, is Ramadan van die gevaarlikste tye van die jaar.

ʼn Geheime gelowige vanuit ’n Moslem-agtergrond

Talle geheime gelowiges ervaar intense swaarkry, isolasie en die ergste vervolging denkbaar gedurende hierdie tyd. Sluit van 24 April tot 24 Mei by Geopende Deure aan vir 30 dae van gebed vir die Moslem-wêreld, om saam te bid vir ons vervolgde familie en dat baie ander Christus sal vind.

Laai jou GRATIS gebedsgids oor Ramadan af en wees deel van die 30 dae van gebed. Jou gebede is kragtig!

Skandeer* om jou gebedsgids af te laai:

*Gebruik jou foon se kamera of ʼn QR-kode toepassing (app).

www.opendoors.org.za Open Doors South Africa

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS SAKE AKTUELE

Die Spesiale Beraad Moreletapark Gemeente

Wat is die pad vorentoe? I

—deur ds. Willem Badenhorst

grootste belang. Oor die afgelope paar jaar n talle gemeentes is daar groot ongelukkigword die Skrif heeltemal anders geïnterpreteer heid oor die rigting wat die NG Kerk tans as eeue te vore. inslaan betreffende die gesag en interpreVan die NG Kerk se leierskap betwyfel die tasie van die Skrif. Baie NG Kerk-lidmate getuig maagdelike geboorte van Jesus, die bestaan van die skade wat die 2019 Algemene Sinode van die duiwel, die fisieke opstanding, asook se besluit in hulle gemeentes tot gevolg het. die interpretasie van die Skrif oor die huwelik. (Tydens die Algemene Sinode verlede jaar is besluit dat daar ruimte gemaak word vir “selfdegeslagverhoudings en -verbintenisse” Berou voor die Here binne die NG Kerk en dat “teenoorstaande Die beraad het in ’n gees van liefde en sameSkrifbeskouing geakkommodeer sal word horigheid plaasgevind. Beraadgangers het ter wille van eenheid binne die NG Kerk.) Dit tydens een van die twee eredienste voor die het die kernprobleem, naamlik Skrifgesag en Here gekniel en as groep om vergifnis gevra -interpretasie tot op ’n punt gedryf. Heelwat vir die feit dat die kerk in die verlede die Woord gemeentes het lidmate van God bevragteken verloor en gemeentes, het. Talle mense se oë SKRIFGESAG EN SKRIFringe en selfs kollegas was vol trane en beraadINTERPRETASIE IS VAN DIE beleef onderlinge gangers het getuig van GROOTSTE BELANG. spanning en konflik. ’n belewenis met die Die Spesiale Beraad Heilige Gees. by Moreletapark Gemeente vroeër vanjaar, is deur ongeveer 500 mense van oor die Spesiale versoek hele land bygewoon. Dit het ten doel gehad Daar is gevra dat gemeentes by drie G’s om ’n veilige ruimte te skep waar leraars en moet begin: lidmate kon praat oor die probleme wat hulle • GEBED: Gemeentes is aangemoedig om met ondervind, sonder dat hulle as kerkskeurders, gebed in gebrokenheid en verootmoediging liefdeloos, beswaardes en verdagmakers afvoor die Here met die proses te begin. gemaak word. Verder is moontlike opsies wat • GELOOF: Glo dat God almagtig is en nuwe gemeentes en individue kan volg, uitgelig en lewe in Sy Kerk wil bewerk. Glo dat Hy jou bespreek. “Familie praat mos met mekaar om juis in hierdie spesifieke tyd en plek geroep oplossings te vind,” het ds. Pieter Badenhorst, het om as instrument in Sy Hand ’n draer van leraar van Moreletapark Gemeente, gesê. hoop te wees. • GEHOORSAAMHEID: Antwoord gehoorsaam op Sy roeping en laat jou geloof tot Skrifgesag en Skrifinterpretasie dade oorgaan (Jak 2:14-26). ter sprake Ons wou Skrifgesag en Skrifinterpretasie tydens die beraad uitklaar. Moreletapark Moontlike opsies Gemeente sê die Skrif is die hoogste gesag Tydens die beraad is verskillende opsies en die korrekte Skrifinterpretasie is van die uitgelig. Opsies wissel van niks doen, tot die XX JUIG! TYDSKRIF 70 JUIG! TYDSKRIF

NG


FLAGS

Institute of

Kerk

ISRAEL

Studies

10 – 22 May 2020 vorming van alternatiewe kerkverbande en netwerke. Van die ander moontlikhede onder bespreking was: 1. DOLEER: Met ander woorde, ’n gemeente kan treur oor die kerk as ’n geheel. Wanneer ’n mens seergekry het, of as jy iemand verloor het, huil jy. In die kerk noem ons dit, “doleer”. Baie van die gemeentes wat by die beraad verteenwoordig was, gaan nou moontlik doleer. Dit beteken die kerk is in ’n staat van trauma. 2. VERKLARING VAN ’N LEERGESKIL: Die Algemene Sinode word ingelig dat daar gemeentes en lidmate is wat nie tevrede is met die manier hoe dinge besluit en gedoen word nie. Veral nie hoe die Skrif hanteer en geïnterpreteer word nie. Dit word ’n “verklaring van ’n dispuut” of “verklaring van ’n leergeskil” genoem. 3. GESPREK: Onderlinge gemeentes en ringe voer gesprek met streeksinodes om te kyk hoe die saak opgelos kan word, “want familie praat dinge met mekaar uit”. 4. ARTIKEL 37: Indien hierdie kwessie nie opgelos kan word nie, kan daar volgens Artikel 37 van die Kerkorde “uit die verband onttrek” word. Dit

ONS BID ERNSTIG VIR GOD SE LEIDING IN DIE PAD VORENTOE. beteken bloot dat ’n streeksinode haar losmaak van die Algemene Sinode, hoewel daardie streeksinode steeds onder die NG Kerk se sambreel funksioneer.

Die pad vorentoe As ons terugkyk, het die beraad sy doel gedien. ’n Nuwe vlak van entoesiasme en opgewondenheid oor die toekoms is te bespeur. Pieter Breytenbach, die bedryfshoof van Moreletapark Gemeente, het tereg gesê: “Daar is hoop vir die toekoms.” Die positiewe eenheid en gesindheid van beraadgangers was merkbaar. Ons bid ernstig vir God se leiding op die pad vorentoe. Soli Deo Gloria. 

Jerusalem-based with a weekend in the beautiful Galilee. • Travel to Jerusalem • Learn from Christian and Jewish experts. • Gain in-depth knowledge, understanding, and handson experience.

The two-week intensive training seminar places your finger firmly on the pulse of Israel: its land, people, challenges, threats, culture, and unique role as chosen by God to fulfil His purposes and promises.

Israel is important! Contact Cecilia for more information about this unique opportunity.

021 975 1941

cecilia@bridgesforpeace.co.za

DS. WILLEM BADENHORST is die uitvoerende direkteur van mpa (Moreletapark Assosiasie) en deel van die leierskap van Moreletapark Gemeente. Kontak hom by willem.badenhorst@moreleta.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX

bridgesforpeace.com


FLAGS

XX JUIG! TYDSKRIF


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.