2 minute read

Onkunde lei amper tot peperduur lewensles

Die een leidraad wat Terreblanch en Menge ontvang het en wat tot die suksesvolle ontdekking van die groep gelei het, was dat die laaste verbintenis wat die groep met hul familie gehad het, was dat hulle by ‘n rivier is wat oor ‘n pad loop en hulle kan nie die rivier in vloed oorkruis nie.

Terreblanch het by die ouers een van die klimmers se sateliet ligging inteken-besonderhede gekry en so kon hulle kon vasstel waar was die laaste omgewing waar die groep hulle self bevind het. Die laaste sateliet lesing van hul ligging was Sondag (die 12de Februarie) om 17:30 by die Bergklub hut op Serala.

Advertisement

Deur middel van die lewensredders se wye netwerk van kontakpersone en organisasies kon hulle drie punte indentifiseer waar hulle moontik toegang verky het. Van die twee punte, New Agatha en by die Wolkberg kampterrein, is betaalpunte en mense moet registreer.

gebring, met hul 14 rugsakke inkluis.

Die vasgekeerde groep het die toue aan ‘n boom aan hulle kant vasgebind en die lewensredders het die tou aan hul voertuig gebind en styf getrek. Alhoewel hulle almal veilig en ongedeerd is, is hulle voertuie steeds vasgekeer anderkant die rivier en sal dit eers kan kry sodra die watervlak van die rivier aansienlik gedaal het.

Volgens Terreblanch en Menge is een van die groot foute wat die groep op hul avontuur tog gemaak het, hulle geen inligting van hulle planne en presiese ligging met enige een van hulle families gedeel nie, behalwe dat hulle in die Wolkberge gaan stap.

Tweedens het hulle ook nie daarop gelet om vooraf die weervoorspelling en waarskuwings van swaar reën oor die area na te gaan nie. En dit het grootliks hul verknorsing veroorsaak.

■ Roelof de Jonge

Op Maandag die 13de Februarie het die plaaslike en vrywillige lewensredders van Search and Rescue South Africa (SARZA), Louis Menge en kollega Ricardo Terreblanch, ‘n soektog geloods na 14 rotsklimmers wat oor die naweek in die Wolkberge vermis geraak het. Bulletin het eksklusief met Terreblanch gesels oor hoe die soektog van stapel gestuur is en hoe hulle uiteindelik die rotsklimmers opgespoor en na veiligheid gebring het.

“Ek het deur ‘n plaaslike vlieënier verneem van die 14 rotsklimmers van Gauteng wie oor die naweek in die Wolkberge vermis geraak het. Hierdie vlieënier het my na ‘n vlieënier in Gauteng verwys en hy het my na een van die vermiste rotsklimmers se ouers veerwys.”

Volgens Terreblanch het die ouers verbintenis met die groep verloor en hulle het geen idee waar die groep hulle in die Wolkberge bevind het nie, en die Wolkberg terrein is ongeveer ses honderd duisend hektaar groot. Dit is soos om ‘n naald in ‘n hoop hooimiet te probeer vind.

“Ongelukkig was die inligting waarvoor ons gehoop het dat hulle by hierdie twee punte sou aanmeld negatief. Ons het deur middel van programme wat ons gebruik asook Google kaarte gekyk waar al die moontlike riviere is wat hulle kon oorsteek om toegang tot die staproetes te kon verkry.”

Danksy ‘n stemboodskap op WhatsApp van een die lede wie met sy ouers kontak gemaak het, was dat hulle aanvanklik ‘n laagwaterbruggie op ‘n grondpad oorkruis het met hul voertuie na Serala Kamp toe en dat hulle nie kan terugkeer nie, want die rivier is in vloed en die laagwaterbruggie was onder die kolkende water verskuil.

Die rivier is deel van die Letaba Rivier wat in vloed was. Terreblanch het toe met Menge in verbinding getree en hom verwittig van die groep se omstandighede en verknorsing. Weens die geraas van die water moes die groep een van hul tweerigting radios met ‘n lyn oor die rivier gegooi om te kommunikeer. Die groep was toe met behulp van toue wat oor die rivier gespan is en met katrolle terug na veiligheid

This article is from: