
1 minute read
Hulle steel nou brandkrane
■ Joe Dreyer
Daar word nou brandkrane gesteel in Tzaneen en die inwoners van Wyk 15 naby Van Velden hospitaal sit nou al drie dae sonder enige water as gevolg hiervan. Die wyksraadslid vir die DA in hierdie area, Chrizelle Dreyer, het inligting vanaf die FF Plus se PR-raadslid, André Moss, ontvang dat daar ‘n volledige brandkraan uit die grond uit gesteel is in Eerstelaan.
Advertisement

Twee ander brandkrane is beskadig en het veroorsaak dat derduisende liters skoon drinkwater die lug inspuit. Dreyer het bevestig dat hierdie brandkrane nie met die spesiale slotte wat deur Sprayrite vervaardig is, gesluit was nie. Daar word vermoed dat hierdie vandalisme moontlik met die onwettige watertrokke verbind kan word.