Pan Macmillan Afrikaans Secondary School Brochure

Page 1

Lees vir genot!

Afrikaanse klasleesboeke

vir hoërskole

Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal leesboeke om lees in die klas aan te moedig en te bevorder.

Waldo en die draak met die groen tong

ISBN: 9781776250189

Graad 6–8 (Eerste Addisionele Taal)

Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur?

Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder avontuur en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle koste bewaar moet word …

Waldo en die meermin met die blou hare

ISBN: 9781776250288

Graad 6–8 (Eerste Addisionele Taal)

Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar?

En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg … ’n beskermengel, of iemand vir wie hulle moet ligloop?

Waldo en die weerwolf met die rooi tekkies

ISBN: 9781776250165

Graad 6–8 (Eerste Addisionele Taal) Wat sluip daar in die maanlig rond?

Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok … en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie!

’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur een wat jou sal laat tjank van lekkerkry!

2

Waldo en die vampier met die geel reënjas

ISBN: 9781776250301

Graad 6–8 (Eerste Addisionele Taal)

Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat vir Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy hê? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.

Oupa Zombie

ISBN: 9781776250042

Graad 6–9 (Eerste Addisionele Taal)

Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reisprogramme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS!

Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. Indien Alex hom van dr. Zuurman en die zombie polisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om Zambië en Egipte te sien!

• Ook beskikbaar as oudioboek (voorlesing deur Jaco Jacobs).

Die meisie met uitroeptekens in haar oë

ISBN: 9781776250387

Graad 6–8 (Huistaal)

Graad 7–9 (Eerste Addisionele Taal)

Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge, en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer.

Die verhale is soms romanties, soms snaaks, soms alledaags, soms buitengewoon … en die eindes is meestal gelukkig. Die bundel is ryk aan diversiteit en bied ’n verskeidenheid identiteite, karakters en agtergronde.

3

Die 3 van ons

ISBN: 9781776250325

Graad 7–8 (Eerste Addisionele Taal)

Jana wou nog altyd in haar oupa se voetspore volg. Hy was ’n fantastiese joernalis en hulle het ‘n liefde vir feite gedeel. Maar gedurende die eerste paar maande van haar graad-sewe-jaar ontdek sy feite wat baie verskil van dié in die boeke op haar rak. Tannie Kitta, wat Jana van kleins af versorg het terwyl haar ouers gewerk het, sterf aan kanker. Sy was Jana se vertroueling en mentor—die grootmens wat haar die heel beste verstaan het. Jana het skaars begin om haar “ander ma” se dood te verwerk, toe nuwe mense in tannie Kitta se huis intrek. Jana se beste vriendin, Azzlyn, val dadelik vir die oulike nuwe meisie se aweregse sjarme en kort voor lank voel Jana soos ’n buitestaander wanneer hulle drie saam is.

In hierdie vreemde tyd van nêrens-inpas-nie, vind Jana vertroosting in “ontdekkings” wat sy maak. Gewaarwordinge wat sy getrou aanteken met behulp van haar oupa se ou Remington-tikmasjien. Stadig maar seker begin sy deelneem instede daarvan om net ‘n toeskouer te wees. Sy ontdek ’n liefde vir skryf en fotografie, herstel haar vriendskap met Azzlyn en Jessie en saam beplan hulle ’n spesiale afskeid vir tannie Kitta. ’n Storie oor grootword, verlies, familie, maar bowenal, ’n storie oor vriendskap.

Teen die reëls

ISBN: 9781776251940

Graad 7–9 (Eerste Addisionele Taal)

“As my ma een doel voor oë gehad het, was dit om my verstand te bevry. My ma het soos ’n grootmens met my gepraat. Sy het gedurig vir my stories vertel, vir my lesse geleer, veral lesse uit die Bybel. Sy was mal oor Psalms. Ek moes elke dag Psalms lees. Sy het my agterna gepeper met vrae daaroor. ‘Wat beteken daardie gedeelte? Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy dit in jou lewe toepas?’ So het dit elke dag van my lewe gegaan. My ma het gedoen wat die skool nie kon doen nie. Sy het my geleer hoe om te dink.”

Trevor Noah het in Suid-Afrika grootgeword met ’n swart SuidAfrikaanse ma en ’n wit Switserse pa – in ’n tyd toe dit teen die wet was vir ’n kind van gemengde rasse om te bestaan. Maar Trevor het bestaan. In Teen die reëls vertel hy van sy grootwordjare. Die stories wat hy in dié boek vertel, sal jou laat lag, huil en jou vol verwondering en inspirasie laat, terwyl jy dié ondeunde seuntjie met sy vlymskerp brein en humorsin leer ken. Teen alle verwagtinge in, en danksy sy ma se onfeilbare liefde en geloof in hom, het Trevor hope struikelblokke oorkom om vir hom ’n belowende toekoms te skep.

4

As jy droom

ISBN: 9781776250363

Graad 7–8 (Huistaal)

Graad 8–9 (Eerste Addisionele Taal) Elke droom begin met ’n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ’n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kaïro aanpak. Hulle doel was om kinders in ander Afrika-lande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geïnspireer sou word.

Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Meganhulle uiteindelik op Kaïro-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ’n stywe druk gegee. ’n Paar dae later het ’n tevrede span die reis terug na Suid-Afrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy medevlieënier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanië het die droom in tragedie geëindig …

As jy droom is ’n storie van durf, deursettingsvermoë, hoop én hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem –as dit nie die waarheid was nie …

Toe ons oneindig was

ISBN: 9781776250240

Graad 8–10 (Huistaal)

Graad 9–11 (Eerste Addisionele Taal)

Kara Immelman se lewe is eintlik redelik uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Daar gebeur nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, maar sy en Eduard het groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan, want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls. Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal, is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis—die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.

5

KONTAKBESONDERHEDE:

Kliëntediens

Tel: 011 731 3300

E-pos: customerservices@macmillaneducation.co.za

Kilayne Pelser

Agentskap en Digitale Verkoopsbestuurder

Sel: 076 994 0985

E-pos: Kilayne.Pelser@macmillaneducation.co.za

Nicole Smith

Agentskap en Digitale Verkoopskonsultant

Sel: 082 944 6968

E-pos: Nicole.Smith@macmillaneducation.co.za

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.