29 minute read
Jy kan reken op Freight Innovations se vervoeroplossings
from ProAgri SA 248
by ProAgri
Die span van Freight Innovations, Leo Nompiyo, Robertha Jass and Ricardo De Freitas, lyk jonk, maar het geen gebrek aan ervaring nie.
Die Covid-19-inperking het ’n ernstige uitwerking op die bestuur van voorraadkettings gehad. Veral ondernemings wat staatmaak op die kostedoeltreffendheid van lae voorraadhouding en aflewerings wat net betyds of op bestelling geskied, is swaar getref. Invoere van Sjina het vir etlike maande stilgestaan en dit het selfs gevestigde Suid-Afrikaanse maatskappye in die grond in gedruk, veral in die promosiekleremark.
Advertisement
Gewoonlik beteken meer vragkapasiteit laer koste, maar in hierdie tyd het die omgekeerde gebeur.
Freight Innovations het egter daarin geslaag om dienslewering in die moeilike tyd te stabiliseer en vol te hou as gevolg van sy goed gevestigde internasionale netwerk, en die maatskappy kon daarin slaag om sy markaandeel in die oorgrenssegment te vergroot. Freight Innovations bied uiters mededingende vervoerpryse van Suid-Afrika na Namibië aan en die maatskappy se voetspoor strek oor al die SAOG-lande.
Kliënte sluit in vervaardigers van voertuigbybehore en -toerusting soos aluminiumkappies en sleepwaens, kaggels en selfs potplante.
Kwotasies vir internasionale lug- en seevervoer is ook beskikbaar en versekering kan op versoek ingesluit word. Kostes hang af van die grootte, gewig, kommoditeit en waarde. Freight Innovations het ’n oproepsentrum en ’n aanlyn-kitskwotasiestelsel wat vinnig antwoorde kan gee. Die internasionale koerierdiens is baie gewild vir die uitvoer van kleiner pakkies, as gevolg van die bekostigbaarheid, aanlynsporing en kitskwotasie-opsie.
Gereelde kliënte hou aan sake doen met Freight Innovations te danke aan die standhoudendheid en betroubaarheid van die dienslewering deur kundige personeel. Die jong span is dinamies en spog met ’n hoër vlak van toepaslike ondervinding as wat ’n mens op die oog af sou verwag.
Leo Nompiyo het sowat 20 jaar gelede as ’n junior assistent in die vervoerbedryf begin en sy loopbaan het ’n goeie hupstoot gekry toe hy as nagskofbestuurder aangestel is. In 2011 het Leo by die Freight Innovationsspan aangesluit en sy ondervinding is van onskatbare waarde vir sy posisie as operasionele toesighouer.
Ricardo de Freitas het in sy 35 lewensjare reeds 15 jaar ondervinding in die bedryf opgedoen. Hy het ’n rykdom van operasionele ondervinding in die nasionale pad- en lugvervoerbedryf. Hy verstaan vragte en hy kan enige krisis met gemak hanteer.
Twee jaar gelede het die jonge Robertha Jass by die span aangesluit en as gevolg van haar loopbaangerigte houding sommer vinnig opgang gemaak tot maatskappysekretaresse en rekeninge-assistent.
Freight Innovations het sedert sy ontstaan met rasse skrede gegroei, te danke aan die bestuur se oortuiging dat persoonlike, vinnige en doeltreffende diens die sleutel tot sukses is. Te oordeel aan die maatskappy se vordering oor die afgelope dekade, is die sakebeleid deeglik in die praktyk bewys.
Besoek Freight Innovations by www.freight-innovations.co.za en kliek op die rooi kitskwotasieblokkie om vinnig ’n prys te kry om enigiets te stuur.
Africa’s largest & leading gumboot specialists for 80 years
Wayne Safety started manufacturing gumboots an incredible 80 years ago, with Wayne Rubber producing rubber gumboots in KZN. This began a long tradition of manufacturing superior quality gumboots and serving workers right at the heart of industry. Today, Wayne is the largest and leading PVC (polyvinyl chloride) and PU (polyurethane) gumboot manufacturer in Africa. Since 1940, we have focused on what we do best – gumboots, and gumboots alone – allowing us to emerge as specialists in our field and pioneers in both innovation and quality. Wayne has become a firm favourite in some of the toughest industries. Miners have worn our iconic Egoli gumboot for almost 40 years, fondly referring to them as ‘mdala-scathu’ (mdala iscathulo), which loosely translates to “the old-timer shoes”, because they have stood the test of time. We were the first gumboot manufacturer in Africa to install our own PVC compounding plant which allowed for greater quality control and a quicker manufacturing process. In 2014, Wayne became the first (and proudly remains the only) PU gumboot manufacturer in Africa. Over the years, we have worked on reducing our carbon footprint in line with our objective of sustainability, and today we produce 35% of all our gumboots from recycled materials. Our Duralight 1 is well-recognised in agricultural sectors and incorporates a mix of virgin and recycled PVC that results in a superior, yet cost-effective, recycled gumboot upon which our customers can trust and rely. In 2015, we were the first to introduce a fully integrated metatarsal PVC gumboot that was EN20345-accredited to the market. Our gumboots are compliant with all safety standards and regulations, and are manufactured in an ISO 9001 accredited factory to ensure unrivalled quality. This has allowed us to compete with international brands and broaden our global footprint to over 40 countries worldwide. After 80 years of specialised gumboot manufacturing, innovation and technical achievement, Wayne remains a proudly South African company that supports and services the local economy, establishing ourselves as part of the history of our great country and continent. Today, Wayne is the number one choice in Africa for PVC and PU gumboots for applications ranging from mining and agriculture to food processing and hygiene.
See our full range at www. wayne-safety.com. For South African queries, please contact the office at 011-671-0200 or send and e-mail to info@bbfsafety. com. For export inquiries, please contact Tven Heyer at
+27 31-7100-408.
deur Du Preez de Villiers
Die streek rondom Middelburg in die Oos-Kaap is afgeleë, taai en droog, maar skape aard baie goed hier. Daarom bied dit ՚n gulde geleentheid vir skaapboere wat tradisioneel ekstensief boer om meer winsgewende roetes, soos voerkrale, te beproef. Andrew van Lingen van die plaas, Schoombee, het ՚n ruk gelede ՚n stewige voerkraal opgerig wat in piektyd 6 000 skape kan huisves. ՚n Voerkraal se sukses draai om die beskikbaarheid en stiptelike lewering van voer, sê hy, sodat die diere se metabolisme so min as moontlik versteur word. Enige ontwrigting beteken ՚n verlies aan gewigstoename wat tot verliese aan wins lei. Jy kan dus net op die beste toerusting staatmaak as jy so ՚n sensitiewe en ingewikkelde projek wil aanpak. Rumax was die aangewese keuse vir Andrew en hy het die hele projek aan Rumax oorgelaat. Hulle moes die graandam, afl aaikamer, silo, hamermeule, vervoerskroewe en mobiele voermenger lewer. Hierdie is die enigste voermengaanleg in die Oos-Kaap wat as ՚n eenmanoperasie geklassifi seer kan word. Die proses werk soos volg: ՚n Trok laai ruvoerbale in die voor-hamermeulkamer af, waar dit met ՚n awegaar in ՚n BD55-hamermeul ingevoer word om
gemaal te word. Die gemaalde ruvoer word dan in ՚n silo gevoer waar dit gereed is vir die fi nale mengproses. Die silo het ՚n bewegende vloer wat met elektriese motors en ՚n kettingband aangedryf word om die gemaalde ruvoer in die menger te voer. Langsaan is ՚n graandam wat enige graan vanuit ՚n trok kan ontvang. ՚n Awegaar onttrek die graan uit die dam na ՚n BD32-hamermeul waar dit gemaal
Rumax se 15 m3 voermenger beteken vooruitgang vir die Schoombeeboerdery buite Middelburg Oos Kaap.
word sodra die mengproses aan die gang gesit word. Rumax se trekkeraangedrewe voermenger van 15 kubieke meter is die laaste werktuig in die skakel. Eers word die voormengsel, daarna die ruvoer en dan die graan in hom gegooi. Hy sny, kerf en meng die grondstowwe tot die fi nale smaaklike produk met presies die regte tekstuur vir optimale verteerbaarheid. Die menger is op ՚n skaal gemonteer waarmee die toevoer van die komponenete baie akkuraat afgemeet word. Die menger lewer 3,5 ton per uur en sodra alles wat nodig is in sy bak is, val hy in die pad en ry al mengende na die voerkraal. ՚n Dubbele uitgooi-awegaar laai die voer, in die ry, dan fl ink en vinnig in die voerbakke af. Andrew is baie beïndruk met die resultate. Sy skape se gewig neem met gemiddeld 330 gram per dag toe, wat loshande sy verwagtinge oorskry het. Hy het Rumax bedank vir die vriendelike, kundige en behulpsame diens wat hulle lewer.
Skakel Jaco Pieters by 082-3353970 of 023-342-6070, of stuur ՚n e-pos aan jaco@rumax.co.za om meer oor Rumax te wete te kom.
Foods se produkte gebruik nie. Driehoek Voere is die nuutste toevoeging tot die RCL Foods-familie en Anton se buurman, Fielie du Toit, van Engelberg Boerdery het besluit om die volvoermengsel van Driehoek Voere, genaamd Kleinvee 15, in sy bokboerdery te gebruik. “Vir my behoeftes en bokgetalle is dit makliker om die volvoer te gebruik as om self te meng. Dit is minder moeite, en lewer goeie resultate,” vertel Fielie. RCL Foods bied RCL Foods bied “Kleinvee 15 is ՚n veelsydige voer wat ons kan gebruik om vir al die bokke te gee; van die lammers tot die ou ooie. die regte voer die regte voer Dit bied die regte voedingswaarde vir die diere en vergemaklik ook die bestuur aansienlik.” vir elke boer vir elke boer deur Jaco Cilliers Kleinvee 15 van Driehoek Voere gebruik mielies om die basis van die voerproduk te vorm. Die 15 in die naam staan vir die 15% proteïne wat die voer be-
Voer en wins is twee woorde wat ten vat. Die voer nouste saamloop in enige veeboer word verpil om se bedrywighede. Daarom kies boere vermorsing te die voer wat die beste by hulle be- voorkom. hoeftes – en ook by hulle sakke – pas. RCL Foods bied ՚n wye verskeidenheid Die voordele voersoorte waarmee enige veeboer net van die Kleinkan wen. vee 15 is Anton Bothma boer naby Vivo in die • Voorraad is Verre Noorde. Verskeie produkte van altyd beskik Molatek verseker groot sukses in sy baar. veeboerdery. Die vee op Anton se plaas • Dit is spesiaal sluit beeste, skape, boerbokke en Kala- geformuleer hari Red-bokke in. Anton meng sy eie om vir alle voer waarvan hy op die plaas verpil om ouderdomme vermorsing te voorkom. Die beesvoer kleinvee word aangevul met Molatek se Meester gevoer te 20, terwyl die skaap- en bokvoer met word. Molatek Bypass en Skaapvetmes aan- Fanie van Jaarsveld en Fielie du Toit (Engelberg Boer- • Daar is nie ՚n gevul word. dery) vertel hoe die Kleinvee 15-voer van Driehoek Voere gevaar van “Wat die grootste verskil maak, is die boerdery bestuur vergemaklik en sterk, gesonde asidose of suur dat Molatek se produkte deurgaans bokke verseker. pens wanneer dieselfde bly. Ander soorte voer wissel diere dalk te soms. Dit belemmer groei en kan veel daarvan dieregesondheid beïnvloed,” verduide- Anton Bothma Boerdery is alombe- vreet nie. lik Anton. Alle Molatek-produkte se kend in die boerbok- en Kalahari Die twee buurmanne vertel hoe RCL basis is suikerrietvesels. Dit lewer hoë Red-geledere aangesien die boerdery Foods en Fanie van Jaarsveld hulle energie aan die diere en sorg dat die al twee Nasionale kampioenramme bystaan met goeie raad wat hulle voerproduk eenvormig bly. geteel het. behoeftes betref. Goeie raad gekoppel “Ons gebruik met ՚n goeie gehalte produk gee RCL Molatek-voer- Foods die voorsprong bo mededingers. produkte al RCL Foods se produkte bied die regte vir meer as voeroplossing vir enige veeboer. Of die drie jaar en boer nou self meng en ՚n proteïenaanwas nog nooit vulling nodig het, of ՚n volvoer wil spyt nie. Daar gebruik wat hy vir sy hele kudde kan is altyd goeie voer, RCL Foods bied presies wat hy diens, genoeg nodig het. Buiten die goeie gehalte van voorraad en as hulle produkte, het hulle ook ՚n hele die rantsoen span tegniese adviseurs wat boere aangepas moet bystaan met die nodige kennis om die word, is Fanie beste rantsoene vir hulle kuddes uit te van Jaarsveld werk. altyd hier om te Rickus Bothma, Anton Bothma (Anton Bothma Boerdery) en Fanie van Jaarsveld (tegniese adviseur van RCL Foods in Limpopo) werk al meer as drie jaar saam om te sorg dat Anton se kampioen-bokkudde in top kondisie bly. help met goeie raad,” vertel Anton. Anton is nie die enigste boer in die gebied wat RCL Vir meer inligting, kontak Fanie van Jaarsveld by 082-325-5574 of die kantoor by 013-791-1036. Stuur ՚n e-pos na molatek@rclfoods.com of besoek die webwerf by www.molatek.co.za.
Die hantering van melkbeeste Deel 1: Die hantering van melkbeeste Deel 1: Ken en verstaan ’n melkkoei se siklusse
Vir so lank as wat koeie gemelk word, bestaan die kuns om koeie so te versorg dat hulle meer melk produseer, gesond en op hulle gemak is. Koeie pas maklik aan, maar sorg moet gedra word om hulle skoon, droog, koel en uit die modder te hou. Tydens hantering van die koeie moet geduld, reelmatigheid en sorgsaamheid oor hulle behoeftes aan die dag gelê word. Daar moet verder toegesien word dat koeie in ՚n omgewing leef waar die spanning wat hulle ondervind tot ՚n minimum beperk word. Elke koei het haar eie eienskappe, gewaarwordings en weerstand teen siektes wat haar melkproduksie beïnvloed. Dit is dus noodsaaklik om deeglike kennis van elke koei te hê ten einde ՚n suksesvolle melkery, verhoogde melkopbrengste en doeltreffende bestuur van die kudde moontlik te maak. Hoe groter die kennis van elke koei, hoe meer verstaanbaar word hulle optrede. Daarom kan dit nie oorbeklemtoon word hoe belangrik die funksie van die melkkoeihanteerder is nie. Hierdie mense moet ՚n aanvoeling, liefde vir en kennis van die koeie hê. Hulle optrede moet altyd onberispelik, kalm en in belang van die koeie wees. Wisseling van personeel moet tot ՚n minimum beperk word. Die aanpassing van die melkkoei by haar omgewing is net so belangrik vir melkproduksie as haar aanpassing by die kudde en die mens. Die loopgange, wagkraal, melkportaal, navoereenheid, behuising, krale of kampe is die omgewing waar sy leef en produseer. Al hierdie omgewingsfaktore is mensgemaak en dikwels ontstaan die vraag of die belange van die koei of die belange van die eienaar gedien word. In die volgende reeks gaan ons veral die klem plaas op die hantering en hanteringsgeriewe van melkbeeste, maar eers ՚n bietjie agtergrond oor koeie en hulle produksiesiklusse.
1. Kuddesamestelling
As algemene riglyn kan die volgende persentasies vir ՚n kuddesamestelling gebruik word: • Koeie in produksie - 45% • Droë koeie - 10% • Verse: Tien maande tot voor kalwing - 24% • Verse: Ses weke tot tien maande - 13% • Kalwers: Geboorte tot ses weke - 8%
2. Produksiesiklus
Die produksiesiklus of tussenkalwingsperiode (TKP) is die periode in ՚n koei se lewe tussen die geboorte van een kalf en haar volgende kalf. Die aanbevole doelwitte vir TKP is (Departement van Landbou, KwaZulu-Natal, 1995): • ՚n Gemiddelde tydperk van 365 dae. • Geen koei behoort ՚n TKP van korter as 330 dae te hê nie, 90% van 330 tot 400 dae en minder as 10% ՚n TKP van meer as 400 dae.
Die TKP word beter verstaan as dit opgedeel word in afsonderlike komponente, soos geïllustreer in Figuur 1.
Tussenkalwingsperiode
Laktasieperiode
Oop periode Dragtigheidsperiode Droë periode
Vrywillige wagperiode Teelperiode
Kalwing Konsepsie Opdroging Kalwing
Figuur 1: Diagrammatiese voorstelling van die periodes en gebeurtenisse in die tussenkalwingsperiode van ՚n melkkoei.
2.1. Laktasieperiode
Die tydperk vanaf kalwing totdat die koei opgedroog is, is die laktasieperiode en die periode waartydens die koei melk produseer. Die duur van hierdie periode is gewoonlik 300 tot 305 dae (43 weke) met grense van 265 tot 340 dae (38 tot 49 weke). Die tydperk van die laktasieperiode hang af van die oop periode en die produksievlak.
2.2. Oop periode (OP)
Dit is die tydperk vanaf kalwing tot herkonsepsie. Hierdie tydperk hang af van die vrywillige wagperiode en die teelperiode. Die duur van hierdie periode is gemiddeld 85 dae (12 weke) met grense van 45 tot 120 dae (sewe tot 17 weke).
2.3. Vrywillige wagperiode (VWP)
Dit is die minimum tyd wat die boer besluit om toe te laat tussen kalwing en die eerste dekking. Gewoonlik 45 tot 60 dae. Teling voor 60 dae (agt weke) na kalwing word gewoonlik nie aanbeveel nie. Indien die VWP wel minder as 60 dae is, moet dit ten minste nie minder as 45 dae wees nie, en die koeie moet skoon en vir die tweede keer op hitte wees.
2.4. Teelperiode (TP)
Die teelperiode is die oop periode minus die VWP (TP = OP - VWP), met ander woorde die tyd vanaf die einde van die VWP tot konsepsie. Die tydperk van hierdie periode hang af van die aantal dekkings per konsepsie en die aantal kere wat ՚n koei op hitte was.
2.5. Dragtigheidsperiode
Die tydperk vanaf konsepsie tot kalwing is die dragtigheidsperiode en duur gewoonlik 280 tot 285 dae. Dit wissel eff ens vir verskillende rasse en is ook afhanklik van die geslag van die kalf, maar vir praktiese doeleindes kan dit geneem word as 280 dae (40 weke).
2.6. Droë periode
Dit is die periode vanaf die einde van laktasie totdat die koei weer kalf. Dis gewoonlik 56 dae (doelwit is 45 tot 57 dae) bereken vanaf die konsepsiedatum, met ander woorde konsepsiedatum plus 224 dae gee die datum waarop die koei opgedroog moet word. Lae produseerders, koeie wat siek was of koeie met verlengde dekkings (oop periodes), kan moontlik onekonomiese lae vlakke van produksie bereik voor 56 dae van wanneer die volgende kalf verwag kan word, en het dus ՚n droë periode langer as 56 dae. Die lengte van die dragtigheidsperiode is ook wisselend van aard en mag dalk nie presies 280 dae wees nie, met die gevolg dat die lengte van die droë periode met ongeveer ՚n week wissel. Die droë periode is nodig om ՚n koei tyd toe te laat om haar liggaamsreserwes aan te vul, veral minerale wat uitgeput is tydens laktasie en ook om die uierweefsel kans te gee om ineen te draai en te vernuwe voor die volgende laktasie. ՚n Droë periode van minder as 45 dae sal ՚n nadelige uitwerking op die volgende laktasieperiode hê.
2.7. Voorkalwingsperiode
Sowat ses weke voor die verwagte kalwingsdatum, kan die koei bykomende voer ontvang om haar liggaamsreserwes aan te vul, om sodoende te verseker dat sy in ՚n goeie toestand is wanneer sy kalf (die koei moet nie oorgekondisioneer wees nie) en dat haar rumen mikro-organismes aangepas is vir kragvoer.
Volgende keer bespreek ons die verskillende melkbeesrasse en hulle eienskappe.
Met dank aan LNR-Landbouingenieurswese vir die gebruik van hulle Handleiding vir Melkbeeshantering. Besoek www.arc.agric.za.
Agri4all bied alles waarmee jy kan boer op een werf
Die wêreld het verander, en landbou is geen uitsondering nie. Boere moes vinnig aanpas by die vreemde omstandighede wat 2020 oorheers het. Skoue en veilings, wat gewoonlik groot byeenkomste was, moes skuif na aanlynplatforms om by die COVID-regulasies aan te pas.
Agri4all is ’n webblad wat reeds vanaf 2018 bestaan en wat boere die geleentheid bied om alle benodigdhede aan te koop, sonder om ’n tree by die plaashek uit te gee. Die blad word gerieflik in hoofafdelings ingedeel, naamlik toerusting, voertuie, lewendehawe, veilings, eiendom en ander. Dit omvat alles wat ’n boer nodig kan kry op een gerieflike soek-en-koop-platform wat deur ProAgri Media bestuur word. Die boer is die teikenmark en daarom word daar net produkte en dienste geadverteer wat op die boer van toepassing is. Jy hoef nie meer tyd te mors om deur bladsy na bladsy se prente te kyk terwyl jy eintlik op soek is na ’n sekere item nie. Die blad spog met die meeste landbougerigte advertensies teenoor soortgelyke platforms in Afrika. Agri4all bied aan adverteerders die beste waarde vir geld en bied aan die boer die grootste verskeidenheid en wydste keuse van produkte en dienste. Grense hoef jou ook glad nie in te perk nie. Agri4all strek oor landsgrense en bied produkte en dienste aan boere in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe. Daar word ook binnekort uitgebrei na ander Afrika-lande. Om binne ’n sekere land te soek na ’n produk of ’n diens is baie maklik. Die boer kies eenvoudig net die land waarin hy wil soek op die webwerf se tuisblad.
Wanneer Agri4all ’n nuwe land byvoeg, word al die landbou-organisasies, diensverskaffers en groot sake-ondernemings betrek om hulle produkte en dienste onder daardie land se afdelings te adverteer. Daar word dan ook ’n toegewyde sosialemediaveldtog geloods om te verseker dat die regte produkte by die regte teikenmark uitkom. Dit beteken dat die boer die produkte of dienste wat hy benodig direk op sy slimfoon kan kry. Enige navrae wat ’n boer dalk mag hê, kan hy doodeenvoudig op die sosialemediakommentaar plaas en die adverteerder sal met die boer in verbinding tree om al sy vrae te beantwoord. Die onderskeie platforms bereik elke maand sowat ses-miljoen boere en landbousake. Vervoermaatskappye word ook by die Agri4all-netwerk betrek, sodat die boer sy produk sonder moeite afgelewer kan kry, selfs al is dit oor landsgrense heen. Dit gee die boer ook die kans om verskillende prysberamings te kry en dan die een te kies wat die beste by sy sak pas.
Agri4all kan ook deur boere gebruik word om hulle plaasvars produkte te bemark, of om kopers te vind vir hulle kudde se genetika. Dit is ook die beste platform om tweedehandse toerusting en boeredienste te adverteer.
Agri4all verander die manier waardeur Jaco Cilliers op boere sake doen. Dit skep ’n veilige en verbruikersvriendelike handelsplatform waarop boere produkte en dienste kan bekom sonder om die plaas te verlaat. Die produkte op Agri4all word ondersteun deur die inligtingsartikels wat in die ProAgri-tydskrifte en die ProAgri-webblad, www.proagri.co.za, gepubliseer word. Die inligting wat op hierdie platforms gedeel word bemagtig die boer om ’n ingeligte besluit te neem voordat hy dalk ’n kat in die sak koop. Om die beste produkte teen die beste prys op die grootste platform in Afrika te kry, besoek gerus www.agri4all.com. Boere kan ook op die nuusbrief inteken om weekliks gratis nuus te ontvang. Stuur ’n e-pos aan nita@agri4all.com om die gratis nuusbrief te ontvang en op hoogte te bly van die nuutste produkte en dienste wat geadverteer word.
Om gebruik te maak van Agri4all se uitstekende bemarkingsgeleenthede, kontak Diane Grobler by 082-555-6866 of diane@proagri.co.za.
Boer volhoubaar sonder gif
Pest Vibes:
Tuinfeëtjie: Wellness: Aqua Struct: Auto Struct: Clear Pond:
R800 vir 40 m dekking R1 200 vir 200 m dekking R800 vir 40 m dekking R800 R1 200 vir 25 mm waterpyp R800 R800
Die goedkoop, gesonde alternatief vir gifstowwe
Kristaltegnologie is die mees gevorderde plaagbeheer in die wêreld, spesiespesifiek en omgewingsvriendelik. Die stompkopkewer is besig om te maai onder die bome in ons land, veral pekaneutbome word erg aangeval. Die klein kewertjie boor talle klein gaatjies, net sowat 3 mm in deursnee, sodat dit lyk asof ’n haelgeweer die boom getref het, vandaar dat hulle hom in Engels die shot hole borer noem. Die bome kan nog die gaatjies oorleef maar die kewertjies dra ook die fusarium-swam saam met hom, wat dodelik is vir enige boom. Gelukkig maak Agri Frequencies se kristalfrekwensies hierdie kewer en die swam dood, en dis goedkoop genoeg om dit voorkomend te behandel. Daar is ook ander kewersoorte wat die bome aanval, en hulle word ook deur die frekwensies gedood sonder om die res van die ekosisteem te benadeel. Kristalfrekwensies is onskadelik vir die mens en teiken spesifieke spesies, enige plek in die wêreld, sonder om ander spesies soos bye en roofinsekte aan te tas. Kristaltegnologie kan ingespan word vir ’n wye reeks toepassings soos die beheer van virusse, bakterieë, swamme, plant- en dieresiektes, insek en plaagdierbeheer soos rotte, voëls, ape en jakkalse en om alge te dood in damme.
Jan du Plessis / 082 429 4055 / info@agrifrequencies.com / www.agrifrequencies.com Instagram: crystalcures_1 en fb crystalcures1.
6 SWARTBERG ROAD | ALRODE | ALBERTON | 1451 010 5911230 | info@bestfence.co.za | www.bestfence.co.za FULL TURNKEY FENCING SOLUTIONS * PUBLIC WELCOME
Dis mos Diesel... Dis mos Diesel...
Brandvlei Verspreiders lewer hoë gehalte diesel, alle grade petrol en paraffien op u plaas in Gauteng en Noordwes af binne 36 uur na u bestelling ontvang is, vanaf Randfontein, Rustenburg, Brits, Klerksdorp en Levubu.
Ons vloot bestaan uit verskeie groottes afleweringstrokke, bestuur deur ’n bekwame span. Ons bedien die landbousektor, munisipaliteite, hospitale, logistiese ondernemings en individue.
Ons verskaf al die toerusting wat u nodig het vir brandstofhantering en tenks vanaf 2 200 tot 23 000 liter.
Ons streef daarna om ’n toonaangewende groothandelaar van skoon brandstof te wees en om voortdurend professionele en doeltreffende diens aan al ons kliënte te lewer teen die beste, bekostigbare pryse. Ons het bande met betroubare petroleumverskaffers in die bedryf en bou sterk en langdurige verhoudings op.
Ons glo sukses word slegs bereik deur eerlike sakepraktyke met harde werk en gehaltediens waarop ons trots kan wees. Ons belê in die opvoeding van die gemeenskap, ondersteun skole en skenk ook aan evangelisasie.
Brandvlei Verspreiders (Eiendoms) Beperk: Sedert 2007 in diens van ons gemeenskap.
Sarel Graaff Gauteng 082-892-9858
Frans van Tonder
Brits/Centurion/Pretoria
081-573-1647 Ian Wepener
Koster/Derby/Ventersdorp
061-421-4309
Neels Pretorius Klerksdorp/Bothaville 072-592-5301
Jasper Hewitt
Andries Bothma
Gauteng Tobie van den Heever
www.rotrixafrica.co.za
MEGANISASIEGIDS 2020
DIE GIDS BEVAT INLIGTING SOOS
• 31 trekker kW klasse van 30 kw tot meer as 400 kw • Werktempo en brandstofverbruik • Koste per uur of per hektaar • Koste van selfaangedrewe stropers, spuite & kuilvoerkerwers • Voorbeeld om koste van hooimaak en kuilvoer te bereken • Voorbeeld om by te bly by brandstofveranderings
PRYS R360 posgeld uitgesluit
Kontak Koos le Roux by koosleroux@livye.co.za of skakel 082-828-9531
The Khusela is an improvement to existing pit latrines that addresses the health and safety shortfalls and servicing problems, whilst ensuring that environmental and underground contamination can not occur.
Product benefits:
• Minimal odour Patented Rotating Bowl Coated with non-stick technolgy the • No facial exposure to the user • Children can’t fall in rotating bowl ensures that no foreign • Full benefit of storage capacity objects can be deposited into the pit • Waste is stored in bladder and and assists with odour control. pumped out when full
The Bladder
Highly durable and adaptable. Can contain up to 2 000 litres.
Tamper proof Service Hatch
Visit www.sanitech.co.za Call: Pfunzo 083-306-5756 | Cecilia 083-672-4453 PfunzoM@Sanitech.co.za | CeciliaN@Sanitech.co.za or 086-110-8642 for a branch nearest to you | Branches nationwide
Myburgh Toerusting PLANTPROMOSIE!!
Trekker forklift was R36 000+BTW NOU R30 000+BTW Enigste laaitoerusting waar 60 kW-trekker 1 ton-sakke optel
Bol-’n-vlieg R145 -BTW Organies Geen gif Min reuk Hou 4 jaar Ons haat vlieë Kontoere R120 000+BTW 85 kW Vastebalk Geen wiele Verhuring R1 150+BTW
More Effective New All Steel Design Quick & Easy to Install
It includes 5 cartridges and 5 meters of string. It must be securely mounted on a flat surface with screws provided and above the height of your pets. When the intruder walks through the string it triggers a pin which fires a shot . Can be heard at least 50 m away.
• Installed in 10 minutes • Armed/Disarmed in seconds • This device is designed to alert residents and scare intruders • When activated the unit will go off with a loud explosion • Stops crime without violence • Weatherproof – Will not fail in wet weather • Flexible design- can be used to protect any opening • Device can be re-used indefinitely • Affordable means of protection.
USES
Doorways Gateways Carports Poultry/pig houses Stables Passages Lanes Camp sites
Can be used for game and monkeys. Also prevents stealing of solar panels, pumps and pivots. Discount on 10 units or more.
We are based in Benoni.
Dave Mason 083-611-2857 info@bangalert.co.za
’n Gevestigde maatskappy beskik oor beroepsgeleenthede in die Vryburg-omgewing: PLAASBESTUURDER
Naskoolse kwalifikasie in landbou. 5 jaar ondervinding in uitgebreide boerdery-onderneming. Basiese tegniese vaardighede. Goeie handhawing van menslike verhoudings. Rekenaarvaardig. Kostedoeltreffende bestuur van die plaas wat insluit voerkraalbestuur en daaglikse Bonsmara versorging. Suksesvolle kandidate moet beskik oor bewese ondervinding in beesboerdery, Bonsmara-stoetery, voerkraalvoeding en veldbestuur. Markverwante salaris en voordele.
OORHOOFSE PLAASBESTUURDER
Toepaslike landbou graad. 10-15 Jaar ondervinding in uitgebreide boerdery-onderneming. Goeie handhawing van menslike verhoudings. Rekenaarvaardig. Verantwoordelik om in ondersteunende en raadgewende hoedanigheid op te tree, sodoende toe te sien dat plase suksesvol bestuur en beheer word. Suksesvolle kandidate moet beskik oor bewese ondervinding in bestuur van beesboerdery, Bonsmara-stoetery, voerkraalvoeding en veldbestuur. Markverwante salaris en voordele.