36 minute read
John Deere: Kies die regte plan vir jou presisieboerdery
from ProAgri SA 248
by ProAgri
Kies die regte plan vir jou presisieboerdery deur Jaco Cilliers
Jaco Minnaar verduidelik hoe presisieboerderymetodes oor die afgelope 20 jaar ontwikkel het.
Advertisement
Drastiese veranderinge het boerdery, en veral gewasproduksiemetodes, oor die afgelope twintig jaar gekenmerk. Die resep bly steeds dieselfde. Die boer moet grond, saad, bemesting, sonlig en vog gebruik om graan te produseer, maar die bestuur van elk van hierdie afdelings van die proses het aansienlik verander. Jaco Minnaar van die plaas Uitsny in die Hennenman-distrik vertel meer oor sy ervaring van presisieboerdery. Hy boer al vanaf 1999 en vertel hoe die boerdery oor die afgelope twintig jaar meer wetenskaplik geword het. “Waar ons in die verlede die plaas as ՚n geheel hanteer het en die saad en bemesting eenvormig toegedien het, het ons ontwikkel tot ՚n vlak waar ons vandag die plaas in stukkies van amper een vierkante meter opdeel. Op hierdie manier kan bemesting so toegedien word dat dit aan die spesifieke behoeftes van daardie stukkie grond voldoen,” verduidelik Jaco. Dit beteken dat niks gemors word nie, maar ook dat geen plant hongerly nie. Om hierdie vlak van wetenskaplikheid te bereik, gebeur egter nie oornag nie. Jaco vertel verder dat hulle agtergekom het hoe wisselvallig die grondtoestande op dieselfde plaas kan wees en het begin om die lande in groot blokke in te deel wat elkeen dan bemes is volgens daardie stuk grond se behoeftes. Soos wat die tegnologie in veral presisieboerdery verbeter het, kon hulle die boerderypraktyk al hoe verder verfyn totdat hulle vandag elke vierkante meter volgens sy eie behoeftes kan bemes en beplant. Die insameling, ordening en vertolking van inligting is onontbeerlik, sê Jaco: “As jy meet kan jy weet hoe om te reageer en ingeligte besluite neem." Dit is nodig om die regte kundiges te raadpleeg met die inligting wat jy ingesamel het. “Dit help niks om met hope inligting te sit en nie te weet wat om daarmee te doen nie. Kundiges help om die regte afleidings te maak en besluite te neem,” vertel Jaco. Jaco glo ook om eenvormigheid in sy toerusting te hê en daarom word al sy trekkers en werktuie deur John Deere verskaf. Dit word immers al hoe belangriker dat jou slim-trekker en jou slim-planter met mekaar moet kan “praat”. Behalwe vir die kommunikasie tussen die verskillende werktuie, vergemaklik dit ook die plaas se arbeidsbestuur volgens Jaco. “Die werkers moet ewe gemaklik in die trekkers as in die stroper of die selfloopspuit wees. Omdat alles John Deere is, lyk alles binne die kajuit dieselfde en werk op dieselfde manier,” sê Jaco.
Voorspel foute betyds
Die tegnologie wat John Deere se werktuie inspan, dra nie net by tot makliker bewerking nie, maar kan ook produksieverlies weens meganiese probleme en staantyd verminder. Jaco vertel dat een van sy trekkers foutkodes vir die werktuigkundiges gestuur het om te laat weet dat een van die onderdele binne twee weke sou oppak. Die werktuigkundiges het Jaco gebel en
Die inligting wat deur die werktuie ingesamel word help die boer om beter besluite vir sy boerdery te neem.
gevra of hulle solank die onderdeel kan bestel. Twee weke later het dit toe wel onklaar geraak en die werktuigkundiges was daar met die regte onderdeel om die trekker te herstel. “As ek eers die onderdeel moes bestel toe die trekker gaan staan het, sou ek vir twee weke nie verder met hom kon werk nie. Op hierdie manier het die trekker ՚n paar uur gestaan in plaas van ՚n paar weke,” vertel Jaco. John Deere speel ՚n groter rol as die blote verskaffing van meganiese toerusting in Jaco se boerdery. “Dit is belangrik dat John Deere se kenners saam met my die werkers oplei wat die werktuie bestuur, sodat hulle kan verstaan wat hulle doen en watter invloed ՚n verkeerde besluit kan hê,” sê Jaco. Suid-Afrika se boere besef dat hulle met die res van die wêreld meeding en dat hulle op die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling in landbou moet bly. Die tegnologie word ontwikkel om boerdery op drie vlakke te verbeter. Dit moet die bestuur van die boerdery vergemaklik, produksie verhoog en doeltreffendheid verbeter. Hiermee staan John Deere rotsvas agter elke boer.
Gaan praat met jou naaste John Deere-handelaar oor hoe presisieboerdery jou plaas kan bevoordeel.
Artikel verskaf
Bemarkingstrategieë na oestyd speel ‛n instrumentele rol in die optimalisering van graanboere se oes. Die strategie verskaf aan produsente die opsie om hulle graan op ’n later stadium te kan bemark, veral wanneer mikro- en makrofaktore moontlik tot hoër pryse kan lei. ‛n Doeltreffende graanbemarkingstrategie is noodsaaklik om oeste, veral die oes wat nie onmiddellik verkoop word nie, te verskans om die produsente te help om hulle graanprys beter te bestuur. “Graanhandelaars soos Rand Agri streef daarna om jaarop-jaar beter strategieë in werking te stel en jaarliks beter premies aan ons produsente te kan bied, deurdat ons hulle oeste direk aan die eindverbruiker verkoop,” sê Christoph Grey, direkteur, Rand Agri.
Christoph lig verder uit dat raadgewing rakende seisoenkontrakte, risiko- en prysbestuur asook kennis van graanmarkte bydraende faktore is, en van kardinale belang vir ingeligte besluitneming tydens die opstel van ‛n bemarkingstrategie, hetsy deur die produsent self, of ‛n graanhandelaar
soos Rand Agri. Kennis van markte, weerpatrone, in- en uitvoerpariteite asook aanplantingspatrone, oestoestande en oesvooruitsigte wat strek oor kontinentale en interkontinentale grense is aanvullende inligting wat ‛n rol speel in die bepaling van die beste oesbeskermingstrategie.
Tipiese drywers wat graanpryse beïnvloed sluit die volgende in:
Weerpatrone in Suidelike Afrika, maar ook oor ander meer belangrike produserende lande soos die VSA, Sjina en Brasilië. Wisselkoersskommelinge waaraan Suid- en Suidelike Afrika meer uitgelewer is as ontwikkelde lande. Verbruikerspatrone wat voortspruit uit huishoudelike voedsel-, voer- en nywerheidsmarkte en wat verbruikersvoorkeure en die veranderende behoeftes van eindverbruikers insluit. Beskikbare voorraad wat wissel na gelang van jaarlikse produksie.
Mikro- en makrofaktore beïnvloed plaaslike markpryse
Ander makro-ekonomiese faktore soos die internasionale ekonomie, die olieprys wat meestal vervoerkostes bepaal, politieke besluite soos die handelsoorlog tussen die VSA en sy grootste verbruiker, Sjina, is meestal die hoofdrywers van pryse en gewoonlik onvoorspelbaar.
Beplanning van ’n oesbemarkingstrategie
‛n Doeltreffende oesbemarkingstrategie begin deur die produsent se insetkoste, langtermyn-gemiddeldeopbrengs (LGO), en daaglikse markprysbewegings in ag te neem.
Die uitkoms van die strategie lei tot ‛n voorgestelde prysbestuur- of verskansingskontrak opgestel deur ‛n graanhandelaar, gegrond op navorsing en die gevolgtrekkings gemaak uit bogenoemde inligting. Volgens Christoph is dit van deurslaggewende belang dat die produsent teen winsgewende vlakke bemark en van geleenthede gebruik maak om minimumpryse in plek te sit om sy risiko te beperk.
Opsomming
Wanneer ‛n na-oesbemarkingstrategie ontwikkel word, moet die doelwit wees om ‛n gemiddelde en selfs bo-gemiddelde markprys gedurende die seisoen te verkry. “Die beste tyd om ‛n oes te verkoop, is gewoonlik wanneer die mark op invoerpariteit is, met ander woorde wanneer die SAFEX-prys in vergelyking met internasionale graanpryse die hoogste is. Graanhandelaars soos Rand Agri bied goeie advies rondom opsiekontrakte en die bestuur daarvan,” sê Christoph.
Prysbestuur is natuurlik slegs een komponent van bemarking. Goeie diens en administrasie van kontrakte, tydige betalings en die sekerheid daarvan is waarskynlik die belangrikste aspekte.
Ongeag of u ’n produsent of verwerker van graan is, u sal baat vind by die gehalte diens wat Rand Agri u kan bied. Kontak Rand Agri gerus by +27 (0)13243-1166 of stuur ’n e-pos na info@randagri.co.za om met een van ons handelaars oor ’n oesbemarkingstrategie te praat. Besoek www.randagri.co.za vir meer inligting.
Hino partners with Standard Bank in new after-sales offering
Pieter Klerck is the General Manager at Hino South Africa. He aims to enhance the Hino ownership experience for South African clients through improved service and maintenance plans.
Hino South Africa has established a partnership with Standard Bank Fleet Management to provide comprehensive, price-competitive, and cost-eff ective service and maintenance plans for its truck customers. The two partners have been developing their relationship since 2018 and the results are the new programmes now being off ered to buyers of new Hino trucks. “We, at Hino South Africa, are continuously looking at ways in which we can enhance the ownership experience for our customers, in line with Hino Motors Limited’s international strategy of Total Support for the operators of our products,” explained Pieter Klerck, General Manager Hino SA. “We fi rst re-evaluated our pre-2018 service and maintenance programmes. Next, we conducted extensive investigations into the after-sales product off erings of our competitors and the expectations of our customers to ensure we ticked all the boxes with our new products. We believe that Standard Bank Fleet, which is a digitally driven organisation, is the ideal partner for Hino,” added Pieter. “Standard Bank Fleet has implemented a digital business platform that allows for signifi cant customer and operational customisation and fl exibility, with signifi cant technological investment having taken place in the preceding three years,” explained Head of OEM and Alliances Linda Khambule. “This allows for the introduction of innovative new services and solutions to cater for our clients' evolving needs in these times of change.” Together both Hino and Standard Bank Fleet will provide the type of customer service needed to raise the bar in terms of service and maintenance plans in the South African trucking industry. “The importance of effi cient cost control is even more important nowadays as the hard-hit transport industry recovers from the eff ects of the COVID-19 pandemic. We believe our service and maintenance plans, together with the reliability, durability and competitive life costs of our vehicles will further enhance the appeal of the Hino product range in South Africa,” said Pieter. The partners say an important factor in developing these new programs was to make them user friendly in all aspects, from preparing quotes and contracts to settling claims. “For instance, the programmes can be bought up front by a customer and fi nanced with the truck, or they can be based on a cost per kilometre covered each month. Another option is that the customer can be billed for average distance covered, with the programmes being restructured if the distance is less or greater than the expected average,” explained Linda Khambule. “Customers can also choose to negotiate the length of the contract in terms of either time (up to a maximum of 60 months) or a kilometre limit depending on the type of Hino truck being used,” Linda added. The new Hino programmes are all digitally managed in real-time. This includes the standard fi tment of telematics to all participating trucks, with the benefi ts of monthly reporting and analytics on the vehicle and driver behaviour as well as vehicle tracking. Standard Bank works with all the major tracking companies and the system can interact with all telematics solutions.
Customers can make use of any franchised Hino dealer in South Africa and will have the peace of mind of knowing that only genuine parts will be fi tted and that the work is undertaken by qualifi ed technicians. “From Hino’s side the new service and maintenance systems are fully integrated into the Toyota-One portal which connects our dealers and the Hino head offi ce, making the operation seamless,” said Pieter. Both Hino and Standard Bank Fleet Management have dedicated people working on the service and maintenance plans, while the bank’s technical team in its call centre have workbench experience and Hino truck knowledge so they can make decisions when queries arise, such as brake linings wearing out before the end of expected life. “Currently the programmes are available to buyers of new Hino trucks in South Africa and are being rolled out into neighbouring countries within the next few months. There are plans to extend the off ering in the future to include used Hino trucks with a full-service history and will subsequently lead to a Hino-backed buy-back programme,” said Pieter. “Our main aim is to further enhance the Hino ownership experience in South Africa and these service and maintenance plans will go a long way to cementing the bond that already exists between Hino and its customers,” concluded the General Manager Hino SA.
Maak die beste van jou beperkte hulpbronne met
Agrico
deur Du Preez de Villiers
՚n Groot watertekort het Beerseun Boerdery buite Tzaneen tot ՚n jaar vat lank om te herstel indien die watervlak te laag afgetrek word. Agrico moes gelede aan bande gelê, tot hulle die saam met Rynier ՚n plan beraam om beste tegnologie en toerusting inge- die beperkte water die beste te benut, span het om die water wat hulle wel sonder om hulle pompe of die boorgat het ten beste te benut. Vandag plant te beskadig. Hulle het ՚n baie vernuftige hulle suikermielies, groenbone, pam- stelsel aangekoop wat die pomp afskakel poene, eiervrug, verskillende kultivars sodra die watervlak in die boorgat te rissies, papajas, koejawels, makada- laag raak. Later skakel dit weer outomamianeute, sitrus en vye. ties die pomp aan sodra dit weer veilig Hulle lewer hoofsaaklik aan die is, sodat die pomp nooit droog loop en kleinhandelmark soos Freshmark, daardeur beskadig word nie. Woolworths en Pick n Pay en sal hulle Die spilpunte en drupbesproeiing het oorskot produkte mark toe stuur. Vir verskillende en bepaalde dienspunte Woolworths en Pick n Pay, verpak hulle wat druk en vloei betref. Die pomp se op die plaas en plak selfs die etikette lewering word met behulp van veranderop vir ՚n spesiale aanbod wat op pad is! likefrekwensie-aandrywing daarvoor Beerseun stap al vir 16 jaar ՚n pad aangepas. So is die besproeiing altyd met Agrico en op die plaas is daar dus doeltreffend en vermors hulle ook nie net Agrico-stelsels waar jy kyk. Rynier energie deur teen onnodige hoë druk te Steenekamp, produksiebestuurder, is besproei nie. Dit het vyf jaar laas ՚n man wat weet hoe om baie fyn met water te werk en Agrico ondersteun hom baie sterk daarmee. “Ons het spilpunte, drup- en mikrobesproeiing, maar is besig om van die mikrobesproeiingstelsels uit te faseer, want die verdamping is te hoog. Die druppers kan dieselfde volume water lewer, maar plaas dit regstreeks op die grond, teen die plant, neer.” Hy laat die spilpunte ook snags loop om verdamping tot die minimum te beperk, Agrico het hierdie stelsel vir Beeren die drupbesproeiing bedags. So kan hy seun Boerdery geïnstalleer sodat oor 24 uur die boorgate optimaal gebruik. hulle boorgatpompe nooit droog Die plaas se boorgate is wisselvallig en loopskade opdoen nie. Water level and litres pumped daily
8
8 6
6 4
4 2
2
Click and drag in the plot area to zoom in Water level and litres pumped daily
Click and drag in the plot area to zoom in
0
0 K i l o l i t e r s K i l o l i t e r s p u p u m p e d ( k l ) m p e d ( k l )
No. kL pumped Ave. Water Level (pump on) Ave. Water Level (pump off) No. kL pumped Ave. Water Level (pump on) Ave. Water Level (pump off)
4. Sep 6. Sep 8. Sep 10. Sep 12. Sep 14. Sep 16. Sep 18. Sep 20. Sep 22. Sep 24. Sep 26. Sep 28. Sep 30. Sep
Agrico se spilpunte werk snags en en hulle drupbesproeiing werk bedags om die wisselvalige water uit hulle boorgate optimaal te benut en verdamping te beperk.
behoorlik op die plaas gereën en die rivier wat deur die plaas vloei is nie standhoudend nie. Doeltreffende, presiese bestuur van die skaars waterbron is dus onontbeerlik. Rynier sien deur middel van ՚n toepassing op sy selfoon of rekenaar hoe die watervlakke oor tyd lyk en dit stel hom in staat om sy besproeiingsbeplanning vooruit te doen. Die toepassing is ook met Agrico se stelsels geïntegreer om die bestuur baie meer vaartbelyn te maak. Hy kan die watertoediening aanpas en pompe met afstandbeheer aan- of afskakel. Die toepassing wys ook hoeveel elektrisiteit verbruik word, wat baie handig is om die geldsommetjies te laat klop. Agrico het ՚n tak, gerieflik naby, in Tzaneen. Hulle verskaf ՚n naatlose diens, van ontwerp van volledige besproeiingstelsels en verskaffing van die besproeiingsmateriaal, tot ՚n naverkopediens. Hiervoor word ՚n uitgebreide reeks goeie onderdele aangehou en tegnici is beskikbaar. Agrico se stelsels word oral in Suidelike Afrika met plaaslike fabrieke, sy eie taknetwerk en kundige handelaars ondersteun.
Agrico is altyd gereed om te help. Kontak Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111, of alfred.andrag@agrico.co.za vir meer inligting.
Beskerm jou oes 1
Waaruit bestaan ’n goeie spuit?
’n Wapen waarsonder ’n boer nie sy oes teen onkruid kan beskerm nie, is onkruiddoder. Maar net soos die beste ammunisie niks help as jy nie ’n akkurate, betroubare geweer het nie, help die beste onkruiddoder niks as jy nie ’n doeltreffende spuit het wat dit in presies die regte hoeveelheid op presies die regte plek toedien nie.
Daar is ’n sterk verband tussen die doeltreffendheid van ’n plaagdoder en die doeltreffende toediening daarvan. Daarom is dit belangrik om doeltreffende spuittoerusting te gebruik en om dit reg in te stel.
Dit is noodsaaklik dat die boer hom vooraf deeglik vergewis van die onderskeie onderdele van ’n plaagdoderspuit voordat hy besluit wat om te koop. Dit sal vir hom baie ellende, vermorsing, tyd en geld bespaar as hy ’n spuit koop wat hy verstaan en wat betroubaar en akkuraat werk.
Spuittenk
Die spuit se tenk moet van ’n roesbestande materiaal gemaak wees. Die binne-oppervlak moet glad wees sodat die spuitstofneerslag maklik verwyder kan word. ’n Spuittenk met ’n ingesinkte gedeelte rondom die inlaatopening word aanbeveel om die stort van spuitstowwe te bekamp. Die inlaatopening moet verkieslik ’n deursnit van minstens 250 mm hê sodat onderdele binne-in die tenk maklik bereikbaar is. ’n Aftapkraan onder aan die spuittenk is ’n vereiste.
Filtreerders
Filtreerders voorkom dat vreemde stowwe die spuitpunte verstop. ’n Minimum van twee filtreerders word aanbeveel; ’n suigfiltreerder en ’n deurvloeifiltreerder. ’n Sif by die inlaat van die tenk is ook ’n vereiste. Suigfiltreerders moet siffies van 100 maas of fyner hê. Siffies wat fyner as 100 maas (byvoorbeeld 200 maas) is, kan die vryvloei van sommige benatbare poeiers verhoed, maar is noodsaaklik waar kleiner spuitpunte gebruik word.
Alhoewel siffies van 150 tot 200 maas by die spuitpunte self probleme mag veroorsaak deurdat hulle gedeeltelik verstop kan raak sonder dat die operateur daarvan bewus is en dit so onakkurate toediening tot gevolg mag hê, bly dit egter raadsaam om wel siffies te gebruik en hulle gereeld skoon te maak.
Doeltreffende filtreerders is uiters noodsaaklik vir die doeltreffende werking van die spuitstelsel. Daarom behoort hulle dikwels skoongemaak en vir beskadiging ondersoek te word. Gebruik ’n filtreerder wat maklik en vinnig skoongemaak kan word, verkieslik van die tipe wat nie uitmekaar gehaal hoef te word in die skoonmaakproses nie. Sommige filtreerders het byvoorbeeld slegs ‘n skroefdoppie wat verwyder moet word.
Vermenging
’n Roerder in die spuittenk is noodsaaklik om die spuitstof eweredig te vermeng en in suspensie te hou, sodat die chemikalieë nie uitsak en die toedieningshoeveelhede gevolglik wissel nie.
Vir deeglike vermenging in tenkgroottes van minder as 1 000 liter behoort daar vanaf ’n punt tussen die pomp en die afsluitklep ’n afsonderlike pyp na die tenk voorsien te word, wat so geplaas is dat dit die inhoud van die tenk deurentyd vermeng. Die opening van die pyp moet naby die tenkbodem wees om materiaal wat wil afsak weer boontoe te voer en te vermeng.
Vir spuittenks groter as 1 000 liter word aanbeveel om ’n spesiale meganiese roerder onder in die tenk te installeer. Dit is beslis ’n vereiste waar die tenkinhoud 2 000 liter oorskry.
Die pomp bepaal die doeltreffende werking van die spuit, en is daarom een van die belangrikste dele.
Pomp
Die pomp bepaal die doeltreffende werking van ’n spuit. ’n Verskeidenheid pompe is beskikbaar elk met eienskappe wat hom geskik maak om sekere funksies goed te verrig. Faktore wat die keuse van ’n spuitpomp bepaal is: • Volume benodig per oppervlakteeenheid • Druk benodig om teiken egalig te benat • Egalige volume en spuitdruk (noodsaaklik vir akkurate toediening) • Minimum verwering en slytasie deur spuitstowwe • Indien slytasie of skade voorkom, behoort die herstel van die pomp vinnig, eenvoudig en ekonomies te wees • Diens en gemak van skoonmaak kan van primêre belang wees indien die pomp verskillende soorte spuitstowwe moet hanteer • Onderdele moet vrylik beskikbaar wees
Die volgende pompe is beskikbaar: Suierpomp
’n Suierpomp is moontlik die duurste en die betroubaarste, maar ook die veelsydigste. Dit hanteer ’n hoë spuitdruk en volume en is opgewasse vir sowel skurende as nie-skurende stowwe.
Sentrifugale pomp
Hanteer alle soorte spuitstowwe, selfs growwe, skurende produkte. Kan hoë volume teen lae druk lewer.
Diafragmapomp
Hanteer die meeste soorte chemikalieë. Hierdie spuitpomp is ekonomies, doeltreffend en is ook die spuitpomp wat die meeste gebruik word. Let wel: • Vervang die diafragmas elke seisoen • Handhaaf die drukking in die drukkamer volgens spesifikasie
Rollerpomp
Hierdie pomp is die goedkoopste, maar word nie aanbeveel vir die spuit van benatbare poeiers nie omdat die rollertjies sowel as die rollerkamertjies beskadig kan word. Dit word slegs vir emulgeerbare konsentrate aanbeveel, aangesien slytasie ’n belangrike faktor by hierdie tipe pomp is.
Pype
Gebruik deurgaans duursame pype met ’n gladde binnekant wat die korrosie-effek van onkruiddoders kan weerstaan. Ondersoek pype gereeld en vervang indien nodig.
Spuitpunte
Die spuitpunt beheer die hoeveelheid spuitstof wat toegedien word en ook die deeglikheid waarmee die oppervlak of teiken benat word.
Spuitpuntslytasie
Namate spuitpunte slyt, vermeerder die toedieningsvolume en verander die spuitpatroon. Toetse het getoon dat sommige benatbare poeiers geelkoperspuitpunte so kan laat slyt dat die volume met soveel as 24% kan toe-
Spuitpunte behoort gereeld nagesien te word om seker te maak dat die spuitstof doeltreffend toegedien word.
neem nadat 500 ha bespuit is. Gereelde kalibrasie en vervanging by hierdie tipe spuitpunte is uiters noodsaaklik.
Spuitpuntversorging
Bo en behalwe normale slytasie van spuitpunte deur die spuitmengsel, kan die spuitpatroon en lewering van spuitpunte versteur word deur beskadiging van die spuitpuntopening. Beskadiging kom gewoonlik voor wanneer ’n harde voorwerp soos ’n naald of draad gebruik word om die spuit-
Maak seker daar is geen verstoppings in spuitpunte nie.
opening na verstopping oop te maak. In geen omstandighede moet daar met harde voorwerpe in die spuitopening gekrap word nie. Gebruik eerder ’n tandeborsel of tandestokkies om die presies-gevormde opening van die spuitpunt skoon te maak. ’n Goeie spuit is onmisbaar in suksesvolle gewasboerdery. Waar boere al hoe meer na geenbewerking kyk, is ’n goeie spuit deurslaggewend vir die suksesvolle inwerkingstelling van die metode. In ons volgende aflewering kyk ons na die verskillende spuitpuntsoorte en vergelyk die koste van selfaangedrewe, sleep- en driepunt-
spuite.
Gebruik die regte spuitpunt vir ’n bepaalde toepassing.
’n Goeie roerder in die mengtenk is noodsaaklik.
Kontak hom gerus by 082-8289531 of stuur 'n e-pos na koosleroux@live.co.za
Valley is steeds op die kruin van besproeiing:
Kry volle beheer oor jou spilpunte met Valley se 365™-platform
Valley is die betroubare spilpunt wat lank lewe en die eienaar telkens nog meer beheer en gerief bied.
sê Francois Griesel, Valley se streekste gaan en sy spilpunte daarvolgens te beheer vanwaar hy hom ook al bevind. Dit maak volle beheer van die besproeiing op sy plaas moontlik en maklik,” sê Francois. Valley 365™ bied die boer georganiseerde ontledingsverslae. “Dit gaan hand-aan-hand te werk met die AgSense-opsies. Dus as jy tans ’n AgSense-lisensie het, kan jy gratis toegang tot die Valley 365™-platform kry,” voeg Francois by.
Die voordele van die 365™:
• Doeltreffend: Bestaande toepassings integreer maklik sodat die boer een aanmelding kan gebruik vir toegang tot al sy spilpunte. • Toeganklik: Hierdie wolkgebaseerde platform bied ’n eenvoudiger, meer
deur Benine Ackermann
• Uitbreibaar: Boere kan self funksies bysit. • Veilig: Die toepassing is baie veilig en met die jongste tegnologie ge-
Talle goeie redes noop boere regoor die wêreld om Valley te kies vir spilpuntbesproeiing. Valley bied immers die beste waterbenutting en stel die boer in staat om sy spilpunte vanaf enige plek in die wêreld akkuraat te beheer.
“Valley se spilpunte staan stewig, want hulle is ontwerp en gebou om hoë windspoed te weerstaan.
“Die dryfkrag word ook beheer deur die Valley-ratkas wat ongetwyfeld die beste op die mark is. Daarvoor sorg Valley se uiters streng gehaltetoetse,” verkoopsverteenwoordiger vir Suidelike en Oostelike Afrika.
Valley se geïntegreerde beheerstelsels is opgradeerbaar soos die tegnologie ontwikkel. “Die boer hoef nie ’n hele nuwe stelsel te koop om die voordele van die jongste tegnologie op die mark te benut nie. Daar word bloot ’n nuwe module bygesit,” voeg Francois by.
’n Valley-spilpunt wat goed opgepas word se lewensduur is gewoonlik langer as dié van die boer self. Daarom het Valley ook vir jarelange kliënte ’n don’t replace, repipe-opsie. “Daar is van ons spilpunte wat al veertig jaar en ouer is wat steeds werk. Ons het dit goedgedink om die spesiale aanbod beskikbaar te maak om die ouer spilpunte nuut te laat lyk. Nou hoef ’n boer dalk nie ’n hele nuwe stelsel te koop nie, maar kan slegs die pype van sy spilpunte vervang. Só kan hy ook koste bespaar.” sê Francois.
Valley 365™ – Beheer alles op een plek
“Die Valley 365™-platform wat tydens NAMPO Virtueel 2020 bekendgestel is, is ’n elektroniese platform wat die boer op sy foon, tablet, of skootrekenaar kan laai. Die platform gee hom toegang tot al die verskillende toestelle wat hy kan gebruik om grondtoestande en weersomstandighede na
bou.
Valley-weerstasie – jou oë in die storm
Toegang tot akkurate weerdata is een van die beste maniere om groter oeste te verseker en die nuwe Valley®weerstasie is ’n belangrike hulpmiddel om weerstoestande te voorspel en weerpatrone te ontleed.
“Die weerstasie kan ook gekoppel word aan verskeie ander tegnologiese hulpmiddels wat die boer dan ’n algehele prentjie gee oor wat die waterbehoefte op verskillende gedeeltes van ’n plaas is. Indien jy in verskeie gebiede grond het, kan jy weerstasies oprig in byvoorbeeld Thabazimbi, Christiana en Welkom en alle lesings ontvang. Dan kan jy jou spilpunte programmeer om vinniger of stadiger te loop en jy kan meer of minder water toedien. Dit alles bespaar krag, water en langtermynkoste,” sê Francois.
Voordele van die weerstasie:
• Die installasie is maklik • Mobiele toegang • Meer produktiwiteit: ’n E-pos boodskap stel die boer in kennis van veranderende weerpatrone • Ingeligte besluite: Inligting oor temperatuur, vogtigheid en koue help die boer om beter besluite te neem • Verhoogde akkuraatheid • Veld-spesifieke data: Ontvang inligting regstreeks van die veld af • Gemoedsrus: Jy hoef nie onnodig
veld toe te ry nie
intuïtiewe gebruikservaring. • Intelligent: Sit al die data saam.
Valley se handelaarsnetwerk strek oor Suidelike en Oos-Afrika met meer as 80 dienspunte wat tegniese diens verskaf. Vir meer inligting oor Valley se 365™-opsies, kontak Francois Griesel by Francois.Griesel@Valmont.com of 067-412-9089.
UFCL gives Africa the to the agricultural industry. These include: NPK grades 27:6:6 and 21:10:10 as well as 10:26:26 and 10:20:20. These compound NPKs are produced Russian advantage through latest advanced granulation manufacturing processes, which means that each granule has superb physiArticle supplied cal properties (strength, density and shape), and contains primary nutrients
United Fertilizers Company Limited terminals in Riga (Riga Fertilizer Ter- (N, P and K) and sulphur. (UFCL) exclusively represents the minal) and Saint Petersburg (Baltic UFCL also provides popular nitrogenRussian fertiliser manufacturers, Ural- Bulk Terminal). Both companies have a ous fertilisers like urea prilled, ammochem and Uralkali, in Africa. global footprint through extensive dis- nium nitrate and CAN granular. Finally, Uralchem’s product range is one of tribution networks as well as storage, farmers can get the most concentrated the most versatile and well-balanced shipment and loading facilities. source of potassium – potassium on the market. Uralchem also manu- UFCL was established in early 2019 to chloride (MOP), which is used for the factures a number of compound NPKs perform commercial and marketing ac- manufacturing of various NPK blends and specialty water soluble fertilisers tivities in Africa on behalf of Uralchem and can be applied directly to the field. under the Solar brand. and Uralkali. Since then, UFCL made The specialty fertilisers portfolio Uralkali is the leading global producer itself known as reliable supplier and provides robust solutions for crops of potash (potassium chloride), also proactive, knowledgeable partner. UFCL under irrigation. High purity and fully known as MOP. The company mines has offices close to major African mar- water-soluble potassium nitrate, monopotash ore, which is then enriched and kets to make things easy for customers. ammonium phosphate, calcium nitrate converted into the final product ready to Over and above the supply of high- concentrated, urea Micro prills, and be used as a fertiliser for direct applica- quality fertilisers, the company focuses foliar NPK+ME are specifically made for tion to the soil, a component for NPK on providing value-added services, and high-tech sensitive systems. blending and the source of potassium in contributes to economically beneficial compound NPK manufacturing process. and environmentally friendly crop pro Uralchem’s and Uralkali’s manufacturing facilities are located in Russia, with the majority of them in the Perm region. The companies control the entire supply chain by owning its own duction through specialised knowledge. All the nutrients that crops need to produce a healthy harvest are available in the complete range of products offered by UFCL. Together with our partFor more information, you are welcome to contact your local supplier and visit our website: www.ufertilizers.com. fleet of specialised railcars and port ners we distribute well-known products
vir plaaslike omstandighede en dat daar altyd plaaslike ondersteuning sal wees.
Toe die Steyls 28 jaar gelede begin het om spilpunte te ontwikkel, het hulle besluit dat ’n Talbert-spilpunt nommerpas moet wees vir enige boer wat deeglik wil besproei. ’n Talbert bly draf van turf tot sand en benat van tamaai mieliesirkels tot ’n lappie lusern vir die skape deeglik en ekonomies. Talbert se mense verstaan die boer se behoefte en sorg dat elke stelsel doelmatig ontwerp en opgerig word. Die doel is optimale gewasproduksie en wins. ’n Talbert-spilpunt word ontwerp vir maklike gebruik en jare se probleemvrye werking.
Talbert span die jongste tegnologie saam met net die beste materiaal in om te verseker dat hulle spilpunte doeltreffend werk. Alle staalkomponente word volgens streng SABS 763-standaarde met ’n warmdoopproses versink. Die pypwande is 3,5 mm dik. Swaardiens A-raamstrukture verseker probleemvrye werkverrigting, ook in uiterste omstandighede. Talbert vervaardig elke spilpunt in sy eie fabriek, wat die hoogste gehaltestandaarde handhaaf. Dit verseker ook dat daar altyd onderdele en toebehore beskikbaar is.
Baie aandag word gegee aan die sterkte en stabiliteit van die sentrale toring as hartklop van die stelsel. Goedgekeurde swaardiens-ratkaste dryf Talbert-spilpunte aan. Sou daar iets buitengewoons gebeur dat ’n ratkas breek, is daar landwyd ’n volledige reeks onderdele en instaaneenhede beskikbaar.
Spesiale eienskappe:
• Sandvangers, ’n standaardbykomstigheid in al die oorhange, sorg dat die laaste spuitstukke nie verstop nie en maak skoonmaak maklik.
hoë gehalte rubber vervaardig en word heeltemal toegebou om hulle teen skadelike UV-strale te beskerm. • Die weerbestande beheerpaneel is ontwerp om die beheer van die stelsel maklik en veilig te maak. Ingeboude sensors skakel die spilpunt
Die spilpunt spesiaal vir jou:
Talbert verstaan boerdery in Suid-Afrika
’n Spilpunt wat uit eie bodem gebore en ontwikkel is, beteken begrip
af as die waterdruk te laag is. • ’n Sterk lig op die laaste toring maak dit moontlik om selfs in die nag, wanneer dit optimale besproeiingstyd is, te sien waar die spilpunt is en sy vordering dop te hou. • Die unieke Talbert-seëls word van
’n Landwye handelaarsnetwerk ondersteun Talbert-spilpunte om flinke, kundige diens oral in die land te verseker. Jannie Steyl, stigter van Talbert, sê: “Net soos ons spilpunte aanhou loop op die plaas, loop ons ’n pad saam met die boer. Ons span streef daarna om enige spilpunt wat weens ’n probleem gaan staan binne 24 uur weer aan die werk te kry.”
Vind meer uit oor Talbert se 451-3754, Arno Steyl by 072344-0683, die kantoor by 051435-7778, of stuur ’n e-pos aan douw@talbert.co.za of arno@talbert.co.za. Loer ook op www.talbert.co.za.
produkte by Douw Steyl by 082-
Kyk en leer!
het ’n kursus net vir jou
Jy lei elke jong boompie in die regte koers vir produksie, maar wat doen jy om seker te maak jyself beweeg in die regte koers?
Hoe lyk die insekte wat kosmetiese skade aan sitrus aanrig? Hoe kies ek ‛n goeie bul op ‛n veiling? Hoe stel ek ‛n sakeplan op? Hoe moet my vrugte verpak word vir uitvoer? ‛n Boer moet iets van alles weet (en wees) om ’n suksesvolle onderneming te bedryf. Hy is ‛n plantkenner, dierkenner, grondkenner, insekkenner, bemarker, bouer, tegniese kenner, sakebestuurder en personeelbeampte. Dit is ook nie al nie. Van ‛n boer word verwag om voortdurend op datum te bly met nuwe ontwikkelings en om sy mense op te lei.
Dit is maklik om vir “Google” te gaan vra, maar is dit die beste pad? Baie inligting is aanlyn beskikbaar, maar die inligting is gefragmenteer en nie altyd van toepassing of betroubaar nie. MyLife is ‛n lewensondersteuningsplatform wat kundiges in die verskillende landboubedrywe betrek het om ’n videoteek met meer as 500 video’s oor goeie boerderypraktyke bymekaar te maak en gestruktureerd saam te stel. Die modules word ook voortdurend aangevul en bygewerk.
P-W van Wyk, wat verantwoordelik was vir die vervaardiging van die meeste leermodules, sê die teikengroep is redelik wyd. Dit is nuttig vir boere wat hulle kennis wil uitbrei en dalk ‛n nuwe bedryf wil betree, studente wat hulle boekekennis wil aanvul met praktiese inligting, asook voorligtingsbeamptes en maatskappyverteenwoordigers wat hulleself wil toerus met die regte inligting.
Boere wat hulle werkers wil oplei om byvoorbeeld op die uitkyk te wees vir skadelike insekte of om enige ander oesskade waar te neem voordat dit ‛n groot probleem raak, kan die video’s vir hulle wys.
Van die video’s is in Afrikaans met Engelse onderskrifte, maar die meeste is in Engels.
Op die MyLife-platform is daar ook toegang tot volledige geakkrediteerde kursusse van Agriskills en ander verskaffers.
Die video’s is in die volgende kategorieë beskikbaar:
• Besproeiing • Vleisbeesproduksie • Melkbeesproduksie • Varkproduksie • Hoenderproduksie • Kunsmatige inseminasie • Sitrusproduksie • Tafeldruifproduksie • Graanproduksie • Grond as groeimedium • Groenteproduksie • Finansiële reeks • Sakeplanne
Altesaam is daar meer as 44 uur se kyktyd! Bedryfsorganisasies en ‛n verskeidenheid kundiges het deelgeneem aan die produksies of het gehelp om die inligting te bevestig. Dit is prakties, visueel en bekostigbaar. Daar is ook gratis modules beskikbaar oor digitale geletterdheid.
’n Boer is ook ’n mens
Dit is soms moeilik om die mens van die onderneming te skei op ‛n plaas, want in die meeste gevalle is die plaashuis ook die kantoor en die kombuistafel die plek waar die meeste besluite saam met die gesin geneem word.
Net soos enige ander sake-eienaar of werknemer moet die kinders se skoolgeld betaal word, daar is polisse en versekering, mediesefondsbetalings, hernuwing van lisensies en voertuigpaaiemente. Benewens die finansiële sy van sake, het elke mens ook ‛n emosionele en sosiale bestaan. Daar is familiekrisisse, persoonlike twyfel, onsekerheid en veral in hierdie dae, kommer oor veiligheid.
Johan Olivier, skepper van die MyLife-konsep, sê: “Ek sien daagliks hoe mense stoei om koers te hou in die storms van die lewe. Juis in hierdie tyd is die mens uiters kwesbaar vir finansiële en emosionele risiko. Boere stoei met skuld en blootstelling aan wisselvalligheid. Dit baat jou baie om te weet hoe om te boer, maar jy het ook ander risiko’s soos identiteitsdiefstal, energierisiko, liggaamlike risiko, finansiële risiko en emosionele uitputting.
“MyLife het opsigtelike en onopsigtelike merkers van ‛n lewenstelsel wat bestaan uit emosionele, finansiële en sosiale bakens. Al hierdie komponente dra by tot ‛n gesonde mens.”
Jy meet en hou rekord van alles op die plaas, maar hoe meet jy jouself? Weet jy hoe dit regtig met jouself gaan? MyLife is ‛n stelsel waarbinne jy kan meet. Jy kan organiseer, jouself motiveer en seker maak jy spekuleer nie oor dit wat jy kan beheer nie. Op die platform is daar handige finansiële hulp in die vorm van scenario-, begroting- en leningsinstrumente. Met die druk van n knoppie kan jy onmiddellik in aanraking kom met ’n kundige of dienste bekom. Die lys van verskaffers groei daagliks. Net die keur van diensverskaffers word op die platform gelys.
Die beste van alles is dat toegang tot die platform self gratis is. As jy van die platform af die dienste van enige kundige wil gebruik of ‛n kursus bekom, betaal jy die diensverskaffer regstreeks.
Om toegang te kry tot die lewensondersteunende platform is maklik. Besoek net www.mylife.co.za en registreer. Skakel 012-942-5111 of stuur ’n epos na support@mylife.co.za.
Remacon YFEL bied ’n kitsoplossing vir berging
Boere is altyd op soek na bergingsoplossings wat aanpasbaar is by seisoenale behoeftes. Vandag het jy ’n groot hoop mielies wat op ’n plek in die skuur gebêre moet word vir voerrantsoene, maar oor ’n maand het jy minder mielies en meer kalk wat in dieselfde skuur moet kom. Hoe nou gemaak? ’n Suid-Afrikaanse maatskappy het ’n oplossing gevind vir massa-opberging deur veelsydige, modulêre bunkers te ontwerp wat reeds wyd in die landbousektor aangewend word. Die YFEL-stelsel is ’n vinnige oprigtingsmetode om ’n bunker te bou, ’n bestaande bunker te verskuif of die uitleg van bunkers te verander.
Remacon Products vervaardig sedert 2004 betonprodukte wat vooraf gegiet is. Die plan agter die modulêre YFELstelsel is geïnspireer deur die vorm van die Eiffel-toring nadat Remacon se eienaar, Silvio Ferraris, die toring in Parys, Frankryk besoek het. Elke YFEL-module het rofweg die vorm van die Eiffeltoring as dit van die kant af beskou word. Hierdie panele word teenaan mekaar staangemaak om ’n stewige wand te vorm.
Die YFEL-panele is in hoogtes van 1,2 m tot 4 m beskikbaar, met verdere opsies vir hoeke van 90°, 120° en 135°.
Sommige van die maatskappy se landboukliënte sluit AFGRI, GWK, VKB, Beefmaster en VS Agri in. Christopher Crosgrove van Remacon Products sê: “Ons landboukliënte verwelkom die veelsydigheid. Dikwels het iemand beplan om net een produk te bestel, maar hy bestel weer en weer as gevolg van die veelsydigheid.”
YFEL se panele is nie noodwendig permanente strukture nie omdat dit
Die aanpasbare YFEL-blokke word gebruik vir die skeiding van verskillende grondstowwe en produkte in groot opbergingsruimtes. Jy kan skadunet of seile daaroor trek om gebergde materiaal te beskerm.
maklik herrangskik kan word soos bergingsbehoeftes verander en die uitleg vir seisoenskommelinge van insetmateriaal vereis word. Die installering is eenvoudig en mure van tot 120 m lank en 4 m hoog word binne agt uur opgerig, mits toerusting beskikbaar is en die terrein reg voorberei is. In COVID-19 se inperkingstyd is sulke vinnige werk met min personeel ’n groot voordeel. ’n Span konstruksiepersoneel en hulle toerusting is oorbodig vir hierdie eenvoudige, maar doeltreffende, ontwerp en oprigting. Met die regte grondvoorbereiding en ’n vurkhyser of hyskraan word die panele vinnig opgerig sodat dit dadelik vir opberging beskikbaar is. Die maatskappy gebruik selfkom-
pakterende beton wat na 28 dae ’n sterkte van 40 tot 60 megapascal bereik. Afhangende van die bunker se doel en hoogte, kan verskillende staalbewapenings gebruik word. Die los modules se ontwerp maak byvoegings aan die struktuur maklik en vinnig. Ondernemings se behoeftes is nie staties nie en vir bykomende opbergingsruimte of soos kontantvloei dit toelaat, is veranderings, byvoegings en verskuiwing na ’n ander perseel ’n maklike en vinnige taak. Christopher sê: “Vir baie ondernemings het die YFEL-stelsel nou ’n standaard-item geword soos hulle begrotings dit toelaat.” Nog ’n belangrike voordeel is dat die YFEL-stelsel saam met jou kan trek as jy moet of wil verskuif. Die onsekerheid van toekomstige grondbesit maak van die YFEL-stelsel ’n verskuifbare bate sodat jy kan seker
wees dit bly jou eiendom.