ProAgri SA 248

Page 11

deur Jaco Cilliers

Jaco Minnaar verduidelik hoe presisieboerderymetodes oor die afgelope 20 jaar ontwikkel het.

D

rastiese veranderinge het boerdery, en veral gewasproduksiemetodes, oor die afgelope twintig jaar gekenmerk. Die resep bly steeds dieselfde. Die boer moet grond, saad, bemesting, sonlig en vog gebruik om graan te produseer, maar die bestuur van elk van hierdie afdelings van die proses het aansienlik verander. Jaco Minnaar van die plaas Uitsny in die Hennenman-distrik vertel meer oor sy ervaring van presisieboerdery. Hy boer al vanaf 1999 en vertel hoe die boerdery oor die afgelope twintig jaar meer wetenskaplik geword het. “Waar ons in die verlede die plaas as ՚n geheel hanteer het en die saad en bemesting eenvormig toegedien het, het ons ontwikkel tot ՚n vlak waar ons vandag die plaas in stukkies van amper een vierkante meter opdeel. Op hierdie manier kan bemesting so toegedien word dat dit aan die spesifieke behoeftes van daardie stukkie grond voldoen,” verduidelik Jaco. Dit beteken dat niks gemors word nie, maar ook dat geen plant hongerly nie. Om hierdie vlak van wetenskaplikheid te bereik, gebeur egter nie oornag nie. Jaco vertel verder dat hulle agtergekom het hoe wisselvallig die grondtoestande op dieselfde plaas kan wees en het begin om die lande in groot blokke in te deel wat elkeen dan bemes is volgens daardie stuk grond se behoeftes. Soos wat die tegnologie in veral presisieboerdery verbeter het, kon hulle die boerderypraktyk al hoe verder verfyn totdat hulle vandag elke vierkante meter volgens sy eie behoef-

www.proagri.co.za

tes kan bemes en beplant. Die insameling, ordening en vertolking van inligting is onontbeerlik, sê Jaco: “As jy meet kan jy weet hoe om te reageer en ingeligte besluite neem." Dit is nodig om die regte kundiges te raadpleeg met die inligting wat jy ingesamel het. “Dit help niks om met hope inligting te sit en nie te weet wat om daarmee te doen nie. Kundiges help om die regte afleidings te maak en besluite te neem,” vertel Jaco. Jaco glo ook om eenvormigheid in sy toerusting te hê en daarom word al sy trekkers en werktuie deur John Deere verskaf. Dit word immers al hoe belangriker dat jou slim-trekker en jou slim-planter met mekaar moet kan “praat”. Behalwe vir die kommunikasie tussen die verskillende werktuie, vergemaklik dit ook die plaas se arbeidsbestuur volgens Jaco. “Die werkers moet ewe gemaklik in die trekkers as in die stroper of die selfloopspuit wees. Omdat alles John Deere is, lyk alles binne die kajuit dieselfde en werk op dieselfde manier,” sê Jaco. Voorspel foute betyds Die tegnologie wat John Deere se werktuie inspan, dra nie net by tot makliker bewerking nie, maar kan ook produksieverlies weens meganiese probleme en staantyd verminder. Jaco vertel dat een van sy trekkers foutkodes vir die werktuigkundiges gestuur het om te laat weet dat een van die onderdele binne twee weke sou oppak. Die werktuigkundiges het Jaco gebel en

Meganisasie

Kies die regte plan vir jou presisieboerdery

Die inligting wat deur die werktuie ingesamel word help die boer om beter besluite vir sy boerdery te neem. gevra of hulle solank die onderdeel kan bestel. Twee weke later het dit toe wel onklaar geraak en die werktuigkundiges was daar met die regte onderdeel om die trekker te herstel. “As ek eers die onderdeel moes bestel toe die trekker gaan staan het, sou ek vir twee weke nie verder met hom kon werk nie. Op hierdie manier het die trekker ՚n paar uur gestaan in plaas van ՚n paar weke,” vertel Jaco. John Deere speel ՚n groter rol as die blote verskaffing van meganiese toerusting in Jaco se boerdery. “Dit is belangrik dat John Deere se kenners saam met my die werkers oplei wat die werktuie bestuur, sodat hulle kan verstaan wat hulle doen en watter invloed ՚n verkeerde besluit kan hê,” sê Jaco. Suid-Afrika se boere besef dat hulle met die res van die wêreld meeding en dat hulle op die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling in landbou moet bly. Die tegnologie word ontwikkel om boerdery op drie vlakke te verbeter. Dit moet die bestuur van die boerdery vergemaklik, produksie verhoog en doeltreffendheid verbeter. Hiermee staan John Deere rotsvas agter elke boer. Gaan praat met jou naaste John Deere-handelaar oor hoe presisieboerdery jou plaas kan bevoordeel.

ProAgri 248 – Oktober / October 2020 9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.