3 minute read

Bespaar water en krag met Agrico

deur Benine Ackermann

Advertisement

Hannes Schoeman van Agrico en Riaan Botha, hoofbestuurder van Green Valley Nuts, tussen die pekanneutbome wat perfek besproei word met stelsels wat deur Agrico ontwerp en verskaf is.

Water is ՚n natuurlike hulpbron waarsonder geen boer kan plant nie. “Alles in landbou vandag gaan oor goeie waterbestuur.” So sê Riaan Botha, hoofbestuurder van Green Valley Nuts van die Karstens-groep buite Prieska. Hulle boer op 635 hektaar met pekanneute en op 470 hektaar met mielies. “Landbou staan op die vooraand van vernuwende denke en tegnologie. Om daarby uit te kom, moet iemand soos Agrico saam met die boer ՚n pad stap om dit te laat gebeur,” verklaar Riaan. Green Valley Nuts het 17 Agricospilpunte en Agrico het ook ՚n drupbesproeiingstelsel vir hulle pekanneutbome ontwerp en geïnstalleer. Agrico stap al sedert 1996 ՚n pad saam met Green Valley Nuts, want die firma het toe reeds vir hulle ontwerpe gedoen. Green Valley Nuts gebruik ook Agrico se beheerstelsels – die webbeheer vir spilpunte en ՚n Motorolastelsel vir pekanneutbome. “Die voordele van die beheerstelsels is dat dit onmiddellike data en beheer beskikbaar stel. So, ons kan met presiese data werk wat ՚n mens toelaat om water beter te benut. ՚n Boer moet maar altyd met sy voete op die grond

Riaan Botha van Green Valley Nuts beheer die hele besproeiingstelsel van sy selfoon af.

bly, maar ongeag waar ek is, is ek steeds in volle beheer van die stelsel op die plaas,” sê Riaan. Riaan-hulle is baie tevrede met alle aspekte met Agrico se diens. “՚n Maatskappy moet vir ՚n boer ondersteuning bied, en dit is wat Agrico doen. Ons sal nie so ՚n projek aanpak saam met mense wat ons nie volkome vertrou nie.”

Meer oor die stelsel wat Agrico vir Green Valley Nuts ontwerp het:

Agrico het eers proewe gedoen sodat hulle die korrekte besproeiingstoerusting kon kies, waarna hulle besluit het om drie drupperlyne per ry op die pekanneutbome te installeer. “Met hierdie opsie het ons goeie resultate gekry wat die verspreiding en diepte van die besproeiingsone betref. Die ontwerp is gedoen met laevloei-, drukkompenserende drup. Met die bestaande infrastruktuur asook die spilpunte se behoeftes, kan ons die totale neutaanplanting in drie besproeiingsblokke verdeel,” sê Hannes Schoeman van Agrico wat by die ontwerpe betrokke was. Agrico het ook vier nuwe filterstasies by Green Valley Nuts opgerig om invloeifiltrering te doen. “Die bestaande pompe is gebruik en ՚n beheerstelsel is geïnstalleer om die pompe outomaties en meer doeltreffend aan- en af te skakel namate die behoefte by die spilpunte en drupbesproeiing gedurende die dag verander. Opstellings is so gedoen om slegs binne Ruraflex se groen en geel tye te besproei en sover moontlik slegs in die

Selfs die ouerige spilpunte van Green Valley Nuts is opgegradeer met die nuutste Agrico webbeheerstelsel.

groen tyd, afhangende van die seisoen en die waterbehoefte. Kleiner pompe is bygevoeg, met VSD-beheerders. Sodoende kan enige besproeiingsblok se vloei op ՚n doeltreffende wyse voorsien word,” sê Hannes. Verder noem Hannes dat hulle die nuwe besproeiing vir die neute en die bestaande spilpunte in een stelsel gekombineer het, wat die doeltreffendheid van die besproeiing verhoog.

Die voordele van die stelsel vir die boer:

• Die korrekte hoeveelheid water per boom word voorsien. • Doeltreffendheid van energieverbruik is drasties verbeter. • Deurlopende vloeibarekunsmistoediening (verrykte water). • Besproeiing/kunsmistoediening van die neutbome vind ooreenstemmend met grondklassifikasie plaas. • Besproeiing/kunsmistoediening maak voorsiening om blokke van verskillende ouderdomme onderskeidelik en doeltreffend te bedien. • Die stelsel verhoog die opbrengs en is ՚n element van die presisieboerderystelsel.

Vir enige navrae, kontak Alfred Andrag by 082-824-1214 of 021-950-4111 of stuur ՚n e-pos aan Alfred.andrag@agrico.co.za.

This article is from: