13 minute read
AGCO: Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik
from ProAgri SA 251
by ProAgri
Massey Ferguson : Die nuwe MF 9330 maak oesbeskerming maklik
deur Annemarie Bremner Vandat die eerste Vaaljapie op die plaas aangekom het, loop die Landmans ՚n pad met Massey Ferguson. Japie Landman en sy pa, Johan, is baie trots op hulle volledige AGCO-vloot, van die Challenger-stroper, deur die hele reeks Massey Ferguson-trekkers, wat elkeen sy eie werk in die uitgebreide gemengde boerdery het, tot die nuutste toevoeging, die MF 9330 selfaangedrewe spuit. (Foto's: Colin Bremner)
Advertisement
“Ek wonder wat sou my pa en oupa gesê het as hulle dit kon sien,” sê Johan Landman van Volksrust. “Dit” is die spiksplinternuwe MF 9330 selfaangedrewe spuit wat die geledere van die Massey Ferguson-span by JaJoLa Boerdery kom versterk het. Oesbeskerming kan nou blitsig, noukeurig en pynloos geskied. Johan onthou nog uit sy kinderdae hoe spanne werkers met bottels gif geloop het om dit by die kelk van elke mielie in te gooi om die ruspers dood te maak. Dit is nie al wat hy onthou nie: “Ek is gebore in daardie geslag. Ek onthou dit nog baie goed, toe ek so vier of vyf jaar oud was het my pahulle vieruur in die more die osse begin inspan om te ploeg. Daar was ՚n rooispan, swartspan en bontspan. Hulle het so vyfuur begin ploeg tot tienuur toe, dan word hulle uitgespan dat hulle kan gaan wei,” vertel hy verder. Hy onthou ook toe die eerste Vaaljapie op die plaas aangekom het om die tweeskaarploeg by die osse oor te neem. Van toe af het dinge vinniger begin beweeg; daar kon heeldag gewerk word. “Die trekker was paraffienaangedrewe: jy begin hom met petrol en as hy warm is, skakel jy oor paraffien toe. Na die Vaaljapie was dit die 35 en toe die 135; daarna die 65 Ferguson met sy lang neus, die 188’s het gevolg … so het dit aangegegaan, en ons is nog al die tyd by Massey Ferguson.” Sy seun, Japie, is die sesde geslag
Landman wat op die grond boer, wat
Foto: Pinterest
Nuut in SA!
Japie Landman van JaJoLa Boerdery neem sy droomspuit, die MF 9330, in ontvangs van Werner Nel, JWL; Robbie Hall, produkbestuurder van AGCO; en Lenard Langenfelder, streekbestuurder van AGCO.
ook, net soos die rooispan trekkers, deur die jare aangevul is. Japie is verantwoordelik vir die saaiboerdery, terwyl pa Johan op die veeboerdery fokus. “Ek hou van die nuwe tegnologie,” sê Johan, “maar Japie is die een wat dit alles verstaan.” Japie vertel dat hulle vorige spuit nie die kapasiteit gehad het om die werk te hanteer in die tyd tot sy beskikking nie. Hy het die MF 9330 in Brasilië gesien werk en met sy plaaslike handelaar, Werner Nel van JWL, daaroor begin gesels. JWL is een van die gedugte span handelaars landwyd wat die topvervaardiger, AGCO, se reeks landboumeganisasie-oplossings versprei. In die AGCO-kraal is Massey Ferguson, Valtra, Fendt en Challenger. AGCO het onlangs besluit om ՚n groter regstreekse invoer- en verspreidingsrol in Afrika te begin speel om die pad na die boer korter te maak. Lenard Langenfelder, streeksverteenwoordiger van AGCO in die Oostelike streek, sê boere sal steeds by hulle bekende plaaslike handelaars al die produkte en dienste kry wat hulle nodig het, maar AGCO ondersteun die handelaars nou regstreeks met verkryging van produkte, tegniese kundigheid en bemarking. AGCO se kantoorgedeelte by hulle reuse pakhuis in Kemptonpark is onlangs vergroot om die span te huisves. Met AGCO se hulp het Werner gereël
Dit is duidelik dat Johan in die Massey-voetspore van oupa Johan en pa Japie gaan volg.
vir ՚n toetseenheid waarmee Japie ՚n goeie 250 uur lank gewerk het voor hy sy eie MF 9330-hoogloper in ontvangs geneem het. Die spuit moes dadelik inspring, want die mielies het gekraak soos hulle groei na al die reën in die omgewing. ՚n Amptelike oorhandigingsgeleentheid is gereël vir 15 Desember en ProAgri was daar om die tegnologie te beskou.
Só lyk en werk die nuwe MF 9330-hoogloper
Die spuit loop werklik hoog. Japie sê grondvryhoogte is vir hom baie belangrik, want dit beteken hy kan ook laat in die seisoen werk wanneer die mielies hoog staan. Die spuit het ՚n grondvryhoogte van 1,65 meter en die balk kan tot 2,1 meter gelig, of laat sak word tot 0,7 meter om ook doeltrefffend vir vooropkomsspuitwerk gebruik te word.
VEELSYDIGHEID MET HOË WERKVERRIGTING MF 9330 | SPUITVEELSYDIGHEID MET HOË WERKVERRIGTING MF 9330 | SPUIT
Lae massa, lae brandstofverbruik – hoë werkverrigting. Die MF Lae massa, lae brandstofverbruik – hoë werkverrigting. Die MF 9330-spuit kombineer uitstekende vastrap met lae grondverdigting in 9330-spuit kombineer uitstekende vastrap met lae grondverdigting in ‘n wye verskeidenheid grondsoorte en toestande. ‘n wye verskeidenheid grondsoorte en toestande.
Werk wyer en doeltreffend met seksiebeheer, AUTO-Guide 3000 en ‘n Werk wyer en doeltreffend met seksiebeheer, AUTO-Guide 3000 en ‘n balk van 28/30 meter wat outomaties waterpas bly op ‘n stewige Flex balk van 28/30 meter wat outomaties waterpas bly op ‘n stewige Flex Frame-onderstel, met onafhanklike lugdrukvering. Frame-onderstel, met onafhanklike lugdrukvering.
AGCO Power-enjin, 157 kW @ 1 800 opm C-Flex- onderstel (buigsame onderstel) AGCO Power-enjin, 157 kW @ 1 800 opm Drywende 28/30 meter wye balk; C-Flex- onderstel (buigsame onderstel) Drywende 28/30 meter wye balk; • Seksiebeheer (7 seksies, alle balkwydtes) • Geveerde balkmontering op middelseksie • Seksiebeheer (7 seksies, alle balkwydtes) • “Fence row” spuitstukke wat buite die • Geveerde balkmontering op middelseksie • 1” (2,54 cm) vlekvrystaal balkstruktuur • “Fence row” spuitstukke wat buite die balkwydte spuit • 1” (2,54 cm) vlekvrystaal balkstruktuur • Hypro-driestuk spuitstukhouers balkwydte spuit• Norac outomatiese balknivellering met 5 • Hypro-driestuk spuitstukhouers • Kan werk met ingevoude balkpunte (19 m) • Norac outomatiese balknivellering met 5 sensors • Kan werk met ingevoude balkpunte (19 m) • Toegerus met volledige AUTO-Guide 3000 sensors • Toegerus met volledige AUTO-Guide 3000
Japie Landman wys hoe gemaklik die gifbak afswaai tot werkshoogte. Die rooi tenk onder die kajuit is die skoonwatertenk, die swart tenk is vir handewas en die hooftenk van 3 000 liter bied goeie gewigsverspreiding oor die onderstel.
Die balk is 30 meter lank, maar stabiliteit oor ongelyke terrein is geen probleem nie. Robbie Hall, tegniese produkbestuurder van AGCO, sê die derdegeslagspuit in die 9-reeks (dit is waarvoor die 93 in 9330 staan) is toegerus met ՚n Norac 9-ultrasoniese stelsel. Net soos ՚n vlermuis stuur en ontvang die eenhede klankgolwe om die hoogte te bepaal en te handhaaf. Jy kan kies of jy ՚n bepaalde hoogte bokant die grond of die plante wil handhaaf en die hoogte word in die ry aangepas. Japie sê nog ՚n groot oorweging vir hom is dat die spuit reeds al die gevorderde presisietegnologie bevat. “Jy hoef nie agterna nog allerlei pakkette en toerusting by te koop om presisietoedienings met outomatiese stuurtegnologie te doen nie; dit is alles standaard op die masjien.” Daar is twee raakskerms in die kajuit. Op die boonste skerm kan jy bepaal watter spoor die spuit moet volg en hoe die toediening moet geskied, en onder kan jy presies volg wat gaan aan in elke seksie van die spuit. Die inligting kan telematies na jou rekenaar in die kantoor of selfoon
Vir vinnige ry tussen lande of na die volgende plaas, vou die Massey Ferguson 9330-hoogloopspuit se 30-meter vlerke knus toe om deur enige hek te pas.
werking eenvoudig is. Jy word nie oorweldig as jy by die kajuit inklim met iets wat lyk of dit in ՚n ruimteskip hoort nie: daar is ՚n stuurwiel, armleuningbeheer en twee skerms waarmee jy alles kan doen wat nodig is om ՚n gehalte oes te verseker. Die 30 agter aan die 9330-reeksnommer beteken die spuit het ՚n 3 000 liter tenk. Daar is ook ՚n MF 9335 met ՚n 3 500 liter tenk. Met die 3 000 liter kom Japie baie ver en hervulling is maklik met behulp van die 568 liter/minuut hervulpomp wat water uit ՚n dam uit kan pomp sou dit nodig wees. Die tenk is toegerus met ՚n dubbelstel hidrouliese roerders vir goeie vermenging van spuitstof en as jy spuitstof wil ruil, word die tenk vanuit ՚n 240-liter skoonwatertenk skoongespuit met ՚n slingerende spuitstuk. Daar is ook ՚n handewastenk met ՚n gerieflike armhoogte kraantjie. Om die spuitstof in die tenk te kry, Al vier die spuit se wiele geniet
Op die skerms in die kajuit kan jy alles sien en beheer vir presisietoediening.
gestuur word, of deur die USB-poort afgelaai word. Die balk kan in sewe tot nege seksies verdeel word en die afsluiting van ՚n seksie geskied met lugtoevoer wat meer onmiddellik is as die elektriese beheer van sekere ander spuite. Die spuit kompenseer ook outomaties tydens draaie deur meer vloeistof na die buite-arm te stuur as na die binne-arm, sodat daar nie ՚n kol is wat oorbespuit word nie. Alles gaan daaroor dat spuit egalig en presies voortwerk ongeag enige wisselende omstandighede soos ongelyke terrein. Daar is geen sweislaste aan die buigsame onderstel nie en selfs al lig die wiele oor hobbels of sak in gate in, bly die balk op ՚n konstante hoogte. Japie sê wat hy ook waardeer is dat trek jy die spuitstoftenk met sy wye bek van bo af tot heuphoogte om maklik te kan werk sonder vermorsing of gevaar.
die tegnologie gevorderd, maar die hidrostatiese aandrywing en ՚n dubbelaksieklep sorg dat die wiele hulle nodige olietoevoer kry selfs al loop die enjin teen lae omwentelings soos 1 500 opm. Die voorwiele doen die draaiwerk en die draaisirkel is ՚n knap 7,6 meter. ՚n Betroubare 6,6-liter sessilinder AGCO Power-enjin is die hartklop van die spuit.
Vir enige verdere inligting oor die spuit, kontak Robbie Hall van AGCO by +27 82-760-0417, +27 11-230-8660 of Robbie.Hall@ agcocorp.com. Besoek gerus ook
http://www.masseyferguson.
co.za om na die produkreeks te kyk of uit te vind wie is jou naaste handelaar.
DROPSIDES | VOLUME VANS | TOW TRUCKS DROPSIDES | VOLUME VANS | TOW TRUCKS 8.1408.140 TAKE A LOAD OFF IN 2020 TAKE A LOAD OFF IN 2020
YEARS in SA CELEBRATING BUILT in SA 26YEARS in SA CELEBRATING 26 BUILT in SA
FOR ONLY R20 000 excl. VAT GET A 3 YEAR SERVICE PLAN FOR ONLY R20 000 excl. VAT GET A 3 YEAR SERVICE PLAN
FOR MORE INFORMATION OR TO CONTACT FOR MORE US SCAN HEREINFORMATION
OR TO CONTACT
US SCAN HERE
8.140
8.140
WHILE STOCKS LAST
CHASSIS CAB only 8.140 FL 5-ton R315 000 R315 000 excl.VAT | R362 250 incl.VAT CHASSIS CAB only 8.140 FL 5-ton R315 000 WHILE STOCKS LAST STANDARD 2YR UNLIMITED KM WARRANTY | 24HR ROADSIDE ASSISTANCER315 000 excl.VAT | R362 250 incl.VAT | Cummins ISF Engine | ZF Gearbox STANDARD 2YR UNLIMITED KM WARRANTY | 24HR ROADSIDE ASSISTANCE Terms and conditions apply| Cummins ISF Engine | ZF Gearbox
EASTERN CAPE • Port Elizabeth (082) 376 7233 FREESTATE • Bethlehem (058) 303 5372 • Bloemfontein (051) 011 7098 • Harrismith (087) 700 2802 GAUTENG • Isando (087) 700 2904 • Johannesburg South (011) 683 3364 • Midvaal (011) 900 1228 • Pretoria West (012) 372 1323 • Rosslyn (072) 288 8200 KWAZULU-NATAL • Pinetown (087) 700 2870 • South Coast (039) 682 0113 LIMPOPO • Polokwane (015) 293 4000 MPUMALANGA • Ermelo (017) 811 5181 • Middelburg (013) 120 4010 • Nelspruit (013) 010 1274 NORTHERN CAPE • Upington (054) 332 1026 NORTH WEST • Klerksdorp (018) 462 4041 • Mafi keng (018) 381 4181 WESTERN CAPE • Cape Town (087) 700 2906 • George (044) 802 0900 • Worcester (023) 426 0002 BOTSWANA • Gaborone (+267) 316 3200 LESOTHO • (+266) 2231 3995 NAMIBIA • (+264) 83 330 8030/1/2/3 EASTERN CAPE • Port Elizabeth (082) 376 7233 FREESTATE • Bethlehem (058) 303 5372 • Bloemfontein (051) 011 7098 • Harrismith (087) 700 2802 GAUTENG • Isando (087) 700 2904 • Johannesburg South (011) 683 3364 • Midvaal (011) 900 1228 • Pretoria West (012) 372 1323 • Rosslyn (072) 288 8200 KWAZULU-NATAL • Pinetown (087) 700 2870 • South Coast (039) 682 0113 LIMPOPO • Polokwane (015) 293 4000 MPUMALANGA • Ermelo (017) 811 5181 • Middelburg (013) 120 4010 • Nelspruit (013) 010 1274 NORTHERN CAPE • Upington (054) 332 1026 NORTH WEST • Klerksdorp (018) 462 4041 • Mafi keng (018) 381 4181 WESTERN CAPE • Cape Town (087) 700 2906 • George (044) 802 0900 • Worcester (023) 426 0002 BOTSWANA • Gaborone (+267) 316 3200 LESOTHO • (+266) 2231 3995 NAMIBIA • (+264) 83 330 8030/1/2/3
ULTIMATEFIELDPERFORMANCE, ULTIMATEFIELDPERFORMANCE, MAXIMUMOUTPUT MAXIMUMOUTPUT
Independentdealers: Parys: Johan 0716718080 Independentdealers:SouthernCape: Theunis 0714350735 Parys: KZNNorth:Johan 0716718080Joe 0823032391 SouthernCape: Theunis 0714350735EasternCape: Johan 0609234659 KZNNorth: Joe 0823032391KZNSouth: Billy 0826677764 EasternCape: Johan 0609234659Hartswater: DeWet 0826138394 KZNSouth: Billy 0826677764Harrismith: Jaap 0828246440 Hartswater: DeWet 0826138394Hopetown: Rudi 0827719906 Harrismith: Jaap 0828246440NorthWest: Giel 0829216321 Hopetown: Rudi 0827719906KZNLadysmith: Johan 0844427838 NorthWest: GielMpumalanga: Pierre 0829216321 0825434146 KZNLadysmith: Johan 0844427838Bethlehem: Koos 0829401696 Mpumalanga: Pierre 0825434146NamibiaandBotswana: Tom 0829281775