ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
November 2013 Nr / No 165 ISSN 1042–1558
Beplan jou geldsake
Maak koningskuilvoer
Kubota: Besproei met miswater
Kleiner trekkers; groter werklus
Boer slim met PinZ²yls Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery | Hulpbronbestuur
AgriTrader
In hierdie uitgawe Redakteursbrief
Voorblad
nige onderneming of bedryf het maar sy goeie en slegte tye en geleerde mense gebruik woorde soos ekonomiese siklusse om te verduidelik waarom grafieke op en af beweeg. Landbou word regstreeks deur ekonomiese faktore soos koopkrag, aanbod, wisselkoers, inflasie en kommoditeitspryse geraak, maar die een faktor waaroor geen mens beheer het nie, naamlik die weer, speel uiteindelik die grootste rol. Wat vandag na ’n belowende oes lyk, kan môre in haelflarde op die grond lê en as die reën nie kom nie, kan jy nie plant nie. In hierdie stadium is daar nog streke in die somerreënvalgebied waar dit werklik droog is en boere moeilike keuses moet maak; sterkte daarmee. Oor die algemeen egter ondervind ons joernaliste in die veld ’n oplewing, ’n nuwe geesdrif en vingers wat jeuk om te plant. Ek glo dat u hierdie besige tyd sal geniet met al die beloftes wat dit inhou. P
E
Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za So lyk en kyk môre se boere! ProAgri was vanjaar by Landboukorrels Boeredag se reëlings betrokke en ons sal in die volgende uitgawe meer nuus gee oor die uitstekende Kleinvee-inligtingsdag. Ons video’s oor landboumasjinerie het verseker die jongspan se aandag getrek. Besoek gerus die ProAgri-blad op YouTube om saam te kyk.
2
5
Business-to-Business: Agriculture ABC Jul – Sept 2013 39 678 average copies per month
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
Bemarkers: Klein advertensies Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
Uitleg & grafika Esta van Niekerk Navrae Engela du Plessis > 0861-777-225 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za
13
Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za
Smart Publishing
17 ProAgri ry die land vol met ’n Mahindra Genio bakkie, geborg deur Mahindra Montana. Hoor hoe jy as lid van georganiseerde landbou R10 000 kan wen! Skakel 012-524-9000. www.proagri.co.za
www.smartpublishing.co.za
Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za
7
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225
Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za
Veeboerdery 17 Die PinZ²yl wil markplein toe Gereeld 18 Veilings 19 AgriTrader
FREE MEDIA SPECIALISTS
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Gewasproduksie 13 Hierdie Ocmis sien kans vir miswater Hulpbronbestuur 15 Beplan jou geldsake en wen
SMARTPUBLISHING
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 2 Anderson maak hooimaak lekker 5 Boere is ingenome met Crop-Tech se werktuie en diens 7 Kubota het gekom om te... groei 9 Caltex Delo-wedstryd: Herbou ‘n trekker en wen 11 Die nuwe Maxus ‘Pick-Up’ is lus vir plaaspaaie
Die pragtige PinZ²yl-koei en kalfie op die voorblad is van die Mathomo PinZ²ylstoet van Bertie van Zyl (Edms) Bpk. Lees op bl 17 meer oor die kommersiële waarde van die interessante bont ras wat uit Pinzgauers en Nguni's ontwikkel is.
Hoofbestuurder Anneke Claassen > 0861-777-225 anneke@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 165 – November 2013
1
Meganisasie
Anderson maak hooimaak lekker
deur Annemarie Joubert
oenie al jou eiers in een mandjie sit nie. Alle suksesvolle boere ken die waarheid van die spreuk, want boerdery is ’n slagveld vol risiko’s. Hannes Eksteen van Melkbosfontein by Piketberg is ’n man wat risiko’s bestuur. Koring is sy geweste se gewas, maar hy plant nie net koring nie, want hy is nie baas van die prys nie. ’n Groot dierekomponent, Nguni-beeste en Pediskape, help hom om hierdie risiko te versprei. Maar diere moet regdeur die jaar kan eet en ter wille van die risiko wat die droë tyd van Februarie tot Mei inhou, moet daar genoeg reserwevoer wees. “Ons plant hawer wat ons baal en ek het nou jare lank gesukkel met die baalmaakproses hier aan die einde van die reënseisoen. Jy sny en dan moet die hawer tot sewe dae lê om tot 15% af te droog om gebaal te word. En net as jy reg is om te baal, kom die reën weer,” sê Hannes.
M
Die Anderson Hybrid Evolution is kragtig genoeg om drie grootpakbale op een slag toe te draai en alles saam in een lang wors neer te lê.
Hannes sê hy kla glad nie oor die reën nie; die weer maak dit net moeilik om jou tyd te beplan. Hy het lank navorsing gedoen om ’n meganisasie-oplossing vir dié risiko te vind en nou het hy een gekry. “Die Anderson Hybrid Evolution-baaltoedraaier van Agri Afrika was die enigste masjien wat aan al my behoeftes kon voldoen.” Een van die behoeftes is om binne 24 uur na die groen hawer afgesny is, dit te baal en so te verpak dat dit kuilvoer word. Hy het pas sy eerste seisoen met sy Anderson agter die rug en Hannes is hoogs tevrede, want na die enkele kapitaaluitleg lê daar nou jare se geld-, arbeid- en tydbesparing voor. Hoe dit werk Die baaltoedraaier het ’n ring wat in die rondte draai, waarop vier rolle plastiek gemonteer is wat al vier gelyktydig afrol
om die bale stewig en lugdig toe te draai. Die bale word aan die een kant ingelaai en styf teen mekaar ingevoer om een lang wors te vorm wat op rollers na agter afgly. Die wors wat afgly stoot die masjien vorentoe en vir die laaste bale is daar ’n slim hidrouliese afskuifmeganisme bekend as X-Tractor™ wat sorg dat dié bale ook stewig teen die ander geplaas word. Die Evolution het nog ’n hele klomp ander vernuftige eienskappe wat dit moontlik maak vir net een mens om die hele proses te bestuur. Alles gebeur meganies-hidroulies, wat beteken daar is geen gevaar dat elektonika kan nat word en uitsny nie. Die masjien het sy eie aandrywingstelsel in die vorm van ’n petrol- of dieselenjin wat nie net die ring laat draai nie, maar ook die hidrouliese motor aan elke wiel aandryf. As jy die masjien in die land wil verskuif, kan hy op eie stoom ry.
Een van die groot voordele van toegedraaide bale is dat dit nie meer nodig is om skure te bou en voer heen en weer aan te ry nie. 2
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
Die boer moet net sorg dat die eerste wors reg lê, daarna gebruik die masjien ’n sensor aan die kant om homself te stuur sodat die volgende rye presies parallel met die eerste een neergesit word. As daar ’n probleem is, soos ’n rol plastiek wat skeur, stop die masjien homself. Die operateur het ook ’n afstandbeheerder. As hy agter raak om bale te laai, druk hy net die rooi knop wat beteken Stop. Die groen knop laat alles weer draai en rol! Maklik en vinnig Hannes sê dit is vir hom duidelik dat die Amerikaners nie van sukkel hou nie, want die Evulotion is gebruikersvriendelik, vinnig en stewig. Hy het vanjaar 1 200 bale toegedraai en sê die masjien loop so vinnig as wat jy hom kan voer. Hannes maak vierkantige bale van 1,8 m lank by 700 mm hoog, omdat die bale digter as ’n ronde baal gebaal kan word, dus meer hooi in minder ruimte. Drie van die bale word opmekaar gepak en saam toegedraai. Die plastiekbesparing is merkwaardig. Vir ronde bale wat apart toegedraai word, gebruik jy ’n rol plastiek vir elke 25 – 30 bale. Met die vierkantige bale en die Evolution se hulp, kan een rol 75 bale toemaak. Waarom toedraai? Hannes het vyf redes waarom hy sy bale toedraai: 1.Dit skakel die weer se invloed grootliks uit, want hy kan nou op 30 – 40% vog baal, binne 24 uur na sny. 2.Minder vervoerkoste; die bale hoef nie na ’n bergplek aangery te word nie. 3.Dit hoef nie onderdak te wees nie, dus hoef jy nie ’n skuur te bou nie. 4.Onkruidbeheer. Ongewenste grasse wat saam met die hawer afgesny word se saad word in die vergistingsproses gesteriliseer, sodat dit nie later deur die beeste se mis in die koringlande kan ontkiem nie. 5.Voedingswaarde. Die kuilvoer behou sy ruvoer-eienskappe omdat dit nie gekerf word nie, maar het baie meer voedingswaarde as droë hooi. P As jy ook wil lekkerkos lekker maak, skakel vir Marius Tolmay by 083-581-5709 of 012-541-1121 of e-pos marius@agriafrika.co.za. Besoek gerus ook www.agriafrika.co.za vir meer inligting.
Met die Evolution se hulp kan ’n boer oor die langtermyn bespaar op plastiek, arbeid en tyd terwyl sy diere net die beste kos kry. www.proagri.co.za
ProAgri 165 – November 2013
3
Meganisasie oerdery is louter lekkerkry as alles werk soos dit moet werk en elkeen doen wat hy moet doen. En dis presies wat Crop-Tech, die verskaffers van puik landbouwerktuie, vir boere doen – verskaf werktuie wat werk soos dit moet werk en diens wat sorg dat die boer nooit hoef te wag of te sukkel nie. Crop-Tech se Jumil-planters is reeds besig om naam te maak as dié geenbewerkingplanter vir Suid-Afrika. En dit is nie net groot graanboere wat baat vind by Jumil se betroubaarheid, doeltreffendheid, akkuraatheid en robuustheid nie. Goeie nuus is dat ’n veeboer wat ’n klompie mielies vir kuilvoer of vir aanvulling van die graankomponent van sy rantsoen wil plant, ook die volle voordeel van Jumil se voortreflike geenbewerkingplanttegnologie kan geniet. Een van die groeiende aantal ingenome Jumil-eienaars is Hendrik Jooste van die plaas, Bultfontein, naby Hartebeesfontein. Hy boer met neute en vleisbeeste en begin nou met ’n wildboerdery. Vir die 190 hektaar sonneblom wat Hendrik plant, het hy nie ’n reuse planter nodig nie, maar hy wou ook nie met ’n minderwaardige planter sukkel nie. Jumil-geenbewerkingplanters het ’n baie goeie naam in sy kontrei en hy is nie spyt dat hy op die Jumil JM 2670vakuumplanter besluit het nie. Hierdie model plant vier drievoetrye en pas aan die trekker se driepuntstelsel. Dis kinderspeletjies om met die Jumil-planter te werk, want hy is doodeenvoudig, sê Hendrik, en hy plant sonder steurnis of staantyd met ’n akkurate plantdiepte en saadspasiëring. Wat Hendrik veral beïndruk, is die “kookwaterdiens” wat hy van Louwrens Rudolph, die Jumil-handelaar op Ottosdal, ontvang. “Hy was reeds hier om seker te maak dat ek tevrede is en dat my planter gereed is vir die nuwe plantseisoen.” Ewe tevrede is Danie Keet en sy seun, André, van Kalbasfontein, naby Witbank, met hulle Jumil JM 60 Plenakuilvoerkerwer. Die Keets is beesboere en hulle het ook ’n voerkraal waarin aangekoopte beeste markgereed gemaak word. Die Keets voorsien groenmielies aan winkels en sodra die koppe gepluk is of begin hard word, maak hulle kuilvoer van die plante. Hulle plant ook Pannar se Silage King, ’n soetriettipe graansorghum-sorghobaster met ’n baie hoë proteïn- en suikerinhoud, wat dit geskik vir so 60 ton per hektaar eersteklas kuilvoer maak. Danie het in ProAgri van Crop-Tech se JM 60 Plena-kuilvoerkerwer gelees en besluit om self te gaan kyk. Hy is ingenome met die sterk, stewige ontwerp en materiaal wat beslis baie lank gaan hou. Hy is ook beïndruk met die diens wat Crop-Tech en sy mense bied. Die enkele probleem wat die Keets met die kerwer ondervind het, het Crop-Tech se produkspesialis, Johan
B
www.proagri.co.za
Boere is ingenome met Crop-Tech se werktuie en diens Crop-Tech se Jumil-planters is die voorste naam in geenbewerking. Hendrik Jooste van Hartebeesfontein gebruik ’n JM 2670-vakuumplanter soos hierdie een om sonneblom te plant, maar hy is ook ’n wenner in die mielieland. Duvenage, in ’n kits opgelos sonder dat daar enige staantyd was. Die boonste driepuntskakel se montering het gekraak toe die operateur met die kerwer teruggestoot het. “Hulle het dadelik ’n ander montering aangebring en later ’n herontwerpte, versterkte montering kom aansit om te verseker dat daar nie weer vorentoe ’n probleem sal wees nie.” Die Plena se lemme is van baie goeie staal gemaak en moes net een keer in die seisoen geslyp word. Die Keets sê: “Crop-Tech se gesindheid is reg – hulle verkoop aan die boer die oplossing en nie blote masjiene nie en ek het lanklaas iemand so vinnig sien reageer as Crop-Tech se Johan Duvenage.” Koos Snyman van AAJ Snyman Boerdery by Sannieshof sê ProAgri kan maar met groot lof van sy Jumil JM 60 Plena-kuilvoerkerwer skryf. Hy is super eenvoudig met sy bandaandrywing, sy maklike snitlengteverstelling en lae onderhoudsbehoefte. Boonop is die prys baie gunstig en die diens wat Crop-Tech en Landini Ottosdal bied is baie goed. Die JM Plena het sy man baie goed Jy kan ook jou diere op koningskuilvoer trakteer. Praat met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-8177210 of sales@croptech.co.za, of met Louwrens Rudolph van Ottosdal by 083-388-5291. Besoek ook www.croptech.co.za en maak kennis met Crop-Tech se volledige produkreeks.
gestaan met die afgelope kuilvoerseisoen en net een breekboutjie moes vervang word. Koos het reeds voersorghum geplant waarvan hy vanjaar ook kuilvoer wil maak vir sy melkery, en hy is so tevrede met die Jumil-kuilvoerkerwer dat hy nog een gaan koop. P
Puik kuilvoer maak puik diereprestasie moontlik. En die kerwer wat puik kuilvoer maak, is Crop-Tech se Jumil JM 60 Plena. ProAgri 165 – November 2013
5
R10 000 kan gewen word deur ’n gelukkige lid van georganiseerde landbou! Mahindra & GWM & SsangYong: Suzuki: Citroën:
Jacques Binedell 076-599-7558 - jacques@surimontana.co.za Rodney Loggenberg 083-228-9385 - rodney@surimontana.co.za Sharon Liebenberg 082-601-6891 - sharon@surimontana.co.za
Breedstraat 501, Montana Tuine, Pretoria 012-524-9000 6
ProAgri 165 – November 2013
www.suri-montana.co.za
Montana www.proagri.co.za
Meganisasie
Kubota het gekom om te... groei
is op die regte pad, dit is ’n feit.”
Groter, beter en meer In die nuwe, moderne monteeraanleg vloei die produksieproses ook beter en vinniger en niks hoef stil te staan en te wag vir die skip om te kom nie! Dit beteken dat handelaars en boere by hulle noodsaaklike teikendatums kan hou. Die uitbreidings sluit nie net meer voorraad in nie, maar skep ook geleentheid vir die uitbreiding van die produkreeks. Boere kan gerus op die uitkyk Slaggereed staan die oranje Kubota-vloedgolf, gereed om wees vir die nuwe M108 na enige uithoek van Suid-Afrika of Namibië te spoel. deur Annemarie Joubert en die M130. Die M-reeks trekkers bestaan uit groter trekkers met meer trekkerklas en saam met ons ie oranje Kubota-trekkerspan van trekkrag, wat ook in die groeiende minilaaigraaftoerusting en rowweterreinvoerJapan het nou voorwaar vir hulleself mumbeweringsmark hulle merk kan tuie bied ons aan kommersiële boere ’n plek in die Afrikason oopgewerk. maak. betroubare oplossings.” “Ons het geweldige groei getoon oor Kubota se wye reeks staatmakers Hy sê ook deur voorraad op die regte die afgelope ses maande tot ’n jaar en vind oral in die landbou ’n tuiste; van die tyd aan te koop, kon Kubota SA sy ons moes drasties uitbrei om tred te hou wingerde in die Wes-Kaap tot die prysvlakke handhaaf in moeilike tye en met die voorraadvereistes,” vertel Deon mielielande in die noorde. nou, met die groot aanleg, is dit moontEngelke, handelsmerkbestuurder van Gaan kyk op Kubota se gebruiksvrienlik om nog meer voorraad aan te hou. Smith Power, die verspreiders van delike webwerf, www.kubotasa.co.za, na Daarmee saam is die onderdelepakhuis Kubota in Suid-Afrika en Namibië. die reekse trekkers, grondverskuiwingsook aansienlik uitgebrei en dit beloof Die uitbreidings het ’n tuiste gevind in toerusting en rowweterreinvoertuie en nog beter en vinniger diens aan hande’n splinternuwe aanleg van 6 000 m² in vra sommer daar kwotasies aan as jy laars en boere. Edenvale aan die Rand. By die aanleg wil. Wat by sommige ander trekkerfabriword die boude en blaaie van al die Deon sê: “Ons het ’n fabriekswaarkate as luukshede beskou word, is by toerusting wat van Japan af gestuur borg van een jaar of ’n duisend uur, Kubota standaardtoerusting. ’n Operaword in ’n moderne fabriekslyn aanmaar eintlik waarborg ons tevredenheid. teur in ’n Kubota-kajuit geniet nie net mekaargesit en gereed gemaak vir Boere wat nog onseker is of hulle die die voordele van gebruikersvriendelike versending aan die landwye handeKubota-pad wil loop, kan ons gerus ontwerp nie, maar ook beskerming teen laarsnetwerk. skakel; ons het ’n paar goeie aanbiegeraas van buite en die kajuit gaan nie Met die reuse belegging het Kubota dings wat die besluit dalk makliker kan roes of vergaan in die trekker se leeftyd ook sy vertroue in die toekoms van die maak.” P nie. Suid-Afrikaanse landboubedryf bewys. Daarby hou elke boer deesdae met ’n Deon skryf hulle groei in die uitdaSkakel Deon Engelke by 083-306-8655 fyn oog sy brandstofverbruik dop en vir gende ekonomiese omstandighede aan ’n of e-pos deon@kubotasa.co.za as jy sy werkkrag staan Kubota ver bo die res paar faktore toe. “Die boere in Suiddeel van die Kubota-suksesverhaal wil uit. Al die produkte voldoen ook aan die Afrika het nou die produk goed leer ken word. Besoek www.kubotasa.co.za of omgewingsvriendelike vereistes. en aanvaar as die wêreldklas gehalte gesels saam op facebook. Kyk ook hoe “Boere soek tegnologies gevorderde produk wat dit is. Kubota is die lekker werk die boere met hulle toerusting van gehalte,” sê Deon. “Ons wêreldleier in die 17 tot 100 kW Kubotas by www.youtube.com/user/ProAgrivideo.
D
In die ruim monteeraanleg kan ’n groot voorraad onderdele geberg word en toerusting gereed gemaak word om boere se werk op die plaas makliker en lonender te maak. www.proagri.co.za
Al die Kubota-handelaars regoor die land, soos dié tak in die Wes-Kaap wat ook pas opgekikker is, kan reken op nog vinniger diens vanuit die groot Kubota-aanleg in Edenvale. ProAgri 165 – November 2013
7
Meganisasie
Caltex Delo-wedstryd:
Herbou ’n trekker en ontantpryse van altesaam R180 000 kan gewen word in die Caltex Delo Trekkerherbouwedstryd. Deelnemers van universiteite, skole, landboukolleges en plaaswerkers van regoor Suid-Afrika word genooi om taakspanne te vorm wat elk ’n ou trekker sal opspoor en herbou. Die tema van die wedstryd is: Vind hom, herbou hom en wees ’n wenner, en dit is presies wat van die deelnemers verwag word om te doen. Chevron, die eienaars van Caltex, sal elke span van die riglyne en smeermiddels voorsien om hulle trekkers te herbou. Elke span moet volledig rekord hou van die hele projek en die herbouproses, want hierdie rekord sal deel vorm van hulle inskrywingsaanbieding. Die amptelike begindatum was 1 Oktober en deelnemers sal sewe maande gebied word om taakgroepe te vorm, trekkers te vind, dit te herbou en om hulle inskrywings teen 25 April 2014 in te dien. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 November 2013. Speel gou. Die deelnemers sal nie net ou trekkers
K
Wen!
tot hulle eertydse glorie herstel nie, maar in die proses ook waardevolle lewensvaardighede aanleer. Die unieke wedstryd bied deelnemers die geleentheid om deel te neem aan ’n uitdagende projek wat hulle bestuurservaring en vaardighede sal aanleer wat hulle later goed te pas sal kom in hulle onderskeie loopbane. Afgesien van die tegniese vaardighede wat deelnemers in die proses sal ontwikkel, stel dit hulle ook bloot aan sake soos spanbouvaardighede, begrotingsbestuur, bemarking, beplanning en verkryging – alles noodsaaklike projekbestuursvaardighede. Hierdie vaardighede kan meehelp om hulle tot toekomstige leiers in die landbou en op ander gebiede in hulle lewens te laat ontwikkel. Chevron het uitgebreide ervaring van landbou en werk daagliks saam met boere in Suid-Afrika. Daarom verstaan Chevron se mense watter uiterste eise aan ons boere en hulle trekkers gestel word.
Met behulp van die Caltex Delo Trekkerherbouwedstryd wil Chevron toon dat gladde, doeltreffende boerderybedrywighede afhang van smeermiddels wat die uiterstes van warmte, koue, swaar vragte, water, modder en stof kan weerstaan, soos Caltex Delo-produkte daagliks op plase in Suid-Afrika doen. Die beoordeling sal geskied op grond van die werkboeke wat ingedien word en tot twaalf finaliste sal aangewys word. Die eerste drie finaliste sal genooi word om hulle werk by Nampo ten toon te stel, waar die wenner aangekondig sal word. P
Die wenspan sal ’n prys van R100 000 ontvang, die opvolgers R50 000 en die span wat derde kom R30 000. Kleiner pryse sal ook toegeken word in kategorieë soos beste voorlegging en beste foto.
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Colleen Maingard by DeloTRC@chevron.com.
www.proagri.co.za
ProAgri 165 – November 2013
9
10
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
Meganisasie
Die nuwe Maxus ‘Pick-Up’ is lus vir plaaspaaie “Boere sal dit verwelkom dat die Maxus 15 duim wiele het, wat dit heelwat grondpadvriendeliker maak as die mededingers se kleiner wiele. Daar is ook slegs een agterwiel aan elke kant in plaas van twee. Dit klas die voertuig in ’n goedkoper kategorie as daar deur ’n tolhek gery word,” sê Steven. Die kajuit is baie luuks: elektries beheerde vensters, lugversorging, lugsakke en ’n radio met ’n USB-poort, is standaard-toerusting. Die trokkie het ook vastrapbeheer en sluitweerremme.
deur Du Preez de Villiers
Die Maxus ‘Pick-up’ is gereed vir Suid-Afrikaanse plaastoestande.. aar is ’n splinternuwe ramkat-trokkie op die mark wat vir boer sowel as plaaswerker ’n oplossing vir menige plaas-uitdagings kan bied. Meer dravermoë en groter bakruimte is nooit te versmaai op ’n plaas nie en beloof om groot byval by boere te vind. Steven McHaffie is die bestuurder van die MG (Morris Garages)-tak in Boksburg, wat ook die grootste MG-tak in Suid-Afrika is. Steven was ook vir ’n tyd lank ’n organiese boer in Badplaas en ken die boerdery-omgewing. Hy weet dat die boer na elke moontlike opsie moet kyk om sy boerdery winsgewend te maak.
D
Britse bloubloed Maxus is tradisioneel ’n Britse maatskappy wat destyds Leyland oorgekoop het. Soos heelwat ander motormaatskappye, het Maxus se aanleg ook Ooste toe geskuif en vandag word die voertuie onder Britse toesig deur die yslike Sjinese SAIC-maatskappy aanmekaargesit. In Suid-Afrika word Maxus
deur MG versprei, wat deel is van CMH (Combined Motor Holdings) wat al oor die 20 jaar oud is. Met sy 1,5 ton dravermoë (wat selfs ’n bietjie gedruk kan word…) en ’n bak van 1,2 m x 3 m met drie afslaankante is die trokkie voorwaar ’n opsie vir ’n boer wat nie met vrag wil sukkel nie. Die bak is ontwerp om ses standaard palette te vervoer, maar kan ook met tralies toegerus word om ’n bul of twee veiling toe te vervoer. “Hierdie is loshande die veiligste trokkie op die Suid-Afrikaanse mark. Dit is die enigste trokkie wat aan voorimpak en omroltoetse onderwerp is en dit kan op ’n 45 grade helling staan voor dit omval. Die toetse is wel op die sustersvoertuig, die paneelwa gedoen, maar die twee voertuie het presies dieselfde spesifikasies,” sê Steven. Die elektriese en elektroniese komponente van die Maxus word deur Bosch vervaardig en die enjin word deur International, die ou staatmaker uit Italië, verskaf.
Die span van MG (Morris Garages) wat die Maxus in Suid-Afrika bemark, is gereed om die Suid-Afrikaanse boer met raad en daad by te staan. Hulle is Derrick Mabunda, verkoopsman; Denzil Naicker, verkoopsman; Neels Engelbrecht, verkoopsman; Steven McHaffie, hoofbestuurder, en Stephen Rothner, verkoopman. www.proagri.co.za
Steven McHaffie wys trots dat die elektriese onderdele van die Maxus ‘Pick-up’ deur Bosch vervaardig word, wat reeds ’n uitstekende naam in Suid-Afrika het. Diens op die plaas MG staan glad nie terug as dit kom by dienste nie. “Ons het ’n bestaande voetspoor regoor die land en het reeds met heelwat geregistreerde motorhawens reëlings getref om die trokkies te versien. Omdat daar op elke plaas gereeld ’n trekker, trok of bakkie versien moet word, het Steven-hulle die blink plan bedink om vir boere ’n dienspakket te verskaf sodat hulle hul Maxus’e se kleiner dienste self op die plaas kan doen terwyl die waarborg behoue bly. Die groter dienste kan dan by die motorhawens in die groter sentra gedoen word. “Uit my ervaring weet ek dat ’n boer die beginsel om ’n voertuig gereeld te versien beter as iemand in die stad verstaan. Vir ’n boer is sy voertuie sy inkomste en omdat die toestande op die plaas strawwer is as in die stad, is ’n boer ook baie meer oplettend as dit by die onderhoud van sy voertuie kom. “Boere is baie welkom om die trokkie te kom toets. Hierdie is ’n vars en splinternuwe produk wat ’n groot invloed op die plaas sal hê,” verseker Steven die Suid-Afrikaanse boer. P Belangstellendes kan vir Steven by 011-841-2180 skakel of ’n e-pos stuur na stevenmch@cmh.co.za. ProAgri 165 – November 2013
11
Abel Rootman – Lichtenburg: “Die Voorbrekers wat deur Senter 360 gebou word sorg dat my spilpunte nooit vasval in modder nie. Die groot ding is dat Senter 360 se mense bereid is om na die boer te luister en te verbeter.” (Junie 2012) Toks Liebenberg – Bothaville: “Twee belangrike bates wat jy bykry wanneer jy ’n Senter 360 koop is kundigheid en diens. Die spilpunte is uiters betroubaar, hulle doen presies wat ons van hulle verwag en ek kan geen opsig sien waarin ’n ander spilpunt beter kan wees nie.” (April 2012) Arnold Botha – Vierfontein: “Ons het darem ook al heelwat van spilpuntbesproeiing geleer en ons weet as Senter 360 se manne sê ’n ding gaan so werk, dan werk hy so. Ek en Senter 360 se mense loop nou al ’n lang en mooi pad saam en ons vertrou mekaar ten volle.” (Jan 2013)
Die spil van sukses Pieter van der Westhuizen Komatipoort: “Ek weet as daar ’n probleem is, hoef hulle nie eers iets van oorsee af te bestel nie. Die kanse is goed dat ek dit sommer by die koöperasie sal kry as dit nodig is. Dis die lekker ding van Senter – hulle loop die pad saam met jou en hulle het ’n goeie produk. Daar is geen rede waarom ons vir die Amerikaners hoef terug te staan nie!” (Maart 2012)
Tel: 018-469-1331 e-pos: info@senter360.co.za
www.senter360.co.za
Hierdie Ocmis sien kans vir miswater Die Ocmis is ’n netjiese, kompakte eenheid met ’n spuitstraal van 25 meter. ontenilo is ’n Italiaanse woord wat ‘brug oor die Nyl’ beteken. Dit is die naam van Jan-Hendrik Jacobs en sy pa, Pierre se melkplaas tussen Warmbad en Nylstroom en dit is ook die rivier waaruit hy sy water verkry om sy aangeplante weiding te besproei. Die plaas het waterregte vir 45 hektaar en die kosteknyptang het hom gaandeweg begin dwing om elke hektaar daarvan te benut. “Voer vir melkbeeste is deesdae geweldig duur en ek moet so veel as moontlik voer self produseer om winsgewend te kan melk,” sê hy. Na maande se rondsoek en somme maak het hy gesien dat ’n spilpunt of sprinkelbesproeiing nie vir sy boerdery gaan werk nie. Hy het toe drie maande gelede op die Ocmis MRR58/200 afgekom en die model het so netjies in sy boerdery gepas dat hy besluit het om twee eenhede te koop. “My kampe se afmetings is almal 40 m by 200 m, wat presies die reikwydte van ’n Ocmisspuit is.” Die Ocmis MRR58/200 is ’n gerieflike, kompakte eenheid met ’n 58 mm waterpyp wat 200 meter ver uitgetrek kan word. Tydens benatting katrol die basiseenheid die spuiteenheid loodreg op sy baan in terwyl die pyp netjies en presies volgens ’n vasgestelde metode op die spoel opgerol word. “Ek stel die spuit sodat die 200 meter oor agt uur benat word. Ek kan dus saans ook die spuit stel sodat ek nog ’n spuitsessie deur die nag kan inwerk.” Pontenilo het reeds 32 hektaar onder stergras, kikoejoe en voersorghum wat uitstekend met die Ocmis en die Nyl se water presteer en binnekort gaan die res van die grond ook benut word. Jan-Hendrik het ook ’n Holstein-melkery en verpak sy eie ongepasteuriseerde melk en joghurt wat hy aan gesondheidswinkels en uitgesoekte kliënte in die omgewing bemark. “Alhoewel ek nie maklik ten volle organies sal kan word nie, is my strewe om dit so ver as moontlik te doen.” “Wat my veral baie opgewonde maak, is dat die Ocmis die enigste spuit is waarna ek gekyk het wat my afval miswater uit die melkery kan hanteer om op die lande te spuit. Die spuitkop wat ek nou op het, is ’n allemintige 16 mm dik en sal die miswater uitstekend hanteer,” sê hy. “Ek kan nie wag om binnekort my eie organiese voedingsbron vir my weiding aan te wend nie.” P
P
Skakel Tobie van den Heever by 082-658-6054 of 012-736-2121 of e-pos tobie@iunlimited.co.za vir meer inligting. Kyk na al hulle modelle by www.iunlimited.co.za.
Jan-Hendrik Jacobs beduie hoe maklik die netjiese en kompakte Ocmis MRR58/200 hanteer word. www.proagri.co.za
ProAgri 165 – November 2013 13
SM STRUCTURES Oprigting, 53 mm sinkaluminiumdakplate, gegalvaniseerde kaplatte, ingenieurstekening en ingenieursertifikaat, en BTW ingesluit
Ons is by die SAOG geregistreer vir uitvoer
Spesiale aanbod: 2 van 12 x 25 x 4m
R194 000
Struktuurgrootte Grootte (m) 9 x 20 x 3,6 12 x 25 x 4 12 x 50 x 4 15 x 30 x 4 15 x 40 x 4 18 x 30 x 4 18 x 40 x 4 20 x 30 x 4,5 25 x 30 x 4,5
14
Prys R93 000 R115 000 R194 000 R169 000 R214 000 R230 000 R326 000 R276 000 R436 000
ProAgri 165 – November 2013
Alle pryse terwyl voorraad hou Tel 011-786-1043 of 072-450-3105 of internasionaal +27-11-786-1043 (Ons voer wĂŞreldwyd uit) Faks: 086-570-1026 E-pos: steve@smstructures.com Webwerf: www.smstructures.co.za
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur “Professionele opvolgbeplanning verg die insette van deskundige adviseurs om te verseker dat dat die sakeen finansiële strukture gereed is. Dit is ook nie ’n eenmalige proses nie en behoort voortdurend opgedateer te word om voorsiening te maak vir onbeheerbare veranderlikes soos die invloed van nuwe wetgewing,” sê Koos.
Beplan jou geldsake en wen inansiële beplanning en advies van ’n betroubare adviseur of makelaar is baie belangrik as jy jou finansiële doelwitte wil bereik,” sê Koos Nel, hoof van Agri Mark by Old Mutual. Vinnige en maklike toegang tot inligting is een van die groot voordele van die hedendaagse tegnologie en netwerke. So, byvoorbeeld, lewer ’n soektog vir financial solutions via Google op die Internet, toegang tot 272 000 000 dokumente in net 0,24 sekondes. Die inligting is dus daar; die probleem is om die kaf van die koring te skei. Dit is die waarde van ’n finansiële adviseur wat opgelei en geakkrediteer is om omvattende finansiële advies te gee. Adviseurs en makelaars moet ’n volledige ontleding van jou persoonlike finansies doen om jou doelwitte en behoeftes vas te stel. Toepaslike aanbevelings en oplossings moet voorgestel word in ’n finansiële plan wat alle inligting en omstandighede wat saakmaak in ag neem. Voorstelle moet aspekte soos boedel en kapitaalwinsbelasting, voorsiening vir onbeplande gebeure en ’n aftreeplan insluit. Adviseurs word ook deur wetgewing verplig om raad op dié manier te voorsien en daarvoor moet adviseurs by die Raad op Finansiële Dienste (RFD) geregistreer wees.
“F
www.proagri.co.za
Behoorlike finansiële beplanning is selfs van groter belang in ’n sakeomgewing soos landbou omdat daar eerstens baie onbeheerbare faktore soos reënvalpatrone, mark- en wêreldneigings is, en tweedens omdat dit gewoonlik ’n familie-onderneming is. Koos sê dat familie-ondernemings bo en behalwe die normale sake-uitdagings wat ander sake-ondernemings het, ook nog familiesake en -dinamika moet hanteer. Daarom is beheerstrukture nodig om te verseker dat sakebesluite nie om emosionele redes geneem word nie. Navorsing toon dat net sowat 15% van familiesake tot die derde geslag oorleef, terwyl meer as 90% van familieboerderye verlang dat die onderneming wel na die volgende geslag oorgedra word. Die oorsaak hiervan is die afwesigheid van of gebrekkige opvolgbeplanning. Dikwels word dit nie gesien as ’n kerngedeelte van die onderneming se sakebeplanning nie en word dit as ’n aparte proses hanteer. Dit kan noodlottige gevolge meebring, want die langtermyn oorlewing van die onderneming is afhanklik van geskikte opvolgers wat die bestuur van geslag tot geslag kan oorneem.
Tipiese probleemareas wat die kontinuïteit van die familieboerdery kan benadeel is: • Baie familieboerderye word as eenmansake bedryf, wat die onderneming tot stilstand dwing wanneer die huidige eienaar tot sterwe kom en daar gewag moet word vir die boedel om afgehandel te word. • Verouderde testamente en familietrusts, wat nie aangepas word om tred te hou met voordurend veranderende wetlike, belasting- en regsimplikasies nie. • Die gebrek aan voorsiening vir die betaling van boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en inkomstebelasting • Die afwesigheid van ’n duidelike aftree- of uittreeplan van die huidige geslag en die oorgee aan die volgende geslag. Boere is dit aan hulleself en hulle geliefdes verskuldig om ’n gekwalifiseerde finansiële adviseur te raadpleeg wat hulle kan help om ’n nommerpas finansiële plan op te stel vir hulle omstandighede. So ’n plan sal nie alleen gemoedsrus verskaf nie, maar verbeter die kans op die langtermyn oorlewing van die onderneming. Old Mutual is daartoe verbind en in staat om ’n omvattende adviesdiens aan boere te lewer deur ’n netwerk van finansiële adviseurs en makelaars. Hierdie kundiges word gerugsteun deur ’n span regsadviseurs wat seker maak dat advies betroubaar en toepaslik is. Daar is ook ’n omvattende reeks finansiële oplossings wat in enige finansiële behoefte van die boer of agri-onderneming kan voorsien. P Kontak Koos Nel van Agri Mark Old Mutual by knel1@oldmutual.com vir meer inligting.
ProAgri 165 – November 2013 15
16
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
Vee & Veilings
Die PinZ²yl wil markplein toe deur Du Preez de Villiers
Foto’s: Eye © Photography Dick Isted se pragtige PinZ2yls wei teen die hange van die suidelike Drakensberge op sy plaas Tempevale tussen Barkly-Oos en Lady Grey.
D
ie PinZ²yl spog op verskeie terreine met sy voortreflike prestasie, maar die groot kwelpunt tot onlangs was maar die kommersiële waarde van die dier. Die Suid-Afrikaanse boer is nou maar eenmaal getroud met die rooi huidkleur en bont velle word maar skepties bekyk as daar kommersiële teeldiere of afrondmateriaal vir die voerkraal aangekoop moet word. Die PinZ²yl het egter so sterk ontwikkel dat hy begin het om die bordjies heeltmal te verhang.
kalfpersentasie oor al sy koeie net onder 90% en sy groter koeie s’n meer as 95%! “My PinZ²yl’s se liggaamstelling is beslis ’n halwe graad beter as my ander beeste. Hulle is ook die eerste beeste wat kalfgereed is, terwyl die ander beeste op my plaas eers heelwat later kalf. Die PinZ²yl’s se kalfinterval is 12 maande en dit is vir my uiters belangrik dat my koeie elke jaar moet kalf. Verse wat 280 kg op ’n jaar ouderdom behaal word by die bul gesit,” sê Dick.
Rateltaai ProAgri het by Dick Isted, ’n kommersiële PinZ²yl-boer in die besonder uitdagende klimaatstreek tussen Barkly-Oos en Lady Grey, gaan uitvind hoekom hy sonder skroom sy beeste aan enige boer regoor die land sal bemark. “Ek boer in uiterste omstandighede met temperature wat maklik tot onder 15 grade daal. My weiding, wat grotendeels uit rooigras bestaan, groei teen steil berghange en my beeste moet meer as 9 000 voet klim om al die beskikbare weiding te benut,” sê Dick. Dick se weiding is egter baie welig. Hy kan met vier grootvee-eenhede per hektaar wegkom en sy beeste kry niks meer as natuurlike weiding en ’n proteïenlek wat ook bekendstaan as die gewilde Dundee-lek nie. Onder normale omstandighede is sy gemiddelde daaglikse toename in die somer tot 800 gram, wat glad nie sleg is vir natuurlike weiding nie. As Dick sy hele kosteberekening in ag neem, moet hy ’n kalfpersentasie van meer as 80% hê om wins te maak. Tans is die gemiddelde
Wat sê ’n kenner? Irwin Church is ’n bekende veekundige uit Hilton in KwaZulu-Natal. Sy spesialiteitsveld is beeste en hy was verstom oor die kondisie van Dick se PinZ²yls toe hy net na die winter by hom op die plaas gaan kuier het. “Ek het die diere in hulle slegste moontlike toestand gesien en omdat die diere deur die winter slegs op veldweiding en Dundee-lek was, was die gesig ’n lus vir
www.proagri.co.za
die oog. Daar was ook ander beeste op die plaas en ’n mens kon duidelik sien dat hulle nie naastenby by die PinZ²yls kan kersvashou nie! Wat my verder opgeval het, was die egte vroulikheid van die vroulike diere. Hierdie dames was gereed vir die kalfseisoen en meer as bereid om hulle werk te doen.” Die teel van die PinZ²yl het bewys dat een plus een meer as twee is. Hierdie mediumraamdier is voorwaar ’n besondere kombinasie van voortreflike moedereienskappe, reproduksie-vermoë en vrugbaarheid van die Bos Tauris-tipe uit Europa en die gehardheid wat deur die Bos Indicus-tipe bygedra word. “Alhoewel dit my heelwat langer neem om my beeste slegs op natuurlike weiding slaggereed te kry, bly die diere winsgewend, en ek is vas oortuig dat die diere net so goed sal presteer soos enige ander ras in ’n voerkraal,” sê Dick. P
Vir meer inligting oor die ras wat sy plek vol staan kontak vir Paul Bester by 083-627-6899 of e-pos grootboom@zz2.biz of skakel die Pinzgauer Genootskap by 051-410-0955.
ProAgri 165 – November 2013
17
18
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
Vee & veilings
ProAgri 2014-Kalender Kontak Engela om seker te maak jou veiling of skou is in die kalender! engela@proagri.co.za
Die 2013-Meganisasiegids kos R230 en kan bestel word by 082-828-9531 of koosleroux@live.co.za
Lemoenvlei Herefords
Die lewendige kalf spesialiste. Bulle beskikbaar op Kuruman en Vryburg veilings. Wicus Kruger 083-324-1535
The Sun Pays
hermy@lucret.co.za T 028 215 8917 C 073 180 6471 F 086 691 6046
Bekostigbare songeisers Hittepyp hoĂŤdruk
PO BOX 192 CALEDON 7230
R4 995 R8 495 R11 395 R13 995
5 jaar waarborg
Laedrukstelsels vanaf:
50 liter, 6 buise 100 liter, 12 buise 150 liter, 18 buise 200 liter, 24 buise 250 liter, 30 buise
R2 595 R3 395 R4 295 R5 295 R5 795
Gratis aflewering 100km vanaf Cullinan
Groen-reeks laedruk songeisers 100 liter, 10 buise vanaf R2 195 150 liter, 15 buise vanaf R3 595 Pryse sluit BTW in 2 jaar waarborg
www.proagri.co.za
WEES VERSIGTIG! Ons gebruik die volume IN DIE TENK. Om die buise in te sluit, is nie eties nie 012-734-0915 sunpays@hotmail.com 0860-SUNPAY (086-078-6729) www.TheSunPays.co.za
ProAgri 165 – November 2013
19
AgriGids
Vir al u plaasbenodigdhede sedert 1968 Verskuifbare beeskrale Baallaaiers en -vurke Skale en nekklampe Hooi-ringvoerders Kalfkanteltoestelle Selfvoerders Spuitdippe Landrollers Suipkrippe Laaibanke
Ontwerp en oprig van veehanteringsgeriewe Skakel Ryno Keeve 078-460-3322 of epos keeve@lantic.net
Fabriek: 033-263-1056 Kantoor: 034-325-9960 Faks: 086-548-4790 Sel: 082-871-0123
E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad: www.nmreng.co.za
Damvoerings Dam linings
Reservoir linings
Mesh dams
Earth dam linings
Zinc dams
072 279 3294
www.tatamatarps.co.za
Sleepers for Gardens and Furniture All Lengths, All Grades, Always Available.
TEL: 012-664-5805/7103 CELL: 082-569-8168 jaymel@mweb.co.za
20
ProAgri 165 – November 2013
www.sleepersales.co.za
www.proagri.co.za
AgriGids
Hanteer
1 ton massasak met 60 kW trekker.
Versa The Versa Stove is a highly efficient and clean burning wood and charcoal stove, using at least 50% less fuel while producing 70% less smoke and emissions. It is safe, rugged, mobile, simple to use and easy to clean.
Plancha The Plancha stove works like the Versa, but has two combustion chambers for simultaneous cooking, a stainless steel chimney and a large cast iron griddle.
www.restio.co.za / 021-850-0771 / admin@restio.co.za www.proagri.co.za
ProAgri 165 – Novemberr 2013
21
AgriGids
Ons los probleme op! • • • • • • • •
Ons studente kry opleiding in: BBP-beskerming Forensiese ondersoeke Taktiese beveiliging Selfverdediging Spoorsny en oorlewing Navigasie Duikwerk en bootvaart Wapenhantering ...en vele meer.
Doen NOU aansoek. Volgende keuring 9 -11 Desember 2013.
Opedag 2013 23 November 2013
Skakel Frik Wentzel by 083-481-0107 www.bastiontraining.com ilzewentzel@mweb.co.za | deon@bastiontraining.co.za
22
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
AgriGids
TRIPROD
Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbou produkte
Tel: 012-548-4774 Faks: 086-545-9977 info@vivacraft.co.za “Volledige reeks graan hantering en bergingstoerusting”.
www.vivacraft.co.za
Ons bied ’n wye reeks weidingsgewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447-2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein
www.proagri.co.za
ProAgri 165 – November 2013
23
AgriGids Kontak ons: Tel: 018-673-0224 / 082-859-0904 E-pos ons: info@nictrailers.co.za Web: www.nictrailers.co.za
SLEEPWA SOEK ’n BUL-BOER…
Plastic Droppers
ring e w e l f A k moontli
Nou vir ons nuwe Y-paaltjie: - Sterk en rigied - Vuurbestand - UV beskermend - Goedkoper as hout of staal! - Tussen- in paaltjie, vervang NIE Y-paaltjie nie
Net R4 per meter!
Ideaal vir: - Die stut van jong bome en plante - Draadheinings soos “Bonnox” - Heinings in bergagtige- en vleigebiede - Groente in tonnels - Geen isolators nodig
Ons GEWILDSTE wa – NIC 12 : 3 x 1,6 x 1,8 met 16” Wiele, Bul-skeiding uithaalbaar en monteer teen sykant van wa, Ramp, Veiligheidspype, Verbeterde inloopstelsel, Is ook beskikbaar in dubbeldekker met 2 600kg Knott haak en nog vele meer!
Ons bou ‘n doelgeboude wa volgens jou KEUSE en ruil waens in! 27 Waens beskikbaar op ’n spesiale aanbod, terwyl voorraad hou!
MOENIE VERDER SUKKEL NIE, KOM KOOP HOM EN GENIET HOM – DIT IS ’n GOEIE BELEGGING! 24
ProAgri 165 – November 2013
Solied met riwwe Net R3 per meter!
Plastic dropper:
- Baie sterk en solied - Liggewig - Unieke greep ontwerp: riwwe - UV beskermend vir 20 – 30 jaar - Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) - Ideaal vir elektriese heinings - Goedkoper as hout of staal!
Isak Tel: 083-250-5363 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za
Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%
www.plasticdroppers.co.za www.proagri.co.za
AgriGids
Wildswa
4 m Grondpadwa
4 Verskuifbare kompartemente Rubbermat vir gly Lug en dreineringsgate Agterdeur en kantdeur Dakdeure vir inspeksie 2 x 2,5 ton aste 3,5 ton remkop LED ligte 15’’ bande Spaarwiel ingesluit Natuurbewaring goedgekeur
5 Pilare 2,5 mm vloerplaat Trokvere LED ligte 15’’ bande Channel onderstel Agterhek swaai & skuif Middelhek verskuifbaar Kanthek 3,5 ton remkop 2 x 2,5 ton aste Spaarwiel ingesluit Rubberkaste R3 000 extra
R74 900
R51 900
BTW ingesluit
BTW ingesluit
Epos:
3,2 m Rondeneus Dubbeldekker Sleepwa Nuwe ontwerp Sleepwa sleep gerieflik Klippe slaan nie terug na voertuig nie Ekstra laairuimte Kanthek 38 mm plank Mat vir gly Middelhek Agterhek swaai & skuif Spaarwiel ingesluit
R41 400
BTW ingesluit
Faks:
VERMILLIAN VERF
Sedert 1980 Since
Sedert 1980 jou nuwe dimensie in verftegnologie
Solar Aircon
Vloerseëlende rubberisering
Hitteweerkaatsende dakverf, isoleer koue, keer uitsetting en inkrimping deur nanotegnologie. 20 L @
Maak maklik skoon, bestand teen alge en bakterieë, verhoed vrotpootjie.
Rooi/Grys Oksied Staalonderlaag, voorkom roes en verwering
Distemper Neutraliser
5 L @ R119.99
5 L @ R249.99 NUUT! Oos-Kaap: 079-925-4472
R769.99
Regstreeks van die fabriekswinkel Dubbel Veniel muurverf Binne en buite, akrilliese basis, wasbaar, 10 jaar lewensverwagting.
Seël alle oppervlaktes, dood bakterieë, verlaag mortaliteit by vee.
Aluminiumverf Vir finale staalbedekking, verdunnerbasis, bleikbestand.
20 L @ R489.99
5 L @ R209.99
Dak- & plaveiselverf
Verust
10 jaar lewensverwagting, UVen waterbestand, super akrilliese afwerking.
Korrosiebestand, roesbehandeling en –voorkoming, verf regstreeks op roes, onderlaag.
Vanaf 20
www.proagri.co.za
20 L @ R829.99
L @ R579.99 Nou! 5 L @ R479.99 www.vermillianpaint.com Vermillian BlackBerry pin:20C6F59A
Fabriek: 010-591-1010 012-335-4218 Eloffsdal: 012-335-0330 Elarduspark: 012-345-4273 PTA Wes: 012-327-2972 Gezina: 012-329-0101 Bon Accord: 087-830-2257 PTA-Noord: 012-546-3350 Capital Park: 012-335-4124 Faks: 086-615-8613 Oos-Kaap: 079-925-4472 Agente: Springs: Alwyn 072-192-2106 Noord-Kaap: Nisan 081-044-9708 Wes-Kaap: Jaques 084-091-4528 Vrystaat: John 083-628-5688 Volg ons op
ProAgri 165 – November 2013
25
AgriGids
Gesteelde telefoondrade of selfoonsein jou probleem? Die Suid-Afrikaanse boerdery- en sake-omgewing bied boere unieke uitdagings... veral as jy in ’n afgeleë gebied woon of werk. AOS voorsien ’n draagbare, koordlose telefoonverbinding, via selfoonnetwerke, wat in die meeste dele van die Republiek kan werk – sonder kabels.
ons kan help...
Access Office Systems. Ons oplossings – jou sukses. Ons bied ’n voorafbetaalde (prepaid) diens aan almal, groot of klein.
Hier is ons pryse: R1 250 BTW ingesluit (handstuk, SIM-kaart- en aktiveringskoste). LET WEL: • 90 - sent per minuut, enige netwerk, enige tyd. • R13 maandelikse administratiewe fooi
Voordele: • 90 sent per minuut • Uitstekende sein in afgeleë gebiede • Herlaaibare battery • GSM-sein
26
ProAgri 165 – November 2013
GEEN GESPESIALISEERDE OPLEIDING OF INSTALLASIE WORD BENODIG NIE. Die telefone word landwyd afgelewer en is onmiddellik geaktiveer en reg vir aksie.
Termes en voorwaardes geld
Skakel AOS by 042-2351-450 of stuur e-pos aan: sales@accessofficesystems.co.za
www.proagri.co.za
AgriGids
Scarab Water Treatment • • • • •
Wastewater Treatment Systems Does your septic tank smell? Has your French drain failed?.... Again? Are you polluting the neighbour’s borehole water? Are you compliant with the National Water act? Would you really like to reuse your water?
• • • • • • • •
Each Scarab System is designed to comply with the National Water act is simple to install, maintain and operate requires NO chemicals (Ozone optional) uses minimal power is almost maintenance free produces clear and odourless water is modular to suit new loadings is sized from the single house to large estate.
The Scarab System is: • Featured in the Dept of Water Affairs best practices guideline policy. • Listed as a top 100 SA company for its technology in 2004, 2005 and 2006 and for receiving the Bio2Biz award in 2006. • A preferred supplier to the Dept of Health - Rural Clinics (KZN). • Featured on SABC Business Update.
Johan Carr
No more honey-suckers needed!! www.proagri.co.za
Cell: 082-535-4576 Tel: 014-736-3463 Fax: 086-736-8267 Email: scarabwaterlimpopo@gmail.com Web: www.scarabsa.co.za ProAgri 165 – November 2013
27
AgriGids 28
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
AgriGids
OMGEWINGSVRIENDELIKE PLAAGBEHEER Onoortreflike gehalte en professionele diens - in Suid-Afrika geteel vir Suid-Afrikaanse vlieë
Hoe werk hierdie program? Vliegparasiete (Muscidifurax raptor) word in ’n insektarium geteel en is beskikbaar in klein pakkies van 5 000. Hierdie parasitiese wespes word gereeld by vliegbroeiplekke op die plaas losgelaat. Die volwasse wesp steek die papie van die vlieg, dood dit in die proses en lê eiers in die papie. Die eiers teer op die dooie vliegpapie en ontwikkel in ‘n wespe. Die wespe broei binne 19-21 dae uit en begin dan die soektog na vliegpapies as voedsel en waarin hulle kan eiers lê.
www.proagri.co.za
BISA het agente landwyd. Vir meer inligting, nader: Besturende Direkteur Arno Moore (PhD) Sel: 083-270-4866 E-pos: arno@bioinsectsa.com
SLIM BEHEER VAN VLIEË
BISA bied u: Vliegbeheer op die natuurlike manier. Langtermyn ekonomiese voordele. Minder chemiese besoedeling. ’n Bemarkingsvoordeel deur omgewingsvriendelike landbouproduksie.
Kantoor Helouise Rumbles Tel: 042-286-0978 E-pos: bisa@bioinsectsa.com
www.bioinsectsa.com ProAgri 165 – November 2013
29
AgriGids 30
ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 165 – November 2013
31
AgriGids
! s d e e n r u o y to g in rd o c c Can be customized a
HuntingBuddy
Game viewer 32 ProAgri 165 – November 2013
www.proagri.co.za