Proagri 168 Februarie

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Elektrisiteit kan skok

Februarie / February 2014 Nr / No 168 ISSN 1042–1558

Laat tegnologie werk

Benut grondvog beter

Voeruitgawe: Sny, baal, kuil en meng reg Meganisasie | Gewasproduksie | Veeboerdery | Hulpbronbestuur

AgriTrader



In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief annie Hannetjie van Du Plooymelkery naby Rayton waar ek my melk en kaas (en die heerlikste tuisgemaakte melktert!) koop, vertel my dat hulle nou R700 per dag meer vir hulle melk moet kry om net die styging in die koste van suiwelmeel te absorbeer. Gelukkig kan hulle grootliks self voorsien in hulle ruvoerbehoeftes, maar dink net hoe lyk die situasie by melkerye, hoenderplase en voerkrale wat meer afhanklik is van voeraankope. Gooi die hemelhoë brandstofkostes in die pakkie, en dan ook nog die ’n Deel van ProAgri se redaksionele nuwe minimumlone wat pas in werspan, Buks Barnard, Annemarie king getree het, dan lyk dit of die wolf Joubert, Engela Botha, Marlien van der redelik na aan die deur begin staan. Westhuizen en Du Preez de Villiers het Die swak randwaarde dra by tot die een Saterdagoggend by Du Plooy-melkery naby Rayton gaan inloer om lekker donker prentjie en die laaste ding wat die geldeenheid nou nodig het, is romerige melk en kaas te koop. daaglikse gewelddadige betogings, swak polisie-optrede en partypolitieke speletjies voor die verkiesing. ’n Regering is veronderstel om die klimaat te skep vir ekonomiese groei en een ding wat ’n verskil kan maak aan die ekonomiese toestand, is ’n verhoging in uitvoere. Die landbou is dié sektor waarna gekyk kan word vir uitvoere. Die bedrywe doen reeds hulle deel met betrekking tot handelsooreenkomste. As die ministers meer aandag hieraan gee en minder aan politieke oorlewing, sal dit nogal help. Maar, om op positiewe trant te eindig, ons jubel saam met die boere wat uiteindelik reën gekry het!

T

Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Voerproduksie 2 Kies die regte voermenger 6 MPO en ALZU bied ’n skitter-kuilvoerdag aan 7 Voermaak met Valtrac: Ontmoet die nuwe Pöttinger 9 Unia: Die droombaler is hier! Meganisasie 11 ’n Skokkende gevaar op elke plaas 12 Boer slim; laat tegnologie die werk doen Gewasproduksie 13 Bestuur jou grondvog met Jumil se hulp 15 Ocmis-kruipspuite laat die wetenskap vir jou werk Hulpbronbestuur 17 Bastion maak jou groot 18 Verblyfreg: is uitsetting die enigste laaste keuse? 19 Belê soos ’n Bul 21 Volg ’n oper benadering tot Undercover Farming Veeboerdery 23 Veediefstal: Rekordhouding is noodsaaklik 24 Ken die koei se uier (3) Gereeld 25 Veilings 28 Genegids 30 AgriTrader

SMARTPUBLISHING FREE MEDIA SPECIALISTS

Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225

www.smartpublishing.co.za Business-to-Business: Agriculture ABC Jul – Sept 2013 39 678 average copies per month Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za

2

Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

9

Bemarkers: Klein advertensies Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za

11

Uitleg & grafika Esta van Niekerk Navrae Engela du Plessis > 0861-777-225 engela@proagri.co.za

13

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za

23

As daar ’n pragtige silwer Mahindra XUV500 by jou plaas se hek indraai, is die kans goed dat ProAgri kom kuier het! Suri Montana in Pretoria voorsien aan ons ’n redaksionele voertuig. Hoor by hulle hoe jy as lid van georganiseerde landbou 5% kan spaar en R10 000 kan wen. Skakel 012-524-9000 en praat met oom Fanie www.proagri.co.za

Die afgelope droogte het weer gewys hoe belangrik voerreserwes vir die oorlewing van diere (en boere) is. Boonop reken die slimkoppe dat voeding selfs belangriker as genetika is vir diereprestasie. Lees binne hoe die boer sy voerproduksieproses kan verbeter en verfyn.

Smart Publishing Bemarkingsbestuurder Anneke Claassen > 0861-777-225 anneke@smartpublishing.co.za Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

1


Voerproduksie

Kies die regte voermenger

ebalanseerde voeding is die grootste enkele bydraer tot enige vorm van diereproduksie; dit is selfs belangriker as genetika, reken kenners. Daarom sorg die verstandige veeboer dat sy diere genoeg van al die nodige voedingstowwe inkry om voortreflik te produseer en te reproduseer. Veral melkboere en voerkrale staan geen kans om winsgewend te produseer sonder volledig gemengde rantsoene nie. Voedingkundiges se dienste word ingespan om die beste, mees gebalanseerde rantsoen vir elke omstandigheid en behoefte saam te stel. Die probleem is dat so ’n rantsoen uit bestanddele met verskillende teksture en in verskillende hoeveelhede saamgestel word – van ’n groot, growwe baal of twee tot ’n klein bietjie poeier van een of ander mineraal en ’n taai melassestroop. Al hierdie verskillende bestanddele van die rantsoen moet

G

behoorlik en eweredig vermeng word sodat elke dier presies die regte hoeveelheid en samestelling van voedingstowwe kan inkry. Dis waar die voermenger sy belangrike rol speel. Die voermenger moet sorg dat elke dier op presies die regte tyd presies die regte voer ontvang en dat elke bekvol presies die regte samestelling van voedingstowwe het. Die voermenger wat die naaste daaraan kom om hierdie doel te bereik, is die regte voermenger vir jou boerdery. Heel eerste moet die boer besluit of hy ’n vasstaande voermenger wil hê, of ’n selfaangedrewe of sleepvoermenger. Die meeste boere verkies ’n beweegbare voermenger wat deur ’n trekker gesleep word en waarvan die mengmeganisme met die kragaftakker aangedryf word. So ’n menger ry tussen die verskillende voerbronne om sy pens vol te maak terwyl hy alles wat

Horisontale mengers beweeg makliker in skure waar die dakhoogte beperk is. 2

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

inkom meng. Dan ry hy al mengende na die diere en lewer die gemengde voer netjies in die krippe af met ’n spesiale aflaaigeut. Vir groter kuddes is daar ook selfaangedrewe voermengers – sommiges met ’n kuilvoeruithaalarm wat kuilvoer netjies en sonder vermorsing of onnodige versteuring uit die kuilvoersloot haal en in die menger se pens besorg. Afhangende van die boer of voerkraal se omstandighede, kan ’n groot, vasstaande voermenger ook nuttig te pas kom, veral waar baie groot dieregetalle ter sprake is. Die verskillende voerkomponente word na so ’n menger aangery of met voergeute van silos af daarin gestort. Die menger meng die rantsoen terwyl die voerwa ry om die vorige mengsel aan die dier te gaan opdien. Die boer wat ’n vasstaande voermenger oorweeg, moet ’n paar belangrike aspekte in ag neem: • Daar moet voerwaens wees om die voer van die menger na die diere te neem en maniere om die voerkomponente by die menger te besorg. Dit beteken ’n bykomende koste teenoor die mobiele voermengers wat sommer self na die voerbronne ry en ook self die voer in die krippe aflaai. • As die krippe ver van die vasstaande voermenger af geleë is en veral as die pad stamperig is, kan swaarder voerkomponente tydens die rit na onder skud sodat die voermengsel dalk nie meer homogeen mag wees wanneer dit by die diere aankom nie. • Vasstaande voermengers word gewoonlik elektries aangedryf. Die moontlikheid van kragonderbrekings moet in gedagte gehou word en daar www.proagri.co.za


moet ’n plan wees om dit te bowe te kom, want diere kan nie vir hulle voer wag nie. Wat moet ’n voermenger kan doen? ’n Voermenger is ’n duur masjien wat ’n sleutelrol in jou boerdery speel, daarom moet jy ’n voermenger kies wat presies kan doen wat jy van hom verwag. Voersamestellings en boerdery-omstandighede verskil, daarom sal die voermenger wat vir jou buurman geskik is, nie noodwendig die regte een vir jou wees nie. Nogtans moet alle voermengers vir alle toepassings aan die volgende vereistes voldoen: Betroubaarheid Diere moet elke dag eet en hulle kan nie wag vir hulle kos nie. Net een voersessie wat skeefloop kan jou winsgewendheid erg knou. Daarom moet jou voermenger honderd persent betroubaar wees. Geen boer wil ooit oor ’n naweek, wanneer daar nie arbeid beskikbaar is nie, voer met grawe meng en met kruiwaens na die krippe aanry omdat ’n ontroue voermenger hom in die steek gelaat het nie. Vergewis jouself dus heel eerste daarvan dat die verskaffer sy produk 24 uur per dag, sewe dae per week ondersteun en sal sorg dat al die onderdele, diens en, indien nodig, leentoerusting onmiddellik beskikbaar sal wees sodat jy jou diere sonder haakplek kan voer – selfs op Sondae. Hoor by ander boere in jou omgewing watter tipe diens hulle by voermengerverskaffers gekry het. As die verskaffer wat ’n voermenger aan jou

wil verkoop net ’n enkele boer ’n enkele keer in die steek gelaat het, sal dit raadsaam wees om liewer ’n ander verskaffer te kies, al lyk hierdie een se menger hoe mooi. ’n Mooi menger wat nie werk wanneer jy hom nodig het nie, is nie ’n bate nie. Kundigheid Gesels met die verskaffer en bepaal of hy veevoeding verstaan en jou goeie raad kan gee. Die volgorde waarin die verskillende voerkomponente in die voermenger gelaai word, maak byvoorbeeld ’n groot verskil aan die doeltreffendheid van die werking. Kan die verskaffer jou hieroor raad gee of verkoop hy maar net ’n masjien wat ’n klomp goed deurmekaar krap? Deeglikheid ’n Voermenger wat sy sout werd is, weeg elke voerbestanddeel akkuraat af en meng dit deeglik om voerdoeltreffendheid te verseker. Die menger se pens moenie snaakse hoekies hê waarin voerkomponente kan vassteek, aanpak en wegkruip nie, hy moet geen blindekolle in die mengaksie hê nie, hy moet alle materiaal behoorlik deur die hele bak sirkuleer om dit deeglik te meng en hy moet sy vrag volledig aflaai sodat daar nie voer agterbly wat ander mengsels agterna kan beïnvloed nie. Stewigheid Geen stuk boerderytoerusting mag pieperig wees nie. Die regte voermenger is sterk en stewig met dik wande en ’n vervaardigersreputasie vir

gehalte, duursaamheid en langlewendheid. Doelgeskiktheid Maak seker dat die voermenger die materiaal wat jy gemeng wil hê kan hanteer: verskillende soorte bale, kuilvoer, meel, melasse, graan, knolgewasse soos voerradyse as dit deel van jou rantsoen uitmaak, water, minerale en selfs medisyne volgens jou besondere behoefte. Sagte werking ’n Doeltreffende voermenger werk deeglik en meng vinnig, maar sagkens sonder om voerkomponente in koeke te knoop of tot poeier te maal. Bietjie of baie Maak seker dat die voermenger wat jy oorweeg die volle kapasiteit waarvoor hy geadverteer word en waarvoor jy betaal kan meng, maar dat hy ook klein hoeveelhede voer doeltreffend kan meng vir kalwers of droë koeie, as dit soms in jou boerdery nodig is. Vraatsigheid Party voermengers is lekker vraatsugtig as dit by die trekkerkrag wat hulle benodig (en dus die dieselverbruik) kom, terwyl ander minder krag verg om dieselfde werk te doen. Maak seker dat die trekker wat jy beskikbaar het genoeg krag het vir die voermenger wat jy aanskaf. Onthou dat meer krag vereis word as jy sleep terwyl jy meng; veral teen bulte uit en in sand- of moddergrond. Sommige voermengers meng doeltreffend teen ’n rapsie bo luierspoed

Vertikale voermengers is duurder en vereis meer trekkerkrag, maar hulle werk baie goed baie goed met grasbale en meng baie doeltreffend. www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

3



en ander verg hoë omwentelinge en ’n lang mengtyd. Hou brandstofekonomie, trekkerenjinlewe en tyd in gedagte wanneer jy ’n voermenger kies. Ware mengkapasiteit Sommige mengers kan net doeltreffend meng as hulle net 60% tot 90% volgemaak word. Vra die verskaffer watter persentasie van die voermenger se bakinhoud kan hy werklik doeltreffend meng. Kom wys op die plaas Voermengers is duur en dit is noodsaaklik dat die boer die volle waarde vir sy geld kry. Maak doodseker dat die voermenger wat jy koop presies kan doen wat jy van hom verlang. Dring daarop aan dat die verskaffer die menger wat hy aan jou wil verkoop op jou plaas kom demonstreer met die materiaal wat jy van plan is om met hom te meng. Wanneer ’n voermenger gedemonstreer word, kyk na die volgende: • Kyk bo by die voermenger in terwyl hy werk. Sirkuleer die materiaal ordentlik deur die hele bak of beweeg dit net op en af? • Voeg iets met ’n ander kleur by, soos witmieliemeel. Hoe gou raak dit deeg-

lik vermeng? • Laat jou voedingkundige die klaargemengde voer toets. Is dit deeglik vermeng? Is monsters wat aan die begin, middel en einde van die aflaaiproses geneem is dieselfde of dis die menger verskillende mengsels aan jou diere op? • Is die snitlengte van hooi soos jy dit wil hê? Dit is belangrik, want ’n korter snit word vir voerkraalbeeste vereis en ’n langer snit vir melkkoeie. • Wat sê jou trekker? Loop hy lekker losweg met die voermenger, of kreun en sukkel hy? • Sit die voermenger se aflaaigeut aan die regte kant en op die regte hoogte vir jou krippe? Is hy verstelbaar? Laai hy netjies en doeltreffend af sonder om te mors? Vertikaal of horisontaal? Daar is verskeie soorte voermengers beskikbaar, maar die gewildste twee in Suid-Afrika is die een met een, twee, drie of vier horisontale awegare en die vertikale een met een of twee skroewe. Horisontaal Die horisontale voermenger het oorlangs in sy pens wurms wat teenoor mekaar draai om die voer te laat sirkuleer.

Lemme aan die awegare sny hooi teen keerplate teen die wand van die menger. Dit werk goed met lusernhooi, maar sommige horisontale mengers werk soms nie goed met gras nie omdat dit om die awegare opdraai. Dit word aanbeveel dat boere met horisontale voermengers hulle grasbale vooraf met ’n baalontstrengelaar moet lostrek. Horisontale mengers is laer en platter, sodat hulle makliker in skure, waar die hoogte beperk is, beweeg. Vertikaal ’n Vertikale voermenger het een of twee spits skroewe wat die voer van onder na bo in die middel en dan langs die kante van die bak weer na onder sirkuleer. Hierdie mengers werk baie doeltreffend met bale, maar veral melkboere moet daarteen waak om hooi te fyn te sny. Vertikale voermengers is duurder en vereis ook meer trekkerkrag. Sorg vir jou menger As jy wil hê jou menger moet jou lank en getrou dien, moet jy hom gereeld versien. Maak hom gereeld skoon en verwyder alle aanpaksels. Kalibreer die skaal gereeld aan die begin, middel en einde van die laaiproses. Stomp messe laat jou trekker harder werk en verlaag die gehalte van die voer. Vervang of slyp stomp messe, ghries die menger gereeld en gaan die olievlakke in die ratkaste na. P

Die meeste voermengers wat in Suid-Afrika gebruik word, word met trekkers gesleep en aangedryf, maar vir groter kuddes kan ’n selfloper ’n sinvolle keuse wees, veral met so ’n nuttige arm wat kuilvoer netjies uithaal en in die menger se pens besorg.

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

5


Voerproduksie

MPO en ALZU bied ’n skitter-kuilvoerdag aan veearts van Middelburg Dierehospitaal, het sy sessie in ’n vraag-enantwoord formaat aangebied. Een van die vrae het gehandel oor hoekom beeste rooiwater kry ten spyte daarvan dat hulle ingeënt is: “Hoekom vrek diere van rooiwater? Die enigste rede is dat hulle nie weerstand het nie…” Hy sê ’n kalf wat geZulu du Toit, eienaar van ALZU, en Geoffrey bore word van ’n koei wat Burnetz, eienaar van Middelburg Ford. ’n hoë immuniteit het en binne agt uur aan haar ie eerste kuilvoer- en hooimaakdag drink, sal vir twee maande beskerm wat die Melkprodusente-organisasie wees teen rooiwater. ’n Kalf wat binne (MPO) in samewerking met ALZU by twee maande vrek, se ma het dus nie hulle hoofkantoor naby Middelburg voldoende immuniteit gehad nie. Dit aangebied het, was ’n skitterende sukbeteken die ma moet betyds ingeënt ses. Byna 300 boere het op 23 Januarie word. opgedaag om na die sprekers te luister Vanaf twee tot ses maande volg ’n inen al die uitstallers se produkte te teressante proses van natuurlike weerbewonder. stand. Dis ’n wetenskaplike feit dat ’n Prof Robin Meeske, ’n dierewetenkalf van twee tot ses maande nie rooiskaplike van die Outeniqua-navorsingwater kan kry nie. As ’n kalf tussen 2 en stasie buite George, het gesels oor die 6 maande vrek, is rooiwater hoogs ongewaskeuse vir kuilvoer en hooi en die waarskynlik die rede. In die tyd moet praktiese aspekte rondom die maak en die kalf dus aan rooiwater blootgestel berging daarvan. word om natuurlike immuniteit op te “As ons mielies wil inkuil, moet ons bou. Die twee tot ses maande oue kalf die pitte dophou. Sodra dit begin inmoet deur ’n besmette bosluis gebyt duik, moet dit verwerk word, want jy word, of geënt word om weerstand op kan tot tien persent materiaal verloor te bou. “Let wel, dit móét ’n besmette as jy te lank wag,” sê hy. bosluis wees...” “As die droëmateriaal onder 25% is, Omdat ’n mens nooit seker is of die drup daar nog vog uit. Moenie begin bosluis besmet is nie, is die veiligste kerf voor die droëmateriaal bo 28% is roete maar om die kalf te ent. nie. ’n Praktiese waarneming is dat die Mnr Richardt Venter van Vitam Interdroëmateriaal met 0,5% per dag vernational het gepraat oor die struikelhoog. Die gewenste kerflengte is tussen blokke wat kan opduik wanneer boere 15 mm en 19 mm.” kuilvoerkontrakteurs gebruik. “Ons moet Dr Neil Fourie, ’n gifkundige en onthou dat kontrakteurs so vinnig as

D

Dr Neil Fourie, ’n gifkundige en veearts van Middelburg Dierehospitaal. 6

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

Prof Robin Meeske, ’n dierewetenskaplike van die Outeniqua-navorsingstasie buite George. moontlik werk en kan nalaat om die kuilvoer behoorlik vas te trap. Hoe groter die hoop, hoe langer moet daar vasgetrap word om dieselfde resultate te kry.” Lug is kuilvoer se vyand. Die kuilvoerhoop moet so deeglik as moontlik vasgetrap word en so dig as moontlik toemaak word om die maksimum lug uit te hou. Die hoop moet so toegemaak word dat diere nie daar naby kan kom nie. Sodra die kuilvoerhoop oopgemaak word, moet die boer fyn let op sy kuilvoerhoop se aansigbestuur, afgesien daarvan of die kuilvoer met die hand of met masjiene weggewerk word. Bertus de Jongh, hoofbestuurder van die MPO, sê dat die dag se sukses toegeskryf kan word aan die geesdrif van die organiseerders, die behoefte aan inligting en die gevorderde masjinerie wat die aandag trek. ’n Soortgelyke kuilvoerdag word op 20 Februarie op die plaas, Wolvenfontein, buite Lichtenburg gehou. Daar sal ook demonstrasies van hooimaaktoerusting wees. Toegang is gratis vir MPO-lede. P

Paul, Piet, Nico en Gerrie du Toit, die vier broers en direkteure van ALZU. www.proagri.co.za


Voerproduksie

Voermaak met Valtrac: Vlieg oor die veld met Pöttinger se lang vlerke ie grootste drie-eenheidsnyer in die wêreld is hier om die SuidAfrikaanse boer se voermaaktaak drasties te versnel! Valtrac het onlangs die Pöttinger Novacat S12 begin invoer. Dries Duvenage en sy seun, Abraham, boer buite Devon intensief met gras en hulle het een van hierdie reuse aangeskaf. Pa, seun, ma en almal wat kom kyk is hoogs beïndruk met die resultaat. Die Duvenages sny elke jaar 430 hektaar oulandsgras en het lankal besef dat dit die moeite werd is om net die beste toerusting aan te skaf om die werk so maklik en kostedoeltreffend as moontlik af te handel – sonder staantyd en sukkeltyd wat die boer se wins vreet. Hulle maak maklik so 11 000 ronde bale, waarvan hulle 2 000 uithou vir hulle eie Beefmaster-stoet. Die res van die bale word meestal aan perde-eienaars in die stede verkoop. As die reën vroeg genoeg kom, kan hulle selfs ’n tweede snysel wen. Maar om dit reg te kry, moet ’n mens vinnig en skoon kan sny en daarom gebruik hulle net die beste toerusting.

D

snyer sny, net so gou en gemaklik is dit om hom tot by die land en tussen verskillende lande te vervoer. Hy vou sy vleuels netjies hidroulies op tot ’n padwydte van ’n skrale 2,2 meter sodat hy losweg deur enige plaashek kan glip.

Onderhoud is een, twee, drie As jy ’n Novacat S12 besit kan jy nie kla dat onderhoud tydrowend of Wanneer die Novacat S12 sy vleuels laat ingewikkeld is nie. Abraham sak en oor die gras vee lyk dit soos ’n demonstreer hoe een van die 54 vliegtuig wat teen die grond verbyswiep, lemme onderaan die skywe uitgeterwyl die gras netjies aan die agterkant haal en omgedraai word sodat die omval, met bitter min stremming op die ander snykant gebruik kan word trekker se enjin. nog voordat jy “Allamoses, maar dis maklik” kan sê. Vir die takie is daar bedank en ek en my pa moes maar self ’n spesiale hefboom byderhand aan die agter die stuurwiele inspring. Aanvanklik snyer se raam gemonteer. Dit kan gouwas ons maar skrikkerig, maar nadat gou elke oggend gedoen word om die ons op die internet gekyk het hoe die maksimum diens uit elke lem te haal, sê Europeërs dit met hulle spoggerige Abraham. toerusting doen, was ons ook lus om die “Met die nuwe snyer het sake nou so roete te volg. My ma het ook kans ontwikkel dat ek volstoom aan die hark gesien vir een van die trekkers en sy moet wees terwyl my pa alleen sny, anhet dit ’n japtrap baasgeraak. ders sny die Novacat skoon onder die “George Cilliers van Valtrac het res van die proses uit. Met die vorige destyds die Pöttinger-snyers aanbeveel enkelvleuelsnyer moes ons twee en ons het drie jaar gelede die Novacat trekkers met twee snyers gebruik.” P 442-enkelvleuelsnyer en ’n voorgemonLeer by Europa teerde snyer gekoop. Ons brandstofverValtrac het die oplossing vir elke boer “Ons twee werkers het destyds saam bruik het drasties gedaal en die se voermaakbehoeftes. Vir meer hantering van die werktuig was een inligting, praat met George Cilliers by groot plesier. 082-881-4855, 056-817-7308 of “In Desember verlede jaar móés ons george@valtrac.co.za. Besoek gerus toe net die S12 met die dubbelvleuels ook www.valtrac.co.za. aanskaf toe hy in die land aankom,” sê Abraham. “Saam met die voorste snyer is die Novacat se snywydte 11,2 meter, wat beteken dat ons 10 hektaar binne ’n uur kafdraf. Ons brandstofverbruik is nou so laag dat dit ons slegs 4 liter diesel gebruik om ’n hektaar te sny! “Die agterste twee vleuels word Pa Dries (regs), Ma Marietjie en Abraham Duvenage, gras- en beesgestel sodat dit presies begin sny Abraham Duvenage is met reg trots op boer van Devon, beduie hoe maklik waar die voorste eenheid se reikdie groot aantal bale wat hulle per dag en vinnig die Novacat S12 se lemme wydte ophou. Daar is dus geen kan maak as gevolg van hulle vervang kan word met die spesiale oorvleueling of gapings tussen die Pöttinger Novacat S12 se vinnige en hefboom wat byderhand aan die voorste en agterste eenhede nie.” netjiese snywerk. snyer se raam gemonteer is. Net so snel soos hierdie reuse www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

7


Suri Montana gee om vir boere. • 5% afslag vir lede van georganiseerde landbou

vanaf

R161 995

vanaf

R169 995

• Na elke 15 verkope aan die boere, is daar ’n R10 000 trekking in die boerpot.

vanaf

H/A Mahindra Montana

Breedstraat 501, Montana Park, Pretoria

R134 995

Jaco Liebenberg

012-524-9000 / 084-553-8675 jaco@surimontana.co.za

Besoek gerus ons webblad by

www.surimontana.co.za vir ons volledige reeks fabrikate

8

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


Voerproduksie

Unia: Die droombaler is hier!

Die baler waaroor boere gedroom het: Barloworld Agriculture se Unia kos minder, loop goedkoper, vereis minder trekkerkrag en baal beter en vinniger vir swaar, kompakte, stewige, ekonomiese bale. Dit baal enige gewas, tot mielie- en suikerrietreste, sonder sukkel. y is hier! Die baler waaroor die boer gedroom het! Doeltreffend, betroubaar, veelsydig, taai en sonder om ’n baal geld uit die boer se sak te jaag. Dit is Barloworld se spiksplinternuwe staatmakerbaalmaker, die Unia. Unia-rondebalers is deeglik in alle omstandighede en met alle gewasse getoets en moes al hierdie toetse met vlieënde vaandels hier in Suid-Afrika slaag voordat Barloworld Agriculture tevrede was dat dit Suid-Afrika se boere na behore sal dien. Of jy gras wil baal of koringstrooi, mieliereste of selfs suikerriet, Unia tel elke keer die materiaal netjies, skoon en volledig op en gee jou elke keer, sonder om te stuit of te sukkel, ’n perfekte, netjiese, stewige baal. Unia-rondebalers word in Unia se Famarol-fabriek in Pole vervaardig volgens die Deutz Fahr-patent wat Unia gekoop en verbeter het tot vandag se kostedoeltreffende, lae-onderhoudbaler wat teen ’n hoë spoed kompakte, swaar, netjiese bale lewer. Barloworld voer een model in: die Unia DF 1.8 met sewentien rollers, wat ’n baal van 1,2 x 1,2 meter maak. Die boer kan kies of hy sy bale met tou of met net, wat as ’n opsie aangebied word, wil bind. Afgesien van die Unia se uiters boervriendelike aankoopprys, bespaar die baler ook geld deurdat dit met ’n kleiner trekker van net 55 kW aangedryf kan word. Dit is die resultaat van vernuftige ontwerp:

H

www.proagri.co.za

• Die opteller van 2,1 meter wat lang en kort materiaal kan optel, laat jou die voordeel om ’n breë windry te maak wat vinnig droog word en tyd bespaar. • Die rollervoerder, met sy verspringende penne, voer die materiaal gelykmatig en egalig in die baler in sonder om bondels te maak. Die gelykmatige voerproses sorg dat die trekker egalig loop sonder dat dit meer krag moet lewer om die bondels te verwerk. • Die sewentien hoëkoolstofstaalrollers wat die baal in die Unia se baalkamer vorm, is wat vorm en grootte betref spesiaal ontwerp om met die minste trekkerkrag die beste bale te vorm en nooit ’n baal te laat vassteek nie. • Selfs die baalkamer se agterdeur het ’n meganiese haak en sluitmeganisme sodat dit genoeg saampersdrukking vir die vorming van ferm bale verskaf sonder dat dit heeltyd met hidrouliese druk toegehou hoef te word. Maar dit is nie waar die Unia ophou om die boer se lewe makliker en lekkerder te maak nie. Die kettings word outomaties met olie gesmeer elke keer as die baalkamer se deur oop- en toegemaak word. Om die boer tyd te bespaar word die rollerlaerhulse met ’n sentrale ghriespunt geghries. Die rollerlaers kan binne die laerhulse beweeg om spanning op die rollerlaers te verminder en sodoende ’n langer rollerlaerlewe te verseker. Met amper alles outomaties aan ’n

Unia-baler, is dit enige operateur se droom. Hy word deur enige trekker van 55 kW of meer aangedryf, en is geskik vir ’n kragaftakkerspoed van 540 met die opsie van 1 000 opm. Die Unia se trekstang is hoogteverstelbaar en aanpasbaar vir enige trekker se haakpunt. Baaldigtheid kan verstel word deur ’n pen op en af te stel op die haakmeganisme van die baaldeur en al wat dan vir die boer oorbly, is om wydsbeen oor die windry te ry. Die Unia tel die materiaal sorgsaam op en vorm die volmaakte baal heeltemal vanself. Sodra die baal gevorm is en die bindproses met die dubbelaksiebinder begin, gaan ’n liggie en toeter op die afstandbeheer by die operateur aan om hom in te lig om die trekker te stop en te wag dat die bindproses klaarmaak en die baal uitrol voordat met die volgende baal begin word. ’n Opsie wat heelwat boere sal verkies, al kos dit meer, is die Unia met Roto-Cut. Dit beteken dat die rotorvoerder in kombinasie met messe wat onderaan die invoerbodem gemonteer is werk, wat die materiaal in lengtes van 70 mm sny voordat dit in die baalkamer ingevoer word. Dit stel die boer in staat om meer materiaal in elke baal saam te pers en maak dit ook makliker om die bale net so vir vee te voer. Die RotoCut-lemme kan ook hidroulies vanaf die trekker teruggetrek word om dan weer ’n normale baal te baal. Vir boere wat hulle bale met ammoniak wil behandel terwyl hulle gevorm word, is daar ook ’n opsie met ’n vloeistoftoediener beskikbaar. Een ding waaroor Barloworld Agriculture se mense staalsterk voel, is dat die boer se baler hom die absolute minimum, en verkieslik geen, staantyd moet besorg nie. Daarom bied Barloworld Agriculture net getoetste, bewese werktuie aan, maar daarom ook het hulle die Unia eers beskikbaar gestel nadat hulle seker gemaak het dat hulle genoeg onderdele het om boere enige plek in die land soos blits te voorsien sodat hulle deurgaans fluks aan die baal kan bly. P Vir meer inligting oor die bekostigbare, betroubare, ekonomiese Unia-baler, praat met Henry van Vuuren van Barloworld Agriculture by 083-641-9151 of 011-898-0387 of hjvvuuren@bwagri.co.za. ProAgri 168 – Februarie / February 2014

9



Meganisasie

’n Skokkende gevaar op elke plaas deur Du Preez de Villiers is nie elke boer se taak of talent om al die draadwerk van elektronika en elektrisiteit te kan ontrafel nie. Nogtans is dit noodsaaklik dat geboue soos melkstalle, pomp-, koel-, en slagkamers, lêbatterye, hoenderhokke en enige plek waar elektriese masjinerie werk, se elektrisiteit deurentyd onderhou word: enersyds om te sorg dat alles steeds klopdisselboom werk en andersyds om te verhoed dat dit ’n gevaar vir mens en dier inhou, of selfs die einde van jou boerdery beteken… Gerhard Boshof is ’n spesialis in die outomatisering van aanlegte en fabrieke

D

So lyk ’n verdeelkas wat dadelik afgekeur sal word en baie skade ten opsigte van staantyd sal veroorsaak. en hy lewer gereeld dienste op plase. Wat hom ontstel, is dat die elektriese installasies op byna elke plaas waar hy kom, nie aan die basiese veiligheidstandaarde voldoen nie. Oop stroom hou nie net geweldig baie gevare vir mens en dier in nie, maar die owerheid kan ’n plaas se elek-

Die groot sondebok en kopseer by enige eiendom se kragvoorsieningspunt is maar die aardpen. Hier wys Gerhard hoe hy die omsetter (transformator) se paal en aardpen op sy plaas met lemmetjiesdraad omhein het om te verhoed dat dit beskadig of gesteel word.

www.proagri.co.za

trisiteit vir ’n onbepaalde tyd afskakel totdat die boer die probleem uitgestryk het. Dit is belangrik om daarop te let dat inspekteurs kommissie kry vir elke boete wat hulle kan uitskryf. Verder betaal die versekering ook nie uit vir ’n brand as die eiendom se elektriese sertifikaat nie in orde is nie. Die plaaseienaar is aanspreeklik “Ek was onlangs op ’n hoenderplaas wat amper 300 000 kuikens op ’n slag voer en die toestand van die bedrading was chaoties!” vertel Gerhard. “Die stroombrekers het los uit die kaste gehang of was in die veld aan los drade gekoppel. Die drade is ook sommer om waterpype vasgewoel en toevoerkabels se laste is met plastieksakke toegemaak. Die operateurs moet gereeld hulle hande in die onbeskermde, oop verdeelkaste druk om elke funksie aan en af te skakel, wat ’n resep vir ’n tragedie is. “Ek is bevrees as ’n inspekteur daar opdaag, sal dit die boerdery se einde beteken, want net die verliese in staantyd om die krag te herstel, sal miljoene rand beloop,” sê hy bekommerd. Aardbeveiliging is ’n kopseer Koper bly maar ’n gewilde item vir metaaldiewe en swartmarkhandelaars. Koper is ook die materiaal waarvan aardpenne gemaak word, en boonop moet dit verkieslik in die oopte in die grond ingeslaan word waar dit ongelukkig nie maklik beskerm kan word nie. ’n Trekker kan dit maklik omry of slootgrawers kan dit raaksteek. Die beaardingsgeleier stuur enige krag wat nie in ’n voltooide stroombaan loop nie, met ander woorde ‘lek’ en gevaarlik is, weg in die aarde in. Met ’n verskil van so min as 25 volt tussen die neutraal en die aard by die hoofverdeelbord gemeet, moet die kragtoevoer afgeskakel en herstel word.

Gevaar! ’n Stroombreker wat in die veld aan los drade hang. punt. Die grondbeginsel is dat ’n kind sy handjie daarin mag steek en dan aan niks mag raak wat gevaarlik is nie. En ’n kind se hand is klein. Die verskillende stroombrekers moet duidelik gemerk wees en die regte dikte kabel moet vir elke toepassing gebruik word. Die hoofskakelaar moet ook alles kan afskakel. Die verdeelkas moet minstens ’n halfmeter van die grond wees en ’n kind of dier mag nie naby die kas kan kom nie. Gesonde verstand Die belangrikste beginsel vir veiligheid met elektrisiteit is doodgewone gesonde verstand. Gesonde verstand sê vir die boer dat alle elektriese installasies aan die bestaande veiligheidstandaarde moet voldoen, dat dit deur behoorlik gekwalifiseerde mense aangebring of nagegaan moet word en dat daar geen moontlikheid mag bestaan vir enigiemand om met oop geleiers in aanraking te kom nie. P

Geslote verdeelkas Die verdeelkas is die volgende kritiese

Gerhard Boshof wys hoe lyk die drie dokumente wat elke boer in sy hand moet hê. Die boonste een is die COC (Certificate of Compliance), wat elke slag opgedateer moet word as die geringste elektriese verandering op die plaas aangebring word. Die middelste een is die SANS10142 bedradingsstandaard en onderaan is ’n opsomming van die Gesondheidswet (Occupational Health and Safety Act). ProAgri 168 – Februarie / February 2014

11


Meganisasie

Boer slim;

laat tegnologie die werk doen deur Derick Roberts, Truteq

andag se boer het uitdagings wat ’n geslag of twee gelede se boere twee keer sou laat dink het oor boerdery! Daar is knaende sekuriteitsprobleme wat wissel van vee- en toerustingdiefstal tot infrastruktuur-diefstal soos Telkomen Eskom-kabels en transformators. Daar is infrastruktuur wat verval as gevolg van geen onderhoudswerk en swak dienslewering weens onder meer wanbestuur. Dan, asof daar nie genoeg uitdagings is nie, is werkerstakings, aanvalle, moord en doodslag deel van die boerderytoneel. Gelukkig is daar vandag ook tegnologie beskikbaar wat boer se lewe baie makliker kan maak. Die ontwikkeling van sellulêre tegnologie oor die afgelope 20 jaar het dit moontlik gemaak dat ’n

V

Truteq Smart

boer vanuit sy kantoor of waar hy ook al is, baie toerusting en prosesse op die plaas kan bestuur. Verby is die dae dat ’n boer nodig het om in sy bakkie te spring om te verseker dat die pompe afgeskakel is in Eskom se duur piektye. Dit bespaar nie net brandstof en tyd nie, maar gee ook die sluwe plaasaanvallers wat vanuit die bosse al die roetine op die plaas dophou, minder kans om toe te slaan. Outomatisering met behulp van sellulêre tegnologie maak dit moontlik om enige van die volgende prosesse of toerusting se werking dop te hou en/of te beheer met ’n selfoon in die hand: Pompe, kragopwekkers, spilpunte, damvlakke, brandstofvoorraad, weerstasies, temperatuur- en vogmeters, vloedmonitors, toegangbeheerstelsels en slotte, kamerastelsels, alarms, meters vir gas-, water- en elektrisiteitsverbruik, ligte, sirenes, waaiers, enige klimaatsbeheertoestelle in dierebehuising en tonnels en selfs of Trixie genoeg melk gee! Dit is ook nie nodig dat die boer elke

keer self die knoppie op die regte tyd hoef te druk nie. Skedules kan opgestel word om die gewenste aksie op die regte tyd te laat geskied en die boer word net in kennis gestel dat dit wel gebeur het, met sagteware wat die inligting versamel, verwerk en vertoon. Die beste van alles is dat ’n boer nie eers meer deesdae die dienste van ’n span kundiges hoef in te roep om so ’n stelsel op te stel nie. Draadlose outomatiseringstelsels kan oor die toonbank gekoop word en wissel van ’n eenvoudige boksie wat net byvoorbeeld ’n pomp of ’n hek kan beheer tot gevorderde modems of routers waardeur teks- en databoodskappe na al die toerusting op die plaas wat elektronies beheer kan word, gestuur word. Die koste van so ’n beheerpaneel hang af van hoeveel werk hy moet kan doen, maar dit kan omtrent vergelyk word met die koste van ’n behoorlike slimfoon, tabletrekenaar of rekenaar. En natuurlik is die beheerpaneel die boer se eie slimfoon, tablet of rekenaar. Met vandag se relatief goedkoop teksboodskap- of datapakkette (wat as gevolg van verbruikersdruk al goedkoper word), het ’n boer net ’n selfoonsein nodig om die wêreld van slimboerdery te betree. P

Too GSM Modem & Accessories

Remote Wireless Solution for - Automation, Security, Site & Event Management

SmartOne GSM Modem

12 years ESKOM Approved! Vandal Resistant Antenna Features • Dual Sim with automatic GSM network management capability and external antenna connectivity for better signal acquisition • Scalable digital & analogue inputs & outputs with on-board relay outputs and SD Memory Card for event logging • On-board timers, decision making, SMS and email event notification capability with GPRS or SMS switching options • Complete automated metering solution for Pulse or Smart meters, single or three phase, post or pre-paid • On-board AC & DC power supply or solar for stand-alone applications • RS232 & RS485 interface capability with on-board voice port

Allows remote wireless connectivity between: Cell phones, tablets or PC’s through Truteq’s Web Management Software for interfacing to: Lights, sirens, pumps, valves, levels of temperature, vibration, motion, flood, pressure etc, geyser control, smoke and gas detectors, irrigation systems, gates, locks and access control systems, generators, compressors, fire panels, drives, alarm panels, battery and rectifier systems, controllers, PLC’s etc...

derick@truteqdevices.com 12

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

012 667 1530 /

www.truteqdevices.co.za www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Bestuur jou grondvog met Jumil se hulp

Die Jumil Guerra 7090 PD het hierdie seisoen sy staal gewys as belangrike rolspeler in Rhys Evans-boerdery se plan om grondvog te bewaar deur geenbewerking. een boer kan die weer bestuur nie, maar jy kan jou bes probeer om vog te bewaar,” sê Arno Cronjé, gewasbestuurder van die Rhys Evansgroep naby Viljoenskroon. Hy vertel dat hulle al die afgelope paar jaar eksperimenteer om oor te skakel na minimum- of geenbewerking te wille van vogbewaring. “Ondanks die ergste droogte in dertig jaar, is verstommende resultate op ons toetslande behaal.” Na twee jaar se intensiewe navorsing oor metodes en toerusting, het die Jumil 7090-geenbewerkingsplanter van Crop-Tech die finale deurslag gegee. Arno het hierdie seisoen 450 hektaar met die planter geplant en verskeie proewe gedoen met betrekking tot saad- en kunsmisplasings, asook verskillende gewasse. Die lappe mielies, grondbone, sonneblom en sojabone pronk almal ewe trots en regop langs mekaar in hulle netjiese, reguit rye. Die aanplantings is hoofsaaklik op hulle Avalongronde gedoen, maar hulle is ook besig met proewe op diep sandgrond. Arno sê benewens vogbewaring is

“G

grondgesondheid en die herstel van die natuurlike grondbalans vir hulle baie belangrik. Interessant genoeg gebruik hulle op sekere gedeeltes wat nou ’n paar jaar lank nie konvensioneel bewerk word nie, minder onkruiddoder as vroeër. Die derde rede vir die oorskakeling na geenbewerking is besparing, veral op brandstof. Tot 40 liter diesel word per hektaar bespaar, wat uiteindelik ’n reuse verskil gaan maak in insetkoste. Arno sê hulle proewe het getoon dat hulle maar net gemiddeld R28 per hektaar meer aan spuitstof bestee. Arno sê daar is ’n hele verskeidenheid redes waarom hulle uiteindelik op die Jumil 7090-planter, die grootste vastebalkplanter in die Jumil-reeks, besluit het en na die 450 ha aanplantings is hy veral oortuig: “Ons het nie een sent onderhoud op hom gehad nie; nie eers een boutjie, laer of kouter moes vervang word nie!”

Die redes vir hulle keuse is: 1. Die vermoë van die Jumil om ’n wye verskeidenheid gewasse te plant; van mielies, bone en sonneblom tot kleingraan. 2. Die aanpasbare Die Rhys Evansrywydte. Hulle groep is aangewys gebruik die 12-ry op 76 cm rye. as Graan SA se 3. Die feit dat die Graanboer van die planter ’n jaar vir 2013. kouter- en tandopsie het. 4. Die sterk, robuuste raamwerk en gewig (die masjien alleen weeg amper 10 ton) wat plantwerk ook in taai grond met baie reste moontlik maak. Arno Cronjé, gewasbestuurder van die RE-groep, sê die 5. Die eenvoudige kalibrasie en perfekte kunsmis- en saadplasing van die Jumil 7090 absolute sorg dat elke plantjie net die beste kans het om te akkuraatheid van presteer.

www.proagri.co.za

saadplasing. Soos Arno sê: “Gaan tel maar. Daar waar ons 16 000 per hektaar wou plant, staan 16 000 plantjies en waar ons 24 000 wou plant, staan 24 000 plantjies.” 6. Die plantereenhede is verspringend gemonteer, wat baie help vir stoppelvloei, selfs in digte reste, sonder aanpakking. 7. Die maklike verstelling van druk en diepte. Die ontwerp van die drukwiel heel agter laat toe dat jy sy drukking en hoek kan verstel. 8. Die hoë grondvryhoogte van die masjien. 9. Die akkurate beheer om kunsmis presies op die regte diepte en plek te plaas, is volgens Arno deurslaggewend belangrik in hulle grondtipes. Hulle het die masjien aangepas om ook voorsiening te maak vir vloeibare kunsmis en die hidrouliese beheer van kunsmisplasing en saadaandrywing, sodat alles op grond van hulle presisiestelselkaarte vanuit die trekkerkajuit beheer kan word. 10. Die uitstekende dienslewering deur Crop-Tech met die ondersteuning van die vervaardigers vanuit Brasilië. Arno sê: “Crop-Tech doen baie moeite en hulle tegniese raad is uitstekend.” Die Jumil 7090 kan tot vier ton kunsmis op ’n slag kan hanteer en die saadbakke hou ongeveer 500 kg saad. Arno sê elke boer se omstandighede, grond en organiese materiaal verskil en elke ou moet maar vir homself besluit of hy voluit vir geenbewerking wil gaan of dalk nog ’n tandbewerking wil doen, maar hulle proewe het getoon dat minder bewerking die pad vorentoe is en hulle tweede Jumil-planter is op pad. P Kontak Hennie du Toit van Crop-Tech by 056-817-7210, 082-850-3744 of sales@croptech.co.za vir meer inligting oor die volledige reeks Jumilplanters, of besoek www.croptech.co.za.

Dié Jumil 7090 is aangepas sodat kunsmis- en saadplasing hidroulies vanuit die kajuit beheer kan word. ProAgri 168 – Februarie / February 2014

13


14

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Ocmis-kruipspuite laat die wetenskap vir jou werk deur Annemarie Joubert erduisende rand en maande se noukeurige navorsing word in die landbou bestee aan plant- en saadontwikkeling vir net die beste groei en produksie. Net soveel tyd, geld en energie word gebruik om bemestingstowwe te ontwikkel om gewasse die nodige hupstoot te gee en goeie oeste te verseker. Met al hierdie sorg en aandag maak dit net sin dat ’n boer wetenskaplik te werk sal gaan om sy kosbare gewasse die noodsaaklikste groeimiddel, naamlik water, te gee. Besproeiingtegnologie het nie agterweë gebly nie en ’n boer wat wil seker maak dat die regte hoeveelheid water met die regte druppelgrootte egalig op die regte tyd toegedien word presies waar dit nodig is, kan gerus by Irrigation Unlimited aanklop vir hulle kruipspuit-oplossings. Irrigation Unlimited is die invoerder en verspreider van die wêreldleier in kruipspuittegnologie, Ocmis, se produkte. Een van die geheime van Ocmis se sukses is die ontwikkeling van hulle unieke turbine-stelsel met die stuwer wat regstreeks aan die insetas van die ratkas gemonteer is. Dit voorkom waterverlies en gee aan die masjien ’n groter variasie in spoed, selfs teen lae druk en watervloei.

D

Model R2/2 R1/1 MRR MR

Pypdikte 100 mm 75 mm 58 mm 40 mm

www.proagri.co.za

Pyplengte 300 m 220 m 200 m 130 m

’n Kruipspuit gebruik watervloei om ’n ratkas te draai, wat die spuit deur die land trek. Dit werk so: ’n Sleepwa met ’n pypkatrol word aan die een kant van die land by ’n watertoevoerpunt staangemaak. Die punt van die pyp is aan ’n karretjie met ’n kanonspuit gekoppel. Hierdie karretjie word na die oorkant van die land gesleep, die water word oopgedraai en soos wat die katrol die pyp opdraai, sleep hy die karretjie, wat natuurlik al die pad water spuit, terug. Die spoed waarteen die spuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te doen. ’n Boer kry ook ’n duidelike kleurkaart saam met sy masjien, wat hy kan gebruik om hom presies te kalibreer ten opsigte van watervloei en – druk, en hy het ook ’n wye keuse van sproeiers vir druppelgrootte. In plaas van ’n kanonspuit kan die karretjie ook toegerus word met ’n balkspuit. In Suid-Afrika is daar vier modelle beskikbaar met pyplengtes van 130 tot 300 meter, wat geskik is om areas van drie tot dertig hektaar per week te kan besproei (sien tabel). Wat sê die boere? André Brummer, boerderybestuurder van die Ncome Gevangenis by Vryheid, plant kuilvoermielies en groenvoer. Hy

Ha/week ± 30 ± 20 ± 12 ±3

Ha/lopie 2,02 - 2,96 1,23 - 1,85 0,67 - 1,1 0,38 - 0,5

Waterstraal 39 – 55 m 32 – 46 m 20 - 31 m 17 - 22 m

sê sy watertoediening is perfek. “Nog ’n groot voordeel van die Ocmis is dat dit nie diewe aanlok soos goukoppelpype en spilpunte met koperkragkabels nie.” Christiaan Pistorius van Redrock Broiler Breeders naby Magaliesburg gebruik sy Ocmis-spuite vir mielies en aangeplante weiding en sê hy is veral beïndruk deur die egalige watertoediening en die prys: “Ek kan drie kruipspuite koop vir een spilpunt se prys en dan kan ek dit makliker op verskillende plekke aanwend. Daarby benodig my kanon 65 000 liter water per uur teenoor die spilpunt se 110 000 liter vir amper dieselfde werk.” Attie Brits van Sterkfontein Veevoere by Bronkhorstspruit sê die Ocmis is eenvoudig, stewig en ordentlik gebou sonder fieterjasies wat kan moelikheid gee. Hy sê Irrigation Unlimited se dienslewering is uit die boonste rakke: “Hulle is baie ernstig oor die onmiddellike lewering van onderdele en hulle reuse onderdelemagasyn is iets om te sien.” Willem Scholtz van Brits se Ocmis sorg vir voer vir sy melkkoeie. Hy geniet die arbeidsbesparing teenoor sy vorige koppelpypstelsel, en die verskuifbaarheid van die Ocmis: “My voergewasse word op kleinerige lande op verskillende plekke geplant en die beweegbaarheid van die Ocmis maak alles makliker. Ek haak hom agter die trekker en sleep hom tot waar hy nodig is.” P Praat met Tobie van den Heever by 012-736-2121 of 082-658-6054 of tobie@iunlimited.co.za of besoek www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor hulle hele reeks besproeiingstoerusting.

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

15


SM STRUCTURES Oprigting, 53 mm sinkaluminiumdakplate, gegalvaniseerde kaplatte, ingenieurstekening en ingenieursertifikaat, en BTW ingesluit

Ons is by die SAOG geregistreer vir uitvoer

Spesiale aanbod: 2 van 12 x 25 x 4 m

R194 000

Struktuurgrootte Prys Grootte (m) 9 x 20 x 3,6 R93 000 12 x 25 x 4 R115 000 12 x 50 x 4 R194 000 15 x 30 x 4 R169 000 15 x 40 x 4 R214 000 18 x 30 x 4 R230 000 18 x 40 x 4 R326 000 20 x 30 x 4,5 R276 000 25 x 30 x 4,5 R436 000

Alle pryse terwyl voorraad hou Tel 011-786-1043 of 072-450-3105 of internasionaal +27-11-786-1043 (Ons voer wĂŞreldwyd uit) Faks: 086-570-1026 E-pos: steve@smstructures.com Webwerf: www.smstructures.com


Hulpbronbestuur

Bastion maak jou groot elfs al is beveiliging nie jou loopbaankeuse nie, is dit steeds die moeite werd om Bastion se opleiding agter die blad te kry. Aan die woord is Izak Nel, ’n student wat onlangs sy jaarlange opleiding deur die Bastion Akademie voltooi het. Hy sê: “Dit is daai stappie wat elke man nodig het na skool, want dit leer jou selfdissipline aan wat jy vir elke bedryf nodig het.” In dieselfde asem waarsku hy dat die opleiding nie vir almal is nie; jy moet kan deurdruk en klaarmaak en dit is nie maklik nie. Izak is nou voltyds bedrywig op hulle plaas naby Messina, maar hy sê die veelsydigheid van die opleiding was van so aard dat hy baie van die kennis kan toepas met betrekking tot plaasbeveiliging en om wildstropery te bekamp. “Ek kom van die plaas af en ek het gedink ek ken die bos, maar nou weet ek baie meer. Daar het ook skielik vir my nuwe geleenthede oopgegaan, want die wildboere hier is almal op soek na iemand wat diens van gehalte kan lewer.” Bastion Akademie se opleidingskursusse is by al die nodige instansies geakkrediteer, soos PSIRA en SASSETA, en hanteer ’n wye verskeidenheid onderwerpe, soos BBP-beskerming, forensiese ondersoeke, taktiese beveiliging, selfverdediging, spoorsny, navigasie, oorlewing, valskermspring, bootvaart, duikwerk en wapenhantering. Dit is vir Frik Wentzel, besturende direkteur van Bastion Akademie, belangrik dat hulle opleiding so volledig as moontlik moet wees om aan ’n verskeidenheid van kliënte se behoeftes te voldoen. Hy sê: “Die hedendaagse neigings in misdaad het kliënte laat besef dat sekerheid oor baie meer gaan as om wagte te hê en hoë-tegnologiesekerheidstelsels aan te skaf. Hulle wil uitkomste hê, nie net middele nie,

S

www.proagri.co.za

Bastion bied nou ook Avontuurkampe aan. In die drie dae word die avontuurlustiges geleer hoe om te oorleef in die bos, vuur te maak sonder vuurhoutjies of ’n aansteker, water te vind, ’n skuiling te bou, kaart en kompas te lees en vele meer. Dit is ’n goeie geleentheid om uit te vind waartoe jy werklik in staat is! Meer besonderhede op www.bastiontraining.com. en dit is die uitgangspunt van ons opleiding.” Baie aandag word ook gegee aan studente se karakterontwikkeling en persoonlike groei sodat hulle in enige situasie, van die korporatiewe omgewing tot in die veld, hulleself kan handhaaf. Goeie sosiale vaardighede is net so belangrik soos oorlewing. Izak stem saam: “Bastion is werklik ernstig oor die ontwikkeling van lewensbeginsels.” Hy sê jongmense kan baie leer by die span instrukteurs wat almal professioneel is en wye praktiese ervaring het, soos Frik self en die instrukteurs wat ingebring word vir spesialisopleiding soos die duikkursus, selfverdediging en

medies. “Jy kry net daardie ietsie ekstra,” sê hy. Bastion se kursus word van vanjaar af aangepas om voorsiening te maak vir drie maande basiese opleiding voor daar ’n keuringsproses is vir die volgende nege maande. Frik sê: “Ons het gevind dat baie studente wat volgens ons vorige stelsel vir die drie-dag-keuringsnaweek opgedaag het, nie gereed was vir wat voorlê nie.” Na die drie maande ontvang ’n student wat die kursus geslaag het, ’n PSIRA-graad; E tot A kwalifikasies, wat beteken dat hy deur veiligheidsmaatskappye in diens geneem kan word, asook wapenbevoegdheidsertifikate vir privaat-en besigheidsgebruik. Die volgende inname van studente is in April en hulle sal dus in Junie klaarmaak met hulle basiese opleiding. Studente wat daarna wil voortgaan en wat daarvoor gekeur word, geniet dan die voordele van die verdere spesialisopleiding. Twee nuwe vakke is ook nou deel van die kursus, naamlik lewensredding en “Ship Security Officer.” Daar geskied ook indiensopleiding met studente wat deur die loop van die jaar hulp verleen met beveiligingsaksies en forensiese ondersoeke wanneer hulle die betrokke modules voltooi het. Die loopbaanontwikkeling van elke student is ’n prioriteit en studente word na hulle opleiding by gekeurde werkgewers geplaas. Frik sê: “Ons glo dat die Here vir elkeen met ’n skeppingsdoel geskape het en ons wil sien dat pragtige jongmense dit in hulleself ontdek.” P Vir meer inligting, skakel Frik Wentzel by 083-481-0107 of Deon de Jager by 083-276-4490 of stuur ’n e-pos na info@bastiontraining.com. Besoek gerus ook www.bastiontraining.com.

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

17


Verblyfreg: Is uitsetting die enigste laaste keuse? Tiaan van Dyk gee inligting oor die wetgewing rakende verblyfreg (ESTA-wet). In die vorige twee aflewerings het hy die beëindiging van verblyfreg en die proses van uitsetting bespreek. In hierdie uitgawe kyk ons na alternatiewe. Uitsetting is nie die enigste remedie nie. Daar is ook: • • • •

Strafregtelike klagtes Interdikte Verklarende bevele Siviele skadevergoedingseise

Die enigste howe wat jurisdiksie het ingevolge ESTA, is die landdroshof en die grondeisehof. Geen ander hof het jurisdiksie nie. Appèlle vanaf die landdroshof word deur die grondeisehof aangehoor. Die grondeisehof is soortgelyk aan ʼn hooggeregshof en is in Randburg gesetel. Die hof is egter ook ʼn rondgaande hof deurdat ʼn verhoor nie noodwendig net in Randburg sal plaasvind nie. Dikwels skuif die hof na ʼn dorp naaste aan die plaas, ten einde die partye tegemoet te kom. Alle uitsettings in die landdroshof is onderhewig aan outomatiese hersiening deur die grondeisehof. Interdikte, verklarende bevele en skade-eise is nie onderhewig aan outomatiese hersiening deur die grondeisehof nie. Dit beteken dat sodra die landdros ʼn bevel vir uitsetting gee, die uitsetting opgeskort word hangende die grondeisehof se bekragtiging daarvan. Die grondeisehof kan die landdros se bevel bekragtig of ter syde stel. Indien ʼn okkupeerder van een plek op ʼn plaas na ʼn ander plek op dieselfde plaas geskuif word, geld dit nie as ʼn uitsetting nie, maar slegs ’n verskuiwing en hoef daar nie aan die vereistes vir verblyfbeëindiging en uitsetting (sien ProAgri 166) voldoen te word nie. Dit is slegs as ʼn okkupeerder van die plaas afgesit word, dat die howe dit as ʼn uitsetting beskou. Dit kan ook gebeur dat ʼn uitsetting in die landdroshof begin word, maar dat dit later na die grondeisehof oorgeplaas word. Dit gebeur indien die okkupeerder beweer dat hy ’n huurarbeider is. Die enigste hof wat jurisdiksie het oor huurarbeidersake, is die grondeisehof, en indien ʼn okkupeerder ʼn bewering maak dat hy ʼn huurarbeider is, moet die aangeleentheid na die grondeisehof oorgeplaas word. Dit is ook moontlik om aansoek te doen om dringende uitsetting, maar daar rus ’n swaar bewyslas op die grondeienaar om dringende uitsetting te verkry. Die hof gaan nie maklik dringende uitsetting beveel nie. Nuwe wetgewing rakende verblyfreg, wat tans as deel van die groenskrif op grondhervorming opgestel word, gaan waarskynlik die huidige regte van okkupeerders aansienlik uitbrei. Grondeienaars word aangeraai om dringend aandag aan okkupeerders se situasie op hulle eiendom te gee. P

Die volgende aflewering gaan oor die invloed van verblyfreg op huur- en koopkontrakte. Vir meer inligting, kontak Tiaan van Dyk by 082-825-8876. Hierdie is ’n inligtingsartikel; vir regsadvies, kontak asb ’n prokureur. 18

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Belê soos ’n Bul deur Henry van Deventer, Old Mutual Wealth

aat ons maar eerlik wees hieroor: Die Bulle het ’n moeilike Super 15reeks wat voorlê. Hoewel baie lesers miskien ’n donker genot mag put uit hierdie vooruitsig, is daar ’n paar lesse wat ons van Bloubul-rugby kan leer as dit kom by die bou van ’n suksesvolle beleggingstrategie. Die enkele grootste uitdaging wat Bloubul-rugby in 2014 die hoof moet bied, is waarskynlik die kwessie van diepte. Vir te lank het die Bulle die luukse gehad van legendes soos Bakkies Botha, Fourie du Preez en Morné Steyn om hulle te dra. Binne bietjie meer as ’n jaar het meeste van hierdie spelers afgetree of oorsee gaan ploeg vir ’n laaste oes. Die gevolg is dat die kaste leegstaan op Loftus as dit kom by gesoute, ervare spelers van internasionale standaard. So wat op aarde het die treur van Loftus met beleggings te make? Bloubul-rugby en suksesvolle belegging gaan albei oor die bestuur van ’n suksesvolle langtermyn-strategie. En met hierdie uitdaging voor oë is daar ’n paar lesse wat beleggers kan toepas om – hopelik – hulself te vrywaar van die treurmare van Loftus:

L

Skep genoeg diepte Solank soos wat ’n mens afhanklik is van ’n bepaalde oplossing om suksesvol te bly, is die kans goed dat dinge lelik gaan skeefloop as iets met daardie oplossing verkeerd gaan. Dit is altyd belangrik dat daar ’n plan B is. Boerdery is ’n veeleisende en gewaagde besigheid. Die enigste manier om finansiële sekuriteit te bou, is om genoeg finansiële reserwes buite jou onderneming te skep wat jou kan dra wanneer moeilike jare op jou pad kom.

www.proagri.co.za

Kies ’n strategie Om suksesvol te wees, het ’n mens ’n duidelike idee nodig oor wat jy wil bereik en hoe jy daarby gaan uitkom. Die Bulle wen deur voorlangs te domineer en goed te skop. As hulle die bal probeer rondgooi, loop dinge dikwels skeef. As beleggers is daar een van twee strategieë wat ’n mens kan volg: Belê vir die beste moontlike opbrengs (en aanvaar die risiko’s wat daarmee gepaard gaan) of belê om die opbrengs te kry wat jy nodig het teen die laagste moontlike vlak van risiko. Vir sake-eienaars, wat reeds genoeg risiko in hulle ondernemings het, maak die tweede benadering dikwels meer sin. Kies die regte kombinasies ’n Goeie rugbyspan het goeie antwoorde nodig in sleutelposisies. As dit kom by die bou van ’n beleggingsplan, berus ons sukses op vier faktore: Hoeveel ons spaar, hoeveel ons bestee (en terugploeg in ons ondernemings), wanneer ons wil aftree en hoeveel beleggingsgroei ons benodig. Fokus op jou langtermynstrategie Soos Flip van der Merwe, die Meester van die Geelkaart, ons gewys het, is die beste besluit vir die korttermyn omtrent nooit die beste besluit oor die langtermyn nie. Ons het nodig om te weet hoeveel geld ons potensieel kan wen en verloor op grond van ons

gekose beleggingstrategie. As ons nie hiermee kan saamleef nie, het ons nodig om ons finansiële doelwitte ooreenkomstig afwaarts aan te pas. Wanneer korttermyn afleidings ons in die versoeking lei om ons strategie te verander, het ons nodig om ons fokus terug te dwing na wat die beste besluit sal wees oor die langtermyn. Moenie te veel op sterre staatmaak nie Dit is dikwels ’n groot versoeking om jou spelpatroon te fokus op een of twee sterre. Soos die Bulle in 2012 vir Morné Steyn gesien het, is hierdie strategie ’n plesier wanneer jou sterre goed speel, maar ’n groot gevaar as hulle ’n afseisoen beleef. ’n Suksesvolle beleggingstrategie gaan oor diversifisering oor verskillende bateklasse, sonder om te veel op “sterre” soos aandele en eiendom te fokus. Die grootste bateklasse (plaaslik en oorsee) vir SuidAfrikaners is kontant, effekte, eiendom en aandele. Diversifisering beteken dat een deel van jou portefeulje jou kan optrek as ’n ander deel ’n slegte seisoen mag ervaar. Dit is vir beleggers (en rugbyspanne) van deurslaggewende belang om ’n duidelike raamwerk te hê sodat hulle volhoubare sukses oor die langtermyn kan behaal. Solank soos wat die boublokke wat ons kies in ooreenstemming met ons raamwerk bly, en ons geduldig genoeg kan wees om by ons langtermynbesluite te staan, is ons op koers om sukses te behaal. P

Vir navrae kontak Henry van Deventer by henryvandeventer@acsis.co.za.

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

19


OTTOSDAL Bewaringslandboukonferensie Ottosdal-skouterrein

12 - 13 MAART 2014 Geborg deur:

met sy bekende geenbewerkingsplanters

Aangebied deur Ottosdal- geenbewerkingsklub. Kundiges van ArgentiniĂŤ, plaaslike kundiges, asook boere sal optree as sprekers. Plaasbesoeke ingesluit. Sluitingsdatum: Inskrywings sluit 1 Maart 2014. Agv die geweldige belangstelling is daar ongelukkig beperking op getalle. Koste: R500 p/p en sluit alle etes en verblyf in. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Kontak: Coert Coetzee 082-802-5886 E-pos: ouplaas@lantic.net Navrae: Hannes Otto: 082-774-3993 Dirk Laas: 082-388-2206

20

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Volg ’n oper benadering tot Undercover Farming S lim yskaste sal in die toekoms self voorraad kan tel en dan sommer ’n bestelling na die winkel stuur vir aflewering deur ’n buite-deur van die yskas. Of dalk word verbruikers se behoefte na die natuur so sterk dat hulle self hulle tamaties in ’n groentetonnel langs die supermark wil gaan pluk. Ernst Janovsky van ABSA Agribesigheid het by die mediabekendstelling van die jaarlikse Undercover Farming Ekspo en Konferensie gesê dit maak nie saak watter kant toe die mark beweeg nie, die kern bly goeie volhoubare produksie van al hoe meer voedsel op al hoe minder grond. Hy sê inligting oor nuwe tegnologie rakende verbouing onder beskutting (soos tonnels en nethuise) is noodsaaklik vir die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse landbou. Dit is die derde jaar wat die uiters gewilde Undercover Farming Ekspo en Konferensie net buite Pretoria gehou word en ’n hele span plaaslike en internasionale kundiges is genader om hulle kennis van 4 tot 6 Maart met boere te deel. Verteenwoordigers van onder meer kettingwinkelgroepe, nethuis- en tonnelvervaardigers, varsproduktemarkte, die LNR, Unisa, saailingverskaffers, bemesting- en pesbeheerkundiges en markontginningspesialiste tree op en meer as 60 uitstallers staan gereed om te wys wat hulle het. Die organiseerder, Johan Swiegers van die Undercover Farming-tydskrif, sê boerdery onder beskutting is besig om met rasse skrede in Suid-Afrika te groei. Tot onlangs is daar gepraat van duisend hektaar tonnels en vyfduisend hektaar skadunetlande, maar die prentjie is vinnig besig om te verander met byvoorbeeld die sagtevrugtebedryf wat al hoe meer na die voordele van netbedekking kyk. Johan sê daar is ook nuwe beleggers in die land wat op soek is na geleenthede waar meer tegnologie ingespan word om produksie te verhoog. Een van dié beleggers is Nederland, wat steeds die grootste invoerder van vrugte uit Suid-Afrika is. Twaalf Nederlandse maatskappye en navorsingsinstansies is betrokke by die Undercover Farming Ekspo en Konferensie. Niek Schelling, landbouverteenwoordiger van die Nederlandse ambassade, sê dit is ’n goeie skakelgeleentheid om sakekontakte te ontmoet. Hy sê Nederland kan help met die groot uitdagings in SuidAfrikaanse landbou, soos opleiding en maniere om beter kontak tussen boere en hulle mark te bewerkstellig.

4 - 6 Maart 2014 St George Hotel, Irene, Pretoria Hanlie Delport 082-908-2295 info@undercoverfarmingexpo.co.za. Volledige program en besprekingsvorm vir uitstallers op

www.undercoverfarmingexpo.co.za. www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

21



ie veeboer bekom grond, vestig infrastruktuur en hanteringsgeriewe, verkry geskikte genetika, bestuur sy weiding en voervloeiprogramsorgvuldig, versorg en dokter sy diere om die beste moontlike prestasie te behaal... en voordat hy dit kan bemark om die vrug op sy moeitevolle en toegewyde arbeid te geniet, gryp veediewe in en steel sy vee. Veediefstalle besorg alle veeboere, maar veral kleinveeboere, hoofbrekens. Daar is bykans geen deel van die land wat nie hierdeur geraak word nie. Dit is inderwaarheid in verskeie provinsies al as prioriteitsmisdaad verklaar.

D

Omvang Die skade wat veeboere as gevolg van diefstal ly beloop reeds jaarliks volgens verskillende bronne tussen R400miljoen en R1-miljard. Hierdie bedrag sluit slegs die verliese aan beeste, skape en bokke in. Om te dink dat net kommersiële boere deur veediefstal geteister word, sal ’n flater wees. Volgens ’n verslag van Scholtz en Bester (2010) word tot vier maal meer beeste in kommunale gebiede gesteel as van kommersiële boere. Gebiede wat die meeste deurloop, is gebiede wat aan buurstate grens. Die dinamika en drywers van hierdie diefstalle is egter anders as dié van diefstalle wat van binne die RSA georkestreer word en binnelands bemark word. Veediefstal veroorsaak nie net geldelike verliese nie, maar ook die verlies van peperduur genetiese materiaal wat onontbeerlik vir die vooruitgang van ons land se veestapel is. Voorts steur veediewe hulle nie aan gesondheidsgrense nie en verhoog so die risiko van die verspreiding en uitbreek van aansteeklikte siektes soos bek-en-klouseer. Wie moet veediefstal bekamp? Behalwe die veeboere self, is daar eerstens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 81 veediefstaleenhede. Die veediefstaleenhede het ’n nasionale veediefstalforum gevestig met verskeie www.proagri.co.za

provinsiale veediefstalforums. Onlangs is daar ook ’n interprovinsiale veediefstalforum gestig. Die SAPD, boereorganisasies, regsdepartemente en ander belanghebbendes dien in hierdie forums. Organisasies soos die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is aktief betrokke by die bekamping van veediefstal. Hulle vorm deel van die veediefstalforums en is voortdurend in gesprek met die SAPD en regsdepartemente. Selfs Facebook (veediefstal-aanmelding en -statistieke) word ingespan in die aanmelding en koppeling van veediefstalgevalle. Bogenoemde instansies werk binne die raamwerk van verskeie wette wat insluit: • Wet op veediefstal, 1959 (Wet 57 van 1959) • Wet op die identifikasie van diere, 2002 (Wet 6 van 2002) • Wet op private sekuriteitsbedryfregulering (SPIRA), 2001, (Wet 56 van 2001) • Strafproseswetprosedures, 1977 (Wet 51 van 1977) • Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996) • Wet op menseregte, 1994 (Wet 54 van 1994) Probleemareas Die betrokkenes in die bekamping van veediefstal kom voor drie groot probleme te staan: Volgens Willie Clack van die RPO laat kontantverkope geen papierspoor nie. Hierdie "spoorlose" verhandeling van vee pas so reg in die kraal van veediewe. Verder geskied die bemarking (abattoirs en veilings) van vee grotendeels sonder dat die nodige dokumentasie daarvoor ingedien en gehou word. Laastens word ’n betekenisvolle aantal veediefstalle nie by die polisie aangemeld nie. Indien hierdie probleme mooi bekyk word, is dit duidelik dat die hoofspil waarom die bekamping van veediefstal draai, die veeboer is. Die veeboer se rol is die deurslaggewende faktor in die bestryding van veediefstal.

toegangsbeheer nougeset uit te voer, moet veeboere sorg dra dat daar 'n duidelike papierspoor vir hulle vee opgebou en bygehou word. Hierdie registers moet deur die veeboer self bygehou word. Dit begin by veegetallelyste. Enige verandering in die getalle van ’n trop diere moet aangeteken word. Verder moet 'n veeregister gehou word waarin alle aspekte wat 'n betrokke dier raak, aangeteken word. Afgesien van ander inligting, moet dit volledige inligting aangaande die verwydering van ’n dier bevat. As diere verkoop word, moet die datum van verkoop asook die naam en besonderhede van die koper in die veeregister aangeteken word. Hierdie rekords moet ondersteun word deur fakture of kwitansies wat die transaksie aantoon. Hierdie rekords moet akkuraat en waarheidsgetrou wees, want as daar vee gesteel word, dien dit as bewys van eienaarskap. Hiermee saam moet die veeboer vir alle diere wat sy besit verlaat 'n dokument van identifikasie uitreik. Indien die dier op 'n openbare pad verwyder word, hetsy aangejaag of vervoer, moet ’n verwyderingsertifikaat voorsien word. Die RPO het hierdie seksie 6- en seksie 8-sertifikate in boekvorm gebind en stel dit beskikbaar aan veeboere. Ten laaste moet alle diefstal van vee so gou moontlik by die polisie aangemeld word. Geen vervolging kan hiersonder gebeur nie. Dit moet ook in gedagte gehou word dat die brandmerk slegs die eienaar identifiseer en nie die dier nie. Nommer dus diere afsonderlik om die oplos van dispute oor watter diere verkoop is en watter nie, te vergemaklik. P Verwysings: Scholtz, M.M.,Bester, J, 2010. The effect of stock theft and mortalities on the livestock industry in South Africa. Applied Animal Husbandry & Rural Development 3: 15-18. Sherry, S., Stock theft costing SA farmers millions. Financial Mail, 9 November 2013.

Die boer Afgesien daarvan om die basiese vereistes soos die merk en gereelde tel van vee, instandhouding van heinings en toepassing van ProAgri 168 – Februarie / February 2014

23

Vee & veilings

Veediefstal: Rekordhouding is noodsaaklik


Ken die koei se uier 3 LUSERN Eerste graad vierkantige bale 20 - 23 kg beskikbaar vanaf plaas in Zeerust distrik. Kontak Gerrit 083-282-9934 Opvallend is dat die patroon of helling van die kurwe van elke koei gedurende elke melking dieselfde is. Dit kan dus beskou word as die “handtekening” van elke koei. Dit is ook opvallend dat daar aan die einde van elke kurwe (behalwe figuur 2) ’n opwaartse neiging is. Dit is wanneer die melker die koei se uier stimuleer en dit staan bekend as uitmelk (strip milking). Dit is waarskynlik dat die koei wie se melkvloeikurwe in figuur 2 verskyn, nie voldoende oksitosien afskei ten einde die uitmelk aan te help nie. Dit is ook baie belangrik om daarop te let dat die bottervetinhoud van die melk aan die begin van die melkproses baie laer is as aan die einde daarvan. Om hierdie rede is dit dus baie belangrik om seker te maak al die melk wat in die uier teenwoordig is, ten volle onttrek moet word. Dit kan ook genoem word dat die koei wie se melkkurwe in figuur 2 getoon word, se melk ook ’n laer bottervetinhoud gehad het. Die kurwes van al drie koeie was geneem om 3:30 vm (A), 10:00 vm (B) en 3:30 (C). Die melking het plaasgevind in ’n melksalon en die melkmasjiene het gewerk teen 15 dm Hg en 60 impulse per minuut.

ie “melkbaarheid” van ’n koei is die onderwerp van die laaste artikel in die reeks oor die koei se uier deur dr Gerrit Viljoen, ’n veekonsultant in die Zeerust-distrik. Die term “melkbaarheid” verwys na die spoed of gemak waarmee ’n koei haar melk neerlaat. In gewone taal word verwys na ’n maklike melker of ’n taai melker. Dit is belangrik om daarop te let dat die melkbaarheid van ’n koei ’n hoogs oorerflike eienskap is. In verskeie proewe ter plaatse en oorsee is daar sonder twyfel vasgestel dat daar ook ’n hoogs positiewe ooreenstemming tussen die spoed van melkvloei en melkopbrengs bestaan. Op die figure hieronder wat met behulp van ’n kimograaf (’n instrument wat die drukking van vloeistof in buise aandui) geregistreer is, word die melkvloeikurwes van drie koeie voorgestel. Hierdie drie koeie (Friese) was almal ewe oud en in dieselfde stadium van laktasie.

D

28 -

12 -

8

4 -

A

-

B

C

A

B

C

-

8 10 Tyd (min)

-

-

6

-

-

4

-

-

2

-

-

10

24 ProAgri 168 – Februarie / February 2014

-

-

-

6 8 Tyd (min)

Fig 1: Melkvloeikurwes van ’n vinnige melker (die vinnigste in die proef).

12 -

4 -

-

4

-

2

16 -

8

4 -

-

8

C

B

20 -

12

14

2

4

6

8 10 Tyd (min)

Fig 2: Melkvloeikurwes van ’n stadige melker (die stadigste in die proef).

-

12 - A

16 -

-

16 -

24 -

* 1 lb = 0,454 kg

20 -

Gewig (lb)*

20 -

Gewig (lb)*

Gewig (lb)*

24 -

Daar is ook sonder twyfel vasgestel dat ’n koei nie geleer kan word om vinniger gemelk te word nie. Dit is egter baie belangrik dat die tydperk tussen die was van die uier en aanhegting van die melkklosse so kort as moontlik moet wees. Die rede hiervoor is dat stimulasie vir die afskeiding van oksitosien en die aanhegting van die melkklosse so gou as moontlik moet geskied. Die rede waarom sekere koeie “taai” melkers is, is enersyds te wyte aan onvoldoende afskeiding van oksitosien, maar ook die grootte en/of deursnee van die speenkanaal wat vinnige onttrekking van melk belemmer. ’n Praktyk wat soms gevolg word, is om ’n dun buis (waarvan die deursnee so groot soos dié van die speenkanaal is), in die speen te steek met die doel om die melk vinniger te kan onttrek. Dit word glad nie aanbeveel nie, aangesien dit die sluitspier kan beskadig sodat dit nie meer die speenopening behoorlik afsluit nie. Dit bring mee dat kieme vrylik toegang tot die res van die uier het en sodoende mastitis kan veroorsaak. Die kurwes is ontleen aan die artikel: GD Viljoen S-Afr Landbouwet (1963) 6, 213-220 P

12

Fig 3: Melkvloeikurwes van ’n medium vinnige melker. www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

25


26

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


Vee & veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

27


28

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


BELÊ IN GOUE GENE

Vee & veilings

Die Hugenoot is ’n ras geteel uit Afrika vir Suid-Afrika – met goud oor sy lyf en goud is sy are.

www.hugenootsa.co.za

Tel: 083-449-3227 witrots@hugenootsa.co.za

GEBRUIK SLEGS BULLE met die $X-brandmerk. Hulle beskik oor prestasiesyfers en u het die ondersteuning van die Genootskap. Sussex Beestelersgenootskap van SA Tel: 051-410-0900 Epos: sussex@studbook.co.za Webblad: www.sussex.co.za

AgriGids

If you want to produce the most marketable tender meat per ha with the lowest cost & effort… The Tuli is your natural choice

hermy@lucret.co.za T 028 215 8917 C 073 180 6471 F 086 691 6046 PO BOX 192 CALEDON 7230

Tuli Cattle Breeder’s Society Posbus 270 Bloemfontein 9300 Tel: 051-410-0958 Faks: 086-218-8246 Epos: liezel@studbook.co.za www.tulicattle.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

29


AgriGids

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

AgriTrader

40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Engela du Plessis (Pretoria) 0861-777-225 engela@proagri.co.za

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

STOP die dieseldiewe

Diesel-diefstal is verby met ’n teen-opsuigsif (Anti Siphoning Device) in die nek van jou dieseltenk!

Adele van Tonder (Pretoria) 0861-777-225 adele@proagri.co.za

Ratsbrand Brand sonder sukkel, sonder vlam Die brandmerk van beeste word al strenger deur die owerhede toegepas. Die moeisame taak neem tyd en tyd is geld. Ratsbrand brandysters werk van die bakkie- of trekkerbattery. Geen vlam benodig nie en die merk is binne minder as 20 sekondes warm. Merk al drie letters op een slag. Toerusting om te onthoring ook beskikbaar.

•Installeer op jou plaas in ’n radius van 400km om JHB. •Maatgebou vir die meeste trokke, masjiene en trekkers.

Fig Tree Industrial &Transport Supplies cc. Chris Davel 072-634-1900 chrisdavel@vodamail.co.za

Skakel Wynand Boshoff by 084-581-1599, wynand@ratsbrand.co.za of besoek www.ratsbrand.co.za

The Sun Pays Bekostigbare songeisers 5 jaar waarborg

Hittepyp hoëdruk

Gratis aflewering 100km vanaf Cullinan

Groen-reeks laedruk songeisers 100 liter, 10 buise vanaf R2 195 150 liter, 15 buise vanaf R3 595 Pryse sluit BTW in 2 jaar waarborg

R4 995 R8 495 R11 395 R13 995

Laedrukstelsels vanaf: 50 liter, 6 buise 100 liter, 12 buise 150 liter, 18 buise 200 liter, 24 buise 250 liter, 30 buise

R2 595 R3 395 R4 295 R5 295 R5 795

WEES VERSIGTIG! Ons gebruik die volume IN DIE TENK. Om die buise in te sluit, is nie eties nie 012-734-0915 sunpays@hotmail.com 0860-SUNPAY (086-078-6729) www.TheSunPays.co.za

Vir al u plaasbenodigdhede sedert 1968 Verskuifbare beeskrale Baallaaiers en -vurke Skale en nekklampe Hooi-ringvoerders Kalfkanteltoestelle Selfvoerders Spuitdippe Landrollers Suipkrippe Laaibanke Fabriek: 033-263-1056 Kantoor: 034-325-9960 Faks: 086-548-4790 Sel: 082-871-0123

E-pos: info@nmreng.co.za / Webblad: www.nmreng.co.za 30

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


All Lengths, All Grades, Always Available.

TEL: 012-664-5808/7103 CELL: 082-569-8168 jaymel@mweb.co.za

www.sleepersales.co.za

Damvoerings Dam linings

TE KOOP SONNEBLOMSAAD ONTDOPPINGSFABRIEK AS LOPENDE SAAK SONNEBLOMBOERE UNIEKE GELEENTHEID OM WAARDE TOE TE VOEG AAN U PRODUK

Reservoir linings

Mesh dams

Vir meer inligting kontak Gerhard Scott

gerhard@omuwiwe.co.za | www.sunprotech.co.za

Aanleg is enigste in sy soort in Suid-Afrika

Earth dam linings

Zinc dams

072 279 3294

www.tatamatarps.co.za

Ontwerp en oprig van veehanteringsgeriewe

www.visioncattlequip.com Skakel Ryno Keeve 078-460-3322 of epos keeve@lantic.net

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

31

AgriGids

Sleepers for Gardens and Furniture


AgriGids

2013 Lesersopname Interessante feite - Gemiddeld 3,1 mense lees elke eksemplaar van ProAgri en ons lesers is tevrede met die inhoud. 93% sê ProAgri is uitstekend of goed. - ProAgri beïnvloed boere se aankoopbesluite. Van ons lesers wat ’n omset van meer as R5 miljoen per jaar het, het 46% gesê hulle het aankope gedoen op grond van inlig ng wat hulle in ProAgri gekry het.

Hierdie inlig ng word gebring met dank aan die hoo org van die 2013 Lesersopname:

Jasper Hewi : 023-342-3438 rotrix@intekom.co.za www.rotrix.co.za

Plastic Droppers

ring e w e l f A k moontli

Nou vir ons nuwe Y-paaltjie: - Sterk en rigied - Vuurbestand - UV beskermend - Goedkoper as hout of staal! - Tussen in paaltjie, vervang NIE Y-paaltjie nie

Net R5 per meter!

Ideaal vir: - Die stut van jong bome en plante - Draadheinings soos “Bonnox” - Heinings in bergagtige- en vleigebiede - Groente in tonnels - Geen isolators nodig

Solied met riwwe Net R3 per meter!

Plastic dropper:

- Baie sterk en solied - Liggewig - Unieke greep ontwerp: riwwe - UV beskermend vir 20 – 30 jaar - Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) - Ideaal vir elektriese heinings - Goedkoper as hout of staal!

Isak Tel: 083-250-5363 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za

Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%

www.plasticdroppers.co.za 32

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


AgriGids

Tel: 012-548-4774 Faks: 086-545-9977 info@vivacraft.co.za “Volledige reeks graan hantering en bergingstoerusting”.

www.vivacraft.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

33


AgriGids

Multi Multi Feeds Ruvoere (Hartswater) • lusern groot bale (big packs) • lusernbale (klein) • lusernmeel (sakke met kaartjies)

(Pty) Ltd

Die antwoord tot al jou voerbehoeftes

Kommoditeite • Commodities • katoen oliekoek / cotton oilcake • katoensaad / cottonseed • sonneblom oliekoek / sunflower oilcake • soja oliekoek / soy oilcake • volvet soja / full-fat soy • vismeel / fishmeal

Kontak ons / Contact us Fax: 086-524-5050 • E-mail: best@multifeeds.co.za Johan: 083-657-5003 • Jaco: 082-574-2922

www.multifeeds.co.za

Multi Feeds the answer tot your feed needs

Kontak ons: Tel: 018-673-0224 / 082-859-0904 Email ons: info@nictrailers.co.za Web: www.nictrailers.co.za

SPESIALE AANBOD terwyl voorraad hou!

Ons GEWILDSTE wa – NIC 12 : 3 x 1,6 x 1,8 met 16” wiele, bul-skeiding uithaalbaar en monteer teen sykant van wa, laaiblad, veiligheidspype, verbeterde inloopstelsel. Is ook beskikbaar in dubbeldekker met 2 600 kg Knott-haak en nog vele meer!

Ons bou ‘n doelgeboude wa volgens jou KEUSE en ruil waens in! 27 waens beskikbaar op ’n spesiale aanbod, terwyl voorraad hou!

MOENIE VERDER SUKKEL NIE, KOM KOOP HOM EN GENIET HOM – DIT IS ’N GOEIE BELEGGING! 34

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


• • • • •

Wastewater Treatment Systems Does your septic tank smell? Has your French drain failed?.... Again? Are you polluting the neighbour’s borehole water? Are you compliant with the National Water act? Would you really like to reuse your water?

• • • • • • • •

Each Scarab System is designed to comply with the National Water act is simple to install, maintain and operate requires NO chemicals (Ozone optional) uses minimal power is almost maintenance free produces clear and odourless water is modular to suit new loadings is sized from the single house to large estate.

AgriGids

Scarab Water Treatment

The Scarab System is: • Featured in the Dept of Water Affairs best practices guideline policy. • Listed as a top 100 SA company for its technology in 2004, 2005 and 2006 and for receiving the Bio2Biz award in 2006. • A preferred supplier to the Dept of Health - Rural Clinics (KZN). • Featured on SABC Business Update.

Johan Carr

No more honey-suckers needed!!

www.proagri.co.za

Cell: 082-535-4576 Tel: 014-736-3463 Fax: 086-736-8267 Email: scarabwaterlimpopo@gmail.com Web: www.scarabsa.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

35


AgriGids 36

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

www.proagri.co.za


AgriGids

www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

37


Tweedehands

Wildswa

4 m Grondpadwa

4 Verskuifbare kompartemente Rubbermat vir gly Lug en dreineringsgate Agterdeur en kantdeur Dakdeure vir inspeksie 2 x 2,5 ton aste 3,5 ton remkop LED ligte 15’’ bande Spaarwiel ingesluit Natuurbewaring goedgekeur

5 Pilare 2,5 mm vloerplaat Trokvere LED ligte 15’’ bande Channel onderstel Agterhek swaai & skuif Middelhek verskuifbaar Kanthek 3,5 ton remkop 2 x 2,5 ton aste Spaarwiel ingesluit Rubberkaste R3 000 extra

R74 900

38

BTW ingesluit

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

R51 900

BTW ingesluit

3,2 m Rondeneus Dubbeldekker Sleepwa Nuwe ontwerp Sleepwa sleep gerieflik Klippe slaan nie terug na voertuig nie Ekstra laairuimte Kanthek 38 mm plank Mat vir gly Middelhek Agterhek swaai & skuif Spaarwiel ingesluit

R43 900

BTW ingesluit

www.proagri.co.za


Tweedehands

5 TON MALLIGHEID IN Spesiaal!

Nuwe TATA LPT913EX 5-tonner

Valkantbak ingesluit • Padwaardigheidsertifikaat ingesluit • 3-jaar / 300 000 km waarborg • Valkantbak ingesluit • Gratis dienste slegs in Brakpan tot 20 000 km • Gratis 21-punt nagaandiens • Lisensie en registrasie uitgesluit

DINK

DINK

BRAKPAN 011-744-0363/4

www.proagri.co.za

R249 995 Pryse geldig tot 28 Februarie 2014

info@tatabrakpan.co.za

BTW uitgesluit

BOKSBURG

011-383-9540/1

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

39


Tweedehands

Republic Bus &Truck

NOU OOP IN BOKSB URG

Dink TATA, Dink RBT R152 404 BTW uitgesluit

2 Ton Valkante

R199 995 BTW uitgesluit

R239BTW995 uitgesluit

sluit valkante in

sluit valkante in

3 Ton Onderstel-kajuit

R398 167

R424 839

BTW uitgesluit

10 Ton Onderstel-kajuit

BTW uitgesluit

R953 455

BTW uitgesluit

R368 000 BTW uitgesluit

8 Ton Valkante

8 Ton Wipbak

R512 086

4 Ton Onderstel-kajuit

BTW uitgesluit

R425 877 BTW uitgesluit

5 in voorraad onmiddellik beskikbaar

Nuwe 65-sitplek bus - Marco Polo

38 sitplek bus

R435 686

R874 423 BTW uitgesluit

16 Ton Onderstel-kajuit

BTW uitgesluit

3 Ton 4x4 Onderstel-kajuit

28 sitplek bus - Marco Polo

R935 641 BTW uitgesluit

6m Menger

TATA-reeks nou beskikbaar in 2 tot 13.5 ton-voertuie met ’n 3-jaar waarborg/300 000km waarborg. Toetsbestuur enige van ons uitstekende voertuie vandag.

TATA BRAKPAN

EAST RAND MALL H/v Rietfontein & Northrandweg (Oorkant East Rand Mall)

011-383-9540/1

E-pos: info@tatabrakpan.co.za 40

ProAgri 168 – Februarie / February 2014

Herman: Jeff: Cornel:

076-430-0705 076-430-0715 084-532-6950

Voortrekkerweg 312 Brakpan

011-744-0363/4 www.proagri.co.za


Stroop vinniger, skoner, deegliker

Monteer ‘n AWS aan jou stropertafel en kyk self:

Soja, droëbone, ertjies, lensies en ander graan- en spesialisgewasse Dis maklik • AWS monteer maklik aan enige stropertafel en kan later maklik verwyder word. • Die waaiereenheid kan aan die stropertafel of aan die stroper gemonteer word. • AWS word elektries vanuit die trekkerkajuit beheer om vinniger of stadiger te blaas en om die blaasbekke op of af te verstel.

• AWS se groot waaier wek ‘n windstroom wat deur ’n spruitstuk van voor die gewas na die messe en awegaar blaas. • Dit verseker ‘n gelykmatige materiaalvloei met minder gewasskade. • Gladde voer stel die stroper in staat om skoner, vinniger en egaliger te stroop, met beter skeiding en egaliger kafverspreiding. • Die luggordyn blaas die gesnyde gewas na die stropertafel vir vollediger herwinning, selfs uit oop springpeule, en ’n beter mesaksie.

Kunsmistoedieningsoplossings • Stuurbare of vaste-as kunsmissleepkarre • 5 ton korrelkunsmistenk met indiwiduele uitmeter vir elke ry • Korrelkunsmistenk monteerbaar op werktuig of op sleepkar

5 ton kunsmistenk met uitmeter

Stuurbare kunsmiskar

Korrelkunsmisuitmeter Ry-akkuraatheid van ±4%

Meganiese stuuraksie / Koppel aan bestaande werktuie / Uitmeter vir elke ry – geen verdeelkoppe

JWL Landbou Voorsieners, Ermelo Werner Nel 079-506- 7495 / Jakes 076-400-7801

www.jwl.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 168 – Februarie / February 2013



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.