ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Val styg uit met tegnologie
KragDag staan al sterker
Augustus / August 2014 No / Nr 174 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
PANNAR: Voersorghum sorg vir jou vee
LEMKEN:
Bepaal self jou planttyd Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee- en Wildboerdery
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
D
Hierdie uitgawe van ProAgri is propvol ie aand op pad huis toe het ek die lekkerlees artikels met nuttige wenke vlamme en die vuurvegters aan die vir boere oor planteraankope en kragbeander kant van die deurpad gesien. Die sparing. Ons bring ook nuus van Val se volgende oggend het hy daar gestaan gewilde Boeredag, veral oor ons eie slim en kyk na die paar smeulende hopies masjienbouers. wat oorgebly het van sy winterbale. Die vlamme het hulle op die kort gras reg Boer slim! langs sy huis gaan haal. Annemarie Joubert > In daardie breukdeel van ’n sekonde annemarie@proagri.co.za wat ons oë ontmoet het, is die deur na die siel van boerdery weer eens vir my oopgemaak. Ek kon al die wisselende emosies van woede, frustrasie, berusting en verligting oor gespaarde diere- en menselewe saam beleef. Weer kon ek maar net die kop skud oor die mentaliteit van mense wat in hierdie warm, winderige laatwinterdae doelbewus die droë gras aan die brand steek. Watter behae kan enige mens vind in die skade en lyding wat so veroorsaak word? Is ons werklik nog slagoffers van ’n verskroeide-aardebeleid wat deur roekelose, magshonger politici aangepraat word? Dit is voorwaar ’n tyd vir wakker slaap in Elke landboujoernalis wil mos eintlik eerder boer. Laat ons die somerreënvalstreek. hoop die eerste 30 pekanneutbome op Kleinskuur lei tot Sterkte! groter dinge!
Gewasproduksie 19 Ammoniak (NH3): Die volhoubare dienskneg 20 Voersorghum: Alles wat jy moet weet Hulpbronbestuur 23 KragDag benut die reën, wind en son 27 Oilco trap diep spore met Shell Vee en wild 29 PhosPro 17 maak selfs suurveld soet 30 Wildboerdery: Nic Sleepwaens neem weer die voortou Gereeld 31 Veilings 36 GeneGids 38 AgriTrader 47 Tweedehands www.proagri.co.za
Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225 www.smartpublishing.co.za
Business-to-Business: Agriculture ABC January to March 2014 – 39 763 Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie: 2 Die regte planter (1): Wat vra die saad? 5 Bepaal jou planttyd met LEMKEN 7 Roadmaster haal die wip en swaai uit jou bakkie se stert 8 Val Boeredag bly ’n meganisasie-wysparadys 11 Massey Ferguson: Die boer se eenstop vir hooimaak 13 Bespaar tyd en geld met die Anderson-baaltoedraaier 15 Ontmoet Suid-Afrika se Meneer Werktuie 17 Kluite en stoppels verdwyn onder Jupidex se Qualidisc
Met die twee Karat9-saadbedvoorbereiders van LEMKEN kan BP Greyling van Wakkerstroom op die Hoëveld sy lande gereed kry vir plant, al het die reën nog nie geval nie.
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
2
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Produkbestuurder Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za
8
Bemarkers Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za Michael Strange > 079-515-2708 michaels@smartpublishing.co.za Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
19
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela du Plessis > 0861-777-225 engela@proagri.co.za
23
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za
Smart Publishing 29
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
1
Kies die regte planter (1): Wat vra die saad?
Plase word al hoe groter, maar steeds bly die venstertydperk wat die natuur die boer gee om te plant dieselfde. Daarom moet boere deesdae reusagtige planters wat ’n groot klomp rye op ’n slag plant gebruik – en steeds moet daardie planters elke pit perfek plaas.
G
rond, saad, kunsmis en diesel is duur, daarom moet die boer verseker wees dat hy ’n goeie opbrengs op sy belegging gaan behaal voordat hy ’n pit in die grond sit. ’n Belangrike deel van daardie “seker maak” is om te sorg dat elke pit perfek geplant word om te verseker dat dit goed ontkiem en goed sal groei om tot ’n gesonde plant te ontwikkel. Die basiese beginsels waarvolgens alle graan ontkiem en groei is breedweg dieselfde, maar elke gewas se saad het sy eie voorkeure ten opsigte van sake soos plantdiepte, vogbehoefte, rywydte en spasiëring in die rye. Vir die doel van hierdie artikel word die mieliepit gebruik om die algemene beginsels te verduidelik. Binne-in die mieliepit lê ’n magdom genetiese inligting verskuil, wat bepaal hoe elke plant gaan lyk en wat
sy uiteindelike eienskappe gaan wees. Wanneer die mieliepit op die regte diepte in grond met die regte voginhoud en teen die regte temperatuur geplant word, begin die dormante mieliepit lewe kry. As die omstandighede reg is, begin hierdie proses met die opname van nagenoeg die helfte van sy eie gewig aan water. Hierdie proses duur sowat 12 uur as al die omstandighede reg is. Vir die volgende 12 tot 18 uur maak die pit homself reg om ’n wortel uit te stoot en as die temperatuur reg is, kom die ontkiemwortel na nog 18 tot 24 uur te voorskyn. Daarna verskyn daar ’n saailing wat net so sterk boontoe reik as wat die wortel na onder groei. Na daardie betowerende oomblik wat elke boer, maak nie saak hoeveel keer hy dit al beleef het nie, nog
steeds met verwondering vervul – die oomblik dat die plantjie deur die grondkors breek – begin die eerste groen blaartjies verskyn sodat die plant kan fotosinteer, terwyl ’n sywortelstelsel vorm om voedingstowwe uit die grond te put. Hieruit is af te lei dat die pit op presies die regte diepte geplant moet word. As dit te vlak geplant word, is die temperatuurskommelinge te drasties vir goeie, gesonde ontkieming en saailingonwikkeling, en die heel boonste lagie grond is ook meer blootgestel aan vogverlies wat kan veroorsaak dat daar te min water vir behoorlike ontkieming beskikbaar kan wees. Proewe wat Pioneer Hi-Bred RSA gedoen het, het getoon dat mielies wat op die regte diepte geplant word (8 cm), van die begin af beter groei om op 7 dae reeds beduidend meer
Elke gewas, elke grondtipe en elke boerderypraktykhet sy eie behoeftes en die boer moet sorg dat sy planter perfek in daardie behoeftes kan voorsien. 2
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Meganisasie
blaargroei en sterker wortelgroei te toon, op 21 tot 35 dae na plant nog opvallender beter vaar as mielies wat te vlak geplant is, en strooptyd die grootste koppe, die grootste pitte en die meeste graan lewer. Hulle het ook ’n beter staanvermoë. Dit is dus noodsaaklik dat die boer ’n planter kies wat elke pit op presies die regte diepte plant. ’n Planter moet ook sorg dat elke pit dieselfde, perfekte kontak met die grond maak, anders vind ontkieming nie behoorlik plaas nie. Saad moet dus knus in die saadvoor bedek en vasgetrap word, maar nie so styf vasgetrap dat wortel- en saailingontwikkeling gestrem word nie. Elke grondtipe en -tekstuur vereis sy eie vastrapwyse. Verder is dit belangrik dat al die pitte presies ewe ver van mekaar af in die ry geplant moet word sodat elkeen presies dieselfde toegang tot vog, voedingstowwe en sonlig kan hê en dus presies ewe vinnig kan ontwikkel sonder dat party plante ander oorskadu of uitdruk. Eenvormige plant-
ontwikkeling is ’n sleutel tot ’n oorvloedige oes en daarvoor is presiese pitplasing noodsaaklik. Dit beteken natuurlik ook dat die planter wat die boer kies geen dubbelpitte mag plaas en geen haasbekplekke in die ry mag ooplaat nie. Alhoewel kunsmis in sommige gevalle vooraf op die land geplaas word, verkies die meeste boere planters wat kunsmis, hetsy korrel- of vloeibare kunsmis, toedien terwyl daar geplant word. Vir goeie resultate moet ’n planter dus kunsmis akkuraat kan toedien en dit eenvormig plaas presies daar waar die jong plantjies se wortels dit die maklikste kan bereik. Dit alles moet boonop vinnig en flink gebeur met die minste moontlike tydverspilling vir hervulling en onderhoud, want op die meeste plase laat weerstoestande die boer nie onbeperkte planttyd toe nie. Sodra dit warm genoeg is en genoeg reën, en sodra die lande na die reën droog genoeg is sodat sy trekkers nie vasval nie, moet hy plant en klaarkry voordat toestande minder ideaal word.
Dit beteken dat die planters groot genoeg moet wees en genoeg rye op ’n slag en genoeg hektaar per dag moet kan plant om al die beskikbare grond te beplant terwyl gunstige toestande voortduur. Dit beteken ook dat die planter se saad- en kunsmisbakke groot genoeg moet wees en genoeg saad en kunsmis moet kan hou sodat ’n mens nie meer tyd met aanvulling hoef deur te bring as met plant nie. Dit beteken voorts dat die planter so ontwerp moet wees dat daaglikse onderhoud maklik en vinnig afgehandel kan word en so vervaardig moet wees dat dit nie herstelwerk vereis terwyl die boer wou plant nie. Planters kan in twee groepe ingedeel word: Kleinsaad- of koringplanters wat alle kleingraansade kan plant en dikwels ook ’n spesiale eenheid het vir heel klein saad soos tef, en mielieplanters wat groter sade soos mielies en soja plant. Daar is ook planters wat altwee kan plant. Deesdae kan planters ook ingedeel word in konvensionele planters en geenbewerkingplanters. Konvensionele planters word gebruik in grond wat netjies geploeg en ge-eg is, maar geenbewerkingplanters moet deur onbewerkte grond, wat boonop met plantreste bedek is, plantvore maak om steeds die saad en kunsmis eenvormig en op die regte diepte te plaas. Daarom moet ’n geenbewerkingplanter swaarder en stewiger wees as ’n konvensionele planter. ’n Geenbewerkingplanter kan ook vir konvensionele plantwerk gebruik word, maar ’n konvensionele planter is nie opgewasse vir die strawwer eise wat aan ’n geenbewerkingplanter gestel word nie. Volgende keer bekyk ons die verskillende soorte mielieplanters van naderby.
As ’n boer so ’n ryk oes wil hê, moet hy sorg dat hy so plant dat elke pit die beste kans op sterk, gesonde ontkieming en groei kan geniet. www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
3
Meganisasie Meganisasie
Bepaal jou planttyd met LEMKEN deur Annemarie Joubert
Die twee Karats laat lag-lag ’n perfekte saadbed in droë, vasgetrapte stoppellande.
O
f di die reën ë all gevall h het off nie... i as die voorjaar sy lentebors op Oom Paul se verjaarsdag op 10 Oktober uitsteek, word die planters in Langfontein-boerdery naby Wakkerstroom se grond ingesteek. Dit is wanneer BP Greyling begin plant. “Ek is nou 27 jaar lank op die plaas en ons is nog nooit verby 20 Oktober sonder dat daar reën geval het in die streek nie. So, al frons mense oor my droëgrondplantery, ek glo dié praktyk help my om met ’n voorsprong te begin,” sê BP. Hy verduidelik dat die winters op die platorand lank en koud is en die somers kort, mistig en vogtig met min van die hitte-eenhede wat somergewasse nodig het. ’n Vroeë begin is dus net ’n beter begin. Om droë grond voor te berei vir plantwerk, het jy egter die regte toerusting nodig. BP het by ’n boeredag die Duitse vervaardiger, LEMKEN, se masjiene in aksie gesien en besef dat dit sy oplossing is. Dit was vir hom ’n moeilike keuse tussen die Rubin met sy skottels en die Karat met sy tande. Karel Munnik, LEMKEN se man in
Suid-Afrika, het die regte masjien aanbeveel en bestel. Die heel eerste Karat 9-beitelploeg/saadbedvoorbereider wat tand aan wal gesit het in Suid-Afrika, is sommer van die skip af na BP se plaas toe. Droë grond is nie enigste uitdaging waarvoor die Karat homself moes gereed maak nie. BP se saai- en uitgebreide bees- en skaapboerdery vul mekaar aan. Soos BP dit stel: “Diere en plante benodig bepaalde voedingstowwe op ’n bepaalde tyd.” Sy stoppellande word dus deeglik benut op ’n tyd van die jaar wanneer ander voeding skaars is. Saam met die stoppels kry die vee egter nog ’n lekkerbek verrassing, want BP het ook begin om teen Januarie of Februarie raaigras vanuit ’n vliegtuig in die mielielande te saai. “Met die raaigras tussen die stoppels, kon ek my aantal skape op die lande verdubbel,” sê hy. Die gevolg is egter dat die grond kliphard vasgetrap is voor planttyd. Daarby is ’n groot deel van die plaas kleigrond, wat skrikwekkend harde kluite maak. En dan, net om seker te maak dat die Karat se vermoëns ten deeglikste getoets word, word daar ook van hom verwag om die saadbed voor te berei op die hektare waar daar kuilvoer gesny is. Die vastrappery wat volg op masjiene in die nat grond, is iets om te Die spasiëring van die tande sorg dat die werking van beleef. die breë beitelvlerke onder die grond oorvleuel. Daar is BP het na die ook smaller tande beskikbaar en hulle kan woerts-warts eerste seisoen sonder gereedskap geruil word.
www.proagri.co.za
BP Greyling van Wakkerstroom sê Karel Munnik van LEMKEN SA het vir hom die regte oplossing gebring sodat hy op sy beplande tyd kan plant, al het die reën nog nie gekom nie. nog ’n Karat bestel om nog meer woema in die werk te sit! Een van die groot pluspunte van die Karat wat BP veral beïndruk, is die spasiëring van die tande. Bokant die grond is die tande, wat verspringend oor drie rye gespasieer is, wyd genoeg sodat materiaal glad kan deurgly, maar onder die grond ontsnap nie ’n stukkie aarde die losmaakproses nie. BP gebruik breë beiteltande sodat die vlerke se werking oorvleuel. Hy sê hy werk teen hoë spoed op ’n diepte van 250 mm en selfs in die hardste grond word die kluite fyn gebreek en die rollers sorg vir ’n goeie, ferm saadbed waarin jy met vertroue kan plant. Die vakmanskap van LEMKEN-masjinerie is ook legendaries, want selfs met al die harde werk, kan een stel skare tot 800 hektaar oorleef. Die voordeel van die fyn, maar ferm saadbed is dat die planter nie die saad in los grond plaas nie, wat bydra tot ’n eweredige, vol plantestand, met meer mielies en meer geld in die sak. “Op die ou end gaan dit oor jou oes,” sê BP, “of dit vleis of graan is; en wat jy insit is wat jy uitkry.” BP is tans besig om te kyk na nog ’n LEMKEN-oplossing vir die plaas, naamlik die nuwe Rubin 12 wat met sy groot skottels van 736 mm tot 250 mm diep kan werk. Die Rubin sal veral in die raaigraslande kan sorg dat die reste fyn gesny en die organiese materiaal egalig ingewerk word. Tans kry sowat 70% van die lande net een bewerking reg voor die planter, maar met die Rubin by verwag BP dat tot 95% van die lande net een bewerking nodig sal hê. Kry die oplossing vir jou boerdery by Karel Munnik by 082-412-2577 of Blackie Swart by 082-404-9651 of stuur ’n e-pos na sales@lemken.co.za. Besoek ook www.lemken.com en kyk na die toerusting in aksie by http://bit.ly/LEMKEN_sa. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
5
Meganisasie Meganisasie
Roadmaster haal die wip en swaai uit jou bakkie se stert ’n
Haastige boer weet dat dit baie maklik is om ’n bakkie op los gruis of ’n kronkel grondpad om te gooi. Wanneer daar boonop ’n swaar vrag vervoer word, maak dit die voertuig se swaartepunt gevaarlik hoog en verg dit vernuf en konsentrasie om ongedeerd by die bestemming uit te kom. Sinkplaatpad en slaggate plaas ook baie stremming op die veerstelsel, bande en onderstel van ’n plaasbakkie en wanneer ’n vuurvegter met ’n halfton water agter op oor ruwe terrein begin skud, moet ’n boer sy bestuur ken. ’n Swaargelaaide sleepwa het ook die vermoë om jou bakkie se neus ongerieflik hoog te lig en die stert in die grond te druk. Die agterste vering van ’n bakkie moet veral geweldig baie skok absorbeer wanneer boerdery ernstig raak. ’n Ondernemer in Oos-Londen, Bill Spencer, het in 1994 die briljante idee gekry om heelwat van die bogenoemde probleme drasties te verminder deur ’n eenvoudige spiraalveer bo-oor die bladveer te installeer. Sedertdien is sy ontwerp Amerika toe en in die
www.proagri.co.za
land waar boere nie skaam is oor die grootte en hoogte van hulle bakkies nie, is die produk weergaloos. Johan Lombard van Roadmaster Suspension het twee jaar gelede die onderneming oorgeneem en ’n jaar gelede weer ernstig begin om die produk te bemark. Hy beskryf die Roadmaster-spiraalveerstelsel so: “Die Roadmaster is ’n hulpveerstelsel waarvan die kernelement ’n spiraalveer is wat horisontaal bo die voertuig se bladvere hang en in posisie gehou word deur die spanning wat daarop geplaas word. Die spanning word geskep deur die spiraalveer aan die bladveer se agterste veerstrop te anker en aan die voorkant van die agteras vas te maak. Die Roadmasterspiraalveer hou die bladvere in hulle oorspronklike geboë vorm en wanneer die voertuig se vrag die bladvere afdruk, trek dit outomaties ook teen die spiraalveer om bykomende weerstand te bied.” Behalwe dat die Roadmaster ’n handige bykomende dravermoë gee, werk dit soos ’n teenkantelstaaf wanneer ’n voertuig na ’n kant toe rol spesi-
deur Du Preez de Villiers fiek vanweë die posisionering op die agterste helfte van die bladveer. Jou vier bande het dus beter kontak met die pad en die verbeterde stabiliteit en beheer beteken die bestuurder word minder vermoei. Die stelsel kan self en binne ’n uur installeer word en geen instandhouding is nodig nie. Dit pas op die meeste bakkies wat geboë bladvere het. “Kliënte wat hulle voertuie al etlike jare gelede met die produk toegerus het, vertel my dat hulle dit afgehaal en op hulle nuwe voertuie gesit het as die ou een verkoop is, en dit werk vandag nog net so doeltreffend. Boonop het geen kliënt oor die afgelope twaalf maande van ons 30-dae-geld-terugwaarborg gebruik gemaak nie, wat getuig van die tevredenheid onder ons kliënte.” Om die wip en swaai uit jou bakkie se stert te haal, kontak gerus vir Johan Lombard by 021-511-1888, 082-780-3902 of info@roadmastersuspension.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
7
Val Boeredag bly ’n
Laai bale blitsig met Rhino Inttrac se plaaslik vervaardigde Rhino 1402-baallaaier was ’n groot treffer, maar op versoek van vele boere is daar nou ’n kleiner weergawe vrygestel. Die nuwe, goedkoper Rhino 6001 kan ses groot rondebale op een slag hanteer teenoor sy ouboet se veertien. Met die 1402 kan die operateur kies of die terugskuifaksie outomaties moet gebeur, maar met die 6001 moet hy self seker maak daar is plek vir die volgende baal. Daar is steeds ’n groot besparing in tyd, diesel en arbeid teenoor ander metodes om bale te skuif.
Honderde boere het weer vanjaar na die Val-boeredag, naby Standerton, gestroom om landboumasjinerie in aksie te sien. Die boeredag word deur die Waterval-boerevereniging gereël en word elke jaar nóg groter en beter.
Só maak jy ’n saadbed ’n Groot groep boere het gretig nadergestaan om te sien wat die Valtra T213 en die AST/Matic veeldoelige saadbedvoorbereider in die stoppelland doen. Die AST/Matic 450 is ’n diepwerkende beitelwerktuig wat met sy stel groot skyfkouters deur plantreste sny, opgevolg deur ’n stel beitels wat die grond tot op 450 mm losbreek en afrond met rollers wat die grond tot ’n snoesige saadbed omskep.
Spuit sonder staantyd Die driepuntgemonteerde Elyte-spuit van Berthoud, wat deur Crop-Tech in Suid-Afrika versprei word, het beïndruk met die stabiliteit van sy
Die strooier wat kan spuit Afgri Meganisasie is die hoofborg van die Val-boeredag en as John Deere-handelaar het hulle ’n indrukwekkende reeks produkte gedemonstreer. ’n Nuweling wat die oog getrek het, is die R3040-selfloopspuit wat soos hier met ’n korrelkunsmisbak toegerus kan word. Die dubbeldoelmasjien kan dus regdeur die seisoen vir spuit- of strooiwerk aangewend word. Die DN456-strooier se bakgrootte is 5,6 m³ en hy kan selfs in sterk wind (van tot 30 kmu) sy korrels 32 meter ver plaas. 8
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Meganisasie
meganisasie-wysparadys
21-meter balk en ook sy bykomende 1 000-liter tenk voor op die trekker wat saam met sy hooftenk van 1 600 liter staantyd vir volmaak drasties verminder.
Kerf so deur reste ’n Wye reeks van Jupidex se Kverneland-toerusting het hulle weg deur die stoppels gebaan, soos dié Qualidisc-saadbedvoorbereider, wat heelwat aandag getrek het. Lees meer op bl 17 oor die Qualidisc.
Sny diep en fyn LEMKEN het boere opgewonde gehad oor hulle nuwe kragman, die Rubin 12. Met sy skottels van 736 cm kan die Rubin gaan waar min ander ’n merk kan maak en steeds ’n perfekte saadbed agterlaat. Die masjien se ideale werksdiepte is 25 cm. www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
9
By die statiese uitstallers het ProAgri veral gaan inloer by enkele plaaslike vervaardigers. Dit is elke jaar ’n genotvolle ervaring om te sien watter flink ingenieurs daar onder ons landbouwerktuigbouers is en dat hulle skeppende idees net nooit opraak nie. Kyk op www.proagri.co.za vir nog slim oplossings.
Staalland Edna de Wet en Kobus Cronjé van Staalland in Bethelehem vervaardig al 35 jaar lank kunsmis-, mis- en kalkstrooiers en trekkergemonteerde laaigrawe. "Ons toerusting is gebou vir Afrika en sy uitdagings, en die werktuie wat ons 35 jaar gelede vervaardig het, is vandag ons grootste mededinging, want dit breek nie,” sê Edna.
AgriCAD AgriCAD is op pad na sy vyfde bestaansjaar. "Ons is besig met ’n omwenteling in die bedryf omdat ons ’n beleid het dat ons werktuie al hoe geriefliker vir die boer moet word. Ons het veertien verskillende werktuie wat verbeter word volgens die terugvoer van boere. Elke boer wat voorstelle gemaak het, moet by elke skou kom kyk of ons sy raad gevolg het en sy boerevriende saambring," sê Charl Fouché, AgriCAD se bemarkingsbestuurder. "Ons markleier-tapkar is die TF240 hier agter my en hy het van verlede jaar tot nou sewe verbeteringe ondergaan. Dit is nie óns kundigheid nie; dit is die boere wat dit vir ons gee. En dit is hoe ons groei," sê hy. By Charl is sy hulp, HJ Stebbing, ’n landboustudent van UP. Diamond Implements Diamond Implements het ’n trotse geskiedenis van 30 jaar se vervaardiging in die voermaakbedryf, met hulle reeks produkte wat spesiaal vir plaaslike omstandighede en vir die Suid-Afrikaanse boer se beursie vervaardig word. By Val Boeredag is die nuwe Diamond 14-kerwermenger met sy dubbelwurm vertoon. Die wa het ’n laer rand vir makliker laai en met sy dubbelwurm (awegaar) maal en meng hy ’n perfekte mengsel van tot 5 ton in minder as 30 minute.
10
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Meganisasie
Massey Ferguson:
Die boer se eenstop vir hooimaak M
et die toevoeging van hooimaaktoerusting tot sy produkreeks bied Barloworld Agriculture boere nou ʼn volledige hooimaakoplossing uit die Massey Ferguson-stal: trekkers (met laaigraaf-opsies), tolsnyers, hooilugters, rotorharke, vierkant- en blokbalers asook ’n selfaangedrewe platsnyer. Die bekende FELLAhooimaaktoerusting is ná ʼn 100%-oorname in 2011 ten volle in die AGCO-groep geïntegreer. Dit maak dit vir Barloworld Agriculture moontlik om hooimaakoplossings wat gekenmerk word deur betroubare, robuuste toerusting en presiese werkverrigting, onder die Massey Fergusonhandelsmerk beskikbaar te stel. Die tolsnyerreeks bied ’n doeltreffende, ekonomiese oplossing vir boere en kontrakteurs. Kenmerke van dié robuuste snyers sluit onder meer gepatenteerde aandryfbeveiliging in. Die reeks bestaan uit twee driepuntmodelle met werkwydtes van 2,55 en 2,82 meter en ’n sleepmodel met ’n werkwydte van 3 meter. Die snyers is beskikbaar met of sonder kneusers afhangend van model. Die 2,55 meter driepuntmodel kan byvoorbeeld as ’n standaardsnyer gekoop word, maar is reeds aangepas vir die opsie om op ’n later stadium ’n rollerkneuser te monteer. Twee enkelrotorharke is beskikbaar met werkwydtes van 3,6 en 4,5 meter. Dié harke, wat op die driepunt
gemonteer word, is ontwerp om groot hoeveelhede materiaal in presiese windrye bymekaar te hark. ’n Semi-gemonteerde dubbelrotorhark met ’n werkwydte van 7,6 meter is ook beskikbaar vir hoër produktiwiteit. Die hooilugter (tedder) met sy werkwydte van 5,2 meter het onder meer ’n gepatenteerde selfstabilisering-koppelstelsel wat stabiliteit verseker wanneer gewerk word en met vervoer – ook teen hellings. Massey Ferguson se nuwe selfaangedrewe WR 9760-platsnyer word in AGCO se Hesston-fabriek in Amerika vervaardig. Hesston het in 1955 landbou se eerste selfaangedrewe platsnyer vervaardig en die jongste Hesston-tegnologie verseker die vinnige, doeltreffende, ekonomiese platsny van enige gewas – van lusern en gras tot kuilvoermielies en koring. Die WR 9760 word deur ’n AGCO Sisu Power-enjin van 140 kW aangedryf en is beskikbaar met ’n wurm- of vervoerband- (draper) -tafel. Eienskappe sluit onder meer in: veiligheid-stelsels soos ’n positiewe skyfremstelsel; hidrouliese flottasie aan die kante van die snykop, sodat dit nooit aan die grond raak nie; ’n hidrouliese verkoelingstelsel met ’n outomatiese trufunksie om die verkoelers en waaierskerm skoon te hou; en die snykoppe kantel nie net op en af nie, maar ook sywaarts vir groter doeltreffendheid teen hellings. Wat baaltoerusting betref,
Kragharke, enkel- en dubbelrotor, met ’n werkwydte van 3,6 tot 7,6 m. www.proagri.co.za
het Massey Ferguson se vierkantbaler met sy reguitpadontwerp en die groot blokbaler met sy hoëkapasiteitwerkverrigting reeds hulle staal dubbel en dwars in plaaslike toestande bewys. Vir meer inligting, kontak jou naaste Massey Ferguson handelaar of Henry van Vuuren van Barloworld Agriculture by 083-641-9151.
Selfaangedrewe platsnyer.
Hooilugter (tedder), werkwydte van 5,2 m.
Tolsnyers met ’n werkwydte van 2,55 tot 3 m.
Die robuuste MF-vierkantbaler met sy reguitlynontwerp sorg vir kompakte, ekonomiese bale. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
11
ProAgri
word 20!
Uitnodiging!
0 2 JAAR!! NOV 1994 - NOV 2014 Word deel van ProAgri se spesiale gedenkuitgawe in November
1ste uitgawe
Ons wil weet... • • •
Hoe lank lees jy al ProAgri? Wat beteken ProAgri vir jou as boer? Wat beteken ProAgri vir jou as adverteerder/verskaffer?
Stuur jou ProAgri-storie of goeie wense na annemarie@proagri.co.za om deel te word van dié geskiedkundige uitgawe.
12
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
Kontak een van ons bemarkers vir ons spesiale bemarkingsgeleenthede in die gedenkuitgawe: Michael > 079-515-2708 > michaels@smartpublishing.co.za Xander > 079-524-0934 > xander@proagri.co.za Adele > 0861-777-225 > adele@proagri.co.za Engela > 0861-777-225 > engela@proagri.co.za
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Meganisasie
Anderson Hybrid Evolution X-Tractor-baaltoedraaier:
Bespaar tyd en geld, en wen gehalte deur Du Preez de Villiers
Die Anderson Evolution sluk die bale met gemak in om dit in ’n lug- en waterdigte plastiekkokon uit te stoot.
D
ie vyf vlieë van voermaak het Hannes Eksteen, ’n boer van Piketberg, so geteister dat hy op die internet gaan raad soek het. “Ek het bale wrapper ge-‘‘google” en op YouTube gesien hoe die Anderson Hybrid Evolution X-Tractor-baaltoedraaier uit Kanada werk. “Google is die boer se vriend,” sê Hannes. “Ek was so beïndruk dat ek verder gesoek het om te sien of daar ’n plaaslike maatskappy is wat die masjien invoer en op Agri Afrika afgekom. Ek het die naaste agent, Leonard Kennedy in Bredasdorp, gekontak en van daar was dit net een groot plesier tot ons die laaste stuk plastiek om die laaste baal gevou het,” sê hy. “Daar was aanvanklik vyf vlieë in my balery se salf en ek sou nooit kon dink dat ek hulle almal met een klap sou kon doodslaan nie...” Die eerste vlieg was die onkruidsaad soos raaigras, predikantluis (steekgras), kanariegras en wildehawer wat saam met die hawer gesny word en weer opkom as hy die bale vir die beeste op die lande uitgooi. Hierdie onkruid het al so sterk weerstand opgebou dat hy dit nie meer kon doodspuit nie. Die tweede vlieg was die lae verteerbaarheid van sy gebaalde hawer, wat verbeter moes word. Derdens het hy ’n tekort aan bergplek gehad vir die 1 200 groot bale wat hy van sy veld af gehaal het en vierdens het bale wat hoog en teenaan mekaar in sy skuur gestapel word ’n groot brandgevaar ingehou. Vlieg nommer vyf is die weer, want
nadat die hawer gesny is moet die reën vir ten minste sewe dae wegbly om minder as 15% vog in die bale te verseker, maar dit vind in dieselfde tyd plaas wanneer die koring reën nodig het om die are te vul. Hannes het dadelik gesien dat bale wat toegedraai word sy probleme kon oplos. Hy bestel toe die Anderson Hybrid Evolution wat ronde sowel as vierkantige bale kan toedraai. Leonard Kennedy het die ekstra myl geloop en nadat die toedraaier op die plaas aangekom het, het hy die volle drie dae vir die duur van die toedraaioperasie op die plaas deurgebring om seker te maak sake verloop vlot. Hulle kon maklik 400 bale per dag toedraai. “Dit was heerlik om te sien hoe my natreënrisiko in die niet verdwyn het toe ek die gesnyde hawer na slegs 36 uur kon baal en toedraai, want hawerbale kan tussen 30% en 40% vog bevat as dit toegedraai word.” Hannes kon met gemak drie van sy groot, reghoekige bale opmekaar stapel om vir die Evolution te voer. Dit het noodwendig beteken dat sy plastiek-tot-baalvolumeverhouding die laagste is. Met net een rol plastiek kan hy 75 bale met vyf lae toemaak. Hannes glo in duursame plastiek, want plastiek wat lostrek of skeur beteken dat daar suurstof by die bale kan inkom, wat groot skade kan veroorsaak. Die Anderson het sy eie enjin en werk en beweeg heeltemal onafhanklik van ’n trekker. Met sy afstandbeheer wat al die nodige beheerfunksies toelaat, kan die operateur langs die
Hannes Eksteen is baie ingenome met sy bale wat so styf en dig toegedraai is dat daar bitter min suurstof kan inkom. Die hawer het lekker gegis en sag geword, sodat dit ’n hoër verteerbaarderheid het en alle saad binne-in gesteriliseer is, wat dit baie nuttiger maak as bale wat nie toegedraai is nie. Evolution stap soos die toedraaier die bale insluk. Om die baaltoedraaier oor langer afstande te verskuif, kan dit agter ’n gewone bakkie gehaak word. Na ses weke kon Hannes die bale oopmaak om vir sy diere te voer. Hy het dadelik gesien dat die gras lekker gegis het om amper ’n kuilvoerreuk af te gee. Al wat van die onkruidsade oorgebly het, is goeie veevoer wat nie meer in staat is om te ontkiem nie. Elke oggend sny Hannes die seil agter ’n volgende kolom bale deur, wat hy dan met sy vurkhyser op ’n sleepwa laai en vir sy Nguni’s en Pediskape voer. Nou hoef hy nie meer die bale tot teen sy skuur se dak op te stapel waar dit onveilig en moeilik is om hulle by te kom nie. Vir enige navrae oor die Anderson Evolution-baaltoedraaier kan Marius Tolmay van Agri Afrika by 083-581-5709, 086-111-3692 of marius@agriafrika.co.za gekontak word.
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
13
14
ProAgri 173 – Julie / July 2014
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Meganisasie
Ontmoet Suid-Afrika se Meneer Werktuie deur Du Preez de Villiers
Japie Groenewald is ’n ware tweedehandsewerktuigensiklopedie en het al honderde uur op sy selfoon en honderdduisende kilometer afgelê om boere wat werktuie wil koop of verkoop behulpsaam te wees.
D
is ’n gruwelike misvatting om te reken dat Suid-Afrikaanse boere sku is om vir ontasbare dinge soos inligting, konsultasie en dienste te betaal om hulle lewe te vergemaklik. Japie Groenewald van Kenmax Agri het oor die afgelope vier jaar die teendeel met dawerende sukses onder die maatskappy se vaandel bewys. Vir ’n boer bly dit ’n nagmerrie om in die hitte van die seisoen, tussen al die beplanning en voorbereiding en werk deur, in sy bakkie te klim om na ’n geskikte tweedehandse werktuig te gaan soek. Wat is dan beter as om jou foon op te tel en vir Meneer Werktuie ’n luitjie te gee, want hy weet presies waar jou volgende werktuig vandaan sal kom? Toe Japie en sy vrou Thia destyds uit die Kaap na Reitz verhuis het, het hulle gesien dat die boere in die Noorde dinge al gister afgehandel wou hê en Kenmax Agri is gebore. Met sy boerdery-agtergrond het Japie oor ’n tydperk van vier jaar baie moeite vir die maatskappy gedoen om boere te besoek, landbouwerktuie te leer ken, die waarde en toestand van ’n tweedehandse werktuig te bepaal, ’n stewige verhouding met boere te bou en vertroue te kweek. Vandag het Kenmax Agri die name en telefoonnommers van 3 000 boere op ’n selfoonstelsel, waarvan ’n groot aantal elke maand vir Japie bel op soek na werktuie, of om van hulle s’n te verkoop. “As die maatskappy vandag verkoop word, sal daar slegs ’n klomp kennis en jarelange verhoudings en duisende telefoonnommers aan ’n belangstellende koper oorgedra word, want dit is die enigste unieke bates wat die onderneming besit,” sê hy. “Dit is vir Kenmax Agri uiters belangrik dat die boer my oordeel oor die toestand
www.proagri.co.za
van ’n werktuig moet kan vertrou, want dikwels betaal hy vir ’n masjien op grond van kommentaar, selfoonfoto’s en e-posse wat die maatskappy vir hom gestuur het.” Japie se persoonlike bemarkingsverhouding met Kenmax Agri-kliënte kom ook tot uiting in die selfoonteksboodskappe wat die maatskappy elke week vir 2 500 boere stuur om vir hulle van die jongste seisoensgebonde werktuie te vertel. Thia het jare se bemarkingsagtergrond en sy verstaan hoe werk die fynere kunsies van sake doen en besef dat die verhandeling van ’n werktuig ’n magdom administratiewe werk verg.
Daar is lisensiepapiere, ’n e-natisstelsel, versekering, klaringsdokumente, fakture, aflosbriewe en bankwaarborge wat blitsig hanteer moet word. “Kenmax Agri is al op ’n punt waar ons ’n driemiljoenrandtransaksie binne 5 tot 10 werksdae kan afhandel,” sê sy. “Dit is belangrik om ’n goeie verhouding met jou bankbestuurder te hê, want hoe vinniger die transaksies afgehandel kan word, hoe gouer kan ons vir ’n haastige koper laat weet om sy werktuig by die verkoper te gaan haal,” sê Thia. “As daar ’n probleem is, sal ons met graagte in die kar spring om ’n dringende dokument by die regte plek af te laai as dit sake sal bespoedig.” Kenmax Agri is ook daartoe in staat om werktuie uit te voer, en het al heelwat transaksies oor ons landsgrense beklink. Hulle het ook ’n stewige verhouding met ’n paar vervoermaatskappye wat gereed staan om op Thia of Alida Hickman, die finansiële bestuurder, se woord in die pad te val om ’n werktuig van eienaar te laat verwissel. Kenmax Agri se toekomsplan is om ’n handelaarskap op die been te bring, sentraal tussen al die saaigebiede in Suid-Afrika, met ’n verskeidenheid tweedehandse werktuie wat net ’n lus vir die oog sal wees. Indien jy sonder moeite ’n bepaalde werktuig in die hande wil kry, kan jy gerus vir Japie Groenewald by 073-688-5508 of kenmaxagri@gmail.com kontak.
Kenmax Agri is ’n onderneming wat bankvas agter elke boer in Suid-Afrika staan. Thia Groenewald en Alida Hickman maak korte mette van die ingewikkelde administratiewe werk agter elke transaksie. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
15
16
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
wwww.proagri.co.za
Saadbedvoorbereiding: Kluite en stoppels verdwyn onder Jupidex se Qualidisc deur Du Preez de Villiers Die Qualidisc skep ’n droomsaadbed terwyl dit oor die lande swiep.
A
s ’n boer die wilde en droë Prieska-halfwoestynstreek wil tem, moet hy baie water hê. Die Oranje is nie verniet die lewensaar vir die omgewing se besproeiingsboere nie, want “as jy hier iets wil laat groei moet jy dit deurlopend natmaak” sê Cloete Coetzee van Mahobeboerdery, maar dit is duur en insette is hoog en tyd is min en onvergewensgesind. ’n Boer kan dus nie grondbewerkingstoerusting inspan wat wil gaan lê of harde werk halfhartig afhandel nie. Vir Cloete, sy broer Hannes en sy pa Henry is dit niks snaaks om 18 ton mielies van ’n hektaar af te stroop nie, maar om dit reg te kry is hulle baie kieskeurig oor die grondbewerkingstoerusting wat op hulle lande mag werk, want 18 ton mielies beteken immers ongeveer 18 ton reste wat weggewerk moet word. Nampo is maar die plek waarheen boere gaan om kennis en inligting bymekaar te maak. Die Jupidex-stalletjie was een van die punte waar die Coetzees vasgehaak het toe hulle Kverneland se Qualidisc gesien het. “Jupidex was so gaaf om na Nampo die 5-metermodel op ons plaas te kom demonstreer en ons het gesien dat dit pragtig in ons omstandighede werk,” sê Cloete. Wanneer ’n Qualidisk jou land stormloop, gebeur daar ’n paar interessante dinge. Die skottels wat die grond eerste tref, is in paartjies oor twee dwarsbalke versprei, sodat die agterste skottel die werk van die voorste een mooi afrond om die kaf en mieliereste te sny en onder die grond in te vou. Die harktande wat agterna kom, breek die laaste weerstandige kluite en stoppels wat hulle koppe mag uitsteek. Laastens draf die roller oor die varsbewerkte www.proagri.co.za
Ettiene Burger is heelgoederebemarker by OVK Hopetown, Dirk Kotze is Jupidex se agent in die Prieska-streek en Cloete Coetzee is ’n boer wat baie ingenome is met die Qualidisc.
Soos die skottels afslyt, kan die balk waaraan die voorste skottels vas is, verstel word om jou snyafstand steeds eksieperfeksie te hou. Regs bo kan die vernuftige ontwerp van die rubberskokbrekers gesien word.
grond om ’n pragtige, knus saadbed te vorm wat jou uitnooi om jou planter te gaan haak. Elke skottel het ’n eie rubberskokbrekerstelsel wat 90 grade oor die vierkantige dwarsbalk terugskop as dit ’n klip tref. Die res van die werktuig bly dan steeds op sy plek, stewig in die grond. Die skottel kan dan net losgemaak en teruggesit word om verder te werk. Cloete het al 380 hektaar besproeiingslande kafgedraf en is baie tevrede. Waar die reste baie hardnekkig is, ry hulle net ’n tweede keer oor. “Die skottels sny 150 mm diep en met die tweede rondte moet jy net dieselfde diepte of vlakker handhaaf.” Cloete het ook gevind dat die masjien die tweede keer beter werk as hy in dieselfde rigting oor die grond ry. “Teen 13 km/u werk die Qualidisk die beste vir ons en ons trekker van 165 kW kom maklik die mas op. Dan kry ons ook ons optimale werkdiepte gehandhaaf,” sê Cloete. Die Qualidisc se laers het geen onderhoud nodig nie en is vir twee jaar gewaarborg. As ’n skottel se laers die gees gee, vervang jy dit daar en dan in die skottel sonder om die hele as uit te haal. Jy kan kies: Die Qualidisc is beskikbaar in ’n driepuntmodel van 3,5 meter of in sleepmodelle van 5, 6 of 7 meter. Die werktuig knak in die middel om tot ’n skrale 3 meter op te vou as Cloete met die teerpad na hulle ander grond moet ry. As jy ’n Qualidisc in jou grond wil sien werk, kan jy gerus vir Terry Alexander by 082-383-6700 of José de Nobrega by 079-885-7902 kontak. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
17
Gewasproduksie
Ammoniak (NH3): Die volhoubare dienskneg deur Hein Barnard, Pro Gas Solutions
Ammoniakgas word met behulp van ’n tandwerktuig 150 - 300 mm diep in die grond geplaas en kan tot ses maande voor planttyd toegedien word.
D
ie uitdrukking “Diens aan die landbou” word dikwels gehoor en meestal nagestreef. As daar uit almal en alles ’n enkele produk is wat hierdie uitdrukking ten volle en volhoubaar verwesenlik, is dit ammoniak. Ammoniak is die basiese grondstof vir die totale stikstofkunsmisbedryf en sluit alle stroomaf stikstofprodukte soos ureum, nitrate (AN en KAN) en ook indirek UAN en NPK-mengsels in. Daarmee saam word ammoniak (as ’n gas) ook regstreeks in die grond toegedien en hou veral hier groot voordele ten opsigte van opbrengs en kwaliteit in. Ammoniak is ’n vloeistof onder druk en word in spesiale drukhouers gehou wat gereeld deur onafhanklike partye getoets word om veiligheid te verseker. Hierdie drukhouers word op ’n tandwerktuig soos ’n skeurploeg of beitelploeg geplaas waarmee plasing in die grond geskied via pypies wat agter die werktuig se tande gemonteer is. Hiermee saam word ammoniaktenks verskaf wat langs die land staan en as voedingsbron vir die toedieningswerktuig dien. Ammoniak word hoofsaaklik voor plant met groot sukses op ’n wye verskeidenheid gewasse soos mielies, koring, graansorghum, sonneblom, bone, suikerriet en groentegewasse soos aartappels, pampoene, kool en ander, toegedien. Feitlik alle grondtipes (behalwe waar baie klip voorkom) is geskik vir ammoniaktoediening; vanaf sandgronde tot gronde met ’n hoë kleipersentasie. Eienskappe en voordele van ammoniak: 1. Hoogs gekonsentreerde N-bron – 82%! Groot besparing ten opsigte van vervoer. 2. Ideale toedieningsdiepte is 150 – 300 mm en verseker minimale vervlugtigingsverliese.
www.proagri.co.za
3. Toediening kan gekombineer word met die bestaande primêre bewerking. 4. Ammoniak kan met gemoedsrus tot 6 maande voor plant toegedien word – beter verspreiding van werk. 5. Differensiële (wisselende) toediening volgens grondpotensiaal is moontlik en baie doeltreffend. 6. Wagtydperk na toediening voor die plantproses kan begin, beloop 4 dae. Indien vog ideaal is en die ammoniak dieper as 200 mm is, verkort die tydperk en kan selfs direk na toediening, geplant word. 7. Ammoniak werk ook uitstekend as topbemesting en gepaardgaande deurlugting van grond is ’n bykomstige voordeel. 8. Groot besparing op arbeid – maklik hanteerbaar, dus word enkele mense benodig. 9. Minimale logingsverliese – ammoniak reageer met grondvog en word direk na ammonium (NH4+) omgeskakel, wat aan klei en organiese materiaal vassit. Navorsingswerk in Nebraska toon dat 25% van die toegediende ammoniak na 132 dae steeds in die NH4+ voorkom. 10.Ammoniak dra by tot die beheer van grondgedraagde siektes soos wortelvrot. Ammoniak steriliseer grond in ’n groot mate in die toedieningsband, deurdat die meeste mikrobes, fungi en aalwurm gedood word. Verskeie navorsers het egter bewys dat hierdie organismes binne 6 weke herstel na minstens dieselfde en selfs meer as die oorspronklike aantal. Gunstigeaalwurm herstel is ook tot 3 weke vinniger, wat ’n beter verhouding tussen gunstige en ongunstige aalwurm skep. 11.Puik opbrengste en verbeterde gehalte loop hand-aan-hand met die gebruik van ammoniak. Oor die langtermyn is daar geen ander
N-bron wat met ammoniak kan kersvashou nie. Mites en feite 1. Mite: Ammoniak versuur grond meer as ander N-bronne. Feit: Alle N-bronne versuur grond. Ammoniak versuur grond in dieselfde mate as ureum en AN (KAN uitgesluit). 2. Mite: Ammoniak vernietig erdwurms en mikrobelewe van die grond. Feit: Verskeie navorsers het bewys dat daar geen langtermyn negatiewe effek op grondlewe is nie (Michigan State University). 3. Mite: Ammoniak het ’n nadelige uitwerking (meer as ander N-bronne) op die fisiese- en chemiese eienskappe van grond. Feit: Verskeie navorsers is dit eens dat daar geen verskil tussen verskillende N-bronne ten opsigte van ’n langtermyn negatiewe effek op grondeienskappe is nie (behalwe versuring deur alle N-bronne) en wel ook dat die effek van N-bronne minimaal is. Uitdagings: Enige produk het ’n paar uitdagings en dié van ammoniak is soos volg: 1. Doeltreffende toediening is afhanklik van die korrekte grondvog. 2. Beskikbaarheid van tenks en toerusting weens die feit dat dit gespesialiseerd is. Gelukkig gaan die lekkerte, voordele en suksesse met ammoniak die uitdagings ver te bowe. Pro Gas Solutions, die deskundiges van ammoniak, in kombinasie met die beste N-bron, verseker dat die uitdrukking van “Diens aan die landbou” voorwaar verwesenlik word. Kontak Hein Barnard by hein@progassolutions.co.za vir meer inligting. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
19
Meganisasie Gewasproduksie
saailinge 13 weke na plant lyk, waar die grondtemperatuur te laag was tydens planttyd. Die saailinge het eers toe dit warm word, begin groei. Haarwortelontwikkeling was egter swak en die plante het nooit ten volle herstel nie. Kry pH reg Voersorghum kan op ʼn verskeidenheid grondsoorte verbou word, maar vaar nie goed op suur grond nie. Suurversadiging van minder as 20% en ʼn pH (KCl) groter as vyf behoort gehandhaaf te word. Foto 2 toon tot watter mate die groei van voersorghumbasters by ʼn pH (KCl) van 3,8 beperk is, teenoor dié van basterbabala wat meer suurverdraagsaam is. In albei bogenoemde gevalle, waar die plante se groei permanent vertraag is, het dit te doen met swak haarwortelontwikkeling. Dit is te wyte aan die koue en lae pH-gronde wat fosfaatopname (P) belemmer.
Kyk net hoeveel heilsame, smaaklike voer lewer PAN 868.
Voersorghum:
Alles wat jy moet weet V
oer maak vir elke veeboer die verskil tussen sukses en mislukking, of veeboerdery nou ook al die boer se hoofbedryf of net ’n newebedryf ter wille van diversifikasie en risikoverspreiding is. Een bron van voer wat boere beslis kan bevoordeel, is voersorghum: • Voersorghum is meer droogteverdraagsaam as mielies, daarom is dit sinvol om in droogtegeteisterde gebiede liewer voersorghum aan te plant. • Voersorghum is veelsydig. Dit kan as kuilvoer, staandehooi, groenkerfsels (sny en voer) en weiding benut word. • Selfs op marginale gronde wat minder geskik is vir mielieproduksie, kan daar met groot sukses voersorghum verbou word. • Op plekke waar mielies knaend gesteel word, is voersorghum ook ʼn goeie alternatiewe keuse.
PANNAR kan voorsien Die vraag na PANNAR-voersorghum en -babala kon nie die afgelope seisoen bevredig word nie, maar vanjaar is daar genoeg saad beskikbaar. Die vier PANNAR-gewasse waaruit die boer ’n wenpakket kan saamstel, is PAN 888, PAN 868, SILAGE KING en MILKSTAR. Tabel 1 toon hulle aanwendings en eienskappe wat hulle van mekaar onderskei. Jou PANNAR-verteenwoordiger kan meer inligting gee en jou help om ’n plantpakket saam te stel wat tevrede, goedgevoerde, presterende diere sal verseker.
Wees bedag Die gebruik van voersorghum is doodveilig as boere ’n paar basiese beginsels in ag neem. Blousuur- en nitraatvergiftiging verskil drasties van mekaar, maar dit word deur soortgelyke omstandighede veroorsaak. Klimaat- en bestuursfaktore wat plante
Wanneer voersorghum geplant word, moet sekere basiese beginsels in ag geneem word: Grondtemperatuur Voersorghum is gevoelig vir koue en aanplanting behoort eers plaas te vind sodra die minimum daggrondtemperatuur 18°C bereik het. Foto 1 wys hoe
Foto 1: Voersorghum 13 weke nadat dit in baie koue grond geplant is.
Tabel 1: Voersorghumgebruikersgids Bastertipe
Suiker- inhoud Brix%
Hergroei
Weiding
Kuilvoer
Staande-hooi
Sny en voer (Green chop)
PAN 868
Sorghum x Soedan
130
15,3%
5
3
3
1
1
PAN 888
Sorghum x Soedan
81
11,7%
1
1
5
7
3
SILAGE KING
Sorghum x Sorgo
81
16,5%
7
5
1
3
3
MILKSTAR
Basterbabala
±10%
1
1
7
7
5
1 = Uitstekend
20
Dae tot 50% Blom
70 – 80
3 = Bo Gemiddeld
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
5 = Gemiddeld
7 = Onder Gemiddeld
9 = Swak
wwww.proagri.co.za
Tabel 2: Vergelyking van nitraat- en blousuurvergiftiging
Blousuurvergiftiging
Nitraatvergiftiging Alle plante, maar veral sorghum- en amaranthus spp Spanningstoestande wat groei strem
Plantdele
Sommige plantspesies veral sorghum spp Spanningstoestande wat plante laat verlep of vinnige groei tot gevolg het Jong plante en hergroei
Vrektes
Binne minute vanaf inname
Binne 4 uur vanaf inname
Groenkerfsels (green chop)
Steeds skadelik
Steeds skadelik
Effek van staandehooi / hooimaak
Veilig indien behoorlik gedroog word
Steeds skadelik
Effek van kuilvoermaak
Beperkte vervlugtiging tydens kuilvoermaakproses. Steeds skadelik
Verlaag nitraatvlakke met 40 tot 60%. Laer risiko
Bloedkleur
Kersierooi
Sjokoladebruin
Behandeling
Hypo (natriumtiosulfaat) / Swawel
Metileenblou binne-aars
Babala
Nee
Ja
Tipe plant Oorsake
onder spanning plaas, kan hierdie toestande tot gevolg hê. In ʼn normale jaar is die voorkoms van albei hierdie toestande gewoonlik beperk. Sorghumspesies is inherent geneig tot blousuurvergiftiging. Nitraatvergiftiging kan tegnies in alle plante voorkom, maar kom veral by sorghumspesies voor, deels as gevolg van hulle vermoë om onder stremmingstoestande in ʼn ‘dormansie-fase’ in te gaan. Deur bewus te wees van die oorsake, simptome en behandeling van blousuur- en nitraatvergiftiging, kan boere moontlike verliese vermy en beperk. Blousuurvergiftiging: Blousuurvergiftiging kan ook sianiedvergiftiging genoem word. Sianied kan deur die grootpens opgeneem word en aan die hemoglobien wat suurstof in die bloed vervoer, bind. Dit verhoed dat hemoglobien suurstof aan organe kan afgee (vandaar die kersierooi kleur van die bloed) en diere versmoor gevolglik. Diere kan binne vyf minute na inname tekens van vergiftiging toon en so gou as tien minute later vrek. Blousuurvlakke in plante verander deurlopend. Plante wat aan onkruiddoder-, droogte- en rypskade onderhewig is of wat vinnig groei/herstel na stremmingstoestande, kan hoë vlakke van blousuur bevat. Versuiping, inseken siektedruk is bykomende stremmingsfaktore wat opbou van blousuurvlakke kan veroorsaak. Jong groei na reën/besproeiing kan baie giftig wees en dit is beter om beweiding van verlepte plante te vermy. Blousuurvlakke kan in voer getoets word. Indien dit meer as 500 dele per miljoen (dpm) op ʼn droëmateriaalgrondslag (DM) is, hou dit ʼn risiko vir vergiftiging in. Plante wat goed gedroog word vir hooi, is onskadelik danksy vervlugtiging van blousuur. www.proagri.co.za
Plante wat baie hoë vlakke van blousuur bevat en gebaal word voordat dit heeltemal droog is, kan wel steeds giftig wees. Inkuiling verlaag nie die blousuurvlakke in voer nie, maar deur die plantmateriaal te laat verlep voor inkuiling, kan die risiko gedeeltelik verminder word. Laat plante toe om ordentlik te herstel of goed af te droog na byvoorbeeld rypskade. Onttrek vee vir sewe tot tien dae na ʼn stemmingstydperk. Fisiologies gestresde diere (siek, honger, lakterend, dragtig) is meer vatbaar vir vergiftiging. Simptome sluit in: moeilike asemhaling, oorafskeiding van speeksel en stuiptrekkings. Siek diere kan behandel word; raadpleeg ʼn veearts. Voorkomend kan hypo (natriumtiosulfaat) volgens voorskrif in diere se drinkwater gegooi word. ʼn Swawel-aanvulling kan ook die risiko help verlaag. Verseker te alle tye genoeg skoon drinkwater. Nitraatvergiftiging: Tegnies gesproke is nitraatvergiftiging eintlik nitrietvergiftiging. Normaalweg word nitraat in die grootpens omgeskakel na nitriet → ammoniak → aminosure en uiteindelik na proteïene, wat dan deur die dier opgeneem word. Indien plante buitengewone hoë
Laer stamme en ouer blare
vlakke van nitraat bevat, kan dit nie vinnig genoeg na die eindproduk (proteïene) omgeskakel word nie. In so geval hoop nitriet op en word dit in die dier se bloedstroom opgeneem. Dit bind aan hemoglobien wat suurstof vervoer en vorm methemoglobien, wat dan nie meer suurstof kan vervoer nie. As gevolg van die lae suurstofvlakke in die bloed, verkleur dit na ʼn donker, sjokoladebruin kleur. Diere vrek van versmoring, aangesien geen suurstof by organe kan uitkom nie. Diere vrek nie skielik van nitraatvergiftiging nie; dit gebeur oor ʼn lang tydperk na gelang van die nitraatvlakke in die plante en die diere se verdraagsaamheid. Wanneer produksietoestande gunstig is, word al die nitraat deur die plante opgeneem, omgeskakel na proteïene en die plantegroei. Onder ongunstige toestande staak groei, maar nitrate word steeds deur wortels opgeneem en vergader in die laer stamme en ouer blare, vanwaar dit later gebruik kan word sodra toestande weer gunstig vir groei is. Droogte, koue, bewolkte dae of enige ander faktor wat groei belemmer, kan nitraatvergiftiging veroorsaak. Voersorghum is veral geneig om in ʼn ‘dormansie-fase’ in te gaan wan-
Foto 2: Voersorghum hou nie van suur grond nie. Regs van die rooi lyn is drie voersorghumbasters, wat swak vergelyk met basterbabala (links) op suur grond met ʼn pH (KCl) van 3,8. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
21
neer toestande ongunstig is. Alhoewel diere nie gou sal doodgaan nie, help dit nie om ʼn ou koei op weiding te sit om te ‘toets’ of nitraatvlakke te hoog is nie, aangesien nitrate in die laer stamme en ouer blare opbou, wat eers later gevreet sal word. Nitraatvergiftiging kan veral volg na hoë vlakke van stikstofbemesting. Nitraat bly giftig in groenkerfsels asook gedroogte voer. Plante wat as groenkerfsels gevoer word, moet dadelik gevoer word en nie kans kry om te respireer nie; nitrate skakel om na nitriete, wat tien keer meer giftig is as nitrate. Toets eerder plantmonsters vir nitraatvlakke. Indien dit hoër as 2 500 dpm op ʼn DM-grondslag is, word dit as giftig beskou. Plante wat ʼn risiko inhou, kan ingekuil word. Nitraatvlakke kan so met 40 tot 60% verlaag. Plante kan ook goed besproei word, wat groei sal bevorder en nitraatvlakke verlaag. Wees egter versigtig vir blousuurvergiftiging op nuwe groei in die geval van voersorghum. Onttrek vee vir 7 tot 14 dae na ʼn stremmingstoestand. Diere onder fisiologiese stremming (siek, honger, lakterend, dragtig) is meer vatbaar vir nitraatvergiftiging. Simptome sluit in; onrustige diere, donker slymvliese, vinnige asemhaling, oormatige speekselafskeiding, gereelde urinering en bloedbelope oë. Diere wat hierdie simptome toon kan met metileenblou behandel word (skakel methemoglobien terug na hemoglobien), maar die beste is om ʼn veearts te raadpleeg. Pas ook diere aan op nuwe weiding. Enige aanvullende voer kan die nitraatvlakke verdun. Verseker te alle tye genoeg skoon drinkwater. Vir meer inligting oor PANNAR se voortreflike reeks voergewasse-, mielie-, sorghum-, sonneblom-, soja- en droëboonsaadsaad en dienste aan die boer, praat met Dirk Coetzee by 082-649-6359 of e-pos dirk.coetzee@pannar.co.za. Besoek ook http://www.pannar.com.
22
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
ʼn Baie tevrede Stefan Meyer van die plaas Manana, Lichtenburg, en Ben Dunhin, verteenwoordiger van PANNAR-saad. Stefan het begin November 2013, PAN 868 op sy plaas, Manana, buite Lichtenburg, geplant. Die aanplanting het gedurende Desember en die eerste drie weke van Januarie amper van droogte gevrek, toe altesaam net 60 mm reën tot 20 Jan geval het. Dit het egter na die goeie reën van 150 mm wat oor twee weke in Februarie 2014 ontvang is, tot ʼn hoogte van 3,5 m uitgegroei en 31% meer droëmateriaalkuilvoer as die mielies gelewer. PAN 868 word ook geplant vir staandehooi, wat hy gedurende die winter benut. Stefan plant ook die vinniger baster, PAN 888, aan om as weiding te benut omdat dit oor ʼn uitstekende hergroeivermoë beskik.
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Hulpbronbestuur
KragDag benut die
Christiaan van Zyl
reën, wind en son
M
et ’n spartelende ESKOM wat kortkort dreig om in sy eie ‘ineptokrasie’ te verdrink en derhalwe kragpryse die hoogtes injaag en hinderlike beurtkrag plek-plek toepas, is KragDag die antwoord vir mense wat voel dat die tyd aangebreek het om hulleself van die dienstenetwerk los te maak. Die jaarlikse skou wat op 25 tot 27 Junie, 20 km buite Pretoria op die plaas Diamantvallei, gehou is, vier vanjaar sy sesde bestaansjaar en groei elke jaar met rasse skrede.
Boere beleef ook die druk van duurderwordende en onbetroubare krag en ProAgri is elke jaar daar om uit te vind hoe boere meer kragonafhanklik kan raak. Vanjaar is die voorafgaande seminaar in twee parallelle sessies gedeel. Een was gemik op die man op straat en een vir ondernemers. Du Preez de Villiers het die lesings vir die man op straat bygewoon om te hoor wat boere kan doen om energie en krag te bespaar.
“’n Huis wat afhanklik is van munisipale dienste, is soos ’n pasiënt in ’n hoësorg-eenheid wat met inkomende en uitgaande kabels en pype verbind is om aan die lewe te bly,” is die nadenkingswaardige woorde van Christiaan van Zyl, ’n argitek uit Orania wat sy eie aardskip (’n natuurvriendelike huis wat met afvalmateriaal gebou word, energie optimaal benut en selfonderhoudend is) gebou het. Christiaan het tydens die seminaar die breine aan die gang gesit met sy vars idees toe hy van sy ervarings met die oprigting van sy eko-vriendelike huise vertel het. Mediums soos donker en ligte klippe, water, glasluike, buitebande, koeldrankbotteltjies, grasbale en ‘lewende’ dakke het alles ’n plek in sy ontwerpe.
Vanjaar was daar ook baie meer uitstallers wat die skeppendse produkte om energie te bespaar, uitgestal het. Die ProAgri-span het met ’n paar van hulle gesels: Snappy Chef
“As jy ’n installeerder soek vir jou sonwaterverwarmer, is die volgende punte belangrik om na te kyk: Die installeerder moet reeds vyf jaar in die bedryf wees, hy moet ’n verwysing of twee hê, die produk moet deur ’n plaaslike verteenwoordiger gerugsteun word en hy moet ’n lidnommer by SESSA (Volhoubare Energievereniging van Suid-Afrika) hê, sê Venter Malan, ’n meganiese ingenieur wat die verskillende soorte tegnologie vir sonwaterverhitting vergelyk het.
Venter Malan
Deon Herbst van Exelis vervaardig polistereenpanele met buitewande wat versterk is met magnesiumoksiedlae. Die panele kan gebruik word vir mure, dakke en vloere en ’n huis van 160 vierkante meter kan binne 12 dae daarmee gebou word. Die materiaal het ’n besondere vermoë om klank en hitte te isoleer en is baie sterker as bakstene. Daar kan so hoog as drie verdiepings sonder staalversterking met die panele gebou word.
Bo: Albert Coetzee en Marius Kok is van Snappy Chef Suid-Afrika, wat baie gewild word en alombekend raak. “Die boere ondersteun ons baie goed en ons verskaf ook produkte aan koöperasies soos NWK, OVK, Agri-Tuinroete en ander. Kragbespa-ring, veiligheid en veeldoeligheid is die groot redes hoekom die stoof so gewild is,” sê Marius. Hier wys hy hoe lyk die koperklos wat die magneetveld binne-in die stoofplaat opwek. www.proagri.co.za
Exelis
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
23
Solartech Hennie Potgieter, Pieter Snyman en Conrad Kuun is baie trots op Solartech se wye reeks produkte uit Duitsland. Hulle lewer van sonkragpanele en windturbines tot boorgatpompe, en vestig netwerkstelsels waar krag terug in Eskom se netwerk gestuur kan om jou rekening te verminder. Hulle verskaf ook stelsels wat met batterye werk sowel as samestellings van die twee soorte stelsels.
U-connecting supplies
Bio sewerage systems
Bio Sewerage Systems verander swartwater in bruikbare besproeiingswater. “Ons het al die werkershuise se rioolwater op ’n plaas in Botswana en Zambië in water omskep om hulle lusernlande te benat. Die stelsel is deur DWAF (Departement van Water en Bosbou) en die Pretoria-munisipaliteit goedgekeur. Dit voldoen aan die voorwaardes vir afvoerwater,” sê Raymond van den Berg. Verder kan die water ook gebruik word vir die benatting van stowwerige oppervlaktes, in watergate vir wild en vir motorkarwas. Mariet Ferreira, Raymond van den Berg en Victor Mtolo spog hier by hulle bio-rioolstelsel.
Recor
24
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
“Ek het ’n doodeenvoudige, goedkoop oplossing vir boere wat warm water soek,” sê Johan Weideman van U-Connecting Supplies. “Die meeste boere gebruik 40 mm klas 3, swart waterpyp op hulle plase vir besproeiing en waterleiding. Die afvalpype wat rondlê, kan omskep word in ’n kompakte, doeltreffende sonwaterverwarmer. Ek verskaf die U-vormige koppelstukke en ’n handleiding om die doodmaklike stelsel te bou. By hom staan sy vrou, Sanet.
Om jou indringerbosse of mieliestronke in bruikbare energie te omskep, het jy een van Recor se masjiene nodig. Die biomateriaal word in die afwesigheid van suurstof deur ’n hitteproses genaamd pirolise in gas omskep waarmee ’n kragopwekker aangedryf kan word om tot 20 kWh op te wek. “Een kilogram hout kan ongeveer een kWh lewer,” sê Gideon Potgieter van Recor. ”Mis en ander nat biomassa sal ’n mens eers deur ’n anaërobiese verteerder sit om te gis en dan beweeg die metaangas boontoe om afgetap te word. Jy kan ook ’n kragopwekker daarmee aandryf, maar omdat gas meer waarde as elektrisiteit het, sal dit wys wees om eerder die gas te suiwer en te verkoop of voertuie aan te pas om dit as brandstof te gebruik. Een bees op stal kan 1 000 kWh se energie per jaar lewer,” sê hy. Anton Pieterse staan links en Gideon Potgieter beduie vir Adele van Tonder van ProAgri hoe die kragopwekker werk. wwww.proagri.co.za
Powered Flight Gordon Bredenkamp van Damsak se plan is uit nood gebore. “Ek het dringend ’n bekostigbare reservoir gesoek en het toe begin speel met PVC-seil. Ek het ’n prototipe gebou en dit na ’n seilfabriek wat trokseile maak, geneem. Hulle het toe die seil gesweis en dit het gewerk! Die damsak het slegs ’n perfekte gelyk oppervlakte nodig, is lekker mobiel en jy kan ’n hele klomp van hulle in jou kar laai,” sê hy. Damsak
Markus Rodriques, Richard Anderson en Dawid van Wyk en die loods, Ricky dos Santos van Powered Flight, het tydens KragDag plesierritte met hulle helikopter aangebied. Hulle speel ’n groot rol in die landbou en lewer hoofsaaklik wildvangdienste. In ’n proeflopie het hulle ook al mielies bestuif deur die helikopter laag oor die mielielande te vlieg om die stuifmeel rond te waai. Hulle het ook al oor sitrusboorde gehang om die warmer, hoër, lug af te dryf om ryp te verdryf. Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
25
GEEN invoer pryslas!
Kyk wat’s K
NUUT by Diamond Implements!
M ‘n trotse geskiedenis van 30 jaar se vervaardiging in die voermaakbedryf, bly Diamond Met IImplements op die voorpunt van tegnologie met hulle reeks produkte wat spesiaal vir plaaslike omstandighede en vir die Suid-Afrikaanse boer se beursie vervaardig word. Diamond Implements bied o ‘‘n 24-uur tegniese ondersteuningsdiens met die versekering dat daar altyd onderdele vir die hele reeks eeks beskikbaar is. b
NUUT!
Kom kyk by
Agri Mega Week! Standplaas: 111
Diamond 14-kerwermenger - 14 m³ - Laer rand vir makliker laai, hoogte 2,25 m - Uitstekende kerf- en mengvermoë, fyn genoeg vir skape - Dubbelwurm (auger) vereis minder trekkerkrag, 60 - 70 kW - Perfekte mengsel van tot 5 ton in minder as 30 minute - Kettinggedrewe aflaaier is sterker en makliker herstelbaar as bandgedrewe een - Betroubare Italiaanse ratkas; die res alles plaaslik vervaardig - 6,5 m lank, 2,5 m breed - Volledig met ’n skaal
Voerwa 15/20 - 15 m³, 6 – 7 ton of 20 m³, 8 – 10 ton - Nou beskikbaar na 6 maande se veeleisende toetsing - Kan voor of agter uitlaai, vloer beweeg vorentoe of agtertoe - Vloer deur 3 kettings aangedryf, spoed verstelbaar - Wielstel het laers; nie buste nie - Verstelbare aflaaivoerband kan regstreeks in voertrog aflaai - 50 – 60 kW trekkerkrag, hidrouliese werking
Skakel 013-665-1032 vir flink diens. Faks: 013-665-1436 26
•
info@diamondimplements.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
•
www.diamondimplements.co.za wwww.proagri.co.za
Hulpbronbestuur Meganisasie
Oilco trap diep spore met Shell Oilco se depot in Empangeni sorg dat die wiele van die konstruksiebedryf in die omgewing, maak nie saak hoe groot of swaar nie, bly draai.
S
aamstaan is koning, het ’n groep boere van die Noordkus en Umhlali bewys toe hulle op 11 Julie 1946 bymekaar gekom het om die Coastal Farmers Co-operative Limited te vorm. Een van die doelwitte van die organisasie was om vir sy lede die beste moontlike pryse te beding met betrekking tot die verkryging van insette, soos diesel, vir hulle plaasbedrywighede. Vandag geniet sowat 1 400 hoofsaaklik suiker-, piesang-, en sitrusboere steeds die voordele en voorraad wat deur Coastals gereël word. Een van die landbou-organisasie se vernaamste verskaffers is Oilco, ’n Topverspreider van Shell wat sorg dat die wiele en ratte bly draai van Durban af tot so ver as Nelspruit. Lindsay Smith, hoofbestuurder van Coastals, en Russell Govender, handelsbestuurder, sê hulle verkies om met plaaslike maatskappye sake te doen, want dit gaan oor aanspreeklik-
heid en ’n openhartige verhouding. By Oilco het ons te doen met mense wat verantwoordelik en betroubaar is, sê Russell. “As daar probleme is, soos met voorraad, weet ons dat hulle sal optree en dit nie probeer wegsteek nie. Daarby het ons vertroue in die produk wat hulle lewer en die korrektheid van aflewerings. Oilco se trokke is reg gekalibreer; ons boere kry wat hulle bestel het.” Dit is nie net die landbou wat baat vind by Oilco se goeie dienslewering nie. Japie Moolman van JJ Moolman in Richardsbaai vertel dat hy al 17 jaar lank sy maatskappy se diesel by Oilco bestel. Met groot grondverskuiwingsmasjiene en nog groter trokke wat die masjiene verskuif, is JJ Moolman ’n gulsige dieselverbruiker. Hy sê as die diens goed is, verander ’n mens nie van verskaffer nie. “My pa het altyd gesê ’n mens moenie krap waar dit nie jeuk nie, so ’n mens hou by mense wat goed na jou kyk.” Oilco se tweede lewe het begin toe Shell die depot in Durban, wat onder likwidasie was, aan Willie Hanekom gebied het. Oom Willie het in daardie tyd ’n Shell-diensstasie gehad en was dus reeds betrokke in die wêreld van diesel. Hy het sy ouditeur, Andrew Campbell, genader om die onderneming saam met hom te begin en die twee het van 2007 af ingeklim om Oilco om te draai na ’n suksesverhaal. Vandag lê Oilco se Shell Diesel Extra-voetspoor van Lindsay Smith en Russell Govender van Durban af oor Empageni, Coastal Farmers Co-op sê hulle verkies om Vryheid, Pongola en tot in Nelmet ’n plaaslike maatskappy soos Oilco sake spruit. Hulle bedien veral die te doen, want dit gaan oor aanspreeklikheid landbou, maar ook nywerhede en ’n openhartige verhouding. en myne, nie net met diesel
www.proagri.co.za
nie, maar ook met Shell se uitstekende reeks smeermiddels. Voorraad is vir Andrew baie belangrik: “Wanneer ek nie diesel kan lewer nie, beteken dit dat suikerrietplase gaan stilstaan en dat trokke nie hulle vragte by hulle bestemmings kan uitbring nie.” As een van Shell se uitgesoekte Topverspreiders kan Oilco nou aan sy kliënte gemoedsrus gee, want hulle geniet voorkeur by die Shell-depot om diesel te laai. Oilco se vloot, bestaande uit 20 tenkwaens, asook 10 bakkies en trokkies vir smeermiddelaflewerings, kan dus flink uitdraf om hulle werk te doen. Nog voordele is hulp met bemarking, soos by boeredae, en die opleiding van bemarkers om die waarde van Shell se produkte aan kliënte uit te wys. André Botes van Oilco sê die meeste mense dink diesel is maar net diesel, tot jy aan hulle Shell Diesel Extra se skoonbrandvoordele uitwys. “Jou enjin loop beter, hou langer omdat daar nie aanpaksels is nie en jy bespaar brandstof,” sê hy. André is ook verantwoordelik vir veiligheid, gesondheid en omgewingsgesondheid by die maatskappy en hy waardeer die ondersteuning wat Oilco in dié opsig van Shell af geniet. “Gesondheid en veiligheid is nie iets wat ons bykomend doen nie; dit is die manier waarop ons alles doen.” Londiwe Mhlongo, streekverteenwoordiger van Shell, sê hulle het veral gekyk na volhoubare groei en Oilco se potensiaal om Shell se sigbaarheid in die streek uit te brei, toe die maatskappy as een van Shell se Topverspreiders gekies is. Daar is beslis geen gebrek aan geesdrif om te groei nie. “Ons wil in die volgende 18 maande groei tot een van die top-5 van Shell se Topverspreiders,” sê Andrew. Vind uit wie jou plaaslike Shellverspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com.
Andrew Campbell (links) en sy vennoot, Willie Hanekom (regs), geniet die ondersteuning van Shell se streekverteenwoordiger, Londiwe Mhlongo. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
27
Meganisasie Veeboerdery
Ses wenke vir die sinvolle benutting van lekke:
KK Animal Nutrition: PhosPro 17 maak selfs suurveld soet
Aldus: André Labuschagne
deur Annemarie Joubert
“B
oere soek geharde teelbulle teen die regte prys en nie diere wat oorvet is en na ’n jaar uitmekaar val nie,” sê André Labuschagne van die plaas Baviaanskloof in die Helpmekaardistrik naby Dundee. As gevolg van die aanvraag het André so drie jaar gelede begin om kommersiële Beefmasterbulle vanuit goed geteelde bloedlyne van die veld af beskikbaar te stel. ’n Ander vertakking van die beesboerdery is die verskaffing van AB(tweetand-) -slagosse van die veld af. Die groot uitdaging hier is om die ossies vet te kry terwyl hulle tande wissel en been (in skelet) groei. Saam met die beeste is daar ook Dohne Merino’s wat wol en vleis van die veld af moet produseer. Net van Julie tot September word hulle aangehelp met gebaalde voer. Dit alles verg fyn beplanning en optimale benutting van die beskikbare voedingstowwe. Die gebied is in die Hoëveldse misgordel met sy kort, vogtige somers en ysige winters en daarby is die gras suurveld. André sê: “Die somer se groei is van onskatbare waarde. Indien jy nie daarvan gebruik maak nie, sal die res
van die jaar in ’n bodemlose put verdwyn.” Elke weikamp op Baviaanskloof word dus ten volle in ’n drukbeweidingstelsel benut, sodat die klein persentasie goeie grasse in die suurveld ook hulle pad na vleisproduksie en die bank vind. André sê dit is nie aldag maklik nie, want diere se kondisie kan maklik ’n knou kry wanneer hulle gedwing word om ’n kamp klaar te bewei.
’n Goeie lek maak die verskil Dit is waar ’n goeie lek die deurslaggewende rol kan speel. André sê dit is belangrik om altyd in gedagte te hou dat lek nie gras kan vervang nie. Dit bly ’n aanvulling. Juis om die suurveld met sy kort somergroei ten volle te benut, maak André-hulle nou al ’n geruime tyd van somerlekke met ’n hoë vlak van fosfaat, minerale, asook ureum, gebruik. Die ureum verhoog die inname van die weiding en dus ook die voorsiening van voedingstowwe. André sê dit is moontlik om lek self te meng en natuurlike proteïen in te sit, maar die risiko wat die weer inhou, maak dit nie die moeite werd nie. As gevolg van reën en selfs net die vogtige atmosfeer in die streek, word die proteïen gou suur en die lek absorbeer selfs in die sak te veel vog. Vrot lek help niks. Met KK Animal Nutrition se PhosPro 17 verdwyn hierdie probleme soos mis voor die son. Baviaanskloof gebruik reeds lankal KK Animal Nutrition se produkte omdat dit gehalte produkte is en omdat die verteenwoordigers goeie, kundige diens lewer, vertel André. Die Dohne Merino’s kan ook PhosPro 17 KK Animal Nutrition se nuwe gebruik om lekker kondisie op te bou vir produk, PhosPro 17, was dus ’n logiese keuse. die winter. www.proagri.co.za
1. Maak seker van die gehalte 2. Kyk na prys en inname 3. Gee die regte lek op die regte tyd 4. Voorsien behoorlike lekbakke 5. Sorg vir beskikbaarheid aan die hele trop die hele tyd 6. Plaas die lek op sinvolle, toeganklike plekke – onthou daar is vier pote vir elke bek!
PhosPro 17 is waterbestand as gevolg van die byvoeging van ’n bepaalde byproduk van melasse. Die byvoeging verseker ook dat die lek lipleklekker genoeg is sodat die diere hulle kwota fosfaat inkry. PhosPro 17 bevat al die belangrikste spoorminerale in die regte verhouding tot die fosfaat, asook ’n bietjie ureum wat die mikrobes in die grootpens van proteïen voorsien wat weer help met die inname van swak weiding. Die somerlek is geskik vir groot- en kleinvee en wys veral sy waarde in die najaar op pad herfs toe. Bevorder groei André sê hy vind dat die inname van die lek laag genoeg is dat dit nie die gras vervang nie, maar hoog genoeg om groei te bevorder. Hy sê dit is vir hulle belangrik om deur die hele jaar ureum en fosfaat aan die diere beskikbaar te stel, hoewel die hoeveelhede deur die seisoene verskil. Met die kort somer in die streek, is dit belangrik dat koeie blitsig herbeset moet word en dat die speenkalwers vinnig moet groei. PhosPro 17 help met die koeie se kondisie en is ook veilig vir jong, sogende kallers. Van drie maande af begin hulle al lek inneem. “Veeboere het beperkte produksiemiddele tot hulle beskikking en dit is belangrik dat hulle gebruik maak van dit wat ekonomies sin maak en beskikbaar is,” sê André. Vir meer inligting oor PhosPro 17 en KK Animal Nutrition se volledige reeks lekke, skakel Alina Taute by 082-322-0333, of e-pos ataute@kkan.com. Vind ook volledige inligting oor al hulle produkte op www.kkan.com. ProAgri 174 – Augustus / August 2014
29
T
alle beesboere skakel deesdae om baie goeie redes oor na wildboerdery. Een van die werklikhede waarvoor nuwe wildboere egter te staan kom, is dat wild hulle nie so inskiklik laat hanteer, laai en vervoer soos mak melkkoeie nie. Dis immers hoekom wild se naam wild is. Gelukkig staan die voorste vervaardiger van sleepwaens, Nic Sleepwaens, reg met die antwoord om enige soort wild maklik, veilig en doeltreffend te vervoer. En boonop is Nic Sleepwaens bereid om jou Nic-beeswa in te ruil op ’n doelgeskikte Nic-wildwa. Nic Sleepwaens staan sterk in die wildsmark en kan enige soort wild vervoer. Afgesien van die algemene wildsleepwaens, ontwerp en vervaardig Nic Sleepwaens ook gespesialiseerde sleepwaens vir diere met eienaardige fatsoene, soos krokodille en kameelperde; en warm humeure, soos buffels en renosters. Die probleem met gewone wildsleepwaens is dat hulle swaar en lomp is en moeilik sleep. Maar Nic Sleepwaens gebruik spesiale, sterker, 355-staal, wat beteken dat hulle ’n sleepwa sowat 20% ligter kan maak vir dieselfde sterkte of selfs sterker. Dit beteken dat ’n Nic-wildwa net 1,4 ton weeg teenoor ’n gewone een van meer as 2 ton. Met Nic-sleepwaens se unieke ergonomiese ontwerp kan ’n wa boonop korter gemaak word en steeds dieselfde vrag dra. ’n Voorbeeld is ’n Nic-wildwa met sy binnemaat van 1,55 meter en lengte van 3,7 meter wat, net soos ’n gewone sleepwa van vier meter, vyf vroulike en twee manlike njalas kan laai. Met die lengtebesparing van 300 mm bespaar die Nic-wildwa ’n verdere 500 kg sleepwagewig bykomend tot die gewigbesparing van 20% as gevolg van die spesiale staal. So ’n Nic-wildwa is honderd persent geskik vir die vervoer van twee uitgegroeide buffelbulle, twintig rooibokke, dertig springbokke of vyf swartwitpense (drie koeie en twee bulle) sonder skade aan dier of sleepwa. Maar dit is nie al nie. ’n Verdere swetterjoel voordele word meegebring deur Nic se gevorderde veerstelsel: Nic-sleepwaens se veerstelsels is laer as die hoenderstellasie-agtige gewone veerstelsels van gewone sleepwaens. Dit beteken dat die swaartepunt (en ook die bokant) van ’n Nic-sleepwa 300 mm laer is, wat dit veel minder topswaar maak en veel minder windweerstand bied, sodat dit veel makliker en veiliger sleep en veel minder enjinkrag en brandstof van die sleepvoertuig vereis. ’n Windkaatsende neuskas dra by tot die 19 persent minder windweerstand van ’n Nicsleepwa. Nogtans is ’n Nic-sleepwa se grondvryhoogte nog steeds dieselfde as dié van die sleepvoertuig.
30
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
Meganisasie Wildboerdery
Wildboerdery: Nic Sleepwaens neem weer die voortou
Dit is enige wild se droom in so ’n doelgemaakte wildsleepwa van Nic Sleepwaens vervoer te word. Let op die lae swaartepunt, maar groot grondvryhoogte, die ronde hoeke bo wat nie horings beskadig soos gewone sleepwaens se skerp hoeke nie, die stewige sestienduimwiele, die staalsterk, maar ligte onwerp en die veerstelsel wat veel minder wildontstellende padvibrasie na die sleepwavloer oordra as die gewone sleepwaens se ou hoenderstellasiebladveerstelsels. En boonop is die Nic-wildwa veel meer bekostigbaar. Nic Sleepwaens doen deeglike navorsing en gaan kyk by boere om seker te maak dat al hulle ontwerpe presies die doeltreffendste is wat die boer presies die beste en die langste dien. Nuwe ontwikkelinge in die voertuigvervaardigingsbedryf word deurgaans getoets en, indien dit aan Nic se streng vereistes voldoen, gebruik. Al hoe meer vervaardigers van gewone sleepwaens probeer Nic-sleepwaens na-aap, maar nie een kon dit nog regtig regkry nie – en buitendien is Nic, as voorloper van sleepwategnologie, steeds immer aan die ontwikkel sodat hulle altyd ver voor die namakers bly. Vir die wildboer wat sy Nic-wildwa sommer wil saamsleep wildveilings toe om sy spesiale aankope dadelik plaas toe te bring, bied die Nic-wildwa verskillende konfigurasies om elke dier op sy plek te hou. ’n Oorlangse verskuifbare afskorting kan verstel word vir opsies soos een bul en ses koeie, en as jy net manlike diere koop, kan jy hulle uitmekaar hou met die oorlangse afskorting sowel as oordwars skorte; net soos jy wil en alles maklik met die hand verskuifbaar van buite. Die wa se onderstel is goed vir ’n vrag van 4,2 ton en die aste is
ontwerp vir sestienduimwiele met groter laers verder uitmekaar vir meer en langer durende drakrag; net so goed soos die heel beste 4 x 4-bakkie s’n. Veiligheid is ononderhandelbaar en daarom kan ’n Nic-wildwa se eie remstelsel net so goed rem soos die sleepvoertuig, sodat dit nooit die sleepvoertuig stoot nie. Maar die beste nuus van alles is die gunstige prys van die beste wildsleepwa: Ten spyte van die beter materiaal, die beter ontwerp, die beter veiligheid, die meer veelsydigheid, die langer lewe, die laer bedryfskoste en die hoër inruilwaarde van ’n Nic-wildwa, kos hy aansienlik minder as ’n gewone wildsleepwa, suiwer as gevolg van beter produksietegnieke en beter bestuur. Praat self met Nic Keyser van Nic Sleepwaens by 082-859-0904 of 018-673-0224 of nic@nictrailers.co.za vir die perfekte sleepwa-oplossing. Besoek ook www.nictrailers.co.za om jou aan die toptegnologie en ingenieursvernuf van Nic-sleepwaens te verwonder. wwww.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
31
Veilings 32
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
33
Veilings 34
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
35
Veilings
AUCTION GAME FARM EQUISITE GAME FARM PORTIONS 3,4,5,7,8, AND REMAINING EXTEND OF THE FARM BELLEVUE 298 TOLWE LIMPOPO
Afrikanerbees Produksiegroepveiling
AUCTION DATE DATE : 6 September 2014 @ 11:00 VIEW : 5 September 2014 from 10:00 – 15:00 : 6 September 2014 from 08:00 - 11:00
GeneGids
658HA Game farm ± 20km on Platjan road from Tolwe with: 10 game species & small game Main house & hunting camp 3.2 km on the Mogalakwena river ± 20 ha under irrigation Water rights with 3 boreholes Contact: Elric 079-964-3562 | www.apolloauctions.co.za Loose assets - game viewers, tractors etc Terms: 10% deposit on the fall of the hammer | Balance 30 days For directions please contact Elric or visit our website after confirmation www.apolloauctions.co.za Terms and conditions as per Consumer Protection Act: • Buyers to provide proof of physical address and copy of ID (FICA-requirements) • PRICE - With reserve, SUBJECT TO APPROVAL BY THE SELLER / BONDHOLDER. • AUCTIONEER: Johan van der Merwe • Physical address: Apollo Auctions: 769 Rubenstein Drive, Moreleta Park • For a complete list of rules visit www.apolloauctions.co.za
12 September te Potchefstroom Kontak ABTG Kantoor by 051-447-7405 Herbert Bruinette by 083-557-3884 Hendrik Nel by 082-491-8289.
36
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
GeneGids
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
37
AgriGids
Meganisasiegids 2014 Inligting oor: • 22 trekkerklasse volgens trekkragvermoë van 30 tot meer as 400 kW • Koste van plaasbakkies * Werkstempo en brandstofverbruik * Koste per uur of per hektaar vir trekker-enwerktuigkombinasies
Die gids verskyn vanjaar die 25ste keer en word wyd in Suid-Afrika gebruik. Bestel nou teen slegs R250, by Koos le Roux, sel: 082-828-9531 e-pos: koosleroux@live.co.za
Bakkie Covers
Lapa - Gordyne ne
Ice Blue- seile
T A R P S P.V.C Seile
Bronkhorstspruit it –Tak T k Middelburg-Tak Mi i 013-93-24248 013-246-1483 013-9321927 013-246-1630 082-851-8724 Orpie 082-851-8724 Orpie liontarps@gmail.com liontarpsmid@gmail.com 44-Lanhamstraat 14-Literstraat Bronkhorstspruit Middelburg
38
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
39
AgriGids
Vuurslaners / Harke Firebeaters/Rakes
Beste kwaliteit! Best quality! 071-535-2866
tsogang4@gmail.com 40
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
41
AgriGids 42
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
43
AgriGids 44
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
45
AgriGids
HISUN utility vehicles Vanaf 400 cc tot 800 cc Standaard ingesluit: • Veiligheidsdeure • Dak • Voorruit • 3 500 kg katrol – fabriekinstallasie • Sleepstang • Aluminium allooiwiele Opsionele bykomstighede: • Jagpakket (sien foto’s)
Kontak ons: shaun@hisunpta.co.za 082-495-3279
clint@hisun.co.za 083-284-4202
www.hisun.co.za
Vir speel of werk op die plaas bly Hisun jou bekostigbaarste keuse Finansiering op 700 cc’s – Alle nuwe UTV`s het ‘n tweejaarwaarborg – Aflewering landwyd! (Bepalings en voorwaardes geld) 46
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za
Tweedehands
AGRICULTURAL EQUIPMENT
SUPPLIERS
Moenie met jou broek op jou knieë gevang word nie!!!
VERVANG OF HERBOU JOU BALER BETYDS!! BALERS VANAF R75 000 + BTW
Skakel ons vir bestellings of herbouings. “Sandblasting” en opbouing van landboutoerusting ook beskikbaar. Tweedehandse vragmotors ook beskikbaar asook herstelwerk, herbouing Kontaknommers HERSIEN! en ombouing van vragmotors. Kontak Lourens Snr: 072-206-6908 / Lourens Jnr: 072-568-6909 / Epos: bassonlpj@gmail.com
FUNTIME F UNTIME IINFLATABLES NFLATABLES Kindervermaak skakel Willie 084-469-5026 of Janine 076-314-9298 vir “PAY EN GLY”Spookhuis, 12m hoë glybaan, ”Rocket”, dam met bootjies, Paintball, skietbaan en vele meer EPOS: wjinflatables@vodamail.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
47
Tweedehands
JD9530, 2009 4 000 uur Middelburg, Jaco Strydom 083-6336-968, R 1 900 000 + BTW
John Deere 7700, 1994, 12 973 uur, Frankfort, Willie Pienaar, 082-921-5885, R 140 000 + BTW
John Deere 4730, 2009, 2 536 uur, Bethal, Paul Janse Van Rensburg, 083-2992-919, R 1 800 000 + BTW
John Deere 5425 TWD, 2010 2 600 uur, Middelburg, Jacques Van Den Berg 082-7805-514 R 170 000 + BTW
John Deere 6100D, 2012 1 700 uur, Marquard, Hansie Van Rooyen 082-3399-565 R 400 000 + BTW
John Deere 9600, 1996 4 784 uur, Frankfort, Christoff Jacobs, 082-561-2982 R 600 000 + BTW
John Deere 9670STS, 2008 2 204 uur, Frankfort, Christoff Jacobs, 082-561-2982 R 1 650 000 + BTW
Claas 760 Lexion 2013, Grootvlei, Willem Smalberger, 071-2570-917 R 2 700 000 + BTW
John Deere 6630, 2010, Delmas, Peet Vorster, 082-7866-167 R 650 000 + BTW
John Deere 6630MFWDOS, 2008, 5 430 uur, Bethlehem, Willie Botes, 072-308-8357, R 365 000 + BTW
Case 310, Thabazimbi, Gerhard Fourie, 082-663-1592, R 950 000 + BTW
Jan Lancer Semea Sleepstrooier Bethal, Paul Janse Van Rensburg, 083-2992-919, R165 000 + BTW
John Deere 6630, 2010, 3 280 uur, Bethlehem, Jan Bester, 082-8971-255 R 530 000 + BTW
New Holland T8390, 2013, 313 uur, Grootvlei, Willem Smalberger, 071-2570-917 R 2 000 000 + BTW
John Deere 9520, 2 003 uur, Bethal, Paul Janse Van Rensburg, 083-2992-919, R 1 100 000 + BTW
John Deere 7830, 2010, 6 400 uur, Delmas, Sarel Opperman, 079-0867-467 R 740 000 + BTW
Massey Ferguson 660 Cab, 2005 4 500 uur, Delmas, Sarel Opperman, 079-086-7467, R 200 000 + BTW
JD6930P CAB, 2008, 9 000 uur, Frankfort, Willie Pienaar, 082-921-5885, R 450 000 + BTW
John Deere 6630 OS, 2008, 6 832 uur, Bethlehem, Jan Bester, 082-8971-255 R 395 000 + BTW
John Deere 625R Tafel, 2013, Bethlehem, Willie Botes, 072-308-8357, R 210 000 + BTW
Vir meer inligting kontak Hannelie Nelson 011-063-2630 Hanlie.Nelson@afgri.co.za / www.johndeeredealer.co.za/afgri 48
ProAgri 174 – Augustus / August 2014
www.proagri.co.za