ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Oktober / October 2014 No / Nr 176 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Spuite:
Die boer se beskerming
Kry meer diens uit bande
Agri Afrika:
Nuut: Onderhoudvrye eg
Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
“I
n ons soort boerdery is opbrengs die bepalende faktor en dit is net tegnologie wat ons kan help om opbrengs te verhoog,” vertel ’n besproeiingsboer van Douglas. Hy is een van die boere wat as gaste van LEMKEN die maatskappy se fabrieke in Duitsland besoek het. Twaalf vooraanstaande boere het gaan kyk hoe die Duitse In Duitsland loop daar op amper elke tegnologie hulle boerderypraktyke tweede plaas ’n LEMKEN-masjien. By die fabriek in Alpen getuig die rye en rye ploeë vorentoe kan dra. Daar is diep gesels oor sake wat op bestelling gemaak word dat konvensionele bewerking nog springlewen- soos minimumbewerking en wat een masjien beter maak as ’n dig is. ander. Soveel plase, soveel verskillende gronde en natuurlik soveel boere... beteken ook soveel menings. Maar een ding bly staan: Daar kan geen kortpaaie met gehalte geneem word nie. As ’n vervaardiger sê ’n masjien kan ’n sekere werk doen, dan moet hy dit kan doen en aanhou doen en dit sal buitelandse vervaardigers loon om hulle masjiene in Suid-Afrika te kom toets. Nie net het ons van die moeilikste boerderytoestande in die wêreld nie, ons boere ken van! Suid-Afrika is en bly die deur na Afrika, die landboumark met die meeste groeipotensiaal in die wêreld. Selfs net die jare se ervaring wat uit ons plaaslike bedryf kom, maak dit al vir vervaardigers die moeite werd om ag te slaan op wat ons boere sê.
Agri Afrika se splinternuwe Great Plains 7000 Disc Harrow (skotteleg) met sy onderhoudvrye laers het pas in die land aangekom en word tans naby Middelburg ingespan. Die groot meneer in die reeks het by die 100 skottels – dit beteken 100 keer per dag wat die ghrieskan minder moet werk!
Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225 www.smartpublishing.co.za Business-to-Business: Agriculture ABC April to June 2014 – 39 788
Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za
Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Kry jou ProAgri hier! www.proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Meganisasie 3
Die nuwe onderhoudvrye Great Plains 7000-skotteleg
5
LEMKEN: Elke onderdeel is ’n meesterstuk
6
Firestone: Die wiel se waarde sit in die band
8
Die gulsige Kemper verslind alles in sy pad
3
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
11 Die JP Gator is ’n trekker, bakkie en vierwieler
Produkbestuurder Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za
Gewasproduksie
Bemarkers: Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za
12 Die regte spuit maak jou baas op jou plaas
5
15 Crop-Tech bied stroopoplossing vir kleiner graanboere
Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
17 Bestel jou reënbui met Rotrix se Rhino 300 19 Jupidex se Optima is ’n plantspesialis se droom
6
21 Genotipering van die suiwelkudde 23 Rumax laat voer lekker smaak
17 Gereeld 25 Veilings 27 GeneGids 40 Tweedehands www.proagri.co.za
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 0861-777-225 engela@proagri.co.za
Veeboerdery
28 AgriTrader
Michael Strange > 079-515-2708 michaels@smartpublishing.co.za
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za
Smart Publishing 23
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
1
Count on us. Every time.
Save 10 ha working time per day:
Meet the maintenance-free disc Great Plains 7000 Disc Harrow
Features
&
Benefits
More about the 7000 Disc Harrow Exclusive maintenance-free bearings: Great Plains uses the exclusive PEER® TILLXTREME® maintenance-Free Pillow-Block Bearings in its gangs, as well as smaller TILLXTREME maintenance-free bearings in its rolling attachments.
In response to customer feedback and continued market demand for quality conventional tillage implements, Great Plains announces the new and improved 7000 Series Disk Harrow. After enduring intense field tests over several tillage seasons, the new 7000 Series Disk is ready to take on all contenders in the highly-competitive disk harrow market. Like its predecessor, the 7000 Series Disk Harrow delivers the reliability and performance Great Plains customers have come to expect. Its double offset gang configuration remains one of the most effective methods to mechanically eliminate weeds while re-leveling rutted fields. Additionally, farmers will appreciate the time and money savings the Great Plains 7000 Series Disk Harrow delivers through its maintenance-free pivot points and bearings.
Specifications: Improved gang bars: Stronger 4” x 6” gang bars have polygon bushings and hardened pins for greaseless hinge points. Four bolt attachment plates and cradle gussets relieve stress on gang tubes.
Model info
7326DH
7329DH
7330DH
7333DH
7336DH
Working width (m)
7,9
8,5
9,1
10
10,7
4,2
4,2
5,5
5,5
5,5
3,7
4,3
3,6
4,3
4,6
134 – 191
149 - 213
154 – 221
170 - 243
185 - 265
6,8
7,7
8,2
9
9,5
94 (22 cm)
102 (22 cm)
7323DH 7 Transport width (m) 4,2 Transport height (m) 3,3 Kilowatt needed 118 – 170 Est operating weight (T) 6,3 Number of discs 66 (22 cm) Gang angle 78 (19 cm) Tyres
74 (22 cm) 82 (22 cm) 86 (22 cm)
86 (19 cm) 98 (19 cm) 102 (19 cm) 110 (19 cm) 122 (19 cm)
20 degree gang angle on front and 18 degree on rear (4) 340/60R 16.5 (transport); (4) 12.5L x 15 wings
Spring-loaded scrapers: Standard scrapers are spring-loaded; quickly make them rigid by tightening a bolt.
“Harvest Starts here.”
www.greatplainsint.com
Contact us for more information: 086 111 3692
Spring-offset C-shanks: Offset C-shanks cushion the gangs and protect the unit. The offset design maximizes the clearance between the disc blades to help prevent plugging.
(4) 380/5R 16.5 (transport); (4) 12.5L x 15 wings
www.agriafrika.co.za
Marius Tolmay, 083-581-5709 – info@agriafrika.co.za
Leonard Kennedy, 082-388-1966/Kaap
Mauritz Maree, 071-148-3664 / Delmas
Gerrie Wagenaar, 083-627-7260/Hoopstad
Johan Roestof, 079-526-1381/Delmas
Technical: Rudolph Marx :071-682-8018
Wessel Pretorius, 072-370-8389/Bethlehem
Louis Smit: 076-851-3360
Meganisasie Meganisasie
Die nuwe onderhoudvrye Great Plains 7000-skotteleg:
Altyd reg vir werk D
it is daardie tyd van die jaar... “Jannie, is die dis reg? Is die skottels almal geghries?” “Ja Pa, alles is reg.” “Jannie, het jy self gekyk of het jy iemand gestuur? Die weer maak reg, ek wil nie sukkel nie. As ons moet plant, moet ons kan plant!” Die seisoen het gedraai, winterbewerkings is agter die rug, gerugte van reën hang in die lug en nou moet daardie skotteleg sy deel doen met die laaste stoppels en onkruid om die lande voor te berei. Maar o wee, dinge is nooit so eenvoudig soos dit hoort nie. Die laers wat so mooi gepak was, het meer aandag nodig as wat die weer toelaat. Sommer die eerste dag al is daar ’n getjier en ’n geskuur en die ghriespomp moet meer as een maal uitgepluk word. Soos dit maar met ontwikkeling gaan, word die trekkers kragtiger, die skotteleë al wyer, die skottels al meer en die skarnierhingsels dra al meer gewig. Daarmee saam word die ghriespunte al hoe meer en die tyd wat vir onderhoud gebruik word, word in rande afgetiek; nie meer in sente nie. Watter boer wil nie graag 10 hektaar se bewerkingstyd per dag spaar nie? Met Agri Afrika se spiksplinternuwe Great Plains 7000-skotteleg is dit nou moontlik.
Elke skottelgroep se draer en elke liewe skottel, tot 96 van hulle aan die grootste model, se laers hoef glad nie geghries te word nie. Die laers doen hulle rolwerk netjies en knus in ’n verseëlde pakkie bekend as TILLXTREME of PEER TILLXTREME vir die groter skakels aan die skottelgroepmonterings. Toetse het getoon dat die TILLXTREME-laers tot dubbeld die leeftyd het van ander onderhoudsvrye laers. Met die Great Plains 7000 kan Jannie (en sy pa) maar ontspan. Met sonop kan die skottels insak en begin werk. Die laers is ook selfsentrerend, wat beteken dat al die skottels ’n beter balans en gladder beweging het. Die werk is nie net meer egalig nie, die skottels hou ook langer en werk vir langer meer doeltreffend.
Dis meer as net ’n eg Great Plains staan al vir feitlik vier dekades aan die voorpunt van die ontwikkeling van landboumasjinerie in die mededingende mark in Amerika en wêreldwyd, en as daar een ding is wat hulle geleer het, is dit om na die boer te luister. Die Great Plains 7000-skotteleg is ontwikkel op grond van versoeke van boere wat net die jongste tegnologie op hulle plase wil gebruik, ook vir konvensionele bewerking. Rodney Hake, Great Plains se hoofingenieur vir grondbewerkingstoerusting, sê hulle het geluister na boere se voorstelle oor hoe die bestaande skotteleë in die reeks (Great Plains 3000 en 4000) verbeter kan word. Hulle het ook na diensverslae gekyk om uit te vind waar moontlike probleme lê. Dit het gelei tot die splinternuwe 7000-reeks. Die Great Plains 7000-skotteleg se Hy sê die basiese ontwerp verseëlde laers het geen onderhoud met betrekking tot kritiese werksnodig nie sodat die ghriespomp maar in eienskappe soos die aanvalshoek die skuur kan bly. en die indringing wat nodig is om www.proagri.co.za
deur Annemarie Joubert reste in die grond te plaas, is behou, want dit is nie nodig om met ’n wenresep te karring nie. “Die kontrarangskikking van die skottels bly een van die mees doeltreffende maniere om onkruid meganies uit te skakel en terselfdertyd ongelyke lande gelyk te maak.” ’n Belangrike verbetering is die gebruik van ’n enkele sentrale wringbuisas vir presiese sywaartse gelykverstelling. Daar is ook verbeterde hidrouliese gelykverstelling tussen die voor- en agterkant. Die ontwerp verminder die aantal bewegende skakels en daardeur word moontlikhede vir slytasie ook verminder. Ander verbeteringe is makliker dieptebeheerwielverstelling (hidroulies vanuit die kajuit aan 7330-, 7333- en 7336-modelle) en groter wiele met straallaagbande. Daarby spog die skotteleg met ander eienskappe soos die unieke montering van skottelsteldraers aan die raam vir onoortreflike sterkte en betroubaarheid. Die masjien is nie net ontwerp om pynlike en tydrowende daaglikse onderhoud te verminder nie, maar eienskappe soos sterker skottelstelmonteerstawe (10 x 15 cm teenoor 7,5 x 13 cm) sorg ook vir ’n langer lewe. Die hele eg vou netjies en maklik op vir padvervoer met ’n unieke optelasontwerp en het ook ’n hoër grondvryhoogte as sy voorganger wat van padlangsry ’n plesier maak. Dit beteken ook dat groter skottels, van 66 cm (26 duim) gebruik kan word. Vier opvouslinders voorkom dat vlerke verwring of draai wanneer dit op- of oopgevou word. Met ’n Great Plains 7000-skotteleg op die plaas kan Jannie nou aan ander belangrike sake aandag gee. Geniet die jongste tegnologie in konvensionele bewerking. Skakel Marius Tolmay by 083-581-5709, 086-111-3692 of e-pos marius@agriafrika.co.za. Besoek ook www.agriafrika.co.za om na Agri Afrika se volledige reeks oplossings vir die boer te kyk. ProAgri 176 – Oktober / October 2014
3
Meganisasie Meganisasie
LEMKEN werk so goed want... Elke onderdeel is ‘n meesterstuk deur Annemarie Joubert Viktor Lemken is al 76 jaar oud, maar hy gaan loer nog gereeld by die fabriek in, waar hy met groot respek deur die personeel ontvang word. Sy dogter, Nicola, is nou die sewende geslag Lemken wat aan die stuur van sake staan.
Al LEMKEN se masjiene vir grondvoorbereiding en fynsaadplantwerk word by dié fabriek in Alpen naby Düsseldorf gebou. Die fabriek is 55 000 m² groot en daar word nou nog ’n gedeelte aangebou. Sowat 16 000 eenhede word elke jaar hier gebore. Daar is ook fabrieke in Meppen en Föhren, waar die spuittoerusting vervaardig word, en aanlegte in Indië, Rusland en Sjina.
G
een kortpaaie word by die LEMKEN-fabrieke in Duitsland geneem nie. Perfek is die enigste standaard wat aanvaar word. Familietradisie, ware Duitse vakmanskap en ’n oor vir boere se behoeftes vorm die ruggraat van dié maatskappy wat al in 1780 sy eerste ploeg gemaak het. Dit is die kern van die boodskap wat ’n groep Suid-Afrikaanse boere, wat pas as gaste van LEMKEN Duitsland besoek het, teruggebring het huis toe. Die boere kon eerstehands sien hoe LEMKEN se uitgebreide reeks toerusting vervaardig word en hoe dit werk. ProAgri het die toer meegemaak:
Tydens die fabrieksbesoek wou Ralf Bornemann, een van LEMKEN se vier produkbestuurders, by die groep SuidAfrikaanse boere weet presies wat hulle behoeftes is en watter aanpassings aan die toerusting noodsaaklik is. Dieper tandbewerking en ’n mielieplanter staan bo-aan die lysie. Goeie nuus is dat daar wel ’n mielieplanter ontwikkel word, wat net soos die Solitair-fynsaadplanter in tandem met ’n saadbedvoorbereider gebruik sal kan word.
Die verhardingsaanleg vorm die kern van die fabriek. Elke hardwerkende onderdeel word afsonderlik gesmee, getemper, glad gepoets en geverf voor dit na die volgende been van die fabriek verskuif word, waar die verskillende masjiene met sorg aanmekaar gesit word.
Elke tweede plaas in Duitsland het ’n LEMKEN-ploeg of saadbedvoorbereider. Met ’n 43% plaaslike markaandeel is dit geen wonder dat die uitvoermark wink nie, en die blou masjiene is nou al regdeur die res van Europa, die ou Oosbloklande, Indië, Sjina, die Amerika’s, Australië en natuurlik Suidelike Afrika te sien. In Suid-Afrika het die verkope van veral die saadbedvoorbereiders, die Rubin met sy skottelbewerking en die Karat met sy tandbewerking, oor die laaste twee jaar die hoogte ingeskiet; soveel so dat Suid-Afrika al begin raak aan 2% van LEMKEN se verkoopsyfers. Vind meer oor LEMKEN se skitterende tegnologie-oplossings vir SuidAfrika uit by Karel Munnik 082-412-2577 of Blackie Swart 082-404-9651 of stuur ’n e-pos aan sales@lemken.co.za. Besoek ook www.lemken.com en kyk na die toerusting in aksie by http://bit.ly/LEMKEN_sa. www.proagri.co.za
Die nuwe Rubins het nou almal onderhoudvrye geseëlde koeëllaers met bykomende venturi wat deur ’n suigaksie die stof van die laers af wegvoer en uitlaat. ProAgri 176 – Oktober / October 2014
5
Meganisasie Meganisasie
Dis hoekom Firestone ’n band het spesiaal vir elke werktuig, voertuig en taak waaraan enige boer maar kan dink. Daar is jare en jare se wetenskap en vervaardigingsvernuf agter elke band om net die beste doeltreffendheid, betroubaarheid, veiligheid en duursaamheid te verseker. Sommige bande is ontwerp vir vastrap en trek, ander om getrek te word en van die grond af krag op te tel om werktuie soos planters se meganismes aan te dryf, ander om vragte te dra, om in modder of sand te loop, om vinnig oor die teerpad te draf of om oor die land te loop sonder om die grond te verdig, en nog letterlik honderde ander. Firestone het nie net die regte band vir die boer nie, maar ook die kundigheid om presies die beste aanbeveling vir elke toepassing te maak en die handelaarsnetwerk om elke boer in die land vinnige, flink diens te bied. Maar die boer kan ook sy deel doen om die beste diens uit sy bande te put deur sy bande beter te verstaan en goed op te pas. Van die dinge waarop gelet kan word, is:
Firestone: Die wiel se waarde sit in die band D
ie wiel was een van die mens se nuttigste uitvindsels, maar sonder bande wat ‘n trap kan trap en ’n vrag kan dra, is die wiel se waarde vandag bra na aan ’n ronde nul. Maak nie saak hoe kragtig jou trekker se enjin brom nie – as jy daardie
krag nie deur doeltreffende bande na die grond kan oordra nie, help dit jou niks. Maak ook nie saak dat jou sleepwa of vragmotor ’n veerstelsel so stewig soos Bloksomberg het nie – as jy nie bande het wat die vrag kan dra nie, gaan jy nie ver kom nie.
Firestone is ’n vertroude landbouvennoot wat ook gereeld by landbouskoue en -geleenthede uitstal om boere van goeie raad te voorsien. 6
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
Banddruk Die eerste, belangrikste behoefte van enige band is die regte banddruk. Banddruk moet minstens weekliks nagegaan word om te verseker dat dit met die vervaardiger se voorskrif strook. Daarvoor is ’n betroubare banddrukmeter nodig. As ’n band te styf gepomp is, loop die loopvlak ongelyk af, padhouvermoë verminder, die voertuig ry stamperig en die band se lewe word verkort. Word die band nie styf genoeg gepomp nie, het dit dieselfde uitwerking as oorlaai: Die band se romp buig te veel en sy loopvlak verminder gou en ongelyk, veral op die band se skouer. Die buitekant van die band se wand kan ook krakies kry. Die hoë wringkrag wat vandag se trekkers lewer, kan selfs ’n band wat nie styf genoeg gepomp is nie se wand verwring en skeur. Meer bande gaan as gevolg van te lae druk verlore as om enige ander rede, veral wanneer die band van ’n tweewielaandrywingtrekker wat tydens rysterploegwerk in die ploegvoor loop reeds as gevolg van die oneweredige gewigsverspreiding verwring en onder spanning geplaas word. Daarom moet die wiel in die ploegvoor 30 kPa meer as sy aanbevole druk gepomp word. As daar heen en weer teen ’n helling gewerk word, moet altwee agterwiele 30 kPa meer gepomp word. ’n Pap trekkerband kry ook maklik krakies rondom sy balke. Stampe en stote Die tweede bedreiging wat bande in die gesig staar, is stampe en stote wwww.proagri.co.za
Die tegnologie van bande vir landbougebruik het net soveel ontwikkel soos die masjiene wat hulle laat rol. teen klippe of stompe. Die beste raad daarvoor is om mooi te kyk waar jy ry, en bande wat tot die regte druk gepomp is, is ook meer bestand daarteen as te stywe of te pap bande. Skerp voorwerpe kan ook bande sny, veral aan die wande. Bande moet dus gereeld nagegaan word en sodra skade opgemerk word, moet die band verwyder en na ’n herstelwinkel geneem word vir vulkaniseer-herstelwerk. Stoppels In sekere omstandighede word die stoppels van oesreste so hard dat dit ’n band oormatig laat verweer en selfs
kan stukkend steek. Die maniere om dit te verhoed is om mooi te ry sodat jou wiele nie op die stoppels trap nie, om selfs die wielwydte te verander as dit nodig sou wees om die stoppels te vermy en om te verhoed dat die wiele tol. Sommige boere bring spesiale stoppelknakkers voor hulle stropers se wiele aan, en dit skakel stoppelskade aan bande heeltemal uit. Hardepad As ’n trekker ver op ’n harde pad moet ry, is sy wielbalke geneig om teen die padoppervlakte te vryf en dus vinnig af te loop, veral as jy vinnig ry. Pomp
Trekkers en werktuie se wielkleppies is deesdae goed versteek of beskerm om skade te vermy, maar as die band te pap is, of as dit verkeerd gepas is kan dit tog uitskeur.
die wiele so styf as wat die vervaardiger toelaat om hierdie vryfaksie te verminder. Wieltol Wielglip van tussen 9 en 12% is normaal tydens take soos grondvoorbereiding, maar wieltol, wat die jong seuns “spin” noem, is glad nie goed vir bande nie. Dit beskadig die band se loopvlak en breek selfs happies uit die wielbalke. Wieltol kan verhoed word deur verantwoordelike bestuur, die aanbring van wielgewigte en water in kruislaag AG-bande (dit word nie aanbeveel dat water in straallaag AG-bande gebruik word om wielglip te beheer nie), die regte banddruk en die vermindering van die treklas. Klepskade Trekkers en plaaswerktuie se wielkleppe is gewoonlik goed weggesteek of beskerm teen skade, maar tog skeur ’n klep soms uit. Dit is gewoonlik die gevolg van lae banddruk, foutiewe installasie van die klep of die gebruik van te veel seepoplossing aan die band toe dit op die velling gepas is, wat maak dat die velling nou binnein die band glip en die kleppie afruk. Wanneer jy Firestone-bande koop, kry jy nie net die voordeel van die mees gevorderde bandtegnologie vir die boer nie, maar ook van volle begrip vir die uitdagings van landboubande, die beste raad oor watter band om vir watter taak te kies en hoe om die beste uit jou bande te haal.
Wanneer jy weer by jou naaste handelaar aanklop vir nuwe bande, maak seker dit is Firestone-bande.
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
7
Meganisasie Meganisasie
deur Du Preez de Villiers
Die gulsige Kemper verslind alles in sy pad H
ierdie masjien lyk sommer gevaarlik. Hy word ook nie vertel wat hy kan sny en hoe hy dit moet sny nie. Sy ry-onafhanklike vermoë maak dat jy hom enige plek in ’n land kan insteek om enige groen gewas te verorber en in klein, smaaklike en maklik verteerbare stukkies kuilvoer uit te spoeg. Die Kemper is ’n trotse Duitse produk en een van die oudste kerwers wat op die mark is om boere se lewe te vergemaklik. “Toe ek in die 1960’s op die plaas aangekom het, het my pa al met lof van sy Kemper-kerwer gepraat,” sê Wessel Campher van die plaas Wag-’n-Bietjieskop net onder Van Reenenspas. “Ek het my Kemper C2200 nou al drie jaar en die masjien is reg gebou.
Hy werk vinnig en ek moet vyf waens inspan om met die wegry voor te bly as hy in die land spring.” Kuilvoermaak is ’n proses wat vinnig en akkuraat afgehandel moet word terwyl die materiaal presies die regte voginhoud het. Met die Kemper is daar geen staantyd of oponthoud nie en hy werk vinnig om in ’n japtrap groot massas eersteklas kuilvoer te maak. Wessel begin op ’n Maandag en Vrydag trap hy die laaste kuilvoer in die gat vas en maak dit toe. Omdat Wessel sy kuilvoermielies onder besproeiing aanplant, wil hy ook so gou moontlik die volgende oes inkry. Vanjaar gaan Wessel vir die eerste keer die Kemper inspan om ook hawer
te kerf. Sy Kemper C2200 is 2,2 meter wyd, wyer as jou gemiddelde trekker en kan dus vier rye 600 mm van mekaar af gelyktydig kerf, maar dit is nie eers nodig om daaroor te tob nie, want die Kemper kan in sirkels, teen of saam met die rye die land ingestuur word, net soos jy wil, en hy werk deurgaans ewe perfek. Die Kemper word agter ’n trekker gekoppel en as jy een van Valtrac se Valtra TwinTrac-trekkers het wat ’n tweede stuurwiel agter jou het met ’n sitplek wat kan omdraai, is dit net ’n tyd van snygenot wat vir jou voorlê, want om amper tasafstand van ’n werktuig in werking te wees, gee jou ongeëwenaarde beheer. “’n Kerwer op die trekker se neus
Gideon Human, plaasbestuurder, en Ndlovu Mkhize, trekkerbestuurder op Wag-’n-Bietjieskop sê met Valtrac aan jou kant wen jy al die pad. Die Kemper-kerwer en die Valtra-trustuurtrekker vorm ’n gedugte span in die hawerland.
8
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
wwww.proagri.co.za
Ook in Zambeef-melkery se hemelbesemvoersorghum in Zambië is die Kemper C3000 die bobaaskuilvoerkerwer. is net hopeloos te ver om te sien wat aangaan. As jy daarmee op die wenakker draai, is dit ’n storie om weer op koers te kom,” sê Wessel. Gideon Human is Wessel se plaasbestuurder en hy sê dis ’n plesier om met die Kemper te werk. Hy glimlag breed as hy vinnig vyf punte opnoem wat hom opgewonde oor die Kemper maak: “Die tuit met sy aggressiewe blaasaksie is onoortreflik. Die wind wat die waaiers opbou is net te goed om waar te wees. Jy kan ook in winderige omstandighede kerf sonder om materiaal te verloor. Dis maklik om die tuit te beheer. Hy luister vir jou as jy vinnig van tapkar moet verwissel. “Die Kemper se onderhoud is doodmaklik en sonder sukkel. Ons maak die masjien elke seisoen oop en gaan die laers na, en ons het nog nie staantyd gehad nie. Ons hoor van ouens wat selfs kontrakteurswerk doen en hulle tevredenheid spreek vanself. “Die spoed waarteen ek kerf is tussen 3,8 en 4 kmu teen 60 ton kuilvoer per hektaar en dan vang jy vier rye op ’n slag met ’n stand van 80 000.” Die Kemper kerf gemiddeld een hektaar per uur. “Met die kerwer se ingeboude slypsteen slyp jy die lemme sommer so in die land. Jou lemme is binne vyf minute weer vlymskerp en die metode is maklik en werk baie goed.” “As jy van mielies na kleiner gewasse soos gras of hawer oorslaan, draai jy net die ratkas om sodat die masjien stadiger werk,” sê Gideon. By Mooirivier in Natal was Mark Wilmot so ingenome met die vinnige werking van sy Kemper C3000 dat hy ’n gulde sakegeleentheid raakgesien het. Die kuilvoermielies in sy streek wil binne twee maande alles in die gat wees en hy het gevind dat die Kemper teen ’n indrukwekkende agt hektaar per dag kan kerf. Nadat hy sy eie 200 www.proagri.co.za
hektaar gesny het, was daar nog tyd om vier boere in die distrik se 250 hektaar te sny. “Hierdie ekstra werk help dat ek die Kemper ten volle in die vensterperiode kan benut en betaal sodoende die masjien af,” sê hy. Na kuilvoertyd kan hy dan die Kemper afhaak, wegbêre, sy Valtra se agterste stuurwiel afslaan, die sitplek omdraai en steeds die trekker vir ander take op die plaas inspan. Die Kemper se kragbehoefte is 130 kilowatt. Jy monteer hom woerts-warts aan die trekker se driepuntstelsel, koppel vier hidrouliese punte en daar gaan jy. Die hele werktuig kan ook heen en weer verskuif word om presies voor die trekker se wiele te loop. In die heuwelagtige Memel-streek troon die Kemper ook bo sy mededingers uit. “Ons het nie groot, gelyk
lande soos in die res van die Vrystaat nie en moet gedurig die kontoere troef, maar met die Kemper kan jy van enige hoek die lande inkom. Ek het ook nou al in my lewe met ’n hele klomp groot en klein kerwers te doene gekry en vir sy klas is die Kemper uitstekend,” sê Danbri Saayman, eienaar van Maluti Beef buite Memel. Hy het drie jaar gelede sy eerste Kemper C3000 aangekoop wat voorverlede jaar ’n maatjie gekry het. “Die groot voordeel wat ek in die masjien gesien het is dat ek vir drie weke in die jaar kan kuilvoer sny en dan kan ek hom afhaak en bêre en die trekker vir ander werk gebruik,” sê Danbri. Hulle kerf saam met kontrakteurs elke seisoen 400 hektaar kuilvoer vir hulle voerkraalbeeste. “Daar is niks snaakse fieterjasies wat maklik kan breek aan die masjien nie en die probleme wat die Kemper mag ondervind kan sommer maklik op die plaas opgelos word,” sê hy. “Ek het twee Valtrac-takke waar ek om hulp kan aanklop. Die manne by Valtac se hoofkantoor in Parys se hande staan vir niks verkeerd nie en oom Koos van den Berg, ons Valtracagent in Reitz se diens is uitstekend, selfs lank nadat hy ’n masjien verkoop het. Die enkele kere wat ek ’n probleem gehad het was die ouens soos blits op die plaas om te kom help,” sê Danbri. Om meer uit te vind oor hierdie gulsige werktuig van Valtrac, kontak Attie de Villiers by 083-261-9863 of George Cilliers by 082-881-4855, 056-817-7308 of stuur 'n e-pos na george@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor die Kemper en Valtrac se ander puik produkte en trekkers.
Mark Wilmot van Mooirivier in KwaZulu-Natal sê selfs dié stewige mielies staan geen kans teen die Kemper C3000 nie. Sy kerwer sorg nie net vir die koeie in sy melkery nie; hy gebruik ook die masjien om kuilvoer vir die bure te sny. ProAgri 176 – Oktober / October 2014
9
Meganisasie Meganisasie
kontrolelys sodat die werktuigkundige doodseker kan maak dat hy die diens volledig afgehandel het. “Agrico se diens is uitstekend en hulle staan ’n maatskappy soos John Deere se skoene vol hier in die WesKaap. As ons ’n skaars onderdeel soek, waarborg John Deere dat dit binne sewe dae van oorsee af sal kom,” sê Rudi. “Elke onderdeel het sy eie nommer op en as ons daarmee sukkel, sal Agrico se verteenwoordiger wat hierdie wêreld op en af patrolleer ons dadelik te hulp te snel.”
Die Gator is ’n uitstekende veeldoelige nutsvoertuig waaraan jy selfs ’n spuit kan haak om die boorde van peste en plae te verlos.
Vir enige verdere inligting oor hierdie ratse nutsvoertuig, kontak vir Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarelJ@JohnDeere.com
’n Trekker, bakkie en vierwielmotorfiets in een N
et soos ’n goeie boer net een stel skoene vir dans, kerk en werk kan hê, kan hy ook een voertuig aanskaf wat sy plaasbakkie, trekker, motorfiets en ryperd kan wees. John Deere se Gator XUV 855D is die gepaste, alles-in-een nutsvoertuig vir die boer wat winsgewend en doeltreffend wil boer en sy vinger op elke aspek van die boerdery wil hou. Met sy 4x4-funksie teen 3,5 liter dieselverbruik per werksuur en ’n dravermoë van 450 kg, draf die Gator teen steil heuwels op en af om water, diesel, gereedskap of onderdele te vervoer. Met ’n bakruim van 0,46 kubieke meter kan selfs ’n beseerde kalf of werker vinnig na die opstal geneem word. Paul Cluver wynlandgoed buite Grabouw het ses jaar gelede hulle eerste Gator aangekoop. Intussen het hulle tot drie aangeteel. “Die derde een, wat ons verlede jaar gekoop het, spog met ’n elektroniese beheerpaneel, ’n dakkie en ’n voorruit,” sê Rudi Zandberg, die produksiebestuurder van die landgoed. “Die Gators se belangrikste werk is om die bankies onder die wingerdlote te spuit. Ons het ’n eenvoudige spuit laat bou wat maklik agter ’n Gator haak en met ’n elektriese pompie vanaf die Gator se battery aangedryf word. Die proses is baie goedkoop en werk uiters doeltreffend om die onkruid onder die lote in toom te hou.” Omdat die Gator meer as 600 kg kan sleep, gebruik Rudi die stewige buksies om die dieselwaentjies oral op die plaas vir die meer gulsige werktuie te besorg. Die vierwielvastrap en enjin van 855 cc skrik nie vir onherbergsame terrein nie. Wanneer boerdery ernstig raak in die droë somermaande, hang daar ’n 500 liter vuurvegter aan die
www.proagri.co.za
skuur se dak, wat binne oomblikke tot op ’n Gator se bak laat sak kan word om na die brandpunt te jaag. Hulle is ook rats en maklik beheerbaar om tot naby aan die vlamme te kom. Die Gator hardloop lag-lag teen 42 km per uur tussen die verskillende punte op die plaas rond. Dit is vinnig genoeg om nie kosbare tyd te verloor nie en stadig genoeg om ’n haastige bestuurder se veiligheid te verseker. “Die Gator se onderhoud kos ook baie minder as ’n trekker s’n. In die waarborgtydperk het die manne van Agrico uit die Kaap of Caledon die nutsvoertuie op die plaas kom diens,” sê Rudi. Nou koop hy sommer die dienspak en dit duur ’n halfuur vir een man in die plaas se werkswinkel om ’n Gator weer gereed te kry vir aksie. Saam met die dienspak stuur John Deere ook ’n gebruikersvriendelike
Die John Deere 4x4 XUV 855D Gator staan sy man op enige plaas.
Oud en nuut bymekaar en steeds so voortreflik soos altyd. Denise Jaftha is ’n wingerdmonitor en spuitoperateur, Rudi Zandberg is produksiebestuurder en Frans Botes, agter die glasgordyn, is voorman en in beheer van nuwe aanplantings en besproeiing. Albei die bestuurders wat heeldag lank op die Gators staatmaak om hulle werk te doen, weet nie wat hulle vandag sonder die nutsvoertuie sal doen nie. ProAgri 176 – Oktober / October 2014
11
Gewasproduksie Meganisasie
Die regte spuit maak jou:
Baas op jou plaas A
rbeid is onbekostigbaar duur en graanaanplantings word al hoe groter, daarom sou dit selfmoord beteken as ’n boer reken hy kan onkruid met werkers en skoffelpikke bestry soos ons voorvaders gedoen het. Diesel is duur en boonop kan meganiese onkruidbestryding nuwe onkruidgroei stimuleer sodat ’n mens met trekker en skoffel dieselfde probleem wat jy oplos, ook aanhelp. Vandag se antwoord op onkruid- en pesbestryding is die spuit en doelontwikkelde chemiese middels wat die boer en sy gesaaides se vyande die doodstraf toedien. Met minimumbewerking wat vinnig veld wen, speel die spuit ’n sleutelrol en daarom sal dit die boer loon om die beste, betroubaarste, doeltreffendste spuit waarop hy sy hande kan lê aan te koop. Chemiese middels is duur, wat vereis dat ’n spuit so moet werk dat niks vermors word nie. Die spuit moet ook akkuraat werk, want dit kan gevaarlik wees as spuitmiddels beland waar dit nie moet beland nie. Wanneer ’n boer ’n spuit kies, moet hy seker maak dat die spuit aan al die vereistes vir veilige, doeltreffende spuitwerk voldoen. Die tye waartydens doeltreffende spuitwerk gedoen kan word, is gewoonlik beperk as gevolg van weerstoestande soos reën en wind. Dit is vir ’n boer ’n beproewing as die stamboorders besig om sy mielies op te vreet en hy kan nie spuit nie omdat die wind te veel waai of omdat dit reën. Daarom koop boere gewoonlik die grootste moontlike spuit met die langste moontlike spuitbalk wat vir hulle grond gepas is, om die beperkte tye waartydens gespuit kan word, ten beste te benut. As die boer ’n driepuntgemonteerde of sleepspuit aanskaf, moet hy seker maak dat hy geskikte trekkers daarvoor het. Die trekker moet die spuit met sy vol tenk maklik kan dra of sleep en hy moet die nodige
12
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
hidrouliese vloei en koppelpunte hê vir ’n spuit met hidroulies aangedrewe komponente. Deesdae is daar spesiale grootwieltrekkers vir spuitwerk te kry. Hulle dun, groot wiele loop maklik tussen gewasrye, maar die wiele se groot omtrek skakel onnodige grondvastrappery uit en val nie so maklik vas in modderlande nie. Dit is ook wenslik om, ter wille van veiligheid en gesondheid, eerder kajuittrekkers as oop trekkers vir spuitwerk te gebruik. ’n Driepuntgemonteerde spuit moet maklik aan- en afgehaak kan word en moet so ontwerp wees dat dit naby aan die trekker sit. Hoe verder die spuit se swaartepunt agter die trekker, hoe meer las op die hyser en hoe meer onstabiel die kombinasie. Enige spuit, of dit ’n driepuntgemonteerde spuit, ’n sleepspuit of ’n selfloper is, moet so ontwerp wees dat daar nie onnodige uitsteeksels of loshangende pype is wat aan hekke en dinge kan vashaak en beskadig word nie. Dit moet ook nie gewasse wat bespuit word beskadig nie. Daarvoor is onder meer doeltreffende wielskerms nodig. Alle spuite moet smal genoeg kan opvou om deur hekke en ander noutes te kom en om met veiligheid padlangs te kan ry. Omdat tydige spuitwerk so noodsaaklik is, moet ’n spuit ook vinnig van een plaas na ’n ander kan beweeg om gewasse te gaan beskerm. ’n Goeie spuit het die volgende eienskappe: • ’n Keuse van vulmetodes regstreeks in die tenk se gat of deur ’n suigpyp van onder af. • Doeltreffende filters om verstoppings uit te skakel. • ’n Maklik bereikbare mengtenk met ’n konka-uitspoeler om gifhouers skoon te spoel. • ’n Handewastenk is noodsaaklik sodat die operateur dadelik enige gifstof wat moontlik aan sy hande kan beland, kan afwas.
• ’n Skoonwatertenk waaruit die hele spuitstelsel skoongespoel kan word nadat die spuit gebruik is. • ’n Hooftenk en pompstelsel wat so ontwerp is dat die hele spuit heeltemal gedreineer kan word sodat daar geen water of gifmengsel in die spuit oorbly nie. • ’n Roes- en vreetbestande tenk wat maklik skoongemaak kan word. • Die tenk moet groot genoeg wees vir die oppervlakte wat die boer wil bespuit, sodat daar nie meer tyd aan hervul bestee word as aan spuitwerk nie. • In die geval van sleepspuite en selflopers, groot wiele om tussen gewasrye te kan trap sonder om te veel grondvastrapping te veroorsaak. • ’n Spuit se wielwydte moet maklik en vinnig aangepas kan word om tussen ’n boer se gewasrye te kan werk. Sommige selfloopspuite se wielwydte kan sommer in die ry verstel word. • ’n Spuit moet goed ontwerp en stewig gebou wees. Lande is dikwels ongelyk en dit gaan maar stamperig deur spilpuntspore. • Onderhoud aan ’n spuit moet maklik en vinnig gedoen kan word en alle onderdele wat aandag mag nodig kry, soos filters, moet maklik bereikbaar wees. • Die hart van ’n spuit is sy pomp. Die pomp moet doeltreffend en betroubaar wees. • Die beheerstelsel moet maklik verstaanbaar en doeltreffend wees. • Enige spuit moet ’n doeltreffende roerstelsel hê om te verseker dat die spuitmengsel deurgaans goed vermeng is. Ouer spuite het roerspaanstelsels, maar die meeste moderne spuite hou die spuitmengsel deurgaans eenvormig deur hersirkulasie vanaf die pomp. • Dit is gerieflik en akkuraat as ’n spuit ’n programmeerbare stelsel het waarvolgens water en spuitstof gemeng kan word. So ’n stelsel verseker nommerpas mengwerk. wwww.proagri.co.za
Presisieboerdery wen al hoe meer veld in Suid-Afrika, maar daarvoor is spuite nodig wat aan die vereistes vir presisieboerdery voldoen. So ’n spuit wys eerstens vir die operateur waarlangs hy moet ry om die hele land volledig te dek sonder oorvleueling. Dit pas die spuittempo outomaties aan by die ryspoed sodat presies die regte hoeveelheid spuitstof deurgaans toegedien word. Sodoende word ondertoediening en vermorsing heeltemal uitgeskakel. ’n Goeie spuit het seksiebeheer sodat seksies van die spuitbalk ophou spuit waneer daar oor dele van die land beweeg word wat reeds bespuit is. Die spuitbalk Daar is deesdae spuite met baie lang spuitbalke beskikbaar, sodat ’n boer in
die kortste moontlike tyd die grootste moontlike lande doeltreffend kan bespuit. Dit is noodsaaklik dat daardie lang spuitbalk stabiel moet wees en netjies en maklik moet kan opvou wanneer die spuit van een plek na ’n ander moet ry. Spuitbalke het oor die jare drastiese ontwerpverbeterings belewe, sodat die moderne spuitbalk op sigself ’n toonbeeld van slim ingenieursvernuf is. Die probleem was dat so ’n lang balk wat aan net een punt in die middel aan die spuit gemonteer is, en wat boonop nie te swaar moet wees nie, baie maklik onstabiel kan raak en veral oor ongelyke grond, soos ’n land, baie kwesbaar kan wees. ’n Lang balk het die neiging om te wieg, te sweepslag en om sy punte in die grond te steek. Boonop beïnvloed die hoogte van die spuit se
sproeiers bokant die grond of gewas die toedieningstempo en daarom is ’n konstante spuitbalkhoogte noodsaaklik. Ingenieurs het vernuftige ontwerpvaardigheid getoon om spuitbalke te monteer wat vandag altyd maklik en gladweg werk. Monteerraamstelsels, balanseervere en skokbrekers sorg dat die spuitbalke deurgaans hulleself volgens die trekker of selfloopspuit se asposisie rig sonder ’n gewieg of vibrasie. Die mees gevorderde spuitbalkmontering is die stikstofbalmontering en dit is verbasend om te sien hoe doeltreffend hierdie stelsel werk. Veral met die koms van GM-kultivars moet die boer sy gewasse op verskillende groeistadia kan bespuit en daarom moet die spuitbalk van laag na baie hoog verstel kan word: Baie laag om windinvloed tydens bespuitings soos voorplant en vooropkoms so ver as moontlik uit te skakel; en baie hoog om tydens bespuiting in gevorderde groeistadia bo-oor gewasse te kan beweeg sonder om skade aan te rig. Die spuitbalk moet ook met verskillende sproeiers vir alle behoeftes toegerus word en valarms moet aangebring kan word vir lae bespuitings in hoë gewasse. In winderige gebiede kan die boer ’n kousbalkspuit oorweeg. Hy dwing die spuitstof met ’n sterk windstroom ondertoe om die invloed van wind grootliks te oorkom.
Die kousbalkspuit vou oop om selfs tydens winderige toestande akkuraat en doeltreffend te spuit. www.proagri.co.za
Volgende keer bespreek ons wingerd- en boordspuite.
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
13
Gewasproduksie Meganisasie
Oplossing vir kleiner graanboere:
Stroop die soet smaak van sukses Moenie dink omdat die RCM 11 klein is en aan ’n trekker se driepuntstelsel pas hy is nie ’n gedugte en doeltreffende stroper nie. Sy aksiaalvloeistelsel stroop skoon, netjies en sonder die geringste skade aan die graan.
L
rystroper haak bloot aan die trekker se driepunthyser soos enige ander werktuig. Koppel die kragaftakkeras en die hidrouliese pyp wat die aflaaigeut beheer, en jy is reg om te stroop. Geen spesiale passtukke en montering en boute en moere om mee te sukkel en tyd te mors nie. Die RCM 11 is baie bekostigbaar en goedkoop om in stand te hou, en ’n mens hoef geen stroopspesialis te wees om met hom te werk nie – alles is eenvoudig en logies en sinvol en maklik, en die stroper se aksiale dorsstelsel stroop verrassend skoon en netjies en sonder enige skade aan die graan. Vir hierdie voortreflike stroopwerk van sowat 1 500 tot 1 750 kilogram graan per uur, benodig hy ’n trekker van 65 tot 75 kW met een hidrouliese koppelpunt vir die oorlaai-awegaar. Die RCM 11 se mielieplukkerkop is so professioneel as wat kan kom om elke plant deeglik vas te gryp, in te trek, af te sny en elke kop met elke pit na die dorskamer te voer, waar die korrels en kaf doeltreffend geskei word. Vir die boontjieboer bied die RCM 11 ’n opteller wat ’n windry van 800 mm skoon optel vir doeltreffende stroopwerk. Met die RCM 11 bewys Crop-Tech weer dat hy immer reg staan om alle boere, ook kleiner boere, die beste, bruikbaarste tegnologie te bied wat boerdery doeltreffend en lonend maak. Boonop rugsteun Crop-Tech elke elke produk wat hy verskaf met die beste, begrypendste diens, wat verseker dat die boer sonder sukkel kan aanhou boer.
onende diereproduksie hang grootliks van goeie voeding af en sonder volledige gemengde rantsoene kan geen bees, of dit nou ’n melkkoei of ’n voerkraaltollie, vir sy baas optimale wins verdien nie. Ongelukkig kos klaargemengde voer deesdae baie geld en die boer moet maar knaend soek na maniere om die beste voeding teen die laagste prys te verskaf. Een so ’n manier is om soveel as wat jy kan van jou rantsoen self te produseer, maar dit is ongelukkig nie altyd so maklik nie: plant en veral oes met die hand is duur, omslagtig en tydrowend terwyl die reuse planters en stropers wat die groot graanspesialiste
gebruik gans te duur is vir kleiner aanplantings. Stroopkontrakteurs trek ook maklik die neus op vir klein aanplantings. In hierdie opsig dien Crop-Tech die boer voortreflik met die verskaffing van klein, maar gevorderde geenbewerkingplanters van dieselfde gesogte gehalte as hulle groot planters, en nou ook met eenvoudige, bekostigbare, betroubare, doeltreffende Colombo RCM 11-eenrystropers. Daarmee bemagtig Crop-Tech die veeboer wat sy voerrantsoen se graankomponent self wil produseer om sy eie mielies of bone te stroop, en enige ander boer wat kleiner mielieaanplantings wil doen. ’n Eie stroper maak die boer onafhanklik van ander se giere. Die groot voordeel van ’n sleep- of abbastroper teenoor ’n selfloper is dat dit geldelik sinvol vir kleiner aanplantings is, en dat jy die res van die jaar ’n hele trekker beskikbaar het vir ander werk. Die montering van ’n abbastroper aan die trekker kan ’n omslagtigheid wees, maar ook hier bied CropTech die antwoord: Die Colombo RCM 11-een-
Die RCM 11 se mielieplukkerkop sorg dat elke pit in die dorskamer beland om vir die boer geld te verdien.
Om die RCM 11 se mielieplukkerkop vir ’n bone-opteller van 800 mm te ruil, is so maklik soos om koffie te drink. Hier kan ook die stewige ratkas gesien word, wat teen ’n kragaftakkerspoed van 540 opm aangedryf word.
www.proagri.co.za
Vir meer inligting oor stroperoplossings vir die kleiner boer, maar ook oor Crop-Tech se hele reeks landbouwerktuie en planters, praat met Hennie du Toit by 082-850- 3744 of 056-817-7210, of stuur vir hom ’n e-pos na sales@croptech.co.za. Besoek ook www.croptech.co.za.
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
15
16
ProAgri 175 – September 2014
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Gewasproduksie
“Die Rotrix het vir ons presies die regte afstand gegee. Ons tweehektaarkampe is 66 meter lank en 33 meter breed en die Rotrix se reikwydte is ’n rapsie oor die 15 meter na beide kante toe,” sê James. Die drie spuite word maklik en vinnig in ’n treintjie agter die bakkie of trekker gehaak en na die kampe geneem, waar elkeen aan ’n besproeiingslyn gekoppel word. Die kaDie Gator is ’n uitstekende veel-doelige nutsvoertuig waaraan jy trolkabel word uitgerol selfs ’n spuit kan haak om die boorde van peste en plae te verlos. en geanker. Daar is ’n 50- en 100-meter waterpyp op ’n katrol aan die spuit sodat ’n boer kan kies of hy ’n 100-, 200- of 300-meter-strook op ’n slag wil natmaak. Sodra James Wijnberg het sy somme gemaak en drie Rotrix-spuite gekoop. Hulle word maklik in die pomp aangeskakel ’n treintjie agter sy bakkie of trekker gehaak op pad lande toe. James, Abram Pretorius, word, maak die spuit voorman en Julian van Wyk, algemene werker, is baie in hulle skik met dié reënmakers. die wêreld rondom hom heerlik nat terwyl hy homself met sy wateraangedrewe bakkiesrat ol jou kabel uit, anker hom, koppel weiding het ek kikoejoe en raaigras aandryf en inkatrol. Die spuit vereis die water, skakel die pomp aan en op blokke van twee hektaar in ’n 30 ’n waterdruk van tussen 2,5 en 4 los hom. Agt uur later is jou strook hektaar weidingrotasiestelsel onder bar en het verskillende sproeiers wat weiding (of mielies of koring of besproeiing aangeplant,” sê hy. verskillende spuit- en sproei-strale groente) benat en kan jy hom vinnig “Ons wou aanvanklik ’n spilpunt kan gee. na die volgende strook verskuif om aangeskaf het, maar na baie navorDie Rotrix is heeltemal arbeidondie maklike proses te herhaal. Rotrix sing en navrae het ek besef die afhanklik as hy eers aan die gang is. se Rhino 300 is uitgeknip om presisiehelling van ons veld sou net te veel Omdat die spuit vier wiele het met reën op presisieweiding te laat val in gewees het op die slytasie en die twee voorstes wat kan krink, kan presisietyd. werking van so ’n besproeiingstelsel. hy homself teen die skuins hellings James Wijnberg boer op Hugosdale Ons besproeiingsmaatskappy, Breededeurlopend met die kabel oplyn en buite Grayton in die Wes-Kaap. Hy rivier Besproeiing Robertson, wat al rig. het dierewetenskap aan die Univerdie beplanning en ontwerp vir ons James stel die spuite om elk ’n siteit van Stellenbosch gestudeer en gedoen het, is ook die Rotrix-agent in strook in agt uur te benat sodat hy sy besluit om op sy pa se plaas te kom die streek en stel toe die Rotrix voor,” werkers elders vir nuttiger werk kan boer. Hy selekteer kliphard om ’n sê hy. Dit was ook die beste voorstel, aanwend. Indien jy jou weiding ’n uitstaande Sussex-stoet op die been want met drie van die spuite kan bietjie wil aanjaag, kan jy minerale of te bring om natuurlike, grasgevoerde James met gemak elke week 25 mℓ enige oplosbare voedingstowwe saam vleis te produseer. “Vir die natuurlike op die hele 30 hektaar laat reën. met die water deur die spuit toedien.
Bestel jou reënbui met
Rotrix se Rhino 300
R
Rotrix se plaaslike agent Breederivier Besproeiing Robertson lewer 'n volledige besproeiingsdiens.
Rotrix se Rhino 300 lewer lowergroen weiding vir Hugosdale se spog Sussex-beeste vir wins in hulle baas se sak.
Jasper Hewitt van Rotrix Africa is die man om te skakel. Sy besonderhede is 082-773-7544, 023-342-3438 of rotrix@intekom.co.za of besoek www.rotrixafrica.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
17
18
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
wwww.proagri.co.za
Meganisasie Gewasproduksie
’n
Magdom planterkennis is in die kop van ’n man wat al meer as dertig jaar lank onpartydige veldtoetse op gewasse vir groot name soos Syngenta, Bayer, Monsanto, Pioneer en PANNAR doen en al elke denkbare saad geplant het. En as jy die steil kontoere in die Oos-Vrystaat rondom Bethlehem wil trotseer, moet jy jou plant ken. Dit is ook geen wonder dat ’n voorste werktuigverskaffer soos Jupidex hulle Kverneland vier-ry Optima-planter vir André Odendaal van Asearch Agri-Tech beskikbaar gestel het om in sy proewe te gebruik nie. ’n Man wat in alle omstandighede presies moet werk en neutraal moet bly, sal immers nie doekies omdraai as hy ’n planter moet kies nie. André se seun, Dixon, het in Augustus verlede jaar in ’n vennootskap by sy pa aangesluit toe die saak uit sy nate begin bars het. Hulle doen proewe met groeireguleerders, swam-, insek- en onkruiddoders op mielies, soja, koring, sonneblom, hawer, gars, grondboontjies, aartappels, sorghums, droëbone, koolgewasse, appels en boordgewasse. Sommige toetse doen hulle op boere (medewerkers) se plase en as dit ingewikkelder is of meer toesig verg, doen hulle dit op hulle eie grond. André en Dixon plaas baie spanning op ’n planter want, alhoewel hulle klein blokke plant, moet hulle kort-kort verstellings aan die plantdiepte en
Jupidex se Optima
is ’n plantspesialis se droom André en Dixon Odendaal van Asearch Agri-Tech gesels met Adriaan Jacobs van die plaas, Roodepoort, wat nie kan wag om Jupidex se Optima-planter ook tussen sy steil kontoere op die proef te stel nie.
drukwiele maak, herkalibreer, die saad en kunsmis ruil en heelwat stop en ry om die proses te moniteer. Dit is dus van uiterste belang dat die planter se kalibrasie en instelling gebruikersvriendelik moet wees, soos die Optima s’n. “Dit is net ’n fees om die stewige staalplate te ruil en die deursigtige paneel voor elke plaat hoef jou nie te laat wonder of jy nog plant en of jy tydmors nie,” sê Dixon. “Die saadsensor wat met die presisietoerusting kommunikeer staan wydsbeen oor Jupidex se Optima-planter staan sy man wanneer daar die plaat se met uiterste presisie geplant moet word. gaatjies sodat daar geen onsekerheid is oor reëlmatige saadverkeer nie. In plaas van ’n borseltjie wat jou sig belemmer, is daar verskuifbare skrapertjies bo en onder die gaatjies. Dit kan baie fyn gestel word om ’n astrante dubbelsaadjie terug te klap.” Omdat die Die plantdiepte word doodmaklik met die draai van ’n Optima ’n slinger gestel en ’n wyser dui die diepte baie akkuraat in vakuumplanter sentimeter aan.
www.proagri.co.za
is, is die dae van verskillende plate vir verskillende pit-groottes ook vir André en Dixon verby, want die Optima is nie skaam om enige grootte saadjie teen die plate se gaatjies vas te suig nie. “Jy kan die beste presisietoerusting aan ’n planter hê, maar wanneer die saad loodreg, sonder om te wip of te stamp, uit die saadbak reg in die middel tussen die snywiele val kan jy maar weet jou spasiëring gaan perfek wees,” se André. ’n Mieliepit wat deur ’n Optima geplant word kan nie wag om uit die grond te kom om die gevaarlike stadium agter die rug te kry nie. “Wat my dadelik van die Optima opgeval het, is dat 90% van die mielieplantjies soos een man binne drie dae opkom teenoor ’n 60% eenvormige opkoms van die ander planters in die mark beskikbaar. Na sewe dae was albei groepe se plantjies ewe hoog, maar die Optima lewer ’n 20% beter opkoms,” sê André. Vir André en Dixon is dit ook belangrik om vinnig tussen saad om te skakel en ook hier is die Kverneland Optima eksie-perfeksie. Sy saadbakke kan binne oomblikke leeggemaak word met die druk van ’n klappie. Die kunsmisbak hou meer as ’n ton, wat baie is vir ’n vierryplanter. Hulle kan maklik vyf hektaar kafdraf voor daar weer volgemaak moet word. Vir meer inligting oor Jupidex se Optima-planter, skakel gerus vir Terry Alexander by 082-383-6700 of José de Nobrega by 079-885-7902. Besoek ook www.jupidex.co.za vir meer inligting oor Jupidex se volledige reeks planters en ander plaaswerktuie. ProAgri 176 – Oktober / October 2014
19
20
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
wwww.proagri.co.za
Is ’n Suid-Afrikaanse Holsteinverwysingskudde moontlik? deur Du Preez de Villiers
D
ie wêreld van moderne genetika is nou maar eenmaal asemrowend. Die idee dat die unieke eienskappe van enige organisme vergestalt word in die derduisende gene of kombinasies van gene wat in sy DNS voorkom, was ’n paar dekades gelede ondenkbaar. Wat nog meer asemrowend en dalk bietjie skrikwekkend is, is dat organismes soos mense, plante en diere se karaktertrekke vandag in ’n laboratorium gelees kan word om uiters akkurate voorspellings oor ’n bepaalde organisme te maak. Hierdie proses staan bekend as genotipering en het natuurlik ’n rewolusionêre omwenteling in die landbou veroorsaak. Dit is veral tydens teling en seleksie in die melkbedryf waar boere nou jare kan wen deur bloot ’n genetiese monster soos die wortels van die sterthare van ’n jong bul of verskalf in te stuur en binne enkele weke ’n hele genetiese profiel te ontvang van hoe die dier aangewend kan word in teling en of dit die moeite werd is om die dier vir stoet te gebruik. Die koste van genotipering was aanvanklik duur en tydrowend, maar soos met baie ander tegnologieë, het dit die afgelope tyd al hoe meer bekostigbaar geraak om genetiese profiele van teeldiere te bekom. Lande in Europa en Noord-Amerika het die gulde geleentheid raakgesien om so veel as moontlik van hulle nasionale teeldiere wat reeds betroubare genetiese waardes (teelwaardes) op
www.proagri.co.za
grond van metings verkry het, te genotipeer om ’n nasionale verwysingsbevolking op te bou. Nou is dit maklik om nuwe indiwidue se genotipiese data met die verwysingspopulasie te vergelyk deur gebruik te maak van die “sleutels” wat genetici deur middel van algoritmes ontwikkel het. Hoe meer diere in die verwysingsbevolking is, hoe akkurater kan die “sleutels” natuurlik voorspellings oor nuwe diere se prestasie maak. Die vraag kom dadelik by ’n SuidAfrikaanse boer op of dit nie moontlik is om ’n Suid-Afrikaanse verwysingsbevolking op te bou nie. “Dit is moontlik vir die Holsteins en Jerseys, maar dit gaan nog ’n tydjie neem by ons kleiner melkrasse om voldoende getalle te kry vir ’n verwysingsbevolking,” sê dr Bernice Mostert van Stamboek. “Ons het reeds deur middel van nasionale en internasionale samewerkingsooreenkomste, die genetiese profiele van ongeveer 400 plaaslike en internasionale Holsteinbulle met gemete dogters in Suid-Afrika wat gebruik kan word. As ’n mens gaan kyk na die aantal dogters wat hulle gelewer het teenoor die aantal dogters wat oorsese lande se nasionale bulle gelewer het, is dit egter min. “’n Goeie voorbeeld is die bekende Holsteinbul, Nokia, wat in Suid-Afrika geteel is en ongelukkig verlede jaar dood is. Sy ma is Suid-Afrikaans gebore en sy pa in Amerika en hy het in SuidAfrika 1 494 dogters in 102 kuddes gelewer wat goed vergelyk met oorsese gemiddeldes. Daar is tans slegs 869 Suid-Afrikaansgeteelde en 933 oorsese Holstein bulle wat in meer as 10 kuddes in Suid-Afrika gebruik is. Indien die genetiese profiele van hierdie bulle verkry word, behoort die verwysingsbevolking vir die SA Holsteinras groot genoeg te wees vir sinvolle voorspellings van Direkte Genomiese Waardes (DGVs). Dit is egter belangrik dat die diere van ’n verwysingsbevolking uit verskillende familielyne moet kom en dat die hele spektrum van genetiese variasie gedek word. Dit moet dus meerder- en minderwaardige diere se genetiese informasie wees wat ingesluit word,” sê sy. SA Stamboek het egter al lankal besef dat dit nog ’n tydjie gaan duur voor die Suid-Afrikaanse verwysingsbevolking in plek is en aan die werk gespring om deur die Logix Genomiese Diens ’n alternatief aan die SuidAfrikaanse telers te bied, waar hulle genetiese monsters vir boere oorsee stuur en die resultate omskakel na die Suid-Afrikaanse skaal en versoen met die konvensionele BLUP-teelwaardes wat boere al baie jare gebruik, om
meer betroubare teelwaardes aan die bedryf beskikbaar te stel. Hierdie is ’n internasionaal erkende prosedure wat deur lande waarvan die verwysingsbevolkings nog te klein is, toegepas word. SA Stamboek kan dus vir boere, KI-maatskappye en telersgenootskappe direkte genomiese waardes (DGV’s) of genomies verrykte teelwaardevoorspellings (GEBV’s) op die Suid-Afrikaanse basis beskikbaar stel, wat dan met groter betroubaarheid aangewend kan word om ingeligte teelbesluite te neem. Die genetiese profiele van die diere wat terugkom, word verder ook op SA Stamboek se omvattende databasis geberg om later in SuidAfrika se eie verwysingsbevolking ingesluit te word. Die Landbounavorsingsraad het intussen 'n inisiatief begin om Suid-Afrika se eie nasionale verwysingskudde op te bou, want om die genetiese profiele van bulle wat in ons klimaat presteer te gebruik is net soveel beter en akkurater as dié van oorsee, omdat sekere gene aan- of afgeskakel kan word wanneer dit van klimaat verander. Dr Linky Makgahlela het haar doktorsgraad in die ontwikkeling van die genomiese modelle vir melkbeesrasse aan die universiteit van Helsinki in Finland verwerf. Sy het in Maart vanjaar teruggekom en is aangestel as die LNR se projekleier vir hierdie ontsaglike groot taak om Suid-Afrikaanse melkbeeste se genetiese materiaal te versamel en dit in die LNR se gevorderde laboratoriums by Onderstepoort te verwerk om ’n verwysingskudde op te bou. “Finland se verwysingskudde is tans 12 000 groot en hulle moet deurlopend die nuwe diere wat bykom genotipeer. “Suid-Afrika het tans bittermin plaaslike Holsteinbulle wat as verwysing gebruik kan word. Dit is dus ’n deurlopende taak en ons het ’n reusagtige agterstand om in te haal,” sê sy. Die LNR is tans ernstig besig om nog befondsing vir hierdie groot taak te vind.
Dr Linky Makgahlela (agter) by Olivia Mapholi, ’n navorser wat druk besig is in die LNR se genetikalaboratorium by Irene. ProAgri 176 – Oktober / October 2014
21
22
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
wwww.proagri.co.za
D
ie allerbeste diereprestasie word gelewer deur diere wat die allerbeste kos kry om te eet. Maar die allerbeste kom nie sommer vanself nie. Produserende diere het ’n gebalanseerde rantsoen nodig wat in al hulle behoeftes voldoen. Maar ’n voerproduksielyn is ’n verskynsel eie aan ’n groot aanleg of fabriek en is gewoonlik ’n reuse kapitaaluitleg, so hoe nou gemaak? Gelukkig is dit vir die boer van vandag nie meer ’n onbekostigbare luuksheid om self die beste gebalanseerde voer te meng en te vervoer nie – danksy Rumax. Danie Cillié boer met ’n kommersiële Beefmasterstoet buite Vrede, waar hy sy eie speenkalwers produseer en in ’n voerkraal afrond. Hy gebruik sy eie gemaalde mielies saam met melassemeel, voerbale en die nodige mikrovoedingstowwe in sy voermengsels. Alhoewel Danie sy laaibanke en mengarea beplan het om die minimum moeite en tyd te verg, was dit steeds ’n kopseer om al die beeste in sy voerkraal betyds kos te gee. Hy het in 2009 vir Jaco Pieters van Rumax gebel om vir hom ’n pasmaak maal- en mengstelsel volgens die spesifikasies van sy skuur te bou. Rumax het die stelsel so ontwerp dat Danie steeds sy bestaande toerusting daarmee saam kon gebruik. Rumax het vir Danie vier awegare van verskillende lengtes en ’n hamermeul netjies en presies kom installeer saam met ’n stewige menger wat agter sy trekker die pad tussen die mengskuur en voerkraal kon kafdraf. Die hamermeul word met ’n 7,5 kilowatt motor aangedryf en die awegaars se kragbehoeftes wissel tussen 1,5 en 2,2 kilowatt.
Die piepklein hamermeul doen ’n reuse werk om enige hoeveelheid mieliepitte tot klein, verteerbare gruis te kou vir die gemengde rantsoen. www.proagri.co.za
Rumax laat voer lekker smaak
Meganisasie Veeboerdery
Hoover die waghond, Jaques Botha, plaasbestuurder en Danie Cillié is baie beïndruk met Rumax sê alles-in-een voermengaanleg.
“Die geoeste mielies word met ’n trok vanaf ’n ou sementskuur na die mengaanleg gebring waar een verskuifbare awegaar dit vanuit ’n luik onder die trok na ’n voertregter neem. ’n Vertikale awegaar gooi dan die mielies agt meter hoog bo in twee housilos. Die verskuifbare awegaar voer die hamermeul van onder die een silo en die ander silo staan reeds wydsbeen oor die hamermeul,” sê Danie. “Die hamermeul het my baie beïndruk. Hy is baie smal en het ’n ongelooflike vermoë om die massas mielies wat uit die silo val sonder proes of stotter in gruis om te sit. Die hamers slyt nie en die laers hou,” sê Danie en Jaques Botha, sy plaasbestuurder, soos vanuit een mond.” Die hamermeul het drie stelle hamers wat die gruis tot binne-in ’n derde awegaar se tregter laat val om dit na ’n silo in die skuur neem. Onder die silo in die skuur is ’n vierde awegaar met wiele om die gruis in ’n bestaande soutmenger of in Rumax se mobiele voermenger te gooi. Die stewige tweetonmenger kan ’n hele kortgrasrondebaal fynkerf terwyl die ander bestanddele bygevoeg word. ’n Trekker van 64 kW is meer as sterk genoeg om die menger aan te dryf en te sleep. “Een man bedryf die hele stelsel
Die menger se uitgooivoerder is lekker plat om tussen die krip en die dak van die voerkraal deur te glip. en ons het net ’n helper nodig as die grondstowwe uit die 50-kg sakke in die mengers gegooi word. Vandag kan ons elke dag etlike honderd beeste met gemak voer,” sê Danie. Vir jou eie geensukkel voermengaanleg, kontak vir Jaco Pieters by 082-335-3970, 023-342-6070 of jaco@rumax.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
23
THE KING OF AFRICA NIC 14 Cattle and Horse
Impressive, Innovative, Iconic
It’s a NIC
018-673-0224 / email: info@nictrailers.co.za web: www.nictrailers.co.za NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailers series. The Trailer tows light, handles easy and is very safe. * 3 - 6m x 1,6m x 1,8 m
* Monochrome structure
* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel
* LED-lights
* Steel Rims 6 x 140 PCD
* Marklights on rear
* Flexible chassis
* Tubes painted (dipped) inside
* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension
* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton
* Seperation between bulls / dividing gate
parking jack
* Dividing gate detachable fit on outside
* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates
* Safety pipes
* Plugsaver
* Ramp
* Floorgrit
* Sliding back gate integrated in swing gate
* Optional: Front gate
ProAgri
ProAgri
Uitnodiging!
word 20!
verjaar!
Uitnodiging!
20
JAAR!
OV 2014
NOV 1994 - N
1ste uitgawe Kontak een van ons bemarkers vir ons spesiale bemarkingsgeleenthede in die gedenkuitgawe:
BEMARK JOU MAATSKAPPY IN ONS SPESIALE VERJAARSDAGUITGAWE! Stuur jou ProAgri-storie of goeie wense na annemarie@proagri.co.za om deel te word van dié geskiedkundige uitgawe.
Michael > 079-515-2708 > michaels@smartpublishing.co.za Xander > 079-524-0934 > xander@proagri.co.za Adele > 0861-777-225 > adele@proagri.co.za Engela > 0861-777-225 > engela@proagri.co.za
Kontak Marlien by 0861-777-225 24
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
wwww.proagri.co.za
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
25
Veilings 26
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
www.proagri.co.za
GeneGids
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
27
GeneGids
Santa
Gertrudis te koop
100 dragtige koeie te koop. Van die koeie het begin kalf.
Skakel Stefan van Wyk 082-381-7563
AgriGids
Werk in Zambië Plaasbestuurder
gesoek vir ’n 50 ha piesangplaas in Zambië langs die Zambezirivier. agriserve.bm@gmail.com. +26 096 849 3456 28
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
Braford beeste te koop
Stoet of kommersieel 18 koeie dragtig en of het begin kalf 2 jaaroud-verse
Skakel Stefan van Wyk 082-381-7563 Meganisasiegids 2014 Inligting oor: • 22 trekkerklasse volgens trekkragvermoë van 30 tot meer as 400 kW • Koste van plaasbakkies * Werkstempo en brandstofverbruik * Koste per uur of per hektaar vir trekker-enwerktuigkombinasies
Die gids verskyn vanjaar die 25ste keer en word wyd in Suid-Afrika gebruik. Bestel nou teen slegs R250, by Koos le Roux, sel: 082-828-9531 e-pos: koosleroux@live.co.za
www.proagri.co.za
Lapa - Gordyne ne
AgriGids
Bakkie Covers
Ice Blue- seile
T A R P S P.V.C Seile
Bronkhorstspruit it –Tak T k Middelburg-Tak Mii 013-93-24248 013-246-1483 013-9321927 013-246-1630 082-851-8724 Orpie 082-851-8724 Orpie liontarps@gmail.com liontarpsmid@gmail.com 44-Lanhamstraat 14-Literstraat Bronkhorstspruit Middelburg
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
29
AgriGids
rotrix@intekom.co.za 30
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
31
32
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
33
AgriGids 34
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
35
AgriGids 36
ProAgri 176 – Oktober /October 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
HISUN utility vehicles Vanaf 400 cc tot 800 cc Standaard ingesluit: • Veiligheidsdeure • Dak • Voorruit • 3 500 kg katrol – fabriekinstallasie • Sleepstang • Aluminium allooiwiele Opsionele bykomstighede: • Jagpakket (sien foto’s)
Kontak ons: shaun@hisunpta.co.za 082-495-3279
clint@hisun.co.za 083-284-4202
www.hisun.co.za
Vir speel of werk op die plaas bly Hisun jou bekostigbaarste keuse Finansiering op 700 cc’s – Alle nuwe UTV`s het ‘n tweejaarwaarborg – Aflewering landwyd! (Bepalings en voorwaardes geld) www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
37
34
ProAgri 175 – September 2014
www.proagri.co.za
Tweedehands
Case Puma 165, 2011, Middelburg Jaco Strydom, 083-633-6968 R 79 0000 + BTW
John Deere 6430MFWD, 2009, 4 100 uur, Marquard, Theunis Verster, 083-4621-850, R 395 000 + BTW
John Deere 975, 4 Skaar Middelburg, Johan Botha 083-441-0291 R65 000 + BTW
John Deere 6100D, 2012 1 700 uur, Marquard, Hansie Van Rooyen 082-3399-565 R 350 000 + BTW
John Deere S670, 2012, 1584 Uur, Middelburg, Johan Botha 083-441-0291, R2 200 000 + BTW
John Deere 8285R, 2014, 226 Uur, Middelburg, Johan Botha, 083-441-0291, R1 950 000 + BTW
Krone KR125 Baler, 2012, Brits, Craig Ivins, 082-9970-179 R200 000 + BTW
Verskeie John Deere 6-ry planters, Marquard, Hansie Van Rooyen, 082-3399-565, P.O.A
John Deere 8260R, 2013, 1776 Uur, Middelburg, Johan Botha 083-4410-291 R175 0000 + BTW
Radium + Rollers 11 Tand Sleep, Bethal, Paul Janse Van Rensburg, 083-2992-919, R165 000 + BTW
Raduim Zonetill, Marquard, Theunis Verster, 083-4621-850, R 295 000 + BTW
VibroTill 5M, Delmas, Peet Vorster, 082-7866-167, R 300 000 + BTW
Verskeie John Deere 4-ry planters, Marquard, Hansie Van Rooyen, 082-3399-565, P.O.A
Case 310, 2009, 3200,Uur, Thabazimbi, Gerhard Fourie, 082-6631-592, R875 000 + BTW
John Deere 7830, 2010, 6 400 uur, Delmas, Sarel Opperman, 079-0867-467 R 740 000 + BTW
Massey Ferguson 660 Cab, 2005 4 500 uur, Delmas, Sarel Opperman, 079-086-7467, R 200 000 + BTW
No Till Planter 16-ry, 76, 2013, Jaco Strydom, 083-6336-968, R 730 000 + BTW
Vibrotill 12M, Delmas, Peet Vorster, 082-7866-167 R600 000 + BTW
John Deere 2115 Planter, Middelburg, Johan Botha, 083-4410-291, R 385 000 + BTW
John Deere 625R Tafel, 2013, Bethlehem, Willie Botes, 072-308-8357, R 210 000 + BTW
Vir meer inligting kontak Hannelie Nelson 011-063-2630 Hanlie.Nelson@afgri.co.za / www.johndeeredealer.co.za/afgri www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014
39
www.proagri.co.za
ProAgri 176 – Oktober / October 2014