ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Somersorg vir skape
Desember / December 2014 No / Nr 178 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Plant reg en oes lekker Varks么e kry meer vryheid
Wiele-uitgawe
Bakkies: Kies reg en ry weg Trok draf byna 4 keer maan toe! Goeie dieselnuus vir boere Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery
www.proagri.co.za
Redakteursbrief
Voorblad
T
erwyl die meeste salaristrekkende mense in die land hulleself gereed maak om ’n bietjie rustig saam met die familie te verkeer of die landpad aan te durf vir ’n lekker vakansie, is boere, veral in die somergraangebied, nog hard aan die werk. Soos ’n boer onlangs vir my vertel: “Orals raak mense in ’n vakansieluim en my dag begin 5-uur en eindig 11-uur in die aand, maar ek gee nie om nie, want dit is darem net vir ’n maand of so.” Ek wonder soms of stedelinge besef hoeveel werk boerdery is en hoe belangrik en soms moeilik die besluite is wat boere elke jaar moet neem. ’n Verkeerde besluit oor planttyd, bewerkingsmetode, kunsmis, saad en spuitstof, kan miljoene rand se skade beteken en as gevolg van hoë insetkoste raak dit al hoe moeiliker om skade te absorbeer. Volgens ABSA se Landbouvooruitskouing: 2015, het die koste van landbouproduksiemiddele, soos kunsmis, saad, diesel en chemikalieë sedert 2005 met 247% gestyg. Dit is gemiddeld 30,8% per jaar. En nee, niemand betaal soveel meer vir mieliepap nie! Gooi daarby onsekerhede soos die weer, misdaad en politieke opportunisme van wetmakers net om die potjie verder deurmekaar te krap en daar is voorwaar rede tot dankbaarheid dat die winkelrakke vol kos is. 2014 was vir ProAgri ’n jaar van hoogtepunte en veranderings, met ’n paar interessante uitdagings. Dit was ons eerste Nampo as uitstaller en ons eerste Plaasvarsmusiekfees wat heelwat potensiaal toon om rondom Nampo ook aan maatskappye bykomende skakelgeleenthede te bied. Ons verspreidingsnetwerk is deur ’n groot regskud met ’n vennootskap met Agrinet om die verspreiding na landbouwinkels te hanteer. Die oorgang het net mooi met die poskantoorstaking saamgeval, wat ons darem net vir een maand sleg gevang het en ons is baie dankbaar teenoor die vele poskantoorwerkers op die platteland wat steeds ons boere se ProAgri’s in hulle posbusse bly sit het. ProAgri het ook sy 20ste verjaarsdag gevier en ons verwag ’n mondigwordingsjaar vol opwinding met ’n Afrika-uitgawe wat nuus oor tegnologie ook na boere noord van die Limpopo sal neem en ’n hele paar Engelssprekende boere in die land, wat al lankal vir ’n Engelse uitgawe vra, gelukkig sal maak. Van my kant af wens ek elkeen ’n geseënde en veilige Kerstyd toe en ek vertrou dat u, net soos ProAgri, 2015 vol moed sal aanpak.
Baie dankie aan al ons adverteerders vir julle volgehoue ondersteuning deur die jaar. Dit het ons gehelp om nuus oor tegnologie by elke boer uit te bring. Saam sal ons ook in 2015 diep spore in die landbou trap!
Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225 www.smartpublishing.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-Business: Agriculture ABC April to June 2014 – 39 788
Boer slim! Annemarie Joubert > annemarie@proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Wiele 2
Kitsgids vir bakkiekeuses
7
FAW-trok draf 1,5-miljoen km kaf
9
Scorpio: Taai en moeilik om te ignoreer
11 Boere wen met Shell en Agribonus
2
Meganisasie 12 Koring: Kies jou planter sonder kopseer 14 Equalizer sprei sy vlerke wyer 17 John Deere sorg vir raak besluite
11
14
25 Net Rumax is beter as Rumax
22
32 GeneGids
www.proagri.co.za
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za
Gereeld 34 AgriTrader
Michael Strange > 079-515-2708 michaels@smartpublishing.co.za
Navrae Engela Botha > 0861-777-225 engela@proagri.co.za
Veeboerdery
28 Sorg so vir jou skape in die somer
Bemarkers: Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za
Jacqui Grobler > 083-387-2850 jax@smartpublishing.co.za
19 Jumil sorg vir kopskuif na geenbewerking
27 Dragtige varke kry meer vryheid
Produkbestuurder Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za
Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
Gewasproduksie 22 Só kies jy ’n spuit vir boorde en wingerde
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za
Smart Publishing 27
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 178 – Desember / December 2014
1
Wiele
Ryding nodig vir die plaas? Jou kitsgids vir bakkiekeuses 'n
Boer se bakkie werk elke dag regdeur die jaar. Die bakkie moet regstaan om die boer self gou-gou oral te besorg waar sy aandag nodig is. Dit moet gereeld dinge soos gereedskap, saad, lek, onderdele, brandstof, personeel, toerusting en diere oral op die plaas en tussen die dorp en die plaas vervoer.
Maar die bakkie is vir die boer selfs meer as ’n werktuig en voertuig – dit is in baie gevalle ook die boer se kantoor, sy mobiele werkswinkel en sy dinkplek waar hy tydens ritte sy boerdery beplan. So belangrik is die bakkie vir die boer, dat hy sy bakkie met byna dieselfde omsigtigheid moet kies as wat
hy sy vrou kies. Dit is nie altyd die mooiste nooi op die dorp wat die beste boervrou gaan maak nie; net so gaan ’n bakkie nie altyd oor die mooiste of nuutste model nie. Soms moet ’n bakkie eerder ’n trokkie wees en dan moet ’n boer ook besluit of hy die diesel- of petrolpad wil loop.
’n Paar oorwegings om in ag te neem: Trokkie: Voordele
Bakkie: Voordele
Die laairuimte is groter vir ’n voertuig van dieselfde algehele lengte.
Omdat die trokkie se kajuit heel voor sit, is die insittendes heeltemal onbeskermd in die geval van ’n botsing. ’n Bakkie het ’n kreukelsone voor.
Die bak is bo die agterwiele, sodat die hele bakoppervlak gelyk is, terwyl ’n bakkie altyd twee knobbels bo die agterwiele het waarmee rekening gehou moet word as jy groot voorwerpe wil oplaai.
’n Bakkie is gewoonlik vinniger as ’n trokkie, hoewel tegnologiese ontwikkeling sorg dat daar vandag al trokkies is wat vinnig genoeg kan ry om jou ’n lelike spoedboete op die hals te haal.
Die trokkie se bak het gewoonlik valkante wat dit makliker maak om swaar goed op te laai omdat dit nie oor ’n wand opgetel hoef te word nie. In baie gevalle is die valkante verwyderbaar sodat groot voorwerpe wat oor die kante van die bak uitsteek ook vervoer kan word.
Omdat ’n trokkie gewoonlik hoër as ’n bakkie is met ’n hoër swaartepunt, is dit nie so geskik vir hoë snelhede soos ’n bakkie nie, maar nuwe veerstelsels en ontwerpe is ook besig om hierdie nadeel te verminder.
’n Trokkie het gewoonlik ’n ruimer kajuit as ’n bakkie, sodat meer mense kan saamry, maar ook met meer plek vir boeke, dokumente, koffiebottels en ander goed wat die boer wil saamry. ’n Trokkie het ’n veel beter bestuurdersuitsig as ’n bakkie omdat die kajuit heel voor sit. Dit maak ook dat die trokkie lekkerder bestuur en makliker in klein ruimtes kan maneuvreer. Alle trokkies het robuuste vragmotoragtige onderstelle wat ’n vrag soos ’n man kan dra. Sommige bakkies het eintlik stasiewa-onderstelle, wat hulle meer geskik vir gebruik op die gladde teerpad maak. 2
ProAgri 178 – Desember / December 2014
Minder tolgeld word dikwels vir bakkies gevra omdat sommige trokkies dubbelagterwiele het.
Bakkies is tradisioneel meer luuks en gerieflik binne en het meer van die dinge wat die lewe lekkerder en makliker maak, soos lugversorging en musiekspelers, maar ook in hierdie opsig is die trokkie besig om die bakkie in te haal. Vervaardigers bestee baie tyd en aandag daaraan om bakkies ’n plesier vir die oog te maak, wat seker ook belangrik vir die ego en beeld kan wees. wwww.proagri.co.za
Dubbelkajuit of enkelkajuit: As jou keuse op ’n bakkie val, is die volgende groot vraag gewoonlik of dit ’n dubbel- of enkelkajuit moet wees. Hier is so ’n paar oorwegings om in gedagte te hou: Mense of vrag? Dit is die belangrikste vraag om te antwoord. Waar die dubbelkajuit meer plek, sommiges selfs in aansienlike gerief, vir mense het, het die bak minder plek vir vrag en die boer moet daarvolgens sy keuse maak. Gelukkig is daar ’n middeweg in die vorm van ’n anderhalfkajuitbakkie, waarvan die agtersitplek maar eina is, maar die bak darem groter as dié van die dubbelkajuit. Misdaad: Een werklikheid wat die boer se keuse kan beïnvloed, is die huidige misdaad wat ons land ondervind. In die goeie ou tyd kon die boer enigiets van gereedskap tot inkopies agter op sy bakkie se oop bak laat, maar vandag moet alles deeglik agter slot en grendel wees waar geen dief dit kan raaksien nie. ’n Dubbelkajuit- of anderhalfkajuitbakkie kom in hierdie opsig goed te pas wanneer die boer dorp toe gaan.
Prys: Die prysverskil tussen ’n dubbel- en enkelkajuit is soms merkwaardig. As die bakkie ook die rol van gesinsmotor moet vervul, is dit waarskynlik die moeite werd om meer te betaal in plaas daarvan om nog ’n motorkar aan te skaf. Almal binne: Daar word al hoe meer gefrons daaroor dat personeel agter op ’n bakkie vervoer word. Wetgewing kan binnekort die praktyk verbied en dan sal die boer wat soms werkers wil vervoer daarvoor gereed moet wees.
Petrol of diesel:
Deesdae is daar, te danke aan die ontwikkeling van dieselenjintegnologie, al hoe meer bakkies, selfs klein bakkies, en passasiersvoertuie met dieselenjins. Dit stel die voornemende voertuigkoper voor ’n keuse. Dit is belangrik om eers te verstaan wat gebeur in die tradisionele petrolen dieselenjin wanneer dit werk: Inlaatslag Petrolenjin: Die suier beweeg ondertoe in die silinder en suig ’n mengsel van lug en verstuifde petrol in.
Dieselenjin: Die suier suig net lug in. Kompressieslag Petrolenjin: Die suier beweeg boontoe en pers die mengsel van lug en verstuifde petrol saam tot van ’n agtste tot ’n twaalfde van die oorspronklike volume. Dieselenjin: Die lug word tot van ’n veertiende tot ’n vyf-en-twintigste van die oorspronklike volume saamgepers en hierdie drukking laat die lug se temperatuur styg. Kragslag Petrolenjin: ’n Vonk vanaf die vonkprop steek die mengsel van lug en verstuifde petrol aan die brand sodat dit ontplof en die suier na onder dwing. Dieselenjin: ’n Inspuiter spuit die diesel deur so ’n klein opening in die ontbrandingskamer in dat dit verstuif en as gevolg van die hoë druk ontbrand en die suier in die silinder af dwing. Uitlaatslag In sowel die petrol- as die dieselenjin beweeg die suier na bo in die silinder en stoot die ontbrande gas deur die uitlaatklep na buite.
Hierdie verskil in tegnologie bring die volgende verskille in tradisionele petrol- en dieselenjins mee: Diesel
Petrol
Die dieselenjin het geen vonkverdeler, vonkproppe, vonkpropdrade en ontstekingsklos nodig nie. As daar nie water in sy ontbrandingskamers beland nie, sal hy in die ergste reën of selfs onder water loop – solank sy luginlaat bo die water is.
’n Petrolenjin kan maklik vassteek as jy deur ’n plas of drif ry sodat daar water op die elektriese komponente spat.
Dieselenjins hou langer as petrolenjins want diesel is nie so nadelig vir smeermiddels nie.
Petrol vernietig smeermiddels en brand die enjin.
’n Dieselenjin het meer wringkrag as ’n petrolenjin. Dit beteken dat die dieselenjin swaar vragte makliker kan sleep as ’n petrolenjin. ’n Dieselenjin het meer krag teen laer enjinomwentelinge.
’n Petrolenjin versnel vinniger as ’n dieselenjin en loop teen hoër omwentelinge.
’n Dieselvoertuig ry heelwat verder op ’n liter brandstof as ’n petrolaangedrewe voertuig.
’n Petrolenjin is goedkoper as ’n dieselenjin en as gevolg van sy sy laer kompressie hoef die olie nie so dikwels as in ’n dieselenjin vervang te word nie. Met hierdie inligting as agtergrond, was die besluit in die verlede redelik maklik: ’n dieselenjin vir jou trekker en vragmotor wat harde donkiewerk moet doen, maar stadig beweeg, en ’n petrolenjin vir jou motorkar en bakkie, wat ligter is en waarmee jy vinnig en rats oor die weg wil kom. Sedertdien het die tegnologie egter drasties ontwikkel. Daar is nou petrolaangedrewe voertuie met brandstofinspuiting en elektroniese ontsteking wat al die kwale van vergassers en ontstekingspunte uitskakel en veel oordeelkundiger met die duur petrol werk. Ongelukkig gaan hierdie nuttige tegnologie met soveel ingewikkelde elektronika gepaard, dat foute net deur gespesialiseerde tegnici herstel kan word.
’n Bakkie is ’n boer se staatmakerwerktuig wat enige iets van voer tot bousand moet kan aanry. www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
3
• ’n Dieselenjin is duurder as ’n petrolDiesele enjin, ma maar hou langer en behaal meer kilometer per liter brandstof. kilo • Met al die elektronika wat deesdae se dieselenjins het, is daar min te diesele kies tussen petrol en diesel wat tus eenvoud van werking en koste eenvo van onderhoud en herstelwerk betref. bet • ’n Turbo-aanjaer is ’n duur item en as hy breek, kan dit it die d eienaar van ’n dieselbakkie se sak gevoelig skud. Die som wat gemaak moet word, is of die boer genoeg ry om die duurder dieselvoertuig op grond van sy gunstiger brandstofbenutting bo ’n petrolbakkie te bekostig. As al die somme klaar A gemaak is en al die voor- en gem nadele nade opgeweeg is, kan ’n boer maar toelaat dat voorkoms verder dikteer! dikteer
’n Trokkie se plat bak beteken meer laairuimte want daar hoef nie gekoes te word vir die wiele se hobbels nie. Aan die ander kant is dieselenjins nie meer die swaar, lui, lomp kragosse van die verlede nie. Daarvoor het veral die koms van die turbo-aanjaer gesorg. Die jongste verbetering is drukbuisinspuiting, wat dieselenjins se doeltreffendheid nog verder verbeter het. Die drukbuis beteken heelwat beter enjinwerkverrigting, brandstofbenutting en vollediger ontbranding, wat skoner uitlaatgas verseker.
Met die koms van die turbo-aanjaer, interverkoeler en drukbuisinspuiting, is die dieselbakkie nie meer die snorkende, swaar, stadige, rokende lomperd nie – die dieselbakkie draf nou lekker saam op die snelweg sonder om die verkeer enigsins op te hou. Die spoedgrens is vir hom ’n kleinigheidjie. Nou bly dit vir die boer oor om sy keuse te maak op grond van die volgende werklikhede:
Daar is waarskynlik ’n spesiale plekkie in die hiernamaals vir so ’n getroue dienaar!
As ’n bakkie nie net plaaswerk moet doen nie, maar ook gebruik moet word as gesinsmotor, is ’n dubbelkajuit waarskynlik die sinvolle keuse.
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
5
Wiele
Trans Atlantis se immergroen-FAW draf 1,5-miljoen sukkelvrye kilometers af Die FAW 13.160 (regs) het sy plekkie tot in die maatskappy se museum oopgery na 1,5-miljoen km se probleemvrye diens.
J
y sal ver moet gaan soek na nog ’n 8 ton-vragmotor wat in die afgelope nege jaar 1,5-miljoen kilometer oor die lengte en breedte van Suid-Afrika afgelê het met sy oorspronklike enjin, ratkas en ewenaar… en boonop daarmee kan spog dat dit byna 180 000 km op sy oorspronklike stel bande gehaal het. Trans Atlantis Vrystaat, ’n Vrystaatse familie-karweieronderneming, was baie opgetoë toe FAW Vehicle Manufacturers (Edms) Bpk hierdie unieke vragmotor, ’n FAW 13.160, van hulle “teruggekoop” het. Die voertuig sal ’n ereplekkie kry in die maatskappy se Historiese Saal by die vervaardigingsaanleg in Coega in die Oos-Kaap, wat onlangs geopen is. Tot sy “aftrede” het die 8 ton-FAW 13.160 (deesdae die 15.180FL) ’n baie billike dieselverbruik van 4,5 liter gehandhaaf. En dis nie al nie. Die FAW was daarvoor bekend dat die enjin, selfs in bittere Vrystaatse wintertemperature van -7 grade Celsius, altyd met die eerste draai van die sleutel gevat het. Nico Claassen, wat die FAW vir die
grootste deel sy 1,5-miljoen kilometer bestuur het, het die vragmotor “Oupa” gedoop – en vir hom en die span by Trans Atlantis Vrystaat was dit ’n nostalgiese oomblik toe die vragmotor hulle diens in Julie verlaat. Volgens Etienne Deetlefs, medeeienaar van Trans Atlantis Vrystaat, was Nico skoon hartseer om tot siens te sê aan die betroubaarste vragmotor wat hulle nog ooit in hulle vloot gehad het. “Nietemin, ons is almal baie trots op die erkenning wat FAW SA aan Nico verleen het vir sy sorgsame bestuurstyl en sy benadering van voorkomende instandhouding. Dit het alles meegehelp om hulle vragmotor so betroubaar, duursaam en kostedoeltreffend te hou. Hy het die voertuig altyd van ’n kant af nagegaan, insluitende die bande en alle smeermiddels, voordat hy op ’n afleweringstaak vertrek het. “Ons het die FAW in 2004 aangekoop, standaard van die handelaar, met geen bykomstighede of iets spoggerigs nie. Afgesien van ons bakkies bestaan ons hele vloot uit FAW’s. En die rede? Hulle is eenvoudig en maklik om in stand te hou. Boonop gee hulle ons deurlopend skitterende bedryfsdoeltreffendheid en betroubaarheid.” Volgens Etienne is saketoestande deesdae moeilik, veral namate die swak ekonomie sy tol eis van hulle klante, wat op sy beurt weer ’n impak op hulle familieonderneming het. “Nogtans het ons positief gebly. Ons het daarin geslaag om ’n goeie persentasie van ons klante te behou, en ons is trots daarop dat ons die lojaliteit van ons klante kan behou vir al hulle afleweringsbehoeftes omdat ons Die span van FAW, Barry Davidtz en Eugene ons beloftes nakom.” van der Berg, loop al ’n lang pad saam met Etienne, ’n rekenmeester, Etienne Deetlefs (links voor) en sy vrou, Wilis ’n sakeman wat sy vinger ma en natuurlik die getroue langasem-FAW.
www.proagri.co.za
op die pols van die onderneming het. Hy is ook ’n selfopgeleide werktuigkundige wat, wanneer nodig, sy eie vragmotors versien. “Klantediens” en “my woord is my eer” is vir hom allerbelangrik. Eugene van der Berg, FAW SA se nasionale verkoopsbestuurder, sê: “Dit is hierdie eienskappe wat Etienne so ’n ongelooflike klant en handelsmerkambassadeur vir FAW maak. Ek het hierdie vragmotor meer as tien jaar gelede aan hom verkoop en hy sorg vir sy klante sowel as sy vragmotors met dieselfde toewyding en volharding. Dit maak hom ’n man en klant waarmee rekening gehou moet word. Wanneer dit nodig was, het Etienne self die 8 ton-FAW bestuur – en partykeer met ’n baie ongewone vrag. “Ons duurste vrag, met ’n waarde van 1,1-miljoen Britse pond, het net 500 gram geweeg! Maar hierdie klein pakket was omhul deur ’n houerstruktuur van 2 ton. Dit was verrykte uraan!” Oor die jare het die FAW 13.160 alles van boumateriaal en meubels tot selfs ’n paar lyke en organe vir oorplantings oor die hele land vervoer. Die geharde en duursame FAW het die land deurkruis – van Paternoster tot Durban, en van Kaapstad tot in die verre noorde. Herstelwerk was min en die vragmotor het ’n benydenswaardige rekord ten opsigte van bedryfstyd. “Hierdie FAW 13.160 was ’n werkperd soos min,” sê Etienne. “Nie ’n enkele dag se probleme nie en die betroubaarste voertuig wat ek nog gehad het.” Besoek gerus www.faw.co.za vir inligting oor jou naaste handelaar en oor al die modelle wat plaaslik beskikbaar is, of skakel Eugene van der Berg by 011-392-1530 of 082-496-2825. ProAgri 178 – Desember / December 2014
7
Now! JWL proud distributors of Zuidberg products C-frame • Can be quickly interchanged with standard wheels • Suitable for almost all harvesters with flat wheel flanges • Minimal modifications to the machine necessary • Available with 2, 3 or 4 bogie wheels • Available with rubber tracks 61, 76 or 92 cm wide • Available with various attachment accessories such as adapters and spacers
Benefits Reduced ground pressure means greater yield The quality of the soil in which you are sowing, planting or setting therefore remains fully intact, which means that the growth of the crops is unaffected, improving both the quality and the quantity of yields. Increased traction means increased confidence Using the track systems increases the towing capacity of your machine, due to the fact that the contact surface on the ground is many times greater than it is with a normal pneumatic tyre. In addition, the self-cleaning ability of the rubber track means that the track does not clog up, so you can be sure you will achieve optimum traction. All four track units provide full traction with the ground, even when negotiating bends. Easily interchangeable Fitting and removal are simplicity itself. You can change the standard wheels on a tractor or machine for track units in no time at all, without any major modifications being required to the machine. The original utility value of the tractor or the machine is therefore retained.
• • • • •
Less ground pressure Maximum traction thanks to larger contact surface Increased load-bearing capacity and towing capacity Interchangeable with standard wheels Easy to fit and remove
JWL Landbou Voorsieners, Ermelo 017-819-2026 Werner Nel 079-506-7495 Jakes Jacobs 076-400-7801
www.jwl.co.za 8
ProAgri 178 – Desember / December 2014
wwww.proagri.co.za
Wiele
Shell Suid-Afrika dien die ekonomie
Boere wen met Shell en AgriBonus se nuwe lojaliteitsprogram Artikel verskaf:
G
oeie nuus vir boere is Shell se vennootskap met AgriBonus om ’n nuwe voordeleprogram spesiaal vir boere te bied. Boere kan deur AgriBonus punte verdien om opwindende geskenke soos gratis vlugte na eksotiese bestemmings, bakkies, veldmotorfietse en rekenaars te kry. Die punte word verdien deur aankope by ’n verskeidenheid diensvennote wat almal markleiers op hulle gebiede is. “AgriBonus is een van die land se oudste lojaliteitsprogramme wat sy lede en klante ’n multispektrum van winkels bied om uit te kies,” sê Lutz Nel, AgriBonus se besturende direkteur. As deel van die ooreenkoms sal Shell brandstof en smeermiddels aan AgriBonus-deelnemers verskaf. Dit stel boere in staat om punte te verdien deur hulle hardwerkende masjinerie met net die beste brandstof en smeermiddels te troetel. Shell se voorkeurverspreiders, wat ’n waardetoegevoegde diens aan hulle klante in die landboubedryf bied, sal die brandstof- en smeermiddelverskaffing van die program bestuur. “AgriBonus word deur bedryfsleiers voortgestu om vir die onderskeie handelsmerke in die program ’n mededingingsvoordeel te bied,” sê Lutz. Die program is ontwerp om Shell se voorkeurverspreiders te bevoordeel deur blootstelling van hulle reklamemateriaal, deur hulle toegang tot ’n nuwe klantebasis te gee, deur hulle te
www.proagri.co.za
help om klante te behou en deur hulle toegang te gee om hulle gegewens te bestuur. Voorts sal die vennootskap met AgriBonus Shell-voorkeurverspreiders veelvuldige kontakvlakke bied om te kommunikeer en handelsmerklojaliteit te bevorder. Die program sal so saamgestel word dat klante wat Shell Diesel Extra van deelnemende Shell-verspreiders koop, dadelik dubbelpunte sal ontvang. Hulle kan hierdie punte vir ’n verskeidenheid pryse inruil of aan liefdadigheid skenk. Vir klante se gerief is Shell se onafhanklike brandstofverspreiders regoor die land geleë om doeltreffende dienslewering aan landbou en landbouklante te bied. Enige boer kan deur die AgriBonus-program maklik bepaal wie sy plaaslike onafhanklike Shellverspreider is.
Om meer oor die lojaliteitsprogram te wete te kom, besoek www.agribonus.co.za.
Shell is ’n internasionale groep energie- en petrochemiese maatskappye met die doel om in die gemeenskap se energiebehoeftes te voorsien op maniere wat ekonomies, maatskaplik en omgewingslewensvatbaar is; nou en in die toekoms. As een van die wêreld se voorste energiemaatskappye, speel Shell ’n sleutelrol om te help om die wêreld se groeiende energie-aanvraag op ekonomiese, omgewings- en maatskaplik verantwoordelike maniere te bevredig. Shell South Africa (Edms) Bpk, bied in Suid-Afrika werk aan meer as 1 500 mense en is betrokke in die sektore van kleinhandel, bedryfsbrandstof, -smeermiddels en -olie, chemikalieë en vervaardiging. Shell is sedert 1902 in Suid-Afrika bedrywig. Hulle hoofsakebedrywighede in Suid-Afrika sluit kleinhandel- en bedryfsbrandstof, smeermiddels en olie, chemikalieë, vervaardiging en stroomop eksplorasie vir ru-olie en aardgas in. Die hoofkantoor vir SuidAfrika is in Johannesburg. Shell het ’n landwye kleinhandelnetwerk van strategies geleë vulstasies wat klante ’n verskeidenheid brandstofprodukte, sowel as vriendelike diens en geriefswinkels, bied. Shell se afdeling vir bedryfsbrandstof en smeermiddels verkoop diesel, smeermiddels, lampolie, aardhars (bitumen) en swaaroondbrandstof regstreeks aan eindverbruikers in die vervoer-, konstruksie-, vervaardiging-, myn-, seevaart-, landbou- en algemene verbruikersmarkte. Wat vervaardiging betref: Die Sapref-raffinadery wat gesamentlik deur Shell en BP besit word, is een van die grootste raffinaderye in Afrika. Ten opsigte van stroomop eksplorasie het Shell South Africa Upstream BV ’n eksplorasiereg in die Oranjebeddingdiepwatergebied aan die land se Weskus en aansoeke is ingedien vir skaliegaseksplorasieregte in die Karoo in sentraal-Suid-Afrika. Ander Shell-belange in Suid-Afrika sluit in lugvaart, chemikalieë en vloeibare petroleumgas. ProAgri 178 – Desember / December 2014
11
Meganisasie
Koring: Kies jou planter sonder kopseer Boere geniet deesdae die voordeel van reusagtige minimumbewerkingkoringplanters wat hulle in staat stel om groot lappe aarde gou-gou perfek te beplant.
I
n die goeie ou tyd het die mense die koringkorrels sommer net so op die grond gegooi, die voëls verjaag en aangedaan dankbaar geraak oor die paar korrels wat ontkiem en gegroei het. Vandag se boer kan nie met sulke onsekere produksieprosesse oorleef nie. Grond, saad, water, diesel en kunsmis is duur en die boer wat nie optimale produksie behaal nie, gaan nie die pyp rook nie. Daarom gebruik boere wat met kleinsaadgewasse boer vandag verfynde planters wat saad teen presies die regte diepte en presies die regte plantestand met presies die regte hoeveelheid kunsmis plant. Net die reën en die hael word nie in die plantproses beplan nie, en met besproeiing word tot die reën ook aangehelp. Oom Koos le Roux, samesteller en uitgewer van die nuttige Meganisasiegids wat talle boere help om winsgewend boer, vertel meer oor koringplanters: In die koringgebiede van Suid-Afrika, wat droëland- asook besproeiingsproduksie insluit, gebruik boere ’n wye reeks koringplanters, wat breedweg in drie groepe verdeel kan word:
kan word na gelang van die grond en omstandighede. Daar is nog boere wat van hierdie planters gebruik, maar hulle gewildheid is besig om af te neem. Drukwielplanters Die drukwielplanter het ook ’n raamwerk waarop die saad- en kunsmisbak gemonteer is, maar die plasing van saad en kunsmis is meer verfynd. Elke ry het sy eie drukwiel wat die grond rondom die saad vastrap. Die voordeel hiervan is beter kontak tussen die saad en die grond, wat tot beter en meer eenvormige ontkieming lei. Hierdie planter is veral gewild in droëlandkoringproduksiegebiede. Wanneer die drukwiele se hidrouliese afwaartse druk vir bewerkte landerye op nul gestel word, kan die voorsnyers 5 cm op en af beweeg en die grondkontoer volg sonder mega-
niese afwaartse druk wat voorsnyers in sagte grond kan laat vasval. Twee soorte dieptebeheerwiele is beskikbaar om diepte te beheer presies daar waar die saad in die grond geplaas is. Kies staalwiele vir onbewerkte grond en sagte plastiek vir enigiets van geploegde saadbeddings tot onbewerkte grond. Saamgestelde planters ’n Saamgestelde planter is ’n samestelling tussen ’n saaikas en enige grondbewerkingswerktuig. Bo en behalwe die konvensionele saaikaste wat gebruik word, word saamgestelde planters ook toegerus met lugdruksaaikasplantereenhede. Werking van die lugdrukuitmeetmeganisme Die lugdrukuitmeetmeganisme meet saad perfek uit vir eweredige plasing
• Konvensionele koringplanters • Drukwielplanters • Saamgestelde planters Konvensionele koringplanters Die konvensionele koringplanter bestaan uit ’n raamwerk waarop die saad- en kunsmisbak gemonteer is en waaraan die grondoopmakers vir saad en kunsmis geheg is. Daar is verskillende soorte tand- en skottel- of skyfoopmakers waaruit gekies 12
’n Samestelling van ’n saadbedvoorbereider en koringplanter stel ’n boer in staat om sy hele land met net een beweging te bewerk en te plant.
ProAgri 178 – Desember / December 2014
wwww.proagri.co.za
in die rye sodat elke plantjie presies dieselfde hoeveelheid water, voedingstowwe en sonlig kan kry, wat voorvereistes vir ’n suksesvolle oes is. Die sentrale uitmeetrat of -wiel van die uitmeetmeganisme is heeltemal ingeslote. Dit is verstelbaar om die verlangde volume saad presies volgens behoefte uit te meet en dit in ’n kanaal te stort waar dit met ’n lugstroom deur ’n vervoerpyp na die verspreider vervoer word. Die verspreider versprei die saad eweredig tussen die pype wat na die vooroopmakers lei.
vinnig as wat geenbewerking veld wen, net so vas glo sommige boere daaraan dat ’n netjiese saadbed eers voorberei moet word. Elke boer moet maar sy eie besluit oor konvensioneel teenoor geenbewerking neem, maar die geenbewerkingboer moet besef dat sy planter ’n robuuste, swaar kragman moet wees wat sy taak kan baasraak. Daar is vandag klein plantertjies beskikbaar wat waarskynlik meer geskik vir klein aanplantings en aanplantings in kontoere sal wees, en groot reuse waarmee jy ’n breë stuk aarde met een beweging kan beplant. As die boer klein plantertjies kies, is al sy eiers wel nie in een mandjie nie, maar dan moet hy in ag neem dat elke plantertjie sy eie trekker en operateur moet hê en dat aanvulling van saad en kunsmis op verskillende plekke gedoen sal moet word, wat nog meer personeel en toerusting kan vereis. Groot planters vereis weer reuse trekkers, maar skakel die nodigheid van skares personeel uit. Dit geld nie net ten opsigte van trekkerdrywers nie. Dit is gewoonlik kostedoeltreffend om die aanvulling van groot planters ook
te meganiseer, wat nog meer arbeid uitskakel. Aanvanklik kan groter toerusting vir massa-aanvulling die boer heelwat geld kos, maar meer meganisasie bespaar op die lang duur baie geld en ellende. Soos met enige ander werktuig, is dit belangrik dat die koringplanter van ’n betroubare fabrikaat moet wees. Daar is goeie ingevoerde koringplanters, maar net sulke goeies wat plaaslik ontwerp en vervaardig word. SuidAfrikaans vervaardigde koringplanters word reeds fluks na lande regoor die wêreld uitgevoer. Die verskaffing van landboukundige inligting aan boere is steeds besig om van die staat na verskaffers in die private sektor oor te gaan. Kies dus ’n kundige handelaar wat meer kan doen as om net ’n stuk masjinerie aan jou te versmous. Die handelaar moet die nodige kennis hê om jou te help om jou planter reg te kies, behoorlik in bedryf te stel, akkuraat te kalibreer en in te stel, en te versien. Hy moet altyd alle nodige onderdele beskikbaar hê en jou kan help om jou planter te herstel as dit nodig sou wees.
Vooroopmakers Daar is verskeie soorte vooroopmakers wat saam met ’n lugdruksaaikas gebruik kan word. Die boer moet maar in oorleg met sy planterverskaffer besluit watter een vir sy grond en omstandighede die beste sal wees. Kyk hierna Konvensioneel of geenbewerking: So
’n Geenbewerkingfynsaadplanter moet swaar en stewig wees.
Vervaardigers maak dit al hoe makliker om koringplanters te kalibreer. In dié geval werk dit so: Jy kies jou saad, hoeveel plante per hektaar, kyk op die tabel om die regte wieletjies vir uitmeting deur ’n elektriese aandrywer te koppel, laat die rooi bak vol loop vir ’n bepaalde tyd, weeg dit, en doen die res op jou rekenaar in die kajuit. www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
13
Meganisasie Meganisasie
Goeie nuus: Equalizer sprei sy vlerke deur Du Preez de Villiers
Ruan Jonas, bemarkingsbestuurder, en Radie Brandt, boukontrakteur en projekbestuurder wat aan die stuur van sake is, met die nuwe uitbreiding agter hulle.
B
oere wat perfek wil plant en groot oeste wil behaal, terwyl hulle tyd en diesel bespaar, sal verheug wees om te verneem dat die wagtyd vir ’n nuwe Equalizer-planter nou heelwat korter gaan word. Equalizer is besig om ’n groter, beter fabriek volgens die mees gevorderde standaarde te bou. Dit is ’n wonderlike ervaring om jou skeppingsvermoë en werkslus uit te leef in ’n werksplek wat netjies en georden is en wanneer jy die jongste tegnologiese hulpmiddels kan inspan, is sukses jou enigste voorland. Dit is die grondslag waarop die planters in Equalizer se nuwe fabrieksuitbreiding in Brackenfell vervaardig gaan word, want tevrede werkers wat in ’n besonderse fyn ergonomies-ontwerpte omgewing met genoeg ruimte werk,
kan nie anders as om planters van die beste gehalte by die fabriek uit te stoot nie. Sedert 2002 moes Equalizer sy fabriek twee keer uitbrei en vergroot om in die groeiende aanvraag na hulle uitstaande planters te voldoen en oor die afgelope vier jaar moes hulle hulle deurset onder dieselfde dak verdubbel. “Maar nou het ons ’n kritieke punt bereik, want hier is nie meer ruimte om ons self te draai nie,” sê Nicholas Davies, Equalizer se produksie-ingenieur. “Ons het ’n perseel van 5 000 m² agter die bestaande een gekoop en bou tans 4 500m² se vervaardigingsruimte daarop.” Equalizer het die professionele roete gevolg en ’n span raadgewende ingenieurs gekry wat vir hulle ’n
aanleg ontwerp wat aan die strengste vereistes gaan voldoen om vervaardiging tot nuwe hoogtes te voer, maar wat steeds eenvoudig en prakties sal werk. Nicholas het ook oor die hele wêreld rondgevlieg om by verskillende aanlegte te gaan kers opsteek. “Ons het besluit om die oorhoofse krane se steunpunte reeds in die dakbalke in te bou, wat op die lang duur baie voordelig gaan wees. Nou kan ons die planters deur die verskillende werkstasies vervoer sodat die mense met al hulle gereedskap en hulpmiddele staties kan bly,” sê hy. “Ons vervang ook ons bestaande verfstasie, wat reeds ’n wurgplek op sy eie is, met ’n poeierbestrykingsaanleg. ’n Oorhoofse spoor van 250 meter gaan daardeur loop met
Die huidige Equalizerfabriek soos dit vandag lyk: stampvol en besig en slaggereed om te vergroot.
14
ProAgri 178 – Desember / December 2014
wwww.proagri.co.za
Hierdie vlekvrystaal uitmeeteenhede, Equalizer se unieke ontwerp, is gereed om op die skip gelaai te word vir planterbouers in Kanada.
hangers elke 600 mm, sodat elke onderdeel bestryk en gebak kan word terwyl dit stadig vorentoe beweeg. Na die bestrykingsaanleg gaan die enkelspoor verby verskeie werkstasies loop, waar die onderskeie onderdele wat bymekaar hoort by ’n bepaalde stasie afgehaal en aanmekaargesit kan word. Daarna word die subeenhede weer terug in die hoofmonteerlyn geplaas om aan die planter gemonteer te word, sê hy. Die hoofmonteerlyn het eerstens ’n standaardmonteringstasie waar die standaardonderdele gemonteer word en daarna ’n spesiale monteerstasie waar onderdele vir spesiale bestellings aangebring sal word. Die onderdelemagasyn met al die bestelde
onderdele sal ook binne reikafstand wees sodat werkers so min as moontlik hoef te loop. Gehaltekontrole is vir Equalizer baie belangrik want elke produk is ’n getuigskrif. Die laaste stasie in die fabriek is dus die gehaltekontrolestasie of PDI (pre-delivery inspection) waar alles op elke planter deur ’n span spesialiswerkers getoets word. “Ons het ’n 14-bladsy gehaltedokument wat deur ons gehaltekontroleerspan deurgewerk moet word sodat elke item geïnspekteer en afgemerk kan word,” sê Nicholas. Vir ’n laaste gerusstelling word die planter wat vir padvervoer uitmekaargehaal en by die handelaar aanmekaargesit word, weer geïnspekteer
om vir ’n laaste keer seker te maak dat elke onderdeel in ’n werkende toestand is. “Dit is een van die redes vir ons sukses,” sê hy. “Tans produseer ons twee planters elke drie dae, maar met ’n berekende 40% hoër aanvraag, gaan ons elke dag ’n planter kan uitstuur. Dit beteken ’n produksieverhoging van 50%. Die aanleg sal in die verdere toekoms nog 50% vinniger kan werk. Ons fokus is steeds om spesialisvervaardigers, -verwers en -monteerders te wees en ons kontrakteer die vervaardiging van ander onderdele soos die rubberwiele en plastiektenks uit. Ons is klein genoeg om vinnig volgens die markbehoeftes te verander of ’n spesiale bestelling uit te voer, maar groot genoeg om deurlopend uitstaande produkte van die hoogste gehalte te lewer,” sê Nicholas. Equalizer is die markleier onder die koringboere in die Wes-Kaap en groei ook sterk onder die mielieboere in die Noorde. Boere word deesdae gedwing om kostes te besnoei en tyd te bespaar en dié wyeraam minimumbewerkings-planters wat uit eie bodem ontstaan het, maak dit moontlik. Equalizer voer regstreeks en onregstreeks planters en submonterings uit na die DRK, Australië en Kanada, “maar ons is in Afrika en ons ontwikkel en vervaardig eerstens vir die bepaalde behoeftes van Afrika,” sê Nicholas.
Kirk Rooi, gehaltekontroleerder, merk baie noukeurig sy lys af om seker te maak elke onderdeel is gemonteer en in werkende toestand. Hoofbestuurslede van Equalizer het baie om te bespreek met die nuwe ontwikkeling. Nicholas Davies, produksie-ingenieur; Charles Hickley, monteerbestuurder; Muneeb Arendse, pakhuisbestuurder; Ruan Jonas, bemarkingsbestuurder; Clinton Conlan, verkrygingsbestuurder; Jason Baardman, vervaardigingsbestuurder en Jasper Jonker, spuitverfbestuurder sit koppe bymekaar oor die beste oplossings. www.proagri.co.za
Vir meer inligting, kontak vir Ruan Jonas by 079-522-8639 of Gideon Schreuder by 021-981-4542. Hulle hulpvaardige en gebruikersvriendelike webwerf se naam is www.equalizer.co.za ProAgri 178 – Desember / December 2014
15
Meganisasie Meganisasie
John Deere
sorg vir raak besluite en lae risikostatus deur Du Preez de Villiers Rosle-boerdery se trots is sy John Deere-vloot wat bestaan uit die 5725-oop en -kajuitreeks en die kleiner 5425N-reeks.
D
ie eerste plaas in die land wat John Deere se merkwaardige Farmsight™-stelsel in hulle trekkervloot installeer het, was Charles Rossouw se Rosle-boerdery buite Groblersdal waar hulle druiwe en sitrus verbou. Charles glo wanneer sy werktuie self met sy agent op die dorp kan kommunikeer, maak dit sy bestuurders se hande los om op ander belangrike sake te konsentreer, soos om Rosle-boerdery in ’n laer risikokatogorie te kry. “Vir ons uitvoerboere gaan ons risikostatus die grootste bestuursuitdaging wees waarom baklei moet word, want hoe laer joune is, hoe meer deure maak dit oorsee oop en ek kan nie sien hoe ek dit sonder ’n volledige John Deere-pakket kan regkry nie,” sê Charles, “want ’n John Deere-produk is ver meer as net ’n eenheidsprys per item. Jy koop meer as ’n eeu-en-’n-half se ervaring met ’n internasionale begrip van boerdery, tredhoudende tegnologie, ’n uitstekende tweedehandse verkoops- en inruilwaarde, ongeëwenaarde gehalte, ’n uitgebreide nasionale ondersteuningsnetwerk, ’n uitmuntende inter-
aktiewe GPS-kommunikasiestelsel en dan natuurlik Farmsight, wat die eeu van kunsmatige intelligensie vir landbou inlui. “As die reën die trekkerspore tussen die boorde weggespoel het, is daar geen manier hoe jy kan sien waar reeds gespuit is nie en ek kan nie bekostig om nie te weet nie. Die GPS-stelsel werk selfs saam met die pompdruk om presies te bepaal waar die trekker gespuit het. Ek kan die stelsels van trekker tot trekker installeer en dit is robuust en prakties. Ons uitpakpersentasie het dramaties verhoog nadat ons John Deere se intelligente GPS-stelsel installeer het.” In Rosle-boerdery se werkswinkels staan daar nie ’n enkele John Deeretrekker nie, want daar mag nie ’n trekker staan nie. “Die swartvlekkrisis het veroorsaak dat ons nie ’n oomblik kan mors of verloor met ons spuitprogramme nie. Dit moet deeglik en betyds afgehandel word en betroubare werktuie om dit toe te dien, is ononderhandelbaar.” Dit is hoekom Charles verlede jaar weer besluit het om sy hele vloot van 34 John Deere-trekkers op te gradeer deur 19 van die trekkers met splinternuwes te vervang. “Gelukkig is John Deere se herverkoopswaarde so goed dat ek met behulp van hulle uitstekende finansieringspakkette deur middel van John Deere Finance feitlik net die rente op die nuwe trekkers moet betaal,” sê Charles. Trekkers kos jou geld in staantyd, onderdele en arbeid of aan paaiemente. Myne kos my net die rente... John Deere staan sy plek vol in die raadsale op “Ons werktuigkunJohn Deere-plase. Uiters akkurate bestuursbesluite kan geneem word met die resultate van die diges se hande is seepglad, want die ergdata- en GPS-stelsels. Hier beduie Daniel Victor, ste voorvalle wat ons oor sitrusbestuurder, presies waar het een van hulle trekkers in die boorde gespuit met die data wat hy die laaste paar jaar gehad het, was pap wiele van die GPS-stelsel bekom het. www.proagri.co.za
wat omgeruil moes word,” sê Mike Prinsloo die werkswinkelbestuurder. Rosle se boordbestuurders het nou die aangename taak om elke oggend die dag se spuitprogram vir die trekkerdrywers te gee en elke aand net weer die GPS-resultate op ’n geheuestokkie af te laai en dan begin die heerlike en interessante taak waar hulle agter hulle rekenaars kan sit om grafieke te trek en statistieke op te stel met John Deere se Apex-dataprogram. Wanneer Charles Maandagoggend op sy voorsitterstoel gaan sit, kan hy binne ’n oogwink sien wat Rosle-boerdery se produksieprojeksies is en met min moeite sy makrobestuursbesluite neem. “As jy kan monitor en meet, kan jy beheer en bestuur,” sê Charles. Om jou plaas in ’n operasionele droom te verander, kontak vir Carel Theron by 082-802-2209 of TheronCarel@JohnDeere.com. Besoek ook www.deere.co.za of kyk by http://bit.ly/JohnDeerePA na ’n video oor Farmsight™.
Na elke werksdag word die dag se GPS-spuitdata met ’n geheuestokkie afgelaai om dit te gaan verwerk. ProAgri 178 – Desember / December 2014
17
Tree Spade
Auger
Phoenix Attachments Trencher
Stump Grinder
Tree Shear GEHL RT210 Skidsteer
GEHL V330 Skidsteer
Danie C: 076-318-6361 F: 086-601-3588
Mulcher 18
ProAgri 177 – November 2014
phoenix.attachments@gmail.com
Rotary Mower wwww.proagri.co.za
Meganisasie Gewasproduksie
“Dit is presies waar ek my saad wil hê,” beduie Kobus Barkhuizen hier met die vinger.
Spesiale aanbod op
Jumil 6-ry planters
Jumil 3090 sorg vir kopskuif na geenbewerking eenbewerking deur Annemarie Joubert
“D
is toe dat ek vir Loaan sê hy moet Parys toe ry dat ons kan seker maak die mense het onderdele,” vertel Kobus Barkhuizen van Viljoenskroon. Die Barkhuizens gesels met groot geesdrif oor hulle aankoop van ’n Jumil-planter en die oorskakeling wat hulle van hierdie seisoen af na geenbewerking gemaak het. Loaan sê hy en sy pa het lank gevat om die kopskuif te maak, maar hy self het ’n paar jaar op ’n plaas gewerk waar geenbewerking toegepas word en hy het redelik ondervinding en kennis opgedoen. In hulle omgewing is daar al ’n hele paar boere wat oorgeskakel het na geenbewerking, soos die Rhys Evans-boerdery net af in die pad. Dit was juis by die Evanse wat hulle ’n Jumil in aksie gesien het en dit het baie gehelp met die besluit oor watter planter om te koop. Die beskikbaarheid van onderdele is egter vir hulle baie belangrik omdat geen boer dit kan bekostig om in planttyd te staan en sukkel nie.
Loaan Barkhuizen van Viljoenskroon en Nelis (Baksteen) van Reeuwyk, Crop-Tech se plaaslike handelaar, sien uit na vele probleemvrye planture met die stewige Jumil-planter. www.proagri.co.za
Dit het dus vir hulle baie gemoedsrus gegee om by Hennie du Toit van Crop-Tech op die plaas buite Parys die volledig toegeruste werkswinkel en onderdelemagasyn te sien. Loaan sê hy het sy pa laat weet hulle kan maar koop, want daar is genoeg goed om ’n hele nuwe planter te bou as dit nodig is! Ondertussen het Crop-Tech se handelaar op Viljoenskroon, Nelis (Baksteen) van Reeuwyk, van Noordwes Boeredienste ook begin om sy eie onderdele-afdeling vir Jumil-planters in te rig. Nie dat die Barkhuizens enige groot probleme verwag nie. “Die planter is baie solied en van stewige yster; en hy het allerlei praktiese goed wat sorg dat jy kan aanhou plant,” vertel Kobus. Elke plantereenheid het byvoorbeeld sy eie kunsmiswurm vir egalige, presiese toediening. As daar probleme is, hoef jy nie die hele tenk leeg te maak nie; jy druk net ’n plaatjie in om die toevoer af te sny en dan kan jy die pyp ontkoppel. Indien daar ’n verstopping in ’n pyp sou wees, is daar ook ’n klep bo waardeur die kunsmis kan uitstoot sonder om die eenheid self te beskadig. Kobus sê hy sukkel nog om gewoond te raak daaraan om in lande te plant wat nie skoon en glad bewerk is nie, maar gelukkig hanteer die planter dit maklik. Hulle het geleer om liewer skuins oor die ou bewerkings te plant, maar selfs in ongelyke grond met sonneblomstoppels (wat net onder ’n rolmoer deur is) plaas die Jumil sy kunsmis en saad presies op die regte plek. Met ProAgri se besoek, omtrent ’n week nadat hulle die Jumil 3090 6-ry gekoop het, het hulle reeds 115 hektaar se plantwerk in twee dae se tyd gedoen. Hoewel die aanbevole plantspoed tussen 6 en 8 kmu is, het Kobus ondervind dat hulle selfs teen 10 kmu akkuraat kon plant.
Waarvan hulle veral hou, is dat die snykouter, kunsmiskouter en saadbuis reg agter mekaar loop, want hulle het met ander planters ondervind dat daar sand in die plantvoor ingestoot word en dat die saad net in die sand geplaas word. Kobus beduie met so drie vingers teen mekaar: “Dit is hoe diep ek die saad in die klam grond soek.” Die instelling van die planter was ook probleemvry – die hoogte- en drukverstellings is eenvoudig en daaglikse onderhoud neem nie langer as tien minute nie. Nog ’n groot tyd- en natuurlik geldbespaarder is die feit dat daar nou baie minder bewerkings op die plaas gedoen hoef te word. Drie trekkers se werk word deur een trekker gedoen en Loaan sê hy reken hulle brand-stofverbruik is van R100/ha af na R10/ha. Hy beduie dat een van die beginsels van geenbewerking daaroor gaan dat die plantwortels wat in die grond agterbly die grondstruktuur verbeter vir beter deurlugting en behoud van grondvog. Hulle verwag ook baie minder vogverlies as gevolg van die materiaal wat bo-op die lande bly lê. Crop-Tech se persoonlike diens en beskikbaarheid van onderdele is ook sommer dadelik bewys toe Loaan gekla het oor ’n laer aan die planter se waaier wat geraas het. “Toe ek weer sien, bring hulle sommer ’n hele nuwe waaier dat ons dadelik kan aangaan.” Laat Hennie du Toit en sy span van Crop-Tech jou help met ’n kopskuif na besparing. Skakel hom by 056-817-7210, 082-850-3744 of e-pos sales@croptech.co.za. Besoek ook www.croptech.co.za vir meer inligting. ProAgri 178 – Desember / December 2014
19
Gewasproduksie
Só kies jy ’n spuit vir N
et so belangrik as wat die spuit vir die saaiboer is, so belangrik – of dalk selfs belangriker – is dit vir die vrugte- en wingerdboer. Ook hierdie boere is die prooi van ’n hele leërskare peste en plae, en sonder ’n doeltreffende spuit om homself te verdedig, is die vrugteboer gedoem tot gevoelige winsverlies. Net een plant wat met donsskimmel besmet is kan ’n hele wingerd aansteek, sê die kenners. Dan is daar nog witroes en blaaspootjie en ook by die produksie van ander vrugte en sitrus ’n verdere swetterjoel bedreigings wat die boer met sy spuit moet troef as hy enigsins ’n sukses van sy boerdery wil maak. Regdeur die plante se groei- en produksiesiklus moet die boer gereeld met sy spuit inspring om peste en plae tot verantwoording te roep. Maar daar eindig die spuit se rol in die wingerd en boord nie. Die strakke ekonomiese werklikheid wat ’n boer in die gesig staar, is dat hy die maksimum produksievolume van die hoogste gehalte moet lewer as hy wil oorleef. Hierdie mikpunte is nie haalbaar sonder blaarvoeding en groeireguleerders wat deur die spuit toegedien moet word nie. Dit alles beteken dat die boer nie kan bekostig om enigiets minder as ’n bul van ’n spuit as produksiebondgenoot te betrek nie. Boord- en wingerdspuite werk almal min of meer op dieselfde beginsel: Fyn druppeltjies spuitstof word binne-in ’n sterk windstroom vrygelaat om die hele ruimte rondom die plante wat bespuit word met ’n warrelende newel van spuitstof te omring. Dit verseker dat daar spuitstof op elke deeltjie van die plant beland om peste doeltreffend te bestry. Die spuit is so ontwerp dat die windstroom ook die plante se blare warrel om te verseker dat plae soos blaaspootjie, wat aan albei kante van die blaar wegkruip, deeglik met die spuitstof kennis maak. ’n Boord- of wingerdspuit bestaan dus basies uit ’n spuitstoftenk, ’n flink waaier wat ’n sterk windstroom opwek en ’n pomp wat die spuitstof deur sproeiers in die lugstroom plaas. Op hierdie basiese patroon is daar byna eindelose variasies soos verskillende soorte pompe, verskillende soorte en groottes waaiers wat boonop verstel kan word om meer of minder te blaas, verskillende soorte sproeiers vir verskillende toepassings en ’n groot verskeiden-
22
ProAgri 178 – Desember / December 2014
heid skramkappe en hulse waarmee die lugstroom op verskillende maniere na die bome of wingerd gevoer kan word om die spuitstof presies volgens elkeen se aard en behoefte toe te dien. Daar is abbamodelle wat aan die trekker se driepunthyser monteer vir kleiner boorde of wingerde en sleepmodelle van verskillende groottes; sommiges met verstelbare galgbalke wat toedieningsbuise met sproeiers in die bek tot bo-oor wingerdrye lig om etlike rye op ’n slag te bespuit. Die eerste vereiste wanneer ’n boer ’n boord- of wingerspuit aanskaf, is dus om ’n kundige handelaar te vind wat nie net alles van spuite weet nie, maar ook van die gewasse wat bespuit moet word. Kyk ook watter soort spuite die meeste boere in die omgewing gebruik. ’n Sekere soort spuit sal nie sonder rede die topverkoper in ’n sekere gebied wees nie, en vir die spuit wat die meeste in jou gebied gebruik word sal onderdele en diens waarskynlik ook geredeliker beskikbaar wees. Praat ook met medeboere – ’n boer se raad is altyd prakties en op dure ervaring geskoei en boere is gewoonlik nie suinig met betroubare en bruikbare inligting nie. Algemene vereistes waaraan ’n boordof wingerdspuit behoort te voldoen, is die volgende: • Omdat tydigheid so ’n belangrike vereiste vir spuitwerk is, moet die spuit betroubaar wees en vinnig en maklik werk. • Die spuit moet daartoe in staat wees om spuitstof egalig en akkuraat, sonder onnodige vermorsing, op die gewas wat jy wil bespuit te plaas: digte blare, hoë bome, verskillende rywydtes, verskillende toedieningsvoorskrifte
Elke gewas en verbouingstegniek vra dat spuitstof op ’n spesifieke manier toegedien word. wwww.proagri.co.za
boorde en wingerde moet alles in ag geneem word. • Die spuit moet robuust wees, veral waar wingerde of boorde op moeilik begaanbare terrein aangelê is. • Die spuit moet slank genoeg wees om maklik tussen rye te beweeg, sy lyf moet glad en gelyk wees sodat takke en blare nie beskadig word nie en sy werkende dele moet weggesteek wees sodat dit nie beskadig kan word nie. Die waaier moet so beskerm word dat dit nie beskadig kan raak nie, maar ook dat dit nie hande, vingers of enigiets anders kan seermaak nie. • Die spuit se haakstelsel en disselboom moet so ontwerp wees dat daar skerp gekrink kan word om by een ry uit en die ander in te draai sonder ’n heen-en-weerstotery. • Die spuit wat jy koop moet by die beskikbare trekker en by die grootte van jou boerdery pas. • ’n Spuit behoort pypkoppelpunte te hê vir handbespuiting. • Banke sproeiers behoort afsonderlik oop- of toegemaak te kan word vir gevalle waar net een kant van ’n ry bespuit word. • Sproeiers en die lugstroom moet verstelbaar wees om voorsiening te maak vir die bespuiting van plante van verskillende groottes sonder vermorsing. • Dit moet maklik wees om die spuit te vul, spuitstof te vermeng en te kalibreer sonder om met emmers en roerspane om die spuit rond te kloek. • Die tenk moet skok- en korrosiebe-
• •
•
•
•
•
stand wees en die raam en masjinerie van die spuit moet teen roes en chemiese wegvreting beskerm wees. Daar moet ’n doeltreffende roerstelsel wees om die spuitstofmengsel deurgaans homogeen te hou. As die spuit vir verskillende gewasse gebruik word en ook vir die bespuiting van verskillende soorte plae op plante in verskillende groei- en produksiestadia, is dit nuttig as die sproeiers en sproeikoppe omgeruil kan word, as die waaierblaaie verstel kan word en as die waaierratkas teen meer as een spoed gestel kan word en ook ’n neutraalstand het sodat die waaier nie tydens handbespuiting loop nie. Die spuit se ratkas moet sterk en goed ontwerp wees om uiterste toestande te hanteer, veral op ongelyke terrein waar konstante enjinomwentelinge nie gehandhaaf kan word nie. Dit is wel duurder, maar hoe meer van die spuit se funksies vanuit die trekkerkajuit gesien en beheer kan word, hoe doeltreffender en vinniger – en veiliger – kan jy spuit. Die spuit moet ’n doeltreffende filtreerstelsel hê om sproeierverstopping uit te skakel en die filtreerders moet maklik bereik en skoongemaak kan word. Dit is baie geriefliker en veiliger vir die boer as die pomp homself kan voorvoer (prime) en as dit so ontwerp is dat dit nie deur droogloop beskadig kan word nie.
’n Gevorderde wingerdspuit met ’n hoogteverstelbare galgbalk, windbuise en verstelbare blasers met sproeiers om presiese spuitstofplasing moontlik te maak. • Dit moet maklik wees om die spuit te dreineer en skoon te maak. Soos met enige ander werktuig wat die boer aanskaf, is een van die belangrikste oorwegings in die aankoop van ’n spuit die handelaar: Is die handelaar betroubaar en standvastig, verstaan hy die boer se behoeftes, het hy die nodige kundigheid, vaardigheid, tegnici en onderdele om ’n ononderbroke diens te waarborg, staan hy by sy produkte, hou hy produkte met ’n betroubare naam aan en sal dit aangenaam wees om met hom saam te werk?
Met moderne tegnologie kan jy ’n spuit elektronies kalibreer sodat elke spuitstuk die regte volume spuitstof op die regte plek plaas vir enige omstandigheid.
Veeboerdery
Vernuftige voermenger:
Net Rumax is beter as Rumax N adat Mike van Niekerk van Derby se vorige voermenger sy sesde verjaarsdag (nie uit nie) op die plaas gevier het, het hy besluit dit is nou genoeg; dit is tyd vir ’n nuwe menger. Toe ruil hy sy Rumax in op ’n nuwe Rumax! Die nuwe Rumax 9 moet nou
Die stewige kettinguitlaaigeut werk elke dag sonder om te haak of te stotter.
bontstaan om twee keer elke dag ses verskillende voermengsels gereed te kry vir die gemengde boerdery op die plaas. Mike melk so 80 tot 90 koeie en dan is daar ook kalwers wat grootgemaak word en ’n voerkraal. In hulle opset hanteer Mike-hulle net klein hoeveelhede vir elke mengsel, maar die kerwermenger kan 9 m³ se materiaal op ’n slag verwerk. Hy sê dit is geen probleem vir die werkers om die verskillende mengsels te maak nie, want elke resep is neergeskryf en hulle moet net op die menger se akkurate skaal dophou dat elke bestanddeel se gewig reg is. “Die oopslaanbak agter wat laag kan sak, maak dit ook baie maklik vir ouens wat nie hystoerusting het om byvoorbeeld bale bo in te gooi nie. My manne gaffel die hooi in en gooi dan die res van die mengsel by,” vertel Mike.
Die boepensbak kan, net soos die kettinguitlaaigeut, hidroulies vanuit die trekker se kajuit beheer word. “Hy vra ook nie veel trekkerkrag nie,” sê Mike. “My ou 385 Massey sleep en draai hom met groot gemak.” Die Rumax-menger se twee groot horisontale kerfwurms word deur ’n ratkas aangedryf en hulle draai na mekaar toe, wat sorg dat alles egalig fyngekerf en deeglik gemeng word – hoe langer jy kerf, hoe fyner is die materiaal. Soos vir enige boer, gaan dit vir Mike ook oor prys en diens: “Omdat dit ’n plaaslike produk is, is onderdele altyd beskikbaar en goed geprys en Jaco-hulle sal van Worcester af altyd ’n plan maak om te help as daar ’n probleem is.”
Die Rumax 9 se boepensbak maak dit maklik om hooi in te laai. Kyk op www.rumax.co.za na die volledige reeks voermaakoplossings of kontak Jaco Pieters by 082-335-3970, 023-342-6070 of jaco@rumax.co.za.
Herstel van spilpunte Uitwys van kabelfoute Herstel van pompe, motors en aansitters Installeer selfoonstelsels op pompe en spilpunte Installeer sonpompstelsels Ontwerp en installeer sonkragstelsels Ontwerp en installeer kragomsetters Bou en herstel van oorhoofse lyne
Pro-Test Electrical protestelec@mweb.co.za Fax to Email : 086 716 7800 Tel: 051-433-1978 / 082-550-1561
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
25
26
ProAgri 178 – Desember / December 2014
wwww.proagri.co.za
Veeboerdery
Dragtige varke kry meer vryheid deur Du Preez de Villiers
Dragtigheidskratte is
sôe in ’n hok ’n ruimte van 2,5 m² per dier begroot moet word hê en dat groot groepe soos 40 diere elk 2,25m² ruimte moet hê. Die oorskakeling na groepsbehuising kos die boer tussen R1 000 en R3 000 per vark, afhangende van ’n boer se bestaande infrastruktuur. Die eerste boere wat na groepsbehuising oorgeskakel het, het aanvanklik gesukkel en hulle werpsels en jongpersentasies het gekrimp, maar soos ’n vernuftige Suid-Afrikaanse boer maar is, is daar met nuwer en beter bestuurstegnieke vorendag gekom sodat die resultate vandag dieselfde is as in die
uit...
N
uwe regulasies vir sogbehuising is reeds in Brittanje en EU-lande van toepassing, maar Suid-Afrika se varkboere het darem nog ’n tydjie grasie voordat hulle ook aan die nuwe regulasies moet voldoen. In Brittanje en die EU moes varkboere tussen 2005 en einde 2013 hulle dragtigheidskratte met groepsbehuising vervang, maar in Suid-Afrika het die oorskakelingsfase in Januarie 2013 begin en 1 Januarie 2020 is die afsnydatum. ’n Dragtigheidskrat is ’n hok van 0,65 meter by 2,4 meter waarin ’n sog vanaf inseminasie tot jong, wat 16 weke duur, aangehou word en groepsbehuising is waar die dragtige sôe almal in een groot hok aangehou word. Die rede vir die dragtigheidskratte was dat daar vroeër geglo is dat dit die beste manier is om dominansie en bakleiery tussen sôe, wat tot misgeboortes en wanvoeding kan lei, uit te skakel. “Wat ’n mens moet verstaan, is dat die indiwiduele voeding wat jy in ’n indiwiduele krat aan ’n sog kan bied, die maklikste manier is om haar in topkondisie te kry om alles wat sy tydens die laktasietydperk verloor het, terug te kry. As al die sôe in dieselfde hok is, sal die dominante sog gewoonlik die ander sôe se rantsoene ook vreet en oorvet word terwyl die ander swaarkry. Vet
en groepsbehuising is
sôe jong nie baie maklik nie en die jong varkies kan ook makliker doodgebore word. Aan die ander kant kan ’n sog wat gedomineer word, maklik haar dragtigheid verloor,” sê dr Peter Evans, ’n private veearts en direkteur van SAPPO (Die Suid-Afrikaanse Varkprodusenteorganisasie). “Ons as SAPPO het in 2012 ons boere ingelig het dat daar ’n wêreldwye neiging is om na groepsbehuising te skuif en dat ons teen 2020 heeltemal van dragtigheidskratte ontslae moet wees. Daar is egter sekere van die kettingwinkels, soos Woolworth en Pick & Pay, wat druk op ons uitoefen om die oorskakeling vinniger af te handel en hulle praat van 2017 as die afsnydatum. Ander kettingwinkels wil weer hê dat die sôe nou reeds vir ’n korter tydperk as agt weke in die kratte moet staan,” sê hy. Die nuwe regula’n Spesiaal-ontwerpte kraamhok waar die sog nie die sies beveel aan dat kleintjies kan doodlê nie, terwyl daar steeds interakvir ses of minder sie tussen ma en kinders is. www.proagri.co.za
in.
dae met kratte. “Boere weet nou dat dit belangrik is dat die diere wat saam gehuisves word, so na as moontlik aan ewe oud moet wees om oorheersing te beperk. ’n Boer wat meer tyd tussen sy varke bestee, kan ook dadelik sien watter sôe siekerig of ondervoed lyk en elektroniese voedingstelsels, waar ’n skyfie in die vark se oor met die stelsel kommunikeer, word deurlopend verbeter,” sê dr Evans. Tydens die soogtydperk, wat tussen drie en vier weke kan duur, moet sôe steeds in afsonderlike kraamhokke bly waar die klein varkies afgeskerm word en net by die spene kan bykom. Toe daar destyds toetse gedoen is om te kyk of daar met dié behuisingstelsel weggedoen kan word, is bevind dat ’n sog tot 40% van haar kleintjies doodlê as sy tussen hulle kan rondbeweeg. Vandag is kettingwinkels regoor die wêreld eens dat kraamhokke nog lank met ons gaan wees. Vir meer inligting, epos vir dr Peter Evans by health@sapork.com. Erkenning: Alle foto’s is deur dr Peter Evans verskaf.
ProAgri 178 – Desember / December 2014
27
Meganisasie Veeboerdery
Sorg so vir jou skape in die somer ’n
Bondige, handige naslaangids om gereeld seker te maak dat jy nog op die regte spoor is met die bestuur van jou diere, is nooit te versmaai nie. Die produsentedienste van die Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) gee elke tweede maand ’n bestuurskalender vir wolskape in die somerreën-gebiede van Suid-Afrika uit. Hier is die Desember- en Januarie-uitgawe wat jou sal help om jou veekudde beter te bestuur.
• •
• • •
Suiplammers (Augustus en September se lammers) Doseer alle lammers ouer as 12 weke teen lintwurm en rondewurms. Ent alle lammers ouer as 12 weke teen siektes soos bloutong, slenkdal, bloednier en pasteurella. Gebruik waar moontlik kombinasieentstof. Speen alle lammers en selekteer vervangingsooie. Skuif die speenlammers na goeie weiding en verskaf ’n goeie proteïenlek indien nodig. Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om hierdie dosering te doen.
Ooie wat in Oktober/November gepaar is • Tas ooie af vyf tot ses weke nadat die ram uitgehaal is. Ooie wat droog aftas, kan verkoop word. Gebruik hierdie geld om dragtige (verkieslik tweetand-) ooie in te koop. • Ooie wat vroeër as Oktober/ November gepaar is en binne die volgende ses weke gaan lam, moet teen pasteurella, bloednier, blou-uier, rooiderm (indien dit by u voorkom) en bloedderm (indien dit by u voorkom) geënt word. Voorts moet hulle teen inwendige parasiete ingespuit word en teen neuswurm gedoseer word. Doseer ook met minerale. Maak seker dat hierdie ooie nie kondisie verloor nie. Kondisiepunt die ooie weekliks en gee kos of lek sodra die kondisie begin verswak. Let veral op na die kondisie van meerling- en tweetandooie. Hierdie ooie lyk gewoonlik goed omdat hulle buike baie uitsit, 28
maar kan maklik kondisie verloor sonder dat dit sigbaar is. Ooie wat in ’n swak kondisie lam se melkproduksie is swak, die lammers groei swak en die daaropvolgende besetting is swakker. • Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om daarteen te doseer. Belangrik: Moenie dragtige ooie met lewende entstowwe soos bloutong en slenkdalkoors spuit nie. Dit kan aborsies veroorsaak. Lees die entstof se pamflet om seker te maak dat dit veilig vir dragtige ooie is.
aanbeveel om daarteen te doseer. • Knip die ramme se hoewe sodat hulle sonder moeite kan loop en spring.
Ramme • Alle bestuursaksies van die ramme moet minstens agt weke voor die volgende paring in Maart/April afgehandel wees. Ramme kan tydelik onvrugbaar word as hulle gehanteer of met lewende entstof ingespuit word. Dit neem dan agt weke vir hulle om weer hulle semenvolume aan te vul. Dit sluit aksies soos die volgende in: • Toets die ramme vir vrugbaarheid en geslagsiektes vir die herfsparing. • Skeer die ramme en doen alle nodige inentings, doserings en aanvullings van minerale vir die herfsparing. • Sorg dat die ramme in ’n goeie kondisie is voor paring. Prikkelvoeding soos hawerpitte of ’n goeie lek gee goeie resultate. Wees versigtig vir skoon mielies of sjokolademielies, aangesien dit tot die versameling van vet om die testes kan lei, wat die ramme se vrugbaarheid aantas. ’n Lek hoog in proteïen word aanbeveel. Sorg vir genoeg vreetspasie sodat die ramme almal gelyktydig kan vreet. Ramme moet pers tussen die voor- en agterbene wees wanneer hulle na die ooie gaan. • Doseer elke ram een keer per week met 20 ml koringkiem die laaste vier weke voor paring. Vir die Oostelike streek word 10 ml per ram per week vir ses weke voor paring aanbeveel. • Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk
Vervangingsooie • Ent die ouer groep ooitjies, wat in die herfs die eerste keer gepaar gaan word, teen ensoötiese aborsie, asook pasteurella, bloednier, bloutong, slenkdal, ensomeer. • Die ooitjies wat so pas geselekteer is (wat in Augustus/September gebore is), moet teen bloutong gedoseer word. Doen A, B en C apart en wel ses weke uitmekaar. • Ent die jong ooitjies met ’n bloednier-opvolginenting. • Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om daarteen te doseer.
ProAgri 178 – Desember / December 2014
Ooie wat in die herfs gepaar gaan word (Al hierdie aksies moet 6 weke voor paring afgehandel wees.) • Mikskeer ooie. Dit help die ramme om hulle gemakliker te dek. • Ent ooie teen ensoötiese aborsie, pasteurella, bloednier en bloutong. • Doseer met mondelinge middels teen rondewurms en neuswurm. Doseer met minerale.
wwww.proagri.co.za
Belangrik: Jong diere wat vir die eerste keer voorkomend geënt word, moet binne ses weke weer geënt word om weerstand te versterk. As dit nie gedoen word nie, kan swakker weerstand verwag word. Belangrik: Kontak u plaaslike veearts as u oor enige van die dieregesondheidaanbevelings twyfel! Lees alle entstof, doseermiddels en voer se pamflette om u te vergewis van die veilige gebruik daarvan. Belangrike skakels: http://www.nwga.co.za/downloads/ generiese-bestuurskalender.html http://www.nwga.co.za/downloads/ skaapbestuursprogram_en_kalender.xls Indien u meer inligting verlang, skakel asseblief u naaste NWKV-kantoor Carnarvon – Gawie van Wyk 083-270-3161 Middelburg (OK) – Juan Venter 079-693-1953 Bloemfontein – Jan Louis Venter 083-650-1131 Harrismith – Bom Louw 082-652-2243 Ermelo – Jacques Jansen van Vuuren 083-235-5467 Bron: NWKV
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
29
Veilings
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
31
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3184
32
ProAgri 178 – Desember / December 2014
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za
www.proagri.co.za
GeneGids Ice Blue- seile
T A R P S Lapa - Gordyne ne
P.V.C Seile
Bronkhorstspruit it –Tak T k Middelburg-Tak Mii 013-93-24248 013-246-1483 013-9321927 013-246-1630 082-851-8724 Orpie 082-851-8724 Orpie liontarps@gmail.com liontarpsmid@gmail.com 44-Lanhamstraat 14-Literstraat Bronkhorstspruit Middelburg
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
33
AgriGids
Bakkie Covers
AgriGids
100% Comfortable! 100% Waterproof! Now on Special.
Order online: www.fourlakes.co.za or email info@fourlakes.co.za
Tel. 021 557-0606
BISON KONSTRUKSIE Vervaardigers van alle grootte staalskure, pakhuise, fabrieke, veekrale, hoenderhokke, ens. s.
SKAKEL ONS GERUS VIR GOEIE PRYSE! ALLE GROOTT ES:
ALLE GROOTTES: 15 x 30 x 4 m 6 x 20 x 3 m 15 x 20 x 4,5 m 6 x 30 x 3 m 15 x 30 x 4,5 m 9 x 20 x 3 m 18 x 20 x 4 m 9 x 30 x 3 m 20 x 30 x 4,5 m 12 x 20 x 3 m 25 x 30 x 6 m 12 x 40 x 3,5 m 15 x 20 x 4 m Spesiale Aanbod op die 12 x 40 x 3 m Kantoor 072-878-0654 | Nardus 076-550-5615 Faks 086-542-0135 E-pos: info@bisonconstruction.co.za www.bisonconstructionsa.Weebly.com
34
Nader ons vir vinnige kwaliteit diens. Enige grootte, volgens u behoefte.
ProAgri 178 – Desember / December 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
35
AgriGids
THE KING OF AFRICA NIC 14 Cattle and Horse
Veeverliese
LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU. Praat saam op
Impressive, Innovative, Iconic
Probuzz
It’s a NIC
018-673-0224 / email: info@nictrailers.co.za web: www.nictrailers.co.za NIC Trailers offer our TOP SELLER of our Cattle Trailers series. The Trailer tows light, handles easy and is very safe. * 3 - 6m x 1,6m x 1,8 m
* Monochrome structure
* 245 x 70R 16’’ wheels with a spare wheel
* LED-lights
* Steel Rims 6 x 140 PCD
* Marklights on rear
* Flexible chassis
* Tubes painted (dipped) inside
* 4,2 - 5,5 T Independant rubber suspension
* Option: 48 mm Jockey wheel / or 1 ton
* Seperation between bulls / dividing gate
36
parking jack
* Dividing gate detachable fit on outside
* 3 x Gatelocks: Locking mechanism for all gates
* Safety pipes
* Plugsaver
* Ramp
* Floorgrit
* Sliding back gate integrated in swing gate
* Optional: Front gate
ProAgri 178 – Desember / December 2014
’n Elektroniese merker soos ‘n halsband• Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag• Fauna Web-sagteware•
Monitor jou kudde 24/7
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
37
AgriGids
Trailerworx
www.trailerworx.co.za / 082-567-4566
Bakkie Tipper
Losstaande 12 Volt katrolaangedrewe
R14 900 (BTW ingesluit)
Sleepwaens 8 standaard modelle Verf of galvanisering
Tel: 072-275-1881 / 082-567-4566 Web: www.trailerworx.co.za
TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein 38
ProAgri 178 – Desember / December 2014
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
39
AgriGids 40
ProAgri 178 – Desember / December 2014
www.proagri.co.za
ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Desember / December 2014 No / Nr 178 ISSN 1042 - 1558
GeseĂŤnde Kersfees
Gratis / Free
Voorspoedige 2015 Van die hele ProAgri-span
ProAgri vier 20 jaar in die bedryf