ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
Januarie / January 2015 No / Nr 179 ISSN 1042 - 1558
Troef die toekoms met kuilvoerbale
Gratis / Free
Orania:
Waar ’n wil is, is ’n weg
’n Kantelwa vir Afrika
Besproeiing Hoeveel water is nodig? Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Veeboerdery
www.proagri.co.za
The Leader in Precision Irrigation
www.proagri.co.za
ProAgri 178 – Desember / December 2014
1
Redakteursbrief
Voorblad
B
y die Ekonomiese Vryheidvegters (EFF) se onlangse kongres, het Julius Malema sy volgelinge luidkeels aangemoedig om onbewoonde grond te beset, asook myne en banke, sodat die ekonomiese rewolusie vinniger kan plaasvind. Dit help glo nie meer om buitebande te brand nie. Terselfdertyd het hy sy mense gemaan om soos burgemeesters en raadslede te begin optree, want hulle verwag om die politieke mag in die metro-stede oor te neem. Dit lyk of hy vasbeslote is om die sirkus in die parlement landwyd uit te brei, maar gelukkig sal hy nie hard hoef te oefen om soos sy vorige leier as president op te tree nie, want selfbevoordeling My nuwejaarswens vir elke leser en moeilikheid met die Inkomstediens is van ProAgri is dat elke nuwe ding vir hom glad nie vreemd nie. wat elkeen aanpak vreugde en voorDaar is geen rede om te verwag dat spoed sal bring. die politieke ondier in die land in 2015 in Skoonlief sal verander nie, maar dit is miskien goed dat die internasionale gemeenskap sien hoe kaal die keiser is. Dit sal ook help met die internasionalisering van die teenstand teen die bose aanslag op ons boere se veiligheid. 2014 was ’n swart jaar vir die landboubedryf ten opsigte van plaasaanvalle en -moorde en solank as wat politieke heethoofde soos Julius Malema vrye teuels het om aanhitsende uitsprake te maak, durf die veiligheidsmaatreëls op elke plaas nie verslap word nie. Die somerplantseisoen het op ’n paar plekke maar hortend aan die gang gekom as gevolg van nat lande in die weste en sentrale streke en droogte in die noorde, en ons hoop dat almal darem die mielies in die grond kon kry voor 35 Desember! Van ProAgri se kant af wens ons elkeen wat in die landboubedryf staan, ’n voorspoedige en veilige nuwe jaar toe. Daar is min van ons; kom ons kyk na mekaar.
Dié vyftoringspilpunt van Valley wat naby Greyton in die WesKaap loop, knak deur ’n kloof en beur bult-op sonder enige probleme. Kyk gerus by https://bit.ly. ValleyIrri na ’n video oor die spilpunt en Valley se uitstekende reeks produkte. Lees ook op bl 5 meer oor die bepaling van waterbehoeftes.
Gebou 2, Menlyn Woods, Spritestraat 291, Faerie Glen Tel: 0861-777-225 www.smartpublishing.co.za Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-Business: Agriculture ABC April to June 2014 – 39 788
Boer slim! Annemarie Bremner-Joubert > annemarie@proagri.co.za
ProAgri
Inhoudsopgawe / Contents
Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner-Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Besproeiing 5
Bepaal só jou waterbehoeftes
Meganisasie 13 Agri Afrika se sykantelwa kán draf en dra
5
Gewasproduksie 15 Kynoch kry nuwe aandeelhouer
13
Hulpbronbestuur
Verslaggewer Du Preez de Villiers > 082-598-7329 dupreez@proagri.co.za Produkbestuurder Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za Bemarkers: Adele van Tonder > 0861-777-225 adele@proagri.co.za Michael Strange > 079-515-2708 michaels@smartpublishing.co.za
17 Shell en boerdery kom honderd jaar saam
Xander Pieterse > 079-524-0934 xander@proagri.co.za
Veeboerdery
Jacqui Grobler > 083-387-2850 jax@smartpublishing.co.za
15
19 Vee wen met toegedraaide bale
Uitleg & ontwerp Esta van Niekerk Navrae Engela Botha > 0861-777-225 engela@proagri.co.za
Gereeld 20 Ons besoek...Orania 23 Veilings 24 GeneGids
17
26 AgriTrader
Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 accounts@smartpublishing.co.za Verspreiding en intekening Marlien v d Westhuizen > 0861-777-225 marlien@smartpublishing.co.za
WE SPECIALIZE IN:
Smart Publishing
Point of Sale | CRM | Online Job Cards | CCTV
www.odysseycrm.co.za GAUTENG: 012 644 2462 / HQ: 051 433 2207
www.proagri.co.za
19
Sakebestuurder George Grobler
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
3
Besproeiing
Besproeiing:
Spring reg weg met gewaswaterbehoeftebepaling deur Felix Reinders, LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese
Gewasse het verskillende waterbehoeftes
D
ie heel eerste ding wat bepaal moet word wanneer jy ’n besproeiingstelsel ontwerp, is hoeveel water die gewasse wat jy beoog om te plant gaan nodig kry. Dit gaan die hele stelsel se hidroulika en die wyse waarop die besproeiingstelsel bestuur word bepaal. Die bepaling van die gewaswaterbehoefte is dus die eerste fase in projekbeplanning en -ontwerp. 'n Plant kan gesien word as 'n organiese pomp wat water uit die grondreservoir onttrek en reageer op grondtekorte of ’n oormaat water. Plante kan binne perke gewoonlik goed by hulle wateromgewing aanpas. Plante absorbeer water en raak deur die proses van transpirasie ontslae daarvan na die atmosfeer. Dit vind plaas deur middel van die huidmondjies van die blare waar die water aan die lug blootgestel en as waterdamp verloor word. Die hoeveelheid water wat opgeneem en deur transpirasie verloor word, bepaal die waterbehoefte van die plant. Die werklike waterbehoefte
www.proagri.co.za www.proagri.co.za
word egter nie net deur die heersende weerstoestande bepaal nie, maar ook deur die tipe, ouderdom, gesondheid en voedingstatus van die plant asook deur die oop- of toegaan van die huidmondjies soos hulle op lig en watertekorte binne die plant self reageer. Die oesopbrengs en die gehalte daarvan word sterk deur die voorkoms en duur van hoë waterspanning binne die plant beïnvloed. Die metode vir die beraming van die gewas evapotranspirasie onder standaardtoestande is goed nagevors en voorsiening kan gemaak word vir nie-standaardtoestande wat voortspruit uit ongewone omstandighede en die werklikhede van praktiese bestuur. Kortweg, daar kan met redelike vertroue bepaal word wat die hoeveelheid water is wat die gewas kan gebruik. Hierdeur kan die netto besproeiingbehoefte of besproeiingstelselkapasiteit dan bepaal word, asook die hoeveelheid wat toegedien moet word tydens besproeiing. Die Voedsel- en Landbou-organisasie
(Food and Agricultural Organisation - FAO) in Rome, Italië, het ’n omvattende verslag in die verband gepubliseer, naamlik FAO verslag No 56: “Gewasevapotranspirasieriglyne vir die berekening van gewaswaterbehoeftes." Die omvattende dokument word hoog aangeskryf en internasionaal aanvaar. Hieruit is sagteware ontwikkel wat bekend staan as “CROPWAT” en dit bereken die waterbehoeftes van verskeie gewasse met volledige weerdata wat bekend staan as Climwat. Op eie bodem is ook gevorderde sagteware ontwikkel wat bekend staan as “SAPWAT” en ’n program wat op groot skaal toegepas word in Suid-Afrika is ontwikkel om 'n besluitnemingsprosedure te vestig vir die beraming van die gewaswaterbehoeftes. Hierdie program het ’n internasionale toekenning van die Internasionale Kommissie op Besproeiing en Dreinering verwerf vir die bydrae wat dit lewer tot die korrekte aanwending van water en die potensiële waterbesparing wat dit inhou.
ProAgri 178 – Desember / December 2014 ProAgri 179 – Januarie / January 20155 5
6
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
wwww.proagri.co.za
Figuur1: Tipiese SAPWAT-uitset van gewaswaterbehoeftes. Die SAPWAT-program sluit eerstens die volledige FAO Climwat-weerdatabasis in met omvattende data van Suid-Afrika en baie ander lande in die wêreld waar daar besproeiingontwikkeling plaasvind. Climwat bevat inligting vanaf 3 262 weerstasies van 144 lande en bevat die langtermyn gemiddelde maandelikse data vir die berekening van gewaswaterbehoeftewaardes asook reënval. Die CLIMWAT-weerdata-uitset is maandelikse gemiddeldes, terwyl SAPWATberekeninge gegrond is op daaglikse waardes. Verder bevat SAPWAT weerdata van Suid-Afrikaanse weerstasies wat ontwikkel is uit die Suid-Afrikaanse Atlas van Klimatologie en Agrohidrologie. Dit bied ’n omvattende dekking van die hele land en het meer as vyftig jaar se daaglikse weerdata per stasie. Hierdie vermoë stel die ontwerper en beplanner daartoe in staat om berekeninge te doen van gewaswaterbehoeftes as inset vir besproeiingsontwerp. Die Departement Waterwese gebruik ook SAPWAT vir die toekenning van waterlisensies vir boere soos bepaal deur die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998. SAPWAT word gebruik vir die beraming van die besproeiingvereistes vir ’n enkele gewas, vir ’n land met verskeie gewasse, vir ’n enkele plaas, vir ’n groep plase (watergebruikersvereniging (WGV)) of vir 'n groep van
WGVs. Die uitset wat verskaf word, gee waardes in millimeter en kubieke meter. (Sien figuur 1.) Elke gewas besit ’n eiesoortige waterbehoefte en die gekose stelsel moet ontwerp word om te voldoen aan hierdie gewasbehoefte en om dit te kan lewer. Tipies word 4 kubieke meter water per uur per hektaar pomptempo benodig vir ’n besproeiingstelsel. Daar is ’n wisselwerking tussen die waterbehoeftes van ’n gewas, grondvoghouvermoë, reën en plantdatums, en in SAPWAT kan hierdie nageboots word om die regte waardes te bereken. Op hierdie gewasbehoefte kan nie ingekort of bespaar word deur ’n sekere tipe stelsel te gebruik nie. Waterbesparings word verkry deur verliese uit te skakel, beter plasing van water en die vermindering van die grondverdampingsoppervlakte. Die piekbehoeftes is gewoonlik gegrond op maksimum opbrengste en indien daar om enige rede laer gemik word, kan die waterbehoeftes wel ook laer wees.
Watertekort tydens Totale opbrengsvermindering kritieke tydperk Katoen Mielies Koring 10%
5%
15%
6%
20%
10%
30%
12%
30%
15%
45%
18%
40%
20%
60%
24%
50%
25%
75%
30%
Watertekorte het egter ’n groot invloed op die gewas. Wanneer na die kritieke groeistadiums wat met die grootste waterbehoefte saamval gekyk word, kan die verlies in opbrengs beraam word. (Sien Tabel 1.) Dit is daarom belangrik dat intydse data van weerstasies verkry moet word om die besproeiingbestuur te behartig sodat aan die plant se waterbehoeftes voldoen kan word deur dit met ’n korrek ontwerpte stelsel toe te dien. Verskeie stelsels is vandag beskikbaar en elkeen is uniek in die sin dat die stelsel ontwerp word vir die bepaalde topografie, grond- en gewaseienskappe, die waterbeskikbaarheid op die plaas en die gewaswaterbehoeftes. Ontwerp en bestuur van enige besproeiingstelsel begin heel eerste by die gewaswaterbehoeftes en dit is belangrik om kundige advies hieromtrent te verkry om die sukses van die stelsel te verseker. Dit is die boer wat vir die stelsel betaal se voorreg en verantwoordelikheid om seker te maak dat die stelsel aan sy vereistes voldoen om in die gewaswaterbehoeftes van die plant te voorsien. SAPWAT is gratis beskikbaar vanaf die Waternavorsingskommissie in ’n boekvorm en in elektroniese formaat.
Tabel 1: Opbrengsverminderings www.proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
7
8
ProAgri 178 – Desember / December 2014
wwww.proagri.co.za www ww.p w.proagri.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
11
Meganisasie Meganisasie
Agri Afrika se sykantelwa kán draf en dra
Die nuwe veeldoelige Legend-sykantelwa kan sy 21,5 m³ bak binne enkele minute dolleeg maak, sê Marianne Uys van Heidelberg en Leonard Kennedy van Agri Afrika.
E
lke duim van Agri Afrika se splinternuwe 21,5 m³ Legend-sykantelwa kan gebruik word vir vrag. “Kyk die ander waens wat die manne hier gebruik om graan aan te ry – hulle het mos almal so ’n piramide in die middel sodat die graan van weerskante af ondertoe kan uitloop, so jy mors al daardie ruimte,” beduie Nico Uys van die Heidelbergomgewing in die Suid-Kaap. Hy sê hy het die wa gekoop juis omdat die platbak hom aangetrek het, want dit maak die wa veeldoelig. As jy nie graan inlaai nie, kan jy voer in hom aanry en daarby kan sy kante halfpad of heeltemal afhaal sodat jy bale of enigiets anders op die plaas kan karwei... en maklik aflaai. Agri Afrika se mense het geluister na die behoeftes van hulle boere en hulle moedermaatskappy, AFRIT, genader met die versoek om ’n wa te ontwerp wat sommer aan ’n hele wavrag van vereistes moet voldoen. Die wa moet byvoorbeeld deur ’n gemiddelde grootte trekker op die plaas gesleep kan word en van daar af wettig op die pad graansuier toe kan ry. By die graansuier moet hy kan kantel om die graan vinnig uit te gooi, in minder as vyf minute, want daar is nie tyd vir speel nie. Die bak kan ook nie voor oplig nie, want die aflaaiplek se dak is nie hoog genoeg nie. Die wa moet ook ’n behoorlike vrag kan dra om dit die moeite werd te maak en wanneer dit nie oestyd is nie, moet dit ander werk kan doen. Nico sê hy het mense wat sy graan aanry, maar die wa vul ’n gaping wanneer dit nodig is. Hy het byvoorbeeld
www.proagri.co.za
al in die aand die wa propvol koring gelaai en teen die tyd wat die kontrakteurs die volgende oggend kom graan laai het was hy al weer terug op die plaas van die silo af en het hy plek gehad vir nog graan om aan te hou stroop. Hy sê hy het met gemak so 15 ton gars gelaai en die wa bult-uit in vierde rat met sy McCormick 165 (48 kW) gesleep. Daarby voel hy ook veilig, want die hidrouliese remstelsel is baie doeltreffend.
Marianne, Nico se vrou wat kliphard saam met hom boer, sê dit is maklik om die kantflappe oop en toe te maak. Sy sê die wa is netjies gebou en lekker dig, dit is nie nodig om enige iets toe te plak om vermorsing te keer nie.
“Dis nie sommer ‘n hierjy-wa nie.” “Daai hidrouliese brieke trek die trekker dood agter. Ek het vroeër jare met ’n tientonwa met windbrieke gery, maar hulle het ook nie altyd gewerk nie,” vertel hy. Hy sê hy het nie kans gesien om ’n vragmotor te koop wat hy net in oestyd kan gebruik nie en met die wa word die trekker ook ten volle benut. Vandat die Legend-sykantelwa op die plaas aangekom het, het daar sommer nog vele gebruike na vore gekom. Voer kan aangery en net so maklik afgelaai word met die kantelaksie. “Ek kan hom ook gebruik om my saad wat ek skoonmaak aan te ry koöperasie toe. Dan hoef ek nie sakke toe te werk en so aan nie. So hy het sy doel by my op die plaas en hy is op die pad, so die spul kan my ten minste nie aftrek nie,” lag hy. “Dit is nie sommer ’n hierjy-wa nie. Die onderstel is dieselfde as daai groot Interlink-goed wat AFRIT bou, net ’n bietjie korter.”
Draai die boute los, lig die kante af en daar het jy ’n platbak wat enige iets, van ’n trekker tot grootpakbale kan aanry. Vind meer uit oor Agri Afrika se reeks oplossings vir boere. Skakel Marius Tolmay by 083-581-5709, 086-111-3692 of e-pos marius@agriafrika.co.za. Besoek gerus ook www.agriafrika.co.za. ProAgri 179 – Januarie / January 2015
13
Koop ‘n -planter en weet: Diens en onderdele is net ’n oproep ver!
Bestel en betaal jou -onderdele by jou naaste handelaar voor 28 Februarie 2014 om die spesiale nuwejaarsafslag van 10% te ontvang! *
Boer Blinkplan Praat met Hennie du Toit by 082-850-3744 of 056-817-7210 of e-pos sales@croptech.co.za. Besoek ook www.croptech.co.za. * Solank voorraad beskikbaar is 14
ProAgri 178 – Desember / December 2014
Maria Melkkoei wwww.proagri.co.za
Meganisasie Gewasproduksie
Kynoch kry nuwe aandeelhouer D
ie honderd jaar oue Suid-Afrikaanse kunsmismaatskappy, Kynoch, het op 1 Julie 2014 van eienaarskap verwissel nadat Export Trading Group (Edms) Bpk (ETG), ’n multinasionale maatskappy met ’n groot voetspoor in Afrika, die Kynochaandele van Farmsecure Holdings aangekoop het. ETG doen reeds die afgelope dertig jaar sake in Afrika en werk tans in 42 lande wêreldwyd. Die maatskappy se strewe is om die voorste verskaffer van Afrika-landbouprodukte aan die wêreld te word. Voorts streef ETG daarna om deur die globale bemarking van sy plaaslik-vervaardigde kommoditeite, ’n sleutelrol in die groei van die vasteland te vervul. Met die oog hierop, fasiliteer ETG nie net die afset van landboukommoditeite nie, maar verskaf ook insetkommoditeite aan die boere. Onder die nuwe ETG-eienaarskap is dit steeds “sake soos gewoonlik”
www.proagri.co.za
vir Kynoch. Met hulle strewe om die voorste verskaffer van plantvoedingsoplossings aan boere in Suidelike Afrika te wees, bly Kynoch steeds aan die spits van nuwe tegnologieë en innovasie. Voorts sal die maatskappy homself steeds toespits op die verbetering en doeltreffendheid van sy kunsmisprodukte en die verhoging van plantvoedingsopname deur gewasse, om sodoende die produktiwiteit en winsgewendheid van sy kliënte te help verbeter. Kynoch het die produksiemiddele, infrastruktuur en personeel om omvattende produkte en diens aan boere in die substreek te lewer. Die verkryging deur ETG via sy filiaal, ETG Grains, sal Kynoch egter in staat stel om die logistiek, infrastruktuur en handelsinergieë in die ETG-groep te benut om die Kynoch-handelsnaam en -voetspoor in Suid- en Suidelike Afrika uit te brei en die nalatenskap wat oor die afgelope eeu daargestel is, voort te sit.
Wen!
Ter viering van die geleentheid bied Kynoch sy kliënte die geleentheid om ’n bykomende afslag op hulle 2015kunsmisaankope te wen. Elke kliënt wat gedurende die seisoen die volledige reeks Kynochkunsmisprodukte koop (wat Kynopop™ en Oemff® insluit) sal in aanmerking kom vir die trekking wat bepaal watter gelukkige kliënt die bykomende afslag sal ontvang. Praat met jou plaaslike verteenwoordiger of besoek www.kynoch.co.za vir meer inligting.
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
15
Hulpbronbestuur Meganisasie
Shell en boerdery kom honderd jaar saam
deur Du Preez de Villiers Armand van Jaarsveldt, gebiedsbestuurder van Sebokeng Fuels, Ansie van der Merwe, bestuurder van Sebokeng Fuels se Heilbron-tak, Marise Hattingh en haar man Danie, by Shell se dieseltenks en die plaas se dieselkarretjies wat op ’n sentrale plek op die plaaswerf staan vir vinnige volmaak.
T
oe Jan Smuts net na die Tweede Vryheidsoorlog met Royal Dutch Shell begin onderhandel het oor hulle vestiging in die Unie, was oom Hans Hattingh senior, ’n boer tussen Devon en Nigel, wat in Smuts se kommando geveg het en later ’n groot vriend van die staatsleier geword het, so beïndruk met die maatskappy dat hy net daar en dan besluit het om net met hulle sake te doen. Hierdie besluit het in ’n lewenslange verhouding ontwikkel, wat oorgespoel het na sy seun, Hans junior, en kleinseun, Danie, wat vandag buite Heilbron boer. Danie se seun, Francois, boer al 14 jaar saam met sy pa en het 'n 10-jarige seun, klein Danie, wat hopelik ook eendag sy voorouers se skoene gaan
Armand van Jaarsveldt en die hulpvaardige personeel van Sebokeng Fuels is baie trots op hulle tak en maatskappy. www.proagri.co.za
plaas toe aangery totdat hulle die tak in Heilbron oopgemaak het. Sebokeng Fuels, nou een van Shell se handjievol Topverspreiders (Branded Distributors), se hoofkantoor is in Vereeniging met takke in Lichtenburg, Rustenburg, Warmbad, Ellisras en Pietersburg en dan Heilbron, waar 90 persent van dié tak se kliënte boere is. Met die nuwe tegnologie in die byderwetse toerusting op Danie se plaas is die werktuie baie sensitief vir die diesel en olie wat hulle gebruik. “Ons het een keer diesel vanuit ’n leë gifdrom wat met water uitgespoel was in die selfloopspuit se tenk gegooi,” vertel Danie. “Toe ons die selfloopspuit se enjin aanskakel, het dit ’n oomblik daarna gevrek. Die spuit se enjin het die amper weglaatbare klein persentasie vreemde deeltjies soos blits opgetel en gestop voordat dit kon skade maak. Jy kan nie meer kanse waag met die produkte wat jy in jou toerusting gooi nie.” Danie gebruik 300 000 liter Shell V-Power met ’n 50 ppm swaelinhoud per jaar in sy moderne toerusting, asook Shell se Rimula hidrouliese olie, TU Extra, wat spesiaal vir landbouratkaste vervaardig word, en Shell se enjinolie wat stiptelik tydens elke versiening vervang word. Shell se Gadus-ghries word ook met groot sukses tussen enige twee ysters wat teen mekaar werk, ingesmeer. “Sedert ek die vorige 500 ppm Shell Xtra diesel met die V-power se 50 ppm vervang het, het ek tot 12 persent brandstof oor ’n jaar bespaar. Sonder moderne enjin- en minimumbewerkingtegnologie en Shell se laeverbruikdiesel sou ek nooit kop bo water gehou het in hierdie mededingende tye nie,” sê Danie.
volstaan. Danie was ook op sy dag bestuurslid van Vrystaat Landbou en boer op verskeie plase in die distrik, waar hy mielies, soja en sonneblom verbou. “My pa het my vertel dat my oupa destyds die paraffienkonkas op sy klein tweesitplek Chevrolet-karretjie se agterste bak gelaai het en plaas toe gebring het vir die kar en die boerdery,” sê Danie. Toe my oupa in die twintigerjare sy eerste Farmalltrekker gekoop het wat ook op paraffien geloop het, was dit steeds Shell wat getrou paraffien en petrol aan hom verskaf het. Danie se pa het die boerdery in die dertigerjare oorgeneem. Hy het Vir meer inligting, skakel vir besluit om Heilbron toe te trek en die Réomè van der Westhuizen, verhouding met Shell moes saamkom. bemarkingsbestuurder van Shell, Hy kon toe sy Shell-produkte vanuit by 082-463-4344, of Armand van Heilbron bestel. Die eerste trekker wat Jaarsveldt, gebiedsbestuurder van sy pa gekoop het, was ’n Hanomag Sebokeng Fuels, by wat ook lekker op Shell se diesel en 083-287-1714. petrol geloop het. Shell het in die 1950’s vir die plaas sy eerste dieseltenk gegee, wat sake baie makliker gemaak het. Soos die boerdery oor die jare uitgebrei het, is die diesel in dieselkarretjies getap wat later tydens plant- en strooptyd die houtenks op die ander plase moes volhou. In 2001 het Sebokeng Fuels die onafhanklike voorkeurverspreider van Shell in die streek geword. Daar is baie sensitiewe enjins op Danie Hattingh se Hulle het eers die dieplaas, Sonneskyn, wat lag-lag aanhou en uithou met sel vanuit Vereeniging Shell se hoëtegnologie-diesel en -smeermiddels. ProAgri 179 – Januarie / January 2015
17
Meganisasie Veeboerdery
Boer baal en draai soja toe vir kuilvoer deur Du Preez de Villiers Die gebaalde soja se vog word met die McHale-baaltoedraaier benut om heerlike kuilvoer te maak.
Die McHale 991-baaltoedraaier werk maklik en vinnig om heerlike, voedsame kuilvoerbale van soja of oulandsgras te maak.
D
ie nut en voortreflikhede van soja word wyd besing, maar nou kom nog ’n waardevolle aanwending van dié kontantgewas na vore: Gebaalde en gebergde soja as voortreflike veevoer. Om soja suksesvol te baal en te berg kan ’n moeilike en langdradige proses wees en ook baie gevaarlik omdat dié oliesaadgewas sy vog lank na sny vashou, maar met ’n bietjie boerderyvernuf en goeie tegnologie kan sojavoer na die ‘onsekere volgende seisoen’ of selfs die seisoen daarna, oorgedra word. Adam Kethro is die eienaar van Greenfields en hy is baie in sy noppies oor die jongste neiging om sojabale toe te draai om kuilvoer te maak. Hy is oortuig daarvan dat dit ook lekker in Suid-Afrika gaan werk en tot boere se voordeel sal strek. “Gewoonlik moet sojabone eers hittebehandeling kry voor dit verteerbaar vir herkouers is, maar die kuilvoermaakproses los die probleem baie makliker op. Tydens Maart, sodra die soja tussen groen en geel is, moet dit so laag moontlik afgesny word en dan kan dit dadelik gebaal word. Die baler se kerwer moet ook nie eers aangeskakel word nie, want dit
www.proagri.co.za
veroorsaak dat van die bone verlore raak. Nadat ’n kuilvoerkatalisator bygesit is, kan die bale toegedraai word en met ’n McHale R5-baalgryper wat vooraan ’n trekker pas twee-twee opmekaar gestapel word. Dit kan vir twee jaar lê, solank jy goeie gehalte UV-weerstandbiedende plastiek gebruik en solank daar net nie ’n kwaaddoener met ’n skerp voorwerp naby die bale kom nie,” sê Adam. “Om die sojaranke laag af te sny is ook voordelig vir geenbewerkingboere wat gewoonlik in die stoppels kan sukkel. Die vroeg afsny gee ook vir boere geleentheid om wintervoergewasse soos hawer en stoelrog te plant wat die laat somerreëns kan benut,” sê hy. Francis Mandy, ’n boer van die plaas Welgegund naby Verkykerskop, het die McHale 991-hoëspoedbaaltoedraaier by Greenfields gekoop en die kuns van sojakuilvoermaak vervolmaak. “Sodra die soja net effens geel word, is die vogpersentasie reg om gesny te word,” sê hy. “Ons vel dit dan met ’n kantsnyer sodat dit nie te veel beskadig nie en kom dan dadelik met die baler agterna as die vog buite
op die soja aanvaarbaar is. Ons hark ook nie die soja nie, want dit maak te veel stof wat die gehalte benadeel. Indien die buitenste vog te veel is, kan ons ’n dag wag voor ons baal.” Hy stapel die toegedraaide sojabale twee-twee hoog. Gelukkig is die plastiek dikker aan die kante waarop hulle maats moet druk, sodat die materiaal nie maklik kan deursteek waar daar vertikale druk plaasvind nie. “My sojakuilvoerbale het ’n uitstekende 13 persent vog, wat heerlik sag is vir hoë verteerbaarheid en vinnig meng,” sê Francis. Adam het ook begin om sy gebaalde gras toe te draai: “In wisselvallige reënweer kan oulandsgras beter en langer benut word deur dit dadelik te baal en toe te draai as om twee tot drie dae te wag tot dit droog genoeg word vir gewone baal. Oulandsgras wat vroegoggend gesny word, kan op ’n sonnige dag na tienuur gebaal word. Die ander voordeel is dat oulandsgras wat deur die doelgemaakte McHale 5400- of McHale 5500-baler gekerf word, in kuilvoervorm sag genoeg is om die beeste se tande langer te laat hou. “In die wintermaande kan ’n boer ook die graskuilvoer wat net langs die land gestapel word met min moeite en vervoerkoste op die kaal lande uitstrooi vir die diere sodat hulle die land kan bemes terwyl hulle vreet,” sê Adam. Kontak Adam Kethro van Greenfields met sy eerstehandse ondervinding van die McHale-toedraaier by 082-557-6253 of info@greenagri.co.za. Besoek ook www.greenagri.co.za.
Verskans jou voerrisiko’s met die McHale-baaltoedraaier se kuilvoerbale. ProAgri 179 – Januarie / January 2015
19
Ons besoek... Meganisasie ORANIA
Ons besoek...Orania
Waar ’n wil is, is ’n weg deur Annemarie Bremner-Joubert
“O
ns meganiseer so ver as moontlik, maar as daar ’n vierkantige gat gegrou moet word, dan vat jy self die graaf en jy grou vir hom.” Cobus Nel van Orania gesels uit sy hart uit oor die bykans onmoontlike taak wat hy met net twee manne se hulp daagliks verrig. Hulle bestuur sestien spilpuntlande wat oor 220 hektaar in Orania versprei lê en dan doen Cobus ook kontrakwerk vir boere in die omgewing deur lusern te sny en te baal, weg te ry en te bemark. Cobus en sy broer, Willie, se suksesverhaal in Orania het begin toe hulle ouers soontoe verhuis het terwyl hulle nog op skool was. Hulle het
vakansietye vir besproeiingsboere in die omgewing gewerk en Willie is na skool as klerk by die dorpsraad aangestel, maar soos Cobus sê: “As jy eers ’n boer is, is jy ’n boer.” Hulle het eers saam grond gehuur en toe begin koop, ’n vervoersaak begin en vandag is Wilco ’n uitgebreide onderneming met onder meer ’n handelstak, ’n vervoerbeen en dan die boerdery wat Cobus se verantwoordelikheid is. Cobus het ook sy eie plaas, Broekskeur Boerdery. Die hart van die besproeiingsboerdery is die reuse pompstasie langs die Oranjerivier waarin drie stelsels bedryf word met pyplyne wat kilometers ver loop na die verskillende
Cobus Nel van Broekskeur Boerdery in Orania woeker met 16 spilpunte op 220 hektaar. 20
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
plase. In die pompstasie word die skedulering gedoen, asook die uitmeet en toediening van die nodige vloeibare oesbeskermingsmiddels en kunsmis. Cobus sê Orania het aanvanklik net hoewes van tot nege hektaar groot beskikbaar gestel en daarom het hulle so ’n versameling klein tweetoringspilpunte, maar waar hulle grond kon konsolideer of groter stukke bekom, het hulle tot sewetoring bielies. Dit neem ’n groot hap uit elke dag om net by elke spilpunt uit te kom en daar word intensief wisselbou beoefen met koring, mielies en lusern. So elke land het sy eie behoeftes wat fyn dopgehou word. Orania se beleid is om nie vreemde arbeid van buite toe te laat nie. Elke taak verg dus fyn beplanning en die regte toerusting. Cobus sê jou tyd moet doeltreffend gebruik word, maar waar ’n wil is, is ’n weg. “Vir my om alleen 20 hektaar lusern te baal en voor die volgende middag eenuur in die skuur gepak te hê, is niks snaaks nie. As dit langer vat, gaan ek voel dit mors tyd!” Met die krag van Bo Nog iemand wat nie glo aan tydmors nie is die jonge Zoey Botha wat ’n jaar gelede met haar eie skaapboerdery in Orania begin het. Sy het in 2010 matriek geskryf en toe haarself as seiljagkaptein gaan bekwaam, waar sy genoeg geld gemaak het om haar eie stukkie grond te bekom. Haar ouers het ’n steenfabriek op Theunissen in die Vrystaat, maar hulle wwww.proagri.co.za
Sy het reeds ’n plan of twee gereed vir skeertyd, want daar is ’n span van Bethulie wat in Orania kan werk, of so nie neem sy haar skape na ’n boer in die omgewing. As ’n mens so na haar ywer kyk, gaan dit nie lank vat voor haar eie skeerplek reg is nie. Sy sê sy sal by die Australiërs leer hoe hulle stelsels met min arbeiders werk. “Alles is moontlik, Tannie, maar dit vat baie krag van Bo,” sê sy. En wat van haar eie seiljag eendag? “Dit sal ’n kleintjie moet wees dat ek hier op die Vanderkloofdam kan vaar om naby die plaas te wees.” Saamwerk vir beter oeste Geen besoek aan Orania se boerderybedryf sal volledig wees, sonder ’n kuier in een van die vele pekanboorde en die reuse pekankwekery nie. Wat begin het as ’n pekanboord deur ’n
geesdriftige Orania-ondersteuner van Dendron, Ben de Klerk, het oor die afgelope 15 jaar ontwikkel in ’n ekonomiese stukrag vir die hele volkseie groeipunt. In omtrent elke oop ruimte, tot in die dorp, pronk die pekanbome met hulle vars groen blare in die somer. Die kwekery lewer landwyd boompies vir die groeiende bedryf en Renier Botha, wat tans in beheer van die kwekery is, sê hulle gaan nou deur ’n proses om hulle teelmateriaal se DNS te laat registreer, sodat boere in die toekoms gesertifiseerde bome sal kan koop. Daar is plek vir tot 50 000 nuwe boompies wat jaarliks in die kwekery gevestig en geënt kan word. Die kommersiële bome word almal geënt vir vinniger en beter produksie. Elke boompie word met die hand geënt en
Die jonge Zoey Botha het verlede jaar vir haar ’n skaapplaas in Orania gekoop met geld wat sy as skeepskaptein op seiljagte verdien het. wil hulle ook graag in Orania kom vestig en boer. “Ek teer maar solank die pad vir hulle,” lag sy. Zoey pak alles met borrelende geesdrif aan en dit is verstommend om te sien wat sy alles in ’n jaar se tyd vermag het met die hulp van een jong werker. Haar ouers ondersteun haar wel met raad en daad en allerlei boereplanne, soos skaaphekkies wat uit herwinde plastiek gemaak is en koeltedakkies op wiele wat na verskillende kampe gesleep kan word. “My ma is eintlik die praktiese een, want sy het op ’n plaas grootgeword. Sy het byvoorbeeld hierdie oopvouspuit agter op die vierwielmotorfiets geprakseer, sodat ek die onkruid in al die kampe kon doodspuit en maklik deur die hekke kon ry.” Die plaas wat sy gekoop het, is deur die vorige eienaar ingerig as intensiewe skaapboerdery, maar hy is oorlede voor hy kon begin boer. Daar was dus ’n verskeidenheid weidingsen hooikampe onder besproeiing en ’n skaaphanteringstelsel wat Zoey verder verfyn het om die lewe vir haarself makliker te maak. Met die stelsel kan sy van die kleinste lam tot die swaarste ooi met gemak kantel en laat lê vir enige prosedure. Zoey het vir haar veertig dragtige Merino-ooie “by die oom van Bethulie” aangekoop en haar kudde is nou 102 sterk. “Ek het ongelukkig elf lammers verloor, maar ek dink nie die aanwas is te vrot nie,” sê sy. Sy sê sy leer maar so in die praktyk hoe om met skaap te werk en sy is nie bang om te vra nie. “Ek sal maklik ’n oom bel en sê hierdie ooi lyk nou so en so, en vra wat moet ek doen.” www.proagri.co.za
Die groeiende pekanneutbedryf in Orania en wyer word deur hierdie reuse kwekery ondersteun vertel Renier Botha, kweekhuisbestuurder.
Die eerste strooibaalhuis in Orania is deur die argitek, Christiaan van Zyl, gebou. Sedertdien het dit ’n gewilde boumetode geword. ProAgri 179 – Januarie / Janaury 2015
21
weer eens is dit die groot uitdaging om in die kort vensterperiode tot hulle beskikking genoeg boompies gevestig te kry. Aangesien baie van die boorde aan “uitwoners” behoort wat graag in Orania wil belê, word die meeste van die boorde saam bestuur en daar is stewige meganiese snoei- en oestoerusting wat ingespan word, sodat daar nie massas arbeiders nodig is nie.
Die aardskip van Ludwig Everson is feitlik voltooi en lok vele besoekers, vandaar die bord wat die hele konsep verduidelik.
Selfs in die straat met sy skeepsvraghouerhuisies spog elke dak met sy sonkragpanele en sonwarmwaterstelsel.
Doen dit self, met die son In die hele Orania heers daar ’n gees van positiewe doen-dit-self-denke en unieke maniere om probleme aan te pak. Byvoorbeeld, om vervoerkoste van boumateriaal en arbeid te bespaar, word daar van allerlei alternatiewe boumetodes gebruik gemaak soos strooibaalhuise en daar is selfs ’n “aardskip” wat vir sy eie energiebehoeftes sorg. Die oorvloedige son in die Karoo word goed ingespan met sonpaneelprojekte en die dorpsreëls bepaal dat geen elektriese warmwatertoestel in enige nuwe gebou geïnstalleer mag word nie. Elke dak het sy sonketel. Soos Cobus sê: “Dit gaan hier oor ’n gedeelde ideaal. Elke ou wat vir jou werk moet inkoop in die idee. Sy hart moet hier wees.” Vir meer inligting oor die unieke dorp en sy landboubedryf, besoek gerus www.orania.co.za.
Herstel van spilpunte Uitwys van kabelfoute Herstel van pompe, motors en aansitters Installeer selfoonstelsels op pompe en spilpunte Installeer sonpompstelsels Ontwerp en installeer sonkragstelsels Ontwerp en installeer kragomsetters Bou en herstel van oorhoofse lyne
Pro-Test Electrical protestelec@mweb.co.za Fax to Email : 086 716 7800 Tel: 051-433-1978 / 082-550-1561
22
ProAgri 179 – Janaurie / January 2015
wwww.proagri.co.za
Veilings
NORMANDY DOHNES 9th Production Sale
Tuesday,
24 February 2015
(under the auspices of the Dohne Merino Breed Society)
60 AA and A Rams Jean de la Harpe: 040-555-1006 / 084-676-3111 E-Mail: grassdale@telkomsa.net Lionel de la Harpe: 040-555-0034 / 084-487-7979 E-Mail: pspcc@global.co.za Kleintjie Pienaar: (BKB): 082-823-0648
DE LA HARPE – GRASSDALE, GRAAFF-REINET www.dohnemerino.org/normandy
www.proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
23
GeneGids
Die Brahman Beestelersgenootskap van SA T: 051-446-4619 /3452 F: 051-446-3184 24
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
E: info@brahman.co.za W: www.brahman.co.za www.proagri.co.za
GeneGids
www.proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
25
GeneGids AgriGids
Bakkie Covers
Ice Blue- seile
T A R P S Lapa - Gordyne ne
P.V.C Seile
Bronkhorstspruit it –Tak T k Mii Middelburg-Tak 013-93-24248 013-246-1483 013-9321927 013-246-1630 082-851-8724 Orpie 082-851-8724 Orpie liontarps@gmail.com liontarpsmid@gmail.com 44-Lanhamstraat 14-Literstraat Bronkhorstspruit Middelburg
BISON KONSTRUKSIE Vervaardigers van alle grootte staalskure, pakhuise, fabrieke, veekrale, hoenderhokke, ens. s.
SKAKEL ONS GERUS VIR GOEIE PRYSE! ALLE GROOTT ES:
ALLE GROOTTES: 15 x 30 x 4 m 6 x 20 x 3 m 15 x 20 x 4,5 m 6 x 30 x 3 m 15 x 30 x 4,5 m 9 x 20 x 3 m 18 x 20 x 4 m 9 x 30 x 3 m 20 x 30 x 4,5 m 12 x 20 x 3 m 25 x 30 x 6 m 12 x 40 x 3,5 m 15 x 20 x 4 m Spesiale Aanbod op die 12 x 40 x 3 m Kantoor 072-878-0654 | Nardus 076-550-5615 Faks 086-542-0135 E-pos: info@bisonconstruction.co.za www.bisonconstructionsa.Weebly.com
26
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
Nader ons vir vinnige kwaliteit diens. Enige grootte, volgens u behoefte.
www.proagri.co.za
Now on Special.
• Laai drie groot rondebale een na die • Een trekker doen drie trekkers se werk • Die “DRIE-DUBBELE VURK” betaal vir homself in elf werksdae Myburgh Toerusting - Ermelo Jannie: 082-417-0175 mybtoer@gmail.com www.mtoer.co.za
R15 000
+BTW
Het jy geweet? -
Daar word elke maand 40 000 ProAgri’s gedruk en versprei. Die massa tydskrifte weeg ongeveer vier ton. ProAgri word sedert 1994 landwyd versprei. ProAgri word in 453 poskantore in boere se posbusse geplaas. ProAgri is ook in rakkies of op die toonbank in 425 landbouwinkels. - Dié punte is in 582 stede, dorpe en plekkies landwyd.
www.proagri.co.za
Order online: www.fourlakes.co.za or email info@fourlakes.co.za
Tel. 021 557-0606
ProAgri is elke maand landwyd gratis beskikbaar in
453 poskantore 425 landbouwinkels Adverteer jou onderneming in ProAgri 0861-777-225 info@proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
27
AgriGids
Spaar HOPE geld en tyd!
100% Comfortable! 100% Waterproof!
AgriGids
Importers of Engines & Gearboxes FULL RANGE OF MERCEDEZ BENZ ADE: OM352,366T,OM442,OM447 ATEGO -OM904T,906T, ACTROS – OM502,542 AXOR – OM457 AND MANY MORE
Call now!
engineden@wol.co.za enginede i d n@wol @ l co za / www www.engineden.co.za engin i
TEL: 012-386-2786 / FAX: 012-386-1786 311 Stephenson Road, Pretoria West, (next to Iscor) 28
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
Veeverliese
LAAT FAUNA TRACK JOU VEE DOPHOU. Praat saam op
Probuzz
’n Elektroniese merker soos ‘n halsband• Plaaslike netwerkstelsel met sonkrag• Fauna Web-sagteware•
Monitor jou kudde 24/7
www.proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
29
AgriGids
TRIPROD Verskaffer van verskeidenheid vee- en landbouprodukte Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech. Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte
Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86, Oranjesig, Bloemfontein
30
ProAgri 179 – Januarie / Janaury 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
www.proagri.co.za
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
31
AgriGids 32
ProAgri 179 – Januarie / January 2015
www.proagri.co.za
AgriGids
Tree Spade
Auger
Phoenix Attachments Trencher
Stump Grinder
Tree Shear GEHL RT210 Skitsteer
GEHL V330 Skitsteer
Danie C: 076-318-6361 F: 086-601-3588
Mulcher
phoenix.attachments@gmail.com
Rotary Mower