01 Des 2019

Page 1


01 Des 2019

Die erediens word gelei deur Ds. Stanus Cloete Teks: Rom.13:8-14 Tema: God se nuwe dag van hoop het aangebreek Deurkollekte vandag:

Liggiefees

Vir voorbidding

Wyk

Kontakno

® ® ®

® ® Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 01 Des a Erediens— 08:30 Ds Stanus Cloete a Kerssangdiens—19:00. Bring asseblief ‘n bordjie eetgoed vir die tee na die tyd.

Maandag 02 Des a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.

Saterdag 07 Des a Kerkwerkdag— 08:00—13:00. Nie finansieel in staat om ‘n dankoffer te gee nie? Kom gee jou gawes/talente. Drinkgoed & ligte middagete sal voorsien word. Kontak Hennie vir meer inligting—083 561 7813

Sondag 08 Des

a Erediens— 08:30 Ds Stanus Cloete

Baie welkom by ons! Soek gerus vir Tommie Louw by die inligtingstoonbank op vir ‘n vorm om u attestate aan te vra of skakel die kerkkantoor Dinsdag—016 364 1484

Tommie Louw Gemeente bestuurder

Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word.


Mientjie Schutte E4 071 512 3012

Joyce de Jonge E5 Adriaan vd Westhuizen D8 076 068 9767 082 367 0273

Baby Terblanche D6 072 143 7776

Stoffel Visagie C2 073 726 8948

‘n Vreugdevolle

lewensjaar word jou

toegebid vir 2019 nms

Kerkraad & Admin

Zhane Buys E1 083 616 9182

Christo Vermeulen C2 082 383 7527

Danie Naudé D3 082 855 3403

Marlene Pitout DEW 082 80 7678

Luné Brits E6 072 505 55924

Michael Riese C8 071 638 7456

Mieke Nel D2 072 376 9200

Tyler Gagiano E2 078 812 7934

Anél Vermeulen C2 082 383 7527

Chantell Kok D1 083 579 7774

Bestuur.

Alicia Swart E5 079 675 3252

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het!


-

-

-

—

-


–


-

-

-

-


–


-


·

-


-

-

·

·

-

·

-


·

·


Op die laaste Sondag van Koninkrykstyd (vanjaar 16 Junie tot 24 November) word ons bewus dat ons op die drumpel staan van Adventstyd (dit begin op 1 Desember) en die beloofde koms van Christus, dié Koning van alle konings. Wanneer jeus oor die koninkryk van die hemel praat, word dit vir sy volgelinge deel van hulle onmiddellike werklikheid. Veral wanneer Jesus in Matteus 25:3146 hulle uitnooi om deel te word van sy koninkryk omdat hulle sorg vir die geringstes onder ons. Hy noem ook wie die geringstes onder ons is: hongeriges, vreemdelinge, gevangenes.

- Uit Woord en Fees, Bybel-Media

©

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het tot Saterdag se gemeente afsluiting: Fanie vir die Musiek, Kobie vir die versierings, almal wat eetgoed gebring het.

©

Baie dankie vir die geskenkies! Ons het die volgende ontvang:

* * * *

Dames R1 540 Mans R940 Wasvadoeke ontvang: 9

Afdroog vadoeke ontvang: 23


— -

-

· -

·

-

·

-

-

-

Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, - Jes. 49:16


— — Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714


Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkingsvaardighede word dringend hier benodig.


Þ -

Þ Þ

-


-

· · ·

-

· ·

· · · · · · ·

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.