01 September 2019

Page 1


01 Sept 2019

Die erediens word gelei deur Ds. Stanus Cloete Teks: Hen 13:1-6 Tema: Die ander is ons vreugde, daarom roep God ons op tot gasvryheid. Deurkollekte vandag: Bybelverspreiding

Vir voorbidding

Wyk

® ® ®

Kontakno

® ®

®

-

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 01 Sept a Erediens— 08:30 Ds Stanus Cloete a Blokrade na die diens Maandag 02 Sept a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.

Dinsdag 03 Sept a Oesfees—19:00 in die saal om die mini Oesfees te bespreek. Donderdag 05 Sept a SorgAksie—10:00 in die kerkkantoor. Sondag 08 Sept a Erediens— 08:30 Ds Stanus Cloete a Kinderkerk uitreik na Homewell & Eagle Wings. Borge word gesoek vir die aksie asook hande om met die reëlings te help. Kontak vir Ounooi indien jy kan help—082 330 0006

Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, - Jes. 49:16


Nol Brits DEW 082 443 6768

Jandré Viljoen C3 078 347 3375

Loma vd Merwe D5 071 200 3740

Karlandi Kleynhans E5 060 361 6443

Izak Venter B5 079 226 6124

Alexa Conradie D3 062 567 0360

Fanie v Rooyen C5 083 299 2163

Deon Jv Vuuren C4 079 662 4309

Lettie Esterhuizen D5 078 743 5876

Neriche Kleynhans E5 060 361 6443

Hetta Kroukam C6b 076 719 0588

Zandrie Nel D2 072 376 9200

‘n Vreugdevolle lewensjaar

word jou toegebid vir 2019 nms Kerkraad & Admin Bestuur.


Bianca Fourie D5 074 369 8037

JP Maree B4 076 855 4822

Carmen Oosthuizen A3 083 415 0398

Juan Jardin D3 061 483 5431

Micalea Oosthuizen A3 083 415 0398

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! Bernardus Fourie D5 081 832 0801

Magda Riese C8 076 884 0467

Neil Pitout DEW 082 929 4757

Vanaf Woensdag 4 September is ds. Christman Krige (ons konsulent) elke Woensdagaand beskikbaar vir huisbesoek. Kontak hom asseblief by 083 655 9783 en tref die nodige reĂŤlings met hom.

Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word.


-

-

-

-


Leierskap: Hoe wys ‘n mens in jou werk(maak nie saak hoe hoog of laag jy tans in die hiërargie is nie) dat jy God in jou lewe het? © ©

Deur ‘n leier met ‘n dienskneg-gesindheid te wees na die voorbeeld van Christus. Deur alles wat jy sê of doen in balans te prober hou.

©

Deur met almal ‘n warm en eerlike verhouding in jou omgewing te hê.

©

Deur genadig en vol deernis teenoor ondergeskiktes op te tree.

©

Deur hulpvaardig en vriendelik te wees teenoor ouens wat sukkel.

©

Deur jou tyd te bestuur.

©

Deur in konfliksituasies die saak uit tepraat en dan te vergewe.

©

Deur haalbare mikpunte en moreel regverdigbare prioriteite te stel.

©

Deur selfs in harde besigheidsbesluite God se beginsels te onthou en eerbiedig.

Die sinvolheid of leegheid van ‘n mens se lewe word gemeet aan die mate waarin jy voel dat jou lewe ‘n impak op die van ander gehad het


Jacques

Chanel

Rentia

Luan

Owen

– Wiskundig is die ontleding seker nie te moeilik nie, nul plus nul is gelyk aan nul. Indien ons enige ander syfer gebruik kan ons onmoontlik nie by die antwoord uitkom nie. Kom ons kyk hoe die formule deur die Woord van God aan ons bekend gemaak word: Matteus 6:14 en 15: “As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle Hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”


— -

-

· -

·

-

-

-

-

·


— — Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!


Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkingsvaardighede word dringend hier benodig.


In werklikheid gaan vergewing nie daaroor om iemand anders kwyt te skeld van hulle oortredings nie, of dit wat hulle aan jou gedoen het nie. Dit gaan om net een aspek en dit is om onsself te bevry in die naam van Jesus Christus. (Cherie Hill – Vergewe en Leef) ‘n Selfsugtige- of onvergewingsgesindheid lei tot ‘n wye reeks sielkundige - en selfs fisiese gesondheids probleme. Ons gaan nie in hierdie artikel daaroor uitbrei nie. Dit is net goed om te verstaan dat jy die bogenoemde onaangenaamhede oor jouself bring wanneer jy hardkoppig is en weier om te vergewe en te vergeet. Wanneer God volgens die nuwe verbond verwys na die bloed van Jesus Christus wat ons vry gekoop het van alle ongeregtighede, doen Hy dit met ‘n belofte dat Hy nie meer aan ons sondes of oortredinge sal dink nie. Hebreërs 10 vers 17: “Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal ek nooit meer dink nie.” Lees gerus ook Jeremia 31 ter aanvulling. Dit is dalk hierdie week die aangewese tyd om jou afhanklikheid met die verlede te breek en jou volle afhanklikheid van God aan te kondig. Maak plek in jou siel sodat die Heilige Gees daar kan intrek en maak die nodige verstelling/s aan jou gesindheid sodat dit die beeld van Jesus Christus kan verheerlik. Dit gaan soms die verstand te bowe dat mense hulself toelaat om met onaangename herinnneringe saam te leef en hulself sodoende dag-na-dag op ‘n onverantwoordelike wyse martel. Vergewe en vergeet is beide werkwoorde, elkeen dui op ‘n aaneenlopende aksie en die aksie sal nooit tot ‘n einde kom tensy die gebruiker besluit dit is volbring, voltooi of afgehandel nie. Ons is geneig om die bogenoemde werkwoorde met die enkele werkwoord “onthou” te vervang en so bring ons ‘n omgekeerde waarde aan ons Christelike verantwoordelikheids formule. V+V=V (Vergewe plus vergeet = vryheid of verlossing) Moenie jou gawe van vrye keuse misbruik deur dit vir die boosheid van Satan te offer nie, hy sal beslis “onthou” om op jou vyandigheid, harkoppigheid en ander emosies beslag te lê en sodoende maksimum voordeel vir homself daaruit put. Dit sal nie noodwendig maklik wees nie, maar troos jou daaraan dat dit in die naam van Jesus Christus makliker sal wees om te vergewe en te vergeet, op jou eie sal dit vir jou heeltemal onmoontlik wees. Mag die formule vir jou ware verlossing en saligmaking bring sodat jy die oneindige barmhartigheid en genade van die Here sal ervaar en daardeur elke oomblik van jou lewe aan Hom sal opdra en geniet. Onthou, jy sal sukkel met vergifnis as jy daarmee wil sukkel!


-


Þ -

Þ Þ

-


-

· · ·

-

· ·

· · · · · · ·

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.