03 Okt 2021
Die erediens word gelei deur Prediker: . Ds. John Myers Teks: Op 2:18-29 Tema: Die tyd wat die Here aan ons gee, loop uit! Dankoffers word by die deure ingeneem:
Vir voorbidding
Wyk
x x x x x
x
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 03 Okt a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 04 Okt a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Sondag 10 Oktober a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 11 Oktober a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Vrydag 15 Okt a FK (finansies) 09:00 In die kerkkantoor—ouderlinge moet asseblief dié vergadering bywoon, diakens is ook welkom., asook enige iemand anders met finansiële kennis.
Sondag 17 Oktober a Erediens — word gelei deur ds John Myers. a Kategese reünie—tannie Ounooi nooi al die kinders om weer bymekaar te kom. a MELAS (Musiek, Erediens, Leer– en Aktuele Sake) na die erediens. Indien jy sou belangstel om saam te sing, die rekenaar of die mengbank te leer hanteer, is jy welkom om saam te kom vergader. Dit sal nie lank neem nie.
Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!
JY is die kerk!
—
‘n
Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid
vir 2021 nms Kerkraad & Admin Bestuur. —
Vier die dag wat die Here JOU gekies
het as Syne!.
Arnold Venter, ons karwag, maak seker voertuie is veilig tydens die erediens.
Wanneer jy dus by jou voertuig kom, dink asseblief aan hom en gee hom iets vir sy moeite. Indien jy van Arnold se dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus—076 010 9891
-
-
-
–
–
–
-
-
-
-
-
-
Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word. Die bankbesonderhede verskyn op p1 vir direkte inbetaling. Daar is ook ‘n na-ure gleuf in die muur van die kantoor aan Villette straat se kant. Maak net seker u druk die koevertjies mooi diep in. Die kerk se finansies is op die stadium beroerd. Ons sukkel om ons verpligtinge na te kom, veral omdat ons nie dienste kan hou nie. Ons vra dus elke lidmaat wat nog nie ‘n bydrae gelewer het nie, om selfondersoek in te stel en by die Here te hoor wat Hy van u verwag.
Fuleni Funerals
Eva
AVBOB Magda Immanuel Ondernemers Annetjie
Reitz str Lochstraat Gallowaystr
016 362 1278 082 927 9264 016 362 1048 016 362 4311
Geen begrafnispolis? Skakel jou raadslid en vra hulp. Daar is fondse vir families beskikbaar.
—
— j -
—
Ds. John Myers is beskikbaar indien u behoefte het om met ‘n predikant gesels. Kontak hom gerus op 076 457 8693
Ds. John
–
–
-
Baie welkom by ons! Soek gerus vir Tommie of Corrie Louw by die inligtingstoonbank op vir ‘n vorm om u attestate aan te vra, skakel die kerkkantoor Dinsdag— 016 364 1484 of vir Louise 082 821 7493. Indien u ‘n vorm geneem het, onthou asseblief om dit weer in te handig sodat ons by u kan kom kuier.
–
- -
-
Tommie en Corrie Louw Gemeente bestuurder / Koster
Ds. John
-
— —
Die WYKSLEIER/DIAKEN is ‘n amp met groter geestelike impak. Dit behels die volgende: 1.
Om op die betrokke blokraad te dien en Gees-vervulde besluite te help neem wat tot voordeel van God se Koninkryk op aarde is.
2.
Om saam met die voorsitter die betrokke Blokraad te lei en dien.
3.
Om ‘n voorbeeld t.o.v. die positiewe, kreatiewe betrokkenheid te wees.
4.
Om die werksaamhede in die bedieing te koördineer, te beplan en te kontroleer veral t.o.v. die geestelike versorging van elke gesinslid.
5.
Om die lidmate in die wyk saam te snoer tot ‘n hegte eenheid waarin medegelowiges mekaar tot diens is in ‘n gesindheid van liefde, onderlinge steun en meelewendheid, asook dat hulle ingeskakel is by die breë werksaamhede van die gemeente. Groter betrokkenheid die aksie-woord.
6.
Om gereeld die eredienste by te woon, om te waak oor die eredienste en te verseker dat dwaalleer nie die kerk binnekom nie en minstens een Sondag per maand diens te doen by die deure.
7.
Om te verseker dat die blok se unieke sake aangespreek en bestuur word, asook dat die jaarlikse Blokvergadering gereël en gehou word waartydens elke lidmaat van die betrokke blok geleentheid het om hul inset te lewer oor die werk en fokus van die blok.
8.
Om die hele wyk elke maand deeglik te besoek en stiptelik en sonder versuim daaroor verslag te doen aan die blokleier.
9.
Om ‘n positiewe, gesonde en meelewende gees en gesindheid in die wyk te skep en maandeliks ‘n wyksbyeenkoms te organiseer en te lei aan die hand van die riglyne wat beskikbaar gestel word.
10.
Om gereeld vir elke lidmaat in die blok, asook die blokraad, kerkraad en personeel van die gemeente, te bid.
11.
Om ‘n dinamiese, kreatiewe en sinergistiese span te vorm saam met die leraar, gemeentebestuurder en personeel tot voordeel van die gemeente.
©
B4 (Ouderling ds. John—076 457 8693)
©
C1—C8 (dus AL die wyke) (Ouderling Nico van Eeden—082 822 0485)
©
D2 (Ouderling Hennie van Loggerenberg—083 561 7813)
©
E3 (Ouderling Hans Labuschagne—082 595 9299)
— Die ouderdom is `n blikslater.... Hy bekruip jou. Soos droogte in die Boesmanland. Stadig. Maar seker. Hy maak jou krom. Hy maak jou stom. Hy maak jou vergeet. Hy knibbel stomp-tand aan eergister se onthou. Hy stroop die bas van jou onthouboom. Hy los jou alleen. Met net gedagtes. Ver gedagtes. Wat jou terugvat na jou jonkweesdae. Jou eerste Daan Desimaal jare. Springbokradio dae. Pip Freedman en Four Jacks and a Jill jare. Charles Jacoby en Jim Reeves jare. Draadloosjare met oom Jan Cronjé en tannie Esmé Euvrard. "So maak mens!" Middagstories soos die Du Toit`s van Soetmelksvlei, Geluksdal, Dans van die Flamink, Wolwedans in die Skemer, As die Naguil roep en Patrollie 33 Charlie. Maar die ouderdom maak jou ook astrant. Soms neuk hy stroom-op met jou. Na daar waar jy weet jy nie eintlik moet gaan krap nie. Want dis die plek van die Groot Nostalgie. Wanneer jy sonder dat jy wou, skielik daai ou droë Heimweeboom begin klim. Ja, hoog in die takke is jy. Jy raak dik gedrink. Van die verlange se waters. Jy boor diep. Slukkie vir slukkie drink jy uit blou jare terug se vars boorgate. Jou kinderjare. Skoolgaanjare. Vingerbordjare. Bok-bok-staan-styf jare. Jonk-verlief-wees jare… Soms praat jy met jouself. Saggies. Of so dink jy. Want jou ore hoor nie meer soos destyds nie. Al is hulle nou groter... Ja, jou gesig krimp, maar jou neus en ore word groter. Jou tande raak stomp. Jy word lomp. Ouderdom is soos `n steeks donkie. Hy briek jou. Jý wil, maar jou bene steek vas. Viervoet vat hy jou vloer toe. Loopraam toe. Soos `n kind. Só stroop hy jou selfvertroue. Gister se bravade maak plek vir vandag se bang. Ouderdom steel. Jou onafhanklikheid. Jou karsleutels. Jou lisensie...Hy lewer jou oor. Aan ander se genade. Hy maak jou sag. Weerloos. En eensaam. Hy laat jou huil. Sommer oor niks. Sommer oor alles.
Die ouderdom is `n wetter. Met `n hoofletter! Hy ruk jou uit jou huis uit. Ontvoer jou. Teen jou wil. Huis Herfsblaar toe. Waar Matrone jou baas is. Huisreëls jou bind. Styf. Vas. Met oumenstoue. Waarvoor jy `n helse prys betaal. Letterlik. Terwyl jy Genadebrood moet eet...En perdesalf op ou spiere se seer smeer. Ouderdom druk jou smaakkliere toe. Jy verloor jou proe. Hy vat jou eetlus weg. Jou energie. Hy breek jou spoed. Maar ouderdom leer jou ook geduld, want die kinders kom kuier op húlle tyd. Ouderdom laat jou spog. Te veel. Oor die kleinkinders. Wat jou siel lawe! Saam met die jare se grysheid, kom daar darem ook `n bietjie wysheid. En diepe dankbaarheid. Vir gespaarde jare uit Sy hand uit.
Maar dan. Later. Raak jý stadig maar seker weer kind. Moet jy gewoond raak aan die alewige verkleinwoordjies... En om na jou kinders te luister! Hemelse Vader, net U weet hoeveel van ons bejaardes, goue jeug, is eensaam en verlate. Raak asseblief lidmate, bure, families en vriende se harte aan en maak hulle oë oop om hierdie kosbare mense raak te sien, te help en te gaan kuier. Soveel van ons geskiedenis en ook kennis, is in hulle geheue, net reg vir oordra. Amen
-
Þ Þ Þ
-
—
-
— Meyerton NgMoos https://www.facebook.com/louise.vermaak.311/
-
· · ·
-
· ·
· · · · · · ·
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!