04 Aug 2019
Die erediens word gelei deur Past.. Elize Pieters Teks: Tema: Deurkollekte vandag: FEBA Radio
Vir voorbidding
Wyk
®
Kontakno
® ® ® ®
®
-
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 04 Aug a a a a
Erediens— 08:30 FEBA radio Blokrade—soos gereël deur ouderlinge MELAS na die erediens Kerkraad —17:00 in die kerksaal
Maandag 05 Aug a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.
Donderdag 08 Aug a SorgAksie—vergader 10:00 in die kantoor. Sondag 11 Aug a Erediens— 08:30 Ds Elise Klut Sondag 18 Aug a Erediens— 08:30 Ds Johan Pypers a Ringsitting—12:00
Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, - Jes. 49:16
—
Jes. de Beer B1 083 711 7704
Nelie Koen B4 082 417 8840
Johan Higgs D3 082 852 6638
Adrian Venter B5 073 113 7341
Marietjie Terblanché D3 079 502 0447
Maryke Theron C8 083 575 0481
Nadia le Roux D7 082 043 7155
Salomi vd Westhuizen D8 082 367 0273
‘n Vreugdevolle lewensjaar
word jou toegebid vir 2019 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Riët Germishuys B5 076 486 3001
Hannes Judeel C6b 076 411 6928
Vier die dag waarop die Here JOU gekies het!
-
-
-
-
-
—
–
— -
–
-
–
· -
·
-
-
-
-
·
—
— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.
Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!
Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!
—
Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.
Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.
Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.
Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer
Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.
—
As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.
Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!
Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.
Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.
Leer-en-Aktuele-Sake:
Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.
Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkingsvaardighede word dringend hier benodig.
Probeer hierdie maand:
-
— In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word
vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” – 1 Timoteus 2:1-4. As gelowiges moet ons onthou wie ons is en waartoe God ons geroep het – veral in uitdagende tye in ons land – want ons taak is om hoop te bring en ons hoop by die regte Bron te vind. Opdrag om te bid “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” – 1 Timoteus 2:1-4 (OV). Paulus moedig Timoteus aan om te bid omdat hy weet wat die voordele van gebed is. Dit lei ons van passiwiteit tot ’n aktiewe geloof in die Here. Paulus moedig ons aan om nie kortsigtig te bid nie; hy wil hê dat ons moet opkyk en volgens God se plan vir ander bid. Wat is die primêre doel van jou lewe? Paulus sê ons moet bid “sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei”. Die vrede wat hy daar beskryf, is nie die “vrede” van die wêreld nie; ’n vrede wat jy voel omdat jy ’n goeie voorsorgfonds, of ’n goeie beleggingsbasis het of omdat jy veilig agter ’n hoë muur woon nie. Die vrede waarna Paulus verwys is die soort vrede wat kom omdat jou lewe uitgestort word ter wille van die Evangelie. Jou lewe word “gebruik” sodat ander die Here kan leer ken. Glo ons as gelowiges regtig dat dít die primêre doel van ons lewens is? As jou lewe bloot draai om jouself en jou gesin se gemak, hoe betekenisloos is jou bestaan dan nie? As jou lewe gewy word om die waarheid van die Evangelie te verkondig aan dié wat dors na die waarheid en wat swaar dra aan hulle laste; om te sien dat die hoop binne jou, die hoop in hulle word wanneer hulle hul Verlosser ontmoet – dít is ’n lewe met ’n doel! Dit is presies waartoe God ons geroep het. Sodat mense gered kan word. God gebruik elke situasie sodat mense gered kan word God gebruik die situasie waarin Suid-Afrika homself bevind sodat baie gered kan word. Baie mense wat nie voorheen die knie wou buig nie, sal dit vir die eerste keer weer doen, omdat al die ander opsies uitgeput is. Die enigste opsie wat oorbly, is God. Ons is geroep vir ’n tyd soos hierdie. Moet dus nie swyg wanneer jy voel die Gees lei jou om iets te sê nie, praat. Verkondig Sy waarheid. Dit is waarvoor God ons geroep
het. Jou hart verander wanneer jy bid Paulus sê: “Kom bid vir alle mense.” Dit is oënskynlik so ’n eenvoudige ding om te doen. Hy sê ons moet met smeking vir alle mense, vir leiers in hoë posisies, bid. Dit voel dalk so onbenullig om vir “alle mense” te bid, maar wat gebeur met jou hart wanneer jy bid, veral vir jou vyande? Jou hart versag, jy hou op om hulle vanuit jou perspektief te sien. Jy begin om hulle deur God se oë te sien en dan vul ’n diepe medelye jou. ’n Begeerte vul jou om die waarheid van die Evangelie met hulle te deel. Wat bedoel Paulus? Wanneer Paulus ons aanmoedig om vir alle mense te bid, sê hy: “My seun, my dogter, kom uit by ’n plek waar jý die knie voor God buig, waar jy bewus is van die geestelike stryd wat in die geestelike ryk woed.” Hy nooi ons uit om te besin oor ons eie geloof, of ons luister na die leiding van die Heilige Gees. Wanneer mense in jou gedagtes opkom, bid vir hulle. Bid en plaas ’n wag voor jou mond Wanneer ’n mens die televisie aanskakel word jy gekonfronteer met die beroering in ons land, wees versigtig om nie sommer net uit te spreek wat in jou gedagtes opkom nie. Bid vir daardie individue soos die Here dit op jou hart lê. “Here, ek bid dat U waarheid selfs die hardste harte sal binnedring en dat hulle lewens nie net om hulle eie begeertes sal gaan nie, maar om U glorie. Dít is waarvan Paulus praat, dat ons geloof ’n lewens-kragtige geloof sal word, namate ons bid soos die Here ons lei. Hoekom juis bid vir dié in gesag? Ons moet bid vir leiers en mense in gesagsposisies. Hoekom? “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” – 1 Timoteus 1:4. Hoekom moet ek dus vir leiers en vir presidente bid? Eerstens, sodat hulle gered kan word. Nie alle leiers is gelowiges nie, daarom is dit soms moeilik vir ons om vir hulle te bid. Dikwels is hulle oneerbare mense wat God nie eer nie. Ons moet egter besef dat God selfs ’n goddelose mens vir Sy doel kan gebruik. As ons na die geskiedenis en groot verdrukking kyk, selfs waar die Christendom verbied is, is dit juis daar waar Christene die meeste floreer. Dus bid ons nie vir ’n stil, rustige lewe nie, nee, ons bid vir omstandighede vir die Evangelie om te floreer. Ons gee nie om of ons afgegradeer word tot rommelstatus as ’n land nie, want as mense in ons rommelstatus die Here kan leer ken, dan word God verheerlik. As God in my “ligte verdrukking wat vir ’n oomblik duur” omstandighede gebruik om lewe en hoop vir ander te bring, laat God dan daardeur verheer-
lik word. Daarom bid ons vir ander en vir leiers, vir presidente – dat hulle die Here sal leer ken. En deur die omstandighede wat hulle te weeg bring, sal baie ander die Here leer ken. God is aan die stuur van leiers “Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.” – Spreuke 21:1. Die leiers is soos ’n kanaal van water vir die Here, Hy is aan die stuur. Pres. Cyril Ramaphosa is onder die volle beheer van die Here. President Donald Trump is onder die volle beheer van ons Verlosser – hy kan niks doen wat God nie toelaat nie. Vladimir Poetin is onder volle beheer van God, hy is soos ’n stroom water in God se hande en Hy besluit watter rigting die leiers sal inslaan. Xi Jinping van China is onder die volle beheer van God, so ook Kim Jong-un. “Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.”– Spreuke 19:21. Laat ons moed skep uit daardie woorde wanneer ons bid. Bid met God se doel in gedagte Daarom bid ons met danksegging dat die Evangelie deur ons gebed versprei sal word. Ons bid met die Hemel se doel in gedagte, in plaas van die mens se doeleindes. Moenie ophou bid vir die redding van die wêreld nie. Mag die Evangelie in elke uithoek van die wêreld en God se skepping verkondig word. Mag dít ons gebede aanspoor. Kobus Roodt is ’n leraar by die Somerset-Wes Baptiste Kerk.
—
Þ -
Þ Þ
-
—
—
-
· · ·
-
· ·
· · · · · · ·
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!