1
Junie 2017
04 Junie 2017
Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Ds. Christman Krige Skriflesing Lukas 15:11-31 Deurkollekte vandag: Teologiese opleiding
Lief en leed Wyk E3
Vir voorbidding
Baie geluk aan Lucky & Chrissie Webb wat
Kontakno: 072 284 5762
vandag hul 51ste huweliksherdenking vier! C1
Baie geluk aan Dirk & Annatjie Janse van Rensburg wat Saterdag hul 50ste huweliksherdenking vier!
082 458 3757
Bid asseblief vir ons land. Voorbidding word gevra vir ons drie gemeentes: leiers, jeug, wysheid
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
Blok Diensbeurte Sondag 04 Junie Blok B / Sondag 11 Junie Blok C
Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos! Amptelik:
admin.@ngmtonoos.co.za / www.ngmtonoos.co.za
Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 577 1546 Erna Klynhans (koster) Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton Leraar: Konsulent: Kapl. Christman Krige 083 655 9783
Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 Ngkerk-Meyerton-Oos 2
Byeenkomste die week Sondag 04 Junie MITS (musiek, IT & Sang) — 07:30 - die voorsang en diens liedere word in plek gekry vir vanoggend se diens. Gebed bediening—08:45 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. Blok vergadering—soos deur die blokleier gereël.
Vrydag 09 Junie FK — 09:30 - in die kerkkantoor. Aksie Dienmekaar—10:00 in die saal
Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!
Baie dankie!
Baie dankie aan ELKEEN wat voor, tydens en na die Oesfees gehelp het.
“Young adults” Selgroep Stel jy belang om Bybelstudie saam met jong volwassenes te doen? Skakel gerus vir ds. Francois vir meer inligting: 082 457 7794
3
Geluk elke verjarende!! So 04—Vr 09 Junie Ma 05
So 04
Austen Jv Rensburg C7 082 778 9912
Taylor Jv Rensburg C7 082 778 9912
Wo 07
Jopie vRvOudshoorn DEW
Vr 09
Schalk Roux C6a 079 370 2180
Wo 07
Glodia Bam E2 082 332 2120
‘n Vreugdevo e lewensj r
word jou toegebid vir 2017 nms Kerkr d &
Admin Bestuur. Gerrie Steyn C5 073 310 7586
Sam Oosthuyzen E4 074 628 9375
Doop verjaarsdae So 04
Di 06
Gideon Gerber E5 081 768 4971
Nicky-Lee Nel D6 072 376 9200
Vier die dag waarop die Here JOU gekies het!
4
Christelle Theron C6b 071 673 6361
Skrywe van die Algemene Sekretaris Beste kollegas Paastyd is ’n besonderse tyd in die kerklike jaar. Die Paasboodskap bied vir gelowiges ’n feestelike protes teen doodsheid en vasgeloopheid. Doodsheid, nie net in ons eie lewens nie, maar ook teen die doodloopstrate van ons samelewing. Christus se opstanding maak ons opstandig. Daarom kan ons na Paassondag nie meer aanvaar dat niks meer in ons verhoudinge met kinders, familie, vriende, vyande, werkgenote en landgenote kan verander nie. Die sondige status quo in die wetenskap, kuns, wetenskap en politiek kan ook nie sonder meer aanvaar word nie. Mag ons in hierdie tyd daaraan herinner word dat God nie net die gewone dinge doen nie, maar ook die buitengewone. Dit gee ons hoop vir ’n uitdagende tyd waarin ons onsself oor ’n wye spektrum in doodloopstrate bevind.
Graag gee ek terugvoer oor die volgende sake: • Godsdienssaak: Hofsaak het plaasgevind op 15-17 Mei. Onder die vaandel van die Grondwet en die Nasionale Godsdiensbeleid eis die organisasie Ogod, wat ’n hofinterdik aangevra het, die beëindiging van godsdienstige praktyke by skole (die bekende praktyke rondom saalopeninge soos Bybellees, bid en gewyde sang), en die inperking van individuele geloofsoortuigings van leerders en opvoeders. Die NG Kerk se standpunt is dat Ogod se aansoek ’n inherente skending is van verskeie basiese menseregte soos vervat in die Handves van Regte. Die Grondwet (Artikel 15(2)) en Skolewet (Artikel 7) maak baie duidelike uitsprake oor wat toelaatbaar is ten opsigte van Godsdiensbeoefening by skole en wat nie. Uitspraak is voorbehou. Kerkbode sal meer volledig rapporteer. • Ontmoeting met die leierskap van die VGK ’n Baie konstruktiewe ontmoeting het plaasgevind tussen die leierskap van die NGK en die VGK. Dit was die eerste ontmoeting sedert die VGK se Algemene vergadering in Oktober 2016. Die VGK se leierskap bestaan uit ’n relatief nuwe span. Professor Leepo Modise is die nuwe moderator van die VGK en was ook voorsitter tydens die vergadering in Kempton park. Die vergadering was hartlik en in ’n goeie gees. Kerkhereniging was die (Vervolg op p 6)
5
(Vervolg van p 5)
belangrikste saak op die agenda van die ontmoeting. Die Interim Kerkorde is deur die VGK aanvaar en sal, saam met die Memorandum van Ooreenkoms, belangrike instrumente vir die reis na kerkhereniging wees. ’n Groot behoefte is deur die vergadering uitgespreek dat daar op grondvlak daadwerklik aandag gegee word aan die praktiese aspekte van kerkhereniging. Om momentum te gee aan die proses van kerkhereniging sal ’n byeenkoms in Augustus gehou word. Tydens die ontmoeting sal ’n breër verteenwoordiging van die twee kerke se leierskap, die voorsitters van die streeksinodes, teenwoordig wees. • Oproep tot gebed Die sosio-politieke situasie in die land het tot gevolg gehad dat talle oproepe tot gebed en verootmoediging gemaak is. Op 22 April is ’n gebedsbyeenkoms in Bloemfontein deur talle NG lidmate bygewoon. Heart Cry organiseer tans ’n inisiatief waarby ’n wye spektrum van kerke en organisasies betrokke is. Voorbidding word veral gevra vir die ongelooflike uitdagings waarmee die inwoners op sosio-politiek gebied gekonfronteer word. Intussen het die SuidAfrikaanse Raad van Kerke (SARK) sy lidkerke opgeroep om in die woorde van aartsbiskop Magoba die land te ‘soak in prayer’ tydens die 10 dae tussen Hemelvaart en Pinkstersondag. As ondersteuning van aartsbiskop Magoba se oproep het Bybel-Media ’n 10-dae gebedsgids ontwikkel. Gebede is gebaseer op die Onse Vader gebed en die ankerpale van die SARK dokument The South Africa We Pray For. Die gebedsgids is elektronies beskikbaar by www.resources.christians.co.za. Dit sal ook in die onmiddellike toekoms in Afrikaans beskikbaar wees. Gemeentes kan dit gebruik om ekumenies ’n gebedsaksie in hulle omgewing van stapel te stuur. Dit is ’n wonderlike geleentheid om gemeenskappe te verenig in gebed. Meer inligting volg in e-Kerkbode. • Oorhandiging van inligting aan verteenwoordigers Tydens die laaste ASM vergadering is die ATR versoek om inligting beskikbaar te stel aan die groep van elf wat ’n versoek gerig het. Inligting wat beskikbaar gemaak kon word volgens die inligtings wet is oorhandig aan verteenwoordigers van die groep en hul regsverteenwoordiger. • Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se Unburden Panel Process aksie. Na die verklarings van Vytjie Mentoor en Jonas Mcebisi oor pogings van die Gupta faksie om hulle by staats kaping te betrek, het die ANC te kenne gegee dat die saak intern hanteer word. Min het daarvan gekom en die (Vervolg op p 7)
6
(Vervolg van p 6)
SARK het ’n ope uitnodiging gerig aan enige persoon, as deel van ’n pastorale proses, wat in gesprek wou tree met kerklikes rondom korrupsie en staats kaping. ’n Groot aantal persone het van die aanbod gebruik gemaak. Dié inligting is in ’n verslag onder 7 punte vervat. Die verslag sal vroeg in Junie in sy geheel bekend gemaak word by die konferensie van die SARK. Die bekendmaking van die voorlopige verslag het op 18 Mei in die Regina Mundi kerk, Soweto, plaasgevind en is wyd in die media gedra. Die belangrikste punte in die verslag is: • Securing control over state wealth, through the capture of state-owned companies by chronically weakening their governance and operational structures. • Securing control over the public service by weeding our skilled professionals. • Securing access to rent-seeking opportunities by shaking down regulations to their advantage, and to the disadvantage of South Africans. • Securing control over the country’s fiscal sovereignty. • Securing control over strategic procurement opportunities by intentionally weakening key technical institutions and formal executive processes. • Securing a loyal intelligence and security apparatus. • Securing parallel governance and decision-making structures that undermine the executive. Meer inligting sal later beskikbaar gemaak word. Op ’n meer persoonlike vlak wil ek baie dankie sê vir kollegas se ondersteuning die afgelope paar dae. Ons as familie waardeer die talle boodskappe van troos en bemoediging! Groete
Gustav Claassen Algemene Sekretaris Nederduitse Gereformeerde Kerk
7
MOos-kinderkerk Dis met groot dankbaarheid teenoor Denise van Antwerpen en haar borge wat ons vir ons kinders hierdie pragtige T-hempies kon laat kry! Indien daar lidmate is wat graag ‘n bydrae wil maak om vir ons toekomstige kinderkerk maats ook van so hempie te voorsien, kan donasies by Ounooi de Does gemaak word. Die koste vir so hempie beloop R65.
Voorwaarts voedselskema Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 50 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.
Daniella Kilian 7 Junie Hanna Nel 14 Junie Sarina en Kobus Small 21 Junie Patricia Hudgeson 28 Junie Pe a Pitout 26 Julie Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie
Moenie stilbly en nie iets neem nie, want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.
Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee?
8
Indien jou belangstel om deel te word van hierdie uitreikaksie, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie 083 709 3068
SorgAksie SMS voorraad vir Mei: Baie dankie aan elkeen wat Sondae die moeite doen om ons koskas te help aanvul. Die behoefte bly groot!
Sjampoe 1 bottel
Deodorant (dames) 1 bottel
Die volgende produkte is vir Mei ingehandig:
Skottelgoedseep 1 bottel
Mieliemeel 3.5kg
Daar is 25 pakkies uitgegee met die volgende items in:
Suiker 2kg
Blikkies groente x 41
Blikkies groente 23 blikkies
Bully beef x 9
Bully beef 9 blikkies
Eiers x 72
Rys 1,5kg
Broodrolletjies x 78
Konfyt 2 blikke
Beef blokkies x 1
Spaghetti 1kg
Grondboontjiebotter x 1
Vis 3 blikkies
Jellie x 1
Macaroni 1kg
Konfyt x 3
Soppoeier 4 pakkies
Koffie x 4
Koffie 200g
Koekmeel 500gr
Oatspap x 1kg
Lekkergoed x 3
Blik viennas 1
Mieliemeel 12.5kg
Sout 500gr
Macaroni 8 pakke
Tee 200 sakkies
Oats x 2
2 min noodles 2 pakkies
Olie 6 bottels
Soja mince 1
Rys 14 x 500gr
Seep 6 koekies
Soja mince x 1
Tandepasta 1 buisie
Stampmielies x 1
Toiletpapier 31 rolle
Sardiens x 7
Stasoft 1 sak
Spaghetti 2 x 500gr
Waspoeier 1kg
Sout 8x500gr
9
Hoekom maak ons so?
Suiker wit 18x500gr
Suiker bruin 7x500gr
Soppoeier kits x 7
Soppoeier x 10
2 min noodles x 31
Sous poeier x 1
Tee gewoon 5
Tee rooibos x 5
Tuna x 3
Aangesien die aflosleraar ONS met die Woord kom bedien en seën het, is dit MOos se gewoonte om elke aflosleraar ook weg te stuur met ‘n seënbede vir:
Vars pampoen x 1kg
‘n veilige terugreis
Deodorant x 1
Badseep x 15
verdere geestelike groei tot ons hom/haar DV weer op ons kansel sien.
Toiletpapier x 25 rolle
Sjampoe x 1
Tandepasta x 2
Baba doeke x 5
Waspoeier x 5kg
Sunlight groen seep x 1
Skottelgoedseep x 1
Ons is die Here innig dankbaar dat ons soveel mense van hulp kon wees!
10
Met die dat ons heelwat nuwe intrekkers het, moet ons dalk net weer almal daarop attent maak hoekom daar aan die einde van die diens die regterhand in ‘n seëngroet gelig word:
As jy dus voel jy wil ook die leraar seën, lig gerus jou regterhand op in die rigting van die leraar (asof hy voor jou sou staan) in ‘n seëngroet terwyl ons hom/haar die seënbede toesing en hom/haar met liefde en seëning wegstuur!
E-Afkondigings Indien jy nie altyd in die erediens is nie of daar nie voldoende gedrukte afkondigings is nie, kan jy weekliks die afkondigings op jou rekenaar / slimfoon / tablet ontvang. Op die rekenaar:
Gaan na www.issuu.com
Registreer met die nodige inligting soos versoek.
Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton-Oos
Maak een van die afkondigings oop en klik op die groen “Follow”
Jy sal weekliks ‘n epos ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is
Op jou slimfoon / tablet:
Laai die toep “app.” ISSUU af
Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton Oos
‘n Venster met drie opsies sal oopmaak: “Publications”, “Stacks” & “Publishers”
Klik op “Publishers”
Klik op NG Meyerton Oos (ons logo)
Klik op die groen “Follow”
Jy sal weekliks ‘n epos / kennisgewing ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is
Jy sal dus ook tydens die erediens die afkondigings op jou tablet / slimfoon kan lees. So het jy ook daagliks die nodige inligting byderhand indien jy iemand wat verjaar of siek is, wil kontak.
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!
11
12