05 Aug 2018

Page 1


05 Augustus 2018

Die erediens word gelei deur Ds. Louis Brits—FEBA Radio Teks Mark 1:40-45 Tema: Jesus reik uit na verlorenes Deurkollekte vandag: FEBA radio

Wyk

Vir voorbidding

Kontakno

® ® ® ®

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 05 Augustus a Gebed bediening—08:15 en na tee drink in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. a Kruisverwysing—18:00 by NG Meyerton. Die tema verskil elke week. Na die tyd is almal welkom vir koffie in die konsistorie

Maandag 06 Augustus a Gebed bediening—06:00 in die gebed kamer.


Welma Bornman A3 082 611 3158

Nelie Koen B4 082 417 8840

Nadia le Roux D7 082 043 7155

Zita d’Angelo C7 079 490 6157

Adrian Venter B5 073 113 7341

‘n Vreugdevolle lewensjaar

word jou toegebid vir 2018 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Marietjie Terblacnhé D3 079 502 0447

Riëtte Germishuys B5 076 486 3001

Maryke Theron C8 083 575 0481

Hannes Judeel C6b 076 411 6928

Nadia Pretorius D7 078 231 2932

Vier jou doop verjaarsdag só: * Gesinslede gee geskenke met geestelike inslag; * Blaai deur foto album en vra jou ouers uit oor jou doop geleentheid, wie daar was, wat jou naam beteken, wat spesiaal was die dag. * Doop jou vingers in ‘n bietjie water. Druk jou nat vingers teen jou voorkop. Onthou daarmee dat God jou eerste gekies het en liefhet.

* Het jy al die Here in jou lewe toegelaat? Het jy Hom al genooi om jou Verlosser te wees? Lees gerus Joh.3:16 en 1:12.


-

-

-


-

-

-

-


Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.


— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!


Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 75 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.

© © © © ©

Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie

© © ©

Moenie stilbly en nie iets neem nie,

©

want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.

©

Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee?

© © © © © © ©

Indien jou belangstel om deel te word van

©

hierdie uitreikaksie of saam met

©

iemand ’n beurt wil hê, gee

©

asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie— 083 709 3068

© ©


©

©

©

©

©

©

©

©

©

© © ©

© © © © © © ©

© © © © © © ©

© © © © © © © © ©

-


-

-


-

-

-


-

-


-

· · ·

-

· ·

· · · · · · ·

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.