05 Des 2021

Page 1


05 Des 2021

Die erediens word gelei deur Ryan Walt & Steven Sterling Dankoffers word by die deure ingeneem:

Vir voorbidding

Wyk

x x

x

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 05 Des a Kerssangdiens — met Ryan Walt en Steven Sterling! Maandag 06 Des a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Sondag 12 Des a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 13 Des a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Sondag 19 Des a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Saterdag 25 Des a Erediens — 08:00—word gelei deur ds John Myers. Geen diens dus Sondag 26 Desember nie.

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

JY is die kerk!


‘n

Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2021 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Neem asseblief kennis dat die kantoor op 17 Desember sluit en weer sal open 7 Januarie 2022. Vir enige noodgevalle, kontak asseblief vir Tommie 082 899 5095 of Louise 082 821 7493.


-

-

-


1.

Daar is baie ouers wat ‘n bediening onder ons jeug bepleit en ons het verlede Sondag, 17 Oktober weer ‘n begin gemaak danksy die inisiatief van Ounooi de Does wat saam met Ray die Superintendent van die Kinderkerk was. Ounooi kan ongelukkig nie meer betrokke wees by die Kinderkerk nie vanweë Ray wat ernstig siek is en hy nou haar eerste verantwoordelikheid is.

2.

Hanlie Henery is een van die leerkragte wat op hierdie stadium bereid is om voort te gaan en het die leisels oorgeneem. Heelwat voorbereiding en uitreik na ouers is alreeds gedoen om kinders te betrek.

3.

Vir hierdie jaar, wil ons net voortgaan soos in die verlede met ons kinders gedurende die erediens sodat ons behoorlik kan voorberei vir die komende jaar. Baie aandag word gegee aan die verkryging van studie materiaal vir die nuwe jaar en ook die moontlike indeling van ons kinders in ouderdomsgroepe sodat hulle in kleiner groepe bymekaar kan vergader.

4.

Ons het ‘n dringende behoefte aan volwasse lidmate wat in die verlede opgetree het as onderwysers vir kategete en ook diegene wat ‘n liefde het vir kinders en geestelik wil groei om hierdie taak te verrig. Ons wil graag soveel moontlik hulp hê sodat ons ook aflos-onderwysers beskikbaar kan hê wanneer iemand dalk siek is of nie die Sondag teenwoordig kan wees nie.

5.

Ons is ontvanklik vir die insette van julle as ouers. Ons wil graag saam met julle beplan vir wat die beste vir julle kinders gaan wees en hoe ons as kerkraad en leiers vir julle kan bystaan en met julle saamwerk om julle doopbelofte na te kom in die geestelike opvoeding van julle kinders. Kontak asseblief die volgende persone:

Hanlie Henery - 064 909 0532 Louise Harmse of Tommie Louw by die kantoor 016 364 1484 John Myers - 076 457 8693 Annetjie Myers - 082 824 5060.


-

Louis

Almarie

Alfred

Fuleni Funerals

Hanlie

Eva

AVBOB Magda Immanuel Ondernemers Annetjie

Reitz str Lochstraat Gallowaystr

016 362 1278 082 927 9264 016 362 1048 016 362 4311

Geen begrafnispolis? Skakel jou raadslid en vra hulp. Daar is fondse vir families beskikbaar.

-


— -

Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word. Die bankbesonderhede verskyn op p1 vir direkte inbetaling. Daar is ook ‘n na-ure gleuf in die muur van die kantoor aan Villette straat se kant. Maak net seker u druk die koevertjies mooi diep in. Die kerk se finansies is op die stadium beroerd. Ons sukkel om ons verpligtinge na te kom, veral omdat ons nie dienste kan hou nie. Ons vra dus elke lidmaat wat nog nie ‘n bydrae gelewer het nie, om selfondersoek in te stel en by die Here te hoor wat Hy van u verwag.


Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.


— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met NG Welsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op


-

-

— —

Die WYKSLEIER/DIAKEN is ‘n amp met groter geestelike impak. Dit behels die volgende: 1.

Om op die betrokke blokraad te dien en Gees-vervulde besluite te help neem wat tot voordeel van God se Koninkryk op aarde is.

2.

Om saam met die voorsitter die betrokke Blokraad te lei en dien.

3.

Om ‘n voorbeeld t.o.v. die positiewe, kreatiewe betrokkenheid te wees.


4.

Om die werksaamhede in die bedieing te koördineer, te beplan en te kontroleer veral t.o.v. die geestelike versorging van elke gesinslid.

5.

Om die lidmate in die wyk saam te snoer tot ‘n hegte eenheid waarin medegelowiges mekaar tot diens is in ‘n gesindheid van liefde, onderlinge steun en meelewendheid, asook dat hulle ingeskakel is by die breë werksaamhede van die gemeente. Groter betrokkenheid die aksie-woord.

6.

Om gereeld die eredienste by te woon, om te waak oor die eredienste en te verseker dat dwaalleer nie die kerk binnekom nie en minstens een Sondag per maand diens te doen by die deure.

7.

Om te verseker dat die blok se unieke sake aangespreek en bestuur word, asook dat die jaarlikse Blokvergadering gereël en gehou word waartydens elke lidmaat van die betrokke blok geleentheid het om hul inset te lewer oor die werk en fokus van die blok.

8.

Om die hele wyk elke maand deeglik te besoek en stiptelik en sonder versuim daaroor verslag te doen aan die blokleier.

9.

Om ‘n positiewe, gesonde en meelewende gees en gesindheid in die wyk te skep en maandeliks ‘n wyksbyeenkoms te organiseer en te lei aan die hand van die riglyne wat beskikbaar gestel word.

10.

Om gereeld vir elke lidmaat in die blok, asook die blokraad, kerkraad en personeel van die gemeente, te bid.

11.

Om ‘n dinamiese, kreatiewe en sinergistiese span te vorm saam met die leraar, gemeentebestuurder en personeel tot voordeel van die gemeente.

©

B3 (Ouderling ds John Myers 076 457 8693)

©

C1—C8 (dus AL die wyke) (Ouderling Nico van Eeden—082 822 0485)

©

D2, D6, DEW (Ouderling Hennie van Loggerenberg—083 561 7813)

©

E1, E2 E3, E5 (Ouderling Vakant)


Þ Þ Þ

-

-

— Meyerton NgMoos https://www.facebook.com/louise.vermaak.311/


-

· · ·

-

· ·

· · · · · · ·

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.