1
Augustus 2022
07 Aug 2022
Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur FEBA Skrif: Nehemia 1 :1 – 11; 2 : 11 – 20 Tema: Herstel die mure!
Lief en leed Wyk
Vir voorbidding x Bid asseblief vir al die siekes, diegene wat griep het asook wat Covid het.
x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land.
Blok Diensbeurte Sondag 07 Aug—Blok C Sondag 14 Aug—Blok D Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/ rooibos! · Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za · Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 082 993 7218 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton · Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693
· Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 Ngkerk-Meyerton-Oos 2·
Byeenkomste die week Sondag 07 Aug a Erediens — word gelei deur FEBA a Kategese geen—langnaweek. a Dames word versoek om na die diens agter te bly om die Lente-ete (16 Okt) te bespreek.
Maandag 08 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 12 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661
Sondag 14 Aug a Erediens 09:00— Diens word gelei deur ds John Myers & Joa Lucas
a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale Maandag 15 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 19 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661
Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel
in!
JY
is die kerk! 3
Geluk elke verjarende!!
Sondag 07de
So 07 —Sa 13 Aug
Salomi vd Westhuizen (D8)
ste
Maandag 08
de
Woensdag 10
Adrian Venter (B5) Marietjie Terblanché (D3) Maryke Theron (C8)
de
Vrydag 12
Cathy Botha (B3) Rosaline Higgs (D3) de
Saterdag 13
Anna Bezuidenhout (C7) Marí de Villiers (D8)
‘n
Vreugdevolle lewensjaar word jou
toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Kategese Laerskoolklas en Juniorklas sal in die toekoms almal gedurende die erediens plaasvind. Kinders meld direk by die klassies Kategese vir die
aan. Nuwe inskrywings kan steeds gedoen word. Die
belydenisklas
sal steeds voortgaan
na
afloop van die
erediens.
Daar is ouers wat Õn versoek gerig het vir kleuterkerk gedurende die erediens. Die babakamer is nou beskikbaar vir kinders van drie tot vyf jaar. Ons benodig volwasse persone wat sal help om na hierdie kinders om te sien en ook Õn lessie te gee wat vir hulle bevatlik sal wees. Indien u graag hiermee wil help, meld asseblief aan by Tommie Louw of Annetjie Myers
4
Gebedsfokus 'N HEILIGE OFFER
Rom. 12:1-8
Ek vermaan julle dan, broeders, deur die ontferminge van God, datjulle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer; dit is vir julle redelike godsdiens. - Rom. 12:1
Hoe kan ek die Heer vir al Sy guns vergeld? Wat kan ek Hom bring (dank vir Sy genade?" Só lui die woorde van die bekende lied. Só wil ons ook vra nadat ons die wonderlike lofsang in die voorafgaande verse oordink het. ln die vorige hoofstukke was Paulus besig met leerstellige sake. Nou begin hy met vermaning aangaande ons Christelike pligte en praktiese lewenswandel. En die eerste wat hy noem, is dat ons lewe uit dankbaarheid aan God gewy moet word. Ons liggaam - in hierdie geval dui dit op letterlik alles wat ons persoon raak - moet as 'n offer aan God gewy word. Maar anders as in die geval van 'n offerdier wat doodgemaak word, moet ons 'n lewende offer vir die Here wees. God vra dus nie dat u vir Hom moet sterwe nie. Hy vra dat u vir Hom sal lewe. Om vir Hom te lewe, om vir Hom 'n welgevallige offer te wees, moet ons "heilig" lewe. Dit wil sê, ons moet onsself ten volle aan Hom wy, eenkant geplaas wees vir Hom, afgesonder wees vir Sy diens. As Christen moet u "anders" wees (v.2). U moenie aan die wêreld gelykvormig wees nie. U moet God se goeie, welgevallige en volmaakte wil vir u lewe soek. Daarby moet u uself met die gawes en talente wat aan u toevertrou is, aan God wy en Hom van harte dien (v.4-8). Lees ook wat vers 3 oor gepaste ootmoed sê.
Al hierdie dinge klink mooi. Maar ken ons dit in ons persoonlike lewe? Leef ons werklik vir God? Is ons lewe 'n heilige offer aan Hom toegewy? U sal weet.
Here, leer my deur u Woord en Gees wat 'n ware offerlewe beteken. Word verheerlik in my lewe. Maak my heilig. Amen.
5
Verkiesing van Kerkraadslede Op die Kerkraadsvergadering gehou op Sondag 31 Julie 2022 is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies: As Voorsitter van BET (Bates, Eiendom & Terrein): Frans de Villiers
Frans
As voorsitter van MELAS (Musiek, Erediens, Leer & Aktuele Sake): Hennie van Loggerenberg Hennie
Bevestiging van hierdie lede vind DV plaas op 04 September 2022.
As sekundií: ©
van die Vrouediens—Sophia van Loggerenberg
©
van die Kerkraad—ds. John Myers
Elke lidmaat IS betrokke in die verkiesing van kerkraadslede: Die rede waarom die name aan die gemeente deurgegee word, is sodat hierdie verkose lede se leer en lewenswandel geweeg en deurbid kan word deur die lidmate van die gemeente. Hierdie verkose lede is dikwels bekend buite om die kerklike lewe. Daarom moet gelowiges saam voor die Here gaan stil word, om te hoor of die kerkraad die regte keuse gemaak het. HOE is lidmate betrokke? Kyk na die verkose persone se lewenswandel —lééf hul werklik en opreg hul geloof in Jesus uit. In 1 Timoteus en Titus word dit vir gemeentelede netjies uiteen gesit hoe hierdie ampsdraers se lewens moet lyk: 1Ti 3:2-12 ‘n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; (3) hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. (4) Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. (5) Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die (Vervolg op p 7)
6
(Vervolg op p 6)
gemeente van God op hom neem? (6) Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland. (7) Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ‘n goeie man bekend staan sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ‘n strik van die duiwel val nie. ... (11) Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar. Tit 1:6-11 ‘n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie. (7) ‘n Ouderling is immers ‘n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie ‘n dronkaard of ‘n rusiemaker of ‘n soeker na oneerlike wins nie. (8) Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers. (9) Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê. (10) Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei. (11) Hulle mond moet gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak.
Gemeenskapsprojek Caroline bied elke Dinsdag en Vrydag vanaf 08:00—12:00 klasse aan om te leer brei, hekel, handwerk en naaldwerk te doen. Haar doel is om werkloses ‘n kans te gee om ‘n eie inkomste te genereer. Enigiemand wat belangstel om hierdie klasse by te woon is welkom. Hierdie projek word deur Midvaal munisipaliteit ondersteun. 7
Bedieninge—waaroor hul handel & vakante voorsitterskappe JeugBELANGE As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, Leana & Johan sodat hulle in hierdie verVenter warde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.
Oesfees (basaar) Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer Tommie Louw van die Here en Sy gemeente!
8
Musiek, Erediens, Leer & Aktuele sake (MELAS)
Ons leiersgroep woeker op die volgende areas:
Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.
Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.
Leer-en-Aktuele-Sake:
Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.
Bemarking
Hennie
Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.
Bedieninge—waaroor hul handel & vakante voorsitterskappe Aksie Dien mekaar (ADM)
Diensverhoudinge (DVK)
Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier.
Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.
Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.
Nico v Eeden
Tommie Louw
Bates, Eiendom & Terrein (BET) Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.
Frans
Gebedsbediening Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met
Finansiële Kommissie (FK) Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en
Nico v Eeden
bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.
9
Bedieninge—waaroor hul handel & vakante voorsitterskappe Uitreike, Sending & Evangelisasie (USE) Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.
SorgAksie— Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met NG Welsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!
Ds. John
Vrouebelange Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!
Corrie Louw
10
Annatjie de Beer
SorgAksie: Kos & klere Daar is tans weer Õn groot behoefte aan onbederfbare produkte by die Koskas: ©
veral blikkies vis en soutvleis.
©
Vars groente is ook baie welkom.
©
Elkeen wat iets kan bydra, word opgeroep om dit asseblief na die kantoor te bring.
©
Toiletware
Ons “Fles van Hoop” projek is uiters gewild, maar hierdie voorraad is ook uitgeput. Bestanddele nodig vir die “Fles van Hoop”: © Rys © “Soup mix” © Lensies © Blokkies “stock” © Pakkies soppoeier. Indien u leë bottels het wat u kan vul, bring asseblief kantoor toe. Vir enige verdere inligting, kontak Annatjie de Beer —082 753 9518
Klerestoor:
As gevolg van die veranderinge wat by die Kleuterskool, die nasorg sentrum en babasorg aangebring is, moes die klerebank ook verskuif. Klere vir mans sowel as dames en kinders is nou alles op die verhoog van die saal. Ons opregte dank aan almal wat behulpsaam was om meublement te verskuif, rakke op te sit en die klere weer te sorteer. Ons sal weer oop wees vanaf 16 Augustus 2022. Ons het nie genoegsame dames om die Klerebank te beman op Dinsdae sowel as Vrydae nie. Die Klerebank sal in die toekoms slegs op Dinsdae vanaf 10h00 tot 12h00 oop wees en nie meer op Vrydae nie. Sedert April tot die einde Julie vanjaar kon ons klere voorsien aan 14 gesinne. Dit het 7 mans, 12 dames, 9 seuns en 4 dogters ingesluit. Ons (Vervolg op p 15)
11
Diakens (wyksleiers) Ons het verlede Sondag gehoor dat God selfs mense so oud soos Simeon en Anna ( in hulle 80Õs) steeds kan gebruik. Bid dus ernstig in u binnekomer en hoor of die Here u nie tot een van hierdie ampte roep nie. Roeping tot die amp Van die begin af het die Here Jesus mense geroep om Sy werk op aarde voort te sit. Hy sê vir SY dissipels: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh 20:21) Die ampte is deel van die gawes (charismata) wat die Here deur Sy Heilige Gees aan die kerk gee. Sy doel daarmee is om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en om die gemeente as Liggaam van Christus op te bou (Efes 4:12). Verder is gelowiges geroep om tot ‘n seën te wees (Gen 12:1-4) en in gehoorsaamheid die oes te h elp insamel (Luk 10:2). Vereistes vir die amp: Uit die Bybel is dit duidelik dat ‘n ampsdraer ‘n mentor / voorbeeld moet wees wat erns maak op die volgende terreine: 1.
Die uitleef van ‘n lewende geloof;
2.
‘n Begeerte om vir die Here te werk;
3.
Bekwaam is om ander te leer—veral uit die Woord;
4.
Gewillig is om toegerus te word—vir hul diens en lewe;
5.
Handhawing van ‘n hoë sedelike peil;
6.
In alle opsigte betroubaar;
7.
Om in nederigheid te dien, en nie opgeblase te beheer nie
Die WYKSLEIER/DIAKEN is ‘n amp met groter geestelike impak. Dit behels die volgende: 1.
Om op die betrokke blokraad te dien en Gees-vervulde besluite te help neem wat tot voordeel van God se Koninkryk op aarde is.
2.
Om saam met die voorsitter die betrokke Blokraad te lei en dien.
3.
Om ‘n voorbeeld t.o.v. die positiewe, kreatiewe betrokkenheid te wees. (Vervolg op p 13)
12
(Vervolg van p 12)
4.
Om die werksaamhede in die bedieing te koördineer, te beplan en te kontroleer veral t.o.v. die geestelike versorging van elke gesinslid.
5.
Om die lidmate in die wyk saam te snoer tot ‘n hegte eenheid waarin medegelowiges mekaar tot diens is in ‘n gesindheid van liefde, onderlinge steun en meelewendheid, asook dat hulle ingeskakel is by die breë werksaamhede van die gemeente. Groter betrokkenheid die aksie-woord.
6.
Om gereeld die eredienste by te woon, om te waak oor die eredienste en te verseker dat dwaalleer nie die kerk binnekom nie en minstens een Sondag per maand diens te doen by die deure.
7.
Om te verseker dat die blok se unieke sake aangespreek en bestuur word, asook dat die jaarlikse Blokvergadering gereël en gehou word waartydens elke lidmaat van die betrokke blok geleentheid het om hul inset te lewer oor die werk en fokus van die blok. Om die hele wyk elke maand deeglik te besoek en stiptelik en sonder versuim daaroor verslag te doen aan die blokleier.
8.
Om ‘n positiewe, gesonde en meelewende gees en gesindheid in die wyk te skep en maandeliks ‘n wyksbyeenkoms te organiseer en te lei aan die hand van die riglyne wat beskikbaar gestel word. Om gereeld vir elke lidmaat in die blok, asook die blokraad, kerkraad en personeel van die gemeente, te bid.
9.
Om ‘n dinamiese, kreatiewe en sinergistiese span te vorm saam met die leraar, gemeentebestuurder en personeel tot voordeel van die gemeente.
Veral in die volgende wyke word diakens dringend benodig: ©
A1 - 8 besoekpunte (Ouderling ds John Myers 076 457 8693)
©
C1—11 besoekpunte; C2—17 besoekpunte; C3—5 besoekpunte; C4—7 besoekpunte; C6—9 besoekpunte; C8 –4 besoekpunte (dus bykans AL die wyke) (Ouderling Nico van Eeden—082 822 0485)
©
D3—10 besoekpunte, DEW—3 besoekpunte (Ouderling Hennie van Loggerenberg—083 561 7813)
©
E1—9 besoekpunte, E2—4 besoekpunte; E3—5 besoekpunte, E5—11 besoekpunte (Ouderling Vakant)
Neem asseblief kennis: Baie keer is daar baie besoekpunte, maar dit gebeur dat daar meer as 1 belydende lidmaat by ‘n adres woonagtig is. Alle belydende/werkende lidmate word as ‘n besoekpunte beskou.
13
Sinodale standpunt insake selfdegeslag verbintenisse Die Sinode van Goudland het twee belangrike bindende besluite insake die kwessie oor selfdegeslag verhoudinge (SGV) geneem, naamlik: - BESLUIT 1:2015 INSAKE BELEID: Die Sinode van Goudland besluit soos volg: 1. Die Sinode aanvaar die Woord van God as gesaghebbend en leidinggewend vir die leer en lewe vir alle gelowiges (2 Tim 3:6) 2. Die Sinode aanvaar die menswaardigheid en gelykwaardigheid van alle mense en verbind haarself om met liefde en respek teenoor mense te leef. 3. Die Sinode van Goudland herbevestig dat die Bybel verklaar dat die huwelik ‘n heilige eenheid tussen een man en een vrou vir ‘n lewenslange verbintenis is. 4. Die Sinode van Goudland verklaar dat alle seksuele verhoudinge buite die band van die huwelik, nie Bybels verantwoordbaar en aanvaarbaar is nie. © BESLUIT 2:2019 INSAKE ‘N GESKIL MET DIE ALGEMENE SINODE (AG): Die Sinode van Goudland verklaar ‘n geskil met die Algemene Sinode insake die totaliteit van die besluit rakende SGV asook seksuele oriëntasie en identiteite, aangesien dit strydig is met die Sinode van Goudland se 2015 besluite rakende die huwelik en seksualtiet
14
FEBA radio Ons doen dit via radio-uitsendings, slimfoon-apps, aanlyn-uitsendings en luidsprekerkassies met geheuekaarte en sosiale media. Ongeveer die helfte van ons bediening is gewy aan opvoedkundige programme, wat onderwerpe soos; finansies, gesondheid, gesinslewe en verhoudings. Ons het ook ‘n uitgebreide opvolgbediening op elke werkterrein. Ons saai uit oor ongeveer 50 lande, in 141 tale, vanaf 149 stasies vir 1500 uur per dag Ons weet dat hierdie bediening effektief is omdat ons jaarliks 9 miljoen direkte luisteraars se terugvoering ontvang. In China alleenlik is 40 miljoen van FEBC-materiaal en -programme in een jaar afgelaa https://febaradio.co.za/?lang=afr
(Vervolg van p 11)
het ook heelwat klere gestuur vir die vloedgeteisterde gebiede in KwaZulu Natal. Ons het Õn groot behoefte aan kinderklere en ook warm wintersklere vir mans en dames sowel as vir kinders. Skoene vir dames sowel as mans is ook op aanvraag. Klere wat nie meer vir u eie gesinslede pas nie is alles baie welkom. Komberse en handdoeke is ook op aanvraag. 15
Augustus—sendigmaand Soos dit ons jaarlikse tradisie is, word Augustus aan Sending gewy. Maar, aangesien dit ook die 9de Vrouedag is, probeer ons ook om die wêreld van vrouens se stryd tot menslikheid in ons moderne tyd, in verskeie lande, tydens hierdie maand bewus te maak. Die dienste vir Augustus sien dus so daar uit: 07de
Ds. John Myers & Joa Lucas
ste
Ds. Johan Pyper (Bybelgenootskap)
ste
Geopende Deure
14
21
FEBA Radio (met fokus spesifiek op vroue)
de
28
Elektroniese kerk kalender Gaan jy met verlof of kan as gevolg van gesondheid nie die erediens bywoon nie?. Indien jy graag op hoogte wil bly met MOos se gebeure, kan jy die elektroniese kalender op jou slimfoon/tablet aflaai. Voeg ‘n nuwe kalender op jou handstuk by met die volgende inligting: Gebruikersnaam: kanselngoos@gmail.com Wagwoord: 1484moos Maak egter seker jy selekteer slegs die kalender om te sinkroniseer, anders gaan jy die hele gemeente se kontakbesonderhede ook op jou handstuk byvoeg! Ons maak nie werklik gebruik van hierdie epos adres vir enige korrespondensie nie, dus maak dit nie saak indien jou epos met hierdie rekening sinkroniseer nie. Indien jy nie al die inligting daagliks wil ontvang nie, onthou die afkondigings word weekliks op die volgende ook geplaas:
Þ
ISSUU (sien op p 15 hoe om dit te bekom)
Þ
Die kerk se Facebook-blad—Ngkerk Meyerton-Oos
Þ
Die Facebook-blad waaraan die kerk gekoppel is— Meyerton NgMoos https://www.facebook.com/louise.vermaak.311/
16
Beantwoorde gebede Ek het gevra vir voorspoed……. Toe gee God my ‘n goeie verstand en die wil om te werk.
Ek het gevra vir krag……. Toe gee God my baie moeilikheid om my sterk te maak. Ek het gevra vir wysheid……. Toe gee God my probleme wat ek moes leer oplos. Ek het gevra vir moed……. Toe gee God my noodlydende mense om te help. Ek het gevra vir gunste……. Toe gee God my geleenthede. Ek het niks ontvang wat ek gevra het nie……. Tog het ek alles ontvang wat ek nodig gehad het!
17
E-Afkondigings Indien jy nie altyd in die erediens is nie of daar nie voldoende gedrukte afkondigings is nie, kan jy weekliks die afkondigings op jou rekenaar / slimfoon / tablet ontvang. Op die rekenaar:
·
Gaan na www.issuu.com
·
Registreer met die nodige inligting soos versoek.
·
Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton-Oos
·
Maak een van die afkondigings oop en klik op die groen “Follow”
·
Jy sal weekliks ‘n epos ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is
Op jou slimfoon / tablet:
·
Laai die toep “app.” ISSUU af
·
Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton Oos
·
‘n Venster met drie opsies sal oopmaak: “Publications”, “Stacks” & “Publishers”
·
Klik op “Publishers”
·
Klik op NG Meyerton Oos (ons logo)
·
Klik op die groen “Follow”
·
Jy sal weekliks ‘n epos / kennisgewing ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is
Jy sal dus ook tydens die erediens die afkondigings op jou tablet / slimfoon kan lees. So het jy ook daagliks die nodige inligting byderhand indien jy iemand wat verjaar of siek is, wil kontak.
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!
18
19
20