07 feb 2016

Page 1

Februarie 2016

1


07 Feb 2016

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur ds. F. Kloppers Skriflesing Joh. 10:28&29 Die Deurkollekte vandag: Droogtehulp

Lief en leed Wyk

Vir voorbidding

Dis met groot skok en leedwese dat die kan-

Kontakno: 076 811 6899

toor Donderdag verneem het van die skielike afsterwe van Mariaan Hand (saakgelastigde Kliprivier). Innige simpatie met haar gesin.

Ernstige voorbidding

word gevra dat lidmate by die gemeentelike aktiwiteite (blokleiers, wyksleiers, bediening voorsitters) betrokke sal raak.

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Blok Diensbeurte

Blok Diensbeurte So 07 Feb. Blok AB / So 14 Feb Blok D

Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/ koffie/rooibos! • Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure Wo Wo— —Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton • Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 • https://www.facebook.com/Ngkerk-Meyerton-Oos-864259320360029/?

2


Byeenkomste die week Sondag 07 Feb MITS (musiek, IT & Sang) — 07:00 - die voorsang en diensliedere word in plek gekry vir vanoggend se diens. Baba bediening—opgeskort totdat ons volwassenes kry wat hierdie bediening kan bedryf. Kategese kinders verlaat die diens na die bankoffer en gaan na die onderskeie lokale BET (Bates, Eiendom & Terrein)—17:00

Dinsdag 09 Feb Oesfees—19:00 in die saal. Enigiemand wat graag betrokke wil wees, is welkom om te kom inskakel. Sameroepers word versoek om asseblief die vergadering by te woon.

Woensdag 1 Feb

Aswoensdag Donderdag 11 Feb SorgAksie 10:00. Vrydag 12 Feb FK—09:00 in die kantoor.

Doop verjaarsdae So 07

Sa 13

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! Danielle Bothma D3 074 361 3515

Gerrie Bezuidenhout C7 083 255 3520

3


Geluk elke verjarende!! So 07—Sa 13 Feb So 07

Theo Geldenhuis E5 071 400 7007

Ma 08

Morné Oosthuizen A3 071 880 0564

Wo 10

Annatjie de Beer B1 082 753 9518

Jana Smith B5 083 451 7505

Do 11

Brandon Malherbe E5 060 881 0433

Haidee Koen C7 079 591 7478

Do 11

Louis Labuschagne D4 076 781 5468

Martie Labuschagne E5

Sa 13

Kaylé-Mari v Tonder A2 072 870 2553

Hausen Brits DEW 082 770 9699

Petroné Theron C6 082 572 8754

Willie v Zyl B1 079 687 4661

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2016 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

4

Denise v Antwerpen D5 083 790 4125

Jeané Pitout DEW 071 514 2723


SorgAksie En ons is in 2016!! Hoe het die tyd net nie gevlieg nie! Die feestyd het ons voorraad totaal uitgeput. Lidmate word versoek om asseblief (ons weet almal se Januarie is ‘n gordel-intrek-maand) ook aan ons medemense en hul behoeftes te dink en iets vir die voorrade kas te bring. Die groen sakke is steeds by die Itoonbank beskikbaar (alles hoef nie op een slag aangekoop en gegee te word nie!), daarom die lys wat nodig:

♥ Mieliemeel ♥ Suiker ♥ Sout ♥ Melkpoeier (NIE Cremora nie) ♥ Eierpoeier . Plaas dit gerus op die rakkie in die voorportaal.

Voorwaarts voedselskema Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 50 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word. Sophia v Loggerenberg 10/02 Annatjie de Beer

17/02

Annatjie v Zyl

24/02

Marlene v Antwerpen

02/03

Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie

Moenie stilbly en nie iets neem nie, want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.

Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee? Ria 071 455 4182

Johan 072 149 7568

Met die oog op volgende jaar se naamlysie, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie

5


Nuwe lidmate Baie welkom aan:

Fanus & Magda Kloppers (Planestraat 64, Drie Riviere, WE4) vanaf NG Vereeniging.

Fanus 062 162 6142

Magda 084 583 2521

Hoop julle sal gou inskakel by die bediening waar julle die Here voluit kan dien met die gawes en talente wat Hy aan julle gegee het!

Herdenkingsfees Ons wil graag ’n fees uitgawe saamstel en sal dus waardeer indien lidmate hul herinneringe, staaltjies, insidente en ander interessanthede met ons kan deel vir hierdie publikasie. Enige foto’s wat dalk nog in iemand se besit is, is ook welkom. Stuur net ’n nota saam om te laat weet wat die geleentheid was en wie almal op die foto is/was. Wees asseblief so gaaf en stuur hierdie stukke voor 31 Maart 2016 na ngmtonoos@vodamail.co.za. Na die vergadering van 02 Februarie, is ‘n loodskomitee vir die fees gestig wat bestaan uit: ♥ ♥ ♥ ♥

Tommie (082 289 95095) & Corrie (082 539 0342) Louw Nico van Eeden (082 822 0485) Lambertus Blom (073 386 7711) Willie (016 364 0635) & Louise (016 364 1484) Vermaak

Die volgende vergadering word DV gehou op 01 Maart om 19:00. Ons wil graag weer ‘n uitnodiging aan ALLE lidmate rig wat vir ons van hulp kan wees om die vergadering op jul kalender aan te bring en te kom bywoon.

6


Deurkollekte—Feb Ten spyte van telke male “check”, regmaak, “check” en weer regmaak, het die hele kerkraad EN die admin.-span nie agtergekom die deurkollektes is hierdie jaar nie op die kalender aangebring nie! Ons vra groot verskoning daarvoor. Daarom sal ons, wanneer die eerste boekie van elke maand gedruk word, die maand se onderskeie instansies lys sodat elkeen kan weet vir watter instansie dra hy/sy by.

07 Feb.—Spesiale kollekte vir droogtehulp op versoek van die Sinode.

14 Feb.—Spesiale kollekte vir droogtehulp op versoek van die Sinode.

21 Feb.—SorgAksie/ NG Welsyn? 28 Feb.—SorgAksie/ NG Welsyn? Moet dus asseblief nie vergeet om ook jou deel in die sakkie te gooi nie.....

’n Woord van dank... ♥

Ben Bouwer vir die pragtige geraamde spieël wat ons by ons baba bediening kan benut.

Rudi Reinecke (Prosec) wat vir ons nuwe kameras geskenk het.

Willem & Janie Fourie vir die grassnyer wat hulle geskenk het.

Gert Lubbe wat gereël het dat die dooie boom in die oop erf netjies opgesny en verwyder word.

DIT IS VOLBRING IL de Villiers mens sien pas voor die oomblik van die dood glo prente van tevore, kiekies uit ‘’n laai wat lank daar lê: die skoolkonsert, die groot party, son op die agterstoep, ‘n skaaprib bruin gebraai straks het die Heiland só op golgota gesien: net voor die sterwe goeie ding, hoe Hy slaap terwyl dissipels roei, die vroue wat Hom dien die bruilofsvrolikheid en hoe die wyn opraak dalk was getsémané te naby, al die angs, sy lyf te stukkend van die kats en spykers, to vol pyn - verwarring in die tuin het almal uitmekaargedryf—hoe kon Hy nog aan kana dink by hisop en asyn? Tog moes Hy dit onthou hoe hul vry uit kon vaar voor Hy, bloed oor die ribbes, kon vergeef: dis klaar 7


Baba bediening Aangesien daar nie volwasse toesig is nie, moet ons ongelukkig die baba bediening laat vaar tot ons verantwoordelike persone (wat verkieslik mekaar kan aflos) daar kan betrek nie. Ons is baie dankbaar vir die hoërskoolmeisies wat gereeld op hul poste is, maar kan nie die volle verantwoordelikheid van kleine mensies op hul skouertjies laai nie. Enigiemand wat bereid sal wees om ons babas met die Woord daar te bedien (riglyne is beskikbaar om vanaf geboorte die Woord te bedien) kan hul name by die I-toonbank, die kantoor of by Julanda Pretorius (082 798 0938) deurgee.

Gr 4-6 kategete benodig Aan die begin van verlede jaar het ons ‘’n waglys gehad vir kategete (lidmate wat by die kategese as leermeester optree). Hierdie jaar het ons ‘’n tekort! Indien jy ‘’n slag met die kleingoed het wat in hierdie ouderdomsgroep val, gee asseblief jou naam deur by die I-toonbank, die kerkkantoor of by Julanda (082 798 0938) , ons kategese hoof. Soos by die baba bediening, is daar hulpmiddels wat voorsien word. Al wat JY moet doen, is om bereid te wees om te help ons toekoms se Christelike wortels vas te laat groei!

Diens aan ons senior lidmate Bianca Erasmus het verlede maand met haal naelsalon, Devine Nails, in die jeug saal begin. Sy stel haar dienste teen R50 beskikbaar aan alle lidmate 65 jaar en ouer vir ‘n pedicure (versorging van toonnaels). Sy is bereid om dit in die gerief van u eie huis te doen. Indien u dus nie meer in staat is om self na u toonnaels om te sien nie, skakel haar gerus op 082 681 3765. 8

Bianca


In watter wyk is ek? Blok C—Golfpark, Uitbreiding 6, Meyerton sentraal, Kookrus, Rothdene, Riversdale (rivier tot kerk), Sherman park, Chrissiefontein, Rietfontein, De Deur. (8 wyke)

Die gemeente is in 5 blokke, A tot E, verdeel. Elke blok is dan weer in wyke onderverdeel. Blok A—Meyerton-Heidelberg pad tot by Karee kloof afdraai, HOK (Henley on Klip), Witkoppie, Bloemendal, Sterkfontein (4 wyke)

Blok D—Riversdale (kerk tot renbaan) (8 wyke)

Blok B—Nelsonia, Mooilande, Koolfontein, Slangfontein (5 wyke)

Blok E—Boltonwold, Glen Donald, Mooilande/Buyscelia, Drie Riviere/ Risiville, anderkant treinspoor (6 wyke).

Wie is my blok- / wyksleier?

WYKSLEIER A3 BLOKLEIER: AB

WYKSLEIER A1

Nico van Eeden 082 822 0485

WYKSLEIER A2 Petrus & Hannetjie Potgieter 082 756 4693

Herman & Hettie Venter 083 780 7041

WYKSLEIER B1 WYKSLEIER A4

Johan & Leana Venter 082 410 7661

WYKSLEIER B2&4

Petta Pitout 072 255 1938

WYKSLEIER B3&6

9


WYKSLEIERS C6

WYKSLEIER B5 Willie & Annatjie de Beer 082 753 9518

WYKSLEIERS C7

BLOKLEIER C

WYKSLEIER C8

WYKSLEIER C1-C5

Louwtjie & Abeline Peens 071 381 9295

BLOKLEIERS D

WYKSLEIERS D1&2

Willie & Louise Vermaak 016 364 0635

Hennie & Sophia v Loggerenberg 083 561 7813

BLOKLEIER: E

WYKSLEIER E1

Hans Labuschagne 082 595 9299

Ann Peters 072 424 4497

WYKSLEIERS D6-8

WYKSLEIER D3-5

Johan & Ria Groenewald 072 149 7568

WYKSLEIERS E4 WYKSLEIER E3

WYKSLEIER E2 10

Hettie Botha 076 701 0998

Gideon & Cindy Kriel 083 500 6575

WYKSLEIER E5&6

Theo Geldenhuis 071 400 7007


Wat beteken die afkortings by bedieninge? MELAS— Musiek, Erediens, Leer

giefees, bejaarde geskenke)

en Aktuele

BET—Bates, Eiendom & Terrein

Sake (hieronder val MITS—Musiek, IT & Sang) USE—Uitreike, Sending & Evange-

DVK—Diensverhoudinge Kommissie

lisasie (bv., Paaswandeltuin, Lig-

Bedienings voorsitters

FINANS (FK) KERKRAAD (KR)

Annatjie v Zyl 082 687 8570

Tommie Louw 082 899 5095

GEBED

DVK BET

Tommie Louw 082 899 5095

Theo Geldenhuis 071 400 7007

Julanda Pretorius 082 798 0938

Johannette Judeel 079 601 7557

Johan Groenewald 076 256 4074

Annatjie vd Berg 083 709 3068

SORGAKSIE

VROUE

MELAS

Hennie v Loggerenberg 083 561 7813

KATEGESE

USE

JEUG

11


Ds. Nelis se brief........ NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK DUTCH REFORMED CHURCH Posbus/PO Box 13528 Hatfield 0028 SA Tel +27 (0)12 342 0092 Fax +27 (0)12 342 0380 algemenesinode@ngkerk.org.za www.ngkerk.org.za

Rassisme Rassisme steek oral in ons samelewing kop uit. Ons kan ander daarvoor blameer, die verlede, die politici, die winsmakers en die maghebbers, die opposisie en diegene wat óns tot vyand wil maak, maar die werklikheid is dat rassisme sonde is. Nie omdat ‘n politieke party so sê of mense probeer munt slaan uit gebeure in ons samelewing nie, maar omdat dit in stryd is met die Evangelie. Rassisme neem baie gestaltes aan, maar in die kern daarvan lê daar meerderwaardigheid, dus die minagting van mense net omdat hulle aan ‘n bepaalde ras behoort, vooroordeel, veralgemenende aannames, disrespek, onbegrip, afguns, misbruik en vernedering. Rassisme kan dus ‘n denk- en leefwyse wees wat by mense van alle rasse voorkom en gekoester word. Daarteenoor leer die Evangelie dat God vir alle mense lief is. Alle mense is na die beeld van God geskape. Trouens, Jesus verban reeds in die Bergrede alle meerderwaardigheid tot buite die grense van sy Koninkryk. Hy leer dan met sy gelykenisse, wonders, voorbeeld en lyding dat respek, deernis, luister en omgee oor grense heen, die styl en waardes van Sy koninkryk is. Daar is géén plek vir rassisme in die koninkryk van Jesus nie. Die kuns van die lewe in Suid-Afrika is egter om te onthou dat meerderwaardigheid goeie vriende het in die eie-ek, in die persoonlike kyk op sake, op die enkelvoudige perspektief, op die eie voordeel en die drang na selfbehoud. Met sulke vriende moet ‘n mens maar te versigtig wees dat meerderwaardigheid, in watter vorm ookal, nie sommer by die voordeur van jou lewenshuis instap nie. Of dit nou chauvinisme of patriargie genoem word, of manlike dominansie, of minagting en afsydigheid en neusoptrek vir siekes en gestremdes, of homofobie of rassisme, meerderwaardigheid skuil dig by al ons vroomheid en goeie voornemens. Ons kan natuurlik altyd meerderwaardigheid probeer verduidelik. Of ons kan dit versag. Ons sou bv. kon verduidelik dat ons bedoelinge definitief nie meerderwaardigheid of aftakeling of miskenning of verontregting is nie. Maar die standaard van die lewe in die Koninkryk, ‘n lewe in noue verbondenheid met Jesus, is nie net om jou bedoelinge te beoordeel nie, maar veral die impak van jou woorde en dade en aannames en vooroor(Vervolg op p 13)

12


(Vervolg van p 12)

dele op die selfverstaan van ander. “Ek” en my bedoelinge is as maatstaf altyd ondergeskik aan die ervaring en belewenis van my naaste, hoe die ander voel, wat hulle van hulleself glo, wat hulle van hulleself verstaan wanneer ons van mekaar weggaan. Die Suid-Afrikaanse samelewing word grootliks gekenmerk deur ongelykheid. Die gaping tussen ryk en arm word al groter. Die feit dat die politieke hervormings van die afgelope dekades vir swart mense toegang verleen het tot die beste geleenthede, vertel nie die hele verhaal van die stryd van mense om uit kulture van armoede en ongeletterdheid uit te breek nie. Kinders wat bv. in armoede grootgeword het, se kanse om toegang te verkry tot verdere opleiding en uiteindelik ‘n werk met ‘n volhoubare inkomste wat hulle uit die armoede kultuur lig, is steeds baie laag. Die werkloosheidsyfer vir swart Suid-Afrikaners is ook tans 28,8%. Baie van diegene wat wel werk het, se inkomste verseker nie noodwendig ‘n lewe bo die broodlyn nie. Wit Suid-Afrikaners sal vanweë die land se politieke geskiedenis, asook die ongelykheidsfaktore baie begrip aan die dag moet lê vir swart mense se sensitiwiteit oor rassisme. Wat vir wit mense na die verdediging van belangrike beginsels klink, klink al te dikwels vir mense wat uit ‘n agtergrond van armoede en verontregting kom na vooroordeel en miskenning. Die belangrikste werklikheid is egter dat die stryd om bronne in Suid-Afrika dikwels manifesteer in rassespanning. Die ekonomie groei stadiger as die bevolking. Investering uit die buiteland is laag. Die verdeling van rykdom kan gevolglik meestal slegs geskied deur weg te neem van die wat het en dit te gee vir die wat nie het nie. Dit is in die Suid-Afrikaanse konteks ‘n resep vir rassespanning. Almal, insluitende die regering, is dit eens dat opleiding ‘n baie belangrike deel moet uitmaak van die oplossing van die sistemiese ongelykhede van ons ekonomie. Opleiding genereer entrepreneurs en laasgenoemde skep werk. Maar ons land voorsien tans eenvoudig nie in genoeg opleidingsgeleenthede nie. Gevolglik word daar meer en meer eise gestel aan die beperkte opleidingsgeleenthede wat wel in Suid-Afrika bestaan. Die gebrekkige geleenthede aan vaardigheidsopleiding vergroot die druk op tersiêre instellings. Die mededinging om die bronne van kennis raak dus by die dag groter. Die stryd om studentefooie is inderwaarheid ‘n stryd om toegang tot die bron. Op vele terreine van die samelewing word soortgelyke spanning as gevolg van mense se regmatige aspirasies beleef. Christene is geroep om in hierdie dae ‘n voorbeeld te stel van verdraagsaamheid en goeie oordeel wanneer dit kom by die belange van die totale bevolking van die land. Transformasie van die ekonomie is ‘n verpligting wat op almal van ons rus met die oog op die voordeel van almal. As een ly, ly almal, sê die Evangelie. Dit geld net soveel van die land as van die kerk. Laat ons daarom met groot begrip vir die storie van ons land en vir die nood van mense en vir die strewe van mense na ekonomiese selfstandigheid met mekaar omgaan. Laat ons na mekaar luister met begrip en deernis. Laat ons mekaar (Vervolg op p 14)

13


(Vervolg van p 13)

hoor en help, hande neem en mekaar se belange najaag. Laat ons wegdeins van veralgemenings sonder om regtig te probeer verstaan wat agter mense se protes en aandrang om gehoor te word, lê. Laat ons, die Christene, die draers wees van die boodskap van geregtigheid, dienende liefde en sorg. Mag ons só die mense wees wat mense se waardigheid herstel en hulle vry maak van die kragte van armoede of minagting en selftwyfel. Die NG Kerk is so ernstig oor mense se menswaardigheid dat ons saam met ons familiekerke ‘n Seisoen van Menswaardigheid bedink het. Die waardes wat veral deur die Seisoen bevorder word, is respekteer, luister, omarming en liefhê. In Kerk en Samelewing (1990, par 110-115) het die NG Kerk reeds helder gewaarsku teen die gevolge van rassisme. Dit is strydig met die Woord van God en geen mens behoort dit te verdedig of beoefen nie. Sedert 1990 het die NG Kerk gereeld publieke getuienisse gelewer teen rassisme. Kerkbode en Kruisgewys is onder meer benut om die stryd teen rassisme te voer. Talle ander publikasies het ook verskyn. Vir ‘n lys van publikasies kan jy gerus die Seisoen van Menswaardigheid se webblad by www.menswaardigheid.co.za besoek. Predikante laat val ook gereeld die lig van die Woord deur die prediking op die onderwerp. Die Moderamen het ook in 2008 ‘n ernstige beroep om almal gedoen om hierdie euwel te beveg. Tog is dit duidelik dat daar nog in al ons gemeenskappe baie werk is om te doen om hiermee verder te vorder. Die Seisoen van Menswaardigheid help onder meer deur ‘n publikasie vol Jesus-verhale wat geestelike leiding bied. Daar is ook ‘n publikasie “Stap Saam” oppad wat ‘n 15 weke program is waarin mense van verskillende agtergronde na mekaar luister en saam die wonders van verskeidenheid in ons kulture en voorkeure ontdek. Die publikasies verskyn eersdaags by Bybel-Media. Die Vrou By Die Put is nog ‘n publikasie met Bybelstudies oor Johannes 4 waar Jesus met die Samaritaanse vrou in gesprek gaan, wat die onderwerp toelig. Ons vertrou dat elke leraar van ons kerk sensitief is vir die gevare van rassisme en verstaan dat die NG Kerk ‘n reuse verantwoordelikheid het om hierdie euwel uit te roei. Laat ons voortgaan om leiding en rigting te bied in hierdie proses van bevryding van alle vorme van rasse vooroordeel sodat ons kerk se mense ook in hierdie opsig waardige burgers van Suid-Afrika en bowenal van Jesus se ryk sal wees. Nelis Janse van Rensburg Voorsitter van die Dagbestuur van die Moderamen Nederduitse Gereformeerde Kerk 22.01.2016

14


Aswoensdag en die Lydenstyd Oorsig Lydenstyd, wat soms ook “veertig dae”-tydperk bekend

as die is, vorm een van die belangrikste seisoene in die Christelike kalender. Dit is tyd van selfondersoek en verootmoediging en word in baie kerke gekoppel aan ’n tyd van vas of onthouding. Dit is tradisioneel die tydperk van hernuwing sowel as van kategetiese afronding. Die tydperk bied aan Christene geleentheid om na te dink oor die Here se lyding ter wille van ons sondes. Al hierdie motiewe staan egter in diens van die sentrale motief, naamlik voorbereiding vir Pase, die fees van Jesus se opstanding. Die ses Sondae in Lydenstyd het elkeen ’n spesifieke Latynse benaming wat die aard daarvan aandui. Die bepaalde volgorde begelei die gemeente om oor die verskillende betekenisse van die seisoen na te dink.

1e Sondag: invocavit (“Hy roep”) na aanleiding van Psalm 91:15 “Wanneer hy My aanroep, sal ek sy gebed verhoor ...”

2e Sondag: reminiscere (“Onthou/dink aan”) na aanleiding van Psalm 25:6 “Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het.”

3e Sondag: oculi (“Oë”) na aanleiding van Psalm 25:15 “My oë is altyd op die Here gerig ...” 4e Sondag: laetare (“Wees bly”) na aanleiding van Jesaja 66:10 “Wees bly saam met Jerusalem en juig saam met haar, almal wat haar liefhet ...”

5e Sondag: judica (“Die reg”) na aanleiding van Psalm 43:1-2a “Laat tog reg aan my geskied, o God ...”

6e Sondag: Palmsondag; palmarum (“Palms”).

Kleur (Vervolg op p 16)

15


Gedurende Lydenstyd word grys, pers en bloedrooi liturgies gebruik. Op Aswoensdag word grys gebruik as herinnering aan ons stoflikheid. Pers word verder oorheersend gebruik tot met Palmsondag wanneer bloedrooi vertoon word. Die kleur van Goeie Vrydag is swart.

Simboliek ´n Houtkruis is die algemeenste simbool om tydens Lydenstyd te gebruik. ’n Kruis sonder te veel draperings het die grootste trefkrag. Dit is egter baie algemeen om pers lap oor die kruis te drapeer. 'n Eenvoudige doringkroon, ’n spies, geskeurde lap of ander simbole wat met Christus se lyding verband hou, kan afwisselend bygesit word. Die kontras met Paasfees (waar baie kleur en simboliek gepas is) word onderstreep deur die eenvoud en karigheid van die simboliek van Lydenstyd. Die kruis word op Paassondag met ’n oorvloed blomme bedek. Gebruik kerse spaarsamig in Lydenstyd. Slegs in Groot Lydensweek is kerse van pas wanneer dit tydens die diens van die duisternis (tenebrae), Donderdag van die Groot Lydensweek, doodgeblaas word.

Kuns Daar bestaan ’n besondere ryk erfenis van Christelike kuns vir Lydenstyd. Skilderye en uitbeeldings kan die hedendaagse Christen help om die verstaan van Jesus se lyding oor eeue heen te waardeer. ‘n Goeie webtuiste wat aantoon waar gepaste kuns op die net bekom kan word, is www.textweek.com. Eietydse kuns wat ook betrekking het: Enkele Afrikaanse gedigte wat in die liturgie gebruik kan word: (uit Groot Verseboek 2000). “Weer in die ark” van Totius sal goed pas by die 1ste Sondag, “Nkosi sikelel' i-Afrika” van H A Fagan, Blessings in the Dust “Vier gebede by jaargetye in die Boland” se ‘Vroegherfs’ van N P van Wyk Louw, “'n Paternoster vir Suid-Afrika'”, Lina Spies, “G’n decent gebed” van André Boezak “Laat ons skyn” van Marius Titus “Pietà” van Elisabeth Eybers

sien p 7

“Dit is volbring” van I L de Villiers.—

(Vervolg op p 17)

16


(Vervolg van p 16)

Sakramente Omdat die sakramente die boodskap van Jesus se lyding en sterwe so kragtig verteenwoordig, is dit aan te beveel dat groter prominensie as gewoonlik daaraan gegee word. Dit is nuttig om in gedagte te hou dat Lydenstyd in die kategetiese tradisie van die kerk gedien het as die tydperk vir finale onderrig aan katkisante wat hulle vir belydenis van geloof voorberei het en dus ook vir die ontvangs van die sakrament van die doop wat met Pase saamgeval het. Die doop het op hierdie manier as fokus en spilpunt gedien vir die viering van Lydenstyd. Hierdie seisoen verleen hom daarom tot verdieping van die kennis van die doop as sakrament wat ons verbintenis met God bevestig. Lydenstyd leen hom daartoe dat die nagmaal elke Sondag gevier kan word waar dit nie normale praktyk is nie. Die liturgiese voorstelle vir die volgende Sondae sluit diensordes in wat voorsiening maak vir die gereelde bediening van die sakrament van nagmaal sowel as ’n praktyk van nagmaalsherinnering. “Hongerdoek” In die geskiedenis van kerk is die vas gedurende Lydenstyd verbind aan die gee van aalmoese vir armes. Dit bly steeds gepas om besondere aandag aan behoeftiges te gee. Die gemeente kan geld, klere, kos, ensovoorts kerk toe bring vir verspreiding. As deurlopende projek wat veral vir kinders geleentheid gee om deel te neem aan die liturgie van Lydenstyd kan 'n “hongerdoek” aangebring word. Dit is 'n gebruik wat ingang gevind het by kerke wêreldwyd en behels dat die kinders koerantknipsels, voorwerpe en ander artikels (wees self kreatief) elke Sondag aan 'n groot doek vasmaak wat êrens teen 'n muur hang. Dit is 'n goeie manier om verbande tussen die daaglikse realiteit van ons samelewing en die tekste van die betrokke Sondag te trek. Dit is ook 'n lekker manier vir ouers en kinders om gedurende die week besig te wees met die voorbereiding vir die erediens op Sondag. ’n Muur of aanspeldbord kan ook as “hongerdoek” beskikbaar gemaak word. 17


Aswoensdag Aswoensdag simboliseer die koms van ‘n tyd gevul met gebed en inkeer – soos wat as in die Ou Testament op ‘n mens se kop uitgestrooi is as teken van rou en inkeer. Gewoonlik word Aswoensdag 46 dae voor Paassondag gehou. Hierdie lydenstyd van 40 dae, wat gehou word voor die Heilige Week van 6 dae lank, gedenk gedeeltelik Jesus se versoeking in die woestyn. Wanneer die as op die voorhoof gesmeer word, word Genesis 3:19 opgesê: Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Maar tydens die byeenkoms word Psalm 51, die boetepsalm van Dawid, ook gelees. Met die Skriflesing word die gebed en inkeer verder onderstreep. Die lydenstyd, waarvan Aswoensdag die begin is, staan in die verlengde hiervan. Dit is ‘n tyd van gebed en inkeer, maar ook ‘n tyd van vas en onthouding. In hierdie tyd sal vele gelowiges byvoorbeeld nie alkohol gebruik nie of nie na die teater gaan nie. Hulle lewe ‘n sober, ingetoë bestaan. Soos enige tradisie, kan ‘n mens sekerlik Aswoensdag uit gewoonte vier. Maar indien ‘n mens dit doen met die regte instelling, kan dit ‘n belangrike manier word om ‘n mens bewus te maak dat die belangrikste deel van die kerklike jaar aangebreek het, dat dit inderdaad ‘n tyd is waarin die verwerping van God se genade bedink word – ook deur God se uitgesoektes. Juis daarom is berou en soberheid gepas. Sodat hulle wat die (Vervolg op p 19)

18


(Vervolg van p 18)

weg ken, dit ook sal bewandel. Aswoensdag is nie net ‘n katolieke tradisie nie. In vele Prostestantse kerke, soos by die Lutherane, die Metodiste, die Presbiteriane en Anglikane, word die tradisie ook gevolg. In die Suid-Afrikaanse gereformeerde kerke is die tradisie van Aswoensdag redelik onbekend, maar die lydenstyd en veral Goeie Vrydag/Paassondag die belangrikste fees in die kerklike jaar is. Elke predikant het geweet wannneer lydenstyd begin. Die prediking is ook noukeurig daarop ingestel. En tog is dit asof Aswoensdag met sy klem op boetedoening en berou ‘n mens herinner dat die lydenstyd ‘n mens nie net wil laat nadink oor Jesus se weg nie, maar ‘n mens wil herinner hoeveel gebed en berou nodig is in die lig van die mens se ontrouheid en oppervlakkigheid oor God se genade aanbod. Die lydenstyd is dus in die meeste kerke ‘n tyd waarin gelowiges besig is om na te dink oor hul geestelike weg, hul geestelike groei en waarin hulle hul voorberei op Paassondag. In die Gereformeerde tradisie was dit bietjie anders: daar was ‘n buitengewone klem op die lydenstyd as die aanloop tot Jesus se unieke soenverdienste aan die kruis. In die lydenstyd is sterk gefokus op die weg van Jesus na die kruis. Die mens se eie geestelike reis was dalk nie so pertinent (Vervolg op p 20)

19


(Vervolg van p 19)

onder die loep geneem nie. Dat daar ‘n behoefte aan hierdie innerlike refleksie op ‘n mens se eie reis is, was duidelik – want Pinkster het meer die tyd geword waarin nagedink is oor ‘n mens se geestelike weg en die noodsaaklikheid van heiligmaking. Tye van gebed, wat in die lydenstyd met vas verbind word, assosieer ons eintlik ook meer met Pinkster as die lydenstyd. Miskien kan hierdie twee lyne nader aan mekaar kom: lydenstyd is verbind aan die lydensweg van Jesus. Daarom is die prediking gerig op lydenstekste. En word nagedink oor al die aspekte van Jesus se offerdood. Maar die lydensweg van Jesus is ook ter wille van die mens se geestelike reis. Introspeksie is noodsaaklik. Die lydens weg was immers ‘n heilsweg – ter wille van mense se bevryding. Daarom is nadenke oor wie die mens is in die lig van die lydensweg belangrik. Terwyl gelowiges in ander tradisies die nadenke oor hul geestelike weg ook met tye van vas verbind het, was die gebruik van vas in ons land in ‘n Gereformeerde konteks ook relatief onbekend of selfs ongewild. Mense is soms versigtig vir vas, veral in die lig van Jesus se kritiek teen die Fariseërs wat met lang en mismaakte gesigte rondloop wanneer hulle vas “om deur die mense gesien te word.” (Matteus 6:16). Dit is tog merkwaardig dat ons die teks so half lees. Matteus veroordeel (Vervolg op p 21)

20


(Vervolg van p 20)

glad nie die vas nie. Hy skets woorde van Jesus oor ‘n misvormde manier van vas, wat die krag daarvan totaal verloën. Matteus vertel eintlik presies die teenoorgestelde en beklemtoon dat Jesus gesê het mense moet vas, maar op die regte manier. En Jesus gee aan vas ‘n diep geestelike betekenis. Dit is iets wat gedoen word tot eer van God. God sal die vas van gelowiges raaksien. En vir God is dit so belangrik dat God mense wat vas, sal beloon (Matteus 6:17). Dit is eintlik tragies dat die Fariseërs so geword het. Oorspronklik, weet ons, het juis hulle beklemtoon dat ‘n mens nie ‘n tempel of ‘n priester nodig het om heiligmaking te soek nie. Heiligmaking, het hulle beklemtoon, kom onder ander ook deur te vas. Deur te vas, ontdek ‘n mens watter krag daar in jou lewe teenwoordig is. Dit sou later die boodskap van Jesus ook word, terwyl die vas vir die Fariseërs sy innerlike krag verloor het en net in uiterlike pligpleging ontaard het. Vas, soos enige godsdienstige gebruik, kan inderdaad oppervlakkig word. Dit kan ‘n afwys-geleentheid word waarin ‘n mens jou eie vroomheid uitstal. Vir Jesus is daar niks uiterliks aan die vas nie. Maar vas kan ook ‘n besonder ervaring meebring. Dit is iets wat ‘n mens 21


stilweg, op jou eie doen, om in God se teenwoordigheid te wees, vry van alle aardse bande. En waar ‘n mens dit doen, bly die loon nie weg nie, sê Jesus so duidelik soos daglig. Meer nog as ‘n mens in die tyd van vas nadink oor die een wie se Liggaam gebreek is om mense se honger na God te versadig.

Spreker by Olyfdal se manne aand Roelf Schoeman het groot geword in Brits en by Hoërskool Brits gematrikuleer. Nadat hy by die Universiteit van Pretoria Onderwys gestudeer het, het hy sy twee jaar diensplig in 1981 by die Infanterie Skool in Oudtshoorn en in 1982 by 701 Battaljon by Mpacha, in die Oos Caprivi gedeelte van Namibië, gedoen. Hoewel hy aanvanklik sy loopbaan as ’n Bybelkunde - en Geskiedenis onderwyser by die destydse Hoërskool Verwoerdburg (tans Hoërskool Centurion) en later Hoërskool Brits begin het, het hy terugverlang na die Weermag. In 1989 het hy by die Suid Afrikaanse Weermag se Afdeling Militêre Inligting aangesluit. Hy het egter nog altyd in teologie belanggestel en in 2001 as senior offisier ‘n skeidingspakket geneem, teologie begin studeer en ’n beroep na ’ n gemeente aanvaar. Roelf het hierdie jaar sy ontwikkeling van die Hersteldinamika bediening uitgebrei met die stigting van ’n NPO Trauma Recovery wat fokus op doelgerigte ondersteuning aan veral veterane wat trauma ervaar het. Meer besonderhede oor die bedieing is beskikbaar op die webwerf www.traumarecovery.co.za. Sedert April 2009 is hy betrokke by die Sentrum vir Kontekstuele Bediening van die teologiese fakulteit van die Universiteit van Petoria waar hy kursusse in pastorale sorg en trauma aanbied. Hy is tans besig met sy doktorale studies oor die ondersteuning van Dienspligveterane wat nog nie “closure” gekry het oor die Grensoorlog nie. Hy het juis die boek Weermagstories geskryf om Dienspligtiges ’n perspektief oor oorlogstrauma te gee en hulle aan te moedig om nie meer stil te bly nie en hulle stories te vertel. 22


E-Afkondigings Indien jy nie altyd in die erediens is nie of daar nie voldoende gedrukte afkondigings is nie, kan jy weekliks die afkondigings op jou rekenaar / slimfoon / tablet ontvang. Op die rekenaar:

Gaan na www.issuu.com

Registreer met die nodige inligting soos versoek.

Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton-Oos

Maak een van die afkondigings oop en klik op die groen “Follow”

Jy sal weekliks ‘n epos ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is

Op jou slimfoon / tablet:

Laai die toep “app.” ISSUU af

Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton Oos

‘n Venster met drie opsies sal oopmaak: “Publications”, “Stacks” & “Publishers”

Klik op “Publishers”

Klik op NG Meyerton Oos (ons logo)

Klik op die groen “Follow”

Jy sal weekliks ‘n epos / kennisgewing ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is

Jy sal dus ook tydens die erediens die afkondigings op jou tablet / slimfoon kan lees. So het jy ook daagliks die nodige inligting byderhand indien jy iemand wat verjaar of siek is, wil kontak.

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie! 23


24


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.