07 mei 2017 2

Page 1

1

Mei 2017


07 Mei 2017

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Dawid Fourie Skriflesing Deurkollekte vandag: Sinode—familie fonds

Lief en leed Wyk

Vir voorbidding

C3

Innige simpatie aan Ina Venter met die af-

Kontakno: 082 953 8141

sterwe van Martin Woensdag. Die roudiens sal DV Dinsdag om 14:00 by NG Meyerton Oos gehou word..

Bid asseblief vir ons land. Voorbidding word gevra vir ons drie gemeentes: leiers, jeug, wysheid

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Blok Diensbeurte Sondag 07 Mei 2017 Blok D / Sondag 14 Mei Blok E

Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!  Amptelik:

admin.@ngmtonoos.co.za / www.ngmtonoos.co.za

 Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster)  Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton  Leraar: Konsulent: Kapl. Christman Krige 083 655 9783

 Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095  Ngkerk-Meyerton-Oos 2


Byeenkomste die week Sondag 07 Mei  MITS (musiek, IT & Sang) — 07:30 - die voorsang en diens liedere word in plek gekry vir vanoggend se diens.  Gebed bediening—08:45 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit.  Blok vergadering—soos deur die blokleier gereël.  MELAS—17:00. Hulp word benodig vir nog mense om op ‘n aflos basis te help met die klank en rekenaar. Opleiding sal gegee word, kom meld net aan.

Vrydag 12 Mei  FK — 09:30 - in die kerkkantoor.  Aksie Dienmekaar—10:00 in die saal

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

3


Geluk elke verjarende!! So 07. —Sa 13 Mei Ma 08

So 07

Wilma du Plessis C2 082 614 5027

Wo 09

Susan Erasmus B2 083 519 3829

Joggie v Vreden D3 082 065 3086

Sa 13

Vr 12

Wikus Greyling B4 063 680 7517

‘n Vreugdevo

Mekayla Botha B3 083 448 2989

e lewensj r word

jou toegebid vir 2017 nms Llwellyn Davis E2 072 608 5265

Kerkr d &

Babs Visagie C2 073 726 8948

Doop verjaarsdae Wo 10

Jacques Gerber E5 073 438 5952

Do 11

Armand Kruger C3 062 530 6595

Melissa v Eyssen D8 078 628 7509

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! 4


Oesfees nuus Daar is ‘n versoek gerig vir ou, gebreekte krale/juwele a Lyste is per e-pos, via Facebook, slakkepos en per hand gestuur na lidmate van wie ons die adresse het. Daar is lyste beskikbaar by die blokleiers vir diegene wat nie epos adresse het nie.

Wees asseblief so gaaf om jou lys so spoedig moontlik terug te handig. Die sameroepers van die tafels is: Kerrie & Rys—Corrie Louw - 082 539 0342 Speletjies—Theo Geldenhuis—082 351 9310 / Antoinette Hayward 082 255

5698 / Jan le Grange 072 422 4817 Diepbraai—Joyce de Jonge—076 068 9767 Braai / Vleis—Flip Nel—082 560 6022 Pannekoek—Johannette Judeel—079 601 7557 Poeding—Chrissie Webb—072 284 5762 Gebak—Erna Klynhans—082 577 1546 Plaasmark—Gerrie Maree—082 873 1180 Geskenke—Annetjie vd Berg—083 709 3068 Wit Olifant—Nico v Eeden—082 822 0485 / Michelle Harding 061 664 3714 Koeldrank—Gert Nel 083 649 9627 Teetuin—Annie le Grange 072 585 3573 Kindertafel—Julanda Pretorius—082 798

0938 Kaapse tafel—Hennie van Loggeren-

berg—083 561 7813 Musiek—Sophia v Loggerenberg—060

500 6121 Skakel gerus die sameroeper indien jy daar kan help.

5


Gloeilampies beskikbaar Daar is nog heelwat “Energy saver” gloeilampies (inskroef & bajonet) beskikbaar @ R10 elk. Belangstellendes kan by die kantoor kom aankoop..

Stand van finansies—maand 02 Die FK (finansiële kommissie) het die laaste tyd versoeke ontvang om aan die gemeente terugvoering te gee rakende die gemeente se finansies. Aangesien ons finansiële jaar strek van Maart—Februarie, gee ons terugvoering van ons afgelope finansiële jaar. Uit 225 besoekpunte het slegs 76 besoekpunte (gesinshoofde) ‘n dankoffer bydra gegee vir Maart. (Maart het 74, Februarie het 80 en Januarie het 72 bygedra ). Dit beteken dat slegs 33% van ons lidmate iets vir die Here gee. Indien u u dankoffer in die kollektesakkie gooi, stel asseblief die kantoor in kennis. Ons het nie die bedrae nodig vir die bepaling van ons persentasie van bydraes nie. Ons weet ‘n dankoffer is ‘n saak tussen elke lidmaat en die Here en respekteer dit. Deur aan die kantoor ‘n aanduiding te gee van die wyse van u dankoffer, kan dit ons persentasie bydraers en dus ons begroting beïnvloed . April se syfers is soos volg: Inkomste 32 954-43

Begroot 64 952

Uitgawes 47 328-53

Begroot 46 895

Tekort 14 374-10

Jaar tot datum syfers: Inkomste 64 726-61

Begroot 129 904

Uitgawes 91 545-13

Begroot 93 790

Tekort 26 818-52

Sou u enige dieper insae tot die finansies wil bekom, is u welkom om by die kantoor te draai vir die state.

Ons het vir elke lidmaat ‘n inligtingsbrief rakende die gemeente se huidige situasie per facebook, epos, slakkepos of hand gestuur. Indien u nog nie so brief ontvang het nie, kontak asseblief die kantoor.

6


Hoeveel môres het jy? Môre!" kan beteken ons groet as ons mekaar vandag vir die eerste keer sien. Dit kan ook beteken dat dit die volgende dag gaan wees. Maar tussen vandag se groet en môre se opdaag kan hierdie oomblik die laaste ene wees. Woensdag 10:47 land ek en ander kollegas in Johannesburg. Ons woon ’n vergadering by wat die kerk moet leiding gee om meer missionaal te wees. Die vergaderplek se naam is 'eMSENI' - 'n Plek van Genade. Skaars 15 minute vanaf OR Tambo lughawe. Om 11:17 stuur ek vir Wilma ’n foto van my kamer waarin ek gaan oornag. Ek stap van my kamer na die vergaderlokaal – dis die linkerkantste saal van drie sale waarvan die middelste ene ’n eetsaal is. Op pad sien ek mooi tonele: Galilee Way-staproete vir stilwees, vloeiende water as simbool van lewe. ’n Geopende graf met die woorde HE IS RISEN wat herinner, Jesus het opgestaan! Ek kuier ’n oomblik by ander lede op die stoep en stap die eetsaal binne. Freddie, ons voorsitter kom vinnig verby. Ek roep "Goeiemôre!" Hy wuif en sê hy kom nou gesels. Hy verdwyn in die ander saal. Ek maak vir my koffie en groet ’n paar ander. Rinel kom vinnig uit die ander saal en roep: "Het iemand kennis van noodhulp?" Rinel het reeds probeer help en toe kom hulp soek. Ester roep: "Jannie, kom help!" Agter die tafel waar die voorsitter normaalweg sit, lê iemand op sy rug, feitlik teen die muur agter hom. Dis Freddie! Frederick is ook by hom. Ek voel die pols in sy nek en voel niks. Sy lyf is warm. (Vervolg op p 8)

7


(Vervolg van p 7)

Ek begin sy bors druk maar niks gebeur nie. Hy maak net ’n effe steungeluid. Tienie neem oor met ritmiese drukking op sy bors. 'n Ander Jannie begin met mond-tot-mond asemhaling. Ek voel sy pols en voel niks en ons bid fluisterend. 'n Lang storie korter: ons bid, ons blaas, ons bly doen drukbewegings op sy borskas. “Kom Freddie!” roep ons kortkort. Iemand bel die nooddienste. Ek neem my selfoon en sit die skerpliggie aan en skyn in sy oogpupille. Hulle verander nie. Maar ons hou aan. Bly hou weer my vingers teen sy keel en my ander hand s’n op sy linkerpols in die hoop vir moontlike polsslag. Na wat soos ’n ewigheid voel terwyl ons hom aan die lewe probeer hou, kom die nooddienste daar aan. Koppel hom aan hul masjien. Maar daar is geen lewe nie... Ek vra almal om ’n kring te vorm terwyl ek sy hand vashou. Meteens kry ek die prentjie in my kop van die afbeelding van die leë graf waarby ek netnou nog verby geloop het. Helder sien ek weer: “He is risen.” Ek haal diep asem en sê hardop vir die lewende, opgestane Jesus dankie dat Freddie syne is. Bid vir vrede en troos vir almal, en vir sy vrou en kinders wat nog nie weet nie. In daardie oomblik besef ek dat ek dit slegs kan doen omdat ek glo Jesus het opgestaan en leef. Toe na die eetsaal. Ek maak keel skoon en probeer die seker 40 mense wat besig is om te eet en gesels se aandag kry. Ek sê: "Freddie is so pas oorlede. Miskien moet julle asseblief na ete in die tuine gaan loop en stilword. Dalk verby daardie geopende grotgraf op pad hierheen." Ek stel voor dat almal 14:00 terugkom en iemand verder sal reël. Jy kan die skok op al die kollegas se gesigte sien. Skielik smaak die kos nie meer lekker nie. Toe is die lang en gespanne wag vir Alma, sy vrou. Wat sê ’n mens? Sy dogter se een beste vriendin, Maartje, en ander wag ook. Agterna sien ek op my WhatsApp dat ek vir Wilma 12:56 laat weet het: "Onaangename nuus. Ek wag gou vir Freddie se vrou. Hy is netnou aan vermoedelik ’n hartaanval oorlede. Ons bes probeer om te help." (Vervolg op p 9)

8


(Vervolg van p 8)

Wilma is ook geskok. Sy het nog die oggend vanuit Stellenbosch telefonies met hom gepraat oor ‘n werkverwante aangeleentheid. Sy woorde aan haar was: "Praat gerus – daar’s nog baie tyd – ons begin eers eenuur met die vergadering." 14:00 gaan verby. In die kapel, op ’n ander plek op die gronde, begin die res van die vergadergroep ’n rou-en-troosgeleentheid. Ek is dors maar wil nie nou loop en iets te drinke soek nie. Die son skyn helder en skerp en ek gaan staan in die skaduwee. Alle kleure lyk helderder, voel meer gefokus, maar die stemme bly gedemp praat asof ons nie iemand wil wakker maak nie. ’n Motor kom ingery. Dis nie sy vrou nie. Nog ander motors. Ek gaan skink vinnig koeldrank vir my en kom weer uit. Uiteindelik daag sy vrou op saam met drie vriendinne. Sy het die nuus klaar gekry. Sy is klein en fyn. Ek kan net dink dat sy baie veilig by hom moes voel, want hy lyk vir my soos ’n 'huggy-bear'. Maar ek het hulle nog nie saam gesien nie. Ek noem my naam en loop met my arm om haar skouer na die saal. In my gedagtes wens ek dat hy regop sal sit as ons daar kom. Ons stap die stil saal binne. Ons voorsitter lê onder die kombers waarmee ons hom toegemaak het. "Los my ’n bietjie by hom asseblief," vra sy. Sy sak langs hom neer met ’n sagte huil: "Ons het gehoop om saam oud te word!" Hy is jonger as ek. Later gaan sit ek langs hulle op die grond. "Het hy gely?" vra sy. "Nee, dit was baie vinnig," verseker ek haar. "Kan ons saam bid?" vra ek. Hou hulle twee se hande styf vas. Haal diep asem en vra vir seën en vrede en troos, en sê dankie vir Freddie. In die misterie van die heilige oomblik is hartseer en dankbaarheid ’n tweeling. Later die aand besef ek: missionaal of gestuur wees beteken dat ’n mens saam hande hou in iemand se nood. Dis om te konnekteer met iemand wie jy enkele minute vantevore nog nooit in jou lewe gesien het nie. Omdat dit die lewe van Jesus is. Omdat jy Jesus in hulle midde leef. Dis die wonderwerk: dat ’n mens iemand kan troos met die (Vervolg op p 10)

9


(Vervolg van p 9)

hoopvolle nuus dat Jesus leef, en dat hierdie lewende Jesus oor die grense van die dood en oor alle grense saam met jou loop. Ons almal het die dag aangepak asof dit net nog ’n môre is. Vir mekaar “Goeiemôre!” gesê. Min wetend hoeveel môres op elkeen van ons wag. Jakobus herinner nogal dat ons eerder moet sê: "As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen" (4:15). Ek weet nie wat in jou week wag nie. Ook nie in myne nie. Dalk moet jy net doen wat jy moet doen: in die oomblik wanneer iemand léwe nodig het! As jy Jesus volg, weet dan: Ek is gestuur vir die oomblik. Ek is gestuur om Jesus in hulle midde te leef. Ek is gestuur om die lewe van Jesus te leef. Ek is gestuur! (Daar is soveel wat gehelp het - hierdie ervaring is net wat en wie ek kan onthou in die fokus van die oomblik. Dankie vir jou inspirerende lewe, Freddie!)

10


MOos-kinderkerk Dis met groot dankbaarheid teenoor Denise van Antwerpen en haar borge wat ons vir ons kinders hierdie pragtige T-hempies kon laat kry! Indien daar lidmate is wat graag ‘n bydrae wil maak om vir ons toekomstige kinderkerk maats ook van so hempie te voorsien, kan donasies by Ounooi de Does gemaak word. Die koste vir so hempie beloop R65.

Voorwaarts voedselskema Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 50 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.

Sophia v. Loggerenberg Elize Swanepoel Annetjie de Beer Marlene van Antwerpen Daniella Kilian

10 Mei 17 Mei 24 Mei 31 Mei 7 Junie

Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie

Moenie stilbly en nie iets neem nie, want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.

Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee? Indien jou belangstel om deel te word van hierdie uitreikaksie, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie 083 709 3068 11


SorgAksie SMS voorraad vir April: Baie dankie aan elkeen wat Sondae die moeite doen om ons koskas te help aanvul. Die behoefte bly groot! Die volgende produkte is vir April ingehandig:

Deodorant (dames) 1 bottel

Daar is 11 pakkies uitgegee met die volgende items in: 

Blikkies groente x 24

Mieliemeel 23kg

Bully beef x 1

Suiker 1.25kg

Eiers x 6

Blikkies groente 23 blikkies

Koekies x 1

Bully beef 2 blikkies

Konfyt x 1

Rys 14,5kg

Koffie x 2

Konfyt 2 blikke

Koekmeel 1kg

Spaghetti 2kg

Mieliemeel 3.5kg

Vis 12 blikkies

Macaroni 1 pak

Macaroni 2,25kg

2 min noodles x 17

Soppoeier 19 pakkies

Olie 4 bottels

Koffie 200g

Sardiens x 6

Olie 6 bottles

Spaghetti 2 x 500gr

Grondboontjiebotter x 1

Sout 1x500gr

Oatspap x 1kg

Suiker wit 8x500gr

Bruinsuiker 2kg

Soppoeier kits x 2

Melkpoeier 500gr

Sous poeier x 1

Seep 25 koekies

Tee gewoon 3

Tandepasta 6 buisies

Tee rooibos x 5

Toiletpapier 62 rolle

Tuna x 4

Stasoft 2 sakke

Vars pampoen x 2kg

Waspoeier 1.75kg

Deodorant x 1

Sjampoe 2 bottels

Badseep x 8

12


Toiletpapier x 2 rolle

Sjampoe x 1

Tandepasta x 2

Waspoeier x 1.5kg

Sunlight groen seep x 2

Met die produkte wat ons dus die afgelope maand ontvang het, kan ’n groter verskeidenheid in die pakkies geplaas word. Ons is die Here innig dankbaar dat ons soveel mense van hulp kon wees!

Hoekom maak ons so? Met die dat ons heelwat nuwe intrekkers het, moet ons dalk net weer almal daarop attent maak hoekom daar aan die einde van die diens die regterhand in ‘n seëngroet gelig word: Aangesien die aflosleraar ONS met die Woord kom bedien en seën het, is dit MOos se gewoonte om elke aflosleraar ook weg te stuur met ‘n seënbede vir: 

‘n veilige terugreis

verdere geestelike groei tot ons hom/haar DV weer op ons kansel sien.

As jy dus voel jy wil ook die leraar seën, lig gerus jou regterhand op in die rigting van die leraar (asof hy voor jou sou staan) in ‘n seëngroet terwyl ons hom/haar die seënbede toesing en hom/haar met liefde en seëning wegstuur!

Helpende Hand reik uit Helpende Hand beplan om weer op Sondag 28 Mei geskenkies vir ons seniors uit te deel met die oog op die naderende winter. Maak dus seker almal wat 60 of ouer is, dra kennis en woon daardie dag die erediens by.

13


MOos skakel oor na Telegram Ons het bewus geword van ‘n nuwe toep (app) wat baie kragtiger is as WhatsApp. Met Telegram kan ons groot dokumente (tot so groot as 1,5BG!) stuur (wat baie nuttig is veral vir die lidmate wat nie epos adresse het nie!). Selfs die afkondigings in PDF formaat kan so aan elke lidmaat gestuur word. Waar WhatsApp ‘n “broadcast” fasiliteit het wat slegs 265 kontakte op ‘n slag kan hanteer, kan Telegram tot 5 000 kontakte op ‘n slag hanteer. Daar is ook heelwat ander voordele, soos hieronder uiteengesit. Oorweeg dit asseblief om hierdie toep af te laai (by Google Play store of ITunes) om selfs nog meer op hoogte van gebeurtenisse by die gemeente te bly.

Wat kan jy doen met Telegram?

14


Hoekom oorskakel na Telegram?

Hemelvaart diens 25 Mei As kategese hoofde versoek Ray & Ounooi de Does dat die ouers van die kinders wat aan die opvoering vir die Hemelvaart diens gaan deelneem, asseblief seker maak dat hul kinders met elke oefen geleentheid betrokke gaan wees. Die sangeres, CharnĂŠ Valentyn, gaan saam oefen en hulle wil nie dat haar beperkte tyd vermors word as almal nie daar is nie.

15


Positiewer – met ’n Duchenne-glimlag Ek kan nie onthou jy moes ook ’n paar ‘stents’ kry om jou are oop te hou nie," kyk ek hom verbaas aan. "Jy het dan altyd so gesond gelyk!" Sy vrou sê droogweg: "Jy kan tog ook nie almal se ‘stents’ onthou nie..." Ons lag almal lekker saam, daardie tipe lag wat plooitjies langs jou oë vorm. As jy nie net jou mondhoeke lig nie, maar ook met jou oë glimlag, doen jy die Duchenneglimlag. Die anatomie-kenner Guillaume Duchenne het in die 1800’s die unieke verband tussen positiewe emosie en hierdie tipe glimlag bestudeer. Toe die helfte van my e-posadresse skielik die afgelope week verdwyn, het my glimlag ook in die slag gebly. Bowendien was my blog ’n tyd van die lug af met die oorhandiging na ’n beter diensverskaffer. Ek kon nie eintlik iets aan die saak doen nie. Net wag. Toe val dit my by van die navorsing oor die Duchenne-glimlag. En ek glimlag. Nie die botoxsoort glimlag met stywe lippies en liniaalstreep-ooglede nie. Nee, ek glimlag die ene wat my mondhoeke hoog lig en my ooghoeke verkreukel van die lekker. Wanneer ’n mens só glimlag, al voel dinge nie lekker nie, skei ons liggaam endorfien en serotonien af. Dis die goedvoel-hormone. (Vervolg op p 17)

16


(Vervolg van p 16)

Die geheim is dat ons brein altyd die rede vir iets soek. As jou mondhoeke hang, sal jou brein redes gee hoekom jy so voel en so moet bly voel. As jy jou mondhoeke lig, reken jou brein daar moet redes gevind word om goed te voel. Sowaar, dit begin gebeur! Om te glimlag verbeter ons siening van onsself en die wêreld. Dis ’n wonderlike positiewe spiraal: jy glimlag, jy voel nog beter, jy glimlag nog meer en jy voel in die wolke! O ja, daar is nog ’n hele klomp ander winspunte as jy glimlag. Jou immuniteit verbeter. Jou bloeddruk stabiliseer. Jou selfbeheer verbeter. Jy kan stres beter hanteer. Jy voel minder depressief. Jy voel meer positief en sien kans vir uitdagings. Wanneer jy meer gelukkig voel, word jy ook meer suksesvol. Alles kan begin by ’n glimlag... * Voor jy iemand bel, dink eers aan ’n situasie waar jy lekker gelag het * Elke keer as jy kyk hoe laat dit is, glimlag die Duchenne-glimlag (mondhoeke én oë)  Wanneer jy opgewerk of áf voel, oefen die Duchenne-glimlag  * Google ’n paar grappies – en lag totdat Duchenne trots op jou sal wees! Pous Francis het via Twitter ge- "tweet" (ek het ook nie geweet ’n pous kan tweet nie...): "I cannot imagine a Christian who does not know how to smile. May we joyfully witness to our faith." As jy jou glimlag wil verloor oor onsekerhede, troos Jesus: "Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?" (Matteus 6:25). God ís elke dag betrokke in jou lewe. Glimlag – God sál voorsien (Wonderwerk? Soms bring jy en jou vriende verwondering en word deel van die wonder van 'n glimlag. Hier is "The Five Strings" se video, Do you hear what I hear, wat so 'n bietjie harte verwarm hier voor Kersfees.) Waag dit nou net!

17


E-Afkondigings Indien jy nie altyd in die erediens is nie of daar nie voldoende gedrukte afkondigings is nie, kan jy weekliks die afkondigings op jou rekenaar / slimfoon / tablet ontvang. Op die rekenaar:

Gaan na www.issuu.com

Registreer met die nodige inligting soos versoek.

Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton-Oos

Maak een van die afkondigings oop en klik op die groen “Follow”

Jy sal weekliks ‘n epos ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is

Op jou slimfoon / tablet:

Laai die toep “app.” ISSUU af

Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton Oos

‘n Venster met drie opsies sal oopmaak: “Publications”, “Stacks” & “Publishers”

Klik op “Publishers”

Klik op NG Meyerton Oos (ons logo)

Klik op die groen “Follow”

Jy sal weekliks ‘n epos / kennisgewing ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is

Jy sal dus ook tydens die erediens die afkondigings op jou tablet / slimfoon kan lees. So het jy ook daagliks die nodige inligting byderhand indien jy iemand wat verjaar of siek is, wil kontak.

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!

18


19


20


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.