07 Nov 2021
Die erediens word gelei deur Prediker: . Ds. John Myers Teks: Lukas 15:1 tot 32 Tema: Ek kan begin om weer te lewe Dankoffers word by die deure ingeneem:
Kategese in die klein saaltjie tydens die diens!!
Vir voorbidding
Wyk
x x x x
x
x
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 07 Nov a Erediens — word gelei deur ds John Myers. a Blokrade— Soos gereël deur die Ouderling Maandag 08 Nov a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Vrydag 12 Nov a FK (finansies) 09:00 In die kantoor—almal welkom Sondag 14 Nov a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 15 Nov a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom
Sagterdag 20 Nov a Kerkwerkdag 07:00 Hier is baie herstelwerk wat dringend aandag benodig. Ons vra veral ons ambagsmanne om hierdie vergadering by te woon. Kontak Hennie vir meer inligting— 083 561 7813
Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!
JY is die kerk!
—
‘n
Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid
vir 2021 nms Kerkraad & Admin Bestuur. —
Vier die dag wat die Here JOU gekies
—
het as Syne!.
—
Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.
Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.
Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.
Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met
Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.
—
As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.
Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!
Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.
Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.
Leer-en-Aktuele-Sake:
Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.
Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.
—
— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.
Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!
Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met NG Welsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!
Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op
Baie welkom by ons! Soek gerus vir Tommie of Corrie Louw by die inligtingstoonbank op vir ‘n vorm om u attestate aan te vra, skakel die kerkkantoor Dinsdag— 016 364 1484 of vir Louise 082 821 7493. Indien u ‘n vorm geneem het, onthou asseblief om dit weer in te handig sodat ons by u kan kom kuier.
Fuleni Funerals
Eva
AVBOB Magda Immanuel Ondernemers Annetjie
Reitz str Lochstraat Gallowaystr
Tommie en Corrie Louw Gemeente bestuurder / Koster
016 362 1278 082 927 9264 016 362 1048 016 362 4311
Geen begrafnispolis? Skakel jou raadslid en vra hulp. Daar is fondse vir families beskikbaar.
Ons wil graag ons senior lidmate (75 en ouer) bederf met ‘n klein geskenkie. Indien u nie die diens kan bywoon nie as gevolg van siekte of vervoer, kontak asseblief vir Nico van Eeden sodat ons reëlings kan tref vir vervoer—082 822 0485
—
j -
—
—
-
—
—
—
©
—
©
— —
— © ©
© © © © © ©
©
— © ©
-
Þ Þ Þ
-
—
-
— Meyerton NgMoos https://www.facebook.com/louise.vermaak.311/
-
· · ·
-
· ·
· · · · · · ·
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!