12 Augustus 2018
Die erediens word gelei deur Ds. Christman Krige Teks Matt. 6:9&10 Tema: In gesprek met God oor Sy wêreld Deurkollekte vandag: NG Welsyn
Wyk
Vir voorbidding
Kontakno
®
® ® ® ®
-
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 12 Augustus a Gebed bediening—08:15 en na tee drink in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit.
Maandag 13 Augustus a Gebed bediening—06:00 in die gebed kamer. Dinsdag 14 Aug a Oesfees—19:00 in die saal. Onthou, hierdie oesfees word deur die jeug (16-35jaar) gereël. Kom deel dus jou funky idees....... Enige ander lidmate is ook welkom.
Donderdag 16 Augustus a MITS (musiek, IT & Sang) — 18:00 - die voorsang en diens liedere word in plek gekry vir Sondag se diens.
Vrydag 17 Augustus a FK (finansies)—09:00 in die kantoor a Aksie Dienmekaar — 10:00 - in die saal.
Casper Muller, lekeprediker van Moedergemeente, bring volgende week ‘n besonderse boodskap vir veral ons kindertjies. Moet dit dus nie misloop nie. Bring jou kinders, jou bure se kinders, jou vriende se kinders, jou kleinkinders, soos Jesus self gesê het “...na My toe”
—
Cathy Botha B3 071 399 2482
Rosaline Higgs D3 082 843 1220
Anna Bezuidenhout B2 082 488 0226
Marí de Villiers D8 083 238 3266
Michelle Harding C7 061 664 3714
Almarie Naudé C2 082 890 8794
Tia Sibthorpe B6 060 972 0106
Charmein Saaiman C7 062 815 6907
Carlie Fischer D3 079 497 9473
Amanda Fischer D3 079 497 9473
Nico v Eyssen C7 078 693 0176
Sophia v Loggerenberg D1 060 500 6121
Kallie Spamers B3 072 352 2500
Susan Smith B5 083 274 7840
‘n Vreugdevolle
lewensjaar word jou toegebid vir 2018 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! Johannette Judeel C6b 079 601 7557
Carli Fischer D3 079 497 9473
-
Š
Aan elkeen wat Saterdag kom help het met herstelwerk en instandhouding
Ek skryf ‘n gedig oor jou, jy is ‘n inspererende vrou ‘n roos waaraan mens kan vashou , dis hoe almal jou beskou Iemand wat my kan help en leer, selfs kan bystaan in tyd van seer. Vertroostende woorde, sag en teer, jy sien nooit op iemand neer. Raad het jy om ‘n wond te genees, te verwyder ‘n doring uit die vlees. Verstommend is jou passievolle gees, nog meer, jou kreatiewe idees. Blomme is vir jou niks nuut, jy kan rangskik, met selfs een riet. Uit iets oud skep jy iets nuut, tot ‘n geroeste yster kan jy so geniet.
Jy wys my hoe om te bak en brou, om room te klop, sommer gou. Hoe om te stik ‘n soom, ‘n mou, hoe diep om ‘n plant se gat te grou. Wat om te maak met ‘n plein wit blaai, wanneer om nuwe blomme te saai. Van ‘n lappie maak jy iets so fraai, hoe jy dit doen kan ek net raai. Ek wonder soms, is jy by die huis net soos ons? Moet jy ook koskook en bed op maak, om nie eers van skottelgoed te praat? Hoe kry jy dit reg om ma te wees en vrou, en dan nog by al jou verpligtinge te hou? Raak jy ook moeg, raak jy ook flou, Jy is ‘n wonder mens, jy is ‘n vrou. -Lyzette Botha
-
-
-
-
Woorde van troos vir jou wat vandag hartseer of moedeloos voel...
<3
Die lewe bring soms baie seer. Die ergste is dat die seer soms soos ‘n rolprent oor en oor in mens se gedagtes afspeel. Al probeer jy hoe hard om te vergeet is daar altyd iets wat die ou wonde weer oopkrap. Dit bly soos onuitwisbare merke wat in jou gedagtes gegraveer is. Hoe kan ek as mens die seer herinneringe van die verlede uitwis? Dit is ‘n vraag wat ek al so baie gevra het. As ek maar net die woorde wat gesê was kan vergeet of as ek net die vernedering gespaar kon wees… Tog weet ek dat alles wat in my verlede gebeur het my gevorm het om bruikbaar vir my Hemelse Vader te wees. Ek onthou goed hoe verwerp ek gevoel het as mense hulle rug op my gedraai het gedurende die storms van my lewe. In mense het ek soveel keer na God gesoek en hulle verwerping het my verwerp deur my Skepper laat voel. Ophou soek was steeds nie vir my ‘n opsie nie, maar eers moes ek leer om my oë van mense af te haal en my oë op God te rig. Vandag is ek dankbaar. Ek het afhanklikheid en liefde van my Skepper geleer. Dit was in tye van seerkry dat ek altyd weer nuut die liefde van Jesus ervaar het. Tye wat ek ontroosbaar gehuil het, het Jesus my trane afgedroog. In die eensaamste tyd van my lewe, toe ek na niemand kon gaan nie, het my soeke na God begin. Elke val het my geleer om weer op te staan, elke traan het my geleer om met simpatieke oë te kyk. Elke terugslag het my gemotiveer om weer te probeer totdat my doelwit bereik is. Niemand kon meer verwerp gevoel het as Jesus aan die kruis nie. Vernederd, seer, gebreek… Dit alles sodat elkeen wat die naam van die Here aanroep nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16) Jesus het klaar die vernedering, die verwerping en die seer van die lewe vir ons gedra. In Hebreers 13:5 het die Here belowe Hy sal jou nooit begewe of verlaat nie. As mens met jou hele hart na God soek, sal Hy Hom deur jou laat vind (2 Kronieke 28:9) Hou vas aan Sy Woord, dit is jou padkaart na die ewige lewe. Moenie opgee nie – jy is nie alleen nie. Die verlede lê agter jou, maar voor jou lê jou oorwinning. Die lewe is nie maklik nie. Dit mag dalk voel of die lig nooit deur die donker tye gaan breek nie, maar onthou dat die donkerste uur is net voor dagbreek. Eending is verseker, Jesus leef
en my oorwinning is by Hom. Josua 1:9 ~ Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Gerhard
â&#x20AC;&#x201D;
-
-