13 Januarie 2019

Page 1


13 Jan 2019

Die erediens word gelei deur Ds. Francois van Zyl Teks: Tema: Fases van jou geloof Deurkollekte vandag: Huis Meyerton

Wyk

Vir voorbidding

Kontakno

® ® ®

® ®

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 13 Jan. a Gebed bediening—08:15 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. a Kategese inskrywings na die diens in die jeugsaal a Blokraad vergadering—na die erediens soos deur die ouderling gereël

Maandag 14 Jan. a Gebed bediening—06:00 in die gebed kamer. Vrydag 18 Jan. a FK (finansies)—09:30 in die kantoor. a Aksie Dienmekaar—09:30 in die saal Sondag 20 Jan. a Gebed bediening—08:15 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. a Kategese inskrywings na die diens in die jeugsaal

a MELAS (musiek, erediens, leer & aktuele sake)— na die erediens

Sondag 27 Jan. a Gebed bediening—08:15 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. a Kerkraad—17:00 in die kerksaal


Chantal Byliefeldt E3 076 620 1467

Armand Kruger C6a 082 765 5186

Hennie Botes D6 071 237 1296

Ria Groenewald C6a 071 455 4182

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir

2019 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Divan Jardin D3 061 483 5431

Juvan v Antwerpen D3 083 790 4125

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het!



© © © © ©


-

-

-

-


Verveeld op n Vrydagaand? Nêrens veilig om heen te gaan nie? Kom kuier saam met ons vanaf Vrydag

18 Januarie

6nm (18:00) tot 8nm

(20:00).

Natashia en Morné kan nie wag om julle beter te leer ken nie!

Vervoer is beskikbaar— whatsapp/bel Morne 0813940115 of Natashia 0723232780


Deel van elke ouer se doopbelofte, voor God en Sy gemeente, is soos volg:

....”Ons beloof om hierdie kind dié leer te onderrig en te laat onderrig.” Ons het ‘’n lieflike span mense wat elke Sondag die deel van “te laat onderrig” met die grootste liefde nakom. Hulle kan egter nie al die kinders van die gemeente (0-6jr 29, 7-13jr 48 en 14-18jr 30, totaal 87 kinders) hanteer nie.

Enigiemand wat dus gedruk voel om te kom inskakel by die kinderkerk, kontak asseblief vir Ray 076 993 2104 of Ounooi 082 330 0006. ********************* Het jy die gawe van ‘’n mooi stem ontvang? Kom loof die Here uit dankbaarheid daarvoor deur in te skakel by ons voorsangers. Kontak Hennie—083 561 7813

Arnold Venter, ons karwag, maak seker voertuie is veilig tydens die erediens. Wanneer jy dus by jou voertuig kom, dink asseblief aan hom en gee hom iets vir sy moeite. Indien jy van Arnold se dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus—076 010 9891


-

-

-


-

-

– –

– -


Ons het soveel nuwe gesinne bygekry die afgelope ruk, dat ons ons lysie vir 2019 weer kan saamstel met nuwe beurte om ons omgewing se kindertjies te help met soms die enigste ete vir die dag. Indien jy belangstel om deel te word van hierdie uitreikaksie of saam met

iemand ’n beurt wil hê, gee asseblief jou naam vir my deur. Ek weet daar val soms iets onvoorsiens voor. As dit jou beurt is, moet asseblief nie stilbly en niks neem nie. Skakel my en ek sal reëlings tref. Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 75 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.

Baie dankie vir al die staatmakers wat gehelp het die afgelope jaar. Vele magies is gevul... Groete, Annatjie—083 709 3068

-


-

-

– -


— -

-

· -

·

-

-

-

-

·


Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.


— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!


Þ -

Þ Þ Þ

-


-

· · ·

-

· ·

· · · · · · ·

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.