14 Augustus 2022

Page 1

1 Vandag se diens…. · Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za · KantoorureDi&Vry 09:00—12:00 -Telno0829937218/0825390342CorrieLouw(koster) · Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510 580 036 Tak Meyerton · Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693 · Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 · Ngkerk-Meyerton-Oos Vir voorbidding x William Nolan gaan Dinsdag hospitaal toe vir ‘n prosedure. x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land. Lief en leed Wyk D2 Die erediens word gelei deur Ds. John Myers Skrif: Luk. 24:13-35 Tema: Jesus verskyn aan die Emmaus-gangers Blok Diensbeurte Sondag14Aug—BlokD Sondag21Aug BlokE Komontmoetnuwevriendeoor n‘koppietee/koffie/ rooibos!

2 Byeenkomste die week Sondag 14 Aug a Erediens 09:00— Diens word gelei deur ds John Myers & Joa Lucas a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale a MELAS—na die diens Maandag 15 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Dinsdag 16 Aug a FK (finansies) — 10:00 in die kerkkantoor. Vrydag 19 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661 Sondag 21 Aug a Erediens word gelei deur ds Johan Peyer— Bybelgenootskap a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale. a Ringsitting—Kliprivier Maandag 22 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 26 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661 Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

3 Geluk elke verjarende!! So 14 —Sa 20 Aug Maandag 16de Michelle Harding (C7) Almarie Naudé (D3) Tia Sibthorpe (B5) Hendrik steyn (A1) Donderdag 18de Nico van eyssen (C7) Sophia van Loggerenberg (D1) Saterdag 20ste Albert du Plessis (E4) ‘ n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur. Doop verjaarsdae So 10 —Sa 16 Jul Vrydag 19de Kristine vd Westhuizen(D8) Vier die dag wat die Here JOU gekies het as Syne!. Het jý al die Hére gekies? Ouers, kom julle jul doopbeloftes na?

EK EN MY MEDEMENS 1 Kon.12:12-19

4

Dit is nou eenmaal in die aard van ons menswees dat ons ons eie voordeel soek en die belange van ander mense op die agtergrond skuif.Rehábeam moes tog geweet het dat dit die taak van 'n koning of regeerder is om die belange van sy onderdane te bevorder en vir hulle rus en vrede te verseker.Hy kon so maklik die guns van die volk gewen het deur die las van die dwangarbeid en belasting te verlig.Hy het egter verkies om die goeie raad van die oudstes in die wind te slaan en sy onderdane nog swaarder laste op te lê (v.13, 14). Wat het hy daarmee bereik? Die hele volk het teen hom in opstand gekom.Maar nog steeds het Rehábeam gemeen dat hy met geweld die opstand kon onderdruk.Daarom dat hy Adóram, "wat oor die dwangarbeid was", gestuur het om die orde te herstel.Die hele Israel (v.18) het hom gestenig! 'n Mens moenie dink dat jy alles met geweld kan regkry nie.Nie in die huwelik en gesinslewe nie, nie in díe ouer kind verhouding nie, nie wanneer wet en orde in 'n land of gemeenskap nagestreef word Onsnie.

Here, lei my vandag in my optrede teenoor my naasbestaandes en almal met wie ek in aanraking kom. Amen.

moet ook die mens in ag neem.Ons moet die "mens agter die mens" raaksien, hom probeer verstaan, ons in sy posisie probeer indink, ook na sý belange omsien, hom as volwaardige mens behandel.

Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid?- 1 Kon. 12:16

Gebedsfokus

Kom ons bid vandag vir ons owerheid en vir almal wat gesagsposisies beklee. Ook vir ouers en opvoeders.Kom ons bid vir onsself dat die Here ons sal seën met wysheid in ons verhoudingslewe.

5

Op die Kerkraadsvergadering gehou op Sondag 31 Julie 2022 is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies: As Voorsitter van BET (Bates, Eiendom & Terrein): Frans de AsVilliersvoorsitter van MELAS (Musiek, Erediens, Leer & Aktuele Sake): Hennie Loggerenbergvan

Bevestiging van hierdie lede vind DV plaas op 04 September 2022. As sekundií: © van die Vrouediens—Sophia van Loggerenberg © van die Kerkraad ds. John Myers Elke lidmaat IS betrokke in die verkiesing van kerkraadslede: Die rede waarom die name aan die gemeente deurgegee word, is sodat hierdie verkose lede se leer en lewenswandel geweeg en deurbid kan word deur die lidmate van die gemeente. Hierdie verkose lede is dikwels bekend buite om die kerklike lewe. Daarommoet gelowiges saam voor die Here gaan stil word, om te hoor of die kerkraad die regte keuse gemaak het. HOE is lidmate betrokke? Kyk na die verkose persone se lewenswandel —lééf hul werklik en opreg hul geloof in Jesus uit. In 1 Timoteus en Titus word dit vir gemeentelede netjies uiteen gesit hoe hierdie ampsdraers se lewens moet lyk: 1Ti 3:2-12 ‘n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; (3) hy moenie aan drank verslaaf of ‘n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie. (4) Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. (5) Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die (Vervolg op p 6) Verkiesing van Kerkraadslede

Frans Hennie

Caroline bied elke Dinsdag en Vrydag vanaf 08:00—12:00 klasse aan om te leer brei, hekel, handwerk en naaldwerk te doen. Haar doel is om werkloses‘n kans te gee om ‘n eie inkomste te genereer. Enigiemand wat belangstel om hierdie klasse by te woon is welkom. Hierdie projek word deur Midvaal munisipaliteit ondersteun.

5)

-11 ‘n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie.

(7) Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ‘n goeie man bekend staan sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in ‘n strik van die duiwel val nie. ... (11) Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles Titbetroubaar.1:6

(Vervolg op p

6

gemeente van God op hom neem? (6) Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.

(7) ‘n Ouderling is immers ‘n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie ‘n dronkaard of ‘n rusiemaker of ‘n soeker na oneerlike wins nie. (8) Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers. (9) Hy moet vashou aan die betroubare woord waarin hy onderrig is. Dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde leer aan te moedig en die argumente van teenstanders te weerlê. (10) Daar is baie, veral onder die bekeerlinge uit die Jodedom, wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei. (11) Hulle mond moet gesnoer word. Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dít net om skaamteloos geld te maak.

Gemeenskapsprojek

—sendigmaand

FEBA sê

Geagte Tommie en Gemeentekerkraad, NGK Meyerton-Oos - Waarlik was dit vir my ‘n belewenis by u gemeente! - Julle gemeente se hart vir God se Missio Dei is tasbaar !

Die dienste vir Augustus sien dus so daar uit: 14de Ds. John Myers & JoaLucas 21ste Ds. Johan Pyper (Bybelgenootskap) 28ste Geopende Deure

Augustusdankie

Dankie vir die vertroue in my gestel om die Woord te kon bedien en weer te kon kom vertel van FEBA se werksaamhede. Baie dankie ook aan u as gemeente en elkeen wat‘n donasie gemaak het. Julle ondersteuning en gebede is alles deel van die oplossing om die onbereikte en vervolgde mense te bereik met die Goeie Nuus van Jesus Christus en is ons dankbaar vir u verbintenis tot Jesus se opdrag om“dissipels van alles nasies te gaan maak.” Julle gebede help om lewens te verander en boodskappe van hoop en redding te versprei na sommige van die mees onbereikbare en desperate plekke in die wêreld. Julle gemeente se hart vir God se Missio Dei is tasbaar!

Soos dit ons jaarlikse tradisie is, word Augustus aan Sending gewy. Maar, aangesien dit ook die 9de Vrouedag is, probeer ons ook om die wêreld van vrouens se stryd tot menslikheid in ons moderne tyd, in verskeie lande, tydens hierdie maand bewus te maak.

7

Dankie Louise vir al jou baie vooraf reëlings en ook aan almal wat gehelp het met klank, tafel voorberei en die koffie, lekker eetgoed en almal se lekker geselsie na die tyd ag sommer net vir almal se gasvryheid weet dat ek dit waardeer Weereens,! my hartlike dank en weet ook dat ons vir julle as gemeente bid, hier vanuit ons kantoor in Pretoria.

8 Daar is tans weerÕn groot behoefte aan onbederfbare produkte by die Koskas: © veral blikkies vis en soutvleis. © Vars groente is ook baie welkom. © Elkeen wat iets kan bydra, word opgeroep om dit asseblief na die kantoor te bring. © Toiletware Ons “Fles van Hoop” projek is uiters gewild, maar hierdie voorraad is ook Bestanddeleuitgeput.

Klerestoor: As gevolg van die veranderinge wat by die Kleuterskool, die nasorg sentrum en babasorg aangebring is, moes die klerebank ook verskuif. Klere vir mans sowel as dames en kinders is nou alles op die verhoog van die Onssaal.opregte dank aan almal wat behulpsaam was om meublement te verskuif, rakke op te sit en die klere weer te sorteer. Ons sal weer oop wees vanaf 16 Augustus 2022. Ons het nie genoegsame dames om die Klerebank te beman op Dinsdae sowel as Vrydae nie. Die Klerebank sal in die toekoms slegs op Dinsdae vanaf 10h00 tot 12h00 oop wees en nie meer op Vrydae nie. Sedert April tot die einde Julie vanjaar kon ons klere voorsien aan 14 gesinne. Dit het 7 mans, 12 dames, 9 seuns en 4 dogters ingesluit. Ons het ook heelwat klere gestuur vir die vloedgeteisterde gebiede in SorgAksie: Kos & klere

nodig vir die“Fles van Hoop”: © Rys © “Soup mix” © Lensies © Blokkies “stock” © Pakkies soppoeier. Indien u leë bottels het wat u kan vul, bring asseblief kantoor toe. Vir enige verdere inligting, kontak Annatjie de Beer 082 753 9518

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.