14 Julie 2019
Die erediens word gelei deur Andries van Tonder Teks: Matt. 6:25-34 Tema: Hoekom bekommer jy jou? Deurkollekte vandag: SorgAksie
Wyk
Vir voorbidding
Kontakno
® ® ® ® ®
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 14 Julie a Erediens— 08:30 Andries van Tonder a Blokrade—soos gereël deur ouderlinge a MELAS—na die diens Maandag 15 Julie
a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.
Vrydag 19 Julie a Aksie Dienmekaar—skakel Nico om te hoor wanneer en waar daar byeen gekom gaan word—082 822 0485 a Jeug—18:00 in die saal. Kontak Leana / Johan vir vervoer: 082 758 4057
Sondag 21 Julie a Erediens— 08:30 Ds Stanus Cloete a BET (Bates, Eiendom & Terrein)—17:00 in die kerksaal Maandag 22 Julie a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.
Woensdag 24 Julie a Streek Sinode sitting— 18:00—21:00 te NG Vaalrivier. Vrydag 26 Julie a Aksie Dienmekaar—skakel Nico om te hoor wanneer en waar daar byeen gekom gaan word—082 822 0485 a Jeug—18:00 in die saal. Kontak Leana / Johan vir vervoer: 082 758 4057
—
Esta Maree E1 072 277 2461
Eileen Lotter C3 082 335 3871
Ria le Roux E3 079 665 9799
André Maree E1 084 627 7446
Liané Henery DEW 064 909 0532
Ian Ross C3 072 416 2801
Johan Schutte E4 071 864 8059
Rudolph Reinecke C2 083 266 1122
Andrea Judeel C6b 083 337 5976
Nadia Naudé D3 082 855 3403
Landie Roos E4 084 959 5172
Annie le Grange D3 083 554 4977
Monica Lourens E6 084 722 9196
Jessica Swart E5 079 675 3252
‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid
vir 2019 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
-
—
-
—
—
—
—
-
-
-
-
— -
–
-
–
· -
·
-
-
-
-
·
—
Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.
Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.
Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.
Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer
Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.
—
As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.
Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!
Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.
Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.
Leer-en-Aktuele-Sake:
Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.
Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkingsvaardighede word dringend hier benodig.
—
— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.
Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!
Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!
Waar die woord "barmhartigheid" gebruik word in die Afrikaanse Bybel, word verskillende Hebreeus en Griekse woorde gebruik, bv. die Hebreeuse woord "kheh-sed", wat beteken: "favour, good deed, kindness, pity, merciful, of die Griekse woord "el-eh-os", wat beteken, "compassion, (tender) mercy". Somtyds is daardie selfde Hebreeuse woord bv. gebruik in verskillende tekste, maar verskillend vertaal in die Afrikaans, bv. as "goedertierenheid" of "guns" of "liefde" - ons moet ook verstaan dat dit gebruik is in verskillende kontekste. 1.
Hebreeuse woord: "kheh-sed", wat beteken: "guns, goeie dade, barmhartigheid en omgee" (IN SOMMIGE SKRIFTE WORD DIE WOORD "kheh-sed" vertaal as "BARMHARTIGHEID"; in ander as"GOEDERTIERENHEID", of "GUNS" of "LIEFDE", maar dit is dieselfde woord in die Hebreeus) - IN KONTEKS WORD "kheh-sed" gebruik as: "guns op die wat vir die Here
lief is en Sy gebooie onderhou" - voorbeelde is, Abraham, Josef, Lot, Dawid, Israel ens. 2.
Griekse woord: "el-eh-os", wat beteken: "kompassie en barmhartigheid" - IN KONTEKS WORD "el-eh-os" gebruik as:
"die swaarste dele van die wet, nl. die:
REG BARMHARTIGHEID en TROU"(geloof)- voorbeelde is: tweede gebod - naaste liefhe soos jouself; kyk na ge-
3.
lykenis van "barmhartige samaritaan"; kyk na hoe Jesus saam met die tollenaars en sondaars geeet het en vir hulle die boodskap gebring het; kyk na hoe Hy barmhartigheid bewys aan die dissipels toe hulle are pluk op die Sabbat; kyk na voorbeeld van hoe ons nie moet wees met aanneming van die persoon nie (Jak. 2:1-13)... DIE HEBREEUSE WOORD: "rakh-am" , WAT BETEKEN, "tender love, compassion, mercy, pity, (as cherishing the foetus) - voorbeelde is: Deut. 13:17 (begeer die Here se barmhartigheid); Gen. 43:14 en Neh. 1:11 (begeer barmhartigheid van iemand
anders) 4.
DIE HEBREEUSE WOORD: "raw-kham", WAT BETEKEN, "have compassion (on, upon), love, (find, have, obtain, shew) mercy, (have) pity - (ONTFERM) - voorbeelde is: "die Here
sal genadig wees aan wie Hy genadig wil wees, en Hom ontferm oor wie Hy Hom wil ontferm" - om genade te vind in Sy oe, moet iemand homself BEKEER tot die Here 5.
- (Hand.10:35 - "maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is"). DIE GRIEKSE WOORD: "el-eh-eh'-o", wat beteken, "have compassion (pity on), have
(obtain, receive, shew) mercy (on)" - voorbeelde is: - "Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word" - iemand kan nie self wil staatmaak op die Here se barmhartigheid, maar self bewys hy geen barmhartigheid nie! ; "die Here sal barmhartig wees oor wie Hy wil barmhartig wees, en Hom ontferm oor wie Hy wil" - niemand verdien die Here se barmhartigheid nie - dis nie 'n reg nie, maar 'n voorreg; (1Pe 2:10 - "julle wat vroeĂŤr geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is".) -https://warechristene.blogspot.com/2014/01/barmhartigheid.html
©
©
— -
–
–
Uittreksel uit die inleiding van die Bybel: Geloof het hande en voete. Dit doen dinge en gaan na plekke. Die Bybel sê nie verniet dat geloof sonder aksie dood is nie. Ja geloof sonder aksie is soos ’n liggaam sonder enige lewe daarin. Dit kan maar net begrawe word (Jak 2:26). Geloof is nie bedoel om begrawe te word nie, maar om te leef! Dit moet dinge verander, nuut maak. Geloof moet die lewe laat borrel en bruis. Dit moet ’n verskil maak waar dit gaan. Dit moet die lewe in mense blaas wat versteen en verstok geraak het. Ja,, dit moet die Here in mense se lewens bring. Dit moet mense leer om ’n lied van verwondering te sing oor die groot God wat ons aanbid....en ons met lewenslus Sy skepping laat geniet. Geloof maak ’n verskil, want dit laat jou God raaksien. As dit gebeur, kan jy nie meer dieselfde wees of bly nie. As God in jou lewe is, is die lewe van God in jou....’n lewe van aksie en vreugde, blydskap, troos en sommer baie opgewondenheid. Dan stap jy nie alleen nie...nie by die huis nie, nie tussen ander mense nie, nie in hartseer of seerkry nie. Dan is God by jou. En Hy moedig jou aan tot aksie: om op te staan as jy geval het, om te help waar jy moet, om lief te hê meer as wat van jou verwag word, om so om te gee vir ander dat dit ’n verskil maak. Ja-nee, geloof spoor jou aan tot aksie.
Þ -
Þ Þ
-
—
—
-
· · ·
-
· ·
· · · · · · ·
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!