14 Maart 2021

Page 1

14 Mrt 2021

Die erediens word gelei deur Ds. John Myers Teks: Joh. 12:1-28 Tema: Dankoffers word by die deure ingeneem:

Vir voorbidding

Wyk

Kontakno

x x x x x

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 14 Mrt a Erediens — word gelei deur ds John Myers a Kinderkerk—in die jeugsaal. Maandag 15 Mrt a Gebedsgroep 06:30 In die konsistorie—enigiemand welkom

Dinsdag 16 Mrt a Jeug vergadering - 19:00 In die saal—enigiemand welkom.

Vrydag 19 Mrt a Jeug—18:30 In die kerksaal—almal welkom! Kontak Johan Venter indien jy ‘n vervoerprobleem het—082 410 7661.

Sondag 21 Mrt a Erediens — a Kinderkerk—in die jeugsaal. Maandag 22 Mrt a Gebedsgroep 06:30 In die konsistorie—enigiemand welkom Vrydag 26 Mrt a Jeug—18:30 In die kerksaal—almal welkom! Kontak Johan Venter indien jy ‘n vervoerprobleem het—082 410 7661.


— ‘n Vreugdevolle

lewensjaar word jou toegebid vir 2021 nms Kerkraad &

Melissa Venter B1 082 758 4057

Tiané v Tonder B2 071 282 7489

Maudelize Viviers B5 074 082 5389

Admin Bestuur.

Baie welkom by ons! Soek gerus vir Tommie of Corrie Louw by die inligtingstoonbank op vir ‘n vorm om u attestate aan te vra of skakel die kerkkantoor Dinsdag— 016 364 1484 Indien u ‘n vorm geneem het, onthou asseblief om dit weer in te handig sodat ons by u kan kom kuier.

Tommie en Corrie Louw Gemeente bestuurder / Koster

Daar is 68 kinders in ons gemeente tussen 0-16 jaar. Sondag 7 Maart, was daar slegs 2 by die kinderkerk.. Dit wil voorkom of die ouers hulle doopbeloftes "Ons beloof om hierdie kind in dié leer te onderrig en te laat onderrig", vergeet het. Hierdie belofte is voor God en Sy gemeente gemaak.....hartseer, is dit nie? Watter voorbeeld stel ons vir ons kinders?! Hoe kan ons bid vir ons land se herstel, as ons nie bereid is om ons beloftes aan die Here na te kom nie? Stel nou ‘n goeie voorbeeld vir jou kind se toekoms, en kom help sommer by die Kinderkerk om die ander kinders ook van ons wonderlike en liefdevolle Here te leer!

Kontak vir Ounooi de Does indien jy op hiérdie manier ‘n bydrae tot ons gemeente wil maak—082 330 0006


-

-

-

-

-

Ons sit skielik met niemand om die mengbank en rekenaar tydens eredienste en begafnisse te hanteer nie. Daar word Sondag na die diens opleiding gegee vir diegene wat sou belangstel. Indien daar genoeg mense is wat belangstel, kan ‘n rooster opgestel word sodat een persoon nie elke Sondag diens hoef te doen nie. Indien jy nie Sondag die opleiding kan bywoon nie, maar graag daar betrokke wil raak, kontak asseblief vir Tommie 082 899 5095 of Johan Louw 083 468 3663


-


— Produkte van verlede jaar wat gebring is wat voldoende is en nie nodig is nie:

Produkte hierdie jaar benodig:

x

Kookolie

x

Jellie

x

Tennis Beskuitjies

x

Kondensmelk

x

Marie Beskuitjies

x

Rys

x

Suiker

x

Kits Poeding

x

Ingelegde vrugte

x

Koekmeel

x

Ideal melk

x

Karamel treat

x

Maalvleis

x

Wors

x

Kerrie poeier—matig

x

Chutney—mild

x

Klapper

x

Versiersuiker

x

Botter

x

Eiers

x

Kaneel

x

Kakao

x

Neute

x

Bakpoeier

x

Vla

x

Tuisgemaakte produkte (konfyt, ens.)

x

Tamtiesous

x

Hotdog sous

Indien u mooi en lekker koeke kan bak, maar het nie die finansies om self die produkte aan te koop nie, is u welkom om van die produkte by die kantoor te kom haal.

Onthou, ons is slegs Dinsdae en Vrydae tussen 09:00-12:00 by die kantoor.


Onthou ons Oesfees—Saterdag 1 Mei!!

Waar/hoe is JY betrokke by die Oesfees?

© ©


— -

-

-

-

· ·

-

-

·


— — Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!

Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714


Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkingsvaardighede word dringend hier benodig.


Þ -

Þ Þ Þ

-



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.