14 Okt 2018
Die erediens word gelei deur Ds. Francois v Zyl Teks Tema: Deurkollekte vandag: Huis Meyerton
Wyk
Vir voorbidding
Kontakno
® ® ®
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 14 Okt. a Gebed bediening—08:15 en na tee drink in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. a MELAS—na die erediens
a Kruisgewys—18:00 by Moedergemeente Maandag 15 Okt. a Gebed bediening—06:00 in die gebed kamer. Donderdag 18 Okt. a MITS (musiek, IT & Sang) — 18:30 - die voorsang en diens liedere word in plek gekry vir Sondag se diens.
Vrydag 19 Okt. a Aksie Dienmekaar — 10:00 - in die saal.
—
Hennie Botha B3 084 517 0281
Ellen Steyn C7 071 896 3516
Frank Lieuwes E1 076 610 3550
Iwan Claassens B3 079 537 3399
Erika Serfontein A1 083 479 1044
Chrissie Webb E3 072 284 5762
Albie Geyer B4 083 624 4688
Pat Pertorius A1 Pieter Spamers B3 082 927 7219 079 946 9184
‘n Vreugdevolle lewensjaar
word jou toegebid vir
2018 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Tiané v Tonder A1 071 282 7489
Vier die dag waarop die Here JOU gekies het!
-
Maandag-oggend. Bid vir die werkweek wat voorlê Bid vir die kerk se administrateurs Bid vir die kleingroep gebedkrygers Bid vir die werkloses om werk te kry. 5Bid vir die wat minder bevoorreg is. Dinsdag- oggend. Bid vir ons gemeente se soeke na die krag en Genade van die Heilige Gees. Bid vir die Christene in moslem lande wat vervolging ervaar. Bid vir ons stamlande vir herlewing Woensdag oggend Bid vir die sending aksie deur geopende deure Bid vir ons gemeente se groei en leraar besoeke Donderdagoggend Bid vir MITS vergadering en reëlings vir Sondag se voorsangbegelyding. Sê dankie vir ons gebedsaksies groepe se gebede die afgelope week. Bid vir Bybel vertaling en verspreiding Bid vir die bedienings organiseerders vir hulle take en verantwoordelikhede. Vrydagoggend Bid vir die sendingwerkers en vir hulle optrede hierdie naweek Bid vir admin se voorbereiding vir Sondag se erediens. Saterdagoggend. Bid vir Sondag se erediens. Bid vir die wat ontspan vir gesonde ontspanning. Sondagoggend . Bid vir ons gemeente se byeenkoms vir die erediens. Bid vir die leraar se taak om die woord te verkondig Bid vir die oordenking en nabetragting van die erediens Bid vir die gebedsbyeenkomste.
Maandag-aand. Sê dankie vir die dag se bewaring arbeid ,gesondheid. Sê dankie vir vir die wyk diaken se besoeke hierdie aand Sê dankie vir warm huis, kos en warm slaapplek. Sê dankie vir die seën van die naweek se erediens, sang en gebede. Dinsdag-aand. Sê dankie vir die wyksleiers se besoeke en hulle arbeid. Ons sê dankie vir gebedkrygers wat vir ons gemeente bid. Ons sê dankie vir organisasies soos Geopende deure en Feba radio Woensdag aand. Sê dankie vir gebede vir gemeente groei en leraar besoeke. Donderdagaand. Sê dankie vir kleingroepe se byeenkomste. Bid vir leraar se voorbereiding vir Sondag se preek.
Vrydagaand. Sê dankie vir die werk week wat verby is en vir krag , genade vir werkweek Sê dankie suksesse van die regerings leiers se onderhandelinge en rustigheid in ons land. Saterdagaand. Sê dankie vir die dag se ontspanning Sondagaand. Sê dankie vir die erediens en saamwees as gelowiges. Sê dankie vir die rus/Sabbatdag. Sê dankie vir die kategese klassies aangebied is en bid die Here se seën oor die saadjies wat geplant is.
— -
–
-
–
· -
·
-
-
-
-
·
—
Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.
Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.
Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.
Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer
Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.
—
As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.
Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!
Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.
Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.
Leer-en-Aktuele-Sake:
Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.
Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.
—
— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.
Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!
Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!
Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 75 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.
Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie
© © © © © © ©
Moenie stilbly en nie iets neem nie,
©
want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.
© ©
Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee?
©
Indien jou belangstel om deel te word van hierdie uitreikaksie of saam met
iemand ’n beurt wil hê, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie— 083 709 3068
© © © © © © © © © © ©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
©
© © ©
© © © © © ©
© ©
© © © ©
© © © © ©
-
-
-
Die gee van offergawes is vir my ‘n reaksie op die groeiende bewussyn dat God deel is van my lewe. Dit is ten diepste ‘n praktiese uitdrukking van die feit dat ek ‘n dissipel van Christus is (Brian Bauknight)
—
-
-
-
— -
-
-
-
-
-
-
· · ·
-
· ·
· · · · · · ·
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!