15 Oktober 2017
Die erediens word gelei deur Ds. Christman Krige Teks Rigters 16:4-31 Deurkollekte vandag: Huis Meyerton
Wyk
Vir voorbidding
Kontakno
® ® ® ® ®
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 577 1546 Erna Klynhans (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 15 Oktober a MITS (musiek, IT & Sang) — 07:30 - die voorsang en diens liedere word in plek gekry vir vanoggend se diens. a Gebed bediening—08:45 in die gebed kamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit. a MELAS na die erediens.
Donderdag 19 Oktober a SorgAksie - 10:00 in die kantoor Vrydag 20 Oktober a Aksie Dienmekaar — 10:00. Is jy 60 en ouer, maar voel nog 21? Kom skakel gerus by ons in!
Vier jou doop verjaarsdag só: * Gesinslede gee geskenke met geestelike inslag; * Blaai deur foto album en vra jou ouers uit oor jou doop geleen-
John Smeeton C1 076 260 8017
theid, wie daar was, wat jou naam beteken, wat spesiaal was die dag. * Doop jou vingers in ‘n bietjie water. Druk jou nat vingers teen jou voorkop. Onthou daarmee dat God jou eerste gekies het en Debbie Boshoff C1 073 433 0149 liefhet.
* Het jy al die Here in jou lewe toegelaat? Het jy Hom al genooi om jou Verlosser te wees? Lees gerus Joh.3:16 en 1:12.
—
Hennie Botha B3 084 517 0281
Frank Lieuwes E1 076 610 3550
Erika Serfontein A1 083 479 1044
Chrissie Webb E3 072 284 5762
Ds. Christman 083 655 9783
Albie Geyer B4 083 624 4688
Ellie Steyn C7 071 893 6516
John Smeeton C1 076 260 8017
Pat Pretorius A1 082 927 7219
Pieter Spamers B3 079 946 9184
Liam Theron C6b 082 572 8754
Andries Hedin DEW 071 685 3359
Ounooi
Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 50 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee
¨
word.
¨ ¨ ¨ ¨
-
¨ ¨
Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my ¨ asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie ¨
Moenie stilbly en nie iets neem nie, want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.
Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee? Indien jou belangstel om deel te word van hierdie uitreikaksie, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie 083 709 3068
¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨
¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨
¨
¨ ¨ ¨
¨ ¨ ¨ ¨
¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨
¨
¨ ¨ ¨ ¨ ¨
¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨ ¨
¨ ¨ ¨
As jy vandag kla oor jou bord kos is min ~ gaan kyk hoe krap mense in vullisblikke vir iets om te eet. As jy vandag kla jou bed is te klein of ongemaklik om op te slaap ~ gaan kyk hoe mense op koerantpapier slaap. As jy vandag kla oor n hoofpyn ~ gaan kyk in hospitale se ICU hoe mense veg vir hulle lewens. As jy vandag kla oor jou ouers se foute en se tekortkomings ~ gaan weeshuise toe en kyk hoeveel kinders is sonder ouers. As jy vandag kla oor jou tweeverterk huis ~ gaan kyk hoe mense in hokkies bly As jy vandag kla oor die lewe ~ gaan kyk in enige
begraafplaas. Daar is so baie wat net smag om te hê wat jy het..... ‘n kans om alles reg te maak en te waardeer wat jy vandag nie wil waardeer nie.......Alles wat ons is en het vandag is genade en ‘n voorreg..... So, gryp elke oomblik aan en dank GOD vir die min in jou lewe en eer Hom vir die voorreg wat jy het om met die min dankbaar te wees....want daar’s baie wat nie het wat jy vandag het nie.... Moet nooit die lewe vanselfsprekend aanvaar of ondankbaar wees nie....DANK GOD elke dag! Geleen van Oumie Bessie Kruger
*
* *
-
-
*
* *
*
* * *
Þ Þ Þ
-
— —
-
-
-
-
-
-
-
Dankie! Vir elkeen se bydrae aan ons Vader sodat Sy werk hier kan voortgaan!
—
Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.
Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.
Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.
Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met ons in die gebedskamer
Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.
—
As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.
Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!
Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.
Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.
Leer-en-Aktuele-Sake:
Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.
Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.
—
— Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.
Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met die Sorgforum wat na die breër Meyerton-area kyk, asook NGWelsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!
Indien jy kans sien om Michelle Donderdae af te los met die klerestoor, kontak haar asseblief op 061 664 3714 Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!
— Die Britse Nuwe Testamentikus, NT Wright, help ons in verskeie geskrifte die volle betekenis van die Bybelse Dit is nou moontlik, danksy www.ntwrightonline.org om 'n kursus te doen waarin hy jou help om die Bybel te ontsluit. Spring vir dié geleentheid – besoek die webblad. (met dank aan Grenspos)
-
-
–
-
–
-
-
· · ·
-
· ·
· · · · · · ·
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!