15 Sept 2019
Die erediens word gelei deur Dr. Sampie van Vuuren Teks: 1 Kor. 11:17-29 Tema: Deurkollekte vandag: Eagle Wings
Vir voorbidding
Wyk
®
Kontakno
® ® ®
®
-
® Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
·
· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·
· ·
-
-
Sondag 15 Sept a Erediens— 08:30 Dr Sampie v Vuuren Maandag 16 Sept a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.
Sondag 22 Sept a Erediens— 08:30 Sangdiens a BET—17:00
Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, - Jes. 49:16
—
Johan Jooste D1 076 323 7407
Neil Pitout DEW 082 929 4757
Kobie Bouwer E1 083 372 3402
Esmé Fouché D7 081 367 1621
Fina Wannenburg C4 076 898 1223
‘n Vreugdevolle lewensjaar
word jou toegebid vir 2019 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Andrew Greyvenstein B3 082 780 5956
Almut Sibthorpe B6 072 488 5204
Handwerk items word nou al gemaak vir volgende jaar se Oesfees.
Indien u Jacobs koffie of Douwe Egberts
koffie gebruik, bring asseblief die leë bottels kantoor toe.
©
Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het tot die Kinderkerk se suksesvolle uitreike na Homewell versorgingsoord en Eagle Wings op Sondag 8 September.— Ounooi de Does
Daar word ‘n Waterfees beplan vir Saterdag 2 November. Dit gaan nie ‘n volle Oesfees wees nie. Slegs jaffels, worsbroodjies, roomys, pannekoek en koeldrank gaan te koop wees. MAAR......daar gaan 5 waterglybane wees tesame met ‘n “colour run”! Daarom wil ons weer vra vir die volgende: maalvleis, meel, wors, olie, eiers, suiker. Enige kontant donasies is ook welkom. Indien jy die dag kan kom help, kontak asseblief die kantoor.
Die mense dink Dowes is stom. Ander verbeel hulle Dowes is dom. Maar al wat Dowes makeer is dat Dowes nie kan hoor... * Dowes kan nie deel in gesprekke met mense wat om Dowes gesels. Eensaam en stil is Dowes se wêreld te midde van al die gepraat... Dowes se gevoelens kan Dowes nie deel. Dowes weet nie hoe om te vertel van hartseer en blydskap en liefde. En hoe Dowes dit alles ervaar... Nog nooit het Dowes die stem gehoor van Dowes se Moeder wat met hulle praat. Haar eerste tere woorde het Dowes nie eens geweet bestaan... Dowes wonder hoe klink die reën op die dak, die gesing van die voëls en die see en die wind. Niemand het woorde om dit te vertel, te probeer verduidelik dat Dowes kan verstaan... Waar gaan Dowes heen in 'n horende wêreld? So baie beroepe is vir Dowes gesluit. Al wat Dowes vra is 'n bietjie begrip en die kans om te wys dat Dowes ook kan werk........
Lizette van Eyssen het in die saal ‘n uitstalling van verskeie items van CUM boeke. Daar sal onder andere baie oulike kinderboekies wees teen R5 elk. Maak gerus ‘n draai daar.
Ons as Traumagroep in Olyfdal Ned Geref Kerk beplan om 'n kursus aan te bied oor vehoudings in die huwelik tussen man en vrou EN tussen ou en meisie. Enige iemand sal daarby kan baat vind, al is die persoon enkel en nie in 'n vaste vehouding op hierdie stadium nie. Ons wil graag op WOENSDAG 11 SEPTEMBER begin by Olyfdal Ned Geref Kerk om 18:00. Die kursus sal dan elke tweede en vierde Woensdag (bv. weer 25 September) aangebied word. Enige een is welkom, van tieners tot afgetredenes. Kursusgangers sal 'n sertifikaat na die tyd ontvang. Die aanbieder is Pastoor Ella Botha. Die koste sal net vir die kursusmateriaal wees, maar dit sal nie meer as R150 wees nie **************** Hierdie is net 'n vriendelike herinnering, dat ons as Traumagroep van Olyfdal Ned Geref Kerk, gratis berading en emosionele ondersteuning aanbied vir persone (Ministry of Presence). Ons doen elke eerste en derde WOENSDAGAAND besoeke vanaf 18:15. As julle enige iemand het wat deur 'n Trauma / Krisis gaan, soos 'n misdaadslagoffer, verhoudingskrisis, bv na egskeiding, dood (na begrafnis), siekte, bv. kanker, ens., is ons bereid om die persoon en sy/haar familie te gaan besoek en ondersteun. Dit sluit hospitaalbesoeke in.
Vanaf Woensdag 4 September is ds. Christman Krige (ons konsulent) elke Woensdagaand beskikbaar vir huisbesoek. Kontak hom asseblief by 083 655 9783 en tref die nodige reĂŤlings met hom.
Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word.
-
-
-
-
Bestuur jou teleurstellings Ps 16.1—6, ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. Die vraag is nie of jy teleurstellings sal evaar nie. Ons almal sal. Die vraag is: wat gaan jy daarmee doen? Een van die verskille tussen werklik suksesvolle mense en minder suksesvolle mense is dat eersgenoemde het die vermoë om terugslae te hanteer. Hiervan is Abraham Lincoln, Helen Keller en Theodore Rosevelt sprekende voorbeelde. Maar wat doen ons met teleurstellings? Hier is n paar wenke: 1. Aanvaar dat jou teleurstelling nie die lewe self is nie, maar slegs ‘n deel van die lewe. 2. Aanvaar die feit dat dit in alle mense se lewe voorkom en dat dit hierdie keer jou beurt is. Leef gewoon daardeur. 3. Besluit dat dit jou beslis nie sal onder kry nie. 4. Onthou – al wat jy in die lewe het om mee te werk, is dit wat jy op ‘n bepaalde dag het. Maak dus ‘n lysie van die bates wat jy oorhet, en hoe jy vandag daarop kan voortbou. 5. Vra jouself af watter les uit jou teleurstelling te leer is—die skoolgeld is klaar betaal. 6. Bepaal watter alternatiewe geleentheid deur die teleurstelling geopen word. 7. Onthou dat God weet wat jy nodig het en reeds ‘n goeie plan vir jou toekoms in plek het. 8. Dank God vir die geleentheid om deur jou pyn nader aan Hom te groei 9. Gesels met ‘n goeie vriend om perspektief te kry. Die verskil tussen sukses en mislukking is nie die aantal mislukkings wat jy beleef nie, maar die wyse waarop jy dit hanteer.
-