Januarie 2016
1
17 Jan 2016
Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur ds. T. Cook Skriflesing Joh. 2:1-11 Die Deurkollekte vandag: Huis Meyerton
Lief en leed Wyk
Vir voorbidding
Kontakno:
D4
Innige simpatie aan Jan & Annie le Grange
072 585 3573
met die afsterwe van Annie se moeder. E1
Innige simpatie aan Annatjie Beer met die afsterwe van haar broer.
083 983 1341
Baie dankie vir die reën wat so mildelik geval het!
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
Blok Diensbeurte
Blok Diensbeurte So 17 Jan Blok C / So 24 Jan Blok E
Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/ koffie/rooibos! • Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure Wo Wo— —Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton • Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794
• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 • https://www.facebook.com/Ngkerk-Meyerton-Oos-864259320360029/?
2
Byeenkomste die week Sondag 17 Jan MITS (musiek, IT & Sang) — 07:00 - die voorsang en diensliedere word in plek gekry vir vanoggend se diens. Lidmate wat hier betrokke wil raak, is welkom om van 07:00 af in te skakel.....(ons het DRINGEND hulp nodig aangesien van ons mense nie meer beskikbaar is nie agv hul beroepe. Indien ons nie mense kry nie, sal ons nie meer liedere tot eer van ons Here kan sing nie!!) Baba bediening—09:00 in die Jeugsaal. Alle babas en peuters tot en met ouderdom 4 is welkom om daar met die Woord bedien te word. Kategese inskrywings in die saal na die diens Blokraad vergadering—na die diens soos deur die blokleier gereël.
Week van gebed Sondag 17 —Donderdag 21 Jan
18:30 by Olyfdal (sien agterop afkondigings) Vrydag 22 Jan
FK—09:00 in die kantoor. Enige lidmaat wat betrokke wil raak by die bestuur van die gemeente se finansies, is welkom om hier in te skakel.
Sondag 24 Jan Vroue—na die diens MELAS—17:00 Sondag 31 Jan Kerkraad—17:00
3
Geluk elke verjarende!! Wo 20—Sa 23 Jan Wo 20
Do 21
Sa 23
‘n Vreugdevolle
lewensjaar word jou toegebid vir 2016 nms Kerkraad & Admin Corrie Louw C7 082 539 0342
Johan Harding C7 084 305 5887
Linda Scheepers C7 083 487 6531
Bestuur.
Doop verjaarsdae So 17
Ma 18
Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! Juvan v Antwerpen D5 Laruschka Malherbe E5 083 790 4125 072 872 5447
Nuwe lidmate Baie welkom aan:
Jan & Minnie Theron (Meyerton Aftree-oord, Huis 27A, WC8) vanaf NG Vereeniging.
Jan
Minnie
Hoop julle sal gou inskakel by die bediening waar julle die Here voluit kan dien met die gawes en talente wat Hy aan julle gegee het! 4
SorgAksie En ons is in 2016!! Hoe het die tyd net nie gevlieg nie! Die feestyd het ons voorraad totaal uitgeput. Lidmate word versoek om asseblief (ons weet almal se Januarie is ‘n gordel-intrek-maand) ook aan ons medemense en hul behoeftes te dink en iets vir die voorrade kas te bring. Die groen sakke is steeds by die Itoonbank beskikbaar (alles hoef nie op een slag aangekoop en gegee te word nie!), daarom die lys wat nodig:
♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥ ♥
Klein blikkie koffie Tee 500g sout Blikkie(s) vleis Blikkie(s) Baked Beans Blikkie(s) gemengde groente Blikkie(s) ertjies Pasta Mieliemeel Kookolie 2 min noodles 500gr rys 1 kg suiker Klein blikkie konfyt Melkpoeier (Nie Longlife/Cremora nie asb.!) Soppoeier Toiletseep 1 rol toiletpapier Tandepasta 500gr waspoeier Stasoft Skottelgoedseep.
Plaas dit gerus op die rakkie in die voorportaal.
Voorwaarts voedselskema Iets te ete (toebroodjies, geroosterde broodjies, warmbrakke, pasteie, ens) vir ongeveer 50 kinders moet Woensdae oggende 10h00 by die skoolkantoor afgegee word.
Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie
Moenie stilbly en nie iets neem nie, want dan moet ek binne minute sorg vir iets te ete wanneer die skool laat weet daar is niks afgegee nie.
Dankie vir u bydrae, dit word werklik waardeer. As die kerk van Christus nie omgee nie, wie sal dan omgee? Met die oog op volgende jaar se naamlysie, gee asseblief jou naam vir my deur indien jy kans sien om met hierdie projek behulpsaam te wees. Groete, Annatjie 5
Wat is gebed? Dis nie moontlik om in een sin te sê wat gebed is nie. Gebed kan op baie maniere beskryf word. Dis ’n persoonlike verhouding met God. Dis om in sy teenwoordigheid te kom staan. Gebed is ’n gesprek met God, ’n tweerigting gesprek waarin julle al twee praat. Gebed is waar jou hart en God se hart bymekaar uitkom. Gebed laat ons toe om 'n intieme verhouding met God te hê. Gebed is dan ook waar jy God geestelik van aangesig tot aangesig ontmoet. Gebed is ’n honger na God, ’n uitroep van jou gees om gemeenskap met God te hê. Gebed is waar jy met God praat oor dit wat albei van julle raak. Dit is om hande met God te vat om die wêreld te verander. Gebed is God se uitnodiging aan jou om met Hom te praat, te vra wat jy wil hê en ook te kry. Gebed is vra, soek en klop (volgens Matt. 7:7-8). In gebed vra ons God om in die lewens van mense en omstandighede in te gryp en vrede en genesing te bring. Gebed, het iemand gesê, beweeg die Hand van die Een wat die wêreld beweeg. Gebed bring God se almag in beweging want God kies om ons gebede te beantwoord. Gebed is om voor God te staan met die nood van mense en jou op God se beloftes te beroep om te genees. Gebed is om as priester voor God te staan: Hom te aanbid, te bid dat mense Hom sal leer ken en om te bid dat Hy almal op aarde sal genees en seën. Gebed is God se manier om genesing, herstel, redding en bevryding en seën vir mense te gee. Daarom is gebed nie net ’n voorreg nie, maar ook ’n verantwoordelikheid. Die Bybel sê baie duidelik dat as jy nie bid nie, sal jy nie kry nie en sal God nie seën en red nie. As jy nood om jou te sien, moet jy dit as ’n oproep tot gebed beskou. (Vervolg op p 7)
6
(Vervolg van p 6)
Gebed is om met groot vrymoedigheid vir God te vra dat Hy sal help. Gebed is om te vra vir genade en dat God Hom oor ons en ander sal ontferm. Gebed begin wanneer jy met ‘n gevoel van uiterste hulpeloos voor God gaan staan en vir hulp vra. Dit is die uitroep van hulpeloses. Gebed is ’n desperate, maar gelowige uitroep tot God dat Hy sal ingryp. Dit is wanneer ek vir God sê ek kan nie sonder Hom nie, die berg is te hoog. Wanneer ek dus bid, beroep ek my op die Een wat tot alles in staat is, vir wie niks onmoontlik is nie. Gebed is waar 'n mens in sy algehele magteloosheid die hand vat van die Een aan wie al die mag behoort. - https://www.voelgoed.co.za/vrouewatglo/wat-gebed
Wat is die rol van gebed in ons geloofslewe? Die belangrikheid van gebed: niks definieer ‘n persoon se geestelike ingesteldheid beter as sy gebedslewe nie!
Gebed is ‘n passie: ♥ Die passie van jou hart sal in jou gebed uitkom. As jy vind dat jou gebed selfgesentreerd is, is dit tyd om ondersoek in te stel. As jy ongereeld, kort en oppervlakkig bid is gebed nie ‘n innige hartsbegeerte nie. ’n Gebrek aan gebed is nie ongehoorsaamheid nie, maar ‘n indikasie van onverskilligheid. ♥ Die apostels het ‘n passie vir Jesus gehad en gesê: “maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die Woord” [Hand. 6:4]. ♥ Paulus het dag en nag gebid vir sy medegelowiges omdat hy ‘n passie vir hulle gehad het. Hy het dit nie gesien as ‘n godsdienstige verpligting, maar as die opregte begeerte van sy hart. Jou gebedslewe vertel baie oor jou hartsingesteldheid!
Dit is ‘n voorreg: ♥ Paulus skryf aan die gemeente in Filippense: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God” [Fil.4:6]. ♥ “Volhard in gebed” [Rom. 12:12c] ♥ Jesus leer Sy volgelinge om te bid. “En hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie” (Vervolg op p 8)
7
(Vervolg van p 7)
[Luk. 18:1].
♥ “En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid” [1Pet 4:7].
Dit is baie noodsaaklik: Daar is baie min verse in die Bybel wat ons ‘n direkte bevel gee om te bid, maar daar is baie verse om ons te leer om te bid. Die enigste afleiding is dat gebed belangrik en vanselfsprekend in ‘n gelowige se lewe sal wees.
♥ “Bid sonder ophou” [1Thes 5:17]. ♥ “Terwyl ons dag en nag ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek” [1Thes 3:10]. ♥ “Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging” [Kol 4:2]. ♥ “So moet julle dan bid ...” [Mat 6:9]. ♥ “O God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie” [Ps. 55:2]. ♥ Lees ook Ps. 61:2; 119:58, 146; Rom. 8:15 en Hand.9:11
Wanneer moet ons bid en hoe? Uit die eerste vraag se antwoord is dit reeds duidelik dat ons nooit mag ophou met bid nie. Hoe kan ons ooit God genoeg bedank dat Hy Sy Seun vir ons gegee het? Jesus Christus het vrywillig sy lewe afgelê aan die kruis vir ons, hoe sê ‘n mens dankie vir soveel liefde? Paulus skryf aan Timotheus: “Ek dank God, wat ek van my voorouers af in ‘n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink” [2Tim 1:3]. Paulus het dag en nag vir Timotheus, ‘n medegelowige, gebid.
Hoe vaar ons vandag met voorbidding vir gelowiges? Soms sê mense dat die nie help om te bid nie, want God luister nie. Maar is dit regtig waar? Is dit nie liefs ‘n geval dat ons verkeerd bid, omdat ons nie die Bybel se riglyne vir gebed ken nie?
♥ “Julle bid en ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur (Vervolg op p 9)
8
(Vervolg van p 8)
te bring” [Jak. 4:3]. ♥ “En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word” (Mat 6:7). ♥ “Maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie” (Jes.. 59:2). ♥ “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil” [1Joh. 5:14]. Ons moet dus God se wil ken, om daar volgens te bid. ♥ “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” [Rom. 8:26]. ♥ “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God” (Fil. 4:6).
Wat is die effek van verwaarloosde gebed in ‘n gelowige se lewe? Wanneer ‘n gelowige hom- of haarself nie aan God toewy deur gebed nie is die resultaat bekommernis en frustrasie. Wanneer ons probeer om die wêreld se probleme op te los, in plaas daar van om ons aan God oor te gee in gebed sal ons gefrustreerd in onsself wees in plaas daarvan om op God te vertrou. Gebedloosheid beroof ‘n mens van vreugde, want die wêreld het geen antwoorde op probleme wat slegs God kan oplos nie.
Waarvoor het Paulus gebid? Rom. 1:8-12 Gebed & Lof betuiging Rom. 15:5-7 Instruksies in gebed Rom. 15:13 Gebed in Hoop Rom. 15:33 Gebed vir Vrede Rom. 16: 25-27 Gebed vir Insig 1Kor. 1:4-7 Gebed vir Swakker gelowiges 2Kor. 1:3-5 Gebed rakende Verdrukking 2Kor. 12:7-10 Gebed vir Vriendelikheid en Minsaamheid 2Kor. 13:14 Gebed vir Seëninge Ef. 1:3 Gebed vir Dankbaarheid Ef. 1:15-17 Gebed vir Geloof en Kennis Ef. 1:18 Gebed vir Verstaan Ef. 1:19-20 Gebed vir Geestelike Waardering Ef. 1:20 Gebed vir Waardering van Christus se oorwinning Ef. 1:20-23 Gebed vir Aanbidding Ef. 3:14-16 Gebed vir Innerlike Krag Ef. 3:17 Gebed vir Christus-gesentreerdheid Ef. 3:18-21 Omvang van God se Liefde Ef. 3:20-21 Gebed vir Lofprysing 9 (Vervolg op p 10)
(Vervolg van p 9)
Fil. 1:8-10 Gebed vir deursigtige Liefde Fil. 1:11 Gebed vir die Vrugte van Regverdigheid Kol. 1:9-10 Gebed vir Waardige Wandel Kol. 1:11-12 Gebed vir Lankmoedigheid Kol. 1:11-16 Gebed vir Blydskap en Dankbaarheid 1Thes. 3:11-13 Gebed vir Broederliefde 1Thes. 5:23-24 Gebed vir Heiligmaking van jong Heiliges 2Thes. 1:11-12 Gebed van Volharding in Genade: Behoefte & Geleentheid 2Thes. 1:11-12 Gebed van Volharding in Genade: Versoeking & Voltooiing 2Thes. 2:16-17 Gebed vir Bemoediging & Stabiliteit 2Thes. 3:5 Gebed vir Liefde tot God 2Thes. 3:5 Gebed vir Geduld 1Tim. 1:17 Gebed vir Aanbidding/Verheerliking 1Tim. 6:15-16 Gebed vir Verheerliking Fil. 4:6 Paulus se gebed vir Filemon.
Ek sluit af met die volgende aanhalings: “Gebed is erkenning aan God; ‘n besef van Sy grootheid en goedheid; om dit waarlik te ervaar sodat dit ons kan bring by ‘n hartsverandering met betrekking tot ons werklike posisie van bevoorregting en instaatstelling sodat ons self in genade kan groei en toeneem in Godsvrug tot verheerliking van Hom as ons Vader. -http://kopkrap.bybelglo.com/gebed.html
Die elemente van gebed 1. Aanbidding en lof Gebed is nie soos 'n inkopielys waarin dit net gaan om dit wat jy nodig het nie. Gebed is in die eerste plek 'n medium waardeur God aanbid en geëer word. Die rede vir die mens se bestaan is om in die eerste plek God te aanbid. Daarom mag die lof en aanbidding nooit in jou gebede ontbreek nie. God word aanbid deur Hom in jou gebed te loof en te eer vir wie Hy is. Sy Naam, sy eer en heerlikheid, sy werke word besing. Sy grootheid en almag, sy heiligheid word erken. Hierteenoor word jou eie kleinheid en afhanklikheid van Hom bely. Jesus het ons die modelgebed gegee, nl. Die Onse Vader. (Vervolg op p 11)
10
(Vervolg van p 10)
2. Danksegging Gebed verskaf 'n manier om vir God dankie te sê vir sy genadige versorging. In Filippense 4:6 word God se kinders aangemoedig: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend." 3. Belydenis van sonde Jesus leer in die "Ons Vader"-gebed dat ons ons skuld voor God mag bely (Mattheus 6:12). Wie dit doen erken teenoor God dat hy verkeerd gehandel het deur iets te doen of na te laat wat teen God se wil is. Hy bely dat hy berou het daaroor en dat hy bereid is om sy sonde te laat staan. Hy vra God om Hom te vergewe. Die Bybel leer ons in 1 Johannes 1:9 dat God ons vergewe en van alle ongeregtigheid reinig as ons ons sondes so voor Hom bely. 4. Voorbidding God sorg vir sy kinders (Filippense 4:19). Daarom mag hulle hulle behoeftes aan Hom bekend maak in die verwagting dat Hy daarin sal voorsien. Daarom leer Jesus ons in die "Ons Vader"-gebed om te bid vir dit wat ons daagliks nodig het (Mattheus 6:11). Christene mag ook bid vir hulle bewaring teen die Bose (Mattheus 6:13). In ons voorbidding gaan dit egter nie net oor ons eie behoeftes nie, maar ook om dié van ander mense. "Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense" (1 Timoteus 2:1). Dit sluit onder andere ook die owerheid in (1 Timoteus 2:3-4). In voorbidding gaan dit ook om God se werk in die wêreld (Mattheus 6:9,10) en in besonder om die verkondiging van die evangelie (Efesiërs 6:19,20). Hoe moet jy bid? 1. Bid tot God die Vader (Mattheus (Vervolg op p 12)
11
(Vervolg van p 11)
6:9). 2. Bid in die naam van Jesus Christus (Johannes 14:13-14; 15:16). 3. Bid deur die krag van die Heilige Gees (Efesiërs 6:18; Judas 1:20). 4. Bid gelowig (Hebreërs 11:16). 5. Bid volgens God se wil (1 Johannes 5:14-15). 6. Bid opreg (Mattheus 6:5-8) Hoe gereeld moet jy bid? Daar moet 'n plan en orde in jou gebedslewe wees. Ruim daarom iewers in die dag vir jou 'n vaste tyd in om met die Here te verkeer. Neem egter ook die vrymoedigheid om enige tyd deur die dag te bid. "Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges" (Efesiërs 6:18) Voorbeelde uit die Bybel: ♥ Jesus het vroeg in die oggend gebid (Markus 1:35); ♥ Daniël het drie maal per dag gebid (Daniël 6:11); ♥ Paulus sê dat hulle dag en nag gebid het (1 Tessalonisense 3:10); ♥ Dawid het tot sewe maal per dag gebid (Psalm 119:164)(Ou Afrikaanse Vertaling). Hindernisse in die gebedslewe 'n Mens beleef dikwels dat jou gebede nie beantwoord word nie of dat die ervaring van gemeenskap met God ontbreek of dat die vrymoedigheid om te bid kwyn. Daarom is dit belangrik om te weet dat daar dikwels struikelblokke is wat jou gebedslewe in die wiele kan ry. Jakobus 4:3 sê: "As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid." (Vervolg op p 13)
12
(Vervolg van p 12)
Voorbeelde uit die Bybel waarom God nie gebed verhoor nie: Selfsugtige begeertes (Jakobus 4:3); Ongeloof en twyfel (Jakobus 1:6-8); Die weiering om ander te vergewe (Mattheus 6:14-15); Sonde (Jesaja 59:1,2); Ongehoorsaamheid aan die wet van God (Spreuke 28:9). Wie erns maak met sy gebedslewe sal ervaar dat God sy gebede verhoor, dat hy groei in sy verhouding met die Here en dat hy die vrymoedigheid en krag ontvang om te volhard in sy verhouding met die Here asook in sy dienswerk in sy kerk en in die samelewing. Maak daarom erns met jou gebedslewe. -http://www.suiwerleer.co.za/die_elemente_van_gebed.htm
13
14
Die kerklike jaar—Epifanie en die tyd daarna Epifanie Agtergrond
Epifanie (wat “verskyning” beteken) verwys na God wat in Jesus Christus verskyn het. Epifanie het in die Oosterse Kerk ontstaan waar dit aanvanklik ook die geboorte van Christus herdenk het. Reeds teen die einde van die tweede eeu is Epifanie as fees van Jesus se geboorte gevier. Teen die vierde eeu het die fees ‘n verdeling ondergaan, met Kersfees as die viering van Christus se geboorte en Epifanie as die viering van die bekendmaking van Jesus as die Christus en die Verlosser van die wêreld. Op Epifanie en in die tyd daarna word daar veral gefokus op die besoek van die sterrekykers, die doop van Jesus en sy eerste wonderwerk. In al drie hierdie gebeurtenisse word Jesus se Godheid en sy koningsheerskappy sigbaar. Die klem val op dit wat Jesus hier op aarde geleer en gedoen het. Die motief van lig is van die begin af gebruik om uitdrukking te gee aan Jesus se koms na die arde. Hy is die Lig vir die wêreld en as Lig skyn Hy in die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie. Later noem Jesus sy dissipels ook die lig vir die wêreld en gee daarmee aan hulle die verantwoordelikheid om as sy volgelinge te gaan lewe.
Verheerlikingsondag Agtergrond
Die tyd ná Epifanie dien as oorgang tussen Kersfees aan die een kant en lydenstyd en Paasfees aan die ander kant. Hierdie oorgang word veral bewerkstellig op die Sondag voor die begin van Lydenstyd. Dié Sondag staan bekend as “Verheerlikingsondag” en herdenk Jesus se verheerliking op die berg. Die Godheid en koningskap van jesus was daar sigbaar. Tog het dit ook Jesus se lydenstyd ingelei. Die kleur in die tyd ná Epifanie is groen. Op Verheerlikingsondag is die kleur wit. 15
Deurkollekte—Jan Ten spyte van telke male “check”, regmaak, “check” en weer regmaak, het die hele kerkraad EN die admin.-span nie agtergekom die deurkollektes is hierdie jaar nie op die kalender aangebring nie! Ons vra groot verskoning daarvoor. Daarom sal ons, wanneer die eerste boekie van elke maand gedruk word, die maand se onderskeie instansies lys sodat elkeen kan weet vir watter instansie dra hy/sy by. Elke Sondag in Januarie se deurkollekte is geoormerk vir Huis
Meyerton.
So help ons ook ons bejaardes om hul lewensomstandighede ietwat te vergemaklik. Moet dus asseblief nie vergeet om ook jou deel in die sakkie te gooi nie.....
Staaltjies & verhaaltjies.... Lidmate wat graag iets vir ons herinnerings boekie wil skryf rakende wat toentertyd tydens die bou van die kerk / pastorie / saal en kategese klasse gebeur het, moet asseblief die artikels nie later nie as Vrydag 29 April by die kantoor inhandig. Hetsy per hand, pos of epos (ngmtonoos@vodamail.co.za) Van humoristiese tot emosionele gebeurtenisse kan deurgegee word. Hierdie sal deel vorm van ons gemeente se geskiedenis en sal almal wat nog kan onthou, met ‘’n heimwee-glimlag laat terugdink aan “die goeie ou dae”...... Indien u dus kennis dra van so iets, sit gerus pen op papier (ons sal dit oortik indien nodig!) of kom kuier by die kantoor, vertel die verhaal en dit word sommer daar en dan getik! So kan ons die gemeente se lief en leed van die afgelope 50 jaar aan ons nageslag oorhandig. Moet dus asseblief nie skaam wees nie—ons kan nie elkeen persoonlik nader nie. Indien u nog kontak het met oud-lidmate
16
Finansies MOos glo elkeen se dankoffer is ‘’n saak tussen hom/haar en die Here. Die admin.span wil graag net alle lidmate daaraan herinner dat die gemeente se nuwe finansiële jaar 01 Maart begin. Diegene wat van debiet orders gebruik maak, word dus versoek om die kantoor in kennis te stel indien die bedrag verhoog moet word. Koevertjies is by die Inligtingstoonbank (I-toonbank) in die voorportaal beskikbaar vir diegene wat daardie stelsel verkies. Daar is ook toesluit kassies aangebring wat elkeen se dankoffer veilig bewaar totdat die tel span die kassies oopsluit. Lidmate word aan die na-ure gleuf herinner aan Vilette straat van die kantoor, agter die bos by die hekkie. Koeverte kan daar enige tyd ingegooi word. Maak asseblief net seker dat jou koevertjie wel inval. Soms haak dit vas en is dit maklik vir iemand daarom weer van buiteaf te verwyder. Lidmate wat van elektroniese transaksies hou, kan hul dankoffers direk in die kerk se bankrekening betaal (die besonderhede verskyn op bladsy 1 van die afkondigings). Indien jy verkies om jou dankoffer in kontant by die kantoor in te betaal, let asseblief daarop dat die kantoor tye Woensdae—Vrydae vanaf 09:00-13:00 is. Alhoewel die personeel reeds van vroeër af daar is, is dit om ander administratiewe pligte afgehandel te kry. Ons besef dit is moeilik vir die lidmate waar daar vakante wyke is om hul dankoffers te gee. Bid asseblief saam met ons dat lidmate sal kom aanmeld om ook met hierdie deel van die Here se werk behulpsaam te wees. Neem egter kennis: dit is NIE ‘’n wyksleier se PLIG om dankoffers by lidmate se huise te gaan haal nie. Hierdie onus rus op die lidmate. Wyksleiers wat dus wel dankoffer koevertjies by lidmate kry en kom inhandig, doen dit slegs as ‘’n guns.
17
‘n Paar wonderlike idees vir 2016
Vir Vir Vir Vir Vir Vir Vir Vir
18
jou vyand—vergifnis jou teenstander—verdraagsaamheid jou vriend—jou hart jou kliënt—voortreflike diens almal om jou—liefde elke kind—’n goeie voorbeeld jouself—respek God—jou alles
E-Afkondigings Indien jy nie altyd in die erediens is nie of daar nie voldoende gedrukte afkondigings is nie, kan jy weekliks die afkondigings op jou rekenaar / slimfoon / tablet ontvang. Op die rekenaar:
•
Gaan na www.issuu.com
•
Registreer met die nodige inligting soos versoek.
•
Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton-Oos
•
Maak een van die afkondigings oop en klik op die groen “Follow”
•
Jy sal weekliks ‘n epos ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is
Op jou slimfoon / tablet:
•
Laai die toep “app.” ISSUU af
•
Soek by die vergrootglasie na NG Meyerton Oos
•
‘n Venster met drie opsies sal oopmaak: “Publications”, “Stacks” & “Publishers”
•
Klik op “Publishers”
•
Klik op NG Meyerton Oos (ons logo)
•
Klik op die groen “Follow”
•
Jy sal weekliks ‘n epos / kennisgewing ontvang sodra die afkondigings gepubliseer is
Jy sal dus ook tydens die erediens die afkondigings op jou tablet / slimfoon kan lees. So het jy ook daagliks die nodige inligting byderhand indien jy iemand wat verjaar of siek is, wil kontak.
Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie! 19
Week van Gebed...
20