21 Aug 2022

Page 1

21 Aug 2022

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Ds. Johan Peyper Skrif: Prediker 1:6-2:11 Tema: Wat is die dryfveer in jou lewe? Deurkollekte: Bybelverspreiding

Lief en leed Wyk D2 B1

Vir voorbidding x William Nolan se pr osedur e het baie goed afgeloop.

x Piet Pretorius is goed aan die her stel na sy pr osedur e x Tersia Drumond, Nico van Eeden se dogter , is met kanker gediagnoseer. x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land.

Blok Diensbeurte Sondag 21 Aug—Blok E Sondag 28 Aug—Blok AB Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/ rooibos! · Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za · Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 082 993 7218 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton · Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693

· Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 · Ngkerk-Meyerton-Oos

1


Byeenkomste die week Sondag 21 Aug a Erediens — word gelei deur ds Johan Peyer— Bybelgenootskap a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale.

a Ringsitting—Kliprivier

Maandag 22 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 26 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

Sondag 28 Aug a Erediens 09:00— Diens word gelei deur Geopende Deure a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale Maandag 29 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 26 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

a

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

JY is die kerk! 2


Geluk elke verjarende!!

Maandag 22ste

So 21 —Sa 27 Aug

Jani Brits (DEW) Johann Pretorius (B2) Charné Terblanché (D3)

ste

Dinsdag 23

Rialise Venter (B1) ste

Woensdag 24

ste

Donderdag 25

Karlien Venter (B1) Ben Bouwer (E1)

Vreugdevolle lewensjaar word jou

‘n

toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Augustus—sendigmaand Soos dit ons jaarlikse tradisie is, word Augustus aan Sending gewy. Maar, aangesien dit ook die 9de Vrouedag is, probeer ons ook om die wêreld van vrouens se stryd tot menslikheid in ons moderne tyd, in verskeie lande, tydens hierdie maand bewus te maak. Die dienste vir Augustus sien dus so daar uit: 21ste ste

28

Ds. Johan Pyper (Bybelgenootskap) Geopende Deure

Gemeenskapsprojek Caroline bied elke Dinsdag en Vrydag vanaf 08:00—12:00 klasse aan om te leer brei, hekel, handwerk en naaldwerk te doen. Haar doel is om werkloses ‘n kans te gee om ‘n eie inkomste te genereer. Enigiemand wat belangstel om hierdie klasse by te woon is welkom. Hierdie projek word deur Midvaal munisipaliteit ondersteun. 3


Gebedsfokus AG, MY BROER!

1 Kon. 13:25-30

En hy het sy lyk in sy grafneergelê, en hulle het oor hom gerouklaag: Ag, my broer! - 1 Kon. 13:30 Hoe jammer dat die lewe van 'n "man van God" só moes eindig. Hy word op pad huis toe deur 'n leeu doodgemaak. Hy word die voorreg ontsê om met sy vaders begrawe te word. En by sy begrafnis sug hulle: "Ag, my broer!" Om nie "in die graf van jou vaders te kom nie" (v.22) was vir die Jood 'n ontsettende gedagte, en sekerlik ook vir hierdie man van God. Dit wil natuurlik nie sê dat hy sonder meer uitgesluit is uit die koninkryk van die hemele nie. Hy was wel ongehoorsaam, maar God kon hom dié sonde vergewe het. Hy het wel nie 'n familiebe-grafnis gehad nie, maar nêrens lees ons dat sy verheerlikte liggaam nie met sy vaders, Abraham, Isak en Jakob sou wees nie. God se genade is groot.

En tog eindig sy lewe op 'n laagtepunt. Dit is nie verniet dat hulle by sy graf: "Ag, my broer!" gesug het nie. Vir die mense om sy graf was dit 'n "tragiese geval". Dit was een van daardie begrafnisse waar 'n mens nie eintlik weet wat jy moet sê nie, waar dit beter is om maar nie te veel te wil sê nie. Ag, my broer! Ons moet bid dat God ons sal seën met 'n mooi lewenseinde. Ons moet bid om krag sodat ons end-uit die goeie stryd kan stry, sodat ons kan volhard tot die einde. Is dit moontlik ? Ja, dit is. Maar daarvoor is nodig dat ons gehoorsaam sal wees, dat ons teen versoekinge sal stry, dat ons daagliks met God sal lewe. Ons moet volhard soos die eerste Christene dag vir dag (Hand. 2:46). Hemelse Vader, bewaar my daarvan om te veragter in die genade. Help my om elke dag te volhard, tot die einde. Amen.

4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.