22 Sept 2019

Page 1

22 Sept 2019

Die erediens word gelei deur Sangdiens Deurkollekte vandag: Eagle Wings

Vir voorbidding

Wyk

®

Kontakno

® ® ® ®

®

-

® Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 22 Sept a Erediens— 08:30 Sangdiens a BET—17:00 Maandag 23 Sept a Gebedsgroep—06:30 in die gebedskamer. Koffie en tee beskikbaar.

Woensdag 25 Sept a Aksie Dienmekaar—10:00 in die kerksaal. Sondag 29 Sept a Erediens— 08:30 Nagmaal—Dr Sampie v Vuuren a Kerkraad—17:00


— ‘n Vreugdevolle lewensjaar

word jou toegebid vir 2019 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Reghardt Koen C6b 082 723 4434

Ashley Pelser E2 061 262 6291

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! Ian du Toit C1 076 850 5557

Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word.

Handwerk items word nou al gemaak vir volgende jaar se Oesfees.

Indien u Jacobs koffie of Douwe Egberts

koffie gebruik, bring asseblief die leë bottels kantoor toe.


Verootmoediging: Samesang: Ons Vader wat woon in die hemel Voorlesing: Ps. 66:1-4; Ps. 68:2-5 Samesang: O Heer my God (Liedboek 464) Jubel o nasies Grote God aan U die eer (Liedboek 190) Voorlesing: 1 Kor. 13 Samesang: Praat ek mense, engl’e tale (Liedboek 530) God is liefde juig ons harte (Liedboek 334) Luister: Annali van Rooyen—Halleluja Voorlesing: 1 Joh. 2:12-17 Samesang: Soek allereers die koninkryk van God (Liedboek 471) Neem my lewe laat dit Heer (Liedboek 308) Ek maak nou my hart oop Slotgebed—Paulus se gebed vir die Efesiers (Ef. 5:14-21) Samesang: Laat Heer U seën op ons daal

Daar word ‘n Waterfees beplan vir Saterdag 2 November. Dit gaan nie ‘n volle Oesfees wees nie. Slegs jaffels, worsbroodjies, roomys, pannekoek en koeldrank gaan te koop wees. MAAR......daar gaan 5 waterglybane wees tesame met ‘n “colour run”! Daarom wil ons weer vra vir die volgende: maalvleis, meel, wors, olie, eiers, suiker. Enige kontant donasies is ook welkom. Indien jy die dag kan kom help, kontak asseblief die kantoor.


Nuwe navorsing oor sosiale media het bewys wat die Skrif ongeveer 3 000 jaar gelede reeds gesê het: Dit wat ons hart vasvang, verteer ons. In die loop van twee jaar het navorsers van die Universiteit van Kalifornië San Diego en Yale 5 208 volwassenes se gebruik van Facebook gemonitor. Die data dui daarop dat dié sosiale media-platform mense se fisieke en emosionele gesondheid verminder. Beduidende tyd wat aan sosiale media bestee word, lei ook tot “negatiewe selfvergelyking” en skep die “illusie van nabyheid” aan ander mense sonder om die ware vreugde wat gesonde verhoudings in die werklike lewe te bied. Volgens die Harvard Business Review het navorsing getoon dat die meeste maatstawwe vir Facebook-gebruik toon dat daar ’n afname in geestesgesondheid voorspel kan word wanneer iemand Facebook in die voorafgaande jaar gebruik het.” Dit is egter nie verbasend nie. Buiten die feit dat daar baie navorsing is wat dui op die gevare van buitensporige gebruik van sosiale media, waarsku die Skrif ons in beide die Ou en Nuwe Testament om nie te belê in dít wat nie in ruil ’n goeie opbrengs of resultaat sal lewer nie. Dit is sinneloos om ons liefde, tyd en aandag aan iets te wy wat nie waarde het nie en tydelik van aard is. In Prediker 1 waarsku Salomo teen die gejaag na wind van hierdie wêreld. “Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk: alles kom tot niks, dit is ‘n gejaag na wind.” — Prediker 1:14. Vroeër het hy alles op aarde as ’n “geswoeg” beskryf en voeg by: “Woorde vervaag mettertyd, en ’n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.” Ons is nooit tevrede nie. Die leë beloftes van hierdie wêreld — soos ons perfekte Facebook-plasings en Instagramfoto’s – sal ons nooit ware tevredenheid bied nie, maar slegs ’n vlietende ontvlugting van ons diepe ontevredenheid. Die Skrif belowe egter aan die ander kant om ons nooit met leë hande weg te stuur nie. In Jesaja 55:11 skryf die profeet oor God en die woorde wat Hy spreek: “So sal die woord wat uit


-

-

-

-


Die Vrymoedige Gewer 2 Kor 9.8 En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd aan alles genoeg kan he en volop kan bydrae vir elke goeie werk. Elkeen wat vrymoedig gee, kan verwag om die volgende te ervaar. In bg verse word geimpliseer dat sulke mense genade sal ontvang, genoeg sal hê en ook oorvloed sal ervaar. Vers 10 beklemtoon dat God sal vermenigvudig dit wat hulle het en hulle sal in regverdigheid groei. Vers 11 sê dat God hulle sal verryk sodat hulle nog meer kan gee. En deur hulle vrygewigheid word God weer gedank. Vers 12 bevestig hierdie gedagte verder deur te verwys na die bediening van hulp betoon wat nie net in die behoeftes van sekere mense voorsien nie, maar oorvloedige dankbaarheid teenoor God meebring. Vers 13 bou verder hierop voort deur te sê dat die ontvangers van hulp vir God sal prys oor die gewers se gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus en oor hulle opregte mededeelsaamheid. Vers 14 lig ‘n wonderlike waarheid uit dat ontvangers nie net vir hulle gewers sal bid nie, maar ook daarna sal verlang om hulle te ontmoet. God vra van Sy kinders om hom te vertrou vir voorsiening in hulle lewe. Dit geld vir die gewer sowel as vir die ontvanger. In 2 Kor 8.5 sê Paulus: “Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die Here gegee en toe aan ons.” Iemand het by ‘n geleentheid gesê: die Here wil meer as aandele in jou lewe hê , HY wil die beherende belang hê. Dit is dan wanneer Hy regtig deur jou begin voorsien. (Gebed: “ Here, maak ons tevrede met wat U vir ons gee, sodat ons ons welvaart kan gebruik om ander gelukkig te maak.”)


©

-

©

© © ©

my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” - Bron: faithwire.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.