24 April 2022

Page 1


24 April 2022

Die erediens word gelei deur Ds. Pieter Muller Skrif: : Openbaring 1: 9 tot 20 Tema: Deurkollekte: Ring

Wyk

Vir voorbidding

x x x

x

·

· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 082 993 7218 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 24 April a Erediens — word gelei deur ds John Myers. a Kategese—voor, tydens en ná die diens Maandag 25 April a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:00. Sondag 01 Mei a Erediens 09:00— word gelei deur ds John Myers a Blokrade—na die diens Maandag 02 Mei a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:00. Dinsdag 03 Mei

a Oesfees — 19:00. Almal wat betrokke is, word versoek om hierdie laaste vergadering by te woon..

Vrydag 06 Mei a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan in vervoer benodig word—082 410 7661


‘n

Vreugdevolle lewensjaar word jou

toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Vier die dag wat die Here JOU gekies

het as Syne!.

Het jý al die Hére gekies? Hoe wys jy jou dankbaarheid?


-

-



-


— Produkte hierdie jaar benodig:

x

Jellie

x

Kondensmelk

x

Rys

x

Kits Poeding

x

Koekmeel

x

Kookolie

x

Tennis Beskuitjies

x

Marie Beskuitjies

x

Suiker

x

Ingelegde vrugte

x

Ideal melk

x

Karamel treat

x

Maalvleis

x

Wors

x

Kerrie poeier—matig

x

Chutney—mild

x

Klapper

x

Versiersuiker

x

Botter

x

Eiers

x

Kaneel

x

Kakao

x

Neute

x

Bakpoeier

x

Vla

x

Tuisgemaakte produkte (konfyt, ens.)

x

Tamatiesous

x

Hotdog sous

Indien u mooi en lekker koeke kan bak, maar het nie die finansies om self die produkte aan te koop nie, is u welkom om van die produkte by die kantoor te kom haal.

Onthou, ons is slegs Dinsdae en Vrydae tussen 09:00-12:00 by die kantoor. Koeverte vir kontant donasies by die Inligtingstoonbank (I-toonbank) beskikbaar.


— — Ons werk met evangelisasie binne die gemeente, die omgewing en met sending na die uithoeke van die aarde. Uitreikgroepe besoek van die instansies waarby ons betrokke is en hierdie instansies lei ook preekbeurte in die gemeente. Jaarliks wy ons 2maande se prediking aan Koninkryksmaand, sodat ons sensitief kan wees vir waar die Here werk. Die Paaswandeltuin en Liggiefees val ook onder hierdie bediening.

Ons is ‘n groepie dinamiese vroue wat spesiale geleenthede vir die vrouelidmate reël. Ons wéét die mans verstaan ons nie aldag nie en daarom fokus ons op sake wat ‘n vrou se hart en menswees raak en op ons unieke behoeftes gemik is. Ons kuier kreatief saam, geniet die spesiale gaste, groei saam en leer sommer terselfdertyd ‘n paar ekstra nuwe vriendinne ken. Moenie skaam wees om by ons in te skakel nie. Die bediening is vir vroue soos jy!

Ons bied lewenshulp aan vir lidmate van die gemeente, sowel as inwoners van die omgewing in enige vorm van nood. Soms is dit voedselhulp, ander kere ‘n veilige tuiste, of ‘n oorbrug periode nadat werk verloor is, die hantering van gesinsgeweld, opvoeding in lewenskuns vir gesinne, ens. Ons werk saam met NG Welsyn en Staatswelsyn, die besigheidskamer en ander gemeentes om elke unieke gesin optimaal te kan help. Hier’s ‘n liefdevolle, geduldige hart nodig!



·

·

·

·


·

·

·

·

-

-



Oud na jare, maar jonk van gees? Kom begin gerus weer ’n span “jeugdiges”! Ons fokus op 60jr+-lede, maar enkel en alleenmense van alle ouderdomme is ook meer as welkom om saam te kuier. Ons kuier elke Vrydag om 10:00-12:00, sing, geniet verversings, vier verjaarsdae en groei geestelik.

Ons hanteer herstelwerk, bouwerk, verbetering en verfraaiing. Ons steun swaar op bouers, elektrisiëns, loodgieters, sweisers, nutsmense, argitekte—al kan jy ons net van raad en inligting voorsien, sal dit ook help. Elke kwartaal het ons ‘n werksSaterdag waar die hele gemeente kom hand bysit met talle takies, projekte, basaarprodukte en handvaardighede. Dis vir die hele gesin ‘n diensgeleentheid.

Hierdie kommissie vorm die kerk se regsinligtingsspan. Hulle is verantwoordelik vir die personeel se werkskontrakte. Ons beskerm die personeel en die gemeente waar enige regsaspek sou voorkom. Ons kyk ook om gelukkige werksruimte te bied vir die betaalde en vrywillige personeel. Ons hanteer geskille wat nie onderling opgelos kan word nie en doen ook arbitrasie waar nodig. Ons werk ook saam met die Ring en Sinode se regspan.

Gebed is die brandstof van elke gelowige en gemeente se geestelike engin. Ons streef daarna om die Week van Gebed ‘n praktiese, herhaalbare gesins groeipunt te maak. Ons bied graag gebedswenke, gee idees vir gebeds beoefening tuis, asook om sake vir voorbidding aan gebeds-sirkels deur te gee Kom bid gerus Donderdag aande en Sondag-oggende voor die diens saam met

Doel: Om te verseker dat alle gelde korrek hanteer word en prosedures duidelik en bekend is. Om te verseker dat amptenare en betrokke persone beskerm is en afwykings van hierdie beleid aangespreek word. Om te verseker dat lidmate se dankoffers ten alle tye bo verdenking hanteer en versorg word. Sodat die gemeente nie beskuldig kan word van misbruik, wanbestuur of ondeursigtige hantering van fondse nie. Lidmate met syfer-aanleg is altyd hier ‘n aanwins.


As jy ‘n passie het om die jeug na Jesus te lei, hulle te help met lewensvrae en om ‘n persoonlike verhouding met Hom te ontwikkel en daarin te groei, het ons jou beslis hier nodig! Ons bedien die jeug van geboorte tot direk NaSkool. Ons doen dit deur die groot fokus op geloofsopvoeding te laat val, wat ‘n komponent kategese onderrig het, met ‘n groot deel ondervinding, ervaring en self ontdek. Ons maak gebruik van al 7 maniere van leer (intelligensie modaliteite). Ons bou verder verhoudinge met ons jeug, sodat hulle in hierdie verwarde tyd ‘n betroubare mentor as lewensgids het.

Ons soek raakvatters, flinkdinkers, kreatiewe “muses” en praktiese vasbyters om al ons projekte te laat slaag. Ons bedryf die groot jaarlikse Oesfees (basaar) wat gefokus is op gesinne en waarde vir geld, ook ‘n weeklange stalletjie by Aardklop te Potchefstroom en ‘n paar middag-aand stalletjies by Meyerton se Straat Makiti aan die begin van Desember. Dis nou die EEN bediening waar jy jou kreatiwiteit met oorgawe kan uitleef tot eer van die Here en Sy gemeente!

Musiek: Ons hanteer voorsang, lei mense op om te sing, hanteer Kers– en ander sangdienste, ontwikkel liedere, maak seker ons musiek is van goeie gehalte en versorg die klankverskaffing.

Eredienste: Ons hanteer die elektroniese bord, die rol-afkondigings, die insameling van offergawes tydens eredienste, die uitdeel van nagmaalsmiddele, deurkollektes, inrigting en versiering van die kansel area, briefies vir lidmaat kommunikasie in die banke, lief-en-leed blommetjies wat tydens eredienste uitgedeel word, blommeruikers en –rangskikkings vir verskillende soorte dienste, die inrig en versiering van die ingangsportale, asook die moontlikheid van sagter sitplekke tydens die eredienste.

Leer-en-Aktuele-Sake:

Ons waak saam met die ouderlinge oor die leersuiwerheid van die prediking. Ons ondersoek sake van aktuele belang en vind by die leraar uit watter leerstellige boodskappe hy gaan lewer. Ons neem ook deel aan die deurdenking van die prediking en kyk watter voorstelle ons kan maak om die lidmate te help om die preke meer prakties op voetsoolvlak te verstaan en uit te leef.

Ons bemark die gemeente aan die omgewing en die gemeentelede. Deur die jaar is daar verskeie uitstaande geleenthede waarna ons omsien, veral die Liggiesfees wat gedurende Desember plaasvind. Lidmate met grafiese en bemarkings-vaardighede word dringend hier benodig.


-

-

— —

Die WYKSLEIER/DIAKEN is ‘n amp met groter geestelike impak. Dit behels die volgende: 1.

Om op die betrokke blokraad te dien en Gees-vervulde besluite te help neem wat tot voordeel van God se Koninkryk op aarde is.

2.

Om saam met die voorsitter die betrokke Blokraad te lei en dien.

3.

Om ‘n voorbeeld t.o.v. die positiewe, kreatiewe betrokkenheid te wees.

4.

Om die werksaamhede in die bedieing te koördineer, te beplan en te kontroleer veral t.o.v.


die geestelike versorging van elke gesinslid. 5.

Om die lidmate in die wyk saam te snoer tot ‘n hegte eenheid waarin medegelowiges mekaar tot diens is in ‘n gesindheid van liefde, onderlinge steun en meelewendheid, asook dat hulle ingeskakel is by die breë werksaamhede van die gemeente. Groter betrokkenheid die aksie-woord.

6.

Om gereeld die eredienste by te woon, om te waak oor die eredienste en te verseker dat dwaalleer nie die kerk binnekom nie en minstens een Sondag per maand diens te doen by die deure.

7.

Om te verseker dat die blok se unieke sake aangespreek en bestuur word, asook dat die jaarlikse Blokvergadering gereël en gehou word waartydens elke lidmaat van die betrokke blok geleentheid het om hul inset te lewer oor die werk en fokus van die blok. Om die hele wyk elke maand deeglik te besoek en stiptelik en sonder versuim daaroor verslag te doen aan die blokleier.

8.

Om ‘n positiewe, gesonde en meelewende gees en gesindheid in die wyk te skep en maandeliks ‘n wyksbyeenkoms te organiseer en te lei aan die hand van die riglyne wat beskikbaar gestel word. Om gereeld vir elke lidmaat in die blok, asook die blokraad, kerkraad en personeel van die gemeente, te bid.

9.

Om ‘n dinamiese, kreatiewe en sinergistiese span te vorm saam met die leraar, gemeentebestuurder en personeel tot voordeel van die gemeente.

©

A1 - 8 besoekpunte (Ouderling ds John Myers 076 457 8693)

©

B3 - 4 besoekpunte (Ouderling ds John Myers 076 457 8693)

©

C1—10 besoekpunte; C2—17 besoekpunte; C3—5 besoekpunte; C4—7 besoekpunte; C6—10 besoekpunte; C7—13 besoekpunte (Dankie, Nadeska, dat jy jouself beskikbaar gestel het vir hierdie wyk!) C8 –5 besoekpunte (dus AL die wyke) (Ouderling Nico van Eeden—082 822 0485)

©

D3—10 besoekpunte, DEW—3 besoekpunte (Ouderling Hennie van Loggerenberg—083 561 7813)

©

E1—8 besoekpunte, E2—4 besoekpunte; E3—5 besoekpunte, E5—11 besoekpunte (Ouderling Vakant)

Neem asseblief kennis: Baie keer is daar baie besoekpunte, maar dit gebeur dat daar meer as 1 belydende lidmaat by ‘n adres woonagtig is. Alle belydende/werkende lidmate word as ‘n besoekpunte beskou.


Þ Þ Þ

-

-

— Meyerton NgMoos https://www.facebook.com/louise.vermaak.311/


-

· · ·

-

· ·

· · · · · · ·

Help ons om bome te spaar en benut die tegnologie!



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.