24 Julie 2022

Page 1

24 Julie 2022

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Ds. John Myers Skrif: 1 Kon 18:1-4; 16-25 en 36-46 Tema: God maak Homself bekend as die Lewende God wat antwoord

Lief en leed Wyk

Vir voorbidding x Bid asseblief vir al die siekes, diegene wat griep het asook wat Covid het.

x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land. x Sterkte aan al ons leerlinge vir die nuwe skool kwartaal..

Blok Diensbeurte Sondag 24 Jul—Blok E Sondag 31 Jul—Blok AB Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/ rooibos! · Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za · Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 082 993 7218 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton · Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693

· Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 · Ngkerk-Meyerton-Oos

1


Byeenkomste die week Sondag 24 Julie a Erediens 09:00— Diens word gelei deur ds John Myers a Kategese na die diens Maandag 25 Julie a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 29 Julie a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

Sondag 31 Julie a Erediens — word gelei deur Ds John Myers. Nagmaal word bedien

a Kerkraadsvergadering—17:00 Maandag 01 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Sondag 07 Aug a Erediens — word gelei deur FEBA a Kategese na die diens Maandag 08 Aug

a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30

Vrydag 12 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661

Neem eienaarskap van JOU

gemeente en skakel in! 2

JY is die kerk!


Gebedsfokus Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die God. Rom. 8:14 Oor die gedeelte wat ons vandag behandel, kan ons reeks hou. Ons kan nooit in 'n enkele dagstukkie reg daaraan geskied nie. Kom ons onderstreep 'n paar uitstaande gedagtes. Paulus sê as u in Christus Jesus is, as u wandel deur die Gees, is daar geen veroordeling meer vir u nie (v. 1), en word u vrygemaak van die wet van die sonde en die dood (v.2). Wat vir die sondaar onmoontlik was - die vervulling van die wet - het God deur Christus vir ons gedoen (v.3, 4). Om te volhard in die vleeslike dinge, is gevaarlik. Want die vlees bedink die dood. Dit bedink ook vyandskap teen God, kom in opstand teen Hom (v.7). Wie vleeslik lewe, kan God dus nooit behaag nie (v.5-8). So moet u as Christen nie lewe nie, want die Gees van God woon in u (v.9) en wil u lewend maak (v. 11). As u die Gees toelaat, sal Hy u help om die sonde in u te oorwin (v. 13). As u die Heilige Gees gehoorsaam, as u Hom toelaat om u hart en lewe te beheer, sal Hy u lei. En as die Gees u lei, sal dit 'n teken wees dat u werklik 'n kind van God is (v. 14). Die Heilige Gees wil God se heilswerk in u lewe tot volle openbaring bring. Hy sal u oortuig dat u 'n kind van God is, u die sekerheid gee waarna u soek (v. 15, 16). En so sal u ook eenmaal as erfgenaam van God en mede-erfgenaam van Christus die ewige heerlikheid beërwe. Wil u nie weer 'n keer oor elkeen van hierdie gedagtes nadink nie? Here, ek besit soveel rykdom in U. Dankie dat ek u kind mag wees. Help my om U as my Vader te vertrou. Amen.

3


Geluk elke verjarende!!

Sondag 24ste

So 24 —Sa 30 Jul

Leonora Willemse (E4)

ste

Dinsdag 26

Kotie Swart (B2) ste

Woensdag 27

Gerrie Bezuidenhout (C7) Elreaze Vermeulen (C2)

ste

Donderdag 28

Johan Harding (C7) Zellemari van Nieker (E4) Lucky Webb (E3)

‘n

Vreugdevolle lewensjaar word jou

toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Wees asseblief bedagsaam...... Lidmate word versoek om ag te slaan op die bordjies vir ons gestremde / bejaarde lidmate of diegene wat dit moeilik vind om te loop. Wees asseblief bedagsaam en parkeer liefs op n ander plek sodat hierdie lidmate van ons dit makliker kan vind om toegang tot die kerkgebou te kry. Baie dankie vir jou omgee.......

4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.