26 mrt 2017

Page 1

26 Maart 2017

Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Dr. André du Toit Skriflesing Luk. 22:14-20; 35-38; 42 Deurkollekte vandag: SorgAksie

Lief en leed Wyk

Vir voorbidding

Kontakno:

 Bid asseblief vir ons land. Baie dankie vir die lieflike reën!

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Blok Diensbeurte Sondag 26 Maart Blok C / Sondag 02 April Blok D

Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!  Amptelik:

ngmtonoos@vodamail.co.za / www.ngmtonoos.co.za

 Kantoorure Wo—Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster)  Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton  Leraar: Konsulent: Kapl. Christman Krige 083 655 9783

 Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095  Ngkerk-Meyerton-Oos 1


Byeenkomste die week Sondag 26 Maart  MITS (musiek, IT & Sang) — 07:30 - die voorsang en diensliedere word in plek gekry vir vanoggend se diens.  Gebedsbediening—08:45 in die gebedskamer. Enigiemand wat graag wil saam bid, is welkom om by ons aan te sluit.

 Kinder Nagmaal  Bloedskenk na die diens in die saal  Kerkraad — 17:00 alle bedienings voorsitters, blokleiers en wyksleiers word versoek om die vergadering by te woon.

Dinsdag 22 Maart  Bybel skool — 19:00 NG Olyfdal.

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

Geluk elke verjarende!! So 26 Mrt. —Sa 01 Apl So 26

Ma 27

Minnie Theron C8 079 966 4275

Attie Kennedy C2 084 516 6930

Sa 01

Do 30

Johan McLaren B6

‘n Vreugdevo

Vr 31

Sa 01

Seun Glaus C7 072 929 5454

Rosa Mostert C2 082 574 0919

e lewensj r word jou

toegebid vir 2017 nms Kerkr d & Thani vd Berg D1 081 300 0454

2

Admin Bestuur.


Doop verjaarsdae Vr 31

So 26

Vier die dag waarop die Here JOU gekies het! Byron Thompson E1 083 447 7688

AJ du Plessis E4 079 691 2781

Oesfees info  Nico van Eeden (082 822 0485) versoek bruikbare ar kels vir die Wit

Olifant tafel. Hierdie ar kels kan by die kerkkantoor ingehandig word.  Annatjie van der Berg (083 709 3068) versoek handwerk vir die

geskenk tafel.  Erna Klynhans (082 577 1546) is op soek na ‘n borg vir koekmeel,

suiker, bo er (Stork bake OF Rama bake) en xtra groot eiers om solank klein koekies te begin bak.  Julanda Pretorius (082 798 0938) vra vir leë blikkies groente / vrugte

asook pampoene vir ‘n pampoen kerf kompe sie. Sy beplan ook ‘n baba kompe sie. Skakel haar gerus vir meer inlig ng.  Plakkate vir die Mnr. & Mej. Oesfees en die Oesfees vir advertensie teen

motor ruite kan by die kantoor / I-toonbank gekry word.  Daar is besluit om die datum van die Oesfees te skuif na 02

Junie, aangesien die Outdoor X te veel mense trek.

Maak dus seker jou

Vrydag is bespreek vir ons Oesfees! Daar is ‘’n

3


Skrywe van die algemene sekretaris Beste kollega,

Lydenstyd is ‘n besonderse tyd in die kerklike jaar. Die 46 dae voor Paasfees is vir ons, terwyl ons nadink oor Christus se lyding, ten diepste ‘n tyd van verdieping, verootmoediging en dankbaarheid. Mag dit ‘n geseënde tyd in jou gemeente wees!

Graag neem ek die vrymoedigheid om die volgende sake onder jou aandag te bring: • Dank- en voorbidding vir reën. – 26 Maart 2017 Gemeentes van die NG Kerk het op Sondag 2 Oktober 2016 deelgeneem aan ‘n landwye Biddag vir reën.. Intussen het welkome reën in groot dele uitkoms gebring. Deurdringende en wydverspreide reën het sedert begin Januarie, ’n kritieke tyd, voorgekom. Oorwegende opgewondenheid oor beter vooruitsigte heers onder baie boere. Huidige ramings vir die 2016-’17graanoes wissel van 11,7 miljoen ton tot 13 miljoen ton. Met dié oes kan Suid-Afrika sy status as netto mielie-uitvoerder herwin. Heelwat damvlakke in die Noordelike deel van die land is meer as 100 persent vol.

Daar heers egter nog groot kommer oor onder meer in die Wes-Vrystaat, wat min reën gekry het, en die Wes-Kaap, waar die droogte én wegholbrande boere beproef. Die droogte is vir baie boere in die streke nog ver van gebreek. Damvlakke in die Wes Kaap is onder 30 persent en ‘n tekort aan water lê swaar op die gemeenskappe daar.

Die ASM versoek gemeentes landwyd om Sondag 26 Maart te oorweeg as ‘n geleentheid om te bid vir reën in die droogte geteisterde dele van ons land, maar terselfdertyd ook die Here te dank vir die wyd verspreide goeie reëns wat uitkoms gebring het. (Vervolg op p 5)

4


(Vervolg van p 4)

Gemeentes word ook versoek om voorbidding te doen vir die buitengewone hoë vlakke van geweld, misdaad en plaasmoorde. • Gesprek rondom die konsepwetgewing oor haatspraak ‘n Goeie gesprek is met mnr John Jeffery, adjunkminister van Justisie en Grondwetlike ontwikkeling, gevoer rondom dié konsepwetgewing. Die kerk se posisie is baie duidelik gestel tydens die geleentheid. Minister Jeffery het die versekering gegee dat daar baie omsigtig met wetgewing omgegaan sal word om nie die Vryheid van godsdiens ingedrang te bring nie. Die NG Kerk sal uitgenooi word om in die proses vorentoe deel te wees van konsultasies met die departement. • Gesprek met oud-grondwetlike regter Albie Sachs Besoek is gebring aan oudregter Sachs om sy insette te kry rondom die volgende sake: konsepwetgewing oor haatspraak, verslag van die CRL Rights kommissie oor die regulering van godsdiens asook -godsdiens in skole. Dit was ‘n verrykende gesprek met ‘n besonderse persoon. Bevestiging is gekry dat die standpunt van die NG Kerk ten opsigte van genoemde sake goed belyn is met die regte wat in die Grondwet verskans is. • Die NG Kerk se betrokkenheid by ekonomiese bemagtiging ‘n Belangrike konferensie oor die aanspreek van ongelykheid binne die Suid Afrikaanse konteks is verlede jaar gehou. Verteenwoordigers van al die samestellende sinodes het dit bygewoon. Prominente persone soos prof Johan van Zyl, Moeletsi Mbeki, Frances Wilson, Piet Naude, Dawie Klopper en ander het waardevolle insette gelewer. Die resultaat van die konferensie is in die proses om verpak te word vir verdere bespreking deur gemeentes. ‘n Belangrike saak wat uitgewys is die feit dat letterlike miljoene mense ekonomies benadeel word omdat hulle nie titelaktes vir hulle eiendom het nie. Of dit HOP huise is of grond as gevolg van ‘n grondhervormingseis, hulle het geen titelaktes om hulself ekonomies te bemagtig nie. Die afgelope 2 weke is aan belangrike gesprekke rondom die saak van titelaktes en alternatiewe vorme van besitreg deelgeneem. Dit is ‘n geweldige komplekse saak (Vervolg op p 6)

5


(Vervolg van p 5)

waarin die NG Kerk ‘n besondere fasiliterende rol kan speel. Ons gaan voort om op hierdie terrein vennootskappe aan te gaan en leiding te gee. • Besoek aan Namibië Nelis en ek het ook ‘n besoek aan Namibië gemaak tydens hulle predikantekonferensie. Dit was ‘n vooreg om kollegas in hulle mooi wêreld te kon ontmoet. Die gasvryheid van die biltongboere is nie net ‘n gerug nie dit is die waarheid! Namibië se omarming en opgewondenheid rondom Missionale Transformasie is ‘n inspirasie. Goeie verhoudings is gebou en sake wat die kerk raak was onder bespreking.

Groete en seën

Gustav Claassen Algemene Sekretaris Nederduitse Gereformeerde Kerk

Paaswandeltuin Die kerkraad het dit goedgedink om hierdie jaar die Paaswandeltuin NIE aan te bied nie. Ons het egter ‘n jong, opkomende sanger wat DV Vrydag 14 April in die kerk sal optree. Moet dus nie Juan Diedericks se lieflike stem misloop nie! Volgende jaar sal die Paaswandeltuin weer aangebied word waar die ander twee gemeentes ook betrokke sal wees. Die sonsopkoms diens vind egter wel nog plaas op Sondag 16 April om 06:00 op die plaas van Marius & Erika Serfontein. Aanwysings sal op die pad wees (Heidelberg pad)

6


Angus Buchan Goeie dag almal op 22 April buite Bloemfontein gaan Suid Afrikaners saam voor God staan en bid vir ons land en om vir God en die wêreld te wys waar ons geloof en vertroue lê. Om dit so maklik moontlik te maak vir soveel moontlike mense het ons die volgend opsies vir ander Christene wat ook voel “ IT’S TIME “om deel te word van die oplossing.

oornag voor hulle terug ry is akkomodasie soos by opsie 1 Ook beskikbaar teen R310.00 per persoon. Dit moet egter teen Maandag 27 Maart bevestig word ASB Kontak: Casper Muller 073 756 5994 Opsie 3

65 sitplek Van Wyk bus sal ook vroeg Opsie 1 20 sitplek bussie vertrek Saterdag 22 April vroeg uit Meyerton na die biddag. Na afloop oornag almal by ‘n kampterrein wat bed, beddegoed, badkamers en kombuis geriewe insluit en Sondag oggend ry ons terug.

Saterdag vertrek en na afloop weer terugkeer na Meyerton teen R250.00 per persoon. Kontak: Louise 082 921 4666 Opsie 4 Luukse toer bus vertrek ook vroeg oggend en kom die selfde dag terug teen R360.00 per persoon.

Daar is nog 9 sit plekke beskikbaar teen R500.00 per persoon wat vervoer en slaap plek insluit.

Veilige parkering vir voertuig by vertrek punt tot en met terug keer van die bus.

Kontak: Casper Muller

Kontak: Jackie 072 096 7069

073 756 5994

Opsie 5 Opsie 2 Vir die mense wat self wil ry en wil

Jy gryp die kans aan om op te staan vir jou God, steur jou nie aan die 7


wêreld se lawaai en protes nie en luister na God se stem. Klim in jou kar, ry deur, word verander, ry terug en verander die wêreld. Let wel: Vertrek tye, plekke en logistiek sal nader aan die datum deur gegee word.

Hulp met databasis Ons het ’n redelike aantal vakante wyke waar niemand van die kerkraad jou mag besoek nie. Wil jy nie asseblief help om ons databasis so korrek moontlik op datum te bring nie? Gaan registreer as ’n Winkerkonline gebruiker en kry so toegang tot jou gesin se inligting. So kan jy self die nodige veranderinge (veral wanneer daar van ’n selfoonnommer verander word), aanbring en kan ons makliker met jou kommunikeer. Volg hierdie skakel om te sien hoe om te registreer: http:// www.winkerkonline.co.za/wol_swf.htm Moenie oor die Winkerk program self bekommerd wees nie, ons sal dit in die kantoor hanteer. Solank jy net registreer en kyk of jou en jou gesin se inligting korrek is. Ons het WERKLIK elkeen se hulp hiermee nodig!! 8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.