26 Sept 2021

Page 1

26 Sept 2021

Die erediens word gelei deur Prediker: . Ds. John Myers Teks: Op 2:12-17 Tema: Dankoffers word by die deure ingeneem:

Vir voorbidding

Wyk

x x x x

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 26 Sept a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Nagmaal word bedien

a Kerkraad—17:00. Alle ouderlinge/blokleiers en diakens/ wyksleiers word om die vergadering by te woon.

Maandag 27 Sept a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Sondag 03 Okt a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 04 Okt a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom

Ds. John Myers is beskikbaar indien u behoefte het om met ‘n predikant gesels. Kontak hom gerus op 076 457 8693 Ds. John

Baie welkom by ons! Soek gerus vir Tommie of Corrie Louw by die inligtingstoonbank op vir ‘n vorm om u attestate aan te vra, skakel die kerkkantoor Dinsdag— 016 364 1484 of vir Louise 082 821 7493. Indien u ‘n vorm geneem het, onthou asseblief om dit weer in te handig sodat ons by u kan kom kuier.

Tommie en Corrie Louw Gemeente bestuurder / Koster


‘n

Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid

vir 2021 nms Kerkraad & Admin Bestuur.

Vier die dag wat die Here JOU gekies

— -

het as Syne!.



Pergamum, die amptelike hoofstad van dié gebied, was ‘n groot stad wat bekend was vir ‘n hele paar dinge. Dit was een van die plekke waar Asklepius, die god van gesondheid – gesimboliseer deur ‘n slang (mediese simbool) – aanbid is. Pergamum het ook een van die grootste biblioteke gehad in dié tyd met ongeveer 200 000 boeke en bronne, wat net oortref is in grootte deur die een in Alexandrië. Hulle het uitgemunt in die produksie van boeke, veral op die velle van diere, wat vereer is deurdat die moderne woord perkament van die stad se naam, Pergamum, afgelei is. Vandag is dit die stad Bergema. Die grootste uitstaande kenmerk van Pergamum was egter dat dit een van die hoofsentrums van keiseraanbidding in die streek was, met ’n reuse-altaar vir Zeus Soter, die verlosser god. Hierdie altaar het ‘n wrede doel gedien. Daar is 24 uur elke dag, 7 dae ‘n week, mense op dié massiewe altaar geoffer. Die mense is binne in ‘n brons bul vasgebind, ‘n vuur is onder die bul aangesteek, en dan is die persoon lewendig soos in ‘n oond gebraai. Die gille het uit die bul weerklink wat dit laat klink het asof die bul lewe. Grusaam. Alles ter ere van Zeus. Midde-in hierdie uitdagende omgewing – die plek waar die Satan bly, daar waar die troon van Satan is, so verskriklik was die plek, sê Jesus – het die voorganger en die gemeente aan die Here getrou gebly selfs toe Antipas, een van die gemeente se getroue getuies, die hoogste prys vir sy getrouheid moes betaal. Daarom spreek die Here hulle aan om voort te gaan daarmee en nie toe te laat dat valse leringe die gemeente soos suurdeeg infiltreer en verstrik word in afgodery en onsedelikheid. Soos Bileam stel dié mense ‘n strik vir die gemeente, leer hulle die gemeente om van die afgodsoffers te eet en hulle onsedelik te gedra. Dit is ook wat die Nikolaïete die mense in Efese geleer het. Hulle het nou ook aanhangers in Pergamum verwerf. Hierdie mense het dus van die kerk ‘n “wêreld-vriendelike” kerk probeer maak. Hulle het die waardes en lewenstyl van die samelewing binne die kerk aanvaarbaar gemaak, en só die gelowiges verlei om “wêreld-gelykvormig” te raak. Vriendskap met die wêreld is egter vyandskap met God. Daar is nie kompromie moontlik met die



Neem asseblief kennis dat die kerk nou oor kaart fasiliteite beskik. Dankoffers kan dus gedurende kantoorure met u bankkaart betaal word. Die bankbesonderhede verskyn op p1 vir direkte inbetaling. Daar is ook ‘n na-ure gleuf in die muur van die kantoor aan Villette straat se kant. Maak net seker u druk die koevertjies mooi diep in. Die kerk se finansies is op die stadium beroerd. Ons sukkel om ons verpligtinge na te kom, veral omdat ons nie dienste kan hou nie. Ons vra dus elke lidmaat wat nog nie ‘n bydrae gelewer het nie, om selfondersoek in te stel en by die Here te hoor wat Hy van u verwag.

Fuleni Funerals

Eva

AVBOB Magda Immanuel Ondernemers Annetjie

Reitz str Lochstraat Gallowaystr

016 362 1278 082 927 9264 016 362 1048 016 362 4311

Geen begrafnispolis? Skakel jou raadslid en vra hulp. Daar is fondse vir families beskikbaar.


— j -

wêreld se waardes en wêreldse immoraliteit nie. Ons is immers vreemdelinge in hierdie wêreld en vermy vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel. Die gemeente word dus opgeroep om op te tree teen dié mense wat nie meer aan Jesus se leringe getrou was nie, en die leer van Bileam aangehang het. ‘n Klein bietjie suurdeeg beïnvloed ‘n groot hoeveelheid meel. -https://bybelskool.com/gemeentes-in-die-weegskaal/


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.