28 Aug 2022
Vandag se diens…. Die erediens word gelei deur Skrif: 1 Kor. 12:26; Heb 13:3 Tema: Deurkollekte: Geopende Deure
Lief en leed Wyk
Vir voorbidding x Sterkte aan ndie matrikulante!
x Bid vir ons gemeente, ons dorp, ons land.
Blok Diensbeurte Sondag 28 Aug—Blok AB Sondag 04 Sept—Blok C Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/ rooibos! · Amptelik: ngmtonoos@vodamail.co.za · Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 082 993 7218 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton · Leraar: Ds. John Myers 076 457 8693
· Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 · Ngkerk-Meyerton-Oos
1
Byeenkomste die week Sondag 28 Aug a Erediens 09:00— Diens word gelei deur Geopende Deure a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale Maandag 29 Aug a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 26 Aug a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661
Sondag 04 Sept a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Bevestiging van kerkraadslede a Kategese gedurende die diens in die onderskeie lokale.
Maandag 05 Sept a Gebedsgroep — Almal welkom om 07:30 Vrydag 09 Sept a Jeug — Almal welkom om 18:00. Skakel Johan indien vervoer benodig word—082 410 7661
Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!
JY is die kerk! 2
Geluk elke verjarende!!
Sondag 28ste
So 28 Aug —Sa 03 Sept
Johan de Jonge (E5) Hennie Ferreira (D8) Karlien Swart (E5)
ste
Maandag 29
Hennie Botha (B3) Willie Pelser (C1) Charné Terblanché (D3)
ste
Woensdag 31
Tiaan du Plessis (E1) Raatjie Pelser (C8) Hettie Venter (A1)
ste
Donderdag 01
Nol Brits (DEW) Loma vd Merwe (C8) Karlandi Kleynhans (E5) Izak Venter (B5)
‘n
Vreugdevolle lewensjaar word jou
toegebid vir 2022 nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Doop verjaarsdae So 28 Aug —Sa 03 Sept Sondag 28ste
Maruscha Theron (C8) Twaney vd Merwe (C8)
Vrydag 02de
JP Maree (B2)
Vier die dag wat die Here JOU gekies
het as Syne!.
3
Gebedsfokus OM REG TE DOEN
1 Kon. 15:9-15
En Asa het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid. - 1 Kon. 15:11 'n Kind volg die voetspoor van sy ouer, het ons gister gesê. Daar is natuurlik ook uitsonderings. Asa, die seun van Abia, het nie in die sonde van sy pa en oupa volhard nie, maar daarmee gebreek.
Asa het gedoen wat reg was soos sy vader Dawid. Let op, sy eie vader was Abia en sy grootvader was Rehábeam. Maar hulle name word nie genoem nie. Asa het sy geloof en godsvrug nie van húlle ontvang nie. Miskien was dit sy moeder wat hom van kleins af geleer het om die Here lief te hê. Wie sal ooit die waarde van 'n gelowige moeder kan bereken? Asa het tydens sy regering van 41 jaar 'n hele paar groot veranderings gemaak. Hy was verantwoordelik vir 'n hervorming op sedelike gebied (v. 12) asook op die gebied van die godsdiens (v. 13). Daarby het hy die "heilige gawes" van sy vader in die tempel geplaas (v.15). Kom ons bid vandag vir die leiers van ons volk en land. Kom ons bid veral ook vir ons kerklike leiers. Is daar nie dalk hervormings en veranderings in ons kerklike en godsdienstige lewe nodig nie? Daarmee bedoel ons nie aanpassings om in die smaak van die mens te val nie, maar hervormings wat die Here van ons vra. Wat ons vir die kerk bid, moet ons natuurlik ook vir onsself bid. Moontlik is daar 'n hervorming in ons eie lewe nodig. Moontlik is daar goeie dinge wat ons nalaat, en verkeerde dinge waarmee ons ons besig hou. Die Heilige Gees wil ons lewe hervorm, ons prioriteite regstel, ons hart en lewe herskep na die welbehae van God - sodat ons reg sal doen voor Hom. Here, hervorm en herskep my lewe sodat ek reg sal doen voor u aangesig. Amen.
4