31 Oktober 2021

Page 1

31 Okt 2021

Die erediens word gelei deur Prediker: . Ds. John Myers Teks: 2 Kon 6:24,25; 2Kon 7:1-11 Tema: Is God algenoemsaam vir jou? Dankoffers word by die deure ingeneem:

Kategese in die klein saaltjie tydens die diens!!

Vir voorbidding

Wyk

x x x x x x

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

·

· Kantoorure Di & Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 082 539 0342 Corrie Louw (koster) · — ·

· ·

-

-


Sondag 31 Oktober a Erediens — word gelei deur ds John Myers. Maandag 01 Nov a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Sondag 07 Nov a Erediens — word gelei deur ds John Myers. a Blokrade— Soos gereël deur die Ouderling Maandag 08 Nov a Gebedsgroep 07:00 In die konsistorie—almal welkom Vrydag 12 Nov a FK (finansies) 09:00 In die kantoor—almal welkom

Sagterdag 20 Nov a Kerkwerkdag 07:00 Hier is baie herstelwerk wat dringend aandag benodig. Ons vra veral ons ambagsmanne om hierdie vergadering by te woon. Kontak Hennie vir meer inligting— 083 561 7813

Neem eienaarskap van JOU gemeente en skakel in!

JY is die kerk!


‘n

Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid

vir 2021 nms Kerkraad & Admin Bestuur. —

Vier die dag wat die Here JOU gekies

het as Syne!.


Baba tot pensioenaris. 'n Baba is afhanklik van sy ouers en versorger om hom of haar te versorg. As die ouers nie na hul baba omsien nie sal hy of sy die heeltyd net lê. Die ouers is dus verantwoordelik vir hul fisiese versorging. Die baba word opgetel om gevoed, gebad, aangetrek en rondgedra te word. Die baba word in 'n drastoeltjie gesit om hom veilig te hou. Sodoende lê hul nie net nie maar met hulp leer hul om te sit en soos hul sterker word begin hul op hul eie sit en kruip, later staan hul op en begin loop. So gaan die kind deur kleuterskool, laerskool, hoërskool en as hul gelukkig is universiteit om later in hul beroep te staan. Daar sal dalk 'n paar keer van werk of beroep verander word en as hulle gelukkig is sal hul eendag met pensioen gaan. Ons geestelike lewe kan met die groei van 'n baba vergelyk word. Jou ouers leer jou van God, dan woon jy sondagskool en kategese by waarna jy dan belydenis van geloof aflê. Dan besluit jy wat jy daarmee gaan maak. Jy verwissel dalk van kerk of verloor dalk jou geloof. Alles wat negatief is gebeur dan in jou lewe, jy besluit dit is God se skuld en bedank jou geloof. Impulsiewe besluite wat jou pensioen tyd gaan beïnvloed. Dalk gaan jy nie opeindig by die aftreeoord wat jou gemaklik en gelukkig gaan maak nie. Nêrens in die Bybel staan dat ons as christene net voorspoed gaan geniet nie. Job is 'n spreekwoordelike bewys daarvan. Satan kon alles vat wat hy wou, behalwe Job se lewe. Die vraag wat ons kan vra; Is alles God se skuld? Moenie altyd wanneer dinge nie uitwerk vir God die skuld gee nie. Staan sterk in geloof, want ons geloof word daagliks getoets. God sal jou weer optel. 1 Petrus 5: 7-11 "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen." - Jacques Barnard 15/08/2021


-

— —

Die WYKSLEIER/DIAKEN is ‘n amp met groter geestelike impak. Dit behels die volgende: 1.

Om op die betrokke blokraad te dien en Gees-vervulde besluite te help neem wat tot voordeel van God se Koninkryk op aarde is.

2.

Om saam met die voorsitter die betrokke Blokraad te lei en dien.

3.

Om ‘n voorbeeld t.o.v. die positiewe, kreatiewe betrokkenheid te wees.

4.

Om die werksaamhede in die bedieing te koördineer, te beplan en te kontroleer veral t.o.v. die geestelike versorging van elke gesinslid.


5.

Om die lidmate in die wyk saam te snoer tot ‘n hegte eenheid waarin medegelowiges mekaar tot diens is in ‘n gesindheid van liefde, onderlinge steun en meelewendheid, asook dat hulle ingeskakel is by die breë werksaamhede van die gemeente. Groter betrokkenheid die aksie-woord.

6.

Om gereeld die eredienste by te woon, om te waak oor die eredienste en te verseker dat dwaalleer nie die kerk binnekom nie en minstens een Sondag per maand diens te doen by die deure.

7.

Om te verseker dat die blok se unieke sake aangespreek en bestuur word, asook dat die jaarlikse Blokvergadering gereël en gehou word waartydens elke lidmaat van die betrokke blok geleentheid het om hul inset te lewer oor die werk en fokus van die blok.

8.

Om die hele wyk elke maand deeglik te besoek en stiptelik en sonder versuim daaroor verslag te doen aan die blokleier.

9.

Om ‘n positiewe, gesonde en meelewende gees en gesindheid in die wyk te skep en maandeliks ‘n wyksbyeenkoms te organiseer en te lei aan die hand van die riglyne wat beskikbaar gestel word.

10.

Om gereeld vir elke lidmaat in die blok, asook die blokraad, kerkraad en personeel van die gemeente, te bid.

11.

Om ‘n dinamiese, kreatiewe en sinergistiese span te vorm saam met die leraar, gemeentebestuurder en personeel tot voordeel van die gemeente.

©

C1—C8 (dus AL die wyke) (Ouderling Nico van Eeden—082 822 0485)

©

D2, D6, DEW (Ouderling Hennie van Loggerenberg—083 561 7813)

©

E1, E2 E3, E5 (Ouderling Hans Labuschagne—082 595 9299, maar binnekort vakant a.g.v verhuising)


Baie welkom by ons! Soek gerus vir Tommie of Corrie Louw by die inligtingstoonbank op vir ‘n vorm om u attestate aan te vra, skakel die kerkkantoor Dinsdag— 016 364 1484 of vir Louise 082 821 7493. Indien u ‘n vorm geneem het, onthou asseblief om dit weer in te handig sodat ons by u kan kom kuier.

Fuleni Funerals

Eva

AVBOB Magda Immanuel Ondernemers Annetjie

Reitz str Lochstraat Gallowaystr

Tommie en Corrie Louw Gemeente bestuurder / Koster

016 362 1278 082 927 9264 016 362 1048 016 362 4311

Geen begrafnispolis? Skakel jou raadslid en vra hulp. Daar is fondse vir families beskikbaar.

Ons wil graag ons senior lidmate (75 en ouer) bederf met ‘n klein geskenkie. Indien u nie die diens kan bywoon nie as gevolg van siekte of vervoer, kontak asseblief vir Nico van Eeden sodat ons reëlings kan tref vir vervoer—082 822 0485


j -


-


-

-

-

-


-

-



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.